Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
2016
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye, wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2016, 17 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 423.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC June Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2016
SSE – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die assesseringsrubrieke soos volg:
BYLAE A: VRAAG 1 OPSTEL
BYLAE B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 KOERANTBERIG
VRAAG 2.4 ONDERHOUD
BYLAE C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
5. Indien dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie
dele volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van
ʼn skryfstuk gebruik. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn
streep deur die res getrek. Die leerder word nie verder vir lengte gepenaliseer
nie.
8. Visuele tekste: Vraag 1.6.1 – 1.6.3
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2016
SSE – Memorandum
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn
woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van ʼn nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/ X Trek ʼn X bo die verkeerde woord.
nie-funksionele/
vreemde woorde
LET WEL:
- Standaardafrikaans bly
die norm.
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
Erkenning van (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
taaljuweeltjies idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2016
SSE – Memorandum
3. • Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22-24) kies en skryf jy 22 uit 30 vir
Inhoud en Beplanning.
• Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die vlakomskrywings in gedagte. Dis ʼn
hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
I/B Knap + 22 I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Uitsonderlik - 13 T/S/R Elementêr 5
S Knap 4
TOTAAL: 39 TOTAAL: 15
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Toe het alles verander.
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld verhalend/
beskrywend/ bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder bv. op ʼn interessante wyse wat
gebeur het dat alles verander het.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder bv. op ʼn lewendige wyse hoe
alles verander het.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder bv. oor die verandering . Die
leerder oorweeg/deurdink die oorsaak van die verandering of hoe alles verander
het of presies wat verander het. Die leerder kan ook bespiegel hoe anders
dinge kon wees indien die verandering nie plaasgevind het nie. Dis belangrik
dat die uiteinde van die bespiegeling by die onderwerp aanpas, naamlik dat die
leerder besef dat verandering plaasgevind het.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie.
[50]
1.2 Die werk wat ek graag wil hê.
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld beskrywend/
verhalend/ bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder bv. aspekte van die ideale werk,
bv. die werkplek, die inhoud van die werk, die tipe werk en die mense saam met
wie jy werk. Aspekte wat jy NIE in jou ideale werk wil hê NIE, kan ook beskryf
word.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder bv. op interessante wyse van ʼn
gebeurtenis of droom waarin die ideale werk sterk na vore kom.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder bv. oor wat die ideale werk
alles sou behels of oor wat ʼn werk lekker maak (of nie). Aspekte wat hy/sy nie in
sy/haar werk wil hê nie, kan ook genoem word.
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin standpunt in
ten gunste van ʼn sekere werk en argumenteer hy/sy waarom ʼn sekere
werk/beroep die beste is.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens [50]
sy/haar interpretasie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2016
SSE – Memorandum
1.3 Só lyk ʼn wenner.
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/
verhalend/ beskrywend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder bv. op ʼn lewendige wyse hoe ʼn
wenner lyk. Die beskrywing kan ook fokus op die emosies of gevoelens wat
wenners ervaar of wat ander mense oor wenners ervaar.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder bv. oor hoe ʼn wenner lyk. Die
leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/deurdink.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder bv. op ʼn interessante wyse hoe ʼn
persoon (binne enige moontlike konteks/situasie) ʼn wenner geword het.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ʼn gebalanseerde opstel oor
2 kontrasterende interpretasies van hoe ʼn wenner lyk. Of: die aanvaarde
/stereotipiese perspektief op ʼn wenner kan in een opstel beide ondersteun en
afgeskiet word OF: die aanvaarde/stereotipiese perspektief kan teenoor ʼn
ander interpretasie van ʼn wenner gestel word. Die leerder motiveer standpunte
en kan ʼn gevolgtrekking insluit.
Argumenterende opstel: Die leerder neem reg van die begin af standpunt vir
of teen ʼn sekere siening oor wenners in en motiveer die standpunt.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.4 Maak selfone die lewe beter?
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
argumenterend/verhalend/beskrywend/bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier moet die leerder ʼn rede/redes aanvoer waarom
selfone die lewe beter maak of nie. ʼn Standpunt word reg aan die begin
ingeneem en deurgaans gemotiveer.
Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ʼn gebalanseerde opstel
redeneer in watter opsig(te) selfone die lewe beter maak of nie. Die leerder
moet die standpunt(e) motiveer en kan ʼn gevolgtrekking insluit.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder bv. op ʼn interessante wyse van ʼn
insident as bewys dat selfone die lewe beter maak of nie.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder bv. op ʼn lewendige wyse die
verbeterde lewe met selfone of die slegter lewe met selfone.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die leerder bv. of selfone die
lewe beter maak of nie.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/2016
SSE – Memorandum
1.5 Geld is alles.
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
standpunt in, naamlik dat geld alles is/nie alles is nie en motiveer die standpunt.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ʼn gebalanseerde opstel of
geld alles is of nie. Die leerder mag in die slot ʼn gevolgtrekking insluit.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die leerder bv. oor die
belangrikheid van geld in die lewe. Die bespiegeling kan wyer uitgebrei word na
ander dinge wat belangriker as geld is.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder bv. ʼn verhaal wat uitbeeld dat geld
alles is/nie alles is nie.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder bv. op ʼn lewendige wyse die lewe [50]
van mense wat net op geld ingestel is.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie.
1.6 VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die
leerder se perspektief moet by assessering oorweeg word.
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
1.6.1 Prentjie: Pa/Ouer en kind
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied:
Letterlike interpretasie: pa-en-kind-verhoudings, saamwees, kinders
grootmaak/ouerskap, kinders hê, pret, speel.
Figuurlike interpretasie: vertroue, liefde, aanvaarding, kinderherinneringe.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 Prentjie: Horlosie
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied:
Letterlike interpretasie: ʼn horlosie, tyd, dele van ʼn dag, ʼn spesifieke tydstip, bv.
10:10
Figuurlike interpretasie: tyd, stiptelikheid/laat wees, ʼn gejaagde lewe; roetine;
dagroetines, vakansieroetines.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/2016
SSE – Memorandum
1.6.3 Prentjie: Waterkraan
• Die leerder kan verskillende tipes opstelle aanbied:
Letterlike interpretasie: Waterbesparing/watervermorsing, belangrikheid van
water, vreugde van water, droogte, ens.
Figuurlike interpretasie: lewe, lafenis, dors,verkwikking, verfrissing, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die leerder skryf ʼn informele brief aan ʼn vriend/vriendin wat uiteindelik werk
gekry het.
KENMERKE
• Die informele brief word aan ʼn vriend/vriendin gerig.
• Die taal en styl van die brief is informeel/vriendelik/vreugdevol.
• Die inleidingsparagraaf kan die doel van die brief inlei.
• Die liggaam brei uit oor die werk en kan die verandering wat dit in sy/haar
lewe sal bring, aanspreek.
• Die toon en woordkeuse is optimisties/positief/ondersteunend/vreugdevol.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf
word.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2016.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is informeel.
• Maak toegewings vir die verskillende wyses waarop die vriend/vriendin
aangespreek kan word.
• Die briefskrywer se naam vorm die slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/2016
SSE – Memorandum
Die paragrawe
• ʼn Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam
en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009
bl. 121)
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 HULDEBLYK
FOKUS
• Die leerder skryf ʼn huldeblyk oor ʼn familielid.
• Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ʼn belangrike rol in die leerder
se lewe gespeel het.
• Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en
van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of
hoogtepunte van die persoon se lewe, staaltjies oor die oorledene, die rol
wat die oorledene in mense se lewens gespeel het.
KENMERKE
• Die doel van die huldeblyk is om die persoon se lewe te vereer en om die
betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.
• Die begrafnisgangers moet ʼn geheelbeeld van die persoon kry.
• Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige/
toekomende tyd geskryf.
• Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
persoon verwys word.
• Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol,
vertroostend, bemoedigend en taktvol.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/2016
SSE – Memorandum
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê.
Die huldeblyk mag ʼn subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag
word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die persoon se
lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
en staaltjies van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor ʼn nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker ook vir die familie/gemeenskap sterkte toewens. [30]
2.3 KOERANTBERIG
FOKUS
Die leerder skryf ʼn koerantberig oor die bejaarde man wat uiteindelik sy
matrieksertifikaat gekry het.
KENMERKE
• Feite of inligting moet in ʼn koerantberig gegee word.
• Die titel vat die onderwerp saam.
• ʼn Subtitel kan ook gegee word.
• Die tema of onderwerp is aktueel, prikkel dus die leser se belangstelling
en word interessant aangebied.
• Die inhoud/inligting is logies/duidelik uiteengesit en betroubaar.
• Feite kan opspraakwekkend wees.
• Die berig kan in die bedrywende of lydende vorm geskryf en die
woorde/taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar en interessant wees.
Die teikengroep moet dus in gedagte gehou word.
• Die styl is gemaklik, maar moenie te informeel wees nie.
FORMAAT
• Die titel/opskrif is kort en treffend en pas by die onderwerp.
• Die omgekeerde piramiede-metode word gebruik, m.a.w. die meeste
feite word in die eerste paragraaf gegee: Wie, wat, waar, wanneer,
waarom?
• Die koerantberig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
• Die wie, wat, waar, wanneer en waarom word in die volgende
paragrawe uitgebrei.
• Die slot vat die berig saam. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/2016
SSE – Memorandum
2.4 ONDERHOUD
FOKUS
Die kandidaat skryf die onderhoud wat hy/sy met die bekende sportman/
sportvrou gevoer het.
KENMERKE
• Feite, inligting of menings word in ʼn onderhoud gegee.
• Die titel vat die onderwerp saam.
• ʼn Subtitel/agtergrond kan ook gegee word.
• Inligting moet realisties en gepas wees.
FORMAAT
• Die onderhoud kan in vraag-antwoord-metode (dialoog) gedoen word of
as ʼn artikel geskryf word.
LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers
word getel. [30]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
FOKUS
Die leerder ontwerp ʼn advertensie om werk wat hy/sy doen, te adverteer.
KENMERKE
• Die advertensie moet die mense oorreed om van die adverteerder se
dienste gebruik te maak.
• Die advertensie se teikenmark is die mense wat werk gedoen wil hê, bv.
verfwerk.
• Die advertensie noem waar en wanneer die werk gedoen kan word.
• Die krag van ʼn advertensie lê in sy eenvoud.
• Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
• Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die advertensie moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/2016
SSE – Memorandum
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Hierdie advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek om die diens te
benut deur bv. die voordele van die diens of die verbetering wat die
diens sal bied, te beklemtoon.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
van die diens (verf/tuinwerk/klere (reg)maak/troeteldiere versorg)
gebruik maak. Die advertensie moet hierdie aksie vergemaklik deur
volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.
• Toon, styl en woordkeuse is manipulerend om lesers te oorreed om die
diens te benut.
FORMAAT
• Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
Wie is die teikengroep?
Wat word aangebied?
Wat is die voordele van die diens?
Waar word die diens aangebied?
Waarom word die diens aangebied?
Kontakbesonderhede [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings:
EEN inskrywing om uiting te gee aan sy/haar gevoelens en gedagtes die
dag voor die ontmoeting, bv. afwagting, onsekerheid, opgewondenheid.
EEN inskrywing om sy/haar gevoelens/gedagtes na die ontmoeting, uit te
spreek.
KENMERKE
• Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
emosies en gedagtes oor die herontmoeting.
• Gevoelens/gedagtes wat beleef word, word beskryf.
• Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
• Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
• Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun, nl. uitspreek van
gevoelens van opgewondenheid/verrassing/skok/blydskap, ens.
FORMAAT
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Die leerder moet TWEE dagboekinskrywings maak.
• Die leerder hoef nie met ʺLiewe Dagboekʺ te begin nie.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/2016
SSE – Memorandum
LET WEL:
• Getal woorde:
In die dagboekinskrywings word slegs die getal woorde in die inhoud
getel. [20]
3.3 AANWYSINGS
FOKUS
Die leerder skryf dinge neer wat die sussie moet doen om veilig by die huis
te kom.
KENMERKE
• Die aanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• Die fokus van die aanwysings is oor hoe om veilig te wees.
• Toon, styl en woordkeuse moet by die ontvanger van die aanwysings en
by die inhoud pas. Dit moet spreek van omgee en erns.
FORMAAT
• Die uiteensetting kan soos volg aangebied word:
Puntsgewys
Reëls tussen-in oopgelaat
Ander aanduiders soos koeëlpunte
Paragraafvorm
• Die skryfstuk kan ʼn opskrif hê, bv. Hoe om veilig te wees.
• Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met
werkwoorde begin. [20]
ONTLEDING VAN KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 14 DBE/2016
SSE – Memorandum
BYLAE A
LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/2016
SSE – Memorandum
BYLAE A
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas woordeskat minder
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie en konteks
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar
konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars beperk dat dit
Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat
grammatika, spelling
13 10 7 4
15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
-Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie
spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
-Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word
gedaan spelling opgemerk
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie
5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog meer sin nie
gekonstrueer effens sin
VERSPREIDING VAN
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/2016
SSE – Memorandum
BYLAE B
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/2016
SSE – Memorandum
BYLAE C
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2016 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper