PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2022
GRAAD 9
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE:
DIE EKONOMIE EN ENTREPRENEURSKAP
(VRAESTEL 2)
TYD: 1 uur
PUNTE: 80
12 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %20November%202022%20Question%20Paper--50656fb8-509d-4c56-a825-a329dda5d67e/v1-0d53d3dcd9ca7a21c08e/card.webp)
%20November%202022%20Answer%20Book%20(1)--c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459/v1-3e0941d9a2af56619c6d/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers--9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3/v1-e324479432165a963106/card.webp)
%20November%202023%20Answer%20Book--c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7/v1-896bbc7d169f35e177c6/card.webp)
%20November%202023%20Possible%20Answers--96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0/v1-7ff3e08a72fc2c8fa294/card.webp)
%20November%202019%20Answer%20Book--f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0/v1-fdaeca3c6c36561844d5/card.webp)
View all%20June%202024%20Answer%20Book--07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95/v1-d69bf12ec25339a7c915/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers--7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb/v1-ba0bf024a62f11c9c81a/card.webp)
%20June%202023%20Answerbook%20(1)--63639f6e-7fa6-4bcf-923f-cb86c6ace454/v1-6dd735dceda225db0670/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers--5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8/v1-ffedb423d7ff8feec3c9/card.webp)

Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
Grade 9 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 9 · Gauteng November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 490.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit Afdelings A, B en C en is gebaseer op die voorgeskrewe
inhoudsraamwerk in die KABV-wysigingsdokument en HJOP.
AFDELING A: ALLE ONDERWERPE
VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse-vrae (10)
VRAAG 1.2: Pasitems (5)
VRAAG 1.3: Woordbank (5)
[20]
AFDELING B: DIE EKONOMIE
VRAAG 2: Ekonomiese stelsels (6)
VRAAG 3: Ekonomiese kringloop (8)
VRAAG 4: Prysteorie (8)
VRAAG 5: Vakbonde (8)
[30]
AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP
VRAAG 6: Sektore van die ekonomie (10)
VRAAG 7: Ondernemingsfunksies (9)
VRAAG 8: Besigheidsplan (11)
[30]
1. Al die vrae is verpligtend.
2. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is.
3. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
AFDELING A: ALLE ONDERWERPE
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is, bv., 1.1.6 E.
1.1.1 Regeringswetgewing word gebruik om te verhoed dat private besighede
die mark manipuleer in die:
A Beplande ekonomie
B Gemengde ekonomie
C Markekonomie
D Tradisionele ekonomie
1.1.2 Watter van die volgende is EEN van die regte van 'n vakbond?
A Die reg op ʼn veilige en higiëniese werksomgewing.
B Die reg om gelyk behandel te word.
C Die reg om lede op besigheidspersele te werf.
D Die reg om te werk.
1.1.3 Goeie advertensiestrategieë van goedere en dienste kan lei tot 'n ...
A toename in aanbod.
B toename in vraag.
C afname in vraag.
D geen van die bogenoemde.
1.1.4 Die volgende tipe besigheid is nie deel van die tersiêre sektor nie:
A Olieraffinadery
B Gesondheidsorg
C Groothandelaars
D Finansiële institusies
1.1.5 Watter van die volgende hou verband met ʼn besigheidsplan?
i Dit kan gebruik word om vir finansiering aansoek te doen.
ii Dit kan opgestel word deur beide nuwe en bestaande
ondernemings.
iii Beskryf hoe ʼn onderneming sy doelwitte gaan bereik.
iv Toon 'n projeksie van inkomste, uitgawes en wins.
A Slegs i
B i en iii
C i, iii en iv
D Al die bogenoemde (5 x 2) [10]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
1.2 PASITEMS
Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in jou
ANTWOORDBOEK neer, bv., 1.2.6 I.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Stel die besigheid bloot aan potensiële A Industriële aksie
kliënte deur betrokke te raak by
gemeenskapsprojekte. B Vaste koste
1.2.2 Mense beweeg tussen lande vir C Openbare
werksgeleenthede betrekkinge funksie
1.2.3 Speel 'n groot rol in die ekonomie van D Primêre sektor
ontwikkelde lande
E Oop ekonomie
1.2.4 Vakbonde en werkgewers bespreek die
regte van werkers F Bemarkingsfunksie
1.2.5 Huur, versekering en salarisse
G Kollektiewe bedinging
H Tersiêre sektor
(5 x 1) [5]
1.3 WOORDBANK
Gebruik die woordbank hieronder om die volgende sinne te voltooi. Skryf slegs
die korrekte antwoord langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK neer,
bv. 1.3.6 swem.
verbruikers; administratiewe; produksie; vissery; wins; toerisme;
algemene bestuur; ondernemings; bemarking
1.3.1 In 'n markekonomie is dit die hoofdoel van produksie om die meeste
__________ te maak.
1.3.2 __________ is die strategie wat beskryf hoe die besigheid sy produk sal
adverteer.
1.3.3 In die ekonomiese kringloop staan huishoudings ook bekend as ________.
1.3.4 In Suid-Afrika is __________ 'n belangrike bedryf in die primêre sektor.
1.3.5 Sekretaresses en persoonlike assistente vorm deel van die __________
funksie van besigheid.
(5 x 1) [5]
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
AFDELING B: DIE EKONOMIE
VRAAG 2: EKONOMIESE STELSELS
2.1 Noem die ekonomiese stelsel waarin daar 'n mengsel van private en
regeringsbeheer is. (1)
2.2 Voltooi die volgende tabel oor die markekonomie.
Eienskappe Antwoord
2.2.1 Wie besit die land se natuurlike hulpbronne?
2.2.2 Hoe word die pryse van goedere bepaal?
2.2.3 Wat is die regering se rol in die ekonomie? (3)
2.3 Die volgende spotprent beeld die "beplande/beheerde ekonomie" uit. Motiveer
hierdie stelling.
[Bron: https://www.quotemaster.org/command+economy] (2)
[6]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 3: EKONOMIESE KRINGLOOP
Bestudeer die volgende ekonomiese kringloop en beantwoord die vrae wat volg.
B
Huishoudings Besighede
Regering
[Bron: Aangepas uit www.researchgate.net]
3.1 Bespreek die vloei gemerk B in die bostaande diagram. (2 x 2) (4)
3.2 “Die regering speel 'n rol as beide produsent en verbruiker.”
Verduidelik hoe hierdie rol bereik word. (4)
[8]
b.o.
8 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 4: PRYSTEORIE
4.1 Noem die wet van aanbod. (2)
4.2 Bestudeer die volgende vraag- en aanbodgrafiek wat die vraag en aanbod van
springmielies by 'n skoolfondsinsamelingsgeleentheid toon en beantwoord die
vrae wat volg in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is.
Vraag en aanbod van springmielies
A B
10
8
Prys (R)
6
C
4
2
0
10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
Hoeveelheid
4.2.1 Teen 'n prys van R8, hoeveel sakke springmielies is die verbruiker bereid
om te koop? (1)
4.2.2 Identifiseer die prys waarteen die verskaffer bereid is om 20 sakke
springmielies te verskaf. (1)
4.2.3 Wat word punt C genoem? (1)
4.3 Dui aan watter kurwe (A of B) ʼn negatiewe helling het. (1)
4.4 Skep 'n voorbeeld van 'n situasie waar jy of iemand wat jy ken 'n besluit geneem
het op grond van die wet van vraag. (2)
[8]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 5: VAKBONDE
Verwys na die uittreksel geneem uit 'n aanlyn artikel oor vakbonde en beantwoord die
vrae wat volg
Vakbonde doen 'n beroep op miljoene werkers om by die huis te bly of
om aan te sluit by stakingsaksies in Suid-Afrika.
Personeel Skrywer 5 Oktober 2021
Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Cosatu) sê hy finaliseer en versterk
sy nasionale mobiliseringspogings in die opbou tot sy nasionale staking wat
Donderdag (7 Oktober) sal plaasvind.
[Bron: www.businesstech.co.za]
5.1 Bespreek die hoofdoel van ʼn vakbond. (2)
5.2 COSATU is die grootste arbeidsfederasie in die land. Haal 'n stelling uit
bogenoemde artikel aan wat dit bewys. (2)
5.3 Lewer kommentaar oor die negatiewe uitwerking wat hierdie staking op
besighede kan hê. Noem EEN punt. (2)
5.4 Bespreek hoe vakbonde bydra tot volhoubare groei en ontwikkeling in die
ekonomie. (2)
[8]
TOTAAL AFDELING B: 30
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP
VRAAG 6: SEKTORE VAN DIE EKONOMIE
6.1 Kies die korrekte woord tussen hakies.
(Geskoolde/Semi-geskoolde/Ongeskoolde) arbeid word hoofsaaklik in die
primêre sektor aangetref. (1)
6.2 Verwys na die besigheidslogo's hieronder.
Identifiseer die sektore van die ekonomie waaraan elk van die besighede behoort.
6.2.1 6.2.2 6.2.3
[Bron: Google images] (3)
6.3 Tamatiesous is 'n produk wat algemeen in baie huishoudings gebruik word.
[Bron: Google images]
Teken 'n vloeidiagram wat die verskillende stadiums verduidelik wat betrokke is
by die produksie- en verspreidingsproses wat tamatiesous sou geslaag het om
uiteindelik in die verbruikers se hande te wees.
Jou vloeidiagram moet insluit:
6.3.1 Die naam van die sektor en 'n beskrywing van die sektor (3)
6.3.2 Hoe die produk in die vraag direk by daardie sektor betrokke is. (3)
Nota: Jy hoef nie prentjies te teken nie.
[10]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 10
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 7: ONDERNEMINGSFUNKSIES
Die 8 ondernemingsfunksies
Adminstratiewe
Finansiële funksie
funksie
Aankope Bemarkings
funksie funksie
Algemene Produksie
bestuurs Menslike funksie
funksie Openbare
betrekkinge hulpbronne
funksie funksie
[Bron: https://prezi.com/p/rbvrwx7slhxm/25624474_nngubane/]
7.1 Hoekom verrig mense in besighede besigheidsfunksies? (1)
7.2 Hieronder is die posbeskrywings van sekere mense binne 'n besigheid.
Identifiseer die besigheidsfunksie waaraan hulle behoort.
7.2.1 Bongi sorg dat daar genoeg voorraad op die rakke is.
7.2.2 Sandra maak verbruikers bewus van die besigheid en die produkte wat
hulle verkoop.
7.2.3 Thabang reël opleidings- en vaardigheidsontwikkelingskursusse vir
werknemers om by te woon.
7.2.4 Joe is verantwoordelik vir die vinnig en doeltreffende vervaardiging van
hoë kwaliteit goedere. (4)
7.3 Verduidelik die funksie van die algemene bestuur. (2)
7.4 Stel EEN manier voor waarop die produksiefunksie koste binne die besigheid
kan verminder. (2)
[9]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 11
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 8: BESIGHEIDSPLAN
Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Hierdie man het sy eie roomys besigheid begin met R350 toelae,
en het nou vier mense in diens
Business Insider SA’ Phumi Ramalepe.
Met slegs R700 gespaar uit 'n R350 COVID-19-toelaag, het Thando Makhubu van
Jabulani, Soweto, sy eie roomysbesigheid begin tydens Suid-Afrika se aanvanklike harde
inperking. Die 30-jarige fotograaf het Soweto Creamery in sy ma se huis in Soweto begin
nadat optredes gekanselleer is weens inperkingsbeperkings.
"Die idee was nie regtig deurdink nie. Ek het die roomys op sosiale media gesien en wou
dit uitprobeer”. Die doel was nie eintlik om 'n besigheid te begin nie, maar om monsters te
skep en dan foto's daarvan te neem. Hy het aanvanklik sowat 20 klein houertjies vir die
roomys, 'n paar blikkies roomys, lekkers, beskuitjies en koekies gekoop om die konsep
interessant te maak. Makhubu en sy broer het professionele foto's van die roomys
geneem en dit op hul WhatsApp-statusse geplaas. Mohale Motaung, 'n welbekende
vriend in sosiale kringe, het dit op sy Instagram en sy ander sosiale media-platforms
geplaas. “Ek het my Twitter-fotografierekening na Soweto Creamery verander en ons het
binne 'n week van 50 volgelinge tot ongeveer 6 000 gegaan.
Ná die amptelike opening in Augustus het Mkhize gesê dat die maatskappy binne 'n paar
weke verkope van sowat R10 000 opgelewer het.
Die groei het hulle gemotiveer om in 'n veel groter vrieskas te belê en om roomys van
nabygeleë verkopers te kry. Hulle het ook in 'n wafelmaker, kommersiële menger en
melkskommelmaker belê. “Ons wil die verskeidenheid vergroot.” Die entrepreneur beplan
om in die maatskappy se eie roomysmaker te belê, en wil seker maak om in goeie
kwaliteit toerusting te belê. Die volgende stap sal wees om franchises regoor die land uit
te rol en in 'n selfs groter werksarea te werk.
President Cyril Ramaphosa het tydens sy toespraak by vanjaar se staatsrede vir
Makhubu en sy besigheid 'n spesiale uitroep gegee, maar Makhubu het geen idee hoe
die president van hom geweet het nie. Die volgende dag het hy oproepe van verskillende
mense ontvang wat meer oor hom wou uitvind. Volgens Makhubu het die skielike
gewildheid sy besigheid ietwat ’n hupstoot gegee aangesien meer mense nou daarvan
weet.
Makhubu het tans vier werknemers. Sy ma, broer, suster en 'n buurman wat kliënte help
met parkering.
Aan opkomende entrepreneurs wat drome het om hul eie besigheid te begin, raai
Makhubu hulle aan om "klein te begin, en nie bang te wees om te misluk nie. Sosiale
media is baie kragtig, so hulle moet ook baie moeite doen daarin."
[Bron: Uittreksel en aangepas uit:
https://www.businessinsider.co.za/man-opened-ice-cream-business-with-r350-grant-2022-2]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 12
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
8.1 Hoeveel kapitaal het Thando aanvanklik in die roomysbesigheid belê? (1)
8.2 Noem EEN vorm van sosiale media wat in die gevallestudie genoem is en wat
gebruik was om die roomysbesigheid te adverteer.
8.3 Identifiseer TWEE sterkpunte wat Thando geopenbaar het toe hy sy
roomysbesigheid gestig en bevorder het. (4)
8.4 Hoe weet ons dat die besigheid aansienlik gegroei het? Noem EEN punt. (2)
8.5 Haal die sin aan wat melding maak van 'n langtermyndoelwit wat Thando vir sy
roomysbesigheid gestel het. (2)
8.6 Adviseer opkomende entrepreneurs oor wat Thando Makhubu bedoel het toe hy gesê
het dat "Sosiale media baie kragtig is, so hulle moet ook baie moeite doen om dit te
doen."
Kies die korrekte opsie uit dié wat hieronder gelys word. Skryf slegs die korrekte
letter (A, B of C) langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK neer, bv., 8.6 D.
A Sosiale media is skadelik en kan jou besigheid vernietig, so wees versigtig.
B Besighede wat hulself op sosiale media-platforms bevorder, is onsuksesvol,
daarom moet hulle baie moeite doen met ander vorme van media.
C Jy kan jou besigheid doeltreffend deur sosiale media bevorder, so werk hard
daaraan om daardie platform te gebruik om jou teikenmark te bereik. (1)
[11]
TOTAAL AFDELING C: 30
TOTAAL: 80
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202022%20Question%20Paper--50656fb8-509d-4c56-a825-a329dda5d67e/v1-0d53d3dcd9ca7a21c08e/card.webp)
Question paper
Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%20November%202022%20Answer%20Book%20(1)--c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459/v1-3e0941d9a2af56619c6d/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2022 Addendum (Afr)
%20November%202022%20Possible%20Answers--9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3/v1-e324479432165a963106/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%20November%202023%20Answer%20Book--c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7/v1-896bbc7d169f35e177c6/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2023 Addendum (Afr)
%20November%202023%20Possible%20Answers--96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0/v1-7ff3e08a72fc2c8fa294/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Answer%20Book--f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0/v1-fdaeca3c6c36561844d5/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 Gauteng November 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 9 Economics
%20June%202024%20Answer%20Book--07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95/v1-d69bf12ec25339a7c915/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P2 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers--7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb/v1-ba0bf024a62f11c9c81a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 Paper 2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Answerbook%20(1)--63639f6e-7fa6-4bcf-923f-cb86c6ace454/v1-6dd735dceda225db0670/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P1 Gauteng June 2023 Addendum (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers--5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8/v1-ffedb423d7ff8feec3c9/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 Paper 2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper