Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 22 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
SKRYF EN AANBIED
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF VAN
GELUKWENSING
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 INFORMELE TOEPSRAAK
VRAAG 2.4 DIALOOG
AFDELING C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
VRAAG 3.3 RIGTINGAANWYSINGS
2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die
inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste vaardigheidsvlak.
5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk
gebruik word.
6. Visuele tekste: VRAAG 1.6–1.8
• Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( )→ Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [
Begin van nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/ nie- X Trek ʼn X oor die verkeerde woord
funksionele / vreemde
woorde
• Standaardafrikaans bly
die norm.
• Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
• Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit die vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte),
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte),
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
3. • Bepaal heel eers in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP hoog.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30
vir Inhoud en Beplanning.
• In AFDELING A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering
sowel as Struktuur gevolg.
• In AFDELING B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
Formaat sowel as Taal, Styl en redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
Dis ʼn hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke
nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt
I/B Knap + 22
T/S/R Uitsonderlik – 13
S Knap 4
TOTAAL: 39
AFDELING B Kode Punt
I/B/F Gemiddeld (G) 9
T/S/R Elementêr (E) 5
TOTAAL: 14
AFDELING C KODE PUNT
I/B/F Gemiddeld (G) 7
T/S/R Elementêr (E) 3
TOTAAL 10
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie,
want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Ek skaam my dood vir my familie
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
van dit wat hy/sy familie doen wat hom/haar skaam maak. Die
kandidaat kan in sy/haar vertelling die klem laat val op wat die
familie/familielid doen of hoe hy/sy oor die familie se doen en late
voel.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse die dinge wat sy/haar familie doen wat hom/haar skaam laat
voel.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 Ek moes hom/haar nooit met my geheim vertrou het nie
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse hoe iemand sy/haar geheim verklap het. Die kandidaat kan
ook uitbrei oor die gevolge van die geheim wat verklap is en hoe
hy/sy daaroor voel.
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante,
lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waar iemand sy/haar geheim
verklap het. Daar kan uitgebrei word oor die gevolge van die geheim
wat uitgelaat is en hoe dit die kandidaat laat voel.
➢ Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat oor die situasie van
die geheim wat verklap is en of dit ʼn goeie ding is, al dan nie. Die
kandidaat kan ook bespiegel oor of hy/sy hom/haar met die geheim
moes vertrou het.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.3 Só ʼn kans kom net een keer
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die eens-in-ʼn-leeftyd
kans wat hy/sy gekry het en hoe hy/sy daarvan gebruik gemaak het,
al dan nie. Die kandidaat kan uitbrei oor die impak van die kans wat
hy aangegryp het of die negatiewe aspekte toe hy/sy tot die besef
gekom dat die kans wat deur sy/haar vingers geglip het, nie weer sal
kom nie.
➢ Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die kandidaat oor
kanse wat net een keer in ʼn leeftyd kom. Die kandidaat kan uitbrei oor
of dit waar is dat die kans nooit weer sal kom nie, wat die betekenis
van een keer in ʼn leeftyd kans is, ens.
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
ʼn storie oor ʼn kans wat hy/sy aangegryp het omdat hy/sy besef het dat
die kans nie weer sal kom nie. Die kandidaat kan ook heeltemal die
teenoorgestelde skryf bv. ʼn storie waar hy/sy besef het hy/sy moes die
kans gegryp het, want dis verby en kom nie weer nie.
➢ Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin
af standpunt in, nl. dat só ʼn kans kom net een keer en motiveer jou
standpunt.
➢ Beredenerende opstel: Hier beredeneer die kandidaat in ʼn
gebalanseerde opstel of só ʼn kans net een keer kom. Die kandidaat
mag uiteindelik ʼn standpunt inneem.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.4 Matriek is my paspoort tot sukses
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
ʼn storie oor hoe iemand deur matriek uit armoede gekom het en
sukses in die lewe behaal het.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse die waarde van matriek en hoe dit hom/haar suksesvol in die
lewe gemaak het.
➢ Beredenerende opstel: Hier beredeneer die kandidaat of matriek
/opleiding die sleutel tot sukses is. Die kandidaat kan argumente en
teenargumente aanvoer om sy/haar opinie te staaf. Albei kante van
die saak kan genoem word.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat dat matriek en
of dit jou uit armoede / tot sukses kán help. Die kandidaat kan
bespiegel oor of matriek wel die oplossing vir armoede / paspoort tot
sukses is, al dan nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
➢ Argumenterende opstel: Hier argumenteer die kandidaat dat
matriek wel die paspoort tot sukses is, al dan nie. Die kandidaat kan
van die begin af standpunt inneem en dan argumente aanvoer om
sy/haar opinie te staaf. Die kandidaat kan ook teenargumente
aanvoer, m.a.w. albei kante van die argument kan gelug word, maar
die kandidaat moet tot ʼn slotsom kom.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 ʼn Dag sonder sosiale media
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die kandidaat op
ʼn interessante wyse wat gebeur het toe hy/sy een dag sonder sosiale
media moes klaarkom.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse wat gebeur het toe hy/sy vir een dag sonder sosiale media
moes klaarkom.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die
kandidaat wat kan gebeur wanneer hy/sy een dag sonder sosiale
media moet klaarkom. Die kandidaat kan ook bespiegel of dit ʼn goeie
ding is om sonder sosiale media klaar te kom of nie.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Daar moet
onthou word dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid
interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering
oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die prikkel aansluit.
• Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.6 PRENTJIE: MEISIE WAT STEM
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: ons almal het ʼn reg om te kies: politieke partye;
sosiale lewe; geloof; die invloed van politiek op ons land, Suid-Afrika, Jy
is agtien en kan uiteindelik stem, is dit die moeite werd om te stem? ens.
• Figuurlike interpretasie: keuses/besluite, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.7 PRENTJIE: MEISIE LEES/STUDEER BO-OP BOEKE EN MENSE WAT
HAAR HELP
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Boeke/studies; skool/universiteit ens.
• Figuurlike interpretasie: Drome/harde werk betaal; ons het almal
mense/ondersteuning nodig om ons te help waar ons wil kom,
toekomsplanne, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.8 PRENTJIE: DIE AARDE IN IEMAND SE HANDE
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Die aarde en die mens se invloed daarop / Leef
groen / Neem beheer oor die aarde.
• Figuurlike interpretasie: Ek het die wêreld oorwin; Reis; Alles is in jou
hande.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF VAN GELUKWENSING
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn informele brief aan sy/haar maat om hom/haar met
die sportprestasie en die beurs geluk te wens. Die kandidaat kan oor enige
toekomsplanne uitbrei/uitvra.
KENMERKE
Die informele brief het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. die kandidaat moet
sy/haar maat gelukwens met die besondere prestasie en oor die
toekomsplanne met die beurs uitvra.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm
geskryf word.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
te word nie.
Toegewing: ʼn Reël mag tussen die poskode en datum oopgelaat word of
nie.
• Die datum word voluit geskryf: 28 September 2024.
• ʼn Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Verwys na bladsy 10.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.
• Daar word nie ʼn reël tussen Jou maat/vriend(in) en die naam
oopgelaat nie.
• Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend(in), voor die briefskrywer se
naam, is opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
Die paragrawe
• ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer sy/haar maat gelukwens met die sportprestasie en beurs
en oor die toekoms uitvra.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
brei uit oor alles wat die kandidaat moes doen om die sportprestasie te
behaal en wat die moontlike toekomsplanne is.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende Laan 10 OF Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam
en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bladsy 173).
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
• Die toon is vriendelik en waarderend.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11
2.2 HULDEBLYK
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn huldeblyk (oor die bekende rugbykaptein, Gatiep
Willemse, wat tydens ʼn padongeluk oorlede is.
KENMERKE
• Die huldeblyk het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is formeel en waarderend.
• Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om hulde te bring aan
die bekende Gatiep Willemse wat tydens ʼn padongeluk gesterf het.
• Die huldeblyk moet in die verlede tyd geskryf word en die
vertroosting/bemoediging in die teenwoordige of toekomende tyd.
• Die mense wat die begrafnis bywoon, moet ʼn geheelbeeld van die
rugbykaptein, Gatiep Willemse kry.
• Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
• ʼn Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit:
o Bekendstelling van die rugbyspeler, Gatiep Willemse.
o Oorsig oor die jare wat hy rugby gespeel het.
o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy bekend was.
o Waardering vir sy bydra tot rugby en die breë samelewing.
o Die familie moet bemoedig word.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê en dit mag ʼn subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die inleidende sin is belangrik. Die huldeblyk word met die groet ingelei
en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee ʼn rede
vir die samekoms.
• Paragraaf 2
Die volgende besonderhede van Gatiep kan gegee word: naam en van,
sy gesinslewe, sy rugbyloopbaan van die begin tot einde, sy
gemeenskapsbetrokkenheid.
• Paragraaf 3 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
en staaltjies van Gatiep se lewe bevat. Dit word in die verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor ʼn nuwe feit/gedagte. Die spreker bemoedig hier of in die
slotparagraaf Gatiep se familie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker sy waardering uitspreek vir Gatiep se bydra tot
rugby en die breë samelewing. Die spreker moet hier of in een van die ander
paragrawe Gatiep se familie bemoedig.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is formeel, dog vriendelik, waarderend, liefdevol, vertroostend,
bemoedigend en taktvol.
• Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die huldeblyk vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
2.3 INFORMELE TOESPRAAK
FOKUS
Die kandidaat lewer ʼn toespraak by sy/haar beste vriend/in wat oorsee gaan
au pair, se afskeidspartytjie.
KENMERKE
• Die informele toespraak het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en
korrek is.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van hierdie toespraak os om ʼn afskeidsboodskap aan jou
vriend/in te lewer.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die informele toespraak behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND DETAILS EN IDEES
• Die inhoud van die toespraak moet die fokus ondersteun.
• Die rede vir die toespraak word reg aan die begin, net na die groet,
gestel, nl. om die vriendin seënwense vir die pad vorentoe toe te wens.
• ʼn Verskeidenheid volwasse, gepaste en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die toespraak:
o Enkele staaltjies oor die vriend/in
o Dinge wat die vriende saam deurgemaak het.
o Motivering en voorspoedwense word uitgespreek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13
FORMAAT
• Begin die toespraak met die groet.
• Die toespraak kan in paragrawe aangebied word.
• Die toespraak bestaan uit 'n inleiding, ʼn liggaam en ʼn slot
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon kan getuig van waardering en goeie gesindheid.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Die grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinsbou is funksioneel.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling van woorde is korrek. [30]
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die kandidaat skryf die dialoog wat hy/sy met die seun/meisie net nadat
hy/sy agtergekom het die persoon met wie hy/sy op sosiale media gesels
het, nie is wie hy/sy voorgegee het om te wees nie.
KENMERKE
• Die dialoog het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
• Die dialoog handel oor die gesprek tussen die kandidaat en die
seun/meisie wat hy/sy op sosiale media ontmoet het.
• Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog, nl. om die persoon
te vra waarom hy die seun/meisie gekatvis het.
• Die taal en styl is informeel.
• Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.
• ʼn Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik
uiteengesit.
• Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek:
o Waarom mense voorgee om te wees wie hulle nie is nie (katvis).
o Wat lei daartoe om dit te doen?
o Die kandidaat se opinie en hoe hy/sy hieroor voel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
FORMAAT
• Kandidaat mag ʼn konteks skep voordat die dialoog geskryf word.
• Die sprekers (kandidaat en seun/meisie) se name word netjies onder
mekaar teenaan die linkerklantlyn aangedui.
• Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
• Daar kom ʼn dubbelpunt na elke naam.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.
• Spreekbeurte is in blokvorm.
• Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf,
waar dit toepaslik is. [30]
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon kan getuig van teleurstelling.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat hierdie dialoog vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die
teks.
o Vermy slordige taal, sleng en SMS-taal.
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is só geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
FOKUS
Die kandidaat ontwerp ʼn advertensie wat leerders moet oortuig om ʼn praatjie
oor geestesgesondheid by te woon.
KENMERKE
• Die advertensie het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is oorredend/ manipulerend.
• Die doel van hierdie advertensie is om mense te oortuig om die praatjie by
te woon.
• Dit teikenmark is leerders van die skool sowel as die publiek.
• Die nodige inligting word in die advertensie gegee.
• Die krag van die advertensie lê in sy eenvoud.
• Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
• Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
o Die advertensie moet die leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
o Hierdie advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek om die
geleentheid by te woon.
o As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
die geleentheid bywoon.
o Die advertensie behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die advertensie moet die fokus ondersteun.
• Die volgende inligting behoort in die advertensie gegee te word:
o Wat vind plaas?
o Wie is die teikengroep?
o Wie is die spreker?
o Waar vind die geleentheid/praatjie plaas?
o Wanneer en hoe laat is die geleentheid/praatjie?
o Wat is die doel van die geleentheid/praatjie.
o Kontakbesonderhede?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
FORMAAT
• Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
• Verskillende lettergroottes word gebruik.
• Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
• Geen omslagtige paragrawe nie.
• Inligting kan puntsgewys gegee word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig
van goeie woordeskat.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinsbou is funksioneel.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling van woorde is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20]
3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn kort teksboodskap aan sy/haar vriend/in op WhatsApp
om die waarheid oor die onware plasing oor sy/haar skool op sosiale media
op te klaar. Die kandidaat noem alle relevante bewyse dat die plasing
heeltemal onwaar is.
KENMERKE
• Die kort teksboodskap het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel. SMS-taal word nie aanvaar nie.
• Die doel van die teksboodskap moet duidelik wees, nl. om te verduidelik
waarom die plasing oor die kandidaat se skool onwaar is.
• Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud moet die fokus ondersteun.
• Die inhoud is persoonlik van aard.
• Die kandidaat se redes argumente/opinie moet duidelik wees.
• Gevoelens en gedagtes word beskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17
FORMAAT
• Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf.
• Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees.
• Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of onderaan
in die regterkantste hoek geskryf.
TAAL EN STYL
• Die toon is persoonlik.
• Die styl is informeel.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
en emosies met min woorde te beskryf.
• Beskrywende woorde word fyn gekies.
• Die persoon skryf in die teenwoordige / toekomende tyd.
• Vermy SMS-taal en afkortings.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Spelling is korrek.
o Vermy SMS-taal en afkortings. [20]
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
FOKUS
Die kandidaat gee rigtingaanwysings vir die buurman/vrou wat gevolg moet
word om vanaf die huis tot by die naaste hospitaal te kom.
KENMERKE
• Hierdie teks het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
• Die aanslag is informeel en informatief.
• Die doel van hierdie teks is om rigting aan te dui.
• Die rigtingaanwysings moet duidelik en puntsgewys uiteengesit word.
• In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met
bakenaanwysings in die vorm van stelsinne afgewissel word.
• Die rigtingaanwysings behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die rigtingaanwysings moet die fokus ondersteun.
• ʼn Reeks verskillende rigtingaanwysings word gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
FORMAAT
• Die rigtingaanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word of
slegs as sinne geskryf word.
LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat die kandidate die
aanwysings puntgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf.
• Die rigtingaanwysings moet in volsinne aangebied word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is verduidelikend/instruktief.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die rigtingaanwysings word in die teenwoordige tyd geskryf.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
• Die grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne begin gewoonlik met ʼn werkwoord (bevelsin); “Jy moet ...”
“Onthou om ...”
o Sinne word korrek gebou.
o Persoonlike voornaamwoorde word in plaas van eiename gebruik.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is só geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 19
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend. - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant
bo verwagting vaardigheid samehangend en respons. - Idees deurmekaar
(Respons en idees)
Organisering van - Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend - Idees onduidelik, nie en nie op
volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie.
Hoë vlak
idees vir beplanning; onderwerp
Bewustheid van leser tot nadenke en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie
doel, gehoor en - Uitsonderlike volwassenheid insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en
konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang herhalend
samehang, goed en samevatting/slot - Geen organisasie
insluitend inleiding, samehangend, nie en is
30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
- Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in
treffende eienskappe vaardigheid verval soms in irrelevant ooreenstemming
van ’n opstel ontbreek - Idees relevant, onduidelikheid - Idees begin los met onderwerp te
- Idees intelligent en - Idees redelik staan en kan
Lae vlak
interessant wees nie
volwasse - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees - Heeltemal
- Knap organisasie en samehangend, oortuigend - Skaars ’n bewys irrelevant en
samehang, insluitend insluitend inleiding, - ’n Mate van van organisasie ontoepaslik
inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang - Deurmekaar en
samevatting/slot samevatting/slot samehang, geen fokus nie
insluitend inleiding,
liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar.
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register,
woordeskat is geskik en konteks gehoor en konteks konteks gehoor en konteks styl en
Hoë vlak
vir doel/effek en - Taalgebruik getuig - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie woordeskat
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas
indrukwekkend gepaste toon word dra basies vir doel, gehoor
Woordkeuse;
- Toon retories treffend gebruik - Toon is gepas. - Toon en en konteks
Taalgebruik en
en effektief - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so
konvensies,
- Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik beperk dat dit
punktuasie,
spelling feitlik foutvry foutvry. te versterk - Baie beperkte onmoontlik is
grammatika, spelling - Knap gedaan - Baie goed gedoen woordeskat om sin te maak
13 10 7 4
15 PUNTE - Taalgebruik - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik
uitstekend en toon is toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende
retories effektief algemeen effektief word opgemerk - Weinig indien enige
Lae vlak
- Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid.
spelling feitlik foutvry effektief gepas en beperkte - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk
gedaan grammatika en middele
spelling.
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel geldig punte ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp details - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en
- Uitsonderlike detail - Samehangend goed gekonstrueer paragrawe foutief paragrawe foutief
en sinskonstruksie
- Sinne en paragrawe - Sinne en - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie
uitsonderlik paragrawe logies effens sin sin. sin nie
5 PUNTE gekonstrueer en toon variasie
VERSPREIDING VAN
43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 21
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van
verwagting kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die
- Idees intelligent en van die soort teks kenmerke van die die soort teks soort teks nie
Respons en idees; volwasse - Behou fokus – geen soort teks - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking.
beplanning; doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie – afwykings - Geen samehang in
gehoor, kenmerke, die soort teks en idees; baie goed enkele afwykings - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie
konvensies en konteks - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail
fokus wat die onderwerp in inhoud en idees nie ondersteun die
- Samehang in ondersteun - Sommige detail - Min detail onderwerp
inhoud en idees. - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van
18 PUNTE
- Idees behoorlik onbeduidende foute onderwerp onderwerp formaat nie
uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie
wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg
ondersteun enkele foute toegepas
- Gepaste en - Kritiese foute
akkurate formaat begaan
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl
styl en en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl en woordeskat geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir doel hoogs geskik gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
en konteks. vir doel, gehoor - Grammatika oor - Enkele konteks. nie
en konteks die algemeen grammatikafoute - Grammatika - Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies; - Grammatika korrek en goed - Voldoende onakkuraat met verward
woordkeuse; punktuasie en
akkuraat en gekonstrueer woordeskat etlike foute. - Woordeskat nie
spelling
goed - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese geskik vir doel nie
gekonstrueer woordeskat betekenis nie woordeskat - Betekenis ernstig
12 PUNTE - Feitlik foutloos - Oorwegend - Betekenis belemmer
foutloos belemmer
VERSPREIDING VAN
PUNTE 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT bo verwagting. demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van
- Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die
Respons en idees; volwasse van die soort teks soort teks die soort teks soort teks nie
- Behou fokus – geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van idees - Grondige kennis van afwyking nie nie – enkele afwykings fokus, maar met met groot afwyking
vir beplanning, doel, kenmerke van die soort
teks - -Samehang in inhoud - Redelike samehang in afwykings - Geen samehang in
gehoor, kenmerke/
- Skryfwerk behou fokus en idees; baie goed inhoud en idees - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie
konvensies en uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail
konteks. - Samehang in inhoud
die onderwerp ondersteun die nie ondersteun die
en idees
ondersteun onderwerp - Min detail onderwerp
- Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van
12 PUNTE uitgebrei met detail onbeduidende foute gepas, maar met enkele onderwerp formaat nie toegepas
wat die onderwerp foute - Nodige reëls van nie
ondersteun formaat vaagweg
- Gepaste en akkurate toegepas
formaat - Kritiese foute
begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl
woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl en geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir en konteks konteks - Enkele grammatika- doel, gehoor en gehoor en konteks
doel en konteks, - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die foute konteks nie
taalgebruik en en goed gekonstrueer. algemeen korrek en - Voldoende woordeskat - Grammatika - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos goed gekonstrueer - Foute belemmer nie onakkuraat met verward
konvensies,
- Baie goeie woordeskat. betekenis nie etlike foute - Woordeskat nie
woordkeuse,
- Oorwegend foutloos - Basiese woordeskat geskik vir doel nie
punktuasie en spelling
- Betekenis belemmer - Betekenis ernstig
8 PUNTE belemmer
VERSPREIDING VAN
17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Question paper