Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 1220246 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Prelim Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy ʼn streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Moenie in potlood skryf nie. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in VRAAG 1.1–1.8. • Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. • By VRAAG 1.6, 1.7 en 1.8 moet jy jou eie titel gee. Jou opstel moet met die prent verband hou. 1.1 Ek skaam my dood vir my familie [50] 1.2 Ek moes hom/haar nooit met my geheim vertrou het nie [50] 1.3 Só ʼn kans kom net een keer [50] 1.4 Matriek is my paspoort tot sukses [50] 1.5 ʼn Dag sonder sosiale media [50] 1.6 [Bron: www.adobe stock.co.za] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.7 [50] [Bron: www.adobe stock.co.za] 1.8 [Bron: www.adobe stock.co.za] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2 • Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor. • Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF VAN GELUKWENSING Jou beste vriend(in) is by hulle prysuitdeling aangewys as die sportpersoon van die jaar en het daarmee ʼn sportbeurs gewen om by sy/haar gunsteling universiteit te kan studeer. Skryf ʼn brief om hom/haar geluk te wens. [30] 2.2 HULDEBLYK Jy is ʼn familievriend van die bekende rugbykaptein, Gatiep Willemse, wat tydens ʼn padongeluk gesterf het. Jy moet namens die rugbyspan ʼn huldeblyk by Gatiep se begrafnis lewer. Skryf die HULDEBLYK neer wat jy by die begrafnis gaan lewer. [30] 2.3 INFORMELE TOESPRAAK Jou beste vriend/in het besluit om na hom/haar matriekjaar oorsee te gaan om ʼn au pair te wees. Jy is gevra om ʼn toespraak by sy/haar afskeidsfunksie te lewer. Skryf die INFORMELE TOESPRAAK neer. [30] 2.4 DIALOOG Jy het jou aanlynkêrel/-meisie ontmoet en besef dat hy/sy hom/haar as iemand anders voorgee. Skryf die gesprek tussen julle in DIALOOGVORM neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Jy is die hoof van die studenteraad en julle matriekklas het ʼn sielkundige genooi om ʼn praatjie oor geestesgesondheid te hou. Ontwerp ʼn ADVERTENSIE vir die geleentheid en sê wat die doel van die praatjie is. 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) Iemand het iets heeltemal onwaar op sosiale media oor jou skool geskryf, byvoorbeeld dat jou skool met sport gaan wegdoen. Skryf ʼn KORT TEKSBOODSKAP aan jou vriend(in) om hom/haar oor die waarheid in te lig. [20] 3.3 RIGTINGAANWYSINGS Jou nuwe buurman/vrou vra jou om vir hom/haar te verduidelik hoe om vanaf sy/haar huis na die naaste hospitaal te gaan. Skryf die RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys, ondermekaar en in volsinne neer. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP | Hlayiso