You're offline
Skip to content
Question paper

Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Subject: AccountingGrade 10201611 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2018 GRAAD 10 REKENINGKUNDE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 11 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 Vraestel 1 GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN REKENINGKUNDE TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES 1. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien. 2. Toon alle berekeninge waar toepaslik om deelpunte te verdien. 3. Lees alle instruksies sorgvuldig. 4. Probeer ten alle tye om binne die voorgeskrewe tye te hou. 5. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar. VRAAG TEMA PUNTE TYD 1 Transaksie ontleding 22 18 minute 2 Begrippe en Debiteure Grootboek 15 11 minute 3 Inkomstestaat 52 42 minute 4 Notas en Balansstaat 36 29 minute 5 Ontleding en vertolking 25 20 minute TOTAAL 150 120 minute b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 1: 22 punte; 18 minute Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer: Transaksie ontleding Transaksie ontleding van ʼn eenmansaak VRAAG 2: 15 punte; 11 minute Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer: Begrippe en Debiteure Begrippe Grootboek Debiteure transaksies VRAAG 3: 52 punte; 42 minute Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer: Inkomstestaat Inkomstestaat van ʼn eenmansaak VRAAG 4: 36 punte; 29 minute Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer: Notas tot die Finansiële State; Notas en Balansstaat Balansstaat: Ekwiteite en Laste Afdeling; Etiek VRAAG 5: 25 punte; 20 minute Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer: Ontleding en vertolking Ontleding en vertolking van finansiële state b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 1: TRANSAKSIE ONTLEDING (22 punte ; 18 minute) INLIGTING: Andile Makotsi is die eienaar van AM Winkels. AM Winkels verkoop mansklere. Andile gebruik ʼn vaste winsgrens van 65% op alle goedere verkoop. Hy het ook ʼn kleremaker in diens geneem om verstelwerk vir kliënte te doen. Hy gebruik ʼn Fooi-inkomste rekening om alle verstelwerk wat gedoen word te boekstaaf. GEVRA:  Analiseer die volgende DRIE transaksies volgens die voorbeeld in die ANTWOORDBOEK.  Veronderstel dat die bank ʼn voordelige saldo het vir alle transaksies. VOORBEELD: Bv. Koop skryfbehoeftes vanaf XY Skryfbehoeftes vir R800 en betaal per tjek TRANSAKSIES 1.1 Koop hemde op skuld vanaf Siva Handelaars vir R35 000 minus 10% handelskorting 1.2 Kontantverkope van handelsware, R14 355 1.3 Vra Madhav R350 vir verstelwerk aan broeke. Madhav het onderneem om die bedrag aan die einde van die maand te betaal. VRAAG 2 : BEGRIPPE EN DEBITEURE GROOTBOEK (15 punte ; 11 minute) 2.1 BEGRIPPE Kies die korrekte woord(e) in KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf (4) slegs die letter (A – D) langs die nommer (2.1.1 – 2.1.4) in die ANTWOORDBOEK. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Die maksimum tydsduur wat ʼn debiteur A Oninbare skulde toegestaan word om sy skuld te vereffen 2.1.2 Debiteure se rekeninge afgeskryf, wat B Kredietlimiet moontlik nie hulle rekeninge sal vereffen nie 2.1.3 Die maksimum bedrag wat debiteure C Kredietbeheer toegestaan word om goedere op skuld te koop 2.1.4 Is beleide en prosedures wat beoog om die D Kredietterme beheer uit te oefen om krediet toe te staan b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 Vraestel 1 GRAAD 10 2.2 DEBITEURE GROOTBOEK Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Dlomo Winkels vir April 2018. Dlomo Winkels staan debiteure 30 dae toe om hul skulde te betaal. Indien ʼn debiteur agterstallig is, sal rente teen 6% per maand gehef word. GEVRA: Berei die Debiteure Grootboek rekening van M. Smart vir Mei 2018 voor. (11) INLIGTING: 01 Saldo aan die begin van die maand, R7 000 05 Verkoop goedere op skuld aan M. Smart vir R5 000. Reik faktuur nr.101 uit. 10 Ontvang ʼn betaling van R6 800 ter volle vereffening van sy rekening vir die bedrag verskuldig op 1 Mei, reik kwitansie nr. 4002 uit. 15 Reik kredietnota nr. 12 uit vir R900 vir goedere teruggestuur 20 Die bank stuur die tjek wat op 10 April 2018 ontvang is terug, gemerk “V/T – onvoldoende fondse”. 25 Belas M. Smart rente vir een maand op die beginsaldo b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 3: INKOMSTESTAAT (52 punte ; 42 minute) Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Romeo Handelaars. Hul finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. Romeo Handelaars gebruik ʼn winsgrens van 100% vir alle goedere verkoop. GEVRA: Berei die Inkomstestaat van Romeo Handelaars voor vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018. (52) INLIGTING: ROMEO HANDELAARS UITTREKSEL UIT DIE VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS: 28/02/2018 DEBIET KREDIET BALANSSTAAT-REKENINGE AFDELING Kapitaal 570 000 Onttrekkings 68 090 Grond en Geboue 480 000 Voertuie teen drawaarde 180 000 Toerusting teen drawaarde 75 000 Lening: Pretor Bank 120 000 Handelsvoorraad 38 000 Verbruiksgoedere voorhande – skryfbehoeftes (1/3/2017) 300 Debiteurekontrole 29 380 Bank 17 060 Wisselgeld 500 Kleinkas 1 200 Krediteurekontrole 55 500 NOMINALE-REKENINGE AFDELING Verkope 625 850 Koste van verkope 309 000 Debiteure-afslag 17 850 Korting ontvang 9 000 Korting toegestaan 1 800 Salarisse en lone 120 900 Advertensies 5 600 Oninbare skulde 1 035 Huurinkomste 22 200 Bankkoste 1 210 Versekering 16 000 Telefoon 4 425 Skryfbehoeftes 1 800 Diverse uitgawes 3 400 Water en elektrisiteit 24 000 Rente op vaste deposito 5 000 Rente op lening 11 000 1 407 550 1 407 550 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 Vraestel 1 GRAAD 10 AANSUIWERINGS: 1. Die verkope van goedere op skuld aan MK Jonas vir R4 500, is nie geboekstaaf nie. 2. ʼn Kredietnota uitgereik aan J Robbie vir goedere teruggestuur is nie geboekstaaf nie. Die kosprys van die goedere was R7 500. 3. Die eienaar het goedere ter waarde van R5 200 (teen kosprys) aan die ouetehuis geskenk. Die transaksie is nie geboekstaaf nie. 4. Die rekenmeester van Romeo Handelaars het nie die skryfbehoeftes voorhande van die vorige jaar teruggeskryf nie. 5. ʼn Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2018 toon die volgende: Handelsvoorraad R29 000 Skryfbehoeftes R800 6. B. Dillyn, ʼn debiteur, wat Romeo Handelaars R7 000 skuld, word insolvent verklaar. Hy het R2 100 in die besigheid se bankrekening gedeponeer, die res moet afgeskryf word. 7. Waardevermindering van R16 350 moet nog in berekening gebring word. 8. Huur is ontvang tot einde April 2018. Neem in aanmerking dat die huur met 10% vanaf 1 September 2017 verhoog is. 9. Die betaling vir advertensies was ʼn betaling vir twee advertensies. Een van die advertensies gaan eers in Maart in die koerant verskyn. 10. ʼn Debiteur het R760 in die bankrekening gedeponeer. Sy rekening was vroeër as oninbaar afgeskryf. 11. Die bankstaat ontvang vanaf die bank reflekteer die volgende: Diensgelde R1 470 Rente op lopende rekening R1 300 12. Water en elektrisiteit vir Februarie 2018 gaan eers in Maart 2018 betaal word, R1 300. 13. Versekering sluit ʼn bedrag van R4 200 in vir die jaarlikse versekeringspremie wat betaal moet word op die 1ste Junie elke jaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 4: BEGRIPPE, NOTAS EN BALANSSTAAT (36 punte ; 29 minute) 4.1 BEGRIPPE Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs „waar‟ of „onwaar‟ langs die vraagnommers (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDBOEK. 4.1.1 Opgelope uitgawes is uitgawes wat aangegaan word deur die besigheid en wat aan die einde van die finansiële jaar betaal word. 4.1.2 Die lening wat binne die volgende 12 maande betaalbaar is, word geklassifiseer as ʼn bedryfslas op die Balansstaat. 4.1.3 Solvensie is die vermoë van die besigheid om sy uitstaande skuld te betaal wanneer dit betaalbaar is. 4.1.4 ʼn Kredietsaldo van die bankrekening sal verminder word wanneer ʼn (1 x 4) betaling aan krediteure gemaak word. 4.2 NOTAS EN BALANSSTAAT Onderstaande is ʼn uittreksel vanaf die Na-Afsluitingsproefbalans van Baba Winkeliers op 28 Februarie 2018. Baba Winkeliers het ʼn onervare boekhouer gehuur gedurende die jaar en die onderstaande aansuiwerings is nog nie in berekening gebring nie. GEVRA: 4.2.1 Berei die volgende notas tot die finansiële state: (a) Eienaarsbelang (04) (b) Handels- en ander krediteure (18) 4.2.2 Berei die Ekwiteite en Laste afdeling van die Balansstaat vir Baba Winkeliers op 28 Februarie 2018 voor. (10) (Waar notas nie gevra word nie, toon berekeninge om deelpunte te verdien.) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 Vraestel 1 GRAAD 10 INLIGTING: BABA WINKELIERS UITTREKSEL UIT NA-AFSLUITINGSPROEFBALANS OP ON 28 FEBRUARIE 2018 DEBIET KREDIET BALANSSTAAT-REKENINGE AFDELING Lening: BNB Bank ? Verbruiksgoedere voorhande 3 000 Debiteurekontrole 38 000 Opgelope inkomste 1 800 Opgelope uitgawes 2 300 Vooruitbetaalde uitgawes 2 400 Vooruitontvange inkomste 4 700 Oortrokke bank 29 000 Krediteurekontrole 23 400 AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING: 1. Die netto wins bereken in die Inkomstestaat bedra R397 695. 2. Die eienaar het sy kapitaalbydrae gedurende die jaar met R70 000 verhoog. 3. Die eienaar het R25 000 gedurende die finansiële jaar onttrek. 4. ʼn Debiteur met ʼn kredietsaldo van R900 moet oorgedra word na krediteure. 5. Die volgende hou verband met die lening vanaf BNB Bank. Saldo op 1 Maart 2017 60 000 Terugbetalings sluit rente in 21 000 Rente 7 000 Saldo op 28 Februarie 2018 ? Betalings van R14 000 op lening sal gedoen word gedurende die volgende finansiële jaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 Vraestel 1 GRAAD 10 6. J Smith het as werknemer op 1 Februarie 2018 by Baba Winkeliers begin. Die finansiële afdeling het hom per ongeluk nie ingesluit by die betaallys vir Februarie nie. Die besonderhede van sy salaris is as volg: Bruto salaris 15 000 Aftrekkings: LBS 3 500 Pensioenfonds 1 500 Mediese fonds 2 000 WVF 150 Netto salaris 7 850 Die besigheid dra ook by tot die: Pensioenfonds : 7.5% van bruto Mediese fonds : Vir elke R1, dra die besigheid R1.50. WVF : Op ʼn Rand-tot-Rand basis NOTA: Die Inkomstestaat is alreeds aangesuiwer. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 11 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 5: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (25 punte ; 20 minute) Die onderstaande inligting is ʼn uittreksel uit die boeke van Simona Handelaars. Hul finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. GEVRA: 5.1 Bereken die Bedryfskapitaalverhouding vir 2018. (5) 5.2 Bereken die vuurproefverhouding vir 2018 (4) 5.3 Lewer kommentaar of die besigheid sy korttermyn verpligtinge sal kan nakom. Dui syfers aan. (4) 5.4 Bereken die persentasie bedryfsuitgawes op verkope vir 2018. Lewer kommentaar oor die beheer oor bedryfsuitgawes. Gebruik syfers om jou antwoord te staaf. (5) 5.5 Gebruik die syfers voorsien en bereken die opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang. Moet Simona tevrede wees met die opbrengskoers? (7) Inligting uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018 Verkope 760 000 Koste van verkope (570 000) Ander bedryfsinkomste 18 200 Bedryfsuitgawes 146 260 Netto wins 61 900 Inligting uit die Balansstaat op 28 Februarie 2018 Vaste Bates 397 000 Vaste Deposito: Bank van Tshwane (9% p.j.) 10 000 Voorraad 35 200 Handels- en ander debiteure 47 000 Kontant- en kontantekwivalente 13 000 Eienaarsbelang (begin van die jaar) 390 000 Eienaarsbelang (einde van die jaar) 420 000 Langtermyn lening 80 000 Handels- en ander krediteure 21 000 FINANSIËLE AANWYSERS OP 28 FEBRUARIE 2017: Bedryfskapitaal verhouding 2,9 : 1 Vuurproefverhouding 1,2 : 1 Persentasie bedryfsuitgawes op verkope 27,2% Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang 25,5% TOTAAL: 150 EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 Accounting

Explore more published documents in this catalogue.

View all