Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
FEBRUARIE/MAART 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 344.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae
vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening
gemaak word:
Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoord te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
en titel van die werk toegeken.
6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
antwoord bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
in die nasienproses.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
KODE
7 Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100% lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79% kommentaar te lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon uitstekende insig en begrip.
5 Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
60–69% lewer.
Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
50–59% lewer.
Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
40–49% lewer.
Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
30–39% kommentaar te lewer.
Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
0–29% kommentaar te lewer.
Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet in gedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE:
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van kleurverskille in die gedrukte vraestelle van die verskillende provinsies
moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
1.1 Kandidate moet die verskillende benaderings van die kunstenaars vergelyk
deur die gebruik van die volgende riglyne in hul bespreking:
Onderwerp:
FIGUUR 1a:
Dit is 'n alledaagse township toneel wat 'n besige straattoneel uitbeeld. Die
township word in die agtergrond gesien en die gekurfde pad verdeel die voor-
en agtergrond. 'n Groot bus is in die middel van die kunswerk geplaas.
Verskillende voetgangers kruis die pad, staan op die sypaadjie en by die
busstop.
FIGUUR 1b:
Hierdie skildery beeld die buitekant van 'n galery uit. Die twee
kunsversamelaars is buite die gebou in die middel van die komposisie
geplaas. Hulle kom baie staties en formeel voor.
Invloede:
FIGUUR 1a:
Bester gebruik sy omgewing en alledaagse tonele uit die townships. Hy
versamel en herwin ook afval van skrootwerwe en gebruik dit in sy
kunswerke. Dit is 'n sosiale kwessie wat Bester aanspreek.
FIGUUR 1b:
Beïnvloed deur Popkuns, fotografie en 'hard-edge painting'.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Lyn, vorm en kleur:
FIGUUR 1a:
Dit is 'n helder en kleurvolle skildery. Verskeie lyne en vorms is te sien in die
besige komposisie. Die geometriese lyne van die bus, busstop, huise en
voetgangerbrug kontrasteer met die kurwende lyn van die teerpad. Die lyn
van die horison word gevorm deur die agtergrond agter die huise. Die
prentvlak word gedomineer deur die blou kleur van die pad en lug. Hy gebruik
helder bloue en oranjes wat kontrasteer asook rooi en groen. Arbitrêre kleure
is gebruik.
FIGUUR 1b:
Vereenvoudigde en skerp omlynde ('hard-edged') vorms is gebruik.
Horisontale en vertikale lyne skep stabiliteit in die komposisie. Die vorms van
die twee menslike figure kontrasteer met die formele geometriese vorms van
die tuin en gebou. Die vertikale vorms van die twee menslike figure, boom,
totempaal en beeldhouwerke kontrasteer met die formele geometriese vorms
van die tuin, sypaadjie en gebou. Die bleek versadigde blou lug kontrasteer
met die neutral aardse kleure in die voorgrond. Die pienk rok van die dame
kontrasteer met die groenerige kleure van die beeldhouwerke, boom en tuin.
Plasing van die figure en geboue/strukture:
FIGUUR 1a:
Dit is 'n toneel met 'n voetgangeroorgang, sypaadjie, 'n bus wat mens aflaai
by 'n busstop, 'n voetgangerbrug aan die linkerkant van die toneel, 'n
bushalte, 'n paar vragmotors en huise in die agtergrond en verskeie menslike
figure lukraak geplaas. Sommige voetgangers is besig om die pad te oorkruis;
ander verlaat die bus op pad huis toe. Drie figure in uniform staan onder die
bushalte en kyk na die pad.
FIGUUR 1b:
Die stywe figure is staties en formeel op 'n geplaveide area met 'n platdak
gebou. Hulle is omring deur hul besittings. Links is 'n profiel aansig van 'n
middeljarige man in 'n bruin pak met 'n stywe houding en gebalde vuiste,
terwyl 'n deftige vol-figuur vrou haar japonagtige rok toe hou met een hand en
'n sensuele houding inneem wat beide grasieus en konfronterend is. Sy kyk
stip na vore met starende oë. Die fasade van die modern gebou het twee
groot vensters. 'n Totempaal en boom is aan die regterkant van die
komposisie. Twee beeldhouwerke is in die middel van die komposisie. Die
een voor die manlike figuur en die ander, na agter nader aan die gebou.
Skilderstyl:
FIGUUR 1a:
Bester gebruik 'n ekspressiewe, maar figuratiewe skilderstyl.
FIGUUR 1b:
Hockney gebruik 'n gestileerde, 'hard-edge' styl. Gladde verf is in amper plat
areas aangewend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Stemming/Atmosfeer:
FIGUUR 1a:
Dit is 'n dokumentasie van 'n vriendelike en vrolike alledaagse toneel in 'n
township. Helder kleure skep 'n besige atmosfeer. Almal is besig met hul eie
besigheid.
FIGUUR 1b:
Hierdie skildery is soos 'n portretstudie van die kunsversamelaars. 'n Kalm,
statiese, stil en kalm atmosfeer oorheers. 'n Formele en ernstige gevoel is
geskep.
.
Kandidate kan nie volpunte behaal as daar geen vergelyking gedoen is
nie. Nasieners moet die beskrywende rubriek gebruik om (8)
puntetoekenning te lei.
1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor EEN Suid-Afrikaanse kunstenaar wat
sy/haar omgewing en eie ervarings van die alledaagse lewe uitbeeld.
Hulle kan na die volgende verwys:
Onderwerp
Invloede
Kunselemente
Komposisie
Style
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Karel Appel het gesê dat sy emosionele uitdrukkings 'n middelposisie tussen orde en
chaos inneem.
2.1 Kandidate moet die stelling hierbo bespreek na deur Afrika en ander invloede
in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b te verwys.
Kandidate mag die volgende insluit:
Vorms en simbole:
FIGUUR 2a: Onreëlmatige vorms geskep deur kleure raak die gesigte wat
kwaad is. Om betekenis in die ekspressionistiese aanwending van verf te
vind, het Appel harde buitelyne gebruik om dit wat hy in die warboel van
kleure gesien het, te beklemtoon. Hierdie vorms van kleur simboliseer gesigte.
Harde buitelyne, gestileerdheid, naïewe simboliese vorms en verwringing, is
duidelike kenmerke van Ekspressionisme.
FIGUUR 2b: Vierkante en reghoeke is saamgestel om ekspressiewe figure te
vorm. Dit simboliseer 'n groot figuur met twee kleiner figure aan weerskante
van die groot figuur. Etniese patrone kan op die kleredrag van die figure
gesien word. Walter Battiss was beïnvloed deur die vereenvoudige vorms en
simbole gebruik deur die Khoi-San kunstenaars, soos gesien in die klein
figuurtjies in die agtergrond. Dekoratiewe Ndebele patrone is gebruik op die
figure se kleredrag. Vereenvoudige figure en verwringing toon die invloed van
Ekspressionisme. Die eindresultaat het 'n Fauvistiese gevoel wat ons herinner
aan die skilderye van Matisse.
Kunselemente:
FIGURE 2a: Die primêre kleure, rooi, blou en geel domineer die prentvlak.
Pers, as die komplimentêre kleur van geel, is gebruik om 'n kontrasterende
agtergrond te skep. Groen, as die komplimentêre kleur van rooi, is ook
gebruik om die gesigte te skep. Balans word geskep deur die gebruik van
helder geel aan elke kant van die twee dominante gesigte. Die gebruik van
impasto en arbitrêre kleure gee 'n geabstraheerde kwaliteit aan die skildery.
FIGUUR 2b: Die groot, groen figuur in die middel vorm die fokuspunt. Naïewe
lyne is gebruik om die arms en bene te skep. Blou en oranje, en groen en rooi
is gebruik om kontraste in die skildery te vorm. Die gebruik van helder geel
aan die linkerkant, middel en aan die regterkant skep simmetriese balans.
Tekstuur word verkry deur die tallose klein, mieragtige figure in die
agtergrond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Moontlike betekenisse/boodskappe
FIGUUR 2a: Die betekenis kan afgelei word van die titel, Ontstoke Landskap
('Angry Landscape'). Die harde kleure en impasto verf is ekspressief en
kwaad. Die gelaatstrekke van die twee koppe wys ook op woede met die
ontblote tande en groot oë.
FIGUUR 2b: Die titel van die skildery dui daarop dat 'n moeder die hoof van 'n
stam is. Op haar skoot is 'n kinderlike figuur en aan die kante vroulike figure
en 'n klein manlike figuur. Dit maak haar die leier. Dit kan ook op die
vrugbaarheid van vroue in die algemeen verwys. Die baie klein figuurtjies in
die agtergrond is simbolies van die stam. Die boodskap van 'n vrou wat
kinders baar en die versorger van 'n nasie is, is universeel. (8)
2.2 Kandidate moet EEN kunswerk deur EEN kunstenaar wie se werk deur Afrika
beïnvloed word/is, bespreek.
Hulle moet die volgende riglyne in hul antwoord gebruik:
Onderwerp
Invloede
Simbole
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Kunstenaars gebruik 'n kombinasie van media en simboliek as 'n stem teen politieke
en/of sosiale ongeregtighede in die samelewing om 'n dieper betekenis oor te dra.
3.1 Kandidate moet FIGUUR 3a en FIGUUR 3b analiseer om kommentaar te
lewer op hoe hierdie kunstenaars hul stemme van weerstand oorgedra het.
Hulle kan die volgende riglyne gebruik:
Onderwerp:
FIGUUR 3a: In hierdie kunswerk word die mynwerkers van Suid-Afrika en
hul lewenstyl uitgebeeld. 'n Beeld van 'n krot township word in die
agtergrond geïllustreer. Aan die linkerkant van die kunswerk is 'n beeld van
'n stoomtrein. Talle foto's en tekeninge van mynwerkers domineer die
komposisie. In die middel van die kunswerk is die struktuur van 'n myn met
die wiel van die hok wat die manne ondergronds neem.
FIGUUR 3b: In die middel van die skildery is 'n beeld van 'n jong man
geklee in 'n moulose frokkie en blou broek. Hy lê op die skoot van 'n vrou
geklee in kamoefleer drag. Sy dra 'n bril en 'n kopdoek. In die agtergrond, in
'n semi-sirkel, is beelde van rooi rose, 'n vuis en die lope van vier gewere. In
die boonste regterkantse hoek is die bene van 'n persoon en net onder dit, 'n
buitelyn beeld van 'n menslike figuur. In die middel aan die regterkant is
vervaagde beelde van waarskynlik geboue.
Media en tegniek
FIGUUR 3a: Collage uitknipsels van fotomateriaal en tekeninge is
saamgevoeg om 'n laag-op-laag komposisie met verwronge beelde te skep.
Hy skilder of teken dikwels oor sy papier uitknipsels (collẽ). Die agtergrond is
'n geverfde landskap. 'n Foto van 'n lokomotief enjin en sy waens verskyn uit
die horisonlyn. Baie van die portrette is geteken en geskilder in 'n naïewe en
vereenvoudigde wyse.
FIGUUR 3b: Die kunstenaar gebruik olieverf en kombineer dit met spuitverf
en stensils. Dit kan gesien word in die beelde van die gewere en rose.
Interessante vertikale lyne skep tekstuur in die agtergrond.
Simboliek:
FIGUUR 3a: Die stoomtrein simboliseer die vervoer van die mynwerkers of
die vervoer van rou materiaal ontgin deur die myn. Die klein strukture in die
agtergrond kan die hostelle waarin die mynwerkers moes bly
verteenwoordig, of die lae koste behuising in plakkerskampe. Al die figure
verteenwoordig die lewe van die mynwerker.
FIGUUR 3b: Die twee figure simboliseer 'n Piëta. Die rooi rose hoop, liefde,
vergifnis of treurigheid. Die gewere is 'n simbool van geweld en dood.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Moontlike betekenisse/boodskappe:
FIGUUR 3a: Die gebruik van fotos en uitknipsels van tekeninge word 'n
verwronge, droewige toneel waar mense in en uit die myne masjeer om te
werk. Die kunswerk is 'n stem teen die werkstoestande van arbeiders by die
myne. Die komposisie raak gefragmenteerde tonele van die lewe op die
myne.
FIGUUR 3b: Die kunswerk roep 'n gevoel van treurigheid op soos die
moeder haar seun vashou wat gesterf het. Die herinner aan die Piëta van
Michelangelo waar Moeder Maria vir Jesus op haar skoot vashou nadat hy
van die kruis verwyder is. Die seun kon gesterf het in die stad tydens
opstande of gedurende geweld tussen verskillende bendes van stedelike
plakkerskampe. (8)
3.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
bespreek wat hul werk gebruik om boodskappe oor sosiale en/of politieke
kwessies oor te dra.
Hulle moet die volgende in hul antwoord gebruik:
Onderwerp
Invloede
Kunselemente
Media en tegniek
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Die tradisionele Afrika-masker is nog altyd as 'n diep geestelike uitdrukking vir kulturele
en godsdienstige seremoniële redes gebruik. Kontemporêre kunstenaars gebruik die
masker op baie verskillende maniere.
4.1 Kandidate moet bespreek hoe die tradisionele masker herinterpreteer is deur
na FIGUUR 4a tot FIGUUR 4d te verwys.
Hulle kan na die volgende verwys:
Gebruik van herwinde materiaal
FIGUUR 4a: 'n Stuk hout is gekerf om 'n masker te vorm
FIGUUR 4b: Hout gekerfde masker met gevonde materiaal as hare. Die
kunstenaar het die Afrika masker naas moderne kleding in die foto gestel.
FIGUUR 4c: Hy gebruik herwinde materiaal om sy masker te skep. Hy
gebruik 'n petrolkan. Die masker bestaan ook uit tou, 'n geweefde mandjie,
pyp, metaalklamp en skulpe vir oë.
FIGUUR 4d: Gemaak van gevonde voorwerpe en herwinde materiaal verkry
uit die strate van Nairobi. Materiale is herwin en hergebruik om 'n webagtige
masker te vorm.
Tegnieke
FIGUUR 4a: Die masker is gekerf deur 'n spesifieke persoon in die
gemeenskap. Die vaardigheid word oorgedra deur die familie. Kleur word
aangewend nadat die masker gevorm en voltooi is.
FIGUUR 4b: Gekerfde masker teenoor moderne kleredrag. Die foto word die
kunswerk.
FIGUUR 4c: Die masker (readymade) is gekonstrueer uit 'n petrolkan en
gevonde voorwerpe soos tou, 'n geweefde mandjie, pyp, metaalklamp en
skulpe.
FIGUUR 4d: Die foto wys 'n portret van 'n man met 'n masker aan. Beide die
masker en die foto word die kunswerk. Die masker is uit gevonde voorwerpe
soos draad, spykers, 'n botteldoppie en metaalrepe gemaak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Moontlike betekenisse/boodskappe
FIGUUR 4a: Afrika-maskers is gebruik in rituele en seremonies. Hulle
verteenwoordig die geeste van diere, voorvaders, mitologiese helde,
mitologiese waardes of is 'n vorm van eerbetoon aan 'n persoon op 'n
simboliese wyse. Die tradisionele Afrika-masker is gedra tydens feeste,
danse, vieringe en rituele seremonies wat sosiale en godsdienstige geleente
herdenk. Hulle is gewoonlik deel van 'n verenigde ervaring, so waar ons dit as
skulpturele vorms sien, kan dit ook gesien word as opvoeringskuns
(performance art), en begrip vir die funksie binne die geleentheid is essensieel
om die kulturele, simboliese en estetiese betekenis te verstaan. Afrika-
maskers is in hoë aanvraag by kunsversamelaars en museums regoor die
wêreld wat hul argivale versamelings herwerk om maskers in 'n nuwe en
lewendige formaat aan te bied en wat fokus op die skoonheid en
verskeidenheid van vorm in die beeldhoustukke.
FIGUUR 4b: Daar is 'n kombinasie van Westerse samelewing soos gesien in
die pak en die Afrika-masker wat die ou Afrika erfenis verteenwoordig. Dit
adresseer die idee van kolonialisme.
FIGUUR 4c: Die masker verteenwoordig die verbruikers/weggooi samelewing
wat die tradisionele beïnvloed soos gesien in die geweefde kopstuk.
FIGURE 4d: Hierdie konstruksie van gevonde voorwerpe het 'n ligte en
delikate gevoel. Die gebruik van metaaldele (draad, onderkante van blikke,
klein metaalrepies en dele) wat lig reflekteer maak dit 'n moderne en
modieuse stuk. Die verskillende gevonde dele en voorwerpe is gerangskik om
die gelaatstrekke van 'n gesig te vorm. Die kunstenaar kon beïnvloed gewees
het deur Europese kunsbewegings byvoorbeeld Kubisme, Ekspressionisme
en/of Surrealisme. Die masker kan gedra word deur 'n model op 'n mode
loopplank as deel van 'n uitrusting of as 'n bykomstigheid. (8)
4.2 Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars analiseer
wat landelike kuns, kunsvlyt en/of geestelikheid verteenwoordig.
Invloede
Kunselemente
Media en tegnieke
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Die Toring van Babel in die Bybel was 'n toring wat na die hemel deur ryk, korrupte en
materialistiese mense opgebou is. God het hul trots gestraf deur die toring af te breek
en hulle te vonnis deur almal in verskillende tale te laat praat.
Ter ere van Buenos Aires, wat as die 2011 Wêreldboekhoofstad benoem is, het die
kunstenaar, Marta Minujín, 'n toring van Babel geskep deur 30 000 boeke te gebruik
wat van regoor die wêreld geskenk is. Besoekers word toegelaat om na die bopunt van
hierdie struktuur te loop.
5.1 Kandidate moet Minujín se kunswerk in FIGUUR 5a bespreek deur die
volgende riglyne te gebruik:
Die betekenis daarvan om boeke van regoor die wêreld te gebruik
Die kunstenaar het 30 000 boeke van verskillende lande versamel en dit in 'n
spiraaltoring gerangskik. Boeke verteenwoordig kennis, opvoeding en taal. Die
boeke was geskenk deur lesers, biblioteke en oor die 50 ambassades.
Die grootte van die werk
Die werk is gemaak op 'n groot skaal en die toring rys op in die lug. Die groot
skaal mag al die tale oor die wêreld verteenwoordig. Dit spiraal 25 meter in die
lug op om vir toeskouers toe te laat om die stad van bo te beskou.
Vertoon van die kunswerk in 'n openbare ruimte
Dit raak deel van die stedelike ruimte en is toeganklik vir almal wat die ruimte
besoek. Dit is nie afgesonder in 'n kunsgalery of museum nie.
Gebruik van ligging/plek
Die installasie was geplaas in 'n publieke ruimte (San Martinplein) sodat die
kykers die loopvlak kan oploop om hulle van die oorsprong van verskillende
tale bewus te maak.
Interaksie van die kyker
Die kyker kan langs die spiraalvorm tot op die bopunt van die toring loop.
Vir onderwysers: Wanneer besoekers afloop, hoor hulle musiek
gekomponeer deur Minujín en die kunstenaar wat die woord 'boek' in baie tale
oor-en-oor herhaal. As die werk afgebreek word, sal letterkundige entoesiaste
genooi word om elk een boek huis toe te neem en die orige boeke sal die
Biblioteek van Babel genoem word.
Moontlike betekenisse/boodskappe
Sy wil hê almal moet deel van die geheel wees (verenig). Ook dat ons deur
boeke kan kommunikeer en 'n boodskap deur die geskrewe woord kan
versprei. Die vereniging van die geskrewe woord in een ligging herrinner aan
die oorspronklike Toring van Babel, waar almal dieselfde taal gepraat het. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
5.2 Kunstenaars beeld dikwels hulle eie interpretasie van stories en mites uit en
gebruik verskillende materiaal en tegnieke om 'n storie te vertel.
Kandidate moet EEN kunswerk van TWEE verskillende kunstenaars
bespreek wat onkonvensionele/interessante media en tegnieke gebruik om 'n
storie te vertel.
Hulle moet die volgende riglyne gebruik:
Lyn, vorm en kleur
Media en tegnieke
Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Zyma Amien se kunswerk bring hulde aan haar ma en ouma wat in die tekstielbedryf
gewerk het. Die tekstielbedryf het die reputasie dat hulle vroue uitbuit deur hulle 'n
minimum loon vir lang ure se werk te betaal.
6.1 Kandidate moet bespreek hoe Zyma Amien hierdie uitbuiting in haar werk
uitgebeeld het deur na die volgende te verwys:
Beskrywing van die werk
Amien vereer haar ma en ouma wat in die tekstielindustrie gewerk het. Daar
is drie wit gaas oorpakke wat teen 'n wit muur hang en drie swart
naaimasjiene van verskillende groottes geplaas op die onderkant van elke
oorpak. Die naaimasjiene 'speld' die oorpakke aan die vloer en herinner aan
die oorpakke gedra deur vroulike werkers.
Kleur
Die wit gaas oorpakke is teenoor die swart naaimasjiene geplaas. Wit is
simbolies van suiwerheid en vrede en die swart van industriële
onderdrukking.
Simboliek
Om aan iemand hulde te bring is om die persoon te vereer en respek te
betoon. Die titel van die kunswerk roep 'n gevoel van treurigheid op. Die wit
oorpakke is simbolies van haar ma en ouma. Gewoonlik is oorpakke nie wit
nie en word van swaar duursame materiaal gemaak, terwyl hierdie wit van 'n
sagte, vroulike materiaal gemaak is. Die naaimasjiene kan verwys na die
manlike geslag en kan onderdrukking simboliseer soos gesien in die
tekstielbedryf. (6)
6.2 Baie demokratiese kunstenaars na 1994 se werk het uit hul eie persoonlike
geskiedenisse ontwikkel, net soos Zyma Amien.
Kandidate moet die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse
demokratiese kunstenaars na 1994 bespreek wat hulle eie identiteite verken.
Hulle kan na die volgende riglyne verwys:
Onderwerp
Invloede
Kunselemente
Komposisie
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Die kontemporêre samelewing het 'n meer verdraagsame benadering tot
geslagskwessies, wat kunstenaars toegelaat het om met stereotipes te breek.
7.1 Kandidate moet bespreek hoekom hulle dink die kunstenaars in FIGUUR 7a
en 7b het met stereotipes gebreek.
Kandidate kan reageer op die stelling hierbo deur die volgende riglyne te
gebruik:
Visuele voorkoms/liggaamstaal
FIGUUR 7a: Die man word uitgebeeld as 'n sagte, skaam jong man wat afkyk
na sy hand. Introvert en selfbehep.
FIGUUR 7b: Die jong man kyk na die kyker met selfvertroue en bravade. Hy
staan met sy hande op sy heupe en vertoon sy gespierde en getatoeëerde
liggaam. Hy is geplaas asof op 'n verhoog en pronk vir die verheerliking van
die kyker.
Styl en tegniek
FIGUUR 7a: 'n Impressionistiese gevoel is aan die skildery gegee deur die
gebruik van ligte en sagte kleure. Die werk is gevul met kwashale wat met
groot gebaar gemaak is. Ekspressief en skilderagtig. Kort kwashale en die
gebruik van spuitverf herinner aan graffiti. Die sagte kleure gee 'n vroulike
gevoel aan die jong man.
FIGUUR 7b: Sterk, realistiese kleure is gebruik. Die detail gegee aan die
figuur herinner amper aan 'n foto. Super realistiese, noukeurige aanwending
van verf met geen sigbare kwashale nie. Die agtergrond herinner aan
muurpapier wat baie dekoratief en twee-dimensioneel is. Die motiewe van die
muurpapier blyk herhaal te wees in die ontwerpe van die tatoes. Die
realistiese gebruik van olieverf is amper soos 'n foto.
Stemming en atmosfeer
FIGUUR 7a: 'n Treurige rustige stemming is geskep. Die figuur blyk baie
ontspanne en terughoudend te wees, onbewus van die kyker.
FIGUUR 7b: Gelukkige, joviale en speelse stemming is geskep deur die
helder kleure en dekoratiewe patrone op beide die liggaam en in die
agtergrond.
Interpretasie van geslagskwessies
Kandidate se eie interpretasie van geslagskwessies en motivering daarvan
kan aanvaar word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
7.2 Die samelewing het bevooroordeelde idees oor manlikheid en vroulikheid.
Kandidate moet hulle standpunt oor hierdie kwessie debatteer in 'n bespreking
van die werk van TWEE kunstenaars wat op geslagskwessies in hul werk
kommentaar gelewer het.
Hulle moet die volgende as 'n riglyn gebruik:
Onderwerp/Temas
Invloede
Media en tegnieke
Styl
Moontlike betekenisse/boodskappe (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte het 'n intelligente
regeringsgebou in Tshwane ontwerp. Groen-ster-status is aan hierdie gebou, wat
beide die nuwe en die oue kombineer, toegeken. 'n Gedeelte van die Agrivaal-gebou is
bewaar en die nuwe gebou 'haak' aan die ou gebou vas en beskerm dus Suid-Afrika
se erfenis.
8.1 Kandidate moet in 'n opstel enige twee geboue analiseer wat hulle hierdie
jaar bestudeer het deur die volgende te beantwoord.
Dink jy dit was 'n goeie idee van PKA Internasionale Argitekte om 'n
gedeelte van die ou Tshwane-gebou by die nuwe ontwerp vir die
Agrivaal-hoofkwartiere te inkorporeer? Staaf jou antwoord deur na
jou eie voorbeelde te verwys.
Ja, omdat erfenis bewaar word en dit 'n gevoel van die geskiedenis/gevoel
van die verlede skep. Ou geboue is dikwels gebou met pragtige tradisionele
materiale soos soliede hout, ou bakstene, sandsteen, marmer, mosaïekwerk
ensovoorts. Kandidate hoef nie met die stelling saam te stem nie so lank hulle
hul antwoord motiveer.
Watter strukture het jou gekose argitekte in hul geboue gebruik?
Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.
Dink jy argitekte behoort dele van ou geboue te behou wanneer 'n
nuwe struktuur gebou/ontwerpword? Staaf jou antwoord.
Ja, en slegs as die behoue deel historiese waarde het. Dikwels moet 'n
ontwerp aanpas by die oorspronklike ontwerp van die historiese gebou.
Kandidate kan ou en nuwe boustyle/materiale ensovoorts insluit. Kandidate
se eie inligting moet gegee word met stawing.
Weerspieël jou gekose gebou Suid-Afrika se erfenis? Staaf jou
antwoord.
Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.
Materiaal
Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.
Styl
Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.
Moontlike invloede
Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper