Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2016
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 397.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening
gemaak word:
• Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
• Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
• Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoord te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
en titel van die werk toegeken.
6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
antwoord bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
in die nasienproses.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
• Hierdie memorandum moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat
die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die
memorandum kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
• LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
• Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
• Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
• Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES
KODE
7 • Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100% lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
• Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 • Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79% kommentaar te lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon uitstekende insig en begrip.
5 • Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
60–69% lewer.
• Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 • Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
50–59% lewer.
• Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 • Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
40–49% lewer.
• Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 • Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
30–39% kommentaar te lewer.
• Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 • Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
0–29% kommentaar te lewer.
• Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
LET WEL:
Die puntetoekenning hieronder moet gevolg word as die kandidaat slegs EEN
kunswerk/kunstenaar, in plaas van TWEE, bespreek het.
6 punte (maks. 3)
8 punte (maks. 5)
10 punte (maks. 6)
12 punte (maks. 7)
14 punte (maks. 8)
20 punte (maks. 12)
Indien die kandidaat nie 'n vergelyking getref het nie, moet EEN punt afgetrek
word.
As gevolg van kleurverskille in die gedrukte vraestelle van die verskillende provinsies
moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Die werke van Peter Clarke en Kate Gottgens beeld mense uit wat ontspan.
1.1 Kandidate moet die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b vergelyk deur
die volgende te oorweeg:
• Kleur en lyn
FIGUUR 1a: Peter Clarke, Sleepers on The Grass (Slapers op Die Gras),
waterverf, 1967.
Die kunswerk bestaan uit koel kleure soos groene en bloue met tikkies rooi en
oranje. Die donker, lineêre wolke dring deur areas van blou en die figure eggo
die rooi en oranje skakerings. Die landskap bestaan uit fasette van groen.
FIGUUR 1b: Kate Gottgens, Summertime (Somertyd), olieverf op doek,
2015.
Die kunswerk bestaan uit warm gele en gryse met ondertone van violet,
swart, oranje en rooi. Hierdie sagte skildery word gedomineer deur gedempte
kleure naamlik rooie, oranjes en gele. Die kunstenaar gebruik lyn om
verskillende vorms en objekte te definieer/omlyn, soos die meisie wat op die
gras lê en die stoel. Die skinkborde op die voorgrond skep diagonale lyne en
lei die kyker se oë na die meisiefiguur wat die fokuspunt is.
• Balans
FIGUUR 1a: Die twee kante van die komposisie is nie gelyk in grootte of vorm
nie. Die figure op die voorgrond is groter as dié op die agtergrond, wat
perspektief skep. Die skildery is in twee ongelyke dele verdeel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 1b: Die plasing van die meisie verdeel die prentvlak in 'n voor- en
agtergrond. Die plasing van die skinkborde onder en die opvoustoel op die
agtergrond skep balans.
Beide het asimmetriese balans. Werke is visueel gebalanseerd.
• Komposisie
FIGUUR 1a: Die diagonale komposisie beeld figure uit wat lyk of hulle op 'n
hoekige heuwel lê, vanwaar die kleinste briesie hulle mag omwaai. Dit lyk nie
of die grond onder hulle hul liggame ondersteun nie, maar reik eerder uit na
die kyker om idees van ruimte uit te daag.
FIGUUR 1b: Die kunswerk is 'n foto('snapshot')-aansig van 'n meisie wat in
die middel van die komposisie op haar maag op die gras lê. Sy beslaan die
grootste gedeelte van die komposisie en is meer na links geplaas, wat die
kyker toelaat om die komposisie geleidelik in te neem. 'n Opvoustoel is in die
middel van die boonste gedeelte geplaas. Die bokant van die stoel is deur die
rand van die kunswerk afgesny. Landskap formaat. Beide werke het 'n oop
komposisie met figure en ander voorwerpe verleng tot buite die raamwerk.
• Styl
FIGUUR 1a: Die kunswerk is gestileerd en vereenvoudig in blokagtige fasette
wat herinner aan Kubisme. Strokiesprentagtig. Afrika-invloed met hoekige
gesnede lyne en helder kleure. Vertikale verdeling.
FIGUUR 1b: Dit is 'n figuratiewe kunswerk wat 'n oomblik in tyd vasvang. Kort
kwashale en gestippelde kleur en lig is gebruik. Impressionisme. Moment
opname. Horisontale komposisie
• Moontlike betekenisse/boodskappe
FIGUUR 1a: Die figure slaap en rus op die gras.
FIGUUR 1b: Gottgens werk van ou, verbleikte familiefoto's af wat verband
hou met herinneringe wat verdof in gelaatlose gesigte. Dit vang 'n vergange
tyd vas. Dit is 'n oomblik in tyd wat 'n meisie uitbeeld wat op 'n warm dag buite
ontspan. Sy dra 'n baaikostuum en daar is teekoppies en pierings, skinkborde
en 'n stoel om haar, wat daarop dui dat sy nie alleen is nie. Die meisie
ontspan buite op 'n somersdag (vakansie stemming). Spookagtige gevoel.
(Indien die kandidaat nie 'n vergelyking getref het nie, moet EEN punt
afgetrek word.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
1.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer
het, wat kommentaar lewer op sy/haar omgewing, interpreteer.
Hulle moet die volgende by hul antwoorde insluit:
• Sosiale/Kulturele invloede
• Media en tegniek
• Styl
• Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Die Suid-Afrikaanse skilder, Simon Stone, kombineer invloede van moderne style soos
Surrealisme, Popkuns en Suid-Afrikaanse inheemse kuns in sy werk Domestic Rain
(Huishoudelike Reënval).
2.1 Kandidate moet die kunswerk wat in FIGUUR 2 uitgebeeld word, interpreteer
deur na die volgende te verwys: Die kwaliteit van die afdruk veroorsaak die
noukeurige detail om onduidelik te wees.
• Lyn en kleur
Die kunstenaar gebruik neutrale kleure in die onderste gedeelte van die
skildery, d.i. skadu's en tinte van bruin. Die middelgrond bestaan uit 'n
woonbuurt waar die dakke en huise in rooi en wit geskilder is. Die boonste
gedeelte van die skildery bestaan uit blou lug met drywende objekte wat
hoofsaaklik in grys, swart en wit geskilder is. Daar is tikkies rooi, geel en
oranje in die tregter, tydskrif, lipstiffie en spuitbottel. Liniêre, horisontale lyne
verdeel die kunswerk in drie dele.
• Styl en tegniek
Die kunstenaar gebruik 'n fotorealistiese/realistiese styl soos gesien in die
presiese detail. Die skildery het 'n surrealistiese gevoel omdat dit lae het met
komplekse betekenisse en motiewe. Daar is 'n jukstaposisie/
naasmekaarstelling van diverse elemente.
• Die kunstenaar verdeel sy komposisie in drie duidelike dele.
Kandidate moet die beeldgebruik in ELK van die drie dele en die
moontlike boodskappe/betekenisse daarvan beskryf en bespreek.
Stone stel nieverwante objekte in sy landskap naas mekaar.
Die lug bestaan uit moderne, alledaagse verbruikersitems wat uit die lug val
en so reën verteenwoordig. Hierdie objekte verteenwoordig moderne
materialisme. In die middelste gedeelte van die werk stel 'n ontwikkelde
voorstad die moderne lewe voor wat nie in Khoi/San-tye bestaan het nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
Die objekte sluit 'n stoof, lipstiffie, rubbermotorband, beker, 'n waterpas,
tregter, radio, 'n tydskrif ensovoorts in. Khoi/San-skilderye word in die
onderste gedeelte van die skildery uitgebeeld. Die kunswerk kombineer 'n
terugflits van Suid-Afrikaanse simbole soos gesien in die Khoi/San-tekeninge.
Stone kontrasteer die waardes van pre-koloniale kulture met dié van die
kontemporêre samelewing wat met die verkryging van wêreldse goed behep
is.
In die onderste gedeelte van Domestic Rain (Huishoudelike Reënval) word
Khoi/San-skilderye van jagters wat bokke jag, op 'n reuse rotsoorhang
uitgebeeld. 'n Interessante eienskap van dié werk is die oop boek wat bo-oor
die San skilderye geplaas is. Stone lewer kommentaar op die groot mag van
geld in die kontemporêre samelewing, in kontras met Khoi/San-kultuur, waar
die idee van geld nie bestaan het nie. Historiese tydlyn van die
gemeenskappe se lae oor mekaar in 'n 'palimpsest' wyse soos die San dit in
hul rotskuns gedoen het. Oer, begrawe en historiese simbole
jukstageposisioneer met moderne materialistiese 'simbole'. Besoedeling,
kulture, historiese oorsprong, spirituele erfenis, Argeologie, Saartjie
Baartman. (8)
2.2 Kandidate moet EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werk
hul Afrika-identiteit uitdruk weens die invloede van inheemse Afrika-
kunsvorms, bespreek.
Kandidate moet die volgende riglyne volg:
• Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms en -simbole
• Styl en tegniek
• Moontlike boodskappe/betekenisse (12)
[20]
Leerders moet verwys na Afrika identitieit wat beteken dat kunstenaars soos
Picasso, Gauguin en Duitse Ekspressionioste nie relevant is nie en nie
aanvaar word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
1970's EN 1980's
In sy Letters of Home (Briewe van Die Huis) laat Sfiso Ka-Mkame sy gedagtes gaan
oor huidige sosiopolitieke kwessies in Suid-Afrika.
FIGUUR 3: Sfiso Ka-Mkame, Letters of Home (Briewe van Die Huis), oliepastelle op
papier, 2012–2014.
3.1 • Hoe reageer kandidate op die titel van hierdie werk? Kandidate moet hul
persoonlike reaksie motiveer.
• Kandidate moet DRIE van die kwessies wat in die werk aangeraak word,
bespreek deur na die volgende te verwys:
o Keuse van visuele beeld(e)
Hierdie narratiewe kunswerk beeld politieke konflik, daaglikse
struwelinge, geweld, lyding/swaarkry en medelye uit. Die geweld word
geïllustreer deur die visuele beeld van die Marikana-slagting,
polisieklopjagte, renosterstroping en 'n skokkende beeld van xenofobie
van brandende liggame op straat.
Beelde van daaglikse struwelinge en die daaglikse lewe kan gesien word
in die volwassenes wat in die velde loop en werk en die kinders wat buite
speel. Ander beelde wissel van huise, 'n bedelaar, 'n moeder en haar
twee kinders wat lyk asof hulle huil, vroue wat wasgoed ophang, proteste,
skoolkinders wat 'n ouer persoon besoek en 'n groep mense voor 'n Vigs-
bewuswordingsbanier geplaas is. Die kunstenaar wil hê dat ons opnuut
bewus raak van die gruweldade en geweld waaraan ons oor die afgelope
jare gewoond geraak het. Die Afrika-simbole is nostalgies.
o Kleur
Digte kleurlae is met oliepastelle aangewend. Patrone is in die pastelwerk
gekrap. Die helder kleure bestaan hoofsaaklik uit primêre en sekondêre
kleure. Grys is in sommige van die beelde gebruik, terwyl wit in die
plakkate, rook en klere van die figure gebruik is. Die kleure rooi, oranje,
geel en groen oorheers die komposisie. Collage effekte/palimpsest.
o Komposisie
Die vierkantige formaat bestaan uit baie kleiner oliepasteldele wat
gekombineer is om een finale kunswerk te vorm. Die kunswerk herinner
ons aan 'n lappieskombers of 'n fotografiese rekord van die gebeure wat
in 'n finale kunswerk gekombineer is. Die grootte van die pasteldele
wissel in grootte. (10)
3.2 Kandidate moet vergelyk hoe enige TWEE kunstenaars sosiopolitieke
kwessies uit die verlede/hede in hul werk uitgebeeld het. (10)
[20]
(EEN punt moet afgetrek word indien die kandidaat nie 'n vergelyking maak
nie.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Die Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci het beide Marisol Escobar, 'n
kunstenaar wat in die Verenigde Koninkryk woon, en Dominic Lukandwa, 'n Ugandese
kunstenaar, geïnspireer. Hulle gebruik hul kuns en kunsvlyt om hul geestelike geloof
uit te druk.
FIGUUR 4a: Marisol Escobar, Self-Portrait Looking at The Last Supper (Selfportret
Wat Kyk na Die Laaste Avondmaal), beeldhou-assemblage, geskilderde en
getekende sketse op hout, laaghout, bruinsteen, gips en aluminium, 1982–1984.
Marisol Escobar was 'n Venezolaanse vroulike kunstenaar wat lewensgrootte
beeldhouwerke uit hout gemaak het om groot installasies te skep. Die geverfde
groot, plat houtoppervlakke, gekombineer met driedimensionele elemente van
skulpturele hande, voete en koppe, skep 'n konstante wisselwerking tussen
twee- en driedimensionaliteit. Ander werke is The Cocktail Party (Die
Skemerkelkparty) en Poor Family (Arm Familie).
FIGUUR 4b: Dominic Lukandwa, The Last Supper, (Die Laaste Avondmaal), batik
op sy, datum onbekend.
Dominic Lukandwa is 'n Ugandese kunstenaar wat Westerse en Afrika-kulture
kombineer om die Laaste Avondmaal uit te beeld. Deur die gebruik van batik,
byewas en natuurlike kleurstowwe op sy, beklemtoon hy landelike Afrikanisme.
Die invloed van die Rooms-Katolieke godsdiens kan in die stralekrans van
Christus gesien word.
4.1 Kandidate moet FIGUUR 4a met FIGUUR 4b vergelyk deur na die volgende
riglyne te verwys:
• Plasing van die figure
FIGUUR 4a: Die twaalf figure vergader om die verlengde tafel in dieselfde
formasie as in Leonardo da Vinci se skildery. Die dissipels sit in vier groepe
van drie persone langs die houttafel. Die persepsie van die figure verskuif die
hele tyd tussen twee en drie dimensies omdat die sittende figure nie volrond of
plat is nie. Die figuur in die middel is uit klip gekap, terwyl die res van die figure
en die items op die tafel uit geverfde en getekende stukke hout saamgestel is.
'n Enkele figuur uit hout gekerf sit regs van die kunswerk en is apart van die res
van die figure. Alle figure, behalwe die een regs van Jesus, gebruik
handgebare om na die sentrale figuur van Christus te wys. Die enkele figuur
aan die regterkant kan die kunstenaar, of die kyker wees wat na Die Laaste
Avondmaal kyk. Die beeldhouwerk neem die eienskap van 'n rekwisietstuk
aan. Die titel van die werk dui aan dat die figuur regs die kunstenaar voorstel.
Christus gemaak van steen.
FIGUUR 4b: Die sittende figure is identies aangetrek en informeel op bankies
rondom 'n ronde tafel geplaas. Die figuur in die middel stel Christus voor, wat in
'n helder, goue kleed geklee is. Christus word met 'n ikoniese stralekrans om
sy kop uitgebeeld. Dit is moeilik om uit te maak of die figure manlik of vroulik is
aangesien hulle sonder tipiese manlike of vroulike gelaatstrekke uitgebeeld is.
Die figuur heel regs speel 'n Afrika-trom. Sommige van die figure word getoon
waar hulle uit 'n kalbas drink en hulle is almal na die sentrale figuur
gedraai.Verwysing na ander kulture kan ook gemaak word, nie alleenlik
Christendom nie. Figure kan ook in Sari's geklee wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
• Kleur en vorm
FIGUUR 4a: Die kunstenaar het lig getinte hout gebruik. Die figure en
landskap is liggies op die hout geskilder. Die sentrale figuur van Christus se
kleur is grys. Die kleur van die kunstenaar of kyker se klere is swart.
Sommige van die houtpanele is in sagte bloue en geel okers geskilder, wat
herinner aan die kleure wat gedurende die Renaissance-tydperk gebruik is.
Ryk komplimentêre kleure; lae van kubisagtige vorms(Kubisme) in
vergelyking met organiese vorms in FIGUUR b. Die kunstenaar het van
anorganiese vorms vir die tafel en panele gebruik gemaak, en van organiese
vorms vir die figure.
FIGUUR 4b: Die kunstenaar gebruik primêre en sekondêre kleure. Die kleur
van die klere is rooibruin en is naas die komplementêre kleur van die groen
vrugte geplaas. Die sentrale figuur van Christus is in heldergeel oker
uitgebeeld, wat die figuur meer prominent maak. Die kleur kan goud
verteenwoordig, wat koninklikheid en belangrikheid simboliseer.
• Diepte en beweging
FIGUUR 4a: Die agt houtpanele weerskante van die beeldhouwerk trek die
oog na die fokuspunt van Christus. Die kunstenaar het diepte op die
agtergrond geskep deur drie reghoekige houtpanele agter Christus te plaas,
wat drie vensters naboots. 'n Geskilderde landskaptoneel op die
'vensterpanele' skep ook diepte. Die voete is onder die tafel sigbaar. Bo die
vensters is 'n halfsirkel op die agterste muur geskilder, wat die boog
verteenwoordig wat ook in Da Vinci se Die Laaste Avondmaal sigbaar is.
Beweging word geskep deur die gebare van die figure se arms en hande.
Vlak diepte (soos verhoog).
FIGUUR 4b: Die figure wat die musiekinstrumente bespeel, gee die illusie
van beweging. Die kromlynige lyne van die dak en diagonale lyne van die
vloer skep beweging. Die blou agtergrond skep diepte.
• Materiaal/Tegnieke
FIGUUR 4a: Hout is gebruik om die beeldhou-assemblage saam te stel. Die
kunstenaar het die detail van die klere en gelaatstrekke op die houtstrukture
geskilder. Die figure in die middel is uit steen gekap.
FIGUUR4b: Die kunstenaar het batik as medium gebruik, 'n tipiese Afrika-
tegniek. Die fyn lyne word gevorm deur was aan te wend wat die werk 'n
antieke gevoel gee. Byewas en organiese kleurstof word in die proses
gebruik. Afbeeldings is vlak en twee-dimensioneel ens. (8)
(EEN punt moet afgetrek word indien die kandidaat nie 'n vergelyking maak
nie.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
4.2 Kandidate moet EEN kunswerk van TWEE verskillende Suid-Afrikaanse
kunstenaars en/of kunsvlytkunstenaars bespreek.
Kandidate moet die volgende as 'n riglyn gebruik:
• Formele kunselemente
• Media en tegniek
• Onderwerp en beeldgebruik
• Moontlike boodskappe/betekenisse (12)
[20]
Enige TWEE Suid-Afrikaans kunstenaars kan geselekteer word –vraestel spesifiseer
nie dat kunswerke kreatiewe vlyt en/of spiritueel hoef te wees nie.
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Die installasie van die Japannese kunstenaar, Chiharu Shiota, The Key in the Hand
(Die Sleutel in die Hand), is 'n ingewikkelde vervlegting van rooi wol en sleutels wat
bokant bote hang. Die installasie met sy massa vervlegte drade sluit 'n versameling
van meer as 50 000 sleutels in. Die sleutels is by mense en plekke oor die hele wêreld
versamel. Volgens Shiota is sleutels bekende en baie waardevolle dinge wat
belangrike mense en ruimtes in ons lewens beskerm. Hulle inspireer ons ook om die
deure na onbekende wêrelde oop te maak.
[Aangepas en vertaal uit designboom.com]
FIGUUR 5a: Chiharu Shiota, The Key in The Hand (Die Sleutel in Die Hand),
installasie met bote, toutjies en sleutels, 2015.
5.1 Beskryf hoe die kunstenaar haar boodskap oorgedra het met verwysing na
die teks hierbo en die visuele bronne in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b.
Kandidate moet na die volgende verwys:
• Betekenis van die kleure
Rooi wol/drade, waaraan geroeste sleutels van verskillende groottes en
vorms hang, is gebruik en dwarsoor die vertrek en plafon gespan/gehang/
gerangskik. Sommige metaalsleutels is saamgebondel en ander nie. Hulle is
onderling verbind met die rooi wol/drade wat kruis en dwars uit alle rigtings
en hoogtes verweef is. Die kleur rooi kan lewe/are/bloed/liefde simboliseer.
Die verbleikte kleur van die bote weerspieël antieke tye omdat dit ons
herinner aan 'n ou, verrottende boot. Groenerige, geroeste sleutels
simboliseer ewigheid, oud, geskiedenis. Blou/groen refleksies(water).
Kontras tussen rooi en bruin kan gevaar simboliseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
• Betekenis van die grootte/skaal
Hierdie installasie se skaal is groot en is 'n uitgebreide vervlegting van rooi
wol/draad en sleutels wat gerangskik is en van die plafon gespan is. Die
kyker raak deel van hierdie ruimte as die vertrek binnegegaan word en kan
deur die grootte van die werk geïntimideer of selfs oorweldig word. Die
wol/drade en sleutels dring die ruimte van die vertrek binne. Die rooi massa
wol/drade sou die seile van die bote kon voorstel. Die installasie is
binnenshuis en nie buite nie, bote is gewoonlik buitekant.
• Gebruik van materiaal en die kontraste tussen hulle
Rooi wol/drade, houtbote en ou, geroeste sleutels word gebruik om haar
boodskap oor te dra. Sommige sleutels hang in bossies, ander hang
individueel of is op die vloer geplaas. Die ou boot is uit houtplanke en
metaaldele saamgestel. Die bote is deur 'n houtstaander en trollie van die
vloer gelig. Kontras tussen die sagte gare en harde hout bote.
• Simboliese betekenis van die wol/drade, bote en sleutels
Die installasiekunstenaar gebruik alledaagse objekte soos sleutels om die
herinneringe te ondersoek wat in hierdie objekte gevind word. Die sleutels is
van duisende mense regoor die wêreld versamel. Elke sleutel het
herinneringe en ervarings. Sleutels is bekend, beskerm waardevolle items en
word dikwels gebruik om belangrike areas te sluit. Sleutels is simbolies en
dikwels sinoniem met goeie geluk en voorspoed. Deure en slotte is ook
simbolies van die onbekende. Die twee antieke bote kan na ons
verlede/geskiedenis of voorvaders verwys. In FIGUUR 5a is die boot van die
vloer gelig, wat dit laat lyk asof dit in beweging is, of dit kan die begin van 'n
reis simboliseer. Ons as mense is verbind of in verhouding met ander deur
middel van ervarings en gebeure. Die sleutels kan verwys na die verskillende
weë en ervarings wat ons deur die lewe ervaar. Die lewe is nie 'n reguit pad
of reis nie, jou lewe kan deurmekaar raak. Die lewe is nie maklik en
eenvoudig nie.
• Wat is die kandidate se begrip van die titel van die werk? Hulle moet
hul antwoord motiveer.
Die titel van die installasie verwys na die feit dat ons sleutels in ons hande
ronddra. Die sleutels word gebruik om 'n deur, hek, kluis, ens. oop te sluit of
om dit toe te sluit. Jy is in beheer van die situasie as 'n slot toegesluit of
oopgemaak word. Deur 'n deur oop te maak, laat jy toe dat nuwe
geleenthede/herinneringe hulself aan jou bekendmaak. Die sleutel word ook
gebruik om toe te sluit/beskerm of om iets veilig of verborge te hou. Jou
geheime en herinneringe kan ook toegesluit word en van andere weggesteek
word. (10)
5.2 Kandidate moet EEN kunswerk deur 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat
alternatiewe media gebruik op soek na maniere om sy/haar idees oor te dra,
interpreteer. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NA 1994
Baie post-1994 demokratiese, kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars toon
uitdrukkings van stedelike identiteit deur invloede van straatkultuur, portrette, die
stedelike lewe en sosiale media te kombineer.
6.1 Kandidate moet bespreek hoe die kunstenaars 'n kontemporêre, stedelike
Suid-Afrikaanse identiteit uitgebeeld het deur beide FIGUUR 6a en FIGUUR
6b te gebruik.
Hulle moet na die volgende riglyne verwys:
• Invloede
FIGUUR 6a: Invloede op Asha Zero se werke is beelde van Betty Boop,
portrette, kinders, plesier, speel, speletjies, wat uitknipsels is van tydskrifte of
foto's.
FIGUUR 6b: Kilmany-Jo Liversage is bekend vir haar werk in Stedelike Kuns
(Urban Art) wat erken word as 'n kunsvorm geïnspireer deur straatkuns, veral
gespuitverfde graffiti en stensilwerk. Sy word deur die advertensiewese en
sosiale media geïnspireer.
• Kleur
FIGUUR 6a: Die agtergrond is in grys toonkleure. Liggeel en wit gesigte het
laggende rooi monde. Geel en swart gevaartekens met swart letters gee aan
die werk 'n Popkuns-gevoel. Die werke het 'n makabere, gevaarlike
atmosfeer.
FIGUUR 6 b: Liversage gebruik versadigde kleure wat na Popkuns verwys.
Komplementêre kleure van oranje en blou skep 'n lewendige gevoel. Die
merke op die gesig verwys na Marilyn Monroe. Andy Warhol invloed.
• Styl en tegniek
FIGUUR 6a: Die kunstenaar gebruik akrielverf om die collage noukeurig te
kopieer. Die geskeurde rante van die papier vertoon driedimensioneel. Die
werk herinner aan die montages van Dada en bevat surrealistiese gesigte wat
op 'n trompe-l'oeil-wyse geskilder is om die oë met die noukeurige, realistiese
tegniek te bedrieg. Oë aan die bo-en onderkant van die komposisie, is
verskillend. In die bokant van die komposisie is die oë oop en aan die
onderkant is dit toe/verdoesel.
FIGUUR 6b: Liversage werk op skilderdoek met akrielverf, spuitverf en
stensils. Die kwasmerke wat met groot gebare gemaak is, verwys direk na
graffiti. Haar proses van verf in lae, skep tekstuur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
• Moontlike boodskappe/betekenisse
FIGUUR 6a: Klein stukkies foto's vorm 'n samehangende geheel. Die opbreek
of skeur van visuele beelde en papier kan verwys na die vernietiging van
identiteit omdat alle mense in iets nuuts moet konformeer. Lyk na 'n plakaat
wat teen 'n muur geplak en gedeeltelik verwyder is en ander bo-oor gepak is.
Zero sê: 'Ons is slegs EEN stuk.' Die vorm van nuwe identiteit is 'n
noodsaaklikheid vir alle mense wat by 'n aanhoudend veranderende
samelewing wil aanpas. Die gebruik van 'n prent van 'n pop, soortgelyk aan
Betty Boob of Kewpie, toon ooreenkomste met handelsname. Hierdie poppe
was baie gewild in die verlede. Dit kan die belangrikheid uitbeeld van
kenmerke van spesifieke speelgoed waarmee 'n kind kan identifiseer.
Laggende monde beeld pret en plesier uit. Die twee portrette, gevorm deur
fragmente van popgesigte, word laggende kinders wat na mekaar kyk.
Afbeeldings van danskultuur word aan die onderkant van die skildery gesien.
FIGUUR 6b: Judella 515 kan verwys na die baie gesigte wat op
advertensieborde verskyn. Die grafiese lyne boots graffiti op die mure van
duikweë na. Dit kan verwys na die baie gesigte van modelle wat die
goedkoop besittings van die samelewing raak. Die visuele beeld verwys na n
'selfie'.
• Kandidate moet hulle opinie gee van watter kunswerk, na hulle
mening, die sterkste uitdrukking van stedelike identiteit uitbeeld?
Hulle moet hulle antwoord motiveer. (10)
6.2 Kandidate moet uitbrei oor die konsep van stedelike identiteit deur TWEE
kunswerke te bespreek.
Hulle moet na die volgende verwys:
• Formele kunselemente
• Komposisie
• Media en tegniek
• Styl
• Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
[20]
Wees buigbaar in hierdie vraag, leerders moet identiteit bespreek maar hulle kan ook
landelike identiteit bespreek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Die Sfinks van antieke Egiptiese kuns word as 'n simbool van manlike krag beskou.
Kara Walker, 'n Afro-Amerikaanse kunstenaar, het 'n soortgelyke houding gebruik in
haar werk A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die
Wonderlike Suikerbaba) wat vir 'n ou suikerfabriek geskep is. In Amerika is daar 'n
geskiedenis van vroue wat uitgebuit is en geforseer is om in die suikerrietplantasies te
werk.
7.1 Kandidate moet 'n kort opstel skryf oor Kara Walker se werk A Subtlety, or the
Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba)
waarin hulle na die volgende verwys:
FIGUUR 7a: Kara Walker, A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n
Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba), polistireen, melasse en suiker,
2014.
• Waarom, dink hulle, het die kunstenaar die figuur as die Sfinks
uitgebeeld? Kandidate moet redes gee vir hulle antwoord.
Sfinks is 'n 'god'- prysing van die vrou as 'n 'god'. Seksuele posisie- vrou
uitgebeeld as seksuele objek. Kara Walker het 'n reuse beeldhouwerk van 'n
Afro-Amerikaanse vrou gemaak wat as die Sfinks uitgebeeld is. Dit is in 'n ou
suikerfabriek geskep; daaruit het die titel 'Sugar baby' ontstaan. Aan
weerskante van die beeldhouwerk gegroepeer, is klein figuurtjies van kinders,
moontlik seuntjies, wat mandjies dra. Hulle is uit melasse en suikerpasta
gemaak. Soos die suiker begin disintegreer, is die stukke opgetel en in die
mandjies geplaas. Dit was 'n gebaar van verlossing en genesing deur die
sogenaamde 'optel van die stukke' wat deur 'n samelewing agtergelaat is.
Die Sfinks simboliseer die belangrikheid van 'n koning in antieke Egiptiese tye.
Die koning is beskou as die belangrikste figuur in die nasie. Die liggaam van
die Sfinks was dié van 'n leeu, terwyl die kop 'n portret/beeld van die ontslape
koning/Farao was. Oorgrote beeldhouwerk wat die liggaamskenmerke van 'n
vrou beklemtoon (borste, lippe, agterstewe).
Die kunstenaar wou die vrou as 'n belangrike figuur uitbeeld wat so sterk en
kwaai soos 'n leeu haar kinders sal verdedig. Ongelukkig het sy nie altyd
beheer oor die lot van haar kinders nie. In hierdie geval is die liggaam dié van
'n vrou en nie 'n leeu nie. Dit beeld die vroulikheid van die beeldhouwerk uit.
• Die skaal van die beeldhouwerk
Die skaal van hierdie kunswerk weerspieël nie net die kragtige vermoë van die
kunstenaar om 'n uitdagende werk te skep nie, maar ook die krag van alle
vroue.
• Die gebruik van suiker en melasse (suikerstroop) as 'n medium
Melasse en suiker is baie soet en kan verwys na die vrou wat 'sweetness' of
'sugar' genoem word. Dit is dikwels gedoen om vroue te verneder en hulle
goedkoop te maak. Melasse en suiker disintegreer ook met tyd maar bly soet.
Alhoewel vroue ouer word, bly hulle soet en vroulik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
• Kandidate moet skryf op watter manier die woorde 'Sugar' en 'Baby'
tot die betekenis van die werk bydra?
Die woorde 'Sugar' en 'Baby' kan verkleinerend of liefdevol gebruik word.
'Sugar baby' is ook die naam gegee aan 'n jong meisie wat met 'n ouer man,
bekend as 'n 'sugar daddy', 'n verhouding het. 'Baby' is 'n stereotipe naam wat
aan 'n vrou gegee word wie die kinders moet baar en grootmaak. Vroue word
gesien as 'n lekkerny- mans wil liefde(suiker) van 'n vrou hê.
(FIGUUR 7c: Die Sfinks is slegs as verwysing ingesluit en moenie as die
hoofvoorbeeld bespreek word nie.) (8)
7.2 Kandidate moet verwys na enige TWEE kunstenaars en hul werke wat hulle
bestudeer het, en 'n opstel skryf waarin hulle kommentaar lewer op hul
uitbeelding van manlikheid en/of vroulikheid.
Hulle kan die volgende riglyne in hul antwoord gebruik:
• Onderwerp
• Media en tegniek
• Styl
• Boodskappe/Betekenisse (12)
[20]
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Die klem op ekologiese bewuswording, gekoppel aan die nuwe tegnologieë van
rekenaarondersteunende ontwerp, het dit vir argitekte makliker gemaak om unieke
geboue te skep.
8.1 Kandidate moet na die stelling hierbo verwys en die voorbeeld in FIGUUR 8
analiseer deur na die volgende riglyne te verwys:
• Hoekom sou die argitek mieliestronke en lewende wortelstrukture in
die ontwerp van sy bakstene gebruik het?
Die argitek gebruik 3M bio-ontwerpte organiese bakstene (geometriese
vorms) gemaak uit mieliestronke en lewende wortelstelsels. Die bakstene is
sonder versierings en is uit eenvoudige materiaal gemaak. Die herhaling van
die strukture/bakstene stel 'n gevoel van orde voor. Die organiese bakstene is
aan die onderkant van die struktuur gerangskik en die weerkaatsende
bakstene aan die bopunt om lig in die torings af en op die grond te weerkaats.
Daar is geen interne mure nie en die ruimtes tussen die binne- en buitekant is
oop. Die bakstene is dun en poreus onder. Die struktuur bied skaduwee in die
tuin. Reën kan maklik die struktuur binnedring aangesien dit bo oop is. Die
gebou is maklik om te onderhou. Geen vensters is gebruik nie. Dit sal die
stene 100% bio-afbreekbaar maak; dit kan vir kompos ook gebruik word.
Herwinde mieliestronke en wortelstrukture word gebruik om stene te groei,
wat goedkoper materiaal sal wees as tradisionele materiale.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2016
NSS – Nasienriglyne
• Hoekom, dink die kandidate, is die bakstene nie styf saam gepak
nie?
Die gebou is ekovriendelik (groen) en maklik om op te rig, wat nie 'n
koolstofspoor agterlaat nie. Die gebou het 'n wye ingang en is oop aan die
bopunt om volop lig die struktuur te laat binnedring. Weens die feit dat daar
geen vensters is nie, kan natuurlike lig slegs deur die syingang en twee
tonnelagtige vorms binnekom. Die beweging van natuurlike lig ontbloot die
eenvoudige, skoon ruimtes. Die groot struktuur het 'n organiese vorm en die
binnekant is omring. Die struktuur is solied en sonder vensters. Om lig en lug
deur te laat, lug sal van die onderkant, waar bakstene los gepak is, op tot die
bokant vloei (warm lug vloei op),- die vloei van lug sal die gebou afkoel.
• Hoekom het die argitek besluit om 'n weerkaatsende materiaal aan
die bopunt van die struktuur te gebruik?
Die goedkoop bakstene (materiaal) is baie goedkoper omdat hulle herwinde
saadkissies is. Geen elektrisiteit is nodig nie omdat die argitek van natuurlike
lig gebruik maak. Die konstruksie kan binne 'n kort tydjie opgerig word omdat
geen beton in die konstruksie gebruik word nie. Die reflektiewe stene sal die
blou lug en wolke reflekteer om die gebou 'n visuele voorsettende, groeiende,
smeltende- in -die lug gevoel gee.
• Dink die kandidate die vorm/fatsoen van hierdie struktuur is visueel/
esteties aantreklik? Hulle moet hulle antwoord motiveer.
Kandidate moet hul argumente motiveer of die struktuur visueel aantreklik is.
Die vorm en fatsoen van die gebou ondersteun die ekologiese en biologiese
bewusmaking van die bio-organiese.Dit blyk 'n groiende organisme te wees. (8)
8.2 Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat hulle
bestudeer het, bespreek.
Hulle moet die volgende in hul kort opstel insluit:
• Gebruik van materiaal
• Gebruik van styl
• Moontlike invloede (12)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper