Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IINFTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Information Technology Grade 11 P1 2016 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 872.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL vier vrae
beantwoord.
2. Hierdie eksamen duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen,
is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
4. Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie
net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die
vraestel verskyn nie.
5. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ʼn programmeringstaal vir enige
van hierdie roetines gebruik NIE.
6. Stoor jou werk gereeld.
7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die
lêers word in die vorm van ʼn uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is,
verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is.
Klik op die ‘extract’-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: Cycling*#&
Lys van lêers wat in die lêergids DataNov2016AFR voorsien is, nadat dit
onttrek is:
Vraag 1: Vraag 2: Vraag 3: Vraag 4:
Vraag1P.dpr Vraag2P.dpr Vraag3P.dpr Vraag4P.dpr
Vraag1P.res Vraag2P.res Vraag3P.res Vraag4P.res
Vraag1U.dfm Vraag2U.dfm Vraag3U.dfm Vraag4U.dfm
Vraag1U.pas Vraag2U.pas Vraag3U.pas Vraag4U.pas
timetrial.txt Fietsry.mdb
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
SCENARIO
Fietsry is op die oomblik een van die mees vinnigste groeiende sportsoorte. Daar word al
hoe meer resies gehou, waaraan die fietsryers kan deelneem, in pad- of bergfietsry. Baie
toeristebestemmings het nou selfs ʼn 5 km bergfietsroete vir die fietsry-entoesias. Fietsry
is nie net vir die fiksstes nie, maar ʼn sport waaraan almal kan deelneem, ongeag van
ouderdom en fiksheid.
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Verskeie aspekte rakende fietsry word bespreek in hierdie vraag.
ʼn Voorbeeld van die GGK word hieronder gegee:
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos beskryf in VRAAG 1.1 tot
VRAAG 1.4.
1.1 Fietsryers word in twee kategorieë verdeel, naamlik: Junior en Senior. Die
kategorieë word bepaal op hul ouderdom. As die fietsryer 18 jaar of jonger is
dan is hul in die Junior kategorie en as hul ouer as 18 is, is hul in die Senior
kategorie.
Skryf kode wat die gebruiker sal vra om hul name en geboortedatum in te tik.
Vertoon die kategorie, in die teksarea, gebaseer op hul ouderdom.
LET WEL: Die geboortedatum moet in die volgende formaat ingetik word:
JJJJ/MM/DD.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
1.2 Elke fietsryer moet resiesfooie betaal. As hulle ʼn lid is van ‘Cycling SA’, dan
kry hulle 10% afslag. As hulle aan ʼn klub behoort kwalifiseer hulle vir ʼn ekstra
6%.
Skryf kode om die gebruiker in te lig hoeveel, indien enige, afslag hulle op hul
reisfooie kan verwag.
Voorbeeld van afvoer as klublid-merkblokkie gekies is:
Voorbeeld van afvoer as klublid- en CSA-merkblokkie gekies is:
Voorbeeld van afvoer as niks gekies is nie:
(6)
1.3 Resiesnommers word aan fietsryers toegeken. Die resiesnommer bestaan uit
die voorletters van die naam van die resies, byvoorbeeld Bay to Beach sal
dan BtB wees, asook ʼn ewekansige getal tussen 1000 en 9999 (insluitend).
Skryf kode om die reisnommer van die fietsryers te bepaal afhangende van
die resies waaraan hulle deelneem.
Voorbeeld van afvoer (afvoer sal verskil as gevolg van die ewekansige
getalle):
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.4 Vir elke resies moet ʼn sekere bedrag aan CSA oorbetaal word. Die bedrag
bestaan uit die verpligte bedrag van R150, ʼn provinsiale fooi wat deur die
provinsies bepaal word en ʼn daglisensie van R35 as die fietsryer nie ʼn lid van
CSA is nie (ingesleutel in VRAAG 1.2). As die fietsryer vir toekomstige resies
gekeur wil word, dan moet ʼn ‘domestic racing licence’ van R350 betaal word.
Provinsiale Fooie:
Gauteng-Sentraal R75
Gauteng-Noord R50
KwaZulu Natal R50
Vrystaat R75
Oos-Kaap R50
Noordwes R75
Noord-Kaap R50
Limpopo R50
Mpumalanga R25
Wes-Kaap R50
Voorbeeld van afvoer as Oos-Kaap gekies is en ‘Domestic Racing Licence’
nie gekies is nie:
Voorbeeld van afvoer as Oos-Kaap en ‘Domestic Racing Licence’ gekies is:
(13)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2
Fietsryers is baie kompeterend en probeer altyd om hul vorige tye te verbeter. Hulle
maak van spesiale sagteware gebruik wat rekord hou van hul spoed vir die hele
afstand, sodat hulle dit later kan analiseer.
Die tekslêer, timetrial.txt, bevat ʼn aantal reëls (maksimum aantal reëls is 50).
Elke reël bestaan uit die fietsryer se van, naam, tyd vir eerste rondte en tyd vir
tweede rondte. Die tyd word in minute gegee.
Formaat van elke reël in die tekslêer:
<van>#<naam>#<eerste rondte tyd>#<tweede rondte tyd>
2.1 Wanneer die program uitgevoer word (FormCreate), moet die inhoud van die
tekslêer in TWEE skikkings, arrNaam and arrGemiddeld, gestoor word.
arrNaam moet die naam en van van die fietsryer bevat en arrGemiddeld
moet die gemiddelde tyd van die twee rondtes stoor. (21)
2.2 Wanneer die gebruiker die Vertoon Inligting knoppie kliek, moet die
fietsryers se name vertoon word; asook hoeveel fietsryers daar is.
Voorbeeld van afvoer:
(5)
2.3 Skryf kode vir die Top 3 knoppie wat die naam EN gemiddeld van die DRIE
vinnigste fietsryers sal vertoon. Die vinnigste fietsryer se inligting moet eerste
vertoon word.
Skryf die inligting van die Top 3 fietsryers na ʼn tekslêer met die naam top3.txt.
Dit moet in die volgende formaat wees:
<posisie>#<naam>#<gemiddeld afgerond na twee desimale plekke>
Vertoon die Top 3, netjies in kolomme, in die afvoerarea.
Nadat die inligting in die tekslêer geskryf is, vertoon ʼn gepaste boodskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
Voorbeeld van afvoer:
(19)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 3
As ʼn mens ʼn fietsry-resies reël is daar baie beplanning en administrasie wat gedoen
moet word. Resiesnommers moet geskep word, mens moet seker maak dat die
fietsryers in die regte ouderdomsgroep ingeskryf is, T-hemde en medaljes moet
bestel word, ens.
3.1 Skryf ʼn funksie met die naam Ouderdom wat die identiteitsnommer van die
fietsryer ontvang en die ouderdom van die fietsryer terugstuur. Die
identiteitsnommer moet gebruik word om die ouderdom te bereken. Die
eerste ses syfers van die identiteitsnommer verteenwoording JJMMDD. Die
maand en dag kan geïgnoreer word. (9)
3.2 Skryf ʼn prosedure met die naam Geslag wat die identiteitsnommer ontvang
en die geslag van die fietsryer (‘Manlik’ of ‘Vroulik’) terugstuur. As die 7de syfer
van die identiteitsnommer minder as 5 is, is dit vroulik. As die 7 de syfer 5 of
meer is, dan is die fietsryer ʼn man. (8)
3.3 Skryf ʼn prosedure met die naam Resiesnommer wat die kategorie van die
fietsryer ontvang. Die resiesnommer bestaan uit die eerste 3 letters van die
kategorie (in hoofletters) sowel as ʼn ewekansige getal tussen 1000 en 9999.
Vertoon die resiesnommer in die gegewe afvoerarea. (7)
3.4 Skryf kode vir die Bereken Resiesnommer knoppie wat die gebruiker sal vra
om hul naam en identiteitsnommer in te sleutel. Die geslag moet dan bepaal
word deur die geskikte metode te roep. Die kategorieë word bepaal deur die
ouderdomme, soos hieronder gewys:
OUDERDOM KATEGORIE
13–18 (albei insluitend) Junior
19–39 (albei insluitend) Elite
40–59 (albei insluitend) Veteraan
60 + Meesters
Vertoon die fietsryer se naam en geslag (op twee reëls) in die afvoerarea.
Roep die Resiesnommer metode om die resiesnommer te bereken.
Voorbeeld van afvoer:
(12)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4
Al die resies wat in die Oos-Kaap plaasvind, is gestoor in ʼn databasis
fietsry.mdb.
ʼn Uittreksel van die inligting wat in fietsry.mdb gestoor is, word hieronder gewys:
Die program moet in staat wees om met die databasis, fietsry.mdb, te verbind.
Wanneer jy VRAAG 4.1 doen, en vind dat die verbinding nie plaasvind nie,
gebruik die volgende stappe om verbinding te laat plaasvind:
Kliek op die Adotable-komponent adocycling.
Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘ConnectionString’
eienskap in die ‘Object Inspector’.
Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-dialoogblokkie
neem.
Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
Die eerste opsie op die ‘Connection tab sheet’ laat jou toe om die fietsry.mdb-
lêer te vind.
Verwyder die gebruikersnaam Admin.
Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.
Kies die korrekte tabel in die ‘TableName’ eienskap van die adofietsry
komponent.
Kliek op die ‘DataSource’ component.
Maak seker dat die ‘DataSet’ eienskap verander is na adofietsry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
ʼn Onvolledige program is aan jou verskaf om die volgende vrae te beantwoord.
Voltooi die program.
4.1 Skryf kode vir die Resies in PE knoppie wat die resies wat in Port Elizabeth
plaasvind se datum en naam sal vertoon. Die totale getal resies moet ook
vertoon word.
FILTERS MAG NIE GEBRUIK WORD NIE.
Voorbeeld van afvoer:
(12)
4.2 Skryf kode vir die Pad vs. MTB knoppie wat die aantal Padresies en die aantal
MTB-resies moet vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
4.3 Vind Resie knoppie: Die gebruiker gaan gevra word om die resiesnaam in tik.
Die databasis moet dan deurgegaan word om te kyk of die resies in die rooster
gevind kan word. As dit gevind is, moet die resiesnaam en waar dit plaasvind
vertoon word. As dit nie gevind is nie, moet ʼn gepaste boodskap vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
4.4 Skryf kode vir die ‘FormOnCreate EventHandler’ wat die e-posadres vir die
Cape Argus Cycle Tour sal voltooi. Toe die tabel geskep was, was daar nie ʼn
kontakpersoon nie. Die nuwe e-posadres is argus@capeargus.co.za. (4)
4.5 Die Cabbage Patch resie in Komga was gekanselleer weens slegte weer.
Verwyder die rekord van die tabel. Vertoon ʼn boodskap nadat die resies
verwyder is. (4)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
[33]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2016 QP (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2016 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2016 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2016 QP (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum