Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12202445 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 45 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Prelim Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 70 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 45 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord die vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte wat jy bestudeer het. 4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. BLADSY PUNTE VRAAGNOMMER NR. VRAAG 1: Kringe in ’n Bos 35 5 VRAAG 2: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9 VRAAG 3: Meeulanders 35 14 VRAAG 4: Lien se Lankstaanskoene 35 19 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAG 5: Poppie – Die Drama 35 23 VRAAG 6: Paljas 35 27 VRAAG 7: Fiela se kind – Die Drama 35 32 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale. VRAAG 8.1: “Die droom” 18 36 EN VRAAG 8.2: “Die vlek” 17 38 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte. VRAAG 9.1: “Hanswors” 18 41 EN VRAAG 9.2: “Haar uitvaart” 17 44 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. DUI AAN AFDELING VRAAGNOMMERS VRAE BEANTWOORD (√) A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5 AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A Afgeslag, het hy maar ’n groot hoender se vleis en sý wip moes jy fyn stel; nie net vir die bokkie self nie, maar ook vir die boswagter. “Julle roei die goed uit!” is die tyding op ’n dag die Bos in gestuur. “Die man wat ons vang wat ’n bloubokkie vang, is in die moeilikheid!” Maar jy laat nie ’n houtkapper só maklik skrik nie. 5 *** Vandat hy kan onthou, is Oupoot die mees gevreesde olifant in die Bos. Geen houtkapper het sonder respek van hom gepraat of sy spoor gekry en nie onmiddellik gekyk watter kant die wind waai nie. Hy was veertien toe hy Oupoot vir die eerste keer gesien het ... Baie dinge het met hom gebeur toe hy veertien geword het. 10 Die godsiekte het twee maande voor sy verjaarsdag deur die Bos getrek: ... *** Die lig was grysvaal in die huis toe sy pa hulle kom wakker maak. “Die engels het julle ma kom haal,” het hy gesê en buitentoe geloop. *** “Hoe gaan dit met Jozef, Sanna?” “Sien hom selde. Maandag by die begrafnis darem gesien.” 15 *** “...Jy’t ’n mooie man geword, Saul. Nooit sê jy’s van onse mense nie. Kyk jou klere, nè?” *** Haar voete is kaal en swart en gebars. Hoe oud sou sy wees? wonder hy. “Ek verstaan dit nie,” praat sy half met haarself. “Hulle het gesê jy sal 20 genooit weer jou voete in die Bos sit nie en hier sit jy dan nou?” “Ek is net vir ’n paar dae terug,” sê hy en vra: “ Hoe oud is jy, Sanna?” *** Hy staan op en haal twee goue muntstukke uit sy sak en sit dit op die tafel neer. “Ek glo nie ek sal weer hierlangs kom nie, Sanna. Vra iemand om dit vir jou op die dorp te koop.” 25 1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) neer. Saul ervaar (1.1.1) ... konflik omdat sy verhouding met die bosmense nie goed is nie. Sy pa, Joram, het hom uit die bos (1.1.2) ... Saul het besluit om op die dorp vir (1.1.3) ... te gaan werk en het later self (1.1.4) ... gaan delf en so ryk geraak. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.2 Behalwe die bloubokkies, wat anders het die bosmense uitgeroei net sodat hulle kon oorleef? (1) 1.3 Wat sou met die bosmense gebeur as hulle gevang word bloubokkies vang? (1) 1.4 Watter ander naam het die bloubokkies gehad? (1) 1.5 1.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi. Die bloubokkie het Saul vir die eerste keer dinge omtrent die bos en sy mense laat (bevraagteken/aanvaar). (1) 1.5.2 Motiveer hoe die bloubokkie Saul se siening omtrent die bos en sy mense verander het. Verwys na dit wat hy voor sy verjaarsdag oor die bloubokkie geglo het en wat hy op sy verjaarsdag ontdek het. (2) 1.6 Watter gewoonte het sy ma gehad om hulle verjaarsdae spesiaal te maak? (1) 1.7 Lees reëls 12–13. 1.7.1 Waarop sinspeel die “grysvaal lig” in reël 12? (1) 1.7.2 Watter stylfiguur kry ons in reël 13? “Die engels het julle ma kom haal,” het hy gesê en buitentoe geloop. (1) 1.7.3 Verduidelik die letterlike betekenis van hierdie woorde met betrekking tot Saul. (1) 1.8 Waarna verwys die “godsiekte” in reël 11? (1) 1.9 Watter advies het die bosmense gegee as olifante jou jaag? (1) 1.10 Lees reëls 16–18. Waarom dink jy is daar ’n verskil in Saul en Sanna se voorkoms alhoewel hulle albei van die Bos is? Verduidelik in jou antwoord wat die oorsaak van hierdie verskil is. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B Die lewe is ’n skewe sirkel. In sy kajuit op die Pictor is daar van die Bos net een ding wat hy met hom saamneem: die skets wat Kate van Oupoot gemaak het. *** “Omdat my pa my weggejaag het en ek gereken het ek sou hier geld verdien. Ek wou net drie pond bymekaargemaak het om op ’n skip te kon klim.” 5 “Nee, Kate, ’n mens is net ’n mens as jy baie geld het en boonop Engels is. Ek het die wêreld goed deurgekyk en dit elke keer bietjie duideliker gesien.” *** “En nou dink jy jy kan skielik Engels wees en baie geld hê as jy op ʼn skip klim?” “Nee. Miskien is dit waarom ek eintlik kwaad is. Ek werk vir jou pa soos ʼn wit slaaf en al manier waarop hy my slaaf kan hou, is deur te sorg dat 10 ek niks bekom nie en dat my taal kitchen Dutch bly.” “Jy lees dan al so mooi Engels.” “Dis nie genoeg nie, Kate! As ek nie êrens losbreek nie, gaan die moord te hoog in my ophoop!” “Jy haat my pa, nè?” het sy half bang gevra. “Ja, Kate, ek haat hom.” Sy het stadig opgestaan en weggestap. Soos ʼn skoenlapper wat vlerkseer is. Hy het haar nie teruggeroep nie, hy kon nie; hy 15 het net bly sit en die vreemde gevoel dat iets uit hom wegsypel as sy wegstap, deur hom laat spoel ... Dit wat hom laat swoeg het omdat daar ʼn sewende dag is. Hy het haar nooit in daardie twee jaar aangeraak nie. Nie met sy lyf of sy hande nie. Sy was verbode soos die groot, wit huis bokant die skuur; soos die klipkerkie met die puntvensters; soos die kwartdek van elke skip wat 20 vasgemeer het en wat die heiligdom van die kaptein en sy vriende was. Sy was verbode soos die Public Library. 1.11 Dink jy dat Saul reg opgetree het toe hy besluit het om nooit weer na die Bos terug te keer nie? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 1.12 “Die lewe is ’n skewe sirkel.” (Reël 1) Plaas jouself in Saul se skoene. Bespreek waarom sy siening oor die lewe van die Bosmens so gepas is en hoe die houtkopers die oorsaak van hulle lewe se skewe sirkel is. (2) 1.13 Waarom dink jy het Oupoot, toe Saul hom wou skiet, hom in sirkels laat loop? (1) 1.14 1.14.1 Waarom was Kate belangrik in Saul se lewe? (1) 1.14.2 Sê waarom die onderstaande stelling WAAR is. Saul se verhouding met Kate was ook ’n skewe sirkel. (1) 1.15 Waarom dink jy neem Saul die skets van Oupoot saam met hom op die Pictor? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.16 Stem jy saam dat Saul se kringloop aan die einde voltooi is? Motiveer jou antwoord deur na TWEE dinge te verwys. (2) 1.17 Skryf die volgende gebeure in Saul se lewe in die korrekte VOLGORDE neer: • Saul sien die see vir die eerste keer. • Saul sien die dorp vir die eerste keer. • Saul sien Oupoot vir die eerste keer. • Saul sien Kate vir die eerste keer. (4) 1.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi. Die Bosmense het vir Saul as ’n (opstandeling/verraaier) gebrandmerk nadat hy deur sy pa weggejaag is. (1) 1.19 “Ek wou net drie pond bymekaargemaak het om op ’n skip te kon klim.” (Reël 5) Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Saul wou op ’n skip klim, sluit aan by die tema ... A geld kan geluk koop. B geld kan respek koop. C vryheid van die skewe sirkel. D vryheid van familiebande. (1) 1.20 Wat het MacDonald aan Saul belowe as hy by hom, MacDonald, sou kom werk? Noem TWEE dinge. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C 2. Pampoen en Patat hinder ’n heks Wel, noudat ek daaraan dink, dis miskien nie nodig om Fabienne se pa ’n tandarts te maak nie. Hy kan mos iets meer opwindends wees? Ek bedoel nou nie ’n towenaar nie, maar sê nou maar iemand wat in die buitelug werk. Met ’n maandelikse salaris. Die salaris is belangrik. Iets 5 soos ’n bosbouer of ’n wildbewaarder of so iets? Nee. Met so ’n pa sou Fabienne nie in ’n stad kon woon nie. Sy sou iewers in die boendoes moes gaan sit en ek sou dit nie kon vat nie. Ek bedoel ek sou dit nie kon vat nie. Dis erg genoeg dat ek die volgende drie weke in die boendoes moet deurbring. Omtrent ’n uur na die 10 naaste beskaafde dorp af! (Met beskaafde, liewe leser, bedoel ek bloot ’n plek met verkeersligte en ’n paar winkels.) *** 3. Bloedvingers, suikervingers, groenvingers ... Groenvingers sal deur ’n vleisetende plant verslind word, ’n reusagtige beblaarde gedrog uit ’n oerwoed in Suid-Amerika, ’n plant wat sy wou 15 mak maak. Op ’n dag, as sy haar groengevingerde hand uitsteek om die plant se stingel te streel, pluk die plant haar nader en sluk haar heel in. *** En Bloedvingers sal deur ’n waansinnige pasiënt aangeval word. Wanneer hy sy hand in die man se mond steek, byt die man die tandarts 20 se vingers vas, spring op uit die tandartsstoel en verwurg die tandarts. Hulle sê tandpyn kan jou mal maak. 2.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) neer. Hanna is ’n tipiese tiener wat ontevrede met haar (2.1.1) ... is, daarom skep sy haar alter-ego, Fabienne. Sy droom van ’n perfekte pa omdat haar pa (2.1.2) ... is. Hy was nooit by enige van haar (2.1.3) ... nie. Hy dra (2.1.4) ... en dit is waarom sy vir haar ’n lewe wil opmaak omdat haar vriendin, Sharon, volgens haar perfek is met perfekte ouers. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.2 “Dis erg genoeg dat ek die volgende drie weke in die boendoes moet deurbring.” (Reëls 9–10) 2.2.1 Na watter plek verwys die “boendoes” waarheen Hanna en haar gesin die vakansie moes gaan? Gee die naam van die plek. (1) 2.2.2 Behalwe dat die “boendoes” ver weg was van die naaste dorp, was daar ook ander redes waarom Hanna en haar gesin die plek as negatief ervaar het. Noem EEN rede wat spesifiek na die plek verwys en nie haar gesinslede nie. (1) 2.3 Sê in jou eie woorde watter rol Fabienne in Hanna se lewe gespeel het. (1) 2.4 “Met ’n maandelikse salaris. Die salaris is belangrik.” (Reël 5) Sê waarom die onderstaande stelling ONWAAR is. Hanna se stiefpa, Beyers, het ’n maandelikse salaris ontvang. (1) 2.5 Waarom dink jy was dit belangrik vir Hanna dat ’n ouer of ouers ’n maandelikse salaris moet ontvang? Verwys na EEN FEIT oor haar gesin se lewenstyl of gewoontes. (1) 2.6 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Tibo en Amos moes ’n kamer deel. Hulle kamer het as ... bekend gestaan. A verwurgkamer B strafkamer C martelkamer D stoeikamer (1) 2.6.2 Waarom dink jy was VRAAG 2.6.1 se antwoord die perfékte naam vir hulle kamer? (1) 2.7 Plaas jouself in Hanna se skoene. Dink jy dit sou ’n goeie idee wees dat sy en Yann ’n kamer moet deel? Motiveer jou antwoord. (1) 2.8 “Sy sou iewers in die boendoes moes gaan sit en ek sou dit nie kon vat nie. Ek bedoel ek sou dit nie kon vat nie.” (Reëls 7–9) 2.8.1 Watter stylfiguur kom in hierdie reëls voor? (1) 2.8.2 Wat probeer Hanna vir ons sê deur hierdie stylfiguur te gebruik? (1) 2.9 “Dis soos ons wittebrood”, het Mana ons ingelig. Behalwe die wittebrood, om watter ander rede wou Mana hê hulle moet na die “boendoes” toe gaan? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11 2.10 “Bloedvingers, suikervingers, groenvingers ...” (Reël 13) 2.10.1 Wat simboliseer die vingers wat in die titel van hierdie hoofstuk voorkom, in Hanna se lewe? (1) 2.10.2 Die titel van hierdie hoofstuk bevat ’n ellips. Wat is die funksie daarvan? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D 8. Hanna Hoekom word Hanna Heks “Sê nou sy kom nie hier uit nie?” vra Amos terwyl hy vir my en Sharon help om die tafel af te dek. Wel, eintlik help hy nie. Eintlik trippel hy net heen en weer langs die tafel. “Met watse kar ry sy nou weer?” *** “Sê nou dit begin reën!” Yann snak na sy asem en klap sy hand oor sy 5 mond. “Sê nou haar hare reën nat! Hy maak sy stem diep vir ’n dramatiese aankondiging: “Skakel gerus later vanmiddag weer in vir die volgende spannende episode van Sê nou my ma is deur aliens ontvoer!” Amos se sproetgesig vat vlam. Sharon skaterlag, wat Yann natuurlik net verder aanhits. 10 *** Klink of hulle ’n Kom ons bewonder mekaar-klub wil stig. Ek wag dat Yann weer een van sy aanmerkings moet maak, maar hy bekyk sy ma en my vriendin met ’n idiotiese grynslag. “Maak jou tuis, Margot,” sê Mana met ’n stem wat hopeloos te vrolik klink. “Dis nou nie juis ’n vyfster-hotel nie, maar dis darem ook nie ... te erg nie.” 15 *** 14. Nog ’n onverwagse gas “Ek het nie geweet ons sal vasgereën word nie, Bey. Ek het gedog as iets gebeur, sal ek wel betyds by ’n hospitaal kan uitkom ...” “En nou?”, Beyers hap na lug soos een wat besig is om te verdrink. Ek het hom nog nooit so paniekerig sien lyk nie. “Wat nóú?” 20 “Wel, dit lyk nie of hierdie babatjie in ’n hospitaal gebore gaan word nie.” sê my ma met ’n dapper glimlag. “Maar waar ... wat gaan ons ... wat gaan gebeur?” stotter Tibo, amper so bleek soos Beyers. “Dis te vroeg!” kerm Beyers. *** Beyers staar met verwilderde oë. 25 “Ek sal jou help, Mana.” sê Margot en staan op om my ma se skouers te kom masseer. “Ek was ’n verpleegster.” “Jy was wát?” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.11 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi. “Eintlik trippel hy net heen en weer langs die tafel.” (Reël 3–4) 2.11.1 Amos se gedrag wys dat hy (opgewonde/teleurgesteld) is oor die persoon se koms. (1) 2.11.2 Motiveer jou antwoord vir jou keuse in VRAAG 2.11.1. (1) 2.12 “Amos se sproetgesig vat vlam” (Reël 9) 2.12.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi. Die woorde in reël 9 word (denotatief/konnotatief) gebruik. (1) 2.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1. (1) 2.13 Verduidelik in jou eie woorde waarom hierdie hoofstuk: “Hanna Hoekom word Hanna Heks”, se titel gepas is. (Reël 1) (1) 2.14 Plaas jouself in Hanna se skoene. Sou jy aanvanklik rede gehad het om nie van Margot te hou nie? Ja of Nee. Gee ’n rede vir jou antwoord. (1) 2.15 “Maak jou tuis, Margot,” sê Mana met ’n stem wat hopeloos te vrolik klink. (Reël 14) Noem EEN rede waarom Mana moontlik “hopeloos te vrolik klink” teenoor Margot. (1) 2.16 Almal het Mana bygestaan tydens die geboorte van Ditjie. Kies die KORREKTE beskrywing uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.16.1 Beyers A Hierdie persoon het rustige musiek aangesit. 2.16.2 Yann B Hierdie persoon het nog ’n kastrol vol water getap. 2.16.3 Sharon C Hierdie persoon het ’n klam waslap gaan haal. 2.16.4 Gavin D Hierdie persoon het nog komberse gebring. E Hierdie persoon het seker gemaak die beligting is reg. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13 2.17 Hanna voel dat sy ’n ingewikkelde lewe het te danke aan Mana se besluite. Skryf nou die vier besluite wat Mana in haar lewe geneem het in die korrekte VOLGORDE neer: • Mana besluit om haar baba Ditjie te noem omdat dit nie seksisties is nie. • Mana besluit om met ’n man te trou wat twee kinders het. • Mana besluit om ’n proefbuis baba te hê omdat sy nie ’n man wou hê nie. • Mana besluit om met ’n gay man te trou om haar gesin tevrede te stel. (4) 2.18 “Wat skryf jy”? “Niks met jou uit te waai nie.” “Jou lewensverhaal?” vra hy met ’n gevaarlike grinnik wat hom nogal soos sy ouer broer laat lyk. 2.18.1 Wie in Hanna se gesin het haar gemotiveer om haar lewensverhaal te skryf? (1) 2.18.2 Waarom kan ons sê dat hierdie persoon se gedrag ironies is? Verwys in jou antwoord na wat vroeër en later in die verhaal gebeur het ten opsigte van Hanna se lewensverhaal en die persoon in VRAAG 2.18.1 se gedrag. (1) 2.19 Sê waarom die volgende stelling WAAR is. Die verhaal eindig positief vir Hanna. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E MEEULAND. VRYDAG, 29 SEPTEMBER 1978 Was vandag die eerste maal wal toe vandat ek gekom het. Knipmes vir Daniel gekoop. Hy’t saam kaai toe gery toe ons moes teruggaan, baie bly oor die mes en sy hare ruik soos bamboes toe hy dankie sê. Ronnie, Ronnie. Ek mis ons 5 huis en ons kombuis en die eethoekie met die bak vrugte en die Hollandse sout-en-peperpotjies wat Prof vir my op op my eerste verjaardag by die Instituut gegee het. Ek mis ons stemme toe ons soggens en saans daar gesit en eet het. Wat het van ons stemme geword? Waar gaan die stemme 10 heen wanneer dit wegraak in sterwende stiltes ... wat word van die skreeuende stemmetjie van die klein malgassie wat dood is? Hy’s dood. Hy’t daar gelê toe ek netnou gaan kyk het. Net die duikertjie het oorgebly. Die vreemde duikertjie. Sal die ma eendag weet dis nie haar kind nie? Eendag sal 15 hy ʼn swart duiker wees en nie ʼn wit malgas nie. Sal sy dan sien hy’s van ʼn ander soort? Of het hy klaar haar eie kind geword toe sy hom onder haar warm vlerke ingesleep het? Ek wonder hoe hy by haar gekom het? 3.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1) neer. Meeuland is ’n ... A malgas-eiland. B broeiplek vir malgasse aan die Weskus. C fiktiewe eiland iewers aan die Weskus. D Guano-eiland. (1) 3.2 Noem EEN rede waarom Ryna op Meeuland is. (1) 3.3 Wie is Meeuland se kaptein/hoofman? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15 3.4 Almal op Meeuland het die burgerbandradio gebruik om met die mense op Salamanderbaai te kommunikeer. Kies die burgerbandradionaam uit KOLOM B wat by die persoonsnaam in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.4.1 tot 3.4.4) neer. KOLOM A KOLOM B 3.4.1 Jacob Langhans A Geelbek 3.4.2 Elsabet Langhans B Mama-Meeu 3.4.3 Jannerik Kuiper C Twilight 3.4.4 Hansie Langhans D Stompneus E Duiker (4 x 1) (4) 3.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.5) neer. In reël 5 herhaal Ryna die woorde: “Ronnie, Ronnie.” Watter doel dien hierdie herhaling van Ryna se woorde? A Dit wys dat Ryna van Ronnie wil vergeet. B Dit versterk die somber atmosfeer. C Dit benadruk dat Ryna dink. D Dit beklemtoon dat Ryna vir Ronnie mis. (1) 3.6 Ryna het ʼn gelukkige verlede gehad. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 3.7 Wat beteken dit as Ryna “wal toe” gaan? (Reël 2) (1) 3.8 Die malgaskuikentjie wat dood is, is soos ʼn voorbode of voorspelling van wat op Meeuland gaan gebeur. 3.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie dooie malgassie simboliseer die dood van (Kinnie/Elsabet) se babadogtertjie. (1) 3.8.2 Verduidelik hoekom die “vreemde duikertjie” vir Janka simboliseer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.9 Waarom is Elsabet ongelukkig op Meeuland? Gee TWEE redes. (2) 3.10 Hoe het Fred Blanckenberg vir Elsabet met hierdie ongelukkigheid gehelp? (1) 3.11 Verduidelik waarom Elsabet se geluk met Fred nie baie lank gehou het nie. (1) 3.12 Het jy simpatie met die karakter van Elsabet? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F Hansie staan in die agterdeur en kyk na die vrolike werf. Laat dit vrolik wees vandag, dink sy, want heidenland, daar lê gesweerd swaar tye voor vir Jacob. Sy kyk na Daniel wat tog nie sy twee hande van die mooie Tamara kan afhou nie. Sy kyk na Donovan, wat met wit tande lag wanneer Bernard hom 5 afneem. Sy kyk na Jannerik wat in sy kerkpak rondstaan en net oë het vir die hek. Wat gaan tog van hom word? Wonder sy. Hy’s al van gister af met al sy goed op die wal, voorlopig glo by die Bindemans. En sy kyk na Jacob wat daar eenkant by die draad staan en sy oë skrefies teen die son trek. Hy moet 10 Maandag terug eiland toe, want hy moet nog maand uit bly vir die laaste reëlings. Ag, my kind, dink sy, Ma sal vir jou ʼn bietjie rolypoly-poeding saamstuur, so by so vir die laaste. Sy staan nog so toe die kar in die straat toet en stadig ingery kom. Op een manier het sy so gehoop Ryna kom ook, 15 maar dis net die twee van hulle voor in die spoggerige kar: Fred en Pikkewyntjie langs hom. Dis Jacob wat die deur oopmaak en haar uittel. 3.13 Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (3.13.1 tot 3.13.4) neer. Hansie se man (3.13.1) … word in die (3.13.2) … gegooi oor sy betrokkenheid met (3.13.3) … Die persoon wat haar man by sy skelmstreke ingesleep het, is (3.13.4) … (4) 3.14 3.14.1 Wie is Jacob se grootste vyand? (1) 3.14.2 Gee TWEE redes waarom hy Jacob se vyand is. (2) 3.15 Skalla was betrokke by verskillende misdade. Skryf nou sy betrokkenheid aan misdaad in die korrekte VOLGORDE neer: • Skalla wil vir Ryna doodmaak omdat sy hom herken het. • Skalla was betrokke by Ryna se man en kind se dood. • Skalla is in ʼn boot en skiet sy rewolwer in die rigting van die jettie. • Skalla het vir Magrietjie du Plessis verkrag en sy het in Stikland beland. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.16 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.16) neer. Die rede waarom Hansie op hiérdie dag so vrolik is, is omdat … A Doreen weer begin skoolgee het. B Janka huis toe gaan kom. C Jacob weer liefde gevind het. D Fred vir Jacob se borgtog betaal het. (1) 3.17 Waarom is daar swaar tye wat vir Jacob voorlê? Verwys na TWEE negatiewe dinge wat aan die einde van die verhaal met hom gebeur het. (2) 3.18 Stem jy saam dat Hansie baie vergewensgesind is? Motiveer jou antwoord. (1) 3.19 Dink jy dat dit reg was dat Ryna vir Fred vertel van Janka en die omstandighede rondom haar geboorte? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 3.20 “Ag, my kind, dink sy, Ma sal vir jou ʼn bietjie rolypoly-poeding saamstuur, so by so vir die laaste.” (Reël 12–13) Wat is die funksie van die woorde: “Ag, my kind,” ? (1) 3.21 Plaas jouself in Ryna se skoene. Dink jy sy het rede gehad om gelukkig te wees aan die einde van die verhaal? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Hulle kom Vrydae vroeër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die Wimpy vir ʼn vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin. Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk. “As dit nie met my ekstra Wiskunde-klasse gebots het nie, sou ek julle gejoin het,” sê hy terwyl hy ʼn pakkie suiker in sy koffie gooi. Hulle praat oor die vakansie wat oor twee weke begin. Wouter en sy suster 5 gaan by hulle pa in Bloemfontein kuier. Lien kan sien Wouter is opgewonde oor die trippie Bloemfontein toe. “Jy mis jou pa.” Hy glimlag verleërig. “Soort van. Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom kan kwaad wees soos my ma nie.” 10 Hy skeur repies van die leë suikerpakkie af en rol dit in bondeltjies wat hy in die asbak gooi. “Sy verstaan dit nie. Hy’t ons mos gedrop. Ons is almal veronderstel om hom te haat totdat die Bafana Bafana eendag die Sokkerwêreldbeker wen.” 15 “Hou julle van sy nuwe vrou?” Wouter kyk weg en skeur nog ʼn suikerkoevertjie oop. “Nogal, al het ons aan die begin hard probeer om nié van haar te hou nie. Sy is baie mal oor my pa en ek dink hy like dit baie dat iemand mal is oor hom. Ek dink nie my ma was ooit nie ...” 20 4.1 “Hulle kom Vrydae vroeër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die Wimpy vir ʼn vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin.” (Reëls 1–2) 4.1.1 Na watter plek verwys “Creations” waarheen Lien op pad is? Gee die volle naam van die plek. (1) 4.1.2 Noem TWEE dinge wat deel van Lien se werkspligte by Creations uitmaak. (2) 4.2 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.4) neer. Lien het eers as ʼn (4.2.1) .... by Tant Malie se Tuin gewerk. Nadat dit nie uitgewerk het nie stel Tannie Bets voor dat Lien met (4.2.2) .... van woonstel 401 gaan praat oor die werk by Creations. Lien werk in Sue-Ellen se plek terwyl sy op (4.2.3) .... is. Sy verdien (4.2.4) .... per middag. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.3 “Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk.” (Reël 3) Lien het uit haar eie vir die oudisie gegaan. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 4.4 Waarom dink jy was Wouter so bly dat Lien ʼn rol in die toneelstuk gekry het? (1) 4.5 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer. “Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom kwaad kan wees soos my ma nie.” (Reëls 10–11) Hierdie woorde van Wouter sê vir ons dat dinge tussen sy ouers steeds ... is. A ontspanne B ongemaklik C gespanne D vreedsaam (1) 4.6 “Jy mis jou pa.” (Reël 9) 4.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Wouter en Yvette (is steeds ontsteld oor/het vrede gemaak met) hul ouers se egskeiding. (1) 4.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.6.1. (1) 4.7 4.7.1 Gee EEN woord om Lien se gesin te beskryf. (1) 4.7.2 Verduidelik waarom Lien se gesin só is. (1) 4.8 Stem jy saam dat Wouter en Yvette se omstandighede tipies van die meeste tieners is? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 4.9 Waarom is Wouter die enigste vriend wat die waarheid omtrent Lien se pa weet? (1) 4.10 Bespreek die effektiwiteit van al die Engelse woorde soos “gejoin” en “like” wat Wouter in hierdie uittreksel gebruik. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H “Hoe gaan dit met Braam?” vra haar ma oplaas. “Aag, Ma weet mos. Dit gaan altyd goed met Braam. Hy is ʼn survivor. Hy het nogal 78% vir sy laaste Wiskunde-toets gekry,” probeer Lien lighartig geselskap maak. “En dit gaan goed by die huis. Gerhard ... uhm ... die predikant en die kerk help en tannie Bets dra potte vol kos aan. Ons ly nie honger nie.” 5 Haar ma tuur na iewers agter in die tuin. Die middag is loom. Lien hoor ʼn gelag uit die rigting van die stoep. Af en toe hoor sy ʼn kar in die straat voor die kliniek verbyry. Bye zoem oor die blombedding langs die visdam. Sy hoor die geluid van die sproeiers op die grasperk langs die paadjie. “En met jou?” vra haar ma ná ʼn rukkie. Lien ignoreer die vraag. 10 Haar ma klink anders. Hoe anders, weet sy nog nie. Sy is net iewers ver waar Lien nie kan bykom nie. “Is dit erg hier?” “Die heel ergste was die eerste dag,” sê haar ma ingedagte. “Hulle het in al my goed gekrap, tot in my onderklere, om ’n ou skelm doppie te soek. En hier is 15 geen genade nie. Niemand het vir niemand ’n geheim nie en niemand kan ’n pose vir niemand hou nie. Almal is gelyk.” 4.11 Waar is Lien en haar ma in hierdie uittreksel? (1) 4.12 4.12.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies: (Gerhard/Tannie Bets) het Lien gebring om haar ma te besoek. (1) 4.12.2 Dink jy dat hierdie besoek vir Lien benoud laat voel? Motiveer jou antwoord deur TWEE feite te noem. (2) 4.13 Die volgende gebeure het ʼn rol in Lien se lewe gespeel. Kies die gevolge uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.13.1 tot 4.13.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.13.1 Christien is aangeklam en A Lien gaan skuil in die skool se gaan slaap in haar biblioteek en raak jaloers. werksklere. 4.13.2 Wouter gesels met die B Lien storm klavier toe en speel die ander kinders by die skool. “Blou Donau” kliphard. 4.13.3 Lien en Agnes bots by die C Lien gooi haar Wiskunde-boek kombuis se swaaideur. onder die bed in. 4.13.4 Lien konfronteer haar ma D Lien hang haar voorskoot op en omdat sy nie meer die bedank. klavier speel nie. E Lien maak self Braam se skoolbroek reg. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.14 Tannie Bets tree as ouers op vir Lien en Braam terwyl Christien in die kliniek is. Noem TWEE dinge wat tannie Bets vir die kinders gedoen het. (2) 4.15 Ons kan met die karakter van Christien Jooste simpatiseer. Verduidelik waarom jy met hierdie stelling saamstem/nie saamstem nie. Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 4.16 “Die heel ergste was die eerste dag,” sê haar ma ingedagte. (Reël 14) Waarom het Christien gesê dat dit die ergste dag was? (1) 4.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.17) neer. Dit lyk asof Lien ʼn poging aanwend om haar ma te vergewe deur ... A met haar ma te gesels. B vir haar ʼn CD van Chopin se klavierkonserte te gee. C vir haar ʼn drukkie terug te gee. D langs haar ma op die bankie te sit. (1) 4.18 Waarom dink jy was dit belangrik vir Christien om vir Lien te kon sien? Noem TWEE redes. (2) 4.19 Gee TWEE feite waarom Lien se gesin tog ʼn gelukkige einde in die roman het. Dink aan wat die leser in die naspel kan aflei. (2) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I HOEDJIE. Dit was daai tyd dat Poppie se mama van die Aar gekom het waar sy by witmense gewerk het om eers by Ouma te kom rus. PLANK. Sy het vir Ouma vertel dat die pa van haar kinders in die oorlog afgedood het. MAMA. ... vir hom het ek nie trane nie. Kom, Poppie. 5 *** MOSIE. Eers was ons nie tevrede dat ons suster met die Kaffer-landse man gaan trou nie, ons het gehoor van die swarigheid van die land, maar toe hulle sin in mekaar kry, het ons nie in hulle se pad gestaan nie. *** MAMA. Stone het ’n jaar gevat om die lobola af te betaal. Ek het met die lobola-geld haar trougoed begin koop ... 10 *** STONE. Vier maande ná die verlowing het ons getrou, op ’n Woensdag sodat die predikant uit die Kaap kon kom. Die troue het twee dae aangehou en die mense het uit die werk gebly om te kom bruilof vier. *** MOSIE. Die tweede dag het hulle haar weer aangetrek in haar wit klere, haar hare gekam en haar reggemaak soos sy die eerste dag was. 15 PLANK. Die troue is vandag by die skoonmense se huis. 5.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer. Mama Lena wou nie haar man gehad het nie, maar hy het agter haar (5.1.1) ... toe getrek omdat hy verlief was. Hy was glad met die (5.1.2) ... en het groot (5.1.3) ... betaal. Toe hulle uitvind van sy sterfte het hulle nie trane vir hom gehad nie omdat hy nie ’n goeie (5.1.4) ... vir Poppie-hulle was nie. (4) 5.2 “Poppie se ander naam, wat beteken ’n meisie uit ’n geslag van groot vroue”, het simboliese betekenis gehad. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. Noem TWEE dinge wat na Poppie se vele swaarkry verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 5.3 Watter ooreenkoms word in reëls 1–2 tussen Poppie en Ma Lena uitgelig? (1) 5.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Ma Lena se man het as ʼn (lorriedrywer/bevelvoerder) vir die oorlog gewerk. (1) 5.5 Watter taal wou ouma Hannie hê moes Poppie-hulle praat? (1) 5.6 Waarom dink jy het Poppie genoeg rede gehad om met Stone te trou? Motiveer jou antwoord deur na sy voorkoms of EEN karaktereienskap te verwys. (1) 5.7 “Eers was ons nie tevrede dat ons suster met die Kaffer-landse man gaan trou nie, ons het gehoor van die swarigheid van die land, ...” (Reëls 6–7) Watter swarigheid het Poppie later in haar lewe ervaar omdat sy met Stone getrou het? Noem TWEE dinge. (2) 5.8 Watter bewys is daar in die uittreksel dat Stone nie ’n goeie salaris/loon ontvang het nie? (1) 5.9 Noem TWEE dinge wat Mama Lena met die lobola-geld gekoop het. (2) 5.10 Wat moes Stone self koop? (1) 5.11 Watter klere moes Poppie dra, na haar wit klere, omdat sy ’n jong bruid was? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J Hulle sing die bruiloflied. POPPIE. Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Mosie, waar’s julle? Julle het my hier gelos. *** POPPIE. Ek het dadelik mos swanger geword. Ek was mos dom. *** PLANK. Toe gaat hy na ’n igqira, ’n herbalist, en die man het hom ’n 5 medisyne gegee, hulle sê daarvoor ukugapa. **** JAKKIE. As dit die witmense pas, dan tel die wet nie. MAMA. (stoot Jakkie weg) Dis goed, Poppie, dat jy huis toe kan kom na ons toe sonder die bang dat jy op die bus of in die strate gevang sal word. 10 MOSIE. Dit was nou twee jaar dat Poppie laas haar kinders gesien het. Toe Mrs Swanepoel met Kersfees na haar dogter gaan, gee sy vir Poppie ook af. Poppie het op die trein geklim na Herschel toe waar Nomvula en Thandi by haar skoonouers gebly het. *** VIERDE TONEEL 15 POPPIE. Dit was in ‘76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom. Kinders op ’n ry van agter. Strepe baie helder lig van weerskante. Kinders dreigend vorentoe terwyl julle veglied sing. Dan storm hulle en “gooi klippe” in gehoor. Retireer. Een polisieman kom deur ouditorium tot voor kinders. Sy rug na gehoor. Kinders kom nader, gereed om te gooi. 20 Polisieman rig pistool. Lang stilte met kinders reg om te gooi en polisieman reg om te skiet. Byklank: Geluid van asemhaling ongeveer sewe sekondes lank. Kinders gooi. Polisieman skiet. Almal val. Lig verander na koue blou. Kinders staan op – behalwe een. Singend dra hulle hom af. Lig uit. 25 5.12 “Hulle sing die bruiloflied.” (Reël 1) Waarom word hierdie woorde in skuinsdruk geskryf? (1) 5.13 “Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Mosie, waar’s julle? Julle het my hier gelos.” (Reëls 2–3) 5.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Poppie se woorde in hierdie reëls dui op (innerlike/uiterlike) konflik. (1) 5.13.2 Dink jy dat Poppie rede gehad het om hierdie konflik te ervaar? Noem TWEE redes vir jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 26 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 5.14 Poppie het reeds vroeg in haar huwelik ’n tragedie ervaar. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 5.15 Poppie se lewe was deur verskillende vroue beïnvloed. Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die vrou in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.15.1 tot 5.15.4) neer. KOLOM A KOLOM B 5.15.1 Mamma Lena A Hierdie persoon het Poppie oor die Xhosa- geloof geleer. 5.15.2 Mrs Retief B Die werk by hierdie persoon was ongemaklik. 5.15.3 Ouma Hannie C Hierdie persoon was Poppie se strooimeisie. 5.15.4 Mrs Scobie D Poppie moes ophou skoolgaan om na hierdie persoon se kinders om te sien. E Hierdie persoon het Poppie help werk kry. (4 x 1) (4) 5.16 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer: • Stone gaan werk in die dairies in Phillippi sodat hy ’n permit kan kry. • Stone skryf liefdesbriefies aan Poppie. • Stone raak siek en moet hospitaal toe gaan. • Stone wou nie meer alleen in Lambertsbaai bly nie en neem ’n trein Kaap toe. (4) 5.17 Plaas jouself in Stone se skoene. Dink jy dit was ’n goeie idee om na die “herbalist” toe te gaan? Motiveer jou antwoord. (1) 5.18 5.18.1 Sê of die volgende stelling ’n feit of mening is. Poppie was ’n goeie ma vir haar kinders. (1) 5.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.18.1 (1) 5.19 Is Jakkie se stelling oor witmense geldig in die konteks van die verhaal? (Reël 7) Motiveer jou antwoord. (1) 5.20 “POPPIE. Dit was in ‘76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.” (Reël 16) Dink jy dat Poppie se vergelyking van wat in ’76 in Soweto gebeur het en dit wat in die Kaap gebeur het, gepas is? Motiveer jou antwoord. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 27 VRAAG 6: Paljas – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K 2. Hendrik en Katrien se slaapkamer. Die eerste oggendlig val deur die venster. Katrien klim uit haar enkelbed en maak klein Willem toe wat in dieselfde bed lê. Sy sit ʼn oomblik vir die vertrek en kyk – ook vir die slapende Hendrik op die enkelbed oorkant haar. Die lig val effens oor sy gesig. 5 *** KATRIEN: Hendrik, los die kind. (Hy hoor nie; of wil nie hoor nie: hy sit nog steeds en staar.) ... Hendrik! HENDRIK: Wat maak ek? KATRIEN: Los hom net. Die hele gesprek vind plaas sonder dat Katrien een keer omkyk. Maar 10 op haar gesig is iets soos pyn of dalk frustrasie. *** 11. Hendrik is op die stasieperron besig met iets. Willem gaan staan tien meter van sy pa en wuif vir hom. HENDRIK: O nee, nie so nie. Sê! (Die kind hou aan wuif met ʼn oop handpalm.) Sê, Willem. (Dringend, maar nie onvriendelik nie.) 15 Sê “tot siens, Pa”. Die kind sien die goudgeel skoolbus aankom. Hy wys vir sy pa. *** 12. ... Dan, haastig, spoel sy haar hande onder die kraan af, gryp ʼn vadoek en vee haar knieë skoon, gooi die vadoek in die opwasbak, haal haar voorskoot af en gooi dit oor ʼn stoel en probeer met 20 haar ander hand die los hare voor haar gesig wegdruk. 6.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer. Die McDonald-gesin bly in ’n spoorweghuis by die treinstasie (6.1.1) ... Katrien voel asof sy op hierdie treinstasie (6.1.2) ... word. Een oggend daag ʼn (6.1.3) ... by Hendrik se stasie op. Die seuntjie, Willem, vorm ʼn hegte band met die (6.1.4) ..., Manuel. (4) 6.2 Hendrik McDonald se treinstasie is groot en suksesvol. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. Noem TWEE feite wat na Hendrik se treinstasie verwys. (2) 6.3 Watter leidraad is daar in reëls 1–5 dat Hendrik en Katrien huweliksprobleme het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 28 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 6.4 6.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hendrik luister gereeld na ou musiekplate op sy (draadloos/ platespeler). (1) 6.4.2 Wat simboliseer hierdie ou, nostalgiese musiek waarna Hendrik luister? (1) 6.5 Watter musiekplaat was Hendrik se gunsteling om na te luister? (1) 6.6 Waarom kan jy verstaan dat Katrien dit moontlik oorweeg het om ʼn buite- egtelike verhouding met iemand te begin? Motiveer jou antwoord met TWEE feite deur na haar sukkelende huwelik met Hendrik te verwys. (2) 6.7 6.7.1 Wie is smoorverlief op Katrien? (1) 6.7.2 Watter bewyse is daar om te motiveer dat hierdie persoon wel verlief op Katrien is? Noem TWEE dinge. (2) 6.7.3 Noem TWEE dinge wat hierdie persoon gereeld vir Katrien gebring of gekoop het. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 29 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L 122. Vier of wat van die ander jagters hardloop almal na ʼn bakkie toe en spring in en ry. Op die agtergrond hardloop die nar met die fiets. Hy sien hulle pyl met mening op hom af; hy gooi die fiets weg, swaai om en hardloop in ʼn ander rigting. 123. Willem hardloop koes-koes tussen die bome. En dit lyk soos 5 dieselfde stuk veld. 124. Die bakkie rem woes; almal spring uit en lê aan met die gewere. ʼn Paar skote klap gelyk. PIETA: Vuilgoed! JAN MOL: Ek het hom! 10 PIETA: As jy my vra, was dit ʼn kopskoot. JAN MOL: Toe maar, ons het Dominee aan ons kant. Hulle draf nader. Hendrik kom van ʼn ander kant af nader gehardloop. Hy het Sakkie se geweer by hom. Hy is eerste by die hopie mens 15 in die gras. Hy buk oor hom. Op die agtergrond kom die jagters aangedraf. Hendrik kyk om. Hy kom regop en staan hulle en inwag. Die jagters gaan staan, want hoewel Hendrik nie op hulle aanlê nie, is sy vinger op die sneller: hy hoef net die geweer te lig. 20 JAN MOL: Gee pad daar. HENDRIK: Wie’t geskiet? JAN MOL: Ek het geskiet. Gee pad daar of ek – Hendrik lig sy geweer net effens. HENDRIK: Of wat? (Op die agtergrond kom Katrien 25 vervaard aangehardloop. Maar sy steek nou vas. Hendrik kyk in die rigting waarin sy kyk. Dis Willem wat twintig tree agter Hendrik staan.) Willem. Swernoot. Kom hier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 30 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 6.8 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer: • Hendrik sê vir Frans dat mense stories van hom en Katrien aandra. • Hendrik dans met Katrien. • Hendrik en Katrien baklei langs die pad oor haar oorbelle. • Katrien sê vir Frans hy moet ophou om goed vir haar te bring. (4) 6.9 Dink jy dit was ’n goeie idee van Manuel om na die kerkdiens toe te gaan? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 6.10 6.10.1 Sê of die volgende stelling ’n feit of mening is. Die gemeentelede het Manuel sleg behandel. (1) 6.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.10.1. (1) 6.11 Wat sou jy anders gedoen het as Manuel by jou kerk ingestap het, en jy die dominee of ouderling was? (1) 6.12 Watter lewensles leer ons van Manuel in Paljas? (1) 6.13 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.13) neer. Die rede waarom die dominee gevra het dat Manuel van die kerk verwyder moes word, is omdat die dorpsmense gedink het dat Manuel se toertjies ’n voorbeeld van ... was. A duiwelskuns B beeldende kuns C grafiese kuns D moderne kuns (1) 6.14 “Toe maar, ons het Dominee aan ons kant.” (Reël 12) Wat lei jy uit Jan Mol se woorde af? (1) 6.15 6.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Ons kan sê dat die gemeentelede se gedrag in hierdie uittreksel (vredeliewend/veroordelend) is. (1) 6.15.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 6.15.1. (1) 6.16 Wat word van Manuel ná die geskietery? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 31 6.17 Die McDonalds se lewe het uit verskillende ruimtes in die Karoo bestaan. Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die ruimte of plek in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.17.1 tot 6.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.17.1 Die skoolwerf A Die enigste plek waar Hendrik in beheer is. 6.17.2 Die stasiekantoor B Die plek waar Manuel vir Willem toertjies leer. 6.17.3 Die voorstoep C Die plek waar Nollie saam met Hendrik na musiek luister. 6.17.4 Die ou, verlate D Die plek waar Emma weer begin skuur klavier speel. E Die plek waar Willem afgeknou en gekoggel word. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 32 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M LANGE: Maar dit het jou nie die reg gegee om hom te hou nie. *** DIKKE: Wag, vrou, die kind van wie ek praat, het hier agter in Kom-se- bos weggeraak. Ek onthou die hele ding nou al hoe helderder. As jy van hier af, reguit oor die berg, ’n lyn sou trek, sweer ek jy kom net mooi agter in die Bos uit waar die kind weggeraak het. 5 *** FIELA: Los die kind! DIKKE: Ek sal nie aan hom raak nie, vrou. Dis ’n mooi skuitjie, het jy hom self gemaak? Oom vra maar net, oom is baie lief vir skuitjies. Het jy hom self gemaak? BENJAMIN: My pa het my gehelp, baas. (Die lange en die dikke kyk 10 vinnig na mekaar oor die “baas”.) *** MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag nog aan die magistraat op Uniondale skryf om jou te laat dophou, en om stappe teen jou te neem as jy enige moeilikheid veroorsaak. 15 Ligte begin uitdoof. FIELA: (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken, en toe die skrik en die verslaenheid en die magteloosheid. 7.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (7.1.1 tot 7.1.4) neer. Die twee (7.1.1) ... was geskok toe Benjamin vir hulle baas noem omdat hy ’n (7.1.2) ... kind was. Benjamin kon nie onthou hoe hy by Fiela-hulle gekom het nie omdat hy net (7.1.3) ... jaar oud was toe Fiela-hulle hom een aand voor hulle (7.1.4) ... gevind het. (4) 7.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi. As kind het Selling vir Benjamin ’n skuitjie gemaak en as volwassene het hy vir hom geleer hoe om (vis te vang/te roei). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 33 7.3 “LANGE: Maar dit het jou nie die reg gegee om hom te hou nie.” ( Reël 1) 7.3.1 Sê watter tema van die verhaal word deur “Lange” se woorde uitgelig. (1) 7.3.2 Noem EEN ding wat Fiela volgens Lange en Dikke kon gedoen het om uit te vind aan wie Benjamin behoort. (1) 7.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.4) neer. Volgens Fiela het sy dorp toe gegaan om die veldkornet oor die kind in te lig, maar sy kon hom nie in die hande kry nie omdat .... A hy na ’n kind se doop toe was in ’n ander dorp. B hy weg was Knysnabos toe agter olifantjagters. C hy weg was Dugas toe agter skaapdiewe. D hy agter by die see was. (1) 7.5 Waarom, sal jy met Fiela kon saamstem dat Benjamin nie die kind is wat in Kom-se-bos weggeraak het nie? Noem TWEE redes. (2) 7.6 “DIKKE: Wag, vrou, die kind van wie ek praat, het hier agter in Kom-se- bos weggeraak.” (Reël 2) 7.6.1 Van watter kind praat Dikke? (1) 7.6.2 Beskryf in jou eie woorde hoe die weersomstandighede bygedra het tot die kind se wegraak in Kom-se-bos. (1) 7.7 Plaas jouself in Benjamin se skoene. Waarom sou dit later vir hom moeilik wees om vir Elias as pa aan te spreek? Verwys na Elias se optrede teenoor Benjamin/Lukas in jou antwoord. (1) 7.8 Dink jy dat dit reg was van die magistraat om vir Fiela te verbied om naby Benjamin te gaan? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 7.9 Watter finaliteit moes Fiela na haar besoek aan die magistraat aanvaar? (1) 7.10 Fiela tree later as besorgde ma op. Wat het sy gedoen om aan Benjamin te bewys dat sy hom nie vergeet het nie, ten spyte van die magistraat se waarskuwing? (1) 7.11 Wie het moontlik vir Fiela gehelp om uit te vind waar Benjamin was? (1) 7.12 “FIELA: (op band): Eerste het die woorde my getref, ...” (Reël 17) Wat impliseer die woorde “(op band)” wat tussen hakies en skuinsgedruk is? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 34 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N KAPP: Die magistraat wil weet of die kind tevrede is by julle en of hy aanpas? Barta bring twee bekers koffie op. ELIAS: Tevrede? Hoe sal die kind dan nie tevrede wees nie? Barta, mister Kapp vra of Lukas tevrede is. 5 BARTA: Hy’s gesond en tevrede, mister Kapp! ELIAS: (terwyl sy wegstap): Bring vir ons elkeen ’n patat ook, Barta. Mister Kapp het ver gekom. (Barta af) Die vrou is nog daagliks aangedaan oor die kind se terugkeer; dit lyk vir my sy is bang dis dalk nie waar nie. Ons het juis laas week eers agtergekom dat 10 Lukas kan lees en skryf. Barta sê hy moet die meisiekind van ons ook leer. Sy is ’n slimme kind. Haar kop is nie stomp nie. *** LUKAS: Wie was by haar? ELIAS: ’n Opgeskote seun, net so blerrie uit sy pad as sy. LUKAS: Laat my verbykom! 15 ELIAS: Jy bly waar jy is! LUKAS: Laat my verbykom, asseblief! ELIAS: Ek sal die osriem vir jou vat en nie ophou voor die laaste bruingeid uit jou uit is nie. Jy was net mooi op pad om weer wit mens te word en wit mens sal jy bly! 20 7.13 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer: • Elias verloor ’n kombers toe die olifante hom wou vertrap. • Elias stuur Nina Knysna toe om te gaan werk. • Elias forseer Benjamin om hom pa te noem. • Elias beplan om tweedehandse sinkplate te koop om hulle boshuis reg te maak. (4) 7.14 Watter werk het meneer Kapp gedoen? (1) 7.15 Haal EEN woord uit die uittreksel aan wat sê wat hulle gereeld geëet het. (1) 7.16 Dink jy dat Lukas beter omstandighede by Fiela-hulle gehad het as die Van Rooyen se kinders? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 7.17 “BARTA: Hy’s gesond en tevrede, mister Kapp!” (Reël 6) 7.17.1 Waarom is dit beter vir Barta om vir meneer Kapp te lieg? (1) 7.17.2 Watter ander leuen omtrent Lukas/Benjamin het sy voorheen aan die owerhede vertel? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 35 7.18 Dink jy dat Benjamin maklik by die Van Rooyens aangepas het? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord deur TWEE feite te noem. (2) 7.19 “Haar kop is nie stomp nie.” (Reël 12) 7.19.1 Van wie praat hulle hier? (1) 7.19.2 Gee EEN rede waarom die taalgebruik in hierdie sin by ’n houtkapper pas. (1) 7.19.3 Wat impliseer hierdie woorde oor die persoon waarvan hulle praat? (1) 7.20 “LUKAS: Wie was by haar?” (Reël 13) 7.20.1 Na wie verwys die “haar” in hierdie sin? (1) 7.20.2 Waar het hierdie persoon gewoon? (1) 7.21 “Jy was net mooi op pad om weer wit mens te word en wit mens sal jy bly!” (Reël 19–20) Hoekom is hierdie woorde ironies as ’n mens Lukas se keuse in die slottoneel van hierdie drama in aanmerking neem? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 36 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale. VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 “DIE DROOM” – P. Olivier Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O “Theunis soebat my om nie te gaan nie, maar ek weet ek moet. Iets binne-in my dryf my.” Oom Jaap sit gefassineerd en luister. Wie sou die meisie wees? Rienie ... Rienie wie? Die kelner begin tee bedien en die meisie bly stil, kyk weer 5 by die venster uit, sien hoe swaar wolke hul donker skaduwees oor die veld werp. Blitse flits en die donder rammel naby. Oom Jaap geniet sy tee en toebroodjies. Hy sien die meisie pik-pik maar net en sy is reeds so ’n skrale ou dingetjie. In sy jongdae was daar darem iets om ’n vat aan te kry, nie dat hy erg had aan 10 oorgewig meisies nie... *** Oom Jaap dommel in, daar is iets wat hy wil sê, nee moet sê, maar die slaap oorrompel hom. Later ... later, maar hy moet onthou, dis be ...lang ...rik. Die meisie kyk uit oor die donker vlaktes waar die reën onverpoos neersuis. 15 “En toe?” por Jaco. “Laasnag is ons toe op die bus en ek het hierdie gevoel van dreigende onheil.” Sy kyk vlugtig in sy oë en toe weer weg. “Asof iets vreesliks gaan gebeur.” “Miskien droom jy nie weer nie.” 20 Sy knik. “Ek is bang om te slaap,” fluister sy. 8.1.1 “Theunis soebat my om nie te gaan nie, maar ek weet ek moet.” (Reël 1) (a) Na wie verwys die “my” van wie Rienie in hierdie reël droom? Gee die persoon se naam of bynaam. (1) (b) Noem TWEE van die dinge wat hierdie persoon en Theunis graag gedoen het wanneer hulle tyd saam deurgebring het? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 37 8.1.2 “Blitse flits en die donder rammel naby.” (Reël 7) (a) Watter stylfiguur kry ons in hierdie reël? (1) (b) Haal TWEE woorde uit die uittreksel aan wat aansluit by die donderweer en wat jou as leser voorberei dat iets sleg of tragies moontlik gaan gebeur. (1) 8.1.3 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (8.1.3 (a) tot 8.1.3 (d)) neer. Oom Jaap is per bus op pad (8.1.3) (a) ... toe. Hy het besluit om ’n nuwe avontuur te begin aangesien hy (8.1.3) (b) ... voel nadat sy vrou (8.1.3) (c) ... jaar gelede in haar slaap (8.1.3) (d) ... het. (4) 8.1.4 Dink jy dit is ’n goeie idee dat Oom Jaap besluit het om met Julia te trou? Ja of Nee. Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 8.1.5 Skryf die volgende vier gebeure in Rienie se droom in die korrekte VOLGORDE neer: • Maria se ma word siek en haar pa oorreed haar om te bly. • Maria ontmoet vir Theunis en raak verlief. • Maria wil weg gaan om te studeer omdat iets haar dryf. • Maria ervaar eensaamheid op die plaas omdat haar ouers nie graag by ander kuier nie. (4) 8.1.6 “Oom Jaap dommel in, daar is iets wat hy wil sê, nee moet sê, maar die slaap oorrompel hom”. (Reël 12–13) As jy in oom Jaap se skoene was, hoe sou jy teenoor die meisie opgetree het? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2) 8.1.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die rede waarom die seun aan die begin van die verhaal so stadig met oom Jaap praat, is omdat hy dink oom Jaap is (oud/doof). (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 38 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 8.2 “DIE VLEK” – P.Nell Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P Almal wat naby die vlek kom, word aangetas. Die minister van Stads- en Wanadministrasie versoek die burgers om nie die rampgebied te besoek nie, om alternatiewe roetes na en van hul werk te volg. En toe, terwyl die kameras nog op die vlek fokus, verdwyn dit netso skielik as wat dit verskyn het. Die mense bedaar, die nare simptome klaar 5 op en die lewe gaan aan. Maar dae daarna lewer wetenkaplikes nog kommentaar. Verduidelikings word gesoek, verklarings word gemaak. Die meeste mense op straat skud egter net hulle koppe en sê hulle hoop die vlek is vir altyd weg. *** Wetenskaplikes, filosowe en ander geleerdes hou konferensies om te 10 probeer uitpluis hoe die voordele van die vlek benut kan word en of die nadele uitgeskakel kan word. Maar eers moet bepaal word wat die vlek is en waar dit vandaan kom. Die bedoeling daarvan. Verkeerskonstabel Harms is so oorwerk dat hy nooit tyd het vir nuusuitsendings nie en vergaderings is vir die versamelvoëls. 15 Koerante deug net vir een ding en dis die komposhoop, wondere wat die drukkersink vir die koolplante doen. Hy ken sy werk, niemand kan hom van iets van verkeer vertel nie. Hy voel-voel aan sy pistoolsak, geen verkeersman kan dit meer op straat waag sonder ’n vuurwapen nie, ... 20 *** Die vlek roer effens, word vaer en vaer en verdwyn om nooit weer gesien te word nie. 8.2.1 “Die vlek roer effens, word vaer en vaer en verdwyn om nooit weer gesien te word nie.” (Reëls 21–22) (a) Wie het finaal van die vlek ontslae geraak? (1) (b) Hoe het hierdie persoon permanent van die vlek ontslae geraak? (1) (c) As jy in Henry se skoene was, waarom sou jy kwaad wees teenoor die persoon in VRAAG 8.2.1 (a) wat permanent van die vlek ontslae geraak het? (1) 8.2.2 Sê waarom die volgende stelling ONWAAR is. Verkeerskonstabel Harms was altyd ’n goeie rolmodel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 39 8.2.3 “Almal wat naby die vlek kom, word aangetas.” (Reël 1) Beskryf EEN negatiewe en EEN positiewe effek wat die vlek op verskeie mense gehad het. (2) 8.2.4 “Die minister van Stads- en Wanadministrasie versoek die burgers om nie die rampgebied te besoek nie.” (Reëls 1–2) Kies die verskillende rampgebiede waar die vlek verskyn het in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (8.2.4 (a) tot (8.2.4 (d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Henry ervaar alles wat hy sien as A Die Zuma-Zuma hospitaal. ongelooflik. (b) Die president se lyfwagte pluk B In die Wes-Kaap. wapens uit. (c) Die woede kook deur C Die aand van die kunstefees. verkeerskonstabel Harms. (d) Administratiewe personeel smyt D Die groot blerts teen die apparaat deur toe vensters. wolkekrabber. E Die megatonwinkel oorkant die Brouerygebou. (4 x 1) (4) 8.2.5 “Die mense bedaar,...” (Reël 5) Verkeersman Harms was verlig/bly toe die mense bedaar het. Beskryf in jou eie woorde hoe die motoriste en voetgangers hulself gedra het tydens die verskyning van die vlek wat verkeerskonstabel Harms se werk moeilik gemaak het. (1) 8.2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Nadat die vlek tydelik verdwyn het, het natuurrampe in Suid-Afrika voorgekom. Die natuurramp wat nie in Suid-Afrika voorgekom het nie, was ... A ’n ligte aardskudding. B droogte. C sterk winde. D vloede. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 40 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 8.2.7 “Hy voel-voel aan sy pistoolsak, geen verkeersman kan dit meer op straat waag sonder ’n vuurwapen nie, ...” (Reël 18–20) (a) Vergelyk hoe verkeerskonstabel Harmse en Henry teenoor die vlek gevoel het. Verwys na albei in jou antwoord. (2) (b) Stem jy saam dat verkeersmanne nie meer sonder vuurwapens kon wees nie? (1) 8.2.8 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi. (a) Die toon in die bostaande uittreksels is (waarskuwend/oorredend). (1) (b) Gee ’n rede vir jou antwoord in VRAAG 8.2.8 (a). (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 41 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 HANSWORS – S.J. Pretorius Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. HANSWORS – S.J. Pretorius 1 Oor sy afsigtelike boggel, 2 en kromheid, het hul hom gekoggel, 3 en bitterder was hul venyn 4 as sy vergroeide ruggraatpyn. 5 Tussen die diere in ʼn hoek 6 het hy die eensaamheid gesoek: 7 “Met klere wat gedurig gaar is, 8 wat doen die vent met sy salaris?” 9 Hy’t maandeliks by die poskantoor 10 ʼn brief gepos of een gelees 11 by die dierkratte, oor en oor: 12 “Sou daar tog êrens iemand wees?” 13 En daardie ewige reuk van drank: 14 nie een sou huil as hy bedank, 15 maar waar hy in die sirkustent 16 aapagtig teen die firmament, 17 hoog teen die takelwerk, kon klouter, 18 die dood uittart, en, klein kabouter, 19 sy duiwelstreke uithaal onder 20 dat almal skater vir die wonder, 21 is hy, hoeseer verag, verlate, 22 nog deur die baas beskou as bate. 23 Toe het ʼn brief gekom eendag ... 24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind, 25 terwyl die boggelvroutjie, sag, 26 sterwend fluister: “Dankie my kind ...” [Uit: Album 60, Human & Rousseau, 1960] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 42 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 9.1.1 Na wie verwys die “hom” in reël 2? (1) 9.1.2 (a) Noem TWEE fisiese gebreke wat, volgens die spreker, die rede is dat mense die hanswors gekoggel het. (2) (b) Is dit aanvaarbaar dat die mense hom oor sy voorkoms koggel? Motiveer jou antwoord. (1) 9.1.3 (a) Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Die woord “venyn” (reël 3) impliseer dat die mense (mooi/lelike) kommentaar lewer. (1) (b) Dink jy dat die mense se woorde ʼn negatiewe effek op hom gehad het? Motiveer jou antwoord. (1) 9.1.4 Die hanswors spandeer baie tyd met die diere. Noem TWEE moontlike redes waarom jy dink hy die diere se geselskap verkies het. (2) 9.1.5 Lees weer strofe 3. (Reëls 11–12) (a) Wat is die funksie van die herhaling van die woord “oor” in reël 11? (1) (b) Wat kan jy aflei uit die retoriese vraag in reël 12? (1) 9.1.6 Wat bedoel die spreker wanneer hy sê: “nie een sou huil as hy bedank,” (Reël 14) (1) 9.1.7 Lees weer strofe 4. (Reëls 16–17) Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) en die vraagnommer (9.1.7) neer. Die spreker gebruik die woord “aapagtig” om te beklemtoon hoe ... die hanswors teen die takelwerk kon klim. A vinnig B lomp C moeilik D stadig (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 43 9.1.8 Kies die begrip in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (9.1.8. (a) tot 9.1.8 (d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) “en kromheid, het hul hom A Retoriese vraag gekoggel,” (Reël 2) (b) “die dood uittart, en, klein B Wending kabouter,” (Reël 18) (c) “wat doen die vent met sy C Personifikasie salaris?” (Reël 8) (d) “Toe het ʼn brief gekom eendag D Alliterasie ...” (Reël 23) E Metafoor (4 x 1) (4) 9.1.9 Lees weer strofe 5. Het jy simpatie met die hanswors? Motiveer jou antwoord. (1) 9.1.10 Waarom is die woord “verblind” (Reël 24) so gepas om die hanswors se hartseer te beskryf? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 44 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 9.2 “HAAR UITVAART” – P.J. PHILANDER Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. HAAR UITVAART – P.J. Philander 1 Al oor my dak het hul gemaal ... 2 dié voëltjies het vir haar kom haal. 3 Half-toegevoue vuisies klein 4 het ylings na die doodsgordyn 5 gegryp en dan weer moeg verslap ... 6 die sweet het langs haar slapies afgetap. 7 Haar ogies sien ek duidelik nog, 8 hul het vir my gesmeek om tog 9 te help ... die pyn te stil, 10 maar ek was magteloos teen Sy wil, 11 en halfweg na die hospitaal 12 het, asemloos, die dood ons ingehaal. 9.2.1 (a) Watter soort spreker is hier aan die woord? (1) (b) Wie is die spreker? (1) 9.2.2 Reël 2 is ʼn voorbeeld van ’n eufemisme/versagting. Wat bedoel die spreker wanneer hy sê “die voëltjies het vir haar kom haal”? (1) 9.2.3 Hoe sal jy die atmosfeer in hierdie gedig beskryf? (1) 9.2.4 (a) Skryf die metafoor in strofe 2 neer. (1) (b) Verduidelik wat die digter met hierdie metafoor wou illustreer. (1) 9.2.5 Wat, in strofe 3, dui vir ons aan dat die dogtertjie ʼn baie hoë koors het? (1) 9.2.6 Watter deel van die dogtertjie se gesigsuitdrukking kan die spreker steeds onthou? (1) 9.2.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) en vraagnommer (9.2.7) neer. Die digter gebruik ... om die dogtertjie se pyn en swakheid te beklemtoon. A kommas B aksenttekens C ellips D enjambement (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 45 9.2.8 Sou jy sê dat die dogtertjie gely het? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord. (1) 9.2.9 (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die spreker gebruik verkleinwoorde om te beklemtoon hoe (klein/siek) die dogtertjie was. (1) (b) Waarom dink jy het die dogtertjie haar handjies in vuisies gemaak? (1) 9.2.10 Lees strofe 5. Haal EEN woord uit strofe 5 aan wat aandui dat die spreker niks kon doen om die dogtertjie te help nie. (1) 9.2.11 Wat is die tema van die gedig? (1) 9.2.12 Wat beteken die woord “asemloos” binne die konteks van reël 12? (1) 9.2.13 Beskryf in jou eie woorde die betekenis van die titel “Haar uitvaart”. (1) 9.2.14 Watter raad sal jy vir iemand gee om die dood van ʼn geliefde te verwerk? (1) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP | Hlayiso