Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
10721
BESIGHEIDSTUDIES
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye
b.o.
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)






%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)

View all





Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 494.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 2
(VRAESTEL 1) 10721/24
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en let op wat benodig word.
Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae wat in AFDELING B gekies is en die EERSTE
vraag wat in AFDELING C gekies is, nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ’n riglyn vir punt- en tyd toewysing wanneer elke vraag
beantwoord word.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae:
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 3 40 70
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
30
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 3
(VRAESTEL 1) 10721/24
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet bevorder ʼn gesonde verhouding tussen die werkgewer en
werknemers in die werkplek.
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997)
B Wet op Gelyke Indiensneming (EEA), 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
D Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)
1.1.2 Die tegnici by Trendy Traders het nie die vaardigheid om nuwe
rekenaarprogramme te installeer nie. Dit is ʼn voorbeeld van ʼn ... in die
SWOT-analise.
A sterkpunt
B swakpunt
C geleentheid
D bedreiging
1.1.3. Lloyd Logistics werk in die ... sektor aangesien hulle aflewerings van
produkte vir verskeie kliënte doen.
A primêre
B ekonomiese
C sekondêre
D tersiêre
1.1.4 Die menslikehulpbronbestuurder by Sunshine Konsultante berei ʼn
posontleding tydens die ...-prosedure voor.
A werwings
B plasings
C keurings
D onderhouds
1.1.5 Die ... funksie verseker dat alle dokumentasie netjies, ordelik en op ʼn veilige
plek gehou word.
A finansiële
B aankoop
C administratiewe
D openbare betrekkinge
(5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 4
(VRAESTEL 1) 10721/24
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDBOEK neer.
stukwerk; omgewing; prestasie; Werkloosheidsversekeringsfonds;
Nasionale Vaardigheidsontwikkeling; bestuur; ekonomiese;
Menslike hulpbronne ontwikkeling; Vergoedingsfonds; tydverwant
1.2.1 Strydom Handelaars gebruik verpakking wat herbruikbaar is om die ... as ʼn
PESTLE-ontledingsfaktor te hanteer.
1.2.2 Die ... strategie het ten doel om werknemers se deelname aan lewenslange
leer te verhoog.
1.2.3 Die ... is ʼn verpligte voordeel wat korttermyn finansiële hulp aan werkers bied
wat weens siekte nie kan werk nie.
1.2.4 Gehalte ... verwys na tegnieke en gereedskap wat gebruik word om die
kwaliteit van ʼn produk te verbeter.
1.2.5 Phila Vervaardigers betaal hul werkers volgens die aantal eenhede wat
vervaardig word. Dit staan bekend as ... salarisbepalingsmetode. (5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 5
(VRAESTEL 1) 10721/24
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met ʼn term in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDBOEK, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Posbeskrywing A beskerm besighede teen die roekelose uitleen
van geld en nie-betalende verbruikers
1.3.2 Totale gehalte
bestuurstelsel B besighede neem hul verspreiders oor
1.3.3 Nasionale Kredietwet C ʼn opleidingsgeleentheid wat tot ʼn erkende
beroepskwalifikasie kan lei
1.3.4 Terugwaartse
vertikale integrasie D beskryf die minimum aanvaarbare kwalifikasies
wat vir die werk nodig word
1.3.5 Leerderskap
E fokus op die bestuur van belangrike
organisatoriese prosesse
F ʼn opleidingsgeleentheid wat vereis dat
werknemers slegs eksterne praktiese kursusse
bywoon
G beskryf die pligte en verantwoordelikhede van ʼn
spesifieke werk
H besighede neem hul verskaffers oor
I fokus op die bereiking van kliënte se
tevredenheid en deurlopende verbetering van
die besigheid se prosesse en produkte
J beskerm besighede teen onbillike hofbevele
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 6
(VRAESTEL 1) 10721/24
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
NOTA: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
antwoord van ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn
NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER pilare van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4)
2.2 Beskryf die rol van SOOO’s in die ondersteuning van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WOV),1998 (Wet 97 van 1998). (6)
2.3 Identifiseer die tipes verdedigende strategieë wat deur Bricks Vervaardigers (BV)
toegepas word in ELKE stelling hieronder.
2.3.1 BV het sekere departemente gesluit wat daartoe gelei het dat sommige
werkers oorbodig geraak het. (2)
2.3.2 Hulle het van hul bates verkoop wat nie meer winsgewend is nie om
krediteure te betaal. (2)
2.4 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
FANTASTIESE SKYFIES (FS)
Fantastiese Skyfies verkoop smaaklike vis en skyfies aan verskeie kliënte in die
gemeenskap. Neo Gladde Skyfies verkoop vis en skyfies teen ʼn laer prys om FS
uit die mark te dryf. Sommige van FS se kliënte koop in grootmaat om die prys in
hul guns te bepaal.
Identifiseer TWEE van Porter se Vyf kragte-model wat op FS van toepassing is.
Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5 te beantwoord.
PORTER SE VYF KRAGTE-MODEL MOTIVERINGS
1.
2. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 7
(VRAESTEL 1) 10721/24
2.6 Verduidelik die regte van werknemers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge
(WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (4)
2.7 Bespreek die strafmaatreëls wat ondernemings in die gesig staar vir die
nie-nakoming van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -
siektes (COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997). (4)
2.8 Gee besighede raad oor die strategiese bestuursproses. (6)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige DRIE aspekte wat by ʼn dienskontrak ingesluit moet word. (3)
3.2 Brei uit oor die betekenis van plasing as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TSHEPO VERVAARDIGERS (TV)
Tshepo Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van hoë gehalte
kantoorstoele. TV adverteer ʼn vakante pos vir ʼn produksiebestuurder in
koerante.
3.3.1 Identifiseer die metode van werwing wat deur TV gebruik word. Motiveer
jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Verduidelik die voordele van die werwingsmetode wat in VRAAG 3.3.1
geïdentifiseer is. (4)
3.4 Gee besighede raad oor die redes vir die beëindiging van ʼn dienskontrak. (6)
3.5 Verduidelik kortliks die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4)
3.6 Verduidelik die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 8
(VRAESTEL 1) 10721/24
3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TIMOL ONDERNEMING (TO)
Die bestuur by TO stel onrealistiese sperdatums wat dalk nie bereik kan word nie.
Die besigheid is op die punt om te sluit weens die wanbestuur van die finansies.
Beleggers het hul belegging onttrek weens ʼn afname in die wins van die
besigheid.
3.7.1 Haal die impak van totale gehalte bestuur (TGB), indien besighede dit
swak implementeer, uit die scenario hierbo aan. (2)
3.7.2 Verduidelik enige ander impak van TGB as dit swak deur besighede
geïmplementeer word. (4)
3.8 Gee groot ondernemings raad rakende die voordele van voldoende finansiering
en kapasiteit as ʼn TGB-element. (4)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV),
1997 (Wet 75 van 1997). (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AMOOJEE HANDELSONDERNEMING (AHO)
Amoojee Handelsonderneming verkoop ʼn verskeidenheid produkte by verskillende
afsetpunte. AHO ontvang altyd voorraad laat van Freddie groothandelaars. AHO
ervaar ʼn afname in verkope as gevolg van onproduktiewe werknemers.
4.2.1 Haal TWEE uitdagings van AHO uit die scenario hierbo aan. (2)
4.2.2 Klassifiseer AHO se uitdagings volgens die relevante besigheidsomgewings. (2)
4.2.3 Noem die mate van die beheer wat AHO het oor ELKE besigheidsomgewing
wat in VRAAG 4.2.2 geklassifiseer is.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.2.1 tot 4.2.3 te
beantwoord.
UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER
(4.2.1) (4.2.2) (4.2.3)
1.
2. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 9
(VRAESTEL 1) 10721/24
4.3 Bespreek die voordele van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Wet 55 van
1998) op besighede. (6)
4.4 Gee besighede raad oor die stappe in strategie-evaluering. (4)
SAKEBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER bronne van interne werwing. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NATHOO KONSTRUKSIE (NK)
Nathoo Konstruksie het Lethabo as hul nuwe vragmotorbestuurder aangestel. Die
bestuur van NK het ʼn induksieprogram vir Lethabo voorberei. Die program het ʼn
toer deur die perseel ingesluit. Hulle het verseker dat Lethabo vinnig inskakel en
effektief werk. Inligting oor die besigheid se produkte het ook deel van die
program uitgemaak.
4.6.1 Haal TWEE aspekte van die induksieprogram uit die scenario hierbo aan. (2)
4.6.2 Verduidelik ander aspekte wat by die induksieprogram ingesluit moet
word. (4)
4.7 Bespreek die gehalteaanwysers van die aankoopfunksie. (4)
4.8 Gee die onderneming raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende
verbetering van prosesse en stelsels. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 10
(VRAESTEL 1) 10721/24
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord van ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Besighede moet ʼn grondige kennis dra van die Wet op Verbruikersbeskerming
(WVB), 2008 (Wet 68 van 2008). Hulle moet ook verbruikers se regte in ag neem
soos uiteengesit in die wet. Die implementering van die Wet kan ʼn direkte impak op
sakebedrywighede hê, daarom moet besighede weet hoe om aan die Wet te voldoen.
Skryf ʼn opstel oor die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) waarin jy die volgende
aspekte insluit:
Beskryf in breë trekke die doel van die Wet op Verbruikersbeskerming.
Verduidelik enige VIER regte van verbruikers in terme van die WVB.
Bespreek die impak van die WVB op besighede.
Beveel maniere aan waarop ondernemings aan die WVB kan voldoen.
[40]
VRAAG 6: SAKEBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE)
Besighede volg die korrekte keuringsprosedure om geskikte kandidate aan te stel om
vakante poste te vul. Hulle verseker ook dat die onderhoudvoerder sy/haar rol
verstaan voordat hy/sy onderhoude voer. Ander besighede bied byvoordele as deel
van hul vergoedingspakket aan. Daarbenewens het hulle grondige kennis nodig van
die wetlike vereistes van ʼn dienskontrak.
Skryf ʼn opstel oor die menslike hulpbronfunksie waarin jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf in breë trekke die keuringsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit.
Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud.
Bespreek die impak van byvoordele op besighede.
Gee besighede raad oor die wetlike vereistes van ʼn dienskontrak. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC MG Question Paper
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)
More from Grade 12 Business Studies

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo

Memorandum