Skip to content

Information Technology Grade 11 P2 2016 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 11201611 pages

Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IINFTA* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (20) AFDELING C: Kommunikasie- en netwerktegnologieë (26) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (26) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (26) AFDELING F: Geïntegreerde scenario (37) 2. Lees AL die vrae deeglik deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ʼn aanduiding aantal feite/redes wat benodig word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 ZIF staan vir … A Zero In-house Firewall. B Zero Insertion Force. C Zero Integer File. D Zero Inter Fire. (1) 1.1.2 Hierdie verwerkingstegniek laat die programme toe om hulself in meervoudige take te verdeel: A Pyplynverwerking B Multitasking C Multithreading D Multiprocessing (1) 1.1.3 ... behels die skryf van kode sodat die SVE sal verstaan. A Lae-vlak programmering B Hoë-vlak programmering C Samestellingstegnieke D Virtualiseringstegnieke (1) 1.1.4 ʼn Versameling van programme wat ontwerp is om ʼn rekenaar te infiltreer en die hoogste vlak te beheer: A Rootkit B Trojan Horse C Wurm D Virus (1) 1.1.5 Die volgende tipes netwerke in stygende volgorde met betrekking tot hul grootte: A LAN, PAN, WAN, HAN B PAN, HAN, LAN, WAN C WAN, PAN, HAN, LAN D HAN, PAN, WAN, LAN (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) 1.1.6 ʼn Toestel wat die data of sein van ʼn rekenaar na die formaat kan omskakel wat oor ʼn kommunikasiemedium oorgedra kan word: A Roteerder B Modem C Skakelaar D Muis (1) 1.1.7 Die uitvoering van fisiese en meestal herhalende of gevaarlike take deur ʼn gerekenariseerde masjien is … A programmering. B robotika. C uitkontraktering. D kunsmatige intelligensie. (1) 1.1.8 Watter een is NIE ʼn eienskap van die kwaliteit van data in ʼn databasis NIE? A Akkuraatheid B Huidigheid C Stiptelikheid D Relevansie (1) 1.1.9 Watter een is NIE ʼn voordeel of eienskap van ʼn statiese webtuiste NIE? A Redelik maklik om te ontwerp B Benodig nie baie Bedienerskrag nie C Slegs ontwerp vir die kliënt-kant D Kan volgens die gebruiker se behoeftes en voorkeur aanpas (1) 1.1.10 Watter van die volgende bedryfstelsels kan op tablette wat ARM in plaas van Intel-verwerkers gebruik, geïnstalleer word? A Windows RT B Android C iOS D Blackberry OD 10 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 ʼn Stel elektriese paadjies wat op die moederbord ingeëts is en gebruik word om data tussen verskillende paadjies oor te dra (1) 1.2.2 Sekuriteit gebaseer op die identifisering en meet van unieke, fisiese karaktereienskappe van ʼn persoon (1) 1.2.3 ʼn Stel reëls vir die enkodering en dekodering van data vir transmissie oor ʼn netwerk (1) 1.2.4 ʼn Sisteem waar dele van ʼn databasis oor bedieners in aparte plekke versprei is (1) 1.2.5 Probleme of foute wat voorkom wanneer jy data wil opdateer, skrap of byvoeg (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Jou oom is afgetree en het ʼn bemarkingsbesigheid vir huishoudelike teëls begin wat hy van sy huis af wil bestuur. Hy beplan om twee kamers in die hoofhuis te gebruik, asook die motorhuis wat ongeveer 10 m van die huis af is, as vertoonlokaal te gebruik met multimedia vertoontoerusting. Hy het al opgelees oor rekenaarhardeware en programmatuur, maar benodig duidelikheid van jou. Meeste van sy literatuur verwys na die modulêre ontwerp van die rekenaarsisteem. 2.1.1 Wat beteken die term, modulêre ontwerp? (1) 2.1.2 Gee TWEE voordele van modulêre ontwerp. (2) 2.2 Meeste boeke wat hy lees sê dat die rekenaar afhanklik is van die hoeveelheid ETG wat dit het. 2.2.1 Brei die term/afkorting ETG uit. (1) 2.2.2 Waarom is ETG noodsaaklik vir die rekenaar? (1) 2.2.3 Gee DRIE eienskappe van ETG. (3) 2.2.4 ETG word gewoonlik as klein, reghoekige elektroniese borde verskaf. Wat word hierdie borde genoem? (1) 2.3 Daar is vir jou oom gesê dat die rekenaarstelsel van kasberging gebruik maak as een van die tegnieke om sy aktiwiteite te versnel. 2.3.1 Beskryf die term kasberging in ʼn rekenaarsisteem. (1) 2.3.2 Noem TWEE tipes kasberging wat in ʼn rekenaarsisteem gevind word. (2) 2.3.3 Identifiseer TWEE dele van die rekenaarsisteem wat kasberging gebruik. (2) 2.4 Hy het ook uitgevind dat ʼn bedryfstelsel baie belangrik vir die rekenaarsisteem is om te kan werk en dat die beste sisteme oopbronprogrammatuur is. 2.4.1 Noem TWEE funksies van bedryfstelselsagteware. (2) 2.4.2 Lys TWEE voordele van oopbronprogrammatuur. (2) 2.4.3 Lys TWEE nadele van oopbronprogrammatuur. (2) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 Rekenaars, skootrekenaars, tablette en selfone moet aan die netwerk binne die drie vertrekke gekoppel word. 3.1 Jou raad aan jou oom is om ʼn Wi-Fi-netwerk op te stel. 3.1.1 Definieer ʼn rekenaarnetwerk. (3) 3.1.2 Wat is Wi-Fi? (1) 3.1.3 Noem TWEE voordele en TWEE nadele van Wi-Fi. (4) 3.2 Hardware sal benodig word om die Wi-Fi-netwerk op te stel. Motiveer waarom ELKEEN van die volgende items nodig is deur kortliks die funksie van elke item in ʼn netwerk te verduidelik: 3.2.1 Wi-Fi Network Adaptors (1) 3.2.2 ADSL Modem (3) 3.2.3 Wi-Fi-warmkol (‘Hotspot’) (2) 3.3 Jou oom oorweeg dit om sy besigheid op die Internet te publiseer en het gehoor dat hy óf van ʼn mikroblog óf van ʼn vlog-diens gebruik kan maak. 3.3.1 Onderskei tussen ʼn mikroblog EN ʼn vlog-diens. (2) 3.3.2 Voorsien onderskeidelik ʼn voorbeeld van ʼn mikroblog EN van ʼn vlog- diens. (2) 3.4 Sommige van sy dokumente, prente en video’s sal gekompakteer moet word. 3.4.1 Verduidelik waarom dit nodig is om lêers te kompakteer. (1) 3.4.2 Watter tipe lêers word gewoonlik gekompakteer? (1) 3.4.3 Dui die verskil tussen ‘Lossy compression’ en ‘Lossless compression’ aan. (2) 3.4.4 Voorsien die naam van die mees algemeen gebruikte kompressie- formaat wat vir prente gebruik word. (1) 3.5 Hy moet besluit of hy eerder ʼn intranet of ʼn ekstranet wil opstel. 3.5.1 Definieer ʼn intranet. (2) 3.5.2 Gee ʼn voordeel wat gekoppel word met die opstel van ʼn ekstranet. (1) TOTAAL AFDELING C: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 TABEL 1 TABEL 2 KlientID BestelID ProdukID EenheidPrys ProdukID ProdukNaam MMSE 10M 11 72.00 11 Faux Green Tile LOHNRHO 11L 42 15.00 40 Porcelain Blue Tile RHIN 17R 72 75.69 42 Bone White Tile MMSE 21M 42 69.99 72 Cream Yellow Granite Tile RHIM 22R 40 50.00 75 Grey Granite Tile ʼn Databasis is ontwerp met die inligting oor die bestellings, kliënte en produkte wat hulle koop. Dit bestaan uit tabelle, velde en rekords. 4.1 Definieer elk van die volgende: 4.1.1 ʼn Databasis-veld (2) 4.1.2 ʼn Databasis-rekord (2) 4.1.3 ʼn Databasistabel (3) 4.2 Die databasis sal op een van die rekenaars ontwerp word en sal op een alleenstaande rekenaar gehardloop word. 4.2.1 Wat is die naam wat aan hierdie tipe databasis gegee word? (1) 4.2.2 Gee ʼn voorbeeld van ʼn program wat gebruik kan word om hierdie databasis wat in VRAAG 4.2.1. genoem is, te ontwerp. (1) 4.2.3 Wat is die naam wat aan ʼn databasis gegee word wat oor die Intranet gedeel word? (1) 4.2.4 Gee TWEE voorbeelde van programme wat gebruik kan word om die databasis beskryf in VRAAG 4.2.3, te ontwerp. (1) 4.3 Foute kan gemaak word terwyl data in ʼn databasis ingesleutel word. Beskryf VIER maniere waarin data gevalideer kan word. (8) 4.4 Die twee tabelle is nie aan mekaar verbind nie. Die primêre sleutels en vreemde sleutels moet geïdentifiseer word sodat die tabelle verbind kan word. 4.4.1 Wat is ʼn primêre sleutel? (1) 4.4.2 Identifiseer die primêre sleutels van die twee tabelle. (2) 4.4.3 Teken die twee tabelle oor en dui aan hoe hulle aanmekaar verbind kan word. (4) TOTAAL AFDELING D: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING E: PROBLEEMOPLOSSING VRAAG 5 Jy het aangebied om toepassings vir jou oom te ontwerp. 5.1 ʼn Afdeling van jou program moet die volgende patroon in ʼn afvoerkomponent vertoon. * ** *** **** ***** 5.1.1 Wat is die minimum hoeveelheid veranderlikes wat nodig is om hierdie taak uit te kan voer? (1) 5.1.2 Ontwerp ʼn vloeidiagram of skryf die pseudo-kode vir die program neer. (9) 5.2 Jy moet besluit of jy eerder ʼn For-lus of ʼn While-lus wil gebruik. Verduidelik die verskil tussen die twee lusse. (4) 5.3 Somtyds moet jy skikkings in jou program gebruik. 5.3.1 Definieer die term, skikking. (2) 5.3.2 Gee TWEE voorbeelde wanneer dit raadsaam is om ʼn skikking te gebruik. (2) 5.4 Lys en verduidelik DRIE tipes foute wat jy mag ondervind wanneer jy ʼn program skryf/uitvoer. (6) 5.5 Jy het gehoor dat mede programmeerders sê: “veranderlikes het lokale ‘scope’ en globale ‘scope’”. Verduidelik wat met hierdie stelling bedoel word. (2) TOTAAL AFDELING E: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Jou oom het bietjie navorsing gedoen voordat die Wi-Fi-netwerk vir die maatskappy opgestel word. Hy het baie konsepte teëgekom wat hy van jou af beantwoord wil hê. 6.1 Hy begin deur basiese vrae oor die netwerk te vra. 6.1.1 Waarom benodig ons netwerke? Gee VIER redes. (4) 6.1.2 Noem die DRIE netwerktopologieë wat gebruik word. (3) 6.1.3 Teken EEN netwerktopologie en benoem die dele daarvan. (3) 6.1.4 TCP/IP word gesien as ʼn suite van protokolle. Behalwe vir TCP en IP, noem DRIE ander protokolle in hierdie suite. (3) 6.2 Hy is ook ingelig dat sodra hy aan die Internet gekoppel is, die kans daar is dat hy ongewenste e-posse ontvang, vergroot. Hy beplan ook om van aanlynbankdienste gebruik te maak. 6.2.1 Wat word hierdie ongewenste e-pos genoem? (1) 6.2.2 Is dit moontlik om ongewenste e-posse te keer om in jou inbus te beland? Motiveer jou antwoord. (2) 6.2.3 Banke volg stappe om hul gebruikers teen kuberkrakers te beskerm. Beskryf TWEE sekuriteitsvoorsorgmaatreëls wat banke volg om sekuriteit te verbeter. (4) 6.2.4 Gee DRIE maatstawwe wat jy kan neem om jouself teen iemand te beskerm wat jou bankbesonderhede in die hande wil kry. (3) 6.3 Jou oom moet toegang tot die maatskappy se inligting beperk: 6.3.1 Verduidelik DRIE fisiese maatstawwe wat hy kan neem. (3) 6.3.2 Verduidelik TWEE maatstawwe wat hy vir sy programmatuur kan neem. (2) 6.4 Jou oom het ook gelees dat hy geld en hulpbronne kan spaar as sy werkers ‘telecommute’. Ander moedig hom aan om óf ʼn virtuele kantoor, óf ʼn mobiele kantoor op te stel. 6.4.1 Verduidelik kortliks wat ‘telecommuting’ is. (1) 6.4.2 Beskryf TWEE nadele van ‘telecommuting’. (4) 6.4.3 Verduidelik die verskil tussen ʼn virtuele kantoor en ʼn mobiele kantoor. (4) TOTAAL AFDELING F: 37 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Information Technology

View all