Skip to content

Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 12202421 pages

Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2024 FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) (VRAESTEL 2) TYD: 3 uur PUNTE: 150 17 bladsye + 4 gegewensblaaie Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 2 (VRAESTEL 2) GR12 0624 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK. 2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Los EEN reël tussen twee subvrae, oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 7. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge. 8. Rond al jou FINALE numeriese antwoorde tot ’n minimum van TWEE desimale plekke af. 9. Gee kort beskrywings, ens. waar nodig. 10. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 3 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 E. 1.1 Beskou die gekondenseerde struktuurformule hieronder: CH3CH2CH2OH Wat is die naam van die funksionele groep? A Hidroksielgroep B Karbonielgroep C Formielgroep D Karboksielgroep (2) 1.2 Beskou die verbinding hieronder: Watter van die volgende is die IUPAC-naam van hierdie verbinding? A 2,2,4-trimetiel-5-etielheptaan B 4,6,6-trimetiel-3-etielheptaan C 5-etiel-2,2,4-trimetielheptaan D 3-etiel-4,6,6-trimetielheptaan (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 4 (VRAESTEL 2) GR12 0624 1.3 Etanaal, etanol, etanoësuur, en etaan is verbindings wat in die laboratorium gevind word. Rangskik die bogenoemde verbindings in afnemende volgorde van dampdruk. A Etanoësuur, etanol, etanaal, etaan B Etaan, etanaal, etanol, etanoësuur C Etanoësuur, etanaal, etanol, etaan D Etaan, etanol, etanaal, etanoësuur (2) 1.4 Watter van die volgende reaksietipes sal gebruik word om eteen en propaan vanaf pentaan onder hoë temperature en druk te berei? A Verbranding B Esterifikasie C Katalitiese kraking D Termiese kraking (2) 1.5 Die grafiek hieronder verteenwoordig die verwantskap tussen potensiële energie en reaksieverloop vir ʼn sekere chemiese reaksie. Potensiële energie (kJ) Reaksieverloop Die reaksiewarmte vir die terugwaartse reaksie is: A 2 kJ B 4 kJ C -2 kJ D -5 kJ (2) 1.6 Die vergelyking hieronder verteenwoordig die ontbinding van kalsiumkarbonaat. CaCO3(s) → CaO(s) + CO2(g) Watter van die volgende faktore sal NIE die aanvanklike tempo van die ontbinding van kalsiumkarbonaat beïnvloed NIE? A Toename in temperatuur B Gebruik van verpoeierde kalsiumkarbonaat C Byvoeging van ʼn katalisator D Verhoging van die massa van kalsiumkarbonaat (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 5 (VRAESTEL 2) GR12 0624 1.7 Die reaksie verteenwoordig deur die vergelyking hieronder, bereik ewewig. Co(H2O) (aq) + 4Cℓ − (aq) ⇌ CoC (aq) + 6H2O(ℓ) ΔH > 0 pienk blou Watter van die volgende veranderinge aan die reaksiemengsel sal sy kleur vanaf pienk na blou verander? A Voeg ʼn katalisator by. B Plaas die reaksiemengsel in ʼn houer met koue water. C Voeg ʼn paar druppels gekonsentreerde soutsuur by die reaksiemengsel. D Voeg water by die reaksiemengsel. (2) 1.8 Die volgende hipotetiese reaksie is by ewewig by 500 K: A2(g) + B(g) ⇌ A(g) + AB(g) Die diagram hieronder toon die molekule betrokke by hierdie chemiese ewewig by 500 K. Sleutel: =A en =B Die temperatuur word verlaag na 300 K. Die diagram hieronder verteenwoordig dieselfde ewewigsmengsel by 300 K. Watter van die volgende stellings is KORREK? A Die voorwaartse reaksie is eksotermies. B Die konsentrasie van AB is laer by ʼn laer temperatuur. C Die voorwaartse reaksie is endotermies. D Die konsentrasie van B is hoër by ʼn laer temperatuur. (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 6 (VRAESTEL 2) GR12 0624 1.9 Watter van die volgende is die KORREKTE beskrywing vir ʼn 10 mol∙dm-3 soutsuur-oplossing? A Verdunde sterk suur B Verdunde swak suur C Gekonsentreerde swak suur D Gekonsentreerde sterk suur (2) 1.10 Beskou die reaksie voorgestel deur die volgende vergelyking: 2Ag+(aq) + Cu(s) → 2Ag(s) + Cu2+(aq) Watter van die volgende verteenwoordig die oksideermiddel in die reaksie hierbo? A Ag+ B Cu C Ag D Cu2+ (2) [20] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 7 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) A tot H in die tabel hieronder verteenwoordig agt organiese verbindings. A B 2-metielbutan-2-ol C D Pentan-2-oon CH3CH2COCH2CH3 E F Butan-2-ol Metielpropanoaat G H Gebruik die tabel hierbo om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Definieer die term homoloë reeks. (2) 2.2 Beskou die organiese verbinding G. 2.2.1 Skryf die homoloë reeks waaraan hierdie verbinding behoort, neer. (1) 2.2.2 Skryf die GEKONDENSEERDE STRUKTUURFORMULE neer. (1) 2.2.3 Skryf die IUPAC-naam van die funksionele isomeer van G neer. (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 8 (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.3 Skryf neer die: 2.3.1 IUPAC-naam van verbinding H (3) 2.3.2 ALGEMENE FORMULE van die homoloë reeks waaraan verbinding A behoort (1) 2.4 Skryf die letter(s) van die verbinding(s) neer wat die volgende voorstel: 2.4.1 Die posisionele isomere (2) 2.4.2 ʼn Ester (1) 2.5 Beskou die organiese verbinding B. 2.5.1 Skryf die STRUKTUURFORMULE neer. (2) 2.5.2 Is verbinding B ʼn PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE alkohol? (1) 2.5.3 Verduidelik die antwoord vir VRAAG 2.5.2. (2) 2.6 Koolwaterstowwe is die hoofbestanddeel van petroleum en aardgas. ʼn Koolwaterstof bestaan uit 81,82% koolstof en 18,18% waterstof. Bereken die empiriese formule van hierdie koolwaterstof. (4) [22] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 9 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) ʼn Groep leerders besluit om ʼn ondersoek uit te voer om die kookpunte van die eerste drie haloalkane, naamlik chlorometaan, chloroetaan en 1-chloropropaan, te vergelyk. Die tabel hieronder toon die resultate wat uit die ondersoek verkry is. VERBINDING IUPAC-NAAM KOOKPUNT (°C) A chlorometaan -24,2 B chloroetaan 12,3 C 1-chloropropaan 46,6 3.1 Definieer die term kookpunt. (2) 3.2 Identifiseer die: 3.2.1 Onafhanklike veranderlike (1) 3.2.2 Afhanklike veranderlike (1) 3.2.3 Gekontroleerde veranderlike (1) 3.3 Skryf ʼn toepaslike ondersoekende vraag neer. (2) 3.4 Chlorometaan is hoogs vlambaar. Skryf EEN voorsorgmaatreël neer wat toegepas moet word wanneer met hierdie stof in die laboratorium gewerk word. (1) 3.5 Watter EEN van hierdie stowwe (A, B, of C) het die laagste dampdruk? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 3.6 Die leerders vind 1-chlorobutaan in die laboratorium. Hoe sal die kookpunt van 1-chlorobutaan vergelyk met dié van 1-chloropropaan? Skryf slegs HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN. (1) 3.7 Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.6 deur te verwys na die tipe intermolekulêre kragte, sterkte en energie. (3) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 10 (VRAESTEL 2) GR12 0624 3.8 Die leerders besluit om ʼn ander ondersoek met verbindings J en K te doen. J K Butaan Broomwater word gebruik om tussen verbindings J en K te onderskei deur dit by elke verbinding in twee aparte proefbuise te voeg. Die leerders neem waar dat een verbinding die broomwater onmiddellik verkleur, terwyl die ander verbinding reageer slegs nadat die proefbuis in direkte sonlig geplaas is. Skryf neer: 3.8.1 Die letter (J of K) van die verbinding wat die broomwater onmiddellik verkleur (1) 3.8.2 Die rede waarom die ander verbinding slegs reageer wanneer dit in direkte sonlig geplaas word (1) 3.8.3 Die MOLEKULÊRE FORMULE van die organiese produk wat in die proefbuis gevorm word wat verbinding J bevat (2) 3.8.4 ʼn Gebalanseerde chemiese vergelyking wanneer verbinding K volledige verbranding ondergaan (3) [21] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 11 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die vloeidiagram hieronder toon drie organiese reaksies, naamlik Reaksie I, II en III. Verskeie organiese en anorganiese produkte word gevorm as gevolg van hierdie reaksies. Pentaan + HBr Verbinding C 2-bromopentaan Verbinding B + Produk A Gebruik die vloeidiagram hierbo om die volgende vrae te beantwoord. 4.1 Definieer die term versadigde verbinding. (2) 4.2 2-bromopentaan ondergaan hidrolise. 4.2.1 Noem die tipe reaksie verteenwoordig in Reaksie I. (1) 4.2.2 Noem die anorganiese produk A wat in die reaksie gevorm word. (1) 4.2.3 Gee EEN reaksietoestand. (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 12 (VRAESTEL 2) GR12 0624 4.3 Beskou verbinding B. 4.3.1 Skryf die IUPAC-naam neer. (2) 4.3.2 Noem die tipe reaksie verteenwoordig in Reaksie II. (1) 4.3.3 Skryf die STRUKTUURFORMULE van die hoofproduk C neer. (2) 4.3.4 Skryf die CHEMIESE FORMULE neer van die anorganiese produk wat in Reaksie II gevorm word. (1) 4.4 Beskou Reaksie III. 4.4.1 Noem die tipe addisie reaksie. (1) 4.4.2 Gee die CHEMIESE FORMULE van die katalisator benodig vir hierdie reaksie. (1) 4.5 Esterifikasie is een van die mees belangrike reaksies in beide organiese sintese en die chemiese industrie. Wanneer ʼn ester gemaak word, reageer 60 g propan-1- ol met ʼn oormaat etanoësuur wat dan 90,78 g van die ester en water produseer. Die gebalanseerde chemiese vergelyking hieronder toon die reaksie wat plaasvind. C3H8OH () + CH3COOH (aq) → C5H10O2 () + H2O () 4.5.1 Skryf die STRUKTUURFORMULE van die ester wat vorm, neer. (3) 4.5.2 Gee die IUPAC-naam vir die ester. (2) 4.5.3 Gee die chemiese naam van die katalisator wat gebruik is. (1) 4.5.4 Bereken die persentasie suiwerheid van propan-1-ol. (5) [24] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 13 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) ʼn Groep leerders gebruik die reaksie tussen oormaat soutsuur en magnesiumlint om een van die faktore wat die reaksietempo van ʼn chemiese reaksie beïnvloed te ondersoek. Die reaksie wat plaasvind is: Mg(s) + 2HC (aq) → MgC2 (aq) + H2(g) Die leerders volg die metode wat hieronder getoon word om die ondersoek by kamertemperatuur uit te voer. ʼn Diagram van die apparaat word hieronder gegee. Metode – Eksperiment 1: Stap 1: Plaas ʼn stukkie magnesiumlint in ʼn koniese fles en voeg 50 cm3 HC (aq) van ʼn bekende konsentrasie by. Stap 2: Begin die stophorlosie terselfdertyd en maak die fles toe met die rubberprop wat die afleibuis bevat. Stap 3: Meet die volume van die H2(g) gevorm in tyd intervalle van 20 sekondes. Metode – Eksperiment 2: Herhaal stappe 1 tot 3 hierbo maar gebruik slegs 15 cm3 van dieselfde HC (aq) verdun met 50 cm3 gedistilleerde water. Apparaat: gasspuit magnesium-lint verdunde soutsuur 5.1 Definieer die term reaksietempo. (2) 5.2 Skryf ʼn gevolgtrekking vir hierdie ondersoek neer. (2) 5.3 Die konsentrasie van die soutsuuroplossing is 2 mol·dm-3. Bereken die konsentrasie gebruik in Eksperiment 2. (3) 5.4 Noem TWEE toestande wat die leerders dieselfde moet hou om te verseker dat hierdie ʼn regverdige toets is. (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 14 (VRAESTEL 2) GR12 0624 Na voltooiing van die ondersoek, word die resultate wat verkry is deur die leerders gedurende elke eksperiment, op die grafiek hieronder voorgestel. Grafiek van volume waterstofgas teenoor tyd 60 ● ● ● ● Eksperiment 1 ● ● 50 ● Eksperiment 2 ● 40 Volume waterstofgas (cm3) ● 30 ● 20 ● 10 0 0 20 40 60 80 100 120 140 Tyd (s) 5.5 Gee ʼn rede waarom dieselfde volume waterstogas in beide eksperimente gevorm word. (1) 5.6 Skryf die volume van die waterstofgas wat gedurende die eerste minuut gevorm word neer, in: 5.6.1 Eksperiment 1 (1) 5.6.2 Eksperiment 2 (1) 5.7 Watter EEN van die eksperimente (Eksperiment 1 of Eksperiment 2) vind plaas teen ʼn vinniger tempo? Gebruik die grafiek om die keuse te verduidelik. (3) 5.8 Bereken die gemiddelde reaksietempo met betrekking tot die magnesium, in g·s-1, in Eksperiment 1 indien die molêre volume by kamertemperatuur 24 dm3 is. (5) [20] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 15 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die reaksie tussen stoom en chloorgas bereik ewewig in ʼn geslote houer volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: 2H2O(g) + 2Cℓ2(g) ⇌ 4HCℓ(g) + O2(g) ΔH = +113 kJ 6.1 Is hierdie reaksie EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 6.2 Die grafieke hieronder, nie volgens skaal nie, toon hoe die hoeveelheid van die produkte teenwoordig in die houer verander met tyd by ʼn spesifieke temperatuur. Die volume van die houer is 5 dm3. 1,0 Hoeveelheid produkte (mol) 0,3 HCℓ(g) 0,1 O2(g) 0 t1 t2 t3 Tyd (minute) 6.2.1 Watter reaksie word bevoordeel? Kies vanuit VOORWAARTS of TERUGWAARTS? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 6.2.2 Hoe vergelyk die tempo van die voorwaartse en terugwaartse reaksies by tyd t3? Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN. (1) 6.2.3 Bereken die ewewigskonstante (Kc) vir hierdie reaksie by hierdie temperatuur indien daar aanvanklik 5 g water en 5 g chloor is. (9) 6.3 Die druk word NOU verhoog. Hoe sal hierdie verandering die waarde van die ewewigskonstante beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY. Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 6.4 Die reaksie word herhaal met ʼn katalisator. Teken ʼn potensiële energiediagram van hierdie reaksie en dui die nie-katalitiese reaksie (B) en die katalitiese reaksie (A) aan op dieselfde grafiek. (4) [20] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 16 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 7.1 Swaelsuur is ʼn diprotiese suur. 7.1.1 Definieer die term SUUR in terme van die Arrhenius teorie. (2) 7.1.2 Gee ʼn rede waarom daar na swaelsuur verwys word as ʼn diprotiese suur. (1) 7.2 Die waterstofkarbonaat ioon kan optree as beide ʼn suur of ʼn basis. Dit reageer met water volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: HCO3- (aq) + H2O(ℓ) ⇌ H2CO3(aq) + OH-(aq) 7.2.1 Skryf EEN woord vir die onderstreepte frase hierbo. (1) 7.2.2 Kopieer die vergelyking hierbo en dui die gekonjugeerde suur-basis- pare aan. (2) 7.3 ʼn Laboratorium assistent is gevra om ʼn 2 500 cm3 oplossing HC met konsentrasie van 0,25 mol·dm-3 te berei. Die laboratorium het ʼn bottel gekonsentreerde HC gehad waarvan die volgende op die etiket geskryf was: Chemikalie: HC Digtheid: 1,20 g·cm-3 % HC per massa in oplossing: 36% 7.3.1 Bereken die massa HC wat voorkom in 2 500 cm3 van ʼn 0,25 mol·dm-3 oplossing. (4) 7.3.2 50 cm3 van die 0,25 mol·dm-3 HC oplossing word gebruik om 20 cm3 van ʼn natriumkarbonaat oplossing (Na2CO3) te neutraliseer. 2HC + Na2CO3 → 2NaC + H2O + CO2 Bereken die konsentrasie van die karbonaat oplossing. (4) 7.3.3 Noem ʼn geskikte indikator wat vir hierdie titrasie gebruik kan word. Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) [16] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 17 (VRAESTEL 2) GR12 0623 VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 8.1 ʼn Skoon stukkie koper (Cu) word in ʼn silwernitraat oplossing (AgNO3) geplaas. Die gebalanseerde netto ioniese vergelyking is: Cu (s) + 2 Ag+ (aq) → Cu2+ (aq) + 2 Ag (s) 8.1.1 Definieer oksidasie in terme van elektronoordrag. (2) 8.1.2 Watter tipe reaksie ondergaan koper (Cu) in hierdie vergelyking? Kies vanuit OKSIDASIE of REDUKSIE. Verduidelik die antwoord deur na oksidasiegetalle te verwys. (3) 8.2 Swaeldioksiedgas (SO2) word geborrel deur ʼn aangesuurde oplossing kaliumpermanganaat soos getoon in die diagram hieronder. SO2 gas KMnO4 oplossing Dit word waargeneem dat die oplossing van pers na kleurloos verander as gevolg van die reduksie van MnO ione na Mn2+ ione. Gedurende die reaksie word SO2 geoksideer na sulfaatione, SO . Bepaal die oksidasiegetal van mangaan in die permanganaatioon (MnO ). (2) [7] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 18 (VRAESTEL 2) GR12 0623 DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure p 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume by STD Standard temperature T 273 K Standaardtemperatuur Charge on electron e -1,6 x 10-19 C Lading op elektron Avogadro’s constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro-konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m N n n M NA n m V c OR/OF c n V MV VM c a Va n a  pH = - log[H3O+] c b Vb nb Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K E θcell  E θcathode  E θanode / E sel  E katode    E anode or/of  E cell  E θ reduction  E θ oxidation / E sel  E reduksie   E oksidasie or/of    sin g agent  E reducing agent / Esel  Eoksideermiddel  Ereduseermiddel θ θ θ E cell  E oxidi
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 19 (VRAESTEL 2) GR12 0624 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) Atomic number/ KEY/SLEUTEL Atoomgetal 1 2 2,1 H He 1 29 4 Electro negativity/ Symbol/ 3 4 1,9 Cu 5 6 7 8 9 10 Li Be Elektronegatiwiteit Simbool B C N O F Ne 1,0 1,5 63,5 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 Na Mg Approximate relative atomic mass/ Aℓ Si P S Cℓ Ar 0,9 1,2 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn 0,7 0,9 1,6 1,8 1,8 1,9 2,0 2,5 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 20 (VRAESTEL 2) GR12 0624 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies E θ (V) F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87 Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81 H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O + 1,77  MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51   + 1,36 Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ 2 Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23 MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20 Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07  NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë  NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77 O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45 2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40 Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34 2 SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16 Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14 2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00 Fe3+ + 3e ⇌ Fe  0,06 Pb2+ + 2e ⇌ Pb  0,13 Sn2+ + 2e ⇌ Sn  0,14 Ni2+ + 2e ⇌ Ni  0,27 Co2+ + 2e ⇌ Co  0,28 Cd2+ + 2e ⇌ Cd  0,40 Cr3+ + e ⇌ Cr2+  0,41 Fe2+ + 2e ⇌ Fe  0,44 Cr3+ + 3e ⇌ Cr  0,74 Zn2+ + 2e ⇌ Zn  0,76 2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH  0,83 Cr2+ + 2e ⇌ Cr  0,91 Mn2+ + 2e ⇌ Mn  1,18 Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ  1,66 Mg2+ + 2e ⇌ Mg  2,36 Na+ + e ⇌ Na  2,71 Ca2+ + 2e ⇌ Ca  2,87 Sr2+ + 2e ⇌ Sr  2,89 Ba2+ + 2e ⇌ Ba  2,90 Cs+ + e- ⇌ Cs – 2,92 K+ + e ⇌ K  2,93 Li+ + e ⇌ Li  3,05
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 21 (VRAESTEL 2) GR12 0624 TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies E θ (V) Li+ + e ⇌ Li  3,05 K+ + e ⇌ K  2,93 Cs+ + e ⇌ Cs  2,92 Ba2+ + 2e ⇌ Ba  2,90 Sr2+ + 2e ⇌ Sr  2,89 Ca2+ + 2e ⇌ Ca  2,87 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Na+ + e ⇌ Na  2,71 Mg2+ + 2e ⇌ Mg  2,36 Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ  1,66 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Mn2+ + 2e ⇌ Mn  1,18 Cr2+ + 2e ⇌ Cr  0,91 2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH  0,83 Zn2+ + 2e ⇌ Zn  0,76 Cr3+ + 3e ⇌ Cr  0,74 Fe2+ + 2e ⇌ Fe  0,44 Cr3+ + e ⇌ Cr2+  0,41 Cd2+ + 2e ⇌ Cd  0,40 Co2+ + 2e ⇌ Co  0,28 Ni2+ + 2e ⇌ Ni  0,27 Sn2+ + 2e ⇌ Sn  0,14 Pb2+ + 2e ⇌ Pb  0,13 Fe3+ + 3e ⇌ Fe  0,06 2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00 S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14 Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15 Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16 2 SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40 SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45 Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68 Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77  NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80 Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85  NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96   + 1,07 Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23 2 Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33   + 1,36 Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ  MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O + 1,77 Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81 F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87

Study this subject

More from Grade 12 Physical Sciences

View all