Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

MemorandumVisual ArtsGrade 12201620 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in baie gevalle: • Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee. • Krediet moet ook aan laterale denke gegee word. • Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoord te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. 6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS • Hierdie memorandum moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die memorandum kan slegs 'n voorgestelde gids wees. • LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. • Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek. • Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte behaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES  KODE 7 • Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 80–100% lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6 • Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 70–79% kommentaar te lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon uitstekende insig en begrip. 5 • Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 60–69% lewer. • Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. 4 • Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 50–59% lewer. • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. 3 • Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 40–49% lewer. • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. 2 • Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 30–39% kommentaar te lewer. • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. 1 • Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 0–29% kommentaar te lewer. • Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Beide kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b se titel is Shebeen. Dit reflekteer hoe die kunstenaars hulle sosiale, alledaagse lewens ervaar. 'n Shebeen is ʼn gewilde term wat gebruik word vir 'n informele kuierkroeg of drinkplek. 1.1 Verwys na FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf 'n paragraaf waarin jy die volgende bespreek: • Die keuse van kleur en die impak wat dit op die kyker het FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, gouache, circa 1939: Helder, nie-voorstellende kleure, (geel, blou en bruin) is gebruik. Die gebruik van komplimentêre kleure, (warm gele en koue bloue) skep kontras. Die gebruik van somber kleure dra by tot die armoedige trietsige atmosfeer van die toneel. FIGUUR 1b: Kay Hassan, Die Shebeen,1997 installasie Warm kleure is gebruik om 'n feestelike atmosfeer te skep. Die kyker het interaksie met die toneel en voel deel daarvan. Die atmosfeer word ervaar. • Die gebruik van lig in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, gouache, circa 1939 Die sterk, helder geel ligbron verlig die tafel in die middel asook die vroulike figuur aan die regterkant. Die ander figure in die skildery is uitgebeeld as silhoeëtte teen die ligbron. 'n Verligte deuropening aan die regterkant vorm 'n sterk kontras met die donker muur in die agtergrond. FIGUUR 1b: Kay Hassan, Die Shebeen, 1997, installasie 'n Eenvoudige elektriese lig hang net bokant die tafel in die middel van die vertrek. Die lig beklemtoon die tafel as die fokale punt. Die weerkaatste beelde op die mure verskaf ook lig in die vertrek. • Die gebruik van die menslike figuur in elke kunswerk FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, circa 1939: Shebeens, klein kroegies of drinkplekkies is 'n integrale deel van Suid- Afrikaanse leefwyse. In die voorgrond is 'n donker manlike figuur met sy rug gekeer na die kyker. 'n Tafel is diagonaal geplaas, wat die twee groepe figure skei. Vier vereenvoudigde/gestileerde figure is om die tafel gerangskik. In die agtergrond is 'n tweede tafel/toonbank waar figure skottegoed was en deeg uitrol. Die figure met hulle rug na die kyker gekeer, lei die oog in die skildery in. FIGUUR 1b : Kay Hassan, Die Shebeen, 1997, installasie Hierdie is 'n laag-op-laag-samestelling van beelde en gebeure wat ondervind is oor 'n tydperk. Beelde van 'n shebeen-toneel word teen 'n muur Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum geprojekteer en sluit in albei stemme van kliente en pop musiek. Verskeie stoele is teen die mure gerangskik en 'n reghoekige koffie tafel is in die middel van vertrek geplaas. Die afwesigheid van mense impliseer dat hulle reeds daar was. Daar is geen fisiese teenwoordigheid van die menslike figuur in die installasie nie. 'n Beeld van 'n vrou met haar hande op haar heupe word weergegee met twee ander figure agter haar. Dit lyk asof hulle nou net by die tafel gesit het en nou in die agtergrond dans. • Die atmosfeer/storie/boodskap wat in elke werkstuk oorgedra word FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, gouache, circa 1939: 'n Gelukkige, warm en gerusstellende atmosfeer is geskep. Dames by die toonbank in die agtergrond is besig met verskillende aktiwiteite. Hierdie eenvoudige toneel kan empatie by die kyker skep. FIGUUR 1b: Kay Hassan, The Shebeen, installation, 1997 'n Feestelike atmosfeer word geskep deur die gebruik van klank en geprojekteerde beelde. Geen spesifieke mense of plekke word voorgestel nie maar eerder 'n 'township' shebeen. Dit is 'n sosiale gebeurtenisse waar mense bymekaar kom om van hulle alledaagse lewens te ontvlug en om hulle vriende te ontmoet. (8) 1.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wie se werk alledaagse leefwyse, werk en sosiale omstandighede in Suid-Afrika reflekteer en uitbeeld. Jy kan die volgende as 'n riglyn gebruik: • Name van kunstenaars en titels van werke • Formele kunselemente • Onderwerp • Styl • Inspirasie en invloede • Boodskappe/betekenis (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS John Clarke stel belang in die landskap en geskiedenis van die mense van Suidelike Afrika. Nicholas Hlobo se werk ondersoek, herdenk en hou verband met sy erfenis en kultuur as 'n Suid-Afrikaner. 2.1 In die vorm van 'n paragraaf, bespreek die volgende met betrekking tot die visuele bronne in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b. • Visuele ooreenkomste Die getekende vertikale lyne wat houtpale voorstel kom ooreen met die werklike hout wat in Figuur 2b gebruik is. In elke werk kan sirkelvormige vorms gesien word. Die beeld van 'n kraal of plek van veiligheid word in elke werk weergegee. Die gebruik van organiese vereenvoudigde vorms soos die sirkelvormige 'skoot' in 2a en die geweefde ronde beeld in 2b, dra al twee boodskappe van verblyf vir diere of mense in Afrika. • Die gebruik van verskeie media en tegnieke FIGUUR 2a: John Clarke, houtskool en pastel John Clarke gebruik houtskool en pastel as sy media van uitdrukking vir tonale en teken teksture. Daar is 'n duidelike kontras en gradiënt in die tonale waardes. Hierdie word herhaaldelike ondervindinge soos om grense oor te steek, spore en roetes te volg en om landmerke en mensgemaakte tekens te identifiseer. FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse hout, staal, draad, lint, en rubber binneband Hierdie is 'n versameling van beeldhou objekte, insluitende die vorming van 'n Zoeloe kraal, gemaak van verskillende hout pale wat hy bymekaar gemaak het vanaf 'n kliprif naby sy huis in sentrale Johannesburg. Die struktuur is versier met geweefde pienk linte (skep idee van trampolien), wat verdwyn na 'n objek gemaak van gestikte rubber. Die titel, Umthubi (2006), is gegee na aanleiding van die melkerige pap wat vee oppassers vir pasgebore kalfies gee • Gebruik van lyn, sirkels/sirkelvormige vorms en die herhaling daarvan FIGUUR 2a: John Clarke, houtskool en pastel Clarke poog om die spesifieke kwaliteite wat hy in die Suid-Afrikaanse landskap gevind het oor te dra, deur mensgemaakte strukture met organiese vorms te kontrasteer. Die kunswerk is twee-dimensioneel, tog skep die kunstenaar drie-dimensionalitieit deur die gebruik van sy skakeringstegniek van sterk kontrasterende toonwaardes van donker na lig. Die organiese vorms en sirkelvormigheid is vereenvoudig en gestroop van detail. Die kunstenaar het verskeie ronde vorms gebruik. Die paar takke, stokke en pale herinner 'n mens aan 'n kraal. Die herhaling van die sirkelvormige voorwerpe skep beweging in die werk. Hy is beïnvloed deur myn aktiwiteite, huishoudelike strukture en artefakte van die vorige en huidige inwoners van die land. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse hout, staal, draad, lint, ribber binneband Die struktuur/installasie is sirkelvormig en die vorm is drie-dimensioneel. Die kunswerk herinner ons aan 'n ronde kraal, wat kosbare besittings beskerm. Dit kan ook vergekyk word met 'n baarmoeder wat kosbare lewe beskerm. Die herhaling van die natuurlike take skep onreëlmatige vertikale lyne en organiese vorms. Hy gee uitdrukking aan sy verbinding met sy erfenis en herdenk stories van Suid-Afrikaanse kultuur. • Op watter manier verwys die kunswerke ma Afrika/inheemse kunsvorme FIGUUR 2a: John Clarke, houtskool en pastel Geronde, vloeiende organiese lyne vorm 'n kontras met die vertikale lyne van die take. Hierdie vorms is tipies van die etniese informele nedersettings in die landelike gebiede. 'n Gradiënt van verskillende lyne is gebruik om 'n landskap in die agtergrond te skep wat die horison vorm. Hierdie is kenmerkend van Afrika landskappe. 'n Muur met reguit en sirkelvormige lyne kan waargeneem word. 'n Vereenvoudigde geronde bank en tafel met 'n tafeldoek kan in die voorgrond gesien word. Dit lyk soos 'n ope- lug kook area wat gevind word in Suid Afrikaanse etniese gemeenskappe. FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse hout, staal, draad, lint, rubber Die herhaling van vertikale lyne van die takke skep 'n ritmiese vloei deur die werk. Dit kan vergelyk word met 'n kraal of 'n tipiese Afrika Lapa, wat 'n beskutting is vir diere en mense. Die dun pienk lint wat aanmekaar geweef is skep 'n sentrale membraan wat herinner aan 'n heining om iets veilig te hou. (8) 2.2 Skryf 'n opstel en verwys spesifiek na die kunswerke van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wie hulle Afrika-erfenis uitbeeld. Jou opstel behoort die volgende in te sluit: • Name van kunstenaars en titels • Onderwerp en inhoud • Stylbenadering • Invloede op hulle werk • Boodskappe/Betekenis (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's Kunstenaars gebruik soms verskeie beelde as simbole om kommentaar te lewer oor sosio-politieke kwessies. 3.1 Verwys na die stelling hierbo, bestudeer die beeld in FIGUUR 3a en skryf 'n paragraaf waarin jy die volgende oorweeg • Onderwerp en die gebruik van beelde 'n Dierlike manlike figuur, wat ooreenstem met 'n aap of 'n hond, word weergegee as die hoof onderwerp in die komposisie. In die raam van die ets is fragmente van menslike ledemate en afgekapte koppe met angsvolle gesigsuitdrukkings. Die hoof figuur dra 'n polisie keps met 'n koplig op. Sy mond is boosaardig oopgesper met ontblote skerp tande. Vanuit sy mond is 'n tong sigbaar in die vorm van 'n slang, wat ook 'n oop mond het met saagtande. Sy vier bene is gestreep, en hy het dierlike voete met drie tone aan elke voet. Onder regs van die ets is 'n verwringde figuur wat na die dier skiet. Onder die dier is 'n wit been wat gewoonlik aan honde gegee word om aan te kou. • Fokuspunt: Die groot dier in die middel van die prentvlak is die Fokuspunt. • Gebruik van kleur en toonwaardes: Die hoof figuur is donker swart en pers met 'n helder geel ligbaan wat van die hoed skyn. Hierdie komplimentêre kleure versterk die kontras tussen die moordenaar end die vermoorde. Die toonnaels en die lippe is prominent as gevolg van die rooi kleurgebruik. Dit word ook in die gesigte herhaal. Die agtergrond is gedruk in ligter skakerings van blou. Die swart en wit strepe en vorms op die hooffiguur, herinner die kyker aan die waarskuwing op padtekens/chevronborde • Moontlike simbolisme: Die dier verteenwoordig die polisiemag wat uit is op 'n heksejag en mense verwoes in hulle pad. Dit word ook beklemtoon deur die polisiehoed wat deur die dier gedra word. Die skerp tande van al die beelde wys hulle woede, angs en foltering. Die geskende liggaamsdele wat oraloor gestrooi lê, skep 'n gevoel van dood en verwoesting. Hierdie kan ook 'n satiriese aanbieding wees van hoe mense die manlike polisie in magsposisies ervaar. Hekse word ook geassosieer met kloue met lang naels – soos gesien kan word in die rooi naels van die dier. • Styl en tegniek: Die leerders moet kommentaar lewer oor die manier waarop die figure aangebied is. Ekspressionisme is gebruik soos wat gesien kan word in die harde buitelyne, distorsies, en oordrewenheid in die liniêre benadering. Die droë ets tegniek versterk die liniêre en tekstuele resultaat. • Skaal/Proporsie: Hierdie dier is letterlik en figuurlik oorweldigend weens sy grootte, maar dis ook dreigend en intimiderend. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.2 In die vorm van 'n opstel, bespreek TWEE relevante kunswerke wat oor onderdrukking en trauma handel. Jou opstel moet die volgende insluit: • Naam(Name) van kunstenaars en titels van werke • Onderwerpe/Temas • Moontlike kwessies wat deur die werke hanteer word • Styl van die werke • Die gebruik van formele kunselemente soos kleur, lyn, tekstuur, ens. • Gebruik van media en tegniek (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA 'n Profeet is 'n persoon wie met geestelike inspirasie praat, of as 'n vertolker deur wie die wil van 'n god uitgedruk word. 4.1 Skryf 'n kort opstel waarin jy die uitbeelding van spirituele beelde in FIGUUR 4a en FIGUUR 4b bespreek. Gebruik die volgende as 'n riglyn in jou bespreking: • Wat doen die profeet in elkeen van hierdie werke? Die profeet is die middelpunt van belangstelling in 4a, waar al volgelinge met wanhoop opkyk vir verlossing. In 4b is die profeet besig om 'n persoon te doop of te seën of die persoon simboliseer die natuur wat geseën word. • Komposisie FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, The Prophet, olie op doek, 1913 'n Gedrapeerde en bebaarde figuur van 'n profeet verskyn in die middel van die skildery, met arms in die lug wat 'n simmetriese en gebalanseerde komposisie skep. By sy voete is 'n geraamte-agtige, angsvolle skare wat opkyk na hom. Die agtergrond is gefragmenteerd met skerp gesplinterde vorms wat geboue/huise vorm. Twee wit stroke weerlig kan gesien word aan die bokant van die skildery. FIGUUR 4b: Billy Mandindi, Profesie III, lino-reliëfdruk, 1985 Mandini handel met die tema van Nonqawuse, 'n jong meisie profeet, deur haar in konteks te plaas binne in die kontemporêre stryd teen apartheid. Die bevryding wat sy voorspel het moet nog gebeur. Hy interpreteer die Xhosa profetes in verband met die uitbuiting van migrerende arbeiders. Die profetiese figuur aan die regterkant dra 'n jurk/mantel, mynhoed met koplamp en 'n pot of houer wat van die voorvaders afkomstig is. Die koplamp skyn in 'n ligstreep na die figuur links, 'n swart figuur met horings. Die profetes doop of seën hierdie persoon met 'n uitgestrekte arm en hand in die rigting van die oë en kop. • Styl FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, Die Profeet, olie op doek, 1913 Die agtergrond is in warm toonwaardes van oranje, geel, bruin en wit. 'n Blou drapeersel/doek bedek die profetiese figure. Geraamte gesigte is geverf in toonwaardes van grys en versamel aan die voete van die profeet. Die styl herinner aan Kubisme met surrealistiese beelde in die agtergrond FIGUUR 4b: Billy Mandindi Profesie III. 1985. Lino-reliëfdruk Hierdie lino druk is in swart ink op wit papier gedruk wat 'n hoë kontras meebring. Swart en wit dekoratiewe lyne, vorms en teksture is dwarsdeur die druk gebruik. Grys toonwaardes is geskep deur die lyne en geometriese vorms te herhaal. Die werk is ekspressief. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Fokuspunt FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt , Die Profeet, olie op doek, 1913 Die groot figuur van die profeet in die middel van die komposisie is die fokale punt. . FIGURUR 4b: Billy Mandindi Profesie III. 1985. Lino-reliëfdruk Die fokale punt van die druk is die figuur van die profetes aan die regterkant. Die kyker se oog word gelei deur die diagonale lyne wat deur die ligstraal en die uitgestrekte arm en hand van die profetes wat sy oor die figuur se gesig hou, geskep word. • Diepte en perspektief: FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, Die Profeet, olie op doek, 1913 Diepe en perspektief word geskep deur die geboue in die boonste, deel van die komposisie en die oorvleuelende figuur van die profeet met opgehefde hande in die middel. Die oorvleueling, grys koppe, hande en ledemate word kleiner en is hoër geplaas in die komposisie wat ook diepte meebring. FIGUUR 4b: Billy Mandindi, Profesie III. 1985, lino-reliëfdruk: Die figuur van die profetes aan die regterkant dra 'n mantel, wat die skild en ander klere bedek. Die skild is voor die tradisionele pot. Na links is die figuur se arms oor die swart plat agtergrond, wat soos water lyk. Die geraamte van die arms kan gesien word, maar die hande is deur die raam afgesny. • Atmosfeer In Figuur 4a is die gesigsuitdrukkings van die mense in die voorgrond vol vrees en wanhoop. Hulle kyk na die profeet asof hulle smeek om genade en verlossing. Dit skep 'n atmosfeer van verwoesting en vernietiging. In Figuur 4b is daar ook bewyse van die val van die mensdom soos aangedui is deur die kopbeen aan die onderkant van die drukwerk. Die kreatiewe patroonwerk maak die werk meer vrolik. • Boodskap/Betekenis Mandini handel met die tema van Nonqawuse, 'n jong meisie profeet, deur haar in konteks te plaas binne in die kontemporêre stryd teen apartheid. Die bevryding wat sy voorspel het moet nog gebeur. Hy interpreteer die Xhosa profetes in verband met die uitbuiting van migrerende/rondtrekkende arbeiders. Die profetiese figuur aan die regterkant dra 'n jurk/mantel, mynhoed met koplamp en 'n pot of houer wat van die voorvaders afkomstig is. Die koplamp skyn in 'n ligstreep na die figuur links, 'n swart figuur met horings. Die profetes doop of seën hierdie persoon met 'n uitgestrekte arm en hand, in die rigting van die oë en kop. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.2 Skryf 'n kort opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wie se werk deur hulle landelike en/of spirituele agtergrond beïnvloed is. Jou opstel moet die volgende insluit: • Name van kunstenaars en titels van werke • Gebruik van kunselemente • Gebruik van materiaal en tegnieke • Invloede op die kunswerke • Styl (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA FIGUUR 5a en FIGUUR 5b beeld Yinka Shonibare se installasiewerke uit waarin hy visueel 'n 'balanseertoertjie' uitbeeld. 5.1 Ontleed die kunswerke in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b deur die volgende riglyne te gebruik: • Driedimensionele aspekte van elke werk: FIGUUR 5a Daar is 'n sentrale figuur wat die leë spasie domineer. Die gebalanseerde tasse op die figuur skep 'n vertikale lyn wat die oog opwaarts lei. Die grootte van die tasse skep perspektief aangesien die tasse kleiner word in die opstapeling. Die swart gloeilamp/aardbol word die fokale punt wat wegvloei in die toring van tasse. FIGUUR 5b Die figuur/kunswerk is geplaas in 'n weelderige omgewing. Die vroulike figuur balanseer op 'n bal wat die Fokuspunt vorm. Die kyker se interaksie is die drang om die figuur te ondersteun uit vrees vir val. • Verskille en ooreenkomste Die verskille is dat die komposisie in Figuur 5a gefokus is op een area, die man, en die tasse, wat dit 'n meer vertikale beweging gee. Die visuele kommunikasie is die druk wat geplas word op een area en dit bring mee 'n gevoel van inperking of sonder vryheid. Figuur 5b se komposisie is ook gesentreerd rondom die ronde bal, alhoewel die ander objekte soos die kamer en sy interieur met versierings, maak die komposisie meer lateraal, wat die oog meer laat rond beweeg na al die ander objekte in die kamer. Die ooreenkomste is dat beide Figuur 5a en 5b is geplaas in 'n ingeslote spasie binne in 'n vertrek. Die figure is aangetrek in tradisionele Afrika klere of materiaal wat met Afrika kleding geassosieer word. By beide werke is die balansering van figure die konsep. • Gebruik van kostuums Deur kostuums te gebruik, identifiseer die kunstenaar mense wat as akteurs optree, wat dieselfde toertjies doen as die mense in 'n sirkus. Dit skep 'n gevoel van vermaaklikheid waar die kyker deel van die gehoor word. • Gebrek aan koppe Deur die koppe van die figure uit te laat, forseer die kunstenaar die kyker om op die balansering te fokus. Hulle verloor ook hulle identiteit soos wat dit dikwels in die vermaaklikheidswêreld gebeur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Deur te verwys na bogenoemde stelling van 'n balanseertoertjie verduidelik die moontlike betekenisse/boodskappe van die kunswerke FIGUUR 5a Die kunstenaar maak gebruik van alledaagse, gewone objekte om die metafoor van 'n gebalanseerde handeling te kommunikeer. Die figuur waar na verwys word as die hawelose man dra verskeie tasse op sy rug. Dit kan beteken dat hy nie 'n plek of huis het om heen te gaan nie. Die tasse kan ook die bagasie simboliseer wat die mens uit sy verlede met hom saamdra wat onderdrukkend is en hom verhoed om sy doelwitte te bereik. FIGUUR 5b Die kunstenaar wys 'n koplose meisie wat met een voet op 'n ronde bal balanseer. Dit kan die gevare en probleme simboliseer wat jong kinders in vandag se tyd ervaar. Hierdie gevare kan geassosieer word met die sosiale media want wanner 'n mens iets navors op die internet is die aardbol een van die simbole wat jy sien. Die werk is geplaas in 'n welgestelde interieur. Dit verteenwoordig die gevaarlike samelewing waarin ons leef en hoe maklik inligting toeganklik geword vir almal enige tyd van die dag of nag. Die feit dat die figuur koploos is kan beteken dat die meisie nie haar eie identiteit het nie en nie toegang het tot globale inligting of nuus nie. Die Afrika tradisionele materiaal herinner ons van haar nederige oorsprong. Dit kan ook die ekologiese en omgewings bewustheid beklemtoonvan industrialisasie en hoe die jeug van vandag die balans moet handhaaf van elke dag se uitdagings. (10) 5.2 Skryf 'n opstel en bespreek enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het waar die kunstenaar(s) multimedia op 'n kontemporêre manier gebruik het. Gebruik die volgende as 'n riglyn: • Naam(Name) van kunstenaar(s) en titels van werke • Inhoud en gebruik van materiaal en tegnieke • Die gebruik van nuwe/multimedia om waarde en betekenis tot die kunswerke by te dra • Moontlike boodskappe wat die kunswerke oordra (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 6: POST-1994- DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA Kunswerke vertel stories oor mense se leefstyle en identiteit. 6.1 Beide kunswerke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b vertel 'n storie. Skryf ʼn paragraaf waarin jy oor hierdie stelling uitbrei. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Onderwerp/beelde FIGUUR 6a 'n Driehoekige formasie is geskep deur die 4 figure wat om 'n uitgesnyde vorm van 'n fiets staan. 'n Kleiner figuur in die verte ry op 'n fiets wat diepte aan die werk verleen. Die gesig van die groter figuur is bedek deur 'n 'hoodie' en die ander twee dra 'beanies'/ musse. Die sentrale figuur is aangetrek soos 'n konstruksiewerker en die figuur heel links dra 'n boek of lêer. Die twee groter figure blyk gelukkig en rustig te wees. Twee van die figure is regop geplaas teen staanders. Daar is beelde van wolke, voëls, geboue, 'n konstruksieteken, plante/bome. 'n trein en waterpype. 'n Deftige hoed wat met 'n manlike figuur geassosieer word kan gesien word op die grond/pad/sypaadjie langs die fiets. Die hoed gooi 'n skaduwee en is daarom meer realisties as die ander uitgesnyde objekte. Die werk is in swart, wit en dele in sepia/bruin. Ekstra inligting vir die nasiener Haar werk bestaan uit digitaal-gemanipuleerde foto's en foto's of karton collages. Sy gebruik lewensgrootte plat modelle van die karakters wat verband hou met haar verskeie familie stories. In hierdie fiktiewe vertellinge is sy die enigste 'werklike' persoon wat die persona van haar oupa aanneem geklee in 'n pak, tipiese klere wat hy gedra het in familiefoto's. FIGUUR 6b 'n Straat toneel waarin daar mense, hibriede kreature, 'n perd, ruiter, vroue en manlike figure is wat die aand kermis geniet. Die dorp/geboue kan in die agtergrond gesien word en is verlig deur neonligte. Ekstra inligting vir die nasiener Neo Rauch is 'n Duitse kontemporêre skilder wat deel vorm, van wat bekend staan as die Nuwe Leipzig skool. Rauch is beïnvloed deur Surrealisme, Pop Kuns, strokiesverhale en Duitse Ekspressionisme. Sy werk is figuratief en bestaan uit 'n vermenging van persoonlike, historiese en politieke onderwerpe. Sy styl vind oorsprong in sy kinderjare in die ou Oos- Duitsland. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Komposisie en Fokuspunt FIGUUR 6a: Die komposisie is oorvol; meeste van die figure en objekte is in die middelgrond geplaas. Die figuur in die middel sowel as die fiets is die fokale punt. 'n Driehoekige formasie is geskep deur die 4 figure wat om 'n uitgesnyde vorm van 'n fiets staan. Die rangskikking van die reghoekige vorms skep diepte en vorm. FIGUUR 6b: Die komposisie is oorvol en besig. Perspektief word geskep deur die geboue/figure wat kleiner word. Die perd en sentrale gebou word die Fokuspunt. • Hoe dra die medium by tot die belang van die werk? FIGUUR 6a Die enigste item wat perfek uitgesny is, is die hoed wat dit baie meer realisties laat voorkom as die ander uitgesnyde vorms. Die uitgesnyde vorms van die lewensgrootte fotografiese beelde maak die werk baie dramaties. Die kyker word deel van die foto. Die skadu's skep 'n drie-dimensionalitiet. Die foto vanaf 'n groepfoto gee baie meer inligting oor mense en hulle omgewing, as wat enige ander tradisionele medium sou doen. FIGUUR 6b Die deurskynende, dun aanwending van die olie verf skep 'n helder interessante toneel. Die warm kleure (rooie, oranje en gele) skep 'n feestelike atmosfeer. Komplimentêre kleure, bloue en oranjes, skep kontras. Die helder kleure in die voorgrond kontrasteer met die donkerder kleure in die agtergrond • Moontlike boodskappe en temas FIGUUR 6a Die fiets kan impliseer dat dit die enigste vorm van vervoer is en dus maak dit 'n sosio-politieke siening. Die figuur in die agtergrond ry met sy fiets na 'n onbekende bestemming. Die figuur aan die regterkant kan 'n straatkind voorstel siende dat sy kop bedek is met 'n 'hoodie' en kan sy gebrek aan identiteit wees, of dat hy besig is om weg te kruip. Die ander twee figure glimlag en kyk na die hooffiguur wat 'n poging aanwend om sy fiets reg te maak. Daar is 'n klein konstruksie teken wat verwys na die werkers gemeenskap. 'n Trein kan in die verte gesien word wat die publieke vervoer aandui. Die voëls in die lug kan vryheid voorstel. Die gebruik van skadu's skep 'n somber atmosfeer en laat die kunswerk meer drie-dimensioneel voorkom. Die sentrale figuur beweeg in die rigting van die hoed. FIGUUR 6b Die skildery beeld uit 'n kermis of vlooimark in die aand. Die figure is aangetrek in klere van verskillende eras. Hulle neem deel aan aktiwiteite wat verband hou met feestelikhede. Daar is 'n vermenging van modern, kontemporêre en historiese figure, byvoorbeeld die man in die voorgrond werk op sy skootrekenaar, waar al die ander figure goedere verkoop. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 6.2 In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse post-1994 demokratiese kunstenaars wat hul identiteit ondersoek. Jy moet die volgende riglyne gebruik: • Name van kunstenaars en titels van die kunswerke • Onderwerpe/Temas • Media/Tegnieke en materiale gebruik • Formele kunselemente (12) • Moontlike betekenisse [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Kunstenaars wat geslagskwessie in hulle werk uitbeeld, voel soms sterk oor die bevooroordeelde idees van die gemeenskap oor die rolle wat van mans en vroue verwag word 7.1 Vergelyk die visuele bronne in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b. Jy bespreking/vergelyking moet die riglyne hieronder volg: • Die uitbeelding van die vroulike figuur in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b FIGUUR 7a Manet se skildery is 'n gedetailleerde voorstelling van 'n kontemporêre toneel. Die sentrale figuur staan voor 'n spieël agter 'n kroegtoonbank. Manet beeld haar uit as 'n hartseer kroegmeisie wat gaste bedien. Sy is afgesonder van die gehoor, en is alleen in 'n oorvol vertrek. Sy kom amper melankolies en hartseer voor. Al twee haar hande steun op die toonbank asof dit haar ondersteun in haar afgesonderdheid. Dit lyk asof sy sweef. Alles op die toonbank is te koop. Dit lyk asof haar arms na voor strek asof sy ook te 'koop' is. Sy het 'n hangertjie om haar nek. Die skildery het 'n ryke detail, wat leidrade verskaf aangaande die klas en agtergrond van die mense. Die kyker sien twee voete bo links in die skildery. Baie gaste sit aan tafels en kuier. Die blomme herinner 'n mens aan vroulikheid. Aan die regterkant van die skildery, in die refleksie van die spieël, is 'n manlike figuur wat met die meisie in 'n gesprek is. Die kyker word die kliënt (man met die hoed). Die kyker, as die persoon wat voor die toonbank staan, sien dieselfde toneel as die meisie. Die refleksies is nie die ware afbeelding van die werklike objekte nie. Die refleksies van die man en die meisie is 'n raaisel, aangesien die perspektief inkorrek is. FIGUUR 7b Morimura het homself in die middel van die skildery geplaas, aangetrek met dienooreenkomstige klere en mode as in FIGUUR 7a. Hy neem 'n foto van homself en verwerk dit digitaal dat dit soos die bekende skildery lyk. Hy wend swaar grimering aan en gebruik kostumering voor hy die foto neem. Die arms is uit gips gegiet en geverf in 'n velkleur. In Teater A, word Morimura die vroulike kroegmeisie. Elke klein detail is weergegee. Sy werk herinner aan die DADA beweging, wat 'n bespotting van kuns gemaak het na WOII. Die ooreenkomste tussen die twee kunswerke is die interieur details van die vermaaklikheidsale in Parys, Frankryk. Die twee voete aan die linkerkant van die werk is die van sweefstokkunstenaars. Die refleksies van die twee werke: Die bottels, refleksies van mense en blomme in die voorgrond. Die bottels se refleksies en getalle verskil. In FIGUUR 7b, het die kunstenaar die meisie uitgebeeld met gevoude arms wat kan impliseer dat hy nie te koop is nie en as verdedigend voorkom. Morimura het nie saamgestem met die refleksie van die meisie se hare in die werk van Manet nie, en daarom het hy sy refleksie meer gedetailleerd en netjies gemaak, en nie skilderagtig soos Manet se werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Die leerders moet kommentaar lewer oor die refleksies in die spieël van elke werk FIGUUR 7a Manet se werk beeld 'n kroegmeisie uit met 'n hartseer gesigsuitdrukking. Sy is in gesprek met 'n man wie se refleksie in die spieël waargeneem kan word. Sy is aangetrek in 'n netjiese onderbaadjie en romp met vroulike kant om die kraag. Die kunswerk is mistig en die refleksies is dof wat haar broosheid versterk FIGUUR 7b Hy transformeer homself as half-manlik, half-vroulik. Hierdie verwarde seksualiteit maak hom 'n kontroversiële (omstrede) kunstenaar, selfs in vandag se samelewing. Hy skep hierdie beroemde werke, deur sy manlike gesig en liggaam ten toon te stel, as 'n oudwordende volwassene in die plek van foutlose jong meisies. Die refleksies van die twee werke: Die bottels, refleksies van mense en blomme in die voorgrond. Die bottels se refleksies en getalle verskil. In FIGUUR 7b, het die kunstenaar die meisie uitgebeeld met gevoude arms wat kan impliseer dat hy nie te koop is nie en as verdedigend voorkom. Morimura het nie saamgestem met die refleksie van die meisie se hare in die werk van Manet nie, en daarom het hy sy refleksie meer gedetailleerde en netjies gemaak, en nie skilderagtig soos Manet se werk nie. • Hoe spreek die kunstenaars manlikheid en vroulikheid aan in hulle werke? FIGUUR 7a Die aanwending van die verf is sag en mistig wat 'n melankoliese gevoel skep met 'n vroulike benadering. Die skildery het 'n sagte vroulike voorkoms. Die uurglas-figuur, gebruik van kant en juwele versterk die vroulikheid. FIGUUR 7b: Die kunswerk van Morimura het 'n definitiewe harde voorkoms en manlike benadering. Die nabootsing is uitstekend gedoen maar het 'n meer moderne resultaat amper soos 'n drukstuk. Die gesigsuitdrukking is hard. Die hande is manlik en die fisiese figuur is meer stewig. (6) 7.2 In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk(e) van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wie se werke kommentaar lewer oor geslagskwessies. Jy kan die volgende gebruik: • Name van kunstenaars en titels van werke • Uitbeelding van geslagskwessies • Kontemporêre elemente en beelde gebruik • Media en tegnieke (14) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Voorafvervaardigde huise is 'n betroubare en intelligente oplossing vir beide ons en ons kinders, waar ons die uitdagings van ekologie, ekonomie en energie in die gesig staar. 8.1 Gebruik die volgende riglyne en bespreek FIGUUR 8a en FIGUUR 8b: • FIGUUR 8a en FIGUUR 8b inspirerend In FIGUUR 8a en FIGUUR 8b is tyd gespaar aangesien daar geen gebou is nie en die voorafvervaardiging is terrein spesifiek. Die materiaal is relatief goedkoop wanneer dit vergelyk word met bestaande huise op die mark. Herwinde Voorafvervaardiging spaar energie en tyd. Konstruksie tyd is minder as die helfte van konvensionele bouwerk op 'n perseel. Die gebou in FIGUUR 8a het estetiese waarde, aangesien die groot glas panele voor die 'container' (behouering) 'n futuristiese struktuur skep • Hulle moet aantoon waarom die vrydraende balk (kantelbalk) in FIGUUR 8a, so ver oor die bouplek hang Die 'containers' (behouerings) word so ver oor die bouplek geplaas om 'n swewende gevoel te skep. Deur die ondersteunings strukture weg te laat, word daar klem geplaas op die behouerings. Hierdie bou-metode kan gebruik word oor 'n afgrond of heuwel om die inwoners asemrowende uitsigte te bied. • Die leerder moet redes gee waarom hulle dink dat die gebou in FIGUUR 8b 'n interessante dak het Die interessante dak oor die gebou in FIGUUR 8b is meer funksioneel as wat dit esteties is. Die skuins dak kan reënwater herlei of lekkasies in die platdak verhoed. Dit is ook 'n beskerming teen direkte sonlig. (6) 8.2 Skryf 'n opstel waarin jy ten minste TWEE argitekte/geboue/strukture bespreek waar die argitek(te) oplossings op nuwe uitdagings gekry het. Die volgende moet by jou bespreking ingesluit word: • Name van geboue en argitekte • Invloede • Tyd en koste • Funksie en terrein • Omgewingsinvloede • Gebruik van materiale en konstruksiemetodes (14) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all