Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afr)

MemorandumVisual ArtsGrade 12201621 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 VISUELE KUNS V1 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in baie gevalle: Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee. Krediet moet ook aan laterale denke gegee word. Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte (‘Bullets’) dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoord te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. 6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS Hierdie memorandum moet as ʼn riglyn vir nasieners sowel as ʼn onderrigmiddel dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die memorandum kan slegs ʼn voorgestelde gids wees. LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op ʼn holistiese wyse bespreek. Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte behaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 3 RIGLYNE: Daar word van die kandidaat om die volgende te demonstreer: Om enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte beantwoord. Vrae en onderafdelings moet duidelik en korrek genommer wees. Inligting wat alreeds in ʼn vraag bespreek is, moet nie herhaal word nie. As dit herhaal word, word punte toegeken slegs vir die eerste keer toegeken. Kruisverwysing na kunswerke is toelaatbaar. Antwoorde sal in volsinne en paragrawe wees, volgens die instruksies by elke vraag . Puntsgewys SAL slegs minimale punte te verdien. Die gebruik van korrekte kunsterminologie. Die gebruik en implementering van visuele ontleding en kritiese denke. Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn geskiedkundige en kulturele konteks. Plasing van spesifieke voorbeelde in ʼn kulturele, sosiale en historiese konteks. ʼn Begrip van eienskappe / eienaardige kreatiewe styl. Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars. Daar word verwag dat die merker om die volgende te demonstreer: Die aanvaarding van gemotiveerde beredenering binne die konteks van die vraag. Hou in gedagte inligting wat reeds hierbo in ʼn paar van die vrae verskaf is. Om te merk volgens riglyne om die kandidate wat hierbo verskaf word. Om te erken dat hierdie memorandum is om te dien as beide ʼn riglyn vir nasieners sowel as ʼn onderrigmiddel. Om hierdie rede die inligting vir ʼn paar antwoorde is in meer diepte en inligting met betrekking tot ander antwoorde, kan bloot voorgestelde riglyne wees. Om leerders te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te diskrediteer vir dit wat hulle nie ken nie. Om te verwys na die Visuele Kunste SAG dokument matriks (p.24) as riglyn om vlakke van prestasie te bepaal. (Sien volgende bladsy.) LET WEL: Onthou dat baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Merkers kan dus nie dat feitelike akademiese inligting verwag nie. Hulle moet neem uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke, binne die konteks van die vraag. Daarom moet merkers onbevooroordeeld wees en buigsaam in die merkproses wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) PRESTASIE- LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES KODE 7 Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 80–100% lewer. Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6 Demonstreer ʼn goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 70–79% kommentaar te lewer. Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon uitstekende insig en begrip. 5 Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul Substansieel kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 60–69% kommentaar te lewer. Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon ʼn redelik goeie vlak van insig en begrip. 4 Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 50–59% lewer. Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon ʼn redelik goeie vlak van insig en begrip. 3 Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul Bevredigend kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 40–49% kommentaar te lewer. Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie. Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon ʼn bevredigende vlak van insig en begrip. 2 Demonstreer slegs ʼn basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 30–39% kommentaar te lewer. Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon ʼn elementêre vlak van insig en begrip. 1 Demonstreer ʼn geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 0–29% kommentaar te lewer. Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie. Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 5 VRAAG 1 DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Suid-Afrikaanse swart en blanke kunstenaars het tydens die vroeë en middel twintigste eeu gesukkel om formele kunsopleiding te bekom. Ten spyte daarvan het hierdie opkomende kunstenaars werk van ʼn hoë kwaliteit geproduseer, waarvan vele kommentaar gelewer het op hul daaglikse lewens en die gemeenskap waarvan hul deel was. 1.1 Kies TWEE kunswerke uit FIGUUR 1a, FIGUUR 1b en FIGUUR 1c en verduidelik in twee aparte paragrawe hoe die kunstenaars se werke op daaglikse lewe in hul gemeenskap kommentaar lewer. Verwys na die volgende: Komposisie Toepassing van kunselemente Medium en tegniek Sigbare invloed op styl Leefstyl atmosfeer In FIGUUR 1a: Komposisie: Die kyker neem die Zoeloe-man se portret (kop en skouers) van ʼn skuins aangesig waar. Die kyker het geen oogkontak met die ou man nie en daar kan van sy postuur afgelei word dat hy met ʼn ongesiene persoon na regs, in geselskap verkeer. Die figuur is sentraal geplaas en met warm kleure soos geel, rooi en aardse bruine delikaat geverf. Gesien teen die agtergrond van die plat, koel romerige ligbruines is die ou man die fokuspunt. Kunselemente: Kleur: Warm aardse bruine gee ʼn Afrika gevoel aan die kunswerk. Lyn: Sagte, fyn en delikate lyne definieer die vorm, terwyl dit ook tekstuur verleen om die natuurlikheid van die figuur te verbeter. Dit laat die kyker tot die gevolgtrekking kom dat die kunstenaar gebruik gemaak het van ʼn lewende model. Vorm: Die postuur verleen drie-dimensionaliteit aan die figuur en maak dat die voorgestelde kenmerke meer natuurlik en realisties vertoon. Medium en Tegniek: Waterverf Kwashale vertoon egalig. Daar is ʼn egalige integrasie van toon wat bydra tot die definisie van die kleed en gelaatstrekke. Invloed op Styl: Westerse invloed – Naturalisme Leefstyl atmosfeer: Rustig en kalmeerend – Landelike omgewing Gerard Bhengu was ʼn kunstenaar bekend vir realistiese uitbeeldings van die inheemse kultuur en lewe van ʼn Zoeloe. Hy was aangemoedig om sy natuurlike vaardighede te ontwikkel, maar het gesukkel om kuns te studeer weens die gebrek aan geleenthede as gevolg van Apartheid. Die kunswerk in FIGUUR 1a is portret van ʼn Zoeloe-man, wat met waterverf gedoen was. Hy het waterverf as medium die meeste gebruik en het sy kleurgebruik tot sepia (swartbruin) beperk omdat hy dit nie kon bekostig om ander kleure te koop nie. Sy tegniek word beskou as konserwatiewe naturalisme (Westerse invloed) maar die unieke aspek van sy werk kan in die onderwerp bespeur word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) In FIGUUR 1b Dumile Feni. Father teach me how to pray. Contè-kryt op papier: Komposisie: Die komposisie is oorwegend ʼn vertikale struktuur. Hiermee word die pa (aan die bopunt) se krag en gesag oor die kind (aan die onder kant) bevestig. Omdat die werk uit twee tonele bestaan is daar geen sentrale fokuspunt nie. Die boonste toneel beeld ʼn breë voorstelling van ʼn ontevrede gesin uit. Die onverantwoordelike (half aangetrek) wie die baba se melk drink. Die ma wat afwesig is en die koei in haar plek los net om deur die pa misbruik te word. Die onderste toneel beeld die seun uit wat probeer bid om die saak te beredder maar nie weet hoe nie. Vandaar die titel, ‘Father teach me how to pray’ (Vader leer my om te bid.’ Kunselemente: Sterk toonwaardes is aangewend en dit beklemtoon sekere aspekte van die kunswerk, soos figure en diere. Sterk ekspressiewe lyn word gebruik om die verwronge vorms uit te beeld. Dit gee aanleiding tot ʼn gevoel van chaos. Tegniek: Werk met grafiese kuns in monochromatiese kleure. Die kunstenaar het die vermoë en visie om die bepaalde in die universele te omskep, met contè- kryt op papier. Skerp kontras tussen donker skaduwee en wit areas beklemtoon die figure en skep ʼn droomagtige kwaliteit. Invloed op styl: Cecil Skotnes het hom voorgestel aan die medium ‘contè’ en het hom gehelp om sy tekenstyl te ontwikkel. Surrealisme – spontaan uitgevoer volgens die kunstenaar se gedagtes en beelde uit sy onderbewussyn. Dit bly steeds verstaanbaar en het betekenis vir die kyker. Leefstyl atmosfeer: Die inhoud van die tekeninge is gebaseer op sosiale realisme wat hoofsaaklik die sosiale omstandighede en probleme van die Swart man in stedelike Suid-Afrika aanspreek. Dit besit die kwaliteite van ʼn droomagtige verhaal. Feni se ekspressiewe vermoë is uniek en kragtig. Hy was daartoe in staat om sy onmiddellike omstandighede te oorkom deur uit te beeld wat hy ondervind het op ʼn universeel verstaanbare wyse wat sy begrip van menslike lyding uitbeeld. Westerse invloed: Surrealisme Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 1c George Pemba – New Brighton Port Elizabeth 1977 – olie op doek: Komposisie: Pemba het na hierdie stedelike landskap gekyk vanaf ʼn posisie in die middel van die straat, op wat voorkom soos ʼn eiland. Dit begin van naby en strek in die verte in. Baie mense is met ʼn sy-aansig geverf of met hul rug na die kunstenaar asof hul besig is met hul daaglikse take, onbewus van die oë op hulle. Meeste van die komposisie is gevul met die straat en huise, mense is die naaste aan die kyker in die voorgrond. Die ligblou horison ly ʼn mens se oog na die stad in die verte. Kunselemente: Gebruik van helder kleure: - Die kontras van warm en koud dra by tot die lewendige gevoel van die gemeenskap. - Diagonale lyn by die mense skep die idee van beweging. - Die gebruik van liniêre perspektief met die huise skep diepte; Die plasing en groottes van die figure skep ook diepte. Tegniek: Pemba gebruik sigbare kwasmerke wat bydra tot die drie-dimensionaliteit van vorms soos bome, bosse en figure. Hy wend verf in egalige tekstuur aan en gebruik kwasmerke om rondheid in die vorms te skep. Sigbare Invloed op styl: - Professor Austin Winter Moore van Rhodes Universiteit - Dorothy Kay met haar naturalistiese en realistiese - Gerard Sekoto en Koenakeefe Mohl het hom beide aangepor om ʼn voltydse kunstenaar te word en op meer aandag aan sy onmiddellike omgewing te skenk. - Impressionisme – Pemba som sy skildery op volgens wat hy gesien het en beleef het. Leefstyl atmosfeer: Alledaagse township toneel waar hy meeste van sy lewe gewoon het, besig en vol energie. Punte moet toegeken word vir volgende: dat die inhoud van al drie die kunswerke die alledaagse lewe in Suid-Afrika is. 1.2 Kies TWEE bekende Swart Suid-Afrikaanse kunstenaars, wie jy bestudeer het en wie se werk sosiale/ekonomiese kommentaar lewer. Skryf ʼn opstel van 1–1½ bladsye waarin jy EEN van elke kunstenaar se werke bespreek. Jou bespreking moet die volgende insluit: Name van kunstenaars en werke Inspirasie en invloede op hul werk Inhoud Komposisie, tegniek en styl Evalueer die suksesvolheid van die werk as kommentaar Die bespreking van die kunstenaar se werk as ook die leerder se interpretasie van die sukses (volgens tema) daarvan is belangrik. Ken punte vir elkeen van die werke as volg toe: 5 + 5 (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 2 SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Deur die eeue heen beïnvloed Afrika- en inheemse kuns die wêreld deur: landskappe, godheid beeldjies en primitiewe maskers. Hierdie kunsvorme het aanleiding gegee tot nuwe kunsbewegings onder andere, Kubisme en Stedelike kuns. 2.1 Hou die bogenoemde in gedagte en skryf ʼn kort opstel of twee paragrawe waarin jy FIGUUR 2a en FIGUUR 2b analiseer en interpreteer om te bewys dat die kunstenaars suksesvol was met die vaslê van die ‘gees’ van Afrika in ʼn nuwe/ander konteks. Verwys na die volgende: Media en tegniek Komposisie Simbole Kleur Inhoud FIGUUR 2a: Media En Tegniek: Swart en wit fotografie Komposisie: Driehoekige komposisie. Figure sentraal as fokuspunt geplaas. Simbole: Graffiti op mure beeld armoede onder Afrikaners uit; Maskers is ʼn Afrika invloed. Kleur: Swart en wit kan verwys na dit wat vergete is of dit wat nie gesien kan word nie. Dit kan ook verwys na die kontemporêre siening van Afrika-identiteit: wat eerder ʼn gevoel bewustyd is. Sodoende behou wit en swart mense wat in Afrika gebore is en hier erk, hul Afrika-identiteit. Inhoud: Die vergete en ongesiene arm, blanke Afrikaner in landelike Suid- Afrika. Die Antwoord Reeks. Roger Ballan gebruik swart en wit fotografie om sekere eienskappe van die wit Afrikaner se lewe in armoedige landelike gebiede uit te beeld. Die figure in die foto dra “primitiewe” maskers en die graffiti stel rotstekeninge voor. Dit beklemtoon die primitiewe leefwyse in landelike Suid- Afrika. FIGUUR 2b: Irma Stern, Pondo Woman (Pondo-vrou), 1929, olie op doek: Media en tegniek: Olieverf op doek, gebruik van los kwashale, lewendige gevoel Komposisie: Driehoekige komposisie; vroulike figuur sentraal geplaas as fokuspunt. Simboliek: Tradisionele Afrika klere en juwele Kleur: Baie gebruik van geel en bruin (word gesien as stroef) Inhoud: Pondo-vrou wat sit en dink (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 9 Die werk Pondo Woman is ʼn voorbeeld van ʼn figuurstudie waarin die vereenvoudigde gesigskenmerke, haarstyl, dekoratiewe kralewerk en tradisionele klere die uitbeelding van die vrou oorheers. Dit verteenwoordig ʼn tipe in plaas van die individu. Die houding van die vrou is na ‘binne gekeer’. Sy is peinsend, asof sy rustend is, of besig is om te dagdroom. Die feit dat die vrou afkyk, skep ʼn versperring tussen haar en die kyker, haar persoonlikheid word verberg en gevolglik dra dit by tot die stereotipiese weergawe van die vrou. Soos meeste van haar portret- en figuurstudies het Stern die onderwerp sentraal in die komposisie geplaas. Dit is soortgelyk aan Westerse portrette. Die invloed van Duitse Ekspressionisme is duidelik te bespeur, veral met die kaal figuur en die besige agtergrond. 2.2 Verwys na FIGUUR 2c. In ongeveer Bespreek Andries Botha se werk met spesifieke fokus op die volgende: Toepassing van formele kunselemente Tema/boodskap Stemming (gevoel) met betrekking tot Afrika Die olifant-trop installasie by Panne-strand in België is gemaak van 14 verskillende soorte hout wat in KwaZulu Natal gekry is van dooie bome of bome wat omgeval het. Die stukke hout is gekerf om te pas en is vasgeskroef aan die metaalstruktuur deur ʼn span werkers. Die gevolge van kolonialisme op Afrika is sentraal tot die interpretasie van hierdie werk. Die instelling van kapitalisme het gelei tot die kommersialisasie van alles – ʼn tradisionele kulture, die natuurlike omgewing en die diere wat daarin woon. Die olifant stel geheue voor en is die grootste soogdier op land. Hulle vergeet nooit nie en simboliseer dus geheue. Hulle het ʼn trofee geword en ʼn simbool van die mens se uitwerking en oorheersing van die natuur. (6) 2.3 Kies EEN ander kunswerk (wat nie in hierdie vraestel voor kom nie), deur ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk Afrika/Inheemse invloede toon. Skryf ʼn opstel van ten minste ʼn ½ bladsy, waarin jy die werk analiseer en evalueer met betrekking tot bogenoemde invloede. Verwys na die volgende: Naam van kunstenaar en kunswerk Toepassing van formele kunselemente Tema/boodskap Stemming (gevoel) met betrekking tot Afrika Ken punte as volg vir elke werk toe: 3 + 3 (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 3 SOSIO-POLITIEKE KUNS – INSLUITEND WEERSTANDSKUNS Deur die eeue heen was daar nog altyd ʼn sterk verbandskap tussen kuns en politiek. In tye van politieke onrus gebruik kunstenaars hul werk as ʼn mondstuk vir hul eie propoganda en sienswyses, of om hul onderdrukking deur diegene aan bewind, bekend te maak. Bewys die bogenoemde stelling as waar deur FIGUUR 3a, FIGUUR 3b en FIGUUR 3c te analiseer. Skryf ʼn opstel van ongeveer een bladsy en verwys na die volgende: Historiese konteks en inhoud Gebruik van formele kunselemente en komposisie Materiale en tegnieke Boodskap/betekenis 3.1 FIGUUR 3a – Historiese konteks en inhoud Hierdie skildery vier ʼn dag gedurende die 1830 Revolusie in Frankryk, toe mense vir hul vryheid geveg het. Delacroix het die skildery as ʼn politieke plakkaat gebruik. Hy was ʼn lid van die Nasionale Wag en het homself binne die werk geplaas as die man aan die linkerkant met die (top hat) – keil (naby/onder). Vryheid word voorgestel as ʼn majestieuse vrou met ʼn vlag en ʼn pistool wie die mense lei teen die koning se soldate. Die heldedade van die mense van Parys word voorgestel deur die tonele in die straat, seun met pistool, werker met sy swaard en die geleerde met sy keil. Maks. 3 Kunselemente en komposisie In ware romantiese styl word Delacroix se inhoud deur individuele kreatiwiteit, en emosionele drama gedryf. Die komposisie is gebaseer op dramatiese diagonale lyne soos voorgestel deur die vrou wat aanval, in haar hand ʼn vlag ʼn teenstrydige hoek met die vlagpaal; die seun se postuur en arms wat die pistool vashou; die postuur van die naakfiguur se bene, die hoek waarteen die pistool in die man se hand geplaas is, verteenwoordig die drama en beweging wat plaasvind. Aksie in die onderste helfte van die kunswerk word geskep deur die lyke se figuur in ʼn driehoekige komposisie. Ryk blou, rooi en wit kleur van die klere en vlag dra by tot intensiteit en emosie van die werk. Die agtergrond links, word gevul met ʼn skare protesteerders. Terwyl die perspektief aan die regterkant volgemaal word deur die rook van kanonne en wolke, dit dra by tot die plofbare atmosfeer. (4 punte) Maks. 4 Materiaal en Tegniek Die kunstenaar het nie swart vir skaduwee gebruik nie, eerder groen en violet. Los kwas hale dra by tot lewendige gevoel van kleur wat terselfde tyd die intensiteit van emosie tydens geveg, die lewe, pyn en dood oordra in sy werk. Maks. 2 Boodskap en betekenis Die mens se weerstand teen outoritêre gesag sal altyd oorwin. (Aanvaar enige logiese antwoord.) Maks. 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 3b: Historiese gebeurtenis: Kommentaar gelewer op Amerikaanse militêre optrede in Sentraal Amerika/Vietnam. In Interrogation III is die absolute kwesbaarheid van die vrou is sigbaar want sy is geblinddoek en vasgebind. Sy word ondervraag en gemartel deur twee polisiemanne/soldate Kunselemente: Golub skep sy werk op ongerekte doek soos baniere wat hang. Lyn: Soortgelyke strukture as die van Cezanne word gebruik om ondervraers se monsteragtige marteling voor te stel. Vorm: Die ondervraers se vorm is twee dimensioneel, wat ʼn gevoel van onmenslikheid skep, asook om hul determinasie om die slagoffer van alle menswaardigheid te stroop voor te stel. Tekstuur: Sy tegniek is om blootgesteldheid te skep deur lae verf aan te wend en gedeeltelik te stroop met ʼn chemiese middel en dan daar oor te krap om ʼn growwe tekstuur van die vel te skep wat die hardheid en brutaliteit van die ondervraers vertoon en terselfdertyd die blou kolle en merke van die slagoffer wys. Kleur: Vaal donker grys en blou pers word gebruik. Die slagoffer se liggaam word uitgebeeld in vaal pers wat ʼn gevoel van onheil en ʼn bleek toekoms gee. Spasie: Die agtergrond is ʼn vaal ligte pers wat weergalm in die donkerder pers van die slagoffer. Dit skep ʼn muur wat voorstel dat daar geen kans van ontsnapping is nie. Materiaal: Akriel op doek gestroop met chemikalieë en gekrap, verminder die chromatiese effek van die verf en skep ʼn vaal en bleek atmosfeer. Boodskap en betekenis: Die slagoffer is ʼn vrou wat met seksuele voorneme geteister word deur twee geklede mans, terwyl sy kaal sit met haar bene oop. Aangesien sy die enigste vrou in hierdie reeks skilderye is word sy ʼn simbool van manlike oppressie (onderdrukking) asook die objek van terrorisme in ʼn spesifieke situasie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) FIGUUR 3c – Historiese konteks en inhoud: Graffiti gedoen in 2005–2007 in Israel en Palestina. Kommentaar word gelewer op die aanhoudende konflik/oorlog tussen die twee lande. Kunselemente en komposisie: Die man asook die papier om die blomme is in swart geverf en die blomme in kleur. Materiale en tegnieke: Vooraf gemaakte stensils, spuitverf op muur/doek–graffiti styl Boodskap of bedoeling: Woede en frustrasie kan waargeneem word in die figuur se postuur. Hy gooi ʼn bom maar in die geval blomme. Die blomme verteenwoordig hoop en vreedsame oplossing van die konflik. Banksy is die skuilnaam van hierdie bekende Britse graffiti kunstenaar. Sy politieke en sosiale kommentaar word op strate, geboue en brûe wêreldwyd uitgestal. In verband met die Israeli-Palestina konflik het hy werke aan die Palestina kant van die grens/muur in 2005 en 2007 geskep. Volgens Banksy verander sy kunswerk Palestina in die wêreld se grootste tronk. In FIGUUR 3c word die petrolbom met ʼn bos blomme vervang. (10) 3.2 Kies TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat ʼn sosio-politieke boodskap lewer en skryf ‘n opstel (ten minste twee paragrawe van ʼn halwe bladsy elk) waarin jy die volgende insluit. Name van kunstenaars en kunswerke Inhoud/kwessies wat deur kunstenaar angespreek word Media en tegnieke Toepassing van kunselemente Evaluering van sukses met oordrag van boodskap (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 13 VRAAG 4 KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Wanneer jy met die term ‘Afrika-kunsvlyt’ gekonfronteer word begin jy wonder wat is kuns en wat is kunsvlyt? Daar is verskillende menings in die kunsgemeenskap wat lei tot interessante debattering. Kunsvlyt verg sekere vaardighede om ʼn item te kan skep. Dit beteken meeste ‘kuns’ is ook kunsvlyt. Beteken dit dan dat kunsvlyt ook ‘kuns’ is? Meningsverskille ontstaan as gevolg van die Westerse siening oor kuns in die klassieke sin, soos die verf van portrette. Afrika verfwerke behels die versiering van klip, velle, hout, keramiek, beeldhoustukke en die menslike liggaam. 4.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling, analiseer en interpreteer FIGUUR 4a en FIGUUR 4b deur ʼn opstel te skryf van 1 ½ tot 2 bladsye. Kies ook EEN ander kunswerk van jou keuse en EEN ander kunsvlyt stuk (van ʼn plattelandse area) van jou keuse en verduidelik wanneer iets as kuns geklassifiseer kan word. Verwys na die volgende: Kunselemente Funksie Mediums Tradisionele gebruik Religieuse en spirituele elemente Titels Inhoud Punte word as volg toegeken: 3 punte vir inleiding wat handel oor jou siening met betrekking tot die vraag 16 punte vir insiggewende kommentaar oor die vier kunswerke 1 punt vir ʼn kort slot (opsomming) FIGUUR 4A: Kunselemente: Vorm: Die pot neem ʼn sferiese vorm aan en is ’n tradisionele Zoeloe/Xhosa pot. Soortgelyke metodes en tegnieke as vir die maak van enige moderne keramiekpot is gebruik om dit te maak. Versameling van klei, prosessering van klei, bewerking (knie), vorm en gevuur. Dus kan dit as kuns gesien word asook kunsvlyt afhangende van persoonlike uitgangspunt. Kleur: Meeste Zoeloe-potte word swart gemaak nadat dit gevuur is, vir rituele aangesien die voorvadergeeste in donker plekke bly. Met tyd en gebruik kry die pot ʼn warm, bruin glans – tipies van die tipe pot. Glassering word nie gedoen nie en is ʼn moderne keramiekproses. Dit beteken nie dat die pot nie as kuns beskou kan word nie. As gevolg van die estetiese waarde en die proses wat gevolg word tydens die skepping pas dit in met die definisie van kuns. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) Patrone: Verskil van familie tot familie asook landelike omgewing. Daar kan tussen twee versierings onderskei word. Of uitgekerf of klei word bygevoeg. Die Nala familie maak van beide gebruik. Die kennis word van een generasie na die ander oorgedra om die tradisie te laat voortleef maar dis die unieke patrone en versiering wat dit kuns maak. Funksionaliteit: As ʼn pot funksioneer dit net so goed soos enige moderne keramiekpot wat as kuns geklassifiseer word, al kan dit as kunsvlyt geklassifiseer word. Medium: Alhoewel kuns handel oor kreatiwiteit, is die oordra van vakmanskap van geslag tot geslag dieselfde as wanneer daar ʼn aantal van dieselfde moderne kunswerke geproduseer word. Tradisionele gebruik: Drie grotes. Grootste een ‘Imbiza’ vir bier brou; die ‘Ukhamba’ vir bediening van kos; ‘Umancishana’ om vleis en graan te kook of suurmelk te drink. Religieuse en spirituele elemente: Na ʼn ontmoeting met argeoloog, Len van Schalkwyk, is Nesta beïnvloed deur die gebruik van patroon deur haar voorvaders. Sy het die tradisie aan haar dogters Jabu, Thembi en Zanele oorgedra. Alhoewel die dogters hul eie styl het teken hul die werke – ʼn Zoeloe tradisie. Met Nesta se kleindogters leef die tradisie voort. Titel: Ukhamba – Erdewerk – Ukhamba is die Zoeloe naam vir ʼn pot waarin bier voorgesit word. Inhoud: Om bier te bedien is ʼn baie belangrike deel van Zoeloe kultuur. Die kunstenaar wil dit behou. Aanvaar enige ander logiese bespreking en evaluering. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 15 FIGURE 4B: FIGUUR 4b is beeldhouwerk wat onder die klas van Westerse beeldhou val. Al is dit van hout gemaak wat tradisioneel in kunsvlyt gebruik word in Afrika gesinne met die maak van Opperwese figure, is die proses en tegniek asook finale produk in lyn met ‘kuns’ eerder as kunsvlyt. Kunselemente: Vorm: Die komposisie is gevlegte figure, die vloei simboliseer ʼn vloed. Komposisie is driehoekig en stel slagoffers wat swem na veiligheid voor. Die figure is effens plat en stel die krag waarteen hul veg voor. Tekstuur: Is relatief glad, om ʼn vloeiende atmosfeer rondom die slagoffers te skep. Spasie: Daar is in die uitwaartse vloei vanaf die klouende figuur skep die illusie van ʼn onbeheerbare krag. Funksionaliteit: ʼn Dekoratiewe herinnering van ʼn tragiese gebeurtenis. (Picasso se “Guernica”) Medium: Maroela-hout. Maklik bekombaar nes marmer vir die Grieke of soos kalksteen maklik bekombaar vir die Egiptenare was. Tradisionele gebruike: Religieuse en Spirituele elemente: Mabasa sê dat sy deur voorvadergeeste gesê is om klei as medium te los en met hout moes eksperimenteer. Wat meestal deur mans gedoen is, sy oorbrug so die geslagsbeperkinge van haar tyd. Sy vind inspirasie deur haar drome en skep al vir die laaste 25 jaar kuns. Titel: The Flood (Die Vloed) – verwys na die tragiese gebeurtenis wat deur ʼn groter gesag as die natuur georkestreer is. Inhoud: Geïnspireer deur ʼn TV uitsending oor die vloed wat KZN en ander dele van SA getref het. Daar word gewys hoe mense en diere probeer om die vloedwaters te ontsnap. ʼn Formidabele stryd tussen mens en natuur lyk of dit besig was om plaas te vind. Aanvaar enige ander logiese bespreking en evaluering. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5 MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Multimedia kunstenaars maak gebruik van elemente wat spreek tot al vyf die sintuie. In klassieke kuns word slegs die sintuig van sig geprikkel. As gevolg van Marchel Duchamp en sy “Ready-mades”, geniet sig (as ʼn sintuig) steeds groter belangrikheid in multimediakuns. 5.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 5a; skryf ʼn paragraaf (ʼn halwe bladsy) waarin jy die stelling bespreek. Neem die volgende in ag: Die medium wat gebruik is Die boodskap van die kunswerk FIGUUR 5a (Mag FIGUUR 5b sleg as verwysing gebruik) Kendall Geers The Terrorist’s Apprentice, 2002. Vuurhoutjie/gevonde voorwerpe. Die kunswerk bestaan uit ʼn vuurhoutjie wat in eie spasie uitgestal word. Geers verwys na ʼn stelling deur Winnie Mandela: “We don’t have guns – we have doeke, boxes of matches and our “necklaces” with which we will free this country.” Die ironie is dat ʼn veiligheidsvuurhoutjie uitgestal word maar dit kan eindelose skade aanrig. Die konsep agter die werk is belangriker as die objek self. (4) 5.2 Ook met verwyssing na die bogenoemde stelling, analiseer en bespreek FIGUUR 5b in opstel formaat (ten minste ½ bladsy). Verwys na die volgende: Toepassing van kunselemente en beginsels Mediums se relevansie tot konsep FIGUUR 5c – Willem Boshoff, Blind Alphabet 1990. Hot, staal en aluminium. Die kunstenaar het diskriminasie beleef as gevolg van sy Afrikaanse aksent. Toe hy by ʼn Engelse skool skoolgehou het, het hy ʼn lys van moeilike Engelse woorde saamgestel en hy het die woorde in gesprekke met Engelssprekendes gebruik om hul oningeligtheid ten opsigte van hul eie taal te ontbloot. Toe begin hy ʼn woordeboek van moeilike woorde saamstel. Met die kunswerk het hy gestreef om blinde mense die kunswerk te laat ‘sien’ en sodoende iets daaruit te leer. Hierdeur is die blinde in ʼn bevoordeelde posisie met die oorhand ten opsigte van die kunswerk. Mense wat kan sien word die ‘ongeletterde’. Die kunswerk bestaan uit 338 houtbeelde in staalkaste. Die deksel van elk het ʼn aluminium plakker met woorde in Braille op. Blinde mense gebruik Braille om te lees; hulle gebruik hul vingers. Die woorde in Braille is moeilike Engelse woorde met hul betekenis en herkoms. Die beelde binne verteenwoordig die woord op die gedenkplaat . Aanvaar enige ander interpretasie solank dit ʼn logiese interpretasie ondersteun met verwysing na die werk. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 17 5.3 Skryf ʼn opstel van ten minste een bladsy waarin jy TWEE multimedia werke wat jy bestudeer het, herroep, bespreek en vergelyk deur die volgende te verwys: Name van werke en kunstenaars Media Boodskap en/of betekenis Deur watter kuns styl is dit beïnvloed Voorlegging ʼn Werk wat in hierdie vraestel voorkom , mag nie gebruik word nie, maar 'n ander werk deur een van die kunstenaars wat in hierdie vraestel gebruik is toelaatbaar . (10) [20] VRAAG 6 POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA Post-Apartheid visuele kuns het ʼn definitiewe bydra gemaak tot die integrasie en emansipasie van verskillende rasse in Suid-Afrika. Dit het gelei tot ʼn geloofwaardige, kontemporêre Suid-Afrika waarin kunstenaars weereens kon fokus op hul eie identiteit. 6.1 Skryf ʼn opstel van ʼn ¾ bladsy en bespreek hoe die kunstenaars van die visuele bronne FIGURE 6a en 6b hul identiteit uitdruk deur hul kunswerke. Verwys na die volgende: Mediums wat gebruik word Style en tegnieke Kommentaar wat deur die kunstenaars gelewer word Watter kunstenaar maak die grootste impak op jou, gee redes vir jou keuse In FIGUUR 6a: Kunselemente: Konsepsuele fotografie, Tegniek minder belangrik as inhoud en boodskap Styl en Tegniek: Gebruik kleurfoto’s as medium om idees oor te dra. In Islam is dit verbode om die menslike vorm uit te beeld en daarom is die kunstenaars ook die modelle in hul werk. Kommentaar deur kunstenaars gelewer: Die kunstenaars bevraagteken hul herkoms as Moslem, Indiërs en Suid-Afrikaners. ʼn Soeke na hul plek in ʼn multikulturele en multi-religieuse samelewing. Die Vyf Pilare van Islam word uitgebeeld deur die pilare (geloof, gebed, vas, liefdadigheid, pelgrimstog). Dit lyk of daar ʼn selfmoordbom-aanvaller in die middel van die toneel is. Kommentaar gelewer op die Westerse siening van Moslems. Watter een maak die sterkste impak , met redes vir sy / haar keuse? (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) In FIGUUR 6b – Wim Botha. Mieliepap Pïeta, 2004. mieliepap, resin Kunselemente: Spieëlbeeld voorstelling van die Pïeta deur Michelangelo met ooreenstemmende dimensies. Styl en Tegniek: ʼn klassieke naturalistiese aanslag wat lyk soos wit marmer wat gebruik is in oorspronklike kunswerk. Mieliemeel en resin word gebruik om beeld te vorm. Soos wat meel gebruik word om ongesuurde brood te maak. Mieliemeel is ʼn stapelvoedsel in Afrika en plaas die beeld in ʼn Afrika konteks. Kommentaar deur kunstenaar: Botha se Pïeta handel oor hartseer en verlies. Dit kommunikeer menslike tragedie. Die jeugdige Madonna in kontras met die lewelose liggaam van Jesus oor haar skoot. Haar oë wat fokus op sy wonde. Mieliemeel is ʼn stapelvoedsel vir Suid-Afrika se laer ekonomiese klasse. Botha wys die verhouding tussen stapelkos en geloof. Sy word ʼn Afrika Madonna. Watter kunstenaar maak die grootste impak op jou, gee redes vir jou keuse. Leerders moet hul keuse verduidelik ten opsigte van werk met grootste impak. 6.2 Skryf ʼn opstel van ten minste 1½ bladsye waarin jy die werke van enige TWEE kunstenaars wie jy bestudeer het wie se werk hul post-1994 identiteit bevraagteken en reflekteer, bespreek. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord, hulle mag nie in hierdie vraestel voor kom nie. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 19 VRAAG 7 GESLAGSKWESSIES – MANLIKHEID EN VROULIKHEID Vanaf die Renaissance era is die vroulike figuur ʼn fokuspunt vir menigte kunstenaars, waarvan die meeste mans is. Mettertyd het vroulike kunstenaars ook op die vroulike figuur begin fokus, maar nie om haar as die stereotipies idee van wat ʼn vrou is uit te beeld nie. 7.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 7a en FIGUUR 7b, skryf ʼn opstel van ongeveer ʼn ¾ bladsy, waarin jy verduidelik en bespreek hoe hierdie kontemporêre vroulike kunstenaars die vroulike vorm voorstel. Verwys na die volgende: Komposisie Styl Formele kunselemente Hoe geslag bevraagteken/bevestig word FIGUUR 7a – Jenny Saville, Propped, 1992, olie op doek: Titel: Die titel Propped verwys letterlik na die figuur se postuur soos wat dit op die stoel sit. Die stoel bied ondersteuning en hou die figuur regop al is dit massief, vleesagtig en belaglik. Komposisie: Die figuur is sentraal geplaas op die doek en is die fokuspunt. Die komposisie fokus op en beklemtoon die liggaam met ʼn verkorte vooraansig van die vroulike vorm. Die figuur het ʼn klein kop en voete met oorgrote bobene. Dit is bedoel om die kyker te ontstig. Opper kwessies soos skoonheid en verleidelikheid met betrekking tot vroulike vetsug. Styl: Die kunstenaar verf figure gebaseer op haarself. Die aanwending van verf is soos bloukolle op die groot liggaam. Formele elemente van kuns: Lyn en Kleur: Duidelike harde buitelyn van figuur beklemtoon die massiewe sittende kaal vrou teen ʼn blou muur met half uitgeveede woorde op. Vorm: Al is daar ʼn direkte vooraansig van die figuur, kontrasteer die bruin saam met gebruik van lig op gesigstrekke en beklemtoon so die drie- dimensionaliteit van die vorm om die vetsug van die figuur te aksentueer. Hoe geslag bevraagteken/bevestig word: Die werk bevraagteken konvensionele skoonheid. Die figuur poseer op ʼn verleidelike manier wat haar meer interessant maak. Skoonheid is sigbaar in ekspressiewe natuur van die werk wat ʼn Venus of Willendorf/Moeder Aarde gevoel skep. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) FIGUUR 7b: Mary Sibande. Red Dogs, 2015, Installasie. Gebruik van titel: Vyf rooi honde in die voorgrond van die installasie. Die vroulike figuur lyk of sy hulle beveel om iets/iemand buite sig aan te val. Of sy jaag hulle weg asof hulle haar pla. Komposisie: Driehoekig. Vroulike figuur is sentraal – fokuspunt. Arms na vore gestrek na die kyker. Vyf honde op die aanval van iets/iemand buite sig. Lyk of hulle vorentoe hardloop. Die vrou beveel hulle om aan te val of sy jaag hulle (die honde) weg. Styl: Die teatrale kwaliteit van haar werk plaas dit in die klas van fantasie. Haar werk lewer kritiek op die stereotipering van vrouens, veral swart vrouens in ons samelewing. Haar passie vir mode en klere word in haar kuns gesien en lewer kommentaar op status. Kunselemente: Vorm en Kleur: Die vroulike figuur wat in die installasie gebruik word is ʼn beeld van die kunstenaar self, gemaak met veselglas en silikoon, soos ʼn mannekyn. Figuur is pers en honde is rooi in kontras met swart en wit agtergrond. Die gevaarlikheid van die honde (Rottweilers) word beklemtoon met hul rooi kleur – gevaar. Hoe geslag bevraagteken/bevestig word: Die kunswerk is nie gemaak om ʼn gevoel van woede oor te dra nie, ook nie skaamte of vernedering nie. Eerder hoe die verwagtende ma (Arm beskermend oor maag) heeltemal beheer uitoefen oor die bloeddorstige honde. Sy het die vermoë om iets te beheer wat mans sou bang hê. 7.2 Skryf ʼn opstel van ongeveer 1 ½ bladsye oor enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wie se werk manlike/vroulike identiteit aanspreek. Noem, beskryf en vergelyk die kunswerke. Sluit jou opstel af met ʼn bespreking van die impak van albei werke. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 21 VRAAG 8 ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die 20ste en 21ste eeu het gesorg vir uitsonderlike baanbrekerswerk in argitektuur. Innoverende ontwerpe, wat ook omgewingsbewus, is word wêreldwyd aangetref. 8.1 Met betrekking tot die bogenoemde stelling, bestudeer die innoverende strukture (elk een relevant tot hul eie tyd) in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b. Skryf ʼn opstel (1 bladsy) waarin jy die innoverende prestasies van elk een evalueer. Sluit jou gedagtes oor die volgende in: Toegepaste elemente van ontwerp Moontlike invloede en kreatiwiteit Interessante karakterseienskappe Doel en effektiewe funksionaliteit FIGUUR 8a – KIKS Gebou in Kaapstad, Suid-Afrika. Groot glasstrukture is geplaas in oop modulêre staalstrukture. Dit skep ʼn gevorderde tegnologie “High Tech” indruk en gevoel. Die gebou het ʼn drieverdieping sirkulasie “ruggraat”. Aan die strandfront moes sterk winde en baie geraas in ag geneem word. Wind en Hitte/Koue (Termiese) studies het gewys dat die hangende sonskerms en potplante noodsaaklik sou wees om die weerstoestande te akkommodeer asook ʼn eko-vriendelike omgewing skep. FIGUUR 8b – House Rhino, 2011. Crossways, Oos-Kaap, Suid-Afrika. ʼn Omgewingsvriendelike groenhuis, eerste van sy soort in Afrika. Herwinde materiaal is oral gebruik, bv. by die dek, ʼn natuurlike rotstuin. As gevolg van insulasie het die huis minder verhitting/verkoeling nodig. Dis Hydromedic – alle reënwater word onmiddellik opgevang en onder die huis gestoor. Dit word dan herwin en hergebruik. Die huis word deur sonpanele, op die dak, van krag voorsien. (8) 8.2 In ʼn opstel van ongeveer 1½ bladsye analiseer TWEE geboue, deur bekende, populêre Suid-Afrikaanse argitekte. Bespreek vorms, materiale en ontwerp wat hierdie geboue in ʼn kategorie van uitmuntende impak plaas. Die volgende aspekte mag relevant wees: Name van argitekte/besighede en geboue Spesiale eienskappe Ligging en plasing Gebruik van boumateriale, tegnologie en ontwerp Ekologiese inagneming Omgewingskwessies Funksionaliteit (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all