Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12201619 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2016 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon: • Die gebruik van die korrekte kunsterminologie • Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke • Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks • Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks • 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou. 8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. 9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning. • 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf) • 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel) • 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel) 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2016 NSS LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2016 NSS BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Die werke van Peter Clarke en Kate Gottgens beeld mense uit wat ontspan. 1.1 Vergelyk die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b deur die volgende te oorweeg: • Kleur en lyn • Balans • Komposisie • Styl • Moontlike boodskappe/betekenisse (8) 1.2 Interpreteer die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat kommentaar lewer op hulle omgewings. Sluit die volgende by jou antwoord in: • Sosiale/Kulturele invloede • Media en tegniek • Styl • Moontlike boodskappe/betekenisse (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 1a: Peter Clarke, Sleepers on the Grass (Slapers op die Gras), waterverf, 1967. FIGUUR 1b: Kate Gottgens, Summertime (Somertyd), olieverf op doek, 2015. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2016 NSS VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Die Suid-Afrikaanse skilder, Simon Stone, kombineer invloede uit moderne style, soos Surrealisme, Popkuns en Suid-Afrikaanse inheemse kuns, in sy werk Domestic Rain (Huishoudelike Reënval). 2.1 Interpreteer die kunswerk wat in FIGUUR 2 uitgebeeld word deur na die volgende te verwys: • Lyn en kleur • Styl en tegniek • Die kunstenaar verdeel sy komposisie in drie duidelike dele. Beskryf en bespreek die beeldgebruik in ELK van die drie dele en die moontlike boodskappe/betekenisse daarvan. (8) 2.2 Bespreek EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werk hul Afrika-identiteit uitdruk weens die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms. Gebruik die volgende riglyne: • Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms en -simbole • Styl en tegniek • Moontlike boodskappe/betekenisse (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 2: Simon Stone, Domestic Rain (Huishoudelike Reënval), olieverf op doek, 1982. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2016 NSS VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's In sy Letters of Home (Briewe van die Huis) besin Sfiso Ka-Mkame oor huidige sosiopolitieke kwessies in Suid-Afrika. 3.1 • Hoe reageer jy op die titel van hierdie werk (FIGUUR 3)? Motiveer. • Bespreek DRIE van die kwessies wat in die werk aangeraak word deur na die volgende te verwys: o Keuse van visuele beeld(e) o Kleur o Komposisie (10) 3.2 Vergelyk hoe enige TWEE kunstenaars ou/huidige sosiopolitieke kwessies in hul werk uitgebeeld het. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 3: Sfiso Ka-Mkame, Letters of Home (Briewe van die Huis), oliepastelle op papier, 2012–2014. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2016 NSS VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Die Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci het beide Marisol Escobar, 'n kunstenaar wat in die Verenigde Koninkryk woon, en Dominic Lukandwa, 'n Ugandese kunstenaar, geïnspireer. Hulle gebruik hul kuns en kunsvlyt om hul geestelike geloof uit te druk. 4.1 Vergelyk FIGUUR 4a met FIGUUR 4b deur na die volgende riglyne te verwys: • Plasing van die figure • Kleur en vorm • Diepte en beweging • Materiaal/Tegnieke (8) 4.2 Bespreek EEN kunswerk van TWEE verskillende Suid-Afrikaanse kunstenaars en/of kunsvlytkunstenaars. Gebruik die volgende as 'n riglyn: • Formele kunselemente • Media en tegniek • Onderwerp en beeldgebruik • Moontlike boodskappe/betekenisse (12) [20] Batik: Die gebruik van warm byewas om sekere dele op materiaal uit te blok, waarna die materiaal in verskillende kleurstowwe gedoop word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 4a: Marisol Escobar, Self-Portrait Looking at The Last Supper (Selfportret Beskou Die Laaste Avondmaal), laaghout, bruinsteen, gips en aluminium, 1982–1984. FIGUUR 4b: Dominic Lukandwa, The Last Supper (Die Laaste Avondmaal), batik op sy, datum onbekend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2016 NSS VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Die installasie van die Japannese kunstenaar, Chiharu Shiota, The Key in the Hand (Die Sleutel in die Hand), is 'n ingewikkelde vervlegting van rooi wol en sleutels wat bokant bote hang. Die installasie met sy massa vervlegte drade sluit 'n versameling van meer as 50 000 sleutels in. Die sleutels is by mense en plekke oor die hele wêreld versamel. Volgens Shiota is sleutels bekende en baie waardevolle dinge wat belangrike mense en ruimtes in ons lewens beskerm. Hulle inspireer ons ook om die deure na onbekende wêrelde oop te maak. [Aangepas en vertaal uit designboom.com] 5.1 Beskryf hoe die kunstenaar haar boodskap oordra met verwysing na die teks hierbo en die visuele bronne in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b. Jy moet na die volgende verwys: • Betekenis van die kleure • Betekenis van die grootte/skaal • Gebruik van materiaal en die kontraste tussen hulle • Simboliese betekenis van die wol/drade, bote en sleutels • Wat is jou begrip van die titel van die werk? Motiveer jou antwoord. (10) 5.2 Interpreteer EEN kunswerk deur 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat alternatiewe media gebruik in die soeke na maniere om sy/haar idees oor te dra. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 5a: Chiharu Shiota, The Key in the Hand (Die Sleutel in die Hand), installasie met bote, wol/drade en sleutels, 2015. FIGUUR 5b: Chiharu Shiota, The Key in the Hand (Die Sleutel in die Hand) (detail), installasie met bote, wol/drade en sleutels, 2015. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2016 NSS VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NA 1994 Baie demokratiese, kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars na 1994 druk stedelike identiteit uit deur die invloed van straatkultuur, portrette, die stedelike lewe en sosiale media te kombineer. 6.1 Bespreek hoe die kunstenaars 'n kontemporêre, stedelike Suid-Afrikaanse identiteit uitgebeeld het deur beide FIGUUR 6a en FIGUUR 6b te gebruik. Verwys na die volgende riglyne: • Invloede • Kleur • Styl en tegniek • Moontlike boodskappe/vertolking/interpretasies • Watter kunswerk beeld, na jou mening, die sterkste uitdrukking van stedelike identiteit uit? Motiveer jou antwoord. (10) 6.2 Brei uit oor die konsep van stedelike identiteit deur TWEE kunswerke te bespreek. Jy moet na die volgende verwys: • Formele kunselemente • Komposisie • Media en tegniek • Styl • Moontlike boodskappe/betekenisse (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 6a: Asha Zera, Mouse over Text (Muis oor Teks), akrielverf op bord, 2008. FIGUUR 6b: Kilmany-Jo Liversage, Judella 515, akrielverf en spuitverf op doek, circa 2010–2015. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2016 NSS VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Die Sfinks van antieke Egiptiese kuns word as 'n simbool van manlike mag beskou. Kara Walker, 'n swart Amerikaanse kunstenaar, het 'n soortgelyke houding gebruik in haar werk A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba) (FIGUUR 7a en 7b) wat vir 'n ou suikerfabriek geskep is. In Amerika is daar 'n geskiedenis van vroue wat uitgebuit is en geforseer is om in die suikerrietplantasies te werk. 7.1 Skryf 'n kort opstel oor Kara Walker se werk A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba) waarin jy na die volgende verwys: • Waarom, dink jy, het die kunstenaar die figuur as die Sfinks uitgebeeld? Gee redes vir jou antwoord. • Die skaal van die beeldhouwerk • Die gebruik van suiker en melasse (suikerstroop) as 'n medium • Op watter manier dra die woorde 'Sugar' en 'Baby' tot die betekenis van die werk by? (8) 7.2 Verwys na enige TWEE kunstenaars en hul werke wat jy bestudeer het, en skryf 'n opstel waarin jy kommentaar lewer op hul uitbeelding van manlikheid en/of vroulikheid. Jy kan die volgende riglyne in jou antwoord gebruik: • Onderwerp • Media en tegniek • Styl • Boodskappe/Betekenisse (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 7a: Kara Walker, A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba), polistireen, melasse en suiker, 2014. FIGUUR 7b: Kara Walker, syaansig van FIGUUR 7c: Sfinks van Giza, A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby kalksteenbeeld, gebou gedurende die ('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba), heerskappy van Farao Khafra polistireen, melasse en suiker, 2014. (c. 2558–2532 v.C.), Egipte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2016 NSS VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die klem op ekologiese bewustheid, gekoppel aan die nuwe tegnologieë van rekenaarondersteunende ontwerp, het dit vir argitekte makliker gemaak om unieke geboue te skep. 8.1 Verwys na die stelling hierbo en analiseer die voorbeeld in FIGUUR 8 deur na die volgende riglyne te verwys: • Hoekom het die argitek mieliestronke en lewendige wortelstrukture in die ontwerp van sy bakstene gebruik? • Hoekom, dink jy, is die bakstene nie styf saamgepak nie? • Hoekom het die argitek besluit om 'n weerkaatsende materiaal bo-op die struktuur te gebruik? • Dink jy die vorm/fatsoen van hierdie struktuur is visueel/esteties aantreklik? Motiveer jou antwoord. (8) 8.2 Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat jy bestudeer het. Jy moet die volgende by jou kort opstel insluit: • Gebruik van materiaal • Gebruik van styl • Moontlike invloede (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2016 NSS FIGUUR 8: 15de uitgawe van YAP ('Young Architects Program'), Hy-Fi. Die tydelike struktuur sal gebou word met 3M weerkaatsende, bio-ontwerpte organiese bakstene, van mieliestronke en lewendige wortelstrukture gemaak. Die bakstene sal as saadkissies gebruik word voordat dit in die struktuur gebruik sal word. Long Island City, 2014. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all