Skip to content

Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 10202010 pages

Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2020 GRAAD 10 REKENINGKUNDE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 150 10 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 VRAESTEL 2 GRAAD 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig en volg dit presies. 1. Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien. 2. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien. 3. Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 4. Jy mag swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord. 5. Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt. 6. Skryf netjies en leesbaar. 7. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as riglyn om die vraestel te beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG 1: 45 punte; 36 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Konsepte en Algemene Konsepte Grootboekrekeninge Algemene Grootboek Rekeninge VRAAG 2: 46 punte; 37 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Debiteure rekonsiliasie Debiteure kontrole rekening Interne kontrole Debiteurelys Interne kontrole aangaande debiteure VRAAG 3: 39 punte; 31 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Konsepte en Konsepte Vaste Bates Vaste Bate Register Waardevermindering op Vaste Bates Vaste Bate Nota VRAAG 4: 20 punte; 16 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Interne kontrole en Etiek Kontrole op Vaste Bates Kontrole op Voorraad Etiek aangaande bates b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 VRAESTEL 2 GRAAD 10 VRAAG 1: KONSEPTE EN ALGEMENE GROOTBOEKREKENINGE (45 punte : 36 minute) 1.1 KONSEPTE Kies die antwoord vanaf die lys en voltooi elke onderstaande stelling. Skryf slegs die antwoord langs die vraag nommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK. verkoopprys kosprys inkomste uitgawe oorspronklike faktuur duplikaat faktuur kredietnota 1.1.1 Verkope syfers word gesien as ʼn ... . 1.1.2 Goedere verkoop word altyd geboekstaaf teen ... prys in die Handelsvoorrad rekening. 1.1.3 Handelsvoorraad as ʼn donasie geskenk deur die besigheid word gesien as ʼn ... . 1.1.4 Die brondokument gebruik om kredietaankope te boekstaaf is die ... . 1.1.5 Die brondokument gebruik om kredietverkope te boekstaaf is die ... . (5 x 1) (5) 1.2 ALGEMENE GROOTBOEKREKENINGE Jy word voorsien met inligting aangaande Molefi Handelaars vir Junie 2020. Die besigheid koop en verkoop huishoudelike benodighede vir kontant en op skuld. Die besigheid is in Gauteng geleë en hul finansiële jaar eindig op 30 Junie. Die besigheid se winsgrens is 60% op kosprys. GEVRA: Voltooi en balanseer die volgende Algemene Grootboek rekeninge vir Junie 2020: 1.2.1 Handelsvoorraad (23) 1.2.2 Krediteurekontrole (17) INLIGTING A: Saldo’s op 1 Junie 2020 in die Algemene Grootboek  Handelsvoorraad R87 600  Krediteurekontrole R38 900 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 VRAESTEL 2 GRAAD 10 INLIGTING B: Totale in die hulpjoernale op 30 Junie 2020 Kontantontvangstejoernaal Bank Verkope Koste van Debiteurekontrole Diverse verkope Ontvangste Korting rekeninge R68 200 R42 000 R26 250 R18 400 R600 R? Kontantbetalingsjoernaal Bank Handels- Debiteure Krediteurekontrole Diverse voorraad kontrole Betalings Korting rekeninge R44 300 R4 600 R1 800 R22 620 R980 R? Debiteurejoernaal Verkope Koste van verkope R18 400 R? Debiteuretoelaejoernaal Debiteuretoelae Koste van verkope R1 800 R1 125 Krediteurejoernaal Krediteure- Handels- Skryfbehoeftes Toerusting Diverse kontrole voorraad rekeninge R? R12 800 R4 400 R8 900 R3 100 Krediteuretoelaejoernaal Krediteure- Handels- Skryfbehoeftes Toerusting Diverse kontrole voorraad rekeninge R2 800 R800 R300 R1 200 R? b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 VRAESTEL 2 GRAAD 10 Kleinkasjoernaal Kleinkas Handels- Skryfbehoeftes Lone Diverse voorraad rekeninge R1 260 R260 R400 R380 R220 Algemene Joernaal Debiteurekontrole Krediteurekontrole Debiet Krediet Debiet Krediet R1 490 R890 R780 R1 420 INLIGTING C: Die rekenmeester het nie die volgende transaksies in die Algemene Joernaal geboekstaaf nie:  Die eienaar neem goedere vir R1 650 teen kosprys vir eie gebruik.  Daar is ontdek dat goedere op skuld gekoop vir R3 200, verkeerd as skryfbehoeftes geboekstaaf is Nota: boekstaaf die transaksies direk in die Algemene Grootboek rekeninge. 45 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 VRAESTEL 2 GRAAD 10 VRAAG 2: DEBITEURE REKONSILIASIE (46 punte : 37 minute) Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Stephan Winkels. GEVRA: 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Hoekom moet die Debiteurekontrole en die Debiteurelys altyd ooreenstem? Verduidelik in EEN punt. (2) 2.1.2 Rekonsilieer die Debiteurekontrole met die Debiteurelys vir die maand Julie 2020. (40) 2.1.3 Stephan voel sy debiteure betaal nie betyds nie. Lys TWEE maatreëls wat hy kan implementeer om geld vroeër vanaf debiteure in te vorder. (4) INLIGTING: ALGEMENE GROOTBOEK VAN STEPHAN WINKELS BALANSSTAATREKENINGE AFDELING DT DEBITEUREKONTROLE B6 KT Bank en 2020 2020 01 Saldo a/b 212 080 31 korting KOJ 224 550 Jul Jul toegestaan Debiteure 30 Verkope DJ 277 300 DAJ 8 000 afslag Joernaal Joernaal AJ 4 700 AJ 2 400 debiete krediete Saldo o/d 259130 494 080 494 080 2020 01 Saldo a/b 259130 Aug b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 VRAESTEL 2 GRAAD 10 DEBITEURELYS SOOS OP 31 JULIE 2020 NAAM VAN DEBITEUR DEBIET KREDIET C. Botha 20 600 H. Dipho 12 000 N. Dladla 64 000 D. Mkhize 3 200 E. Mthimkulu 6 500 L. Nkozi 73 000 G. Stuurman 13 400 B. Zunaid 90 000 TOTAAL 279 500 3 200 FOUTE EN WEGLATINGS A Die saldo van die Debiteurekontrole rekening op 1 Julie is met R1 080 te veel bereken. B Die kredietsaldo van D. Mkhize in die Debiteurelys moet oorgedra word na die Krediteure grootboek. C Die totaalkolom van verkope in die Debiteurejoernaal is met R25 000 te min opgetel. D ʼn Kredietfaktuur vir R7 700 vir goedere aangekoop vanaf B. Zunaid is nog nie geboekstaaf nie. E ʼn Kwitansie vir R15 000 uitgereik aan L. Nkozi is korrek geboekstaaf in die debiteur se rekening, maar is weggelaat in die Hulpjoernaal. F ʼn Inskrywing van R1 000 vir goedere teruggestuur deur N. Dladla is nie in die Hulpjoernaal geboekstaaf nie en is aan die verkeerde kant van sy rekening ingevoer. G Geen inskrywing is gedoen vir ʼn terugbetaling van R5 000 aan C. Botha vir ʼn bedrag te veel gehef. H E. Mthimkulu het goedere ter waarde van R4 800 teruggestuur. Hierdie bedrag is korrek in die Hulpjoernaal geboekstaaf maar as R3 900 in die debiteure-rekening aangeteken. I Geen inskrywing is gemaak vir rente gehef op G. Stuurman se agterstallige rekening van R8 000. Die bedrag is 3 maande agterstallig, rente gehef teen 5% per jaar. J H. Dipho het ʼn tjek uitgereik vir R8 550 op sy rekening nadat 5% korting afgetrek is. Die korting is geboekstaaf in die Grootboek maar nie in die Hulpjoernaal nie. 46 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 VRAESTEL 2 GRAAD 10 VRAAG 3: KONSEPTE EN VASTE BATES (39 punte; 31 minute) 3.1 KONSEPTE Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTW OORDBOEK. 3.1.1 Vaste bates is tasbare bates wat aangekoop word deur die besigheid met die doel vir herverkope. 3.1.2 Opgelope waardevermindering word geboekstaaf in die Inkomstestaat. 3.1.3 ʼn Bateregister is ʼn aantekening van alle bates wat die besigheid besit. 3.1.4 Die verminderde saldo metode word gebruik om waardevermindering op Grond en Geboue te bereken. (4 x 1) (4) 3.2 VASTE BATEREGISTER Colin se Motorhandelaars Die inligting voorsien is ʼn uittreksel uit die boeke van Colin se motorhandelaars. GEVRA: Gebruik die onderstaande inligting en voltooi die Vaste Bate Register op die ANTWOORDBOEK. Hul finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2020. (8) INLIGTING: Colin se Motorhandelaars het ʼn afleweringsvoertuig op 31 Augustus 2018 op skuld vanaf Falcon Motors vir R150 000 aangekoop. Waardevermindering word bereken teen 20% p.j. op die verminderde saldo metode. 3.3 VASTE BATE NOTA Martin Logistiek Die inligting het betrekking tot Martin Logistiek vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020. GEVRA: 3.3.1 Bereken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020. (6) 3.3.2 Bereken die prys van EEN voertuig. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 VRAESTEL 2 GRAAD 10 3.3.3 Bereken die totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020. (5) 3.3.4 Voltooi die Vaste Bate Nota. (14) INLIGTING: A UITTREKSEL VANAF PROEFBALANS OP 29 FEBRUARIE 2020: Balansstaatrekeninge Afdeling Debiet Krediet Grond en geboue 5 500 000 Voertuie (kosprys) 1000 000 Toerusting (kosprys) 2000 000 Opgelope waardevermindering: voertuie (1/3/2019) 375 000 Opgelope waardevermindering: toerusting (1/3/2019) 1 200 000 B AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING: Grond en geboue Gedurende die jaar is ʼn betaling van R500 000 gemaak aan Gifts Herstellers, R300 000 was vir ʼn nuwe stoorkamer en die res van R200 000 was om die dak van die ou pakhuis te herstel. Toerusting Op 01 Desember 2019 is ʼn nuwe 3D drukker aangekoop vir R90 000. ʼn Tegnikus is gehuur om die drukker te installeer en in te stel voor gebruik. Die besigheid is vir R25 000 gefaktureer vir die installasie- en instelkoste. Die installering en instelling is gedoen die dag wat die drukker gekoop is. Voertuie Die besigheid besit DRIE identiese afleweringsvoertuie. Al drie is op dieselfde dag teen dieselfde prys aangekoop. ʼn Nuwe afleweringsvoertuig is op 01 September 2019 teen dieselfde prys as die vorige voertuie aangekoop. Die transaksie vir die aankope is reeds geboekstaaf. Waardevermindering vir die jaar is as volg:  Toerusting teen 10% per jaar op die verminderde saldo metode.  Voertuie teen 25% per jaar op kosprys. 39 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 VRAESTEL 2 GRAAD 10 VRAAG 4: INTERNE KONTROLE EN ETIEK OP VASTE BATES EN VOORRAAD (20 punte; 16 minute) 41 Lees die scenario en beantwoord die vrae wat volg. Rogers Mokoena is die eienaar van Rogers Handelaars. Die besigheid besit twee afleweringsvoertuie. Volgens die voertuig beleid van die besigheid, mag die bestuurders die voertuie gebruik na hul huise veral as die laaste aflewering aan klante laat is. Die beleid is duidelik dat voertuie nie vir privaat doeleindes gebruik mag word nie. Die eienaar het vasgestel dat een van die voertuie (bestuur deur John) 2 000 kilometer meer vir Junie 2020 gedoen het in vergelyking met die gemiddelde kilometers elke maand. Nadat ʼn ondersoek gedoen is, het John erken dat hy die besigheid se voertuig gebruik het om by sy familie in die Oos-Kaap te gaan kuier. Rogers Handelaars het twee werknemers wat verantwoordelik is vir die stoorkamer. Hulle ontvang voorraad en reik voorraad aan die verkoopsafdeling uit. Die groot hoeveelheid bestellings wat aan klante afgelewer moet word, word vanaf die stoorkamer deur die bestuurders ontvang. Nadat die fisiese voorraadopname aan die einde van Junie 2020 gedoen is, is daar vasgestel dat 15 gasverwarmers weg is. Die werknemers van die stoorkamer kon nie rekenskap gee van die vermiste gasverwarmers nie. GEVRA: 4.1.1 Verduidelik hoe John se onetiese gedrag die besigheid finansieel sal affekteer. Voorsien TWEE punte. (4) 4.1.2 Voorsien DRIE interne kontrole maatreëls wat deur die eienaar van die besigheid geïmplementeer kan word om die misbruik van voertuie deur werknemers te voorkom. (6) 4.1.3 Voorsien TWEE stappe wat teen John gedoen kan word vir sy onetiese gedrag. (4) 4.1.4 Verduidelik DRIE interne kontrolemaatreëls wat deur die eienaar geïmplementeer kan word om diefstal van voorraad te voorkom. (6) 20 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Accounting

View all