Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis28 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Visual Literacy and Art Analysis20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
• Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
• Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
• Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
• Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
• 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning:
• 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
• 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
• 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel)
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
WOORDELYS
Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
spesifieke vraag te benader:
Analiseer/Ontleed: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie
van 'n kunswerk.
Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stellings.
Formele Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep,
kunselemente: soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie,
ensovoorts.
Interpreteer: Analiseer/Ontleed en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n
kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities,
ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke
spesifieke voorbeelde te verwys.
Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting;
met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting
verwys.
Kontemporêr: Kuns wat op die voorpunt is vanaf ongeveer die 1970's tot
vandag.
Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun.
Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook
'n verduideliking.
Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.
Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne
dieselfde argument aan.
Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of
waarna in ander bronne verwys word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Beide kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b se titel is Shebeen (Sjebeen). Dit
weerspieël hoe kunstenaars hulle sosiale, alledaagse lewens ervaar. 'n 'Sjebeen' is 'n
gewilde term wat gebruik word vir 'n informele kuierkroeg of drinkplek.
1.1 Verwys na FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf 'n paragraaf waarin jy die
volgende bespreek:
• Keuse van kleur en die impak daarvan op die kyker
• Gebruik van lig in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b
• Gebruik van die menslike figuur in elke kunswerk
• Die atmosfeer/storie/boodskap wat in elke kunswerk weerspieël word (8)
1.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat
die alledaagse lewe, werk en maatskaplike omstandighede in Suid-Afrika
weerspieël en uitbeeld.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Formele kunselemente
• Onderwerp
• Styl
• Inspirasie en invloede
• Boodskappe/Betekenis (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 1a: Gerard Sekoto, The Shebeen, (Die Sjebeen), Sophiatown, gouache, circa 1939.
FIGUUR 1b: Kay Hassan, The Shebeen (Die Sjebeen), plek-spesifieke installasie
wat 'n geprojekteerde beeld op sinkplaat insluit, met agtergrondgeluide uit die
alledaagse lewe, 1997.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
John Clarke stel belang in die landskap en geskiedenis van die mense van Suider
Afrika. Nicholas Hlobo se werk ondersoek, herdenk en hou verband met sy erfenis en
kultuur as 'n Suid-Afrikaner.
2.1 In die vorm van 'n paragraaf, bespreek die volgende met betrekking tot die
visuele bronne in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b:
• Visuele ooreenkomste
• Gebruik van verskillende media en tegnieke
• Die gebruik van lyn, sirkels/sirkelvormige vorms en die herhaling
daarvan
• Die manier waarop die kunswerke na Afrika-/inheemse kunsvorme
verwys (8)
2.2 Skryf 'n opstel waarin jy spesifiek verwys na die kunswerke van enige TWEE
kunstenaars wat jy bestudeer het wat hulle Afrika-erfenis uitbeeld.
Jou opstel behoort die volgende in te sluit:
• Name van kunstenaars en titels van kunswerke
• Onderwerp en inhoud
• Stylbenadering
• Invloede op hulle werk
• Boodskappe/Betekenis (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 2a: John Clarke, titel onbekend, houtskool en pastel, datum onbekend.
FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, eksotiese en inheemse hout, staal, draad,
lint en rubberbinneband, 2006.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
1970's EN 1980's
Kunstenaars gebruik dikwels verskeie beelde as simbole om kommentaar te lewer op
sosiopolitieke kwessies.
3.1 Verwys na die stelling hierbo, bestudeer die beeld in FIGUUR 3a en skryf 'n
paragraaf waarin jy die volgende oorweeg:
• Onderwerp en die gebruik van beelde
• Fokuspunt
• Gebruik van kleure/toonwaardes
• Moontlike simbolisme
• Styl en tegniek – oorweeg die manier waarop die figure aangebied is
• Skaal/Verhouding (8)
3.2 In die vorm van 'n opstel, bespreek TWEE relevante kunswerke wat oor
onderdrukking en trauma handel.
Sluit die volgende by jou antwoord in:
• Naam(Name) van kunstenaars en titels van werke
• Onderwerp/Tema
• Moontlike kwessies wat deur die werke hanteer word
• Styl van die werke
• Gebruik van formele kunselemente soos kleur, lyn, tekstuur, ensovoorts
• Gebruik van media en tegniek (12)
[20]
Droënaald-ets: 'n Drukprosestegniek waar ʼn beeld met 'n harde naald met 'n skerp
metaal- of diamantpunt uitgekrap word op 'n metaal-/koperplaat. Dit
produseer 'n sagte druk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 3a: Norman Catherine, Witch Hunt (Heksejag), droënaald-ets met waterverf, 1988.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
'n Profeet is 'n persoon wat deur geestelike inspirasie praat, of as 'n vertolker optree
deur wie die wil van 'n god uitgedruk word.
4.1 Skryf 'n kort opstel waarin jy die uitbeelding van die spirituele beelde in
FIGUUR 4a en FIGUUR 4b bespreek.
Gebruik die volgende as 'n riglyn in jou bespreking:
• Wat doen die profeet in elkeen van hierdie werke?
• Komposisie
• Styl
• Fokuspunt
• Diepte en perspektief
• Atmosfeer
• Boodskappe/Betekenis (10)
4.2 Skryf 'n kort opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wie se werk deur
hulle landelike en/of spirituele agtergrond beïnvloed is.
Jou opstel moet die volgende insluit:
• Name van die kunstenaars en titels van werke
• Gebruik van kunselemente
• Gebruik van materiaal en tegnieke
• Invloede op die kunswerke
• Styl (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, The Prophet (Die Profeet), olie op doek, 1913.
FIGUUR 4b: Billy Mandindi, Prophecy III (Profesie III), lino-reliëfdrukwerk, 1985.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
FIGUUR 5a en FIGUUR 5b beeld Yinka Shonibare se installasiewerke uit waarin hy
visueel 'n 'balanseertoertjie' uitbeeld.
5.1 Ontleed die kunswerke in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b deur die volgende
riglyne te gebruik:
• Die driedimensionele aspek van elke werk
• Verskille en ooreenkomste
• Gebruik van kostuums
• Gebrek aan koppe
• Verwys na die woord 'balanseertoertjie' hierbo en verduidelik die
moontlike boodskappe/betekenisse van die kunswerke. (10)
5.2 Skryf 'n opstel en bespreek enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het
waar die kunstenaar(s) multimedia op 'n kontemporêre manier gebruik het.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
• Naam(Name) van kunstenaar(s) en titels van werke
• Inhoud en gebruik van materiale en tegnieke
• Die gebruik van nuwe media/multimedia om waarde en betekenis tot die
kunswerke by te dra
• Moontlike boodskappe wat die kunswerke oordra (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 5a: Yinka Shonibare, Homeless Man (Hawelose Man), mannekyn, Hollandse
wasgedrukte katoentekstiel, leertasse, aardbol en metaalbasis, 2012.
FIGUUR 5b: Yinka Shonibare, Girl on Globe 2 (Meisie op Aardbol 2), area-spesifieke
installasie: veselglas mannekyn, Hollandse wasgedrukte katoen, aardbol, 2011.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 6: POST-1994- DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA
Kunswerke vertel stories oor mense se leefstyle en identiteit.
6.1 Beide kunswerke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b vertel 'n storie. Skryf ʼn
paragraaf waarin jy oor hierdie stelling uitbrei.
Jy mag die volgende riglyne gebruik:
• Onderwerp/Beeldgebruik
• Komposisie en fokuspunt
• Hoe die gebruik van die medium bydra tot die interessantheid van die
kunswerk
• Moontlike boodskappe en temas (8)
6.2 In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk van enige TWEE relevante
Suid-Afrikaanse post-1994 demokratiese kunstenaars wat hul identiteit
ondersoek.
Jy moet die volgende riglyne gebruik:
• Name van die kunstenaars en titels van die kunswerke
• Onderwerp/Temas
• Media/Tegnieke en materiale gebruik
• Formele kunselemente
• Moontlike betekenisse (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 6a: Lebogang Kganye, The Bicycle (Die Fiets), 'n digitaalgemanipuleerde foto van
lewensgroot kartonuitknipsels van vergrote foto's, 2013.
FIGUUR 6b: Neo Rauch, Abendmesse (Aandkermis), olie op doek, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Kunstenaars wat geslagskwessies in hulle werk uitbeeld, het dikwels sterk opinies oor
die bevooroordeelde idees van die gemeenskap en die rolle wat van mans en vroue
verwag word.
7.1 Vergelyk die visuele bronne in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b.
Jou bespreking/vergelyking moet die riglyne hieronder volg:
• Die uitbeelding van die vrou in FIGUUR in 7a en FIGUUR 7b
• Lewer kommentaar oor die weerkaatsing in die spieël in elke kunswerk
• Hoe hanteer die kunstenaars manlikheid en vroulikheid in hulle werke?
Gee redes vir jou antwoord.
(6)
7.2 In 'n opstel, bespreek die werk(e) van enige TWEE kunstenaars wat jy
bestudeer het, wie se werke kommentaar lewer oor geslagskwessies.
Jy mag die volgende gebruik:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Uitbeelding van geslagskwessies
• Kontemporêre elemente en beelde gebruik
• Media en tegnieke (14)
[20]
Bevooroordeeld: Onregverdig, omstrede of eensydig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 7a: Édouard Manet, Bar at the Folies-Bergère,
(Kroeg by die Folies-Bergère), olie op doek, 1882.
FIGUUR 7b: Yasumasa Morimura, Theater A (Teater A), gepixeleerde foto,
kleurfotodruk, 1990. Die kunstenaar skep tonele uit beroemde skilderye en
plaas homself daarbinne as die sentrale of hoofkarakter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Voorafvervaardigde huise is 'n betroubare en intelligente oplossing vir beide ons en
ons kinders, waar ons die uitdagings van ekologie, ekonomie en energie aanpak.
8.1 Gebruik die volgende riglyne en bespreek FIGUUR 8a en FIGUUR 8b:
• Gee geldige redes waarom jy die geboue in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b
inspirerend vind.
• Waarom word die gebou in FIGUUR 8a vrydraend oor die bouterrein laat
hang?
• Wat kan die rede wees vir die bou van die interessante dak in
FIGUUR 8b? (6)
8.2 Skryf 'n opstel waarin jy ten minste TWEE geboue/strukture bespreek waar die
argitek(te) oplossings vir nuwe uitdagings gekry het.
Die volgende moet by jou bespreking ingesluit word:
• Name van geboue en argitekte
• Invloede
• Tyd en koste
• Funksie en terrein
• Omgewingsinvloede
• Gebruik van materiale en konstruksiemetodes (14)
[20]
Voorafvervaardiging: Om 'n gebou of dele van 'n gebou vooraf te vervaardig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FIGUUR 8a: Sebastián Irarrázaval, Caterpillar House (Ruspewoning),
'n skeepshouer-gebaseerde gesinswoning wat uitkyk op die Andesgebergte,
Chile. Die huis is saamgestel uit 12 skeepshouers wat slaapkamers,
leefareas en 'n swembad insluit, 2012.
FIGUUR 8b: Tsai Design, oorspronklike idee van die 15-jarige Marshaam Brink,
Vissershok Container Classroom project (Vissershok-skeepshouer-
klaskamerprojek), Du Noon township, Suid-Afrika, herwinde
skeepshouers, sement, glas en polistireen, 2012.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum