Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2018
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2016 papers %20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7d3ca793-2e19-4862-a37b-7c29e91ddf08/v1-7cab856e50f6dfca2255/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--2bb4c065-5cd8-4e68-b0be-7e90875db915/v1-c12f87e12c42c0751c79/card.webp)
%20November%202022%20Answer%20book_hlayiso.com_--15210eb8-22c9-4ba2-b034-ad741bab208c/v1-4978b53979ff885e988d/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Answer%20Book_hlayiso.com_--861a2c3c-70ee-4ae1-acb4-e7272da2c6f5/v1-25a5950c450f94db63de/card.webp)
%20November%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1e2fca7e-08bf-43d1-bfaf-6a9f27bbb3dd/v1-57f2c27297d63bada1f4/card.webp)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--874f1ab8-0aed-4228-b104-6daf4e181e51/v1-e3fe41b5d78cbd8f2952/card.webp)
View all





Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2016 QP (Eng)
Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2016 (English), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2016 · English. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Language
- English
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 207.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng November 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
VRAESTEL 2 GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien.
2. Toon alle berekeninge waar toepaslik om deelpunte te verdien.
3. Lees alle instruksies sorgvuldig.
4. Probeer ten alle tye om binne die vasgestelde tydsraamwerk te hou.
5. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Skryf netjies en leesbaar.
VRAAG TEMA PUNTE TYD
1 BTW en Voorraad 34 27 minute
Krediteure Rekonsiliasie en Interne
2 42 34 minute
Kontrole
3 Vervaardiging 20 16 minute
4 Begrotings 25 20 minute
5 Vaste bates in Interne Kontrole 29 23 minute
TOTAAL 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 1: 34 punte; 27 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
BTW begrippe
BTW en Voorraad Basiese BTW berekeninge
Voorraad
VRAAG 2: 42 punte; 34 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Krediteure Rekonsiliasie
Krediteure Rekonsiliasie
Interne kontrole
VRAAG 3: 20 punte; 16 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Vervaardigingsbegrippe
Vervaardiging
Basiese vervaardigingsberekeninge
VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Begrotingskonsepte
Begrotings
Basiese begrotingsberekeninge
VRAAG 5: 29 punte; 23 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Tasbare bates en waardevermindering
Tasbare Bates
Interne kontrole oor bates
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 1: BEGRIPPE, BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE EN VOORRAAD
(34 punte; 27 minute)
1.1 BTW BEGRIPPE
GEVRA:
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraag nommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK. (1x5)
1.1.1 Inset BTW is die BTW wat die besigheid hef op goedere en dienste
voorsien aan klante of kliënte.
1.1.2 Items soos opvoeding en gesondheidsdienste waarop BTW huidiglik nie
gehef word nie, word BTW vrygestelde items genoem.
1.1.3 Verpligte BTW registrasie is wanneer ʼn besigheid se jaarlikse omset R3
miljoen oorskry en vereis word om te registreer as ʼn BTW verkoper.
1.1.4 Die BTW standaardkoers van 15% word afgetrek op werknemers se
salarisse en is betaalbaar aan die SAID.
1.1.5 BTW betaalbaar aan die SAID word bereken deur Inset BTW af te trek
van die Uitset BTW gehef.
1.2 BTW BEREKENINGE
Die onderstaande inligting is ʼn uittreksel geneem uit die boeke van Taylor
Winkels op 30 Junie 2018.
GEVRA:
Voltooi die tabel deur die ontbrekende bedrae te bereken deur gebruik te maak
(8)
van die standaardkoers van 15%.
Nr. Eksklusief BTW Inklusief
Bv. R648 R97.20 R745.20
1.2.1 ? R840 R6 440
1.2.2 ? R135 ?
1.2.3 R420 ? ?
1.2.4 R2 100 ? R2 415
1.2.5 ? ? R736
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
VRAESTEL 2 GRAAD 10
1.3 VOORRAAD
Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Naidoo Handelaars. Die
besigheid gebruik ʼn winsgrens van 20% op kosprys.
GEVRA:
Berei die Handelsvoorraad rekening in die Algemene Grootboek van Naidoo (21)
Handelaars vir April 2018 voor, balanseer die rekening behoorlik.
INLIGTING:
A. Die Handelsvoorraad rekening het ʼn beginsaldo van R10 000.
B. Kontantverkope vir die maand beloop R9 480.
C. Naidoo Handelaars het 5% handelskorting ontvang vir goedere kontant
aangekoop. Die handelskorting beloop R190. Bereken die
kontantaankope.
D. Kredietverkope vir die maand beloop R26 520.
E. Goedere deur debiteure teruggestuur beloop R720.
F. Kredietaankope vir die maand beloop R14 281.
G. Terugsendings van goedere aan verskaffers beloop R1 426.
H. Betaal vir die aflewering van goedere uit die kleinkas, R47.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 2: KREDITEURE REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE
(42 punte; 34 minute)
2.1 BAFANA HANDELAARS
Die boekhouer van Bafana Handelaars het foute gemaak met die oorboeking na
die Krediteurekontrole rekening op 30 November 2018. Die saldo van die
Krediteurekontrole rekening het nie ooreengekom met die Lys van Krediteure
wat geneem is uit die Krediteure Grootboek nie.
GEVRA:
Neem in berekening die foute en weglatings voorsien in INLIGTING C en berei
die volgende voor:
2.1.1 Stel die korrekte Krediteurekontrole rekening in die Algemene
(19)
Grootboek vir November 2018. Balanseer die rekening.
2.1.2 Stel ʼn korrekte lys van krediteure op 30 November 2018. (17)
INLIGTING A:
ALGEMENE GROOTBOEK VAN BAFANA HANDELAARS
DT KREDITEUREKONTROLE B6 KT
Nov 01 Saldo a/b 4 380 Nov 30 Aankope KJ 45 700
30 Bank KBJ 32 400 Krediteure KAJ 2 108
afslag
Joernaal AJ 2 650 Korting KBJ 1 850
debiete
Saldo o/d 11 518 Joernaal AJ 1 290
krediete
50 948 50 948
Des 01 Saldo a/b 11 518
INLIGTING B:
LYS VAN KREDITEURE OP 30 NOVEMBER 2018
NAAM Debiet Krediet
PP Handelaars 3 890
Townsend Winkels 1 300
Longwitz Handelaars 4 512
Numero Motors 4 640
Fanele Verspreiders 260
260 14 342
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
VRAESTEL 2 GRAAD 10
INLIGTING C:
FOUTE EN WEGLATINGS
(i) Faktuur 196 ontvang vanaf Townsend Winkels vir R1 480 is oorgeboek na die
rekening van Longwitz Handelaars in die hulpgrootboek.
(ii) Die besigheid het besluit om die saldo van Fanele Verspreiders oor te dra na
die Debiteure grootboek. Geen inskrywing is nog gedoen nie.
(iii) Faktuur 231 ontvang vanaf PP Handelaars vir handelsware op krediet
aangekoop vir R2 300 is foutief in die Krediteurejoernaal as R3 200
geboekstaaf.
(iv) Die besigheid het sommige onderdele wat gekoop is vanaf Numero Motors vir
die afleweringsvoertuig, teruggestuur vir R860. Die bedrag is korrek in die
Krediteure-afslagjoernaal geboekstaaf maar is oorgeboek as kredietaankope
in die Krediteure grootboek.
(v) PP Handelaars verskaf goedere aan Bafana Handelaars en koop ook vanaf
Bafana Handelaars. Die debietsalso van R640 in hul Debiteure grootboek
moet oorgedra word na hul rekening in die Krediteure grootboek.
2.2 Batho-Pele Handelaars rekonsilieer sy rekords oor krediteure op ʼn
maandelikse basis. Die eienaar is bekommerd oor die groot bedrae wat aan
krediteure betaal word wat nie ooreenkom met die voorraadvlakke in die
pakhuis nie. Daar is ook ʼn minimale verbetering in die verkopesyfers.
2.2.1 Wat kan die rede wees vir die tekort in voorraad? Voorsien EEN rede. (2)
2.2.2 Watter kontrole moet die besigheid aanwend om seker te maak
(4)
voorraad is beveilig? Voorsien TWEE punte.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 3: VERVAARDIGING (20 punte; 16 minute)
3.1 VERVAARDIGINGSBEGRIPPE
Kies die korrekte woord in KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – D) langs die nommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDBOEK. (4)
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Koste wat betaal moet word, ongeag A Arbeidskoste
hoeveel goedere vervaardig word
3.1.2 Alle koste wat nie direk betrokke is in die B Primêre koste
vervaardiging van produkte nie
3.1.3 Die koste van direkte materiaal en die C Vaste koste
koste van direkte arbeid
3.1.4 Die koste van arbeid betrokke in die D Fabrieksbokoste
vervaardiging van goedere
3.2 VERVAARDIGINGSBEREKENINGE
Armaan Bodhania besit ʼn klein vervaardigingsonderneming, Bohemia Op-
Bestelling Meubels. In Januarie 2018, het die hoof van Laerskool Hillview, Mev
Jafta, Armaan gevra om 40 spesiale tafels vir die nuwe kunssentrum in die skool te
maak.
GEVRA:
Gebruik die onderstaande inligting om die volgende te bereken:
3.2.1 Bereken die direkte materiaalkoste. (3)
3.2.2 Bereken die direkte arbeidskoste. (2)
3.2.3 Bereken die primêre koste. (3)
3.2.4 Bereken die totale koste van produksie. (5)
3.2.5 Bereken die eenheidskoste vir EEN tafel. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
VRAESTEL 2 GRAAD 10
INLIGTING:
A. Materiaalkoste om die tafels te vervaardig:
Hout R16 000
Staal vir struktuur R5 500
Spykers, boute en skroewe R1 100
Gom R300
Houtolie R500
Verf R600
B. Armaan werk vanaf ʼn klein fabriek in Actonville en betaal R11 000 per maand
huur.
C. Sy water en elektrisiteitsrekening vir Januarie 2018 was R1 800.
D. R250 is betaal aan ʼn deeltydse arbeider vir elke tafel vervaardig.
E. 40 tafels is vervaardig.
F. Die produksie van die tafels het een maand geneem om te vervaardig –
Januarie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 4: BEGROTING (25 punte; 20 minute)
4.1 BEGROTINGSBEGRIPPE
GEVRA:
Kies die korrekte begrip in die volgende stellings. Skryf slegs die begrip langs
die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDBOEK.
Kapitale uitgawe; Korttermyn begroting; Belasting; Begroting;
Kapitale begroting; Ontvangste begroting
ʼn ... is ʼn staat van verwagte ontvangstes en betalings vir ʼn spesifieke
4.1.1
tydperk.
4.1.2 ʼn ... is ʼn vooruitskatting vir toekomstige uitgawes op vaste bates.
4.1.3 ʼn ... is ʼn begroting vir ʼn periode van 3 of 6 maande.
4.1.4 ... is die vernaamste bron van inkomste vir die regering. (4x1)
4.2 BEGROTINGSBEREKENINGE
Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Jane Jaxa is ʼn werknemer van Reeza Tekstiele vir 3 jaar. Haar jaarlikse salaris
vir 2018 na aftrekkings is R150 000. Sy beplan ʼn seevakansie na Thailand in
Januarie 2019 en haar totale koste vir die reis is R26 000 wat reiskoste,
akkomodasie, etes en spandeergeld insluit. Sy beplan om haar jaarlikse bonus
te gebruik vir die vakansie.
GEVRA:
Beantwoord die volgende vrae.
4.2.1 Bereken die maandelikse salaris wat Jane ontvang na aftrekkings. (2)
4.2.2 Bereken die totale inkomste wat Jane in Desember gaan ontvang,
verwys ook na INLIGTING B. (3)
4.2.3 Bereken Jane se maandelikse uitgawes. (3)
4.2.4 Bereken die bedrag wat Jane op ʼn maandelikse basis moet spaar. (3)
4.2.5 Sal Jane genoeg geld gespaar het insluitend haar jaarlikse bonus om in
Januarie 2019 op vakansie te gaan? Bewys jou antwoord deur ʼn
berekening. Dui aan of dit ʼn tekort of surplus is. (Verwys ook na
INLIGTING C.) (8)
4.2.6 Verwys na haar onderstaande uitgawes, watter TWEE uitgawes kan sy
verminder om maandeliks meer te spaar? (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
VRAESTEL 2 GRAAD 10
INLIGTING:
A. Jane se maandelikse uitgawes bestaan uit die volgende:
Terugbetaling op motor R3 100 Klererekeninge R800
Telefoon R250 Water en elektrisiteit R750
Selfoon R300 Onthaalkoste R400
Huur R2 200 Kruideniersware R1 800
Versekering R700 Petrol R 1200
Spaargeld R?
B. Jane gaan ʼn bonus van R13 000 aan die einde van Desember ontvang.
C. Jane beoog om slegs 90% van haar spaargeld vir 2018 te gebruik vir haar
vakansie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 5: VASTE BATES EN INTERNE KONTROLE (29 punte; 20 minute)
5.1 VASTE BATES
Ocean Breeze Handelaars se finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. K. Skoler is die
eienaar.
K. Skoler het jou gevra om haar te help met die volgende:
GEVRA:
5.1.1 Voltooi die Vaste / Tasbare bates nota tot die finansiële state. (24)
Toon alle berekeninge om deelpunte te verdien.
5.1.2 Volgens watter AARP beginsel moet alle bates geboekstaaf word teen die
oorspronklike kosprys? (1)
INLIGTING:
Uittreksel vanaf die Voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2018
Fol Debiet Krediet
Balansstaat-rekeninge afdeling
Grond en geboue 450 000
Voertuie 130 000
Toerusting 42 900
Opgelope waardevermindering op voertuie 58 500
Opgelope waardevermindering op toerusting 13 080
Aansuiwerings en addisionele inligting:
Waardevermindering op toerusting moet bereken word teen 15% p.j. op die
verminderende saldo metode. Neem in ag dat nuwe toerusting vir R12 000 op
1 Desember 2017 aangekoop is en korrek geboekstaaf is.
Waardevermindering op voertuie moet bereken word teen 20% p.j. op kosprys.
5.2. INTERNE KONTROLE – BEKEZELA KARWEIERS
Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vraag.
Bekezela Karweiers se eienaar is Bekezela Majola. Hy besit trokke en doen
aflewerings in Suid-Afrika. Een van sy bestuurders is twee keer gekaap in 8 maande.
Hy is bekommerd dat sy versekeringspremie drasties vermeerder het as gevolg van
sy ingediende eise.
GEVRA:
As interne ouditeur van Bekezela Karweiers, watter advies sal jy die eienaar gee vir
beter interne kontrole? Voorsien TWEE punte. (4)
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7d3ca793-2e19-4862-a37b-7c29e91ddf08/v1-7cab856e50f6dfca2255/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 Gauteng November 2016 QP (Eng)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--2bb4c065-5cd8-4e68-b0be-7e90875db915/v1-c12f87e12c42c0751c79/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Eng)
%20November%202022%20Answer%20book_hlayiso.com_--15210eb8-22c9-4ba2-b034-ad741bab208c/v1-4978b53979ff885e988d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Addendum (Eng)
%202020%20Exemplars%20Answer%20Book_hlayiso.com_--861a2c3c-70ee-4ae1-acb4-e7272da2c6f5/v1-25a5950c450f94db63de/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 Addendum (Eng)
%20November%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1e2fca7e-08bf-43d1-bfaf-6a9f27bbb3dd/v1-57f2c27297d63bada1f4/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 Addendum (Eng)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--874f1ab8-0aed-4228-b104-6daf4e181e51/v1-e3fe41b5d78cbd8f2952/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (English)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Addendum
Accounting Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Addendum

Addendum
Accounting Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Eng)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo