Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
9 bladsye, 1 inligtingsblad en ʼn 10 bladsy antwoordboek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers %202020%20Exemplars%20Question%20%20Paper_hlayiso.com_--43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754/v1-c743ae789a295a79dae8/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087/v1-2b7e1d5ee9d7c8a0ccc0/card.webp)

%20November%202022%20Answer%20book%20(1)_hlayiso.com_--48ff2aec-0abc-4a3b-be22-f80e9c757fe4/v1-d6bacd6294291fbc7282/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ef9180cb-c7f4-4c7b-8dde-c99843279d44/v1-4d1ab0be06cd6fb69a84/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Answer%20Book_hlayiso.com_--c7540050-925b-4917-b3fa-2dbf55983458/v1-146840a214ce7003aab9/card.webp)
View all


%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)

%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 267.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 2 GP/November 2019
Graad 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel voorsien. Jy kan
dit gebruik soos benodig.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nie-progammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord.
7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die
vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 10 punte; 10 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
BTW en Etiek BTW konsepte
Etiek
VRAAG 2: 45 punte; 35 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Debiteureversoening
Debiteureversoening
Interne beheer
VRAAG 3: 20 punte; 15 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Vastebateregister
Vaste bates
Interne beheer
VRAAG 4: 30 punte; 25 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Voorraad Voorraad en Interne beheer
VRAAG 5: 45 punte; 35 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Vervaardiging en Begroting Konsepte en berekeninge
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 3 GP/November 2019
Graad 10
VRAAG 1: BTW EN ETIEK (10 punte; 10 minute)
1.1 BTW
Kies die woord/frase uit die gegewe lys om die stellings te voltooi. Skryf slegs
die woord/frase langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.6) in die ANTWOORDBOEK
neer.
R500 000; direkte; uitset; 0%; indirekte; 14%;
SAID; nulkoers; inset; vrygestel; R1 000 000; 15%
1.1.1 BTW is ʼn … stelsel van belasting.
1.1.2 In Suid Afrika is die standaardkoers vir BTW huidiglik … .
1.1.3 BTW betaalbaar op verkope word genoem BTW … .
1.1.4 Bruin brood is ʼn voorbeeld van ʼn item wat … is.
1.1.5 Items waarop BTW huidiglik nie belas word nie, staan bekend
as … items.
1.1.6 ʼn Besigheid met ʼn omset van … of meer per jaar moet
registreer as ʼn BTW verkoper.
(6)
1.2 Etiek
Mgluwa Handelaars het goedere met ʼn markwaarde van R18 000 van Ceta
Verskaffers bestel. Die verkoopsdirekteur van Ceta Suppliers, Peter Slow, het
aangebied om hierdie goedere aan Mgluwa Handelaars te verkoop vir R8 000
met die voorwaarde dat hulle nie ʼn faktuur uitreik nie. Lewer kommentaar op
hierdie voorstel. Verskaf TWEE punte. (4)
10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 4 GP/November 2019
Graad 10
VRAAG 2: VERSOENING (45 punte; 35 minute)
Die inligting hieronder het betrekking op Sunshine Handelaars vir September 2019.
GEVRA:
2.1 Stel ʼn korrekte Debiteurekontrolerekening vir September 2019 op deur van die
foute en weglatings in ag te neem. Balanseer die rekening. (20)
2.2 Stel ʼn korrekte lys van Debiteure op vir 30 September 2019. (21)
2.3 Bespreek TWEE strategieë wat geïmplementeer kan word om debiteure aan te
moedig om hul rekeninge op tyd te vereffen. (4)
Nota: Toon alle berekeninge in hakies.
INLIGTING:
ALGEMENE GROOTBOEK VAN SUNSHINE HANDELAARS
Dt DEBITEUREKONTROLE Kt
2019 2019 Bank en korting
01 Saldo a/b 21 370 30 KOJ 24 380
Sep Sep toegestaan
Joernaal
30 Verkope DJ 31 920 AJ 580
krediete
Debiteure
DAJ 980 Bank (V/T) KBJ 600
-afslag
Joernaal
AJ 820 Saldo o/d 29 530
debiete
55 090 55 090
2019
01 Saldo a/b 29 530
Okt
Nota: Die boekhouer het sekere oorboekingsfoute gemaak na die Debiteurekontrole
rekening.
Lys van debiteure op 30 September 2019
DEBITEURE Debiet Krediet
S. Taylor 6 500
P. Africa 7 480
G. Kruger 5 340
M. Ahmed 1 890
R. Dioka 6 760
P. Hlapa 800
T. Makobo 1 800
29 770 800
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 5 GP/November 2019
Graad 10
Foute en weglatings:
A. Die saldo van die Debiteurekontrolerekening op 1 September 2019 is foutief. Die
lys van Debiteure toon ʼn kredietsaldo van R530, wat nie in berekening gebring is
toe die opening saldo bereken is nie.
B. ʼn Kwitansie uitgereik aan M. Ahmed vir R980 vir kontant ontvang was korrek
geboekstaaf in die hulpjoernaal, maar is na haar rekening as R890 oorgeboek.
C. Die totaal van die Debiteure-afslagkolom in die Debiteure-afslagjoernaal was
onderbereken met R160.
D. ʼn Inskrywing in verband met goedere teruggestuur deur T. Makobo met ʼn waarde
van R300 was korrek geboekstaaf in die debiteure-afslagjoernaal, maar
oorgeboek na die verkeerde kant van T. Makobo se rekening.
E. Die Debiteuregrootboek toon ʼn kredietsaldo in die rekening van P. Hlapa. Die
bedrag moet oorgedra word na die Krediteuregrootboek.
F. Op 28 September 2019 is R120 posgeld betaal uit die kleinkas namens ʼn debiteur
G. Kruger. Geen inskrywing is in die boeke gedoen nie.
G. P. Africa het R3 800 betaal op haar rekening nadat sy 5% korting ontvang het. Die
betaling en korting is korrek geboekstaaf in die hulpboek maar die korting is nie
oorgeboek na haar rekening nie. (Rond antwoord af tot die naaste rand.)
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 6 GP/November 2019
Graad 10
VRAAG 3: VASTE BATES (20 punte; 15 minute)
Die inligting het betrekking op Manuel Handelaars vir die finansiële jaar wat op
28 Februarie 2019 geëindig het.
GEVRA:
3.1 Bereken die waardevermindering op toerusting vir die jaar geëindig
28 Februarie 2019. (5)
3.2 Bereken die drawaarde (boekwaarde) van toerusting op 28 Februarie 2019. (4)
3.3 Jy word voorsien van ʼn bladsy uit die Vastebateregister vir ʼn voertuig-item
(ʼn Pick-up-Loader) in jou ANTWOORDEBOEK. Voltooi die bateregister. (5)
3.4 Gee EEN rede waarom ʼn vastebateregister ʼn nuttige beheerinstrument vir vaste
bates is. (2)
3.5 Nadat die finansiële state opgestel is, is daar gevind dat brandstof uitgawes met
80% verhoog het vanaf die vorige jaar. Die bestuurder wat aflewerings doen,
neem die voertuig huistoe na werk. Noem TWEE interne kontrole maatreëls wat
die eienaar in plek kan stel om die misbruik van die voertuig deur die drywer te
verminder. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2019
Balansstaatrekeninge-afdeling Debiet Krediet
Grond en Geboue 150 700
Voertuie (kosprys) 150 000
Toerusting (kosprys) 33 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 26 400
(1/3/2018)
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 12 500
(1/3/2018)
B. Aansuiwerings en additionele inligting:
Waardevermindering vir die jaar is soos volg:
Voertuie teen 20% per jaar op die verminderde saldo metode
Toerusting teen 10% per jaar op kosprys
Die eienaar het op 1 September 2018 toerusting ter waarde van R14 000
as kapitaal bygedra en korrek op hierdie datum in die boeke ingeskryf.
20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 7 GP/November 2019
Graad 10
VRAAG 4: VOORRAAD (30 punte; 25 minute)
Die inligting hieronder het betrekking op Booma Handelaars vir Maart 2019. Hulle gebruik die
deurlopende voorraadstelsel om handelsvoorraad op te teken en te bestuur. Booma Handelaars
handhaaf ʼn winsopslag van 40%.
GEVRA:
4.1 Gebruik die volgende inligting en stel die Handelsvoorraadrekening op.
Balanseer die rekening. (Rond bedrae af tot die naaste rand.) (24)
4.2 Beantwoord die volgende vrae.
4.2.1 Na ʼn fisiese voorraadopname op 31 Maart 2019, is die werklike
waarde van die handelsvoorraad voorhande R1 400 minder as die
saldo wat jy bereken het van die Handelsvoorraadrekening. Stel
TWEE moontlike redes voor waarom hierdie bedrae van mekaar (4)
verskil.
4.2.2 Die besigheid koop meer op kontant as op krediet aan. Bewys hierdie
stelling deur bedrae (syfers) aan te haal om jou antwoord te staaf. (2)
INLIGTING:
A. Die totale voorraad in die stoorkamer het ʼn waarde van R4 500 op
1 Maart 2019.
B. Totale kontantverkope vir Maart beloop R1 260.
C. Totale kredietverkope vir Maart beloop R840.
D. Totale kontantaankope van handelsvoorraad is R5 000.
E. Totale kredietaankope van handelsvoorraad is R1 400.
F. Totale debietnotas uitgereik vir handelsvoorraad teruggestuur gedurende Maart
beloop R1 000.
G. Die eienaar neem handelsvoorraad ter waarde van R2 000 vir eie gebruik.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 8 GP/November 2019
Graad 10
VRAAG 5: VERVAARDIGING EN BEGROTING (45 punte; 35 minute)
5.1 VERVAARDIGING
5.1.1 Kies die regte term in die hakies. Skryf slegs die term langs die
vraagnommer (5.1.1(a) – 5.1.1(c)) in die ANTWOORDEBOEK neer.
(a) Direkte arbeid en direkte materiaal wat in ʼn fabriek gebruik
word is die totale (bo- / primêre) koste.
(b) Die salaris van die fabriekskoonmaker is (direkte / indirekte)
arbeidskoste.
(c) Die huur van ʼn gebou word as ʼn (vaste / veranderlike) koste
beskou. (3)
5.1.2 Dan Malgas vervaardig en verkoop vlieërs aan kinders. Die
verkoopprys per vlieër is R155. Hieronder is ʼn opsomming van al sy
kostes vir Oktober 2019. Hy vervaardig 2 500 vlieërs gedurende
Oktober.
GEVRA:
Bereken die volgende:
(i) Direkte materiaalkoste per vlieër (4)
(ii) Totale fabrieksbokoste vir Oktober 2019 (5)
(iii) Totale produksiekoste vir Oktober 2019 indien 2 500 vlieërs
(7)
vervaardig word
iv) Eenheidskoste per vlieër (3)
(v) Wat is die persentasie wins wat Dan ontvang per vlieër gedurende
Oktober 2019 as die vlieërs teen R155 elk verkoop word? (4)
(vi) Verduidelik die verskil tussen vaste- en veranderlikekoste. (4)
INLIGTING:
Koste per vlieër
Materiaal per vlieër R25
Hout per vlieër R5
Tou per vlieër R5
Lone om een vlieër te voltooi R50
Koste vir die maand
Salaris van fabriekvoorman R5 000
Huur van fabriek R8 000
Water en elektrisiteit van die fabriek R2 500
Indirekte materiaalkoste R500
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 9 GP/November 2019
Graad 10
5.2 BEGROTINGS
Verwys na die inligting met betrekking tot Mbolweni Handelaars se
begroting en beantwoord die vrae wat volg.
Kontantbegroting van Mbolweni Handelaars vir Januarie tot
March 2020
KONTANT ONTVANGSTE JANUARIE FEBRUARIE MAART
Kontantverkope 42 000 56 000 63 000
Kontant van debiteure 25 200 21 600 45 800
Kapitalebydrae 20 000
TOTALE ONTVANGSTES 67 200 77 600 128 800
KONTANT BETALINGS
Kontantaankope van 3 000 4 000 4 500
voorraad
Betalings aan krediteure 34 155 32 040 37 733
Onttrekkings 4 500 4 500 4 500
Paaiement op lening 10 000
Rente op lening 1 600 1 600 1 600
Advertensie 600 800 900
Salarisse en lone 2 000 2 000 2 160
TOTALE BETALINGS 45 855 44 940 61 393
Kontant oorskot / (tekort) 21 345 32 660 ?
Bank beginsaldo 8 400 29 745 62 405
Bank eindsaldo 29 745 62 405 ?
GEVRA:
5.2.1 Wat is die doel met die opstel van ʼn kontantbegroting? (2)
5.2.2 Noem TWEE items wat nie in ʼn kontantbegroting sal veskyn nie.
(2)
5.2.3 Indien kontantverkope 60% van die totale verkope is, bereken die
totale verkope vir Januarie. (5)
5.2.4 Bereken die kontant oorskot / (tekort) vir Maart. (3)
5.2.5 Bereken die banksaldo aan die einde van Maart. (3)
45
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 10 GP/November 2019
Graad 10
FORMULEBLAD GRAAD 10
Bedryfbates : Bedryfslaste (Bedryf bates – Voorraad) : Bedryfslaste
Totale Bates : Totale Laste
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Exemplars%20Question%20%20Paper_hlayiso.com_--43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754/v1-c743ae789a295a79dae8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087/v1-2b7e1d5ee9d7c8a0ccc0/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2018 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 10 P2 National November 2019 Memo (Afr)
%20November%202022%20Answer%20book%20(1)_hlayiso.com_--48ff2aec-0abc-4a3b-be22-f80e9c757fe4/v1-d6bacd6294291fbc7282/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Addendum (Afr)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ef9180cb-c7f4-4c7b-8dde-c99843279d44/v1-4d1ab0be06cd6fb69a84/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afr)
%202020%20Exemplars%20Answer%20Book_hlayiso.com_--c7540050-925b-4917-b3fa-2dbf55983458/v1-146840a214ce7003aab9/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 Addendum (Afr)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 KZN March Test 2024 Paper & Memo
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Memorandum