You're offline
Skip to content
Question paper

VISUAL ARTS P1 GR12 QP AFR SEPT2016_hlayiso.com_.pdf

Subject: Visual ArtsGrade 12201619 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 VISUELE KUNS V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie.  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke.  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn geskiedkundige en kulturele konteks.  Die plasing van spesifieke voorbeelde in ʼn kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks.  ʼn Begrip van eiesoortige kreatiewe style. Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte. 3. Vrae en subvrae moet korrek genommer word volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van ʼn kunswerk of die naam van ʼn gebou. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Skryf op ʼn duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Kolpunte is nie aanvaarbaar nie, en dien slegs as riglyne in jou opstel strukturering. 10. ʼn Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning: 6–8 punte: ʼn minimum van ½–¾ bladsy 10–14 punte: ʼn minimum van 1–1½ bladsy(e) 20 punte: ʼn minimum van 2 bladsye Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 3 WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n spesifieke vraag te benader: Analiseer: ʼn Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie van 'n kunswerk. Beskryf: Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die kunswerk; berig oor wat die oog mag sien. Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling. Estetika: Teorie van skoonheid en kuna en die verstaan van mooi dinge. Formele kunselemente Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep, soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie, ensovoorts. Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n kunswerk. Kontekstualiseer: Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities, ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke spesifieke voorbeelde te verwys. Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting; met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting verwys. Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun. Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook 'n verduideliking. Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling. Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne dieselfde argument aan. Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of waarna in ander bronne verwys word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 1 DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Suid-Afrikaanse swart en blanke kunstenaars het tydens die vroeë en middel – twintigste eeu gesukkel om formele kunsopleiding te bekom. Ten spyte daarvan het hierdie opkomende kunstenaars werk van ʼn hoë kwaliteit geproduseer, waarvan vele kommentaar gelewer het op hul daaglikse lewens en die gemeenskap waarvan hul deel was. 1.1 Kies TWEE kunswerke uit FIGUUR 1a, FIGUUR 1b en FIGUUR 1c en verduidelik in twee aparte paragrawe hoe die kunstenaars se werke op daaglikse lewe in hul gemeenskap kommentaar lewer. Verwys na die volgende:  Komposisie  Toepassing van kunselemente  Medium en tegniek  Sigbare invloed op styl  Leefstyl atmosfeer (10) 1.2 Kies TWEE bekende Swart Suid-Afrikaanse kunstenaars wie jy bestudeer het en wie se werk sosiale/ekonomiese kommentaar lewer. Skryf ʼn opstel van 1 tot 1½ bladsye waarin jy EEN van elke kunstenaar se werke bespreek. Jou bespreking moet die volgende insluit:  Name van kunstenaars en werke  Inspirasie en invloede op hul werk  Inhoud  Komposisie, tegniek en styl  Evalueer die suksesvolheid van die werk as kommentaar (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 5 FIGUUR 1a: Gerard Bhengu, Portrait of a Zulu FIGUUR 1b: Dumile Feni, Father teach me Man (Potret van ‘n Zoeloeman), waterverf, geen how to pray (Vader leer my om te bid), datum. conte-crayon on papier, 1967. FIGUUR 1c: George Pemba, New Brighton, Port Elizabeth, olie op doek, 1977. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 2 SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Deur die eeue heen beïnvloed Afrika- en inheemse kuns die wêreld deur: landskappe, godheidsbeeldjies of primitiewe maskers. Hierdie kunsvorme het aanleiding gegee tot nuwe kunsbewegings onder andere, Kubisme en Stedelike kuns. 2.1 Hou die bogenoemde in gedagte en skryf ʼn kort opstel of twee paragrawe waarin jy FIGUUR 2a en FIGUUR 2b analiseer en interpreteer om te bewys hoe elkeen van die kunstenaars suksesvol was met die vaslê van die ‘gees’ van Afrika in ‘n nuwe/ander konteks. Verwys na die volgende:  Media en tegniek  Komposisie  Simbole  Kleur  Inhoud (8) 2.2 Verwys na FIGUUR 2c. Bespreek Andries Botha se werk met spesifieke fokus op die volgende:  Toepassing van formele kunselemente  Tema/boodskap  Stemming(gevoel) met betrekking tot Afrika (6) 2.3 Kies EEN ander kunswerk (wat nie in hierdie vraestel voor kom nie), deur ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk Afrika/Inheemse invloede toon. Skryf ʼn opstel van ten minste ʼn ½ bladsy, waarin jy die werk analiseer en evalueer deur na die volgende te verwys:  Naam van kunstenaar en kunswerk  Toepassing van formele kunselemente  Tema/boodskap  Stemming (gevoel) met betrekking tot Afrika (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 2a: Roger Ballon, I fink U freeky (reeks), fotografie, 2013. FIGUUR 2b: Irma Stern, Pondo Woman (Pondovrou), olie op doek, 1929. FIGUUR 2c: Andries Botha, Ungayithengi inhliziyo nomogo Wami (Jy kan my hart en siel koop) , installasie, 2006. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 3 SOSIO-POLITIEKE KUNS – INSLUITEND WEERSTANDSKUNS Deur die eeue heen was daar nog altyd ʼn sterk verbandskap tussen kuns en politiek. In tye van politieke onrus gebruik kunstenaars hul werk as ‘n mondstuk vir hul eie propoganda en sienswyses, of om hul onderdrukking deur diegene aan bewind, bekend te maak. 3.1 Bewys die bogenoemde stelling as waar deur FIGUUR 3a, FIGUUR 3b en FIGUUR 3c te analiseer. Skryf ʼn opstel van ongeveer een bladsy en verwys na die volgende:  Historiese konteks en inhoud  Gebruik van formele kunselemente en komposisie  Materiale en tegnieke  Boodskap/betekenis (10) 3.2 Kies TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat ʼn sosio-politieke boodskap lewer en skryf ʼn opstel (ten minste twee paragrawe van ʼn halwe bladsy elk) waarin jy die volgende insluit.  Name van kunstenaars en kunswerke  Inhoud/kwessies wat deur kunstenaar angespreek word  Media en teghniek  Toepassing van kunselemente  Evaluering van die kunstenaar se sukses met oordrag van boodskap (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 9 FIGUUR 3a: Delacroix, Liberty leading the people (Vryheid wat die mense lei), olie op doek,1830. FIGUUR 3b: Leon Golub, The Interrogation 111 (Die ondervraging), akriel op doek, 1981. FIGUUR 3c: Banksy, Flower Thrower (Blomgooier), graffiti, 2005–2007. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 4 KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Wanneer jy met die term ‘Afrika-kunsvlyt’ gekonfronteer word begin jy wonder wat is kuns en wat is kunsvlyt? Daar is verskillende menings in die kunsgemeenskap wat lei tot interessante debattering. Kunsvlyt verg sekere vaardighede om ʼn item te kan skep. Dit beteken meeste ‘kuns’ is ook kunsvlyt. Beteken dit dan dat kunsvlyt ook ‘kuns’ is? Meningsverskille ontstaan as gevolg van die Westerse siening oor kuns in die klassieke sin, soos die verf van portrette. Afrika verfwerke behels die versiering van klip, velle, hout, keramiek, beeldhoustukke en die menslike liggaam. 4.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling, analiseer en interpreteer FIGUUR 4a en FIGUUR 4b deur ʼn opstel te skryf van 1½ tot 2 bladsye. Kies ook EEN ander kunswerk van jou keuse en EEN ander kunsvlyt-stuk (van ʼn plattelandse area) van jou keuse en verduidelik wanneer iets as kuns geklassifiseer kan word. Verwys na die volgende in jou opstel:  Kunselemente  Funksie  Mediums  Tradisionele gebruik  Religieuse en spirituele elemente  Titels  Inhoud Punte word as volg toegeken:  3 punte vir inleiding wat handel oor jou siening met betrekking tot die vraag  16 punte vir insiggewende kommentaar oor die vier kunswerke  1 punt vir ʼn kort slot (opsomming) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 4a: Nesta Nala, Ukhamba, keramiekstuk. FIGUUR 4b: Noria Mabasa, The Flood (Die Vloed), marula-hout, 1994. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5 MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Multimedia kunstenaars maak gebruik van elemente wat spreek tot al vyf die sintuie. In klassieke kuns word slegs die sintuig van sig geprikkel. As gevolg van Marchel Duchamp en sy “Ready-mades”, geniet sig (as ʼn sintuig) steeds groter belangrikheid in multimediakuns. 5.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 5A, skryf ʼn paragraaf (ʼn ½ (halwe) bladsy) waarin jy die stelling bespreek. Neem die volgende in ag: (4)  Die medium wat gebruik is  Die boodskap van die kunswerk 5.2 Ook met verwyssing na die bogenoemde stelling, analiseer en bespreek FIGUUR 5B in opstelformaat (ten minste ½ bladsy). Verwys na die volgende:  Toepassing van kunselemente en beginsels  Mediums se relevansie tot konsep  Betekenis/boodskap (6) 5.3 Vir hierdie vraag mag jy nie ʼn kunswerk wat in hierdie vraestel voorkom gebruik nie. Jy mag wel ʼn ander kunswerk deur een van die kunstenaars in die vraestel gebruik. Skryf ʼn opstel van ten minste 1 bladsy waarin jy TWEE multimedia werke wat jy bestudeer het, herroep, bespreek en vergelyk deur die volgende te verwys:  Name van werke en kunstenaars  Media  Boodskap en/of betekenis  Deur watter kunsstyl dit beïnvloed is  Voorlegging (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 13 FIGUUR 5a: Kendall Geers, The Terrorist’s Apprentice (Die Terroris se Leerder), veiligheidsvuurhoutjie, 2002. FIGUUR 5b: Willem Boshoff, Blind alphabet (Blinde alfabet), 1990. FIGUUR 5b: Blind alphabet (Blinde Voorwerpe van Blind alphabet (Blinde alfabet), Verskillende aansig. alfabet) deur Willem Boshoff Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 6 POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA Post-Apartheid visuele kuns het ʼn definitiewe bydra gemaak tot die integrasie en emansipasie van verskillende rasse in Suid-Afrika. Dit het gelei tot ʼn geloofwaardige, kontemporêre Suid-Afrika waarin kunstenaars weereens kon fokus op hul eie identiteit. 6.1 Skryf ʼn opstel van ʼn ¾ bladsy en bespreek hoe die kunstenaars van die visuele bronne FIGUUR 6a en FIGUUR 6b hul identiteit uitdruk deur hul kunswerke. Verwys na die volgende:  Mediums wat gebruik word  Style en tegnieke  Kommentaar wat deur die kunstenaars gelewer word  Watter kunstenaar maak die grootste impak op jou, met redes vir jou keuse (8) 6.2 Skryf ʼn opstel van ten minste 1½ bladsye waarin jy die werke van enige TWEE kunstenaars wie jy bestudeer het wie se werk hul post-1994 identiteit bevraagteken en reflekteer, bespreek. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord. Hulle mag nie in hierdie vraestel voorkom nie. (12) [20] WOORDELYS Kontemporêre kuns: Kuns vanaf die 1970’s tot hede Stereotipes: ʼn Vasgestelde idee wat mense mag het van ʼn spesifieke persoon of ding, maar nie werklik so is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 15 FIGUUR 6a: Hasan en Husain Essop, Five Pillars (Vyf pillare), foto, 2008. FIGUUR 6b: Wim Botha, Mieliepap Pieta, resin en mieliepap, 2004. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 7 GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Vanaf die Renaissance era is die vroulike figuur ʼn fokuspunt vir menigte kunstenaars, waarvan die meeste mans is. Mettertyd het vroulike kunstenaars ook op die vroulike figuur begin fokus, maar nie om die stereotipies idee van wat ʼn vrou is uit te beeld nie. 7.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 7a en FIGUUR 7b, skryf ʼn opstel van ongeveer ʼn ¾ bladsy, waarin jy verduidelik en bespreek hoe hierdie kontemporêre vroulike kunstenaars die vroulike vorm voorstel. Verwys na die volgende:  Komposisie  Styl  Formele kunselemente  Hoe geslag bevraagteken/bevestig word (8) 7.2 Skryf ʼn opstel van ongeveer 1½ bladsye oor enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wie se werk manlike/vroulike identiteit aanspreek. Noem, beskryf en vergelyk die kunswerke. Sluit jou opstel af met ʼn bespreking van die impak van albei werke. (12) [20] WOORDELYS Stereotipies: ʼn Byvoeglike naamwoord wat gebruik word om ʼn persoon of karaktertrek te beskryf wat aan ʼn stereotipe voldoen. Stereotipe: ʼn Vasgestelde idee wat mense mag het van ʼn spesifieke persoon of ding, maar nie werklik so is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 17 FIGUUR 7a: Jenny Saville, Propped (Gestut), olie op doek, 1992. FIGUUR 7b: Mary Sibande, Red dogs (Rooi honde), installasie, 2014. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 8 ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die 20ste en 21ste eeu het gesorg vir voorbeelde van uitsonderlike baanbrekerswerk in argitektuur. Innoverende ontwerpe, wat ook omgewingsbewus is, word wêreldwyd aangetref. 8.1 Met betrekking tot die bogenoemde stelling, bestudeer die innoverende strukture (elk een relevant tot hul eie tyd) in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b. Skryf ʼn opstel (1 bladsy) waarin jy die innoverende prestasies van elk een evalueer. Sluit jou gedagtes oor die volgende in:  Toegepaste elemente van ontwerp  Moontlike invloede en kreatiwiteit  Interessante karakterseienskappe  Doel en effektiewe funksionaliteit (8) 8.2 In ʼn opstel van ongeveer 1½ bladsye analiseer TWEE geboue, deur bekende, populêre Suid-Afrikaanse argitekte. Bespreek vorms, materiale en ontwerp wat hierdie geboue in ʼn kategorie van uitmuntende impak plaas. Die volgende aspekte mag relevant wees:  Name van argitekte/besighede en geboue  Spesiale eienskappe  Ligging en plasing  Gebruik van boumateriale, tegnologie en ontwerp  Ekologiese inagneming  Omgewingskwessies  Funksionaliteit (12) [20] WOORDELYS: Baanbrekerswerk: Om iets te skep wat nog nooit van te vore gemaak of gedoen of beleef is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) VISUELE KUNSTE V1 19 FIGUUR 8a: Revel Fox and Partners, Cape Town Convention Centre, 2008. . FIGUUR 8b: House of Rhino, Crossways, selfonderhoubare omgewingsvriendelike huis, 2011. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Visual Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all