Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
21 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4/v1-3d4c9c9738fa03a84123/card.webp)

%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4e368746-40f7-41f2-abf3-6417b98990d2/v1-76732c6be91313c0d261/card.webp)

View all





Accounting Grade 11 Gauteng November 2017 QP (Afr)
Grade 11 Accounting question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 887.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng November 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
INSTRUKSIES
1 Beantwoord AL die vrae.
2 Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
3 Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en voer dit stiptelik uit.
4 Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
5 Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6 Gebruik die inligting hieronder in die tabel as gids wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE
1 Versoening en interne beheer 50 30 minute
2 Finansiële state en Bateverkope 80 48 minute
3 Ontleding en vertolking van finansiële state 35 21 minute
4 Vervaardiging 45 27 minute
5 Kontantbegroting 45 27 minute
6 BTW en voorraad 45 27 minute
TOTAAL 300 180 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
GRAAD 11
VRAAG 1
REKONSILIASIE EN INTERNE BEHEER (50 punte; 30 minute)
1.1 Lees die onderstaande stellings. In elke geval, dui aan of die stelling WAAR
of ONWAAR is. (4)
1.1.1 ʼn Kredietnota is ʼn dokument wat deur ʼn kliënt uitgereik word wanneer
hy goedere aan ʼn verskaffer terugstuur.
1.1.2 ʼn Vooruitgedateerde tjek ontvang, moet in die Vooruitgedateerde tjek-
register aangeteken word tot en met die datum wat dit geldig word.
1.1.3 Rente op oortrokke rekening word nie as deel van die bankkoste
beskou nie, omdat dit deel is van die finansieringskoste.
1.1.4 ʼn Debietsaldo op die Bankstaat beteken die bankrekening het ʼn
ongunstige saldo.
1.2 ʼn Onervare boekhouer van Blou Winkels het die joernale vir Maart 2017 af-
gesluit en oorgeboek na die Algemene grootboek voordat dit met die
Bankstaat vergelyk is.
GEVRA:
1.2.1 Teken die aanvullende inskrywings, om die boeke reg te stel, direk in
die Bankrekening aan. Begin die bankrekening met die voorlopige
saldo op 31 Maart 2017. Dui die Kontrarekeninge vir die
individuele inskrywings aan in die bankrekening. (23)
1.2.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2017 op. (7)
INLIGTING:
Bankversoeningstaat op 28 Februarie 2017
Debietsaldo soos in bankstaat 25 600
Krediteer uitstaande deposito’s 13 500
Debiteer uitstaande tjeks
61 (15 September 2016) 4 000
118 (6 April 2017) 2 000
650 (18 Februarie 2017) 3 700
Saldo soos in bankrekening ?
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
GRAAD 11
Voorlopige totale / saldo’s op 31 Maart 2017
Bankkolom in Kontantontvangstejoernaal R103 000
Bankkolom van kontantbetalingsjoernaal R97 920
Bankrekening in Algemene Grootboek op 31 Maart 2017 ?
A Die volgende items verskyn op die Bankstaat vir Maart 2017, maar nie in
die kontantjoernale nie.
Diensgelde, R680; kontanthanteringsfooi, R200; rente op kredietsaldo,
R400.
ʼn Tjek van J Maposa vir R1 600, ter vereffening van sy rekening van
R1 700 is terugverwys deur die bank as gevolg van onvoldoende fondse.
ʼn Huurder, A Colbyn, het ʼn deposito van R18 000 in Blou winkels se
bankrekening gemaak.
Tjek nr. 961 vir R6 900 is in die Kontantbetalingsjoernaal as R9 900
aangeteken, dit was vir die aankope van handelsvoorraad. Die bedrag
op die bankstaat is korrek.
ʼn Stoporder van R15 000 aan Allsure Versekeraars. R6 000 van die
bedrag was vir die eienaar se persoonlike voertuig.
B ʼn Vergelyking van die bankstaat met die bankversoeningsstaat op
28 Februarie 2017 het die volgende verskille aan die lig gebring:
Die deposito van R13 500 verskyn op die bankstaat.
Tjek nr. 650 is aangebied vir betaling.
Tjek nr. 61 is uitgereik aan J Mudi vir goedere wat in September 2016
afgelewer is. Die tjek moet gekanselleer en vervang word met tjek nr.
1294. Die vervaardiger het nog nie die tjek afgehaal nie.
Tjek nr. 118 is uitgereik aan Oggend Nuus vir advertensies. Die
advertensie is nog nie gepubliseer nie. Blou Winkels het besluit om die
advertensie en die tjek te kanselleer.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
GRAAD 11
C Die volgende items verskyn in die Kontantontvangstejoernaal en die
Kontantbetalingsjoernaal, maar nie op die bankstaat nie:
Kontantdeposito, R52 980
Tjeks:
Tjek Nr. Bedrag Datum
861 R1 400 8 Februarie 2017
1141 R1 500 15 Maart 2017
1175 R8 000 15 April 2017
D Die bankstaat wys ʼn ongunstige saldo van R48 880 op 31 Maart 2017.
VRAAG 1.3
KREDITEUR-REKONSILIASIE
Die staat van Smile Verskaffers op 28 Februarie 2017 aan Like Handelaars wys ʼn
uitstaande balans van R26 940. Die Krediteuregrootboek in die boeke van Like
Handelaars wys ʼn bedrag van R16 620 verskuldig aan Smile Verskaffers.
GEVRA:
1.3.1 Dui die veranderinge in die saldo’s in die Krediteuregrootboek en die
krediteurestaat aan.
Skryf slegs die bedrae in die toepaslike kolom en ʼn plus (+) of minus
(-) teken om ʼn toename of afname aan te dui. Bereken die korrekte
saldo / totaal aan die einde. (12)
1.3.2 Die eienaar van Like Handelaars is bekommerd dat die boekhouer die
krediteurestelsel misbruik. Noem TWEE interne beheermaatreëls wat
hy kan toepas om dit te voorkom. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
GRAAD 11
INLIGTING
Deur verdere ondersoek is die volgende ontdek:
A. Die tjek wat aan Smile Verskaffers uitgereik is vir Januarie se uitstaande
bedrag is nie betyds deur Smile Verskaffers ontvang nie. Hulle het nie die
R500 korting toegestaan nie.
B. Goedere wat teruggestuur is deur Like Handelaars is in die Krediteure
grootboek aangeteken as R2 440. Die korrekte bedrag van R2 620 verskyn
in die staat wat van Smile Verskaffers ontvang is.
C. ʼn Faktuur wat van Smile Verskaffer ontvang is, is korrek in die boeke van Like
Handelaars aangeteken as R10 000. Die staat van Smile Verskaffers wys die
bedrag as R1 000.
D. ʼn Tjek van R7 000 wat deur Like Handelaars betaal is, is nog nie in die staat
van Smile Verskaffers aangeteken nie.
E. ʼn Faktuur vir R6 000 wat van Smile Verskaffers ontvang is, is in die boeke
van Like Handelaars aangeteken as ʼn Kredietnota.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
GRAAD 11
VRAAG 2 FINANSIËLE STATE (80 punte; 48 minute)
Die finansiële jaar van RANA Handelaars eindig op 31 Desember 2017.
GEVRA
2.1 Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op. (42)
INLIGTING
1. VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 31 DESEMBER 2017
BALANSSTAAT-AFDELING Debiet Krediet
Kapitaal 2 122 800
Onttrekkings 569 491
Grond en geboue 120 000
Voertuie 476 000
Toerusting (kosprys) 230 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 89 600
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 86 000
Lening: Bank of Africa 410 000
Vaste Deposito: Bank of Africa (10% p.j.) 150 000
Handelsvoorraad 70 000
Debiteurekontrole 55 500
Voorsiening vir oninbare skulde 2 400
Bank 61 048
Kleinkas 350
Krediteurekontrole 25 621
NOMINALE REKENINGE-AFDELING
Verkope 720 000
Koste van verkope 400 000
Debiteure-afslag 13 800
Huurinkomste 46 400
Salarisse en lone 164 000
Werkgewersbydrae 10 800
Oninbare skulde 3 200
Water en elektrisiteit 8 900
Korting toegestaan 430
Telefoon 7 800
Versekering 8 800
Verpakkingsmateriaal 8 206
Bankkoste 846
Rente op Vaste deposito 13 750
3 439 171 3 439 171
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
GRAAD 11
2. AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING
1 ʼn Debiteur, Heyman, het beskadigde goedere met ʼn verkoopprys van R4 200 terug
gestuur. Die winsopslag was 60% op kosprys. Hierdie transaksie is nog nie
geboekstaaf nie.
2 Verpakkingsmateriaal ter waarde van R5 350, is gebruik gedurende die
rekenpligtige tydperk.
3 Op 31 Desember 2017 het ʼn fisiese voorraadopname aan die lig gebring dat
handelsvoorraad ter waarde van R64 700 op hande is.
4 Die huurder het huur betaal tot 30 November 2017. Die huur is vanaf 1 Junie 2017
met 10% verhoog.
5 Die water- en-elektrisiteitsrekening vir Desember 2017 is nog nie betaal nie,
R1 100.
6 Ontvang R600 uit die insolvente boedel van M Hand, 40 sent van elke rand moet
afgeskryf word.
7 Die bankstaat van Tony Bank toon die volgende:
Bankkoste R250
Rente op lopende rekeninge R150
Onbetaalde tjek van R350 wat ontvang is ter vereffening van R380.
8 Voorsiening vir oninbare skulde moet aangepas word na R2 200.
9 Versekering sluit ʼn premie in van R2 400 wat betaal is vir die tydperk 1 Augustus
2017 tot 31 Julie 2017.
10 Een werknemer is weggelaat in die Salarisjoernaal vir Desember 2017
Netto Aftrekkings Werkgewersbydrae Bruto Salaris
Salaris
R9 200 R2 400 R350 ?
11 Ontvang die leningsstaat van Bank of Africa
Saldo op 01 Januarie 2017 R 270 000
Gekapitaliseerde rente ?
Terugbetalings gedurende die jaar, insluitend die rente 70 000
Saldo op 31 Desember 2017 215 000
12 Waardevermindering op Vaste bates beloop R15 000 vir die jaar.
13 Rente op vaste deposito vir Desember 2017 is nie opgeteken in die onderneming
se boeke nie. Rente op vaste deposito is nie gekapitaliseer nie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
GRAAD 11
VRAAG 2.2 BALANSSTAAT EN BATEVERKOPE
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Nemesis Handelaars vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2017.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die waardevermindering op voertuie:
(a) Vir die voertuig wat verkoop is gedurende die jaar
(b) Die totale waardevermindering vir die jaar geëindig op
28 Februarie 2017 (4)
2.2.2 Voltooi die Vastebate-Nota op 28 Februarie 2017. (14)
2.2.3 Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2017. Toon berekeninge in
hakies waar die notas nie gevra is nie. (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
GRAAD 11
INLIGTING:
1. LYS VAN SALDO’S VAN NEMESIS TRADERS OP 28 FEBRUARIE 2017
Kapitaal 2 426 520
Onttrekkings 460 000
Lening: ABSA Bank 1 800 000
Vaste deposito: ABSA Bank 350 000
Grond en geboue (1 Maart 2016) 2 600 000
Toerusting (1 Maart 2016) 900 000
Voertuie (1 Maart 2016) 1 250 000
Opgehoopte waardevermindering op Toerusting. (1 Maart 2016) 360 000
Opgehoopte waardevermindering op Voertuie (1 Maart 2016) 800 000
Handelsvoorraad 570 000
Debiteurskontrole 105 000
Voorsiening vir oninbare skulde 7 000
Spaarrekening 50 000
Oortrokke bank 40 000
Wisselgeld 6 000
Krediteurekontrole 190 000
SARS: LBS 9 000
Verbruikersgoedere voorhande 10 700
Opgelope inkomste 12 000
Vooruitbetaalde uitgawes 1 320
Opgelope uitgawes 6 500
Inkomste vooruit ontvang 18 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
GRAAD 11
2. AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING
A Geen inskrywings is gemaak vir ʼn ou voertuig wat verkoop is teen boekwaarde op
30 November 2016 nie. Die vastebateregister weerspieël die volgende ten opsigte
van die voertuig wat verkoop is:
Bate: Ford Ranger
Registrasie: SN 582 AB GP
Kosprys R250 000
Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2016 R170 000
Waardevermindering: 20% p.j. op kosprys
B Waardevemindering op toerusting word bereken teen 10% van die drawaarde.
Geen nuwe toerusting is aangekoop gedurende die jaar nie.
C Die kapitaalbedrag van die lening sal in die volgende finansiële jaar met R96 000
verminder word.
D Geen inskrywing is gemaak vir die aanbouings wat op krediet gedoen is deur MB
Konstruksie ter waarde van R84 000 nie.
E ʼn Vaste deposito van R80 000 verval in die volgende finansiële jaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
GRAAD 11
VRAAG 3
BEGRIPPE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES (35 punte; 21 minute)
3.1 PASITEMS – BEGRIPPE
KOLOM A bevat ʼn lys Konsepte en KOLOM B ʼn lys verduidelikings.
Kies ʼn verduideliking uit KOLOM B wat pas by ʼn konsep in KOLOM A.
Skryf slegs die letter langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK. (5)
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Hefboomfinansiering A Die vermoë van die onderneming om sy
lopende skuld te delg.
3.1.2 Opbrengs op eienaars- B Die vermoë van die onderneming om al
belang sy skuld te delg
3.1.3 Solvensie C Die mate waartoe ʼn besigheid gebruik
maak van eksterne lenings om sy
bedrywighede te finansier.
3.1.4 Likiditeit D Die vermoë van die onderneming om sy
inkomste en lopende uitgawes te beheer.
3.1.5 Bedryfsdoeltreffendheid E Die mate waarin die eienaars beloon is vir
hul belegging in ʼn besigheid.
3.2 Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Swag Klere vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2017 saam met vergelykende syfers vir 2016. Die
onderneming behoort aan vennote Raymond en Natalie.
3.2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2017.
A Vuurproefverhouding (4)
B Skuld-ekwiteitsverhouding (3)
C Bedryfsuitgawes op verkope (3)
D % Opbrengs verdien deur Natalie (6)
3.2.2 Die vennote is tevrede met die beheer van die bedryfsuitgawes in
2017. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om hul mening te staaf. (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie van die onderneming vir
2017. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om jou antwoord te
staaf. (4)
3.2.4 Die vennote het gedink dit was ʼn goeie idee om van meer lenings
gebruik te maak in 2017. Haal TWEE finansiële aanwysers aan
(werklike syfers of persentasies) om hulle mening te staaf. (4)
3.2.5 Lewer Kommentaar op die % opbrengs verdien deur die besigheid.
Natalie is baie tevrede met haar opbrengs, maar Raymond is
teleurgesteld. Haal finansiële aanwysers / syfers aan om jou
antwoord te staaf. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 13
GRAAD 11
Uittreksel van die Finaniële state 28 Feb 2017 29 Feb 2016
Verkope (60% op krediet) R3 900 000 R3 200 000
Bedryfsuitgawes 680 000 660 000
Rente op lening (13% p.j.) 117 000 26 000
Bedryfsbates 2 130 000 1 930 000
Lopende bates 1 320 000 510 000
Handelvoorraad 920 000 230 000
Vennotebelang 2 110 000 2 000 000
Langtermyn laste (Lenings) 900 000 200 000
Lopende laste 440 000 320 000
VENNOOT: NATALIE 28 Feb 2017 29 Feb 2016
Kapitaal 1 000 000 1 000 000
Privaatrekening aan einde van die jaar 165 000 35 000
Vennoot se salaris 170 000 110 000
Rente op kapitaal (5% p.j.) 50 000 50 000
Bonus 83 000 0
Verdeling van oorblywende wins 40 000 72 000
Finansiële aanwysers 29 Feb 2017 29 Feb 2016
Bedryfskapitaalverhouding 2.9:1 1.6:1
Vuurproefverhouding A 0.9:1
Omsetsnelheid van voorraad 4 keer 9 keer
Skuld Ekwiteitsverhouding B 0,1:1
Rente op lenings 13% 13%
% Bedryfsuitgawes op verkope C 20,6%
% Bedryfswins op verkope % 18,5% 16,9%
% Netto wins op verkope 15,5% 16,1%
% Opbrengs verdien deur NATALIE D 24,0%
% Opbrengs verdien deur RAYMOND 23,1% 28,9%
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 14
GRAAD 11
VRAAG 4 VERVAARDIGING (45 punte; 27 minute)
4.1 Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van die Spring
Park Vervaardigers. Hulle spesialiseer in die vervaardiging van eksklusiewe
skoene vir professionele atlete.
GEVRA:
4.1.1 Bereken die bedrag vir grondstowwe uitgereik vir produksie in 2017. (4)
4.1.2 Bereken die Direkte arbeidskoste. (7)
4.1.3 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek:
Fabrieksbokoste (13)
Goedere-in-bewerking (6)
Let wel: Saldeer / sluit die rekening behoorlik af op 30 Junie 2017.
INLIGTING:
1. Die volgende saldo’s verskyn in die boek van Spring Park.
30 Junie 2017 1 Julie 2016
Direkte materiaal 20 000 18 000
Goedere in bewerking ? 35 000
Indirekte materiaal 7 500 7 200
2. Transaksies vir die jaar:
Direkte materiaal aangekoop gedurende die 650 000
jaar
Vraggeld op aankope 12 300
Fabriekshuur betaal 68 500
Advertensies betaal 23 500
Fabrieksinstandhouding betaal 46 700
Water en elektrisiteit betaal 80 000
Indirekte materiaal aangekoop 56 000
Diverse uitgawes betaal 21 000
Fabrieksvoorman se salaris 89 050
Die kantoorassistent se salaris vir die jaar 130 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 15
GRAAD 11
3. ADDISIONELE INLIGTING
A Ingesluit in die bedrag vir grondstowwe is goedere wat nie die deur die
onderneming bestel is nie en is dus teruggestuur is aan die verskaffers,
R35 000.
B Herstelwerk aan masjiene ten bedrae van R1 300 is in Junie 2017 voltooi,
maar sal slegs betaal word in Julie 2017.
C Water en elektrisiteit moet verdeel word tussen die fabriek, 70% en die
kantoor 30%.
D 80% van die indirekte materiaal is in die fabriek gebruik en die res in die
kantoor.
E Waardevermindering vir die jaar
Kantoortoerusting, R9 500
Fabrieksmasjienerie, R12 800
F Diverse uitgawes word verdeel in dieselfde verhouding as die vloer
oppervlakte. Die verhouding van die ruimte tussen fabriek, kantoor en
verkoopsafdeling is 4: 2: 1.
G Lone verdien deur die skoonmaker, R46 000. Sy spandeer 50% van haar
tyd in die fabriek.
H Daar is drie werkers in diens van die fabriek. Hulle het elk 1 600 ure
normale tyd gewerk teen R40 per uur. Hulle het elk 300 ure oortyd
gewerk teen 50% meer as die normale loon.
I Die salaris van die fabrieksvoorman sluit haar salaris vir Julie 2017 in. Sy
het ʼn verhoging van R650 per maand ontvang met ingang 1 Januarie
2017. Sy is aangestel.
J Goedere ter waarde van R1 212 000 is vervaardig gedurende die jaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 16
GRAAD 11
VRAAG 4.2 EENHEIDSKOSTE
GEVRA:
4.2.1 Bereken die eenheidskoste vir 2017 (a), (b) en (c) in die tabel in
inligting 4 hieronder. (3)
4.2.2 Vergelyk die eenheidskoste vir 2017 met die van 2016. Van die
eenheidskoste is beïnvloed deur inflasie (prysverhoging). In elk van
die volgende gevalle gee ʼn moontlike rede, anders as inflasie, vir die
verandering.
Direktemateriaal-koste per eenheid
Direktearbeids-koste per eenheid
Fabrieksbokoste per eenheid (6)
4.2.3 Gelykbreekpunt:
Bereken die gelykbreekpunt vir 2017. (4)
Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt vir 2017. (2)
INLIGTING:
1. Perry Das Vervaardigers het 44 000 eenhede gemaak en verkoop gedurende die
jaar. Hulle het 35 000 dasse vervaardig in die vorige finansiële jaar.
2. Al die dasse is verkoop vir R45 elk in 2016 en in 2017.
3. Al die dasse vervaardig, is in die jaar verkoop. Daar was geen goedere in
bewerking-voorraad aan die begin of die einde van die jaar nie.
4. Die volgende totale- en eenheidskostes is geïdentifiseer:
2017 2016
Totale koste Eenheids- Totale Eenheids-
koste koste koste
Veranderlike koste: R990 000 R22,50 R807 000 R23,05
Direktemateriaal koste 500 000 (a) 465 000 13,28
Direktearbeidskoste 320 000 7,27 208 000 5,94
Verkoops- en 170 000
(b) 134 000 3,82
verspreidingskoste
Vaste koste: 328 000 7,45 292 000 8,34
Fabrieksbokoste 205 000 (c) 205 000 5.85
Administratiewe koste 123 000 2,79 87 000 2,48
Totale koste R1 318 000 R29,95 R1 099 000 R31,40
Totale aantal eenhede
vervaardig 44 000 35 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 17
GRAAD 11
VRAAG 5 KONTANTBEGROTINGS (45 punte; 27 minute)
Die volgende inligting is uit die boeke van Sabie Handelaars.
GEVRA
5.1.1 Noem TWEE items wat nie in die kontantbegroting sal verskyn nie.
Gee ʼn rede by elkeen. (4)
5.1.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn Geprojekteerde Inkomstestaat en ʼn
Kontantbegroting. (2)
5.1.3 Gebruik die inligting rakende die begrotingstydperk en lewer
kommentaar oor die debiteure-invorderingsbeleid in vergelyking met
die krediteurebetalingsbeleid. (4)
5.2 Gebruik die gegewe inligting om die volgende te voltooi.
5.2.1 Die debiteure-invorderingskedule vir Julie 2017 en Augustus 2017. (7)
5.2.2 Die kontantbegroting vir Julie 2017 en Augustus 2017. (22)
5.2.3 Lewer kortliks kommentaar oor die bemarking, instandhouding van
vaste bates en huurinkomste soos dit verskyn in die begroting.
Verskaf EEN punt van advies rakende elke item. Verwys na
inligting K. (6)
INLIGTING:
1. WERKLIKE BEGROTE
MEI JUNIE JULIE AUGUSTUS
Verkope 450 000 600 000 550 000 650 000
Koste van verkope 300 000 400 000 360 000 430 000
Lone 55 000 55 000 ? ?
Onttrekkings (kontant) 10 000 10 000 10 000 10 000
Huurinkomste 23 000 20 000 35 000 ?
Bemarking 18 000 16 500
Instandhouding
(Vaste bates) R18 500 15 200 20 000 20 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 18
GRAAD 11
2. ADDISIONELE INLIGTING:
A Ongunstige banksaldo op 30 Junie 2017 is R9 500.
B Die verwagting is dat 50% van alle verkope op krediet sal wees.
C Invorderings van debiteure is soos volg:
60% betaal een maand na die verkope (30 dae) en ontvang 2%
korting.
25% betaal twee maande na die verkope (60 dae).
10% betaal drie maande na die verkope. (90 dae).
5% van die skuld sal in die vierde maand na die verkope as
oninbaar afgeskryf word.
D Handelsvoorraad word vervang in dieselfde maand as die verkope.
Alle aankope is op krediet en krediteure word afbetaal een maand na
die aankope.
E Huurinkomste verhoog jaarliks op 1 Augustus met 10%.
F Die jaarlikse loonverhoging van 5% neem effek op 1 Julie 2017.
G Een van die werknemers, met ʼn maandelikse salaris van R17 750, is
op vakansie oorsee, hy sal sy salaris vir Julie eers in Augustus ontvang
as hy terug is.
H ʼn Vaste deposito ter waarde van R35 000 verval op 15 Augustus 2017.
I ʼn Voertuig is op 25 Junie 2017 verkoop. Die tjek van R65 000 is
vooruit gedateer vir 25 Julie 2017.
J ʼn Nuwe voertuig ter waarde van R450 000 sal op 1 Augustus 2017
aangekoop word. ʼn Kontantdeposito van 20% is betaalbaar op die dag
wat die voertuig gekoop word. Die oorblywende bedrag sal van
1 September 2017 in 24 gelyke paaiemente afbetaal word.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 19
GRAAD 11
K Die volgende inligting verwys na Vraag 5.2.3.
ITEM WERKLIKE BEDRAE
JULIE AUGUSTUS
Bemarking 18 300 17 200
Instandhouding (Vaste bates) 30 000 27 000
Huurinkomste 23 300 18 500
VRAAG 6 BTW EN VOORRAAD (45 punte, 27 minutes)
6.1. BTW EN ETIEK
Jy word verskaf met inligting uit die boeke van Willow Skryfbehoeftes, ʼn BTW-
geregistreerde onderneming. Goedere is onderhewig aan 14% BTW.
GEVRA:
6.1.1 Bereken die bedrae vir A - D op die tabel. (4)
6.1.2 Verduidelik die verskil tussen Belastingvermyding en
Belastingontduiking. (4)
6.1.3 Die eienaar het 13 kasregisters. Die eienaar vat daagliks die verkope
van die 13de kasregister vir sy eie gebruik. Dit word nie aangeteken
in die boeke van die onderneming nie. Gee hom advies rakende die
gedrag. (4)
INLIGTING
BTW uitgesluit BTW ingesluit BTW
1 R320 000 ? A
2 R2 300 B R322
3 C D R882
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 20
GRAAD 11
6.2 VOORRAADSTELSELS
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Daly Uitrusters op
28 Februarie 2017. Die onderneming verkoop handgemaakte sakke en ander
bykomstighede. Die eienaar het jou genader om die finale rekeninge te
doen, aangesien sy boekhouer nie seker is wat om te doen nie. Hy gebruik
die periodieke voorraadstelsel en het ʼn winsopslag van 50% op alle
goedere.
GEVRA:
6.2.1 Voltooi die Aankoperekening op 28 Februarie 2017. Sluit die rekening
af. (14)
6.2.2 Bereken die netto verkope vir die jaar geëindig 29 Februarie 2017. (6)
6.2.3 Stel die Handelstaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op. Let
wel: Wys die berekeninge vir die koste van verkope op die
antwoordblad. (9)
6.2.4 Daly wil die voorraadstelsel verander na die Deurlopende
Voorraadstelsel, hy het jou opinie gevra oor die besluit. Skryf ʼn kort
aanbeveling vir hom rakende die besluit. In jou aanbeveling moet jy
verwys na TWEE voordele van die deurlopende voorraadstelsel. (4)
1. INLIGTING
Daly Molefe het die volgende inligting en dokumente vir die jaar.
Handelsvoorraad (beginsaldo) 1 Maart 2017 214 000
Fakture vir kredietaankope van voorraad van plaaslike vervaardigers 485 000
Kontantaankope vir die jaar, insluitende invoere 105 000
Debietnotas uitgereik aan verskaffers 2 560
Totale kontantverkope van handelsvoorraad volgens kasregister 520 000
Totale fakture uitgereik vir kredietverkope 200 670
Goedere wat deur kliënte teruggestuur is ten volle gekrediteer 3 480
Doeanekostes betaal vir handsakke wat ingevoer is 2 890
Vraggeld betaal op goedere aangekoop 5 750
Vraggeld betaal op goedere verkoop 4 200
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 21
GRAAD 11
2. ADDISIONELE INLIGTING:
1. Daly het goedere met ʼn verkoopsprys van R3 000 aan een van die skole in die
omgewing geskenk. Geen inskrywing is gemaak van die transaksie nie.
2. Daly het goedere met ʼn kosprys van R1 200 gevat vir sy persoonlike gebruik. Die
boekhouer was nie seker oor hoe om die transaksie te boekstaaf nie, so geen
inskrywing is gemaak nie.
3. Rekening van R800 is ontvang van Quick Handelaars vir die vervoer van goedere.
4. Daly het die voorraadopname op 27 Februarie 2017 gedoen. Die waarde van die
voorraad voorhande was, R312 890.
5. Die volgende transaksies het op 28 Februarie 2017 plaasgevind – na die
voorraadopname. Die transaksies is dus nie in die boeke opgeteken nie.
5.1 Kontantverkope vir die dag, R5 100.
5.2 Kredietverkope vir die dag, R2 400.
5.3 Kontantaankope van goedere teen kosprys, R1 500.
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4/v1-3d4c9c9738fa03a84123/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 Gauteng November 2018 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 Gauteng November 2017 Question Paper
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4e368746-40f7-41f2-abf3-6417b98990d2/v1-76732c6be91313c0d261/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 Memo (Afr)

Addendum
Accounting Grade 11 Gauteng November 2017 Addendum
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum