Skip to content

Visual Arts Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12201616 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 VISUELE KUNSTE V2 PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 2de kwartaal by die skool en/of tuis gedoen word. [50] ONDERWERP 2: Moet gedurende die 3de kwartaal gedoen word deur ʼn minimum van 6 uur en ʼn maksimum van 24 uur te gebruik. ONDERWERP 2 word onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool gedoen. [50] *VSLAA* Die vraestel bestaan uit 15 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK 2. Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2. 3. Hierdie eksamen moet deur jou Visuele Kunste-onderwyser bekend gestel en gefasiliteer word. 4. In hierdie eksamen sal daar van jou verwag word om die volgende vaardighede te demonstreer: x Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer idees in reaksie op ʼn projekopdrag. x Demonstreer ʼn gevorderde mate van tegniese vaardigheid deur ʼn reeks materiale en tegnieke te gebruik. x Skep verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur ʼn persoonlike en ekspressiewe visuele taal te gebruik. x Die vermoë om visuele en konseptuele probleme op te los in die skepping van verbeeldingryke en innoverende kunswerk, met die aanwending van ʼn persoonlike, ekspressiewe visuele taal. x Bestuur tyd en die werksproses doeltreffend en bied eie werk op ʼn professionele manier wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk. 5. Jou voorbereidende visuele kunste praktiese eksamen vir graad 12 verteenwoordig een van die hoogtepunte van jou Visuele Kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardighede sal op hoë vlak vertoon word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en dat dit op ʼn vars en oorspronklike wyse, jou persoonlike ervaring sal weerspieël. 6. Lees die ADDENDUM met inligting aangaande die werkproses aan die einde van die vraestel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 3 ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en realisering van kreatiewe idees) Die bronboek vorm ʼn belangrike gedeelte van hierdie eksamen. Jy mag by die skool sowel as tuis hieraan werk. Dit verskaf insig oor jou gedagtevorming/ idees/sieninge/menings en alternatiewe wat jy ondersoek het, sowel as ander prosesse wat aanleiding gee tot die finale werk. Jou bronboek behoort jou denkprosesse oor te dra. Jy moet visueel die ‘storie’ vertel van hoe die kunswerk UITGEDINK, ONTWIKKEL en GEPRODUSEER is deur tekening, eksperimentering en skryfwerk. Dit moet jou INDIVIDUALITEIT en KREATIWITEIT as Visuele Kunste-leerder reflekteer. Hierdie bronboek MOET duidelik as eksamenstuk gemerk wees en afsonderlik van jou jaarwerk se bronboek aangebied word. Direkte kopiëring vanuit tydskrifte, die internet, ens. is NIE toelaatbaar NIE. Direkte kopiëring van ʼn beeld wat nie jou eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit is ʼn vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Groot klem word op die proses van TRANSFORMASIE (verandering) van die bronmateriaal geplaas. As jy geskikte, ontleende beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL. Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis tot die ontwikkeling van die finale werk en moet jou eie oorspronklike beelde reflekteer om jou eie interpretasie te ontwikkel. Die volgende is slegs ʼn riglyn van dinge wat jy in jou bronboek kan insluit: x Hierdie eksamenopdrag moet voor in jou eksamenbronboek geplak word. x Sluit ten minste EEN geskrewe bladsy van jou voorneme/rasionaal in. x Sluit minstens VIER bladsye van ondersoek en navorsing vir moontlike benaderings en/of idees in, waarby ingesluit moet wees bronmateriaal soos sketse, tekeninge, foto’s, beelde, aantekeninge en navorsing wat jou geïnspireer het. Alle materiale moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en moet jou besluite staaf. x Dit is belangrik om persoonlike en oorspronklike kreatiewe voorbereidende/komposisionele sketse en tekeninge te skep wat op jou aangeduide bronne gebaseer is. x Sluit minstens TWEE komposisionele tekeninge/collages/assemblages in. x Sluit ʼn geskrewe nabetragting in (ten minste EEN bladsy) oor hoe jy jou projek ervaar, bestuur en voltooi het. x As jou projek meer proses-georiënteerd is, sluit bewyse in van die kreatiewe proses, met deurlopende dokumentering met behulp van oorspronklike foto’s, eksperimente en/of tekeninge. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg) Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste- onderwyser in die kunslokaal voltooi word, deur ʼn minimum van 6 uur en ʼn maksimum van 24 uur te gebruik. ALGEMENE RIGLYNE 1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese dissipline wat jy hierdie jaar gekies het. 2. Jou werk mag aangebied word as ʼn enkele stuk, of moontlik in die vorm van ʼn diptiek, triptiek of ʼn reeks werke wat as een kunswerk gelees word. 3. Die kunswerk mag NIE uit die klaskamer verwyder word NIE. Dit word as ʼn eksamen-onreëlmatigheid beskou. 4. Jy mag die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek voor die aanvang van die eksamen, maar geen bespreking van werk mag gedurende die eksamentyd plaasvind nie. 5. Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam wees met die oog op vervoer na ʼn eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis. 6. Onthou die belangrikheid van kunselemente en beginsels soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, toonwaarde, ruimte, ritme/beweging, balans, harmonie, verhouding, gradering, verskeidenheid en komposisie. 7. Daar is geen spesifieke voorskrifte rakende die styl van die werk nie. Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, abstrak, konseptueel ens. wees. 8. Kies verbeeldingryke onderwerpmateriaal, temas, simbole en metafore om ʼn ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep. 9. Jy mag ander media inkorporeer om ʼn werk in gemengde media in enige van die praktiese dissiplines te skep. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 5 Tema WEERSTAND, VERSOENING EN HEROPBOUING Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en is oop vir ʼn wye reeks interpretasies binne jou eie spesifieke dissipline. Jou interpretasie moet die hoogtepunt wees van die kreatiewe proses waarmee jy in graad 10 begin het. Woordeboek-definisies: Weerstand – weiering om iets nuuts of verskillend te aanvaar; ʼn poging om iets/iemand te keer of teen iets/iemand te baklei; die vermoë om iets te verhoed om te gebeur. Sinonieme: konfrontasie, verset, veg; muitery, protes, stryd, opposisie, konflik Versoening – om ʼn manier te vind om twee verskillende idees, feite ens. terselfdertyd in ag te neem; om vriendskaplikheid tussen mense of groepe te bewerkstellig na ʼn argument of meningsverskil; ʼn herinstelling na vriendskap of harmonie; om mense te kry om iets onaangenaam te aanvaar en hulle daaraan te onderwerp; om rekenskap te gee. Sinonieme: rekonsiliasie, hereniging, kompromie, skietstilstand, aanpassing, vredesluiting Heropbouing – om weer iets wat beskadig of vernietig is op te bou; om uit te vind of te beskryf hoe ʼn gebeurtenis of reeks gebeure plaasgevind het; om ʼn prentjie te vorm (ʼn misdaad, geskiedkundige gebeurtenis ens.) na jy die feite agtermekaar gekry het. Sinonieme: herbouing, hernuwing, hervorming, opknapping, restourasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) Hierdie tema kan beskrywend, simbolies of meer metafories wees. Deur van jou navorsingsmateriaal gebruik te maak, moet jy ʼn oorspronklike en kreatiewe oplossing vind om ʼn waarlik individuele/persoonlike interpretasie van Weerstand, Versoening en Herbouing te skep. Skilders, beeldhouers, grafiese kunstenaars, fotograwe, digters, musikante, akteurs en politici het hierdie tema op hul eie maniere en met hulpmiddels en tyd ondersoek en geïnterpreteer. Bestudeer en verken die volgende foto’s as verwysing vir inspirasie. Oorweeg die betekenis en sinonieme van die woorde; weerstand, versoening en heropbouing soos hierbo gegee en interpreteer EEN OF AL hierdie woorde soos jy dit verstaan deur middel van jou eie ervaring, idees en gevoelens. WEERSTAND … Visuele kunstenaars van regoor die wêreld het ʼn belangrike rol gespeel in die geskiedenis deur hulle dokumentasie, ontbloting en die verskaffing van persoonlike uitdrukkings van die stryd van die onderdruktes, sosiale onregte en politieke ongelykheid. FIGUUR 1: W.B. Miko, Gender massas, 1997, akriel en houtskool op doek. Miko toon die toestand van Afrikaner-vroue, en meer spesifiek die groot hongersnood-krisis in Zambië in die 1990’s, waar voedselhulp wat deur die Weste geskenk is, eers aangekom het na die krisis oorgewaai het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 7 FIGUUR 2: D. Sihlali, Gedwonge verskuiwings, Ndingstraat, Pimville, 1974, waterverf. Sihlali beeld bewegende figure, bourommel en ruïnes van geboue uit om die chaos te illustreer wat ontstaan het toe die sloping van huise begin het – ʼn gevolg van die Groepsgebiedewet tydens apartheid in Suid-Afrika. FIGUUR 3: Suid-Afrikaanse Studente-Persunie, Stop Apartheidmoorde, plakkaat. Hierdie protesplakkaat verwys na die wrede moorde op vier mans deur die plaaslike polisie in die Oos-Kaap op 27 Junie, 1983. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) FIGUUR 4: Picasso, Slagting in Korea, 1951, olie op doek. Picasso het hierdie werk, wat ʼn sterk skakel het met Goya se Die Derde Mei 1808, as ʼn protes teen die Verenigde State van Amerika se ingryping in Korea geskilder. VERSOENING … Kuns is ʼn manier vir mense om openlik die wonde van ʼn moeilike verlede te verwerk. Dit kan mense weer verenig en versoen in die sin dat dit gevoelens en emosies oor die werk se onderwerp kan kommunikeer wat nie altyd in woorde beskryf kan word nie. FIGUUR 5: Sandile Goje, Vrede in ons hande, 1996, linosnee. Goje toon ʼn voël wat ʼn olyftakkie in ʼn groot paar bakhande neersit. Die werk is geskep in 1996, die jaar waarin Suid-Afrika die finale weergawe van die nuwe Grondwet aanvaar het, en is ʼn weerspieëling van vrede wat uiteindelik ná eeue van konflik bereik was. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 9 FIGUUR 6: Credo Vusamazulu Mutwa, Die Oordeel van die Konings, 1983, olieverf. Dit werk toon ʼn samekoms van magtige leiers. Onder hulle is Shaka, Napoleon, Idi Amin, Sesotho Koningin Mantatise en Fidel Castro. Hulle is geroep deur God in ʼn nuwe wêreldorde nadat Hy die oue in sewe verskriklike oorloë beëindig het, sodat hulle verantwoording kan doen vir hul rolle in die bevordering van die oorloë terwyl hulle aan bewind was. FIGUUR 7: Ndabenhle William Zulu, Versoening vir Vooruitgang, 1996, linosnee. Zulu beeld twee mense by ʼn tafel uit wat beide ʼn enkele groot hoed dra. Hierdie figure verteenwoordig die onderhandelaars (versoeners) en die produk van hul gesamentlike werk, die nuwe Suid-Afrika, word gesimboliseer deur die kind wat voor hulle sit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) FIGUUR 8: Onbekende fotograaf, Waarheid-en-Versoeningskommissie, 1996. Mense het bymekaar gekom om hul apartheidservarings van die verlede te deel ten einde hulself en die hele nasie te genees. HEROPBOUING … “Dit is belangrik dat mense weet dat deur hul kreatiwiteit raak hulle meer as net verbruikers. Hulle kan hul dikwels afskuwelike omstandighede te bowe kom en iets nuuts tot stand bring.” – Desmond Tutu FIGUUR 9: Willem Boshoff, Sewe Pilare van Geregtigheid, 1997, hout en metaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 11 Boshoff lewer kommentaar op die regstelsel in Suid-Afrika na die land ʼn nuwe grondwet in 1996 aanvaar het. Hy gebruik hout van ʼn hardekoolboom om die idee van krag en onwrikbare permanensie te suggereer, met elke houtartikel wat ʼn spesifieke regterlike beginsel verteenwoordig. FIGUUR 10: Abrie Fourie, Wegwyser/Darteling, 1999–2000, installasie van film in lighouer. Hierdie monument, gesien in ʼn oop landskap tydens sonsondergang, is nie meer die robuuste ikoon van apartheid nie, maar ʼn vervaagde bloudruk vir ʼn skandelike ideologie. FIGUUR 11: Brett Murray, Imperium, 1997, gemengde media. Murray gee ʼn uiteensetting van die vorms van ʼn linosnee deur Pierneef en gebruik metaal waarop hy verwysings soos ʼn houer grond voeg om kommentaar te lewer oor Afrikaner eise van die land. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) FIGUUR 12: Cecil Skotnes and Hamilton Budaza, Vryheid, 1995, hand- gekleurde gegraveerde houtpanele. Hierdie gekleurde houtpaneelwerk is geskep deur twee kunstenaars uit wyd uiteenlopende agtergronde. Dit is ʼn bemiddeling van ʼn ander orde – tussen die verlede en die hede, tussen die onderworpe lewe en ʼn onbelemmerde lewe, tussen die letsels van die verlede en hoop vir die toekoms, tussen apartheid en demokrasie. Die sentrale paneel wys ʼn figuur wat na die hemel reik, deels in lof en deels in strewe. Hierdie paneel is deur Skotnes geskep, en die res deur Budaza. Dit omhels en salueer die nuwe dagbreek in 1994 en straal die Afrika-renaissance (vernuwing) uit. Nou reflekteer op jou eie interpretasie van Weerstand, Versoening en Heropbouing! TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 13 ASSESSERINGSKRITERIA MERKERS GAAN HIERDIE KRITERIA VIR ASSESSERING GEBRUIK. ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Punte- KRITERIA toekenning Konsep- x Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge ontwikkeling om konsep-ontwikkeling te toon. 10 Navorsing, x Dit moet sommige of al van die volgende insluit: ondersoek en o Sketse, tekeninge, foto’s, visuele beelde, eksperimentering versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kustenaars wat jou geïnspereer het. o Eksperimentering met media en/of verskillende tegnieke. x Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en jou besluite ondersteun. 15 Prosestekeninge x Minstens 30% moet tekeninge wees om jou konsepontwikkeling te verduidelik. 15 Aanbieding, x Visueel interessant om ʼn persoonlike benadering algehele te toon. voorkoms x Jou bronboek behoort uit 8–10 bladsye te bestaan. 10 TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Punte- KRITERIA toekenning Keuse en gebruik van x Geskiktheid van materiaal en tegnieke materiaal/tegnieke volgens die konsep x Veilig en hanteerbaar x Tegniese vaardigheid 10 Gebruik van formele x Die belangrikheid van elemente en kunselemente beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie 10 Geheelindruk van werk – x Ontwikkeling van nuwe en unieke oorspronklikheid, reaksies/oplossings kreatiwiteit, innovasie Interpretasie en praktiese x ʼn Persoonlike interpretasie van ʼn tema toepassing van navorsing x Eksperimentering x Pak nuwe uitdagings aan 10 Voltooiing en aanbieding x Aandag aan detail van kunswerk x Taak in tyd voltooi. x Aanbieding volgens taak 10 TOTAAL 50 FINALE PUNT: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) = 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK (VOO) Uitstaande 90–100% Uitsonderlike vaardigheid, rykheid; insiggewende, hoë vaardigheid en kennis wat sterk uitgebeeld is; ondersteun deur ʼn ongewone seleksie van relevante visuele verwysingsmateriaal. Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Uitstekend 80–89% Treffende impak, meeste van bostaande; detail; goed georganiseer en samehangend; afgewerk; vaardighede duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysingsmateriaal; aanbieding is oorspronklik en deurdink. Klein foutjies word bespeur. Baie goed 70–79% Goed georganiseer, soos bogenoemde, maar die “glow” en “sparkle” ontbreek; goeie vlak van bevoegdheid en geselekteerde inhoud; ondersteun deur goeie seleksie/relevante visuele verwysing; duidelike sorg en poging aangewend om oorspronklike aanbieding te skep. Aantal teenstrydighede en foute duidelik. Goed 60–69% Interessante visuele aanbieding; duidelike intensie; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon verstaanbare maar neig ten tye tot stereotipiese reaksie; voldoende seleksie van relevante visuele verwysings; taamlike poging aangewend. Verwarrende/ooglopende teenstrydighede. Middelmatig 50–59% Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; geringe insig; geen verbeelding; sommige visuele verwysings is nie altyd duidelik gedefinieer nie. Gemiddelde aanbieding. Baie afleibare teenstrydighede. Onder- 40–49% Genoegsame materiaal/werke om deur te kom; nie gemiddeld logies gestruktureer nie; sommige insigbeelde; beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede kan bydraende faktor wees; karige gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding. Benodig ondersteuning/motivering om te slaag. Elementêr 30–39% Visueel oninteressant; nie kreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik; glad nie probeer om inligting op ʼn aanvaarbare manier voor te stel nie; min of geen visuele inligting/verwysing; algemene tekort aan toewyding. Benodig ondersteuning/motivering om te slaag. Swak 20–29% Baie min inligting; nie maklik om te besigtig nie; baie Nie voldoende min of irrelevante werk/visuele inligting. Geen poging aangewend om werk op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied nie; algemene tekort aan toewyding/samewerking. Baie swak 0–19% Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk; Onvoldoende afwesigheid van beperkte vaardighede toegepas. Geen toewyding/samewerking. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V2 15 ADDENDUM ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL x Daar is geen spesifieke riglyne vir grootte, formaat, uitleg en gevoel en voorkoms van die bronboek nie. x Die bronboek moet die proses dokumenteer van begin tot einde. x Daar moet ʼn duidelike skakel wees tussen die geskrewe/visuele inligting in die bronboek en die kunswerk. ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK Siende dat dit ʼn eksamen is, MAG DIE KANDIDAAT NIE DIE KUNSWERK UIT DIE EKSAMENLOKAALVERWYDER NIE. Geen werk mag die eksamenlokaal verlaat nie. Die kandidaat word aangemoedig om ʼn kunswerk te lewer in die medium wat hy/sy in sy graad 12 jaar ondersoek/beproef/gekies het. ʼn Suksesvolle kunswerk is ʼn kombinasie van konsep en realisasie. Klem moet gelê word op die estetiese kwaliteite en energie van die kunswerk. Die kandidaat is vry om te kies watter styl hy mee geëksperimenteer het in hy/sy matriekjaar. Hierdie kan insluit naturalisme, ekspressionisme, gestileerd, abstrak, simbolisme ens. In alle digitale/multimedia/nuwe media werk, moet konsep-ontwikkeling en realisasie ʼn belangrike rol speel. DONKERKAMER FOTOGRAFIE x Produseer ʼn stel van ten minste 5 foto’s wat verband hou. x Die kandidaat moet al die ontwikkeling van die film en die negatiewe by die skool doen onder die toesig van sy onderwyser/toesighouer. x Plaas al die kontakbladsye, toetsstrokies en waarnemings van die proses in die bronboek. x Gee aandag en oorweging aan die voorlegging van die werk. DIGITALE FOTOGRAFIE x Produseer ʼn stel van ten minste 5 foto’s wat verband hou. x Die digitale grootte moet ten minste A4 in grootte wees. x Plaas die digitale beelde op ʼn skyf (CD) en plaas die CD in die voorkant van die bronboek. x Handig die bronboek in met ondersteunende inligting, saam met die finale kunswerk(e) o Program wat gebruik is bv. Adobe Photoshop 7 o Alle digitale sagteware prosedures. o Hulpmiddels/nutsprogramme wat gebruik is om sy/haar beelde te manipuleer. x Skenk sorgvuldig aandag aan die voorlegging van die werk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all