Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
Gebruik van die korrekte kunsterminologie
Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
Skryf en navorsing in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel)
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
1.1 Verwys na FIGUUR 1a en FIGUUR 1b. Vergelyk die verskillende benaderings
van die kunstenaars.
Gebruik die volgende riglyne in jou bespreking:
Onderwerp
Invloede
Lyn, vorm en kleur
Plasing van die figure en geboue/strukture
Skilderstyl
Stemming/Atmosfeer (8)
1.2 Skryf 'n opstel oor EEN Suid-Afrikaanse kunstenaar wat sy/haar omgewing en
eie ervarings van die alledaagse lewe uitbeeld.
Verwys na die volgende:
Onderwerp
Invloede
Kunselemente
Komposisie
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 1a: Willie Bester, Township Life (Township-lewe),
gemengde media, datum onbekend.
FIGUUR 1b: David Hockney, American Collectors (Amerikaanse Versamelaars),
akrielverf, 1968.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Karel Appel het gesê dat sy emosionele uitdrukkings 'n middelposisie tussen orde en
chaos inneem.
2.1 Bespreek die stelling hierbo deur na Afrika en ander invloede in FIGUUR 2a
en FIGUUR 2b te verwys.
Jy kan die volgende insluit:
Vorms en simbole
Kunselemente
Moontlike betekenisse/boodskappe (8)
2.2 Bespreek EEN kunswerk deur EEN kunstenaar wie se werk deur Afrika
beïnvloed word/is.
Gebruik die volgende riglyne in jou antwoord:
Onderwerp
Invloede
Simbole
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 2a: Karel Appel, Angry Landscape (Ontstoke Landskap),
olieverf op doek, 1967.
FIGUUR 2b: Walter Battiss, Mother of the Tribe (Moeder van die Stam),
olieverf op doek, datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Kunstenaars gebruik 'n kombinasie van media en simboliek as 'n stem teen politieke
en/of sosiale ongeregtighede in die samelewing om 'n dieper betekenis oor te dra.
3.1 Analiseer FIGUUR 3a en FIGUUR 3b om kommentaar te lewer op hoe hierdie
kunstenaars hul stemme van weerstand oorgedra het.
Jy kan die volgende riglyne gebruik:
Onderwerp
Media en tegniek
Simboliek
Moontlike betekenisse/boodskappe (8)
3.2 Bespreek die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hul
kuns gebruik om boodskappe oor sosiale en/of politieke kwessies oor te dra.
Gebruik die volgende in jou antwoord:
Onderwerp
Invloede
Kunselemente
Media en tegniek
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 3a: Sam Nhlengwethwa, Shaft (Skag), collage en gemengde media, 1987.
FIGUUR 3b: Khaya Witbooi, Guns and Roses (Gewere en Rose),
olie- en spuitverf op doek, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Die tradisionele Afrika-masker is nog altyd as 'n diep geestelike uitdrukking vir kulturele
en godsdienstige seremoniële redes gebruik. Kontemporêre kunstenaars gebruik die
masker op baie verskillende maniere.
4.1 Bespreek hoe die tradisionele masker herinterpreteer is deur na FIGUUR 4a
tot FIGUUR 4d te verwys.
Jy kan na die volgende verwys:
Gebruik van herwinde materiaal
Tegnieke
Moontlike betekenisse/boodskappe (8)
4.2 Analiseer die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat landelike
kuns, kunsvlyt en/of geestelikheid verteenwoordig.
Invloede
Kunselemente
Media en tegnieke
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 4a: Tradisionele Afrika-masker, FIGUUR 4b: Edson Chagas, Tipo Passe
hout en verf, datum onbekend. (Paspoort,), datum onbekend.
FIGUUR 4c: Romuald Hazoumé, Dogon, FIGUUR 4d: Cyrus Kabiru, C-Stunners series,
herwinde materiaal, 1996. (C Stunners-reeks), materiaal wat herwin en
vir 'n ander doel ingespan is, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Die Toring van Babel in die Bybel was 'n toring wat na die hemel deur ryk, korrupte en
materialistiese mense opgebou is. God het hul trots gestraf deur die toring af te breek
en hulle te vonnis deur almal in verskillende tale te laat praat.
Ter ere van Buenos Aires, wat as die 2011 Wêreldboekhoofstad benoem is, het die
kunstenaar, Marta Minujín, 'n toring van Babel geskep deur 30 000 boeke te gebruik
wat van regoor die wêreld geskenk is. Besoekers word toegelaat om na die bopunt van
hierdie struktuur te loop.
5.1 Bespreek Minujín se kunswerk in FIGUUR 5a.
Gebruik die volgende riglyne:
Die betekenis daarvan om boeke van regoor die wêreld te gebruik
Die grootte van die werk
Vertoon van die kunswerk in 'n openbare ruimte
Gebruik van ligging/plek
Interaksie van die kyker
Moontlike betekenisse/boodskappe (8)
.
5.2 Kunstenaars beeld dikwels hulle eie interpretasie van stories en mites uit en
gebruik verskillende materiaal en tegnieke om 'n storie te vertel.
Bespreek EEN kunswerk van TWEE verskillende kunstenaars wat
onkonvensionele/interessante media en tegnieke gebruik om 'n storie te
vertel.
Gebruik die volgende riglyne:
Lyn, vorm en kleur
Media en tegnieke
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 5a: Marta Minujín, Tower of Babel (Toring van Babel), boeke, stellasies, 2011.
FIGUUR 5b: Besonderhede van boeke en konstruksie, 2011.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Zyma Amien se kunswerk bring hulde aan haar ma en ouma wat in die tekstielbedryf
gewerk het. Die tekstielbedryf het die reputasie dat hulle vroue uitbuit deur hulle 'n
minimum loon vir lang ure se werk te betaal.
6.1 Bespreek hoe Zyma Amien hierdie uitbuiting in haar werk uitgebeeld het deur
na die volgende te verwys:
Beskrywing van die werk
Kleur
Simboliek (6)
6.2 Baie demokratiese kunstenaars na 1994 se werk het uit hul eie persoonlike
geskiedenisse ontwikkel, net soos Zyma Amien.
Bespreek die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse demokratiese
kunstenaars na 1994 wat hulle eie identiteite verken.
Jy kan na die volgende riglyne verwys:
Onderwerp
Invloede
Kunselemente
Komposisie
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 6a: Zyma Amien, Paying Homage (Huldeblyk), oorpakke gemaak van gaas
en naaimasjiene uit verskillende tydperke, installasie, 2016.
FIGUUR 6b: Zyma Amien, Paying Homage (Huldeblyk),
nabyfoto, 2016.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Die kontemporêre samelewing het 'n meer verdraagsame benadering tot
geslagskwessies, wat kunstenaars toegelaat het om met stereotipes te breek.
7.1 Dink jy die kunstenaars in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b het met stereotipes
gebreek?
Reageer op die stelling hierbo deur die volgende riglyne te gebruik:
Visuele voorkoms/liggaamstaal
Styl en tegniek
Stemming en atmosfeer
Interpretasie van geslagskwessies (10)
7.2 Die samelewing het bevooroordeelde idees oor manlikheid en vroulikheid.
Debatteer jou standpunt oor hierdie kwessie in 'n bespreking van die werk
van TWEE kunstenaars wat op geslagskwessies in hul werk kommentaar
gelewer het.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Onderwerp/Temas
Invloede
Media en tegnieke
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 7a: Andrew Salgado, Drawing Lesson (Tekenklas),
olie- en spuitverf op doek, 2014.
FIGUUR 7b: Kehinde Wiley, The World Stage: Jamaica series (Die Wêreldverhoog:
Jamaika-reeks), olieverf op doek, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte het 'n intelligente
regeringsgebou in Tshwane ontwerp. Groen-ster-status is aan hierdie gebou, wat
beide die nuwe en die oue kombineer, toegeken. 'n Gedeelte van die Agrivaal-gebou is
bewaar en die nuwe gebou 'haak' aan die ou gebou vas en beskerm dus Suid-Afrika
se erfenis.
Analiseer enige twee geboue wat jy hierdie jaar bestudeer het deur die volgende te
beantwoord:
Dink jy dit was 'n goeie idee van PKA Internasionale Argitekte om 'n gedeelte van
die ou Tshwane-gebou by die nuwe ontwerp vir die Agrivaal-hoofkwartier te
inkorporeer? Staaf jou antwoord deur na jou eie voorbeelde te verwys.
Watter strukture het jou gekose argitekte in hulle geboue gebruik?
Dink jy argitekte behoort dele van ou geboue te behou wanneer 'n nuwe struktuur
gebou/ontwerp word. Staaf jou antwoord.
Weerspieël jou gekose gebou Suid-Afrika se erfenis? Staaf jou antwoord.
Materiaal
Styl
Moontlike invloede [20]
Groen-ster-beoordeling: Hierdie beoordelingstelsel verskaf 'n reeks groen
maatreëls wat gebruik kan word in die ontwerp/
konstruksie van 'n gebou om dit meer volhoubaar te maak,
byvoorbeeld water, materiaal, grondgebruik en ekologie,
uitlatings en energie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FIGUUR 8a: Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte,
Agrivaal-hoofkwartier vir die Departement van Openbare Werke,
hoek van Hamilton- en Edmondstraat, Tshwane,
teëls, glas, siersteen, 2013.
FIGUUR 8b: Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte,
Agrivaal-hoofkwartier, teëls, glas, siersteen, 2013 (interieur).
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum