Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*ILFSCA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2016
Questions in this paper
- Question 1.1Human impact on the environment9 marks
- Question 1.2Biodiversity in animals12 marks
- Question 1.4Biodiversity in plants and reproduction9 marks
- Question 2.1Biodiversity and classification of micro-organisms10 marks
- Question 2.2Biodiversity and classification of micro-organisms10 marks
- Question 2.3Biodiversity in animals7 marks
Show all 12 questions
- Question 2.4Biodiversity in plants and reproduction6 marks
- Question 2.5Biodiversity in animals7 marks
- Question 3.1Human impact on the environment9 marks
- Question 3.2Human impact on the environment11 marks
- Question 3.3Human impact on the environment10 marks
- Question 3.4Human impact on the environment10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer mag gebruik word
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10 ) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.1.11 D.
1.1.1 ʼn Virus bestaan uit …
A RNA, DNA en ʼn proteïenomhulsel.
B proteïene, selmembraan en RNA.
C RNA of DNA en ʼn proteïenomhulsel.
D RNA of DNA en ʼn selmembraan.
1.1.2 Die gebruik van antibiotika is ʼn doeltreffende behandeling vir …
A bakteriële en virale infeksies.
B slegs bakteriële infeksies.
C slegs virusinfeksies.
D nóg bakteriële, nóg virusinfeksies.
1.1.3 Hoe werk ʼn entstof?
A Dit verhoed dat die siekte-veroorsakende agens die liggaam
binnedring.
B Dit val die siekte-veroorsakende agens aan sodra dit die
liggaam binnedring.
C Dit stimuleer die immuunstelsel om teenliggaampies te
vervaardig om die siekte-veroorsakende agens te bestry.
D Dit stel die bloed in staat om die siekte-veroorsakende agens te
filtreer.
1.1.4 Gedurende die dominante fase van hul lewensiklus, is varings sigbaar
as ...
A haploïede gametofiete.
B haploïede sporofiete.
C diploïede gametofiete.
D diploïede sporofiete.
1.1.5 Bewaring van endemiese sade in Suid-Afrika sal tot die volgende lei:
A Die beskerming van plante teen siektes
B Die maak van ʼn klomp geld vir Suid-Afrika
C Die herstel van oorontginde medisinale plante
D Verbouing van voedselgewasse in droë toestande
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
1.1.6 Benoem die filum waaraan die onderstaande organisme behoort.
A Cnidaria
B Arthropoda
C Platyhelminthes
D Annelida
1.1.7 Watter van die volgende is ʼn lid van die Annelida?
A Erdwurm
B Jellievis
C Lintwurm
D Seester
1.1.8 Watter element vernietig die meeste osoon?
A Helium
B Waterstof
C Chloor
D Koolstof
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Die diagram hieronder toon die pad van water wat stroomaf na die
see vloei.
Geleë naby die water is drie fabrieke, A, B en C, wat daagliks
dieselfde soort en dieselfde hoeveelheid chemiese afval in die water
stort.
Fabriek B
Fabriek A
Fabriek B
na die
see
Watter EEN van die volgende dele van die water sal die minste
besoedel wees?
A W
B X
C Y
D Z
1.1.10 Watter van die volgende is NIE WAAR aangaande geneties
gemodifiseerde gewasse nie?
A toename in genetiese diversiteit
B verminderde afhanklikheid van plaagdoders
C weerstaan lang tydperke van droogte
D toenemende opbrengste (10 × 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Virus wat bakterieë besmet
1.2.2 Sweepagtige strukture wat vir beweging in bakterieë gebruik word
1.2.3 Plante waar parallelle be-aring en blomdele in veelvoude van drie
voorkom
1.2.4 ʼn Reproduktiewe struktuur wat slegs in gimnosperme en
angiosperme aangetref word en wat uit ʼn plant embrio binne ʼn
beskermende omhulsel bestaan
1.2.5 Die differensiasie van die voorpunt van ʼn dier in ʼn definitiewe kop
1.2.6 ʼn Bloed gevulde ruimte wat by die Arthropoda aangetref word
1.2.7 ʼn Plant wat deur die San (Boesmans) ontdek is om honger en dors te
beheer
1.2.8 Die kweek van een gewas-spesie, jaar na jaar
1.2.9 ʼn Staafvorminge struktuur by die Chordata wat gewoonlik met ʼn
werwelkolom vervang word (9)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1
tot 1.3.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
A. Sporangiofore
1.3.1 Produseer spore in swamme
B Sporangia
A. Cocci
1.3.2 Komma-vormige bakterieë
B. Bacilli
1.3.3 Dominante generasie in die lewensiklus A. Gametofiete
van Briofiete B. Sporofiete
A. Briofiete
1.3.4 Tallusplante
B. Pteridofiete
1.3.5 Plant/e bekend vir sy immuunversterkende A. Duiwelsklou
eienskappe B. Afrika-aartappel
A. Mesoderm
1.3.6 Jellie-agtige, nie-sellulêre laag in Cnidaria
B. Mesoglea
(6 × 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Die diagram hieronder is ʼn filogenetiese boom van plante en hul alge
voorvaders. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1.4.1 Noem die belangrikste aanpassing(s) wat by elk van die posisies
gemerk (a), (b) en (c) ontwikkel het. (3)
1.4.2 Watter afdeling plante word verteenwoordig as nie-vaatplante in die
diagram? (1)
1.4.3 Verduidelik waarom die saadlose vaatplante in staat is om langer (in
lengte) te groei as die nie-vaatplante. (2)
1.4.4 In watter opsig is die saad van gimnosperme anders as die saad van
angiosperme? (2)
1.4.5 Wat is die versamelnaam vir al die saaddraende plante? (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Liso het ʼn eksperiment uitgevoer om uit te vind watter faktore die groei van
skimmel op brood bevorder.
Sy het 4 snye witbrood geneem en verskillende stowwe as volg, op elke sny
brood geplaas:
Sny 1: Is droog gelaat
Sny 2: 20 mℓ kraanwater
Sny 3: 20 mℓ suurlemoensap
Sny 4: 20 mℓ suikerwater
Elke sny brood is in ʼn Ziploc-sakkie geplaas en vir twee weke in ʼn donker kas
by ʼn temperatuur van ongeveer 25 °C gehou. Sy het die groei van die
broodskimmel op die vier snye brood dopgehou en die persentasie oppervlakte
wat die skimmel op die brood gevorm het, bereken. Die resultate word in die
onderstaande grafiek getoon.
Persentasie skimmel op brood
Droë Water op Suur- Suiker-
witbrood brood lemoensap water op
op brood brood
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.1.1 Stel ʼn hipotese vir hierdie ondersoek voor. (2)
2.1.2 Noem die onafhanklike veranderlike. (1)
2.1.3 Verduidelik waarom die broodskimmel nie so goed op die brood wat
met suurlemoensap besprinkel was, gegroei het nie? (2)
2.1.4 Hoekom is droë brood in die eksperiment ingesluit? (2)
2.1.5 Identifiseer en beskryf kortliks die tipe voeding van Rhizopus
(broodskimmel). (3)
2.2 Die diagram hieronder is dié van ʼn bakteriële sel. Bestudeer dit noukeurig en
beantwoord dan die vrae wat daarmee verband hou.
2.2.1 Gee byskrifte vir dele genommer 3, 5 en 6. (3)
2.2.2 Noem die funksie van die deel genommer 4. (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks hoe bakterieë weerstand teen antibiotika ontwikkel
en hoe mense tot dié verskynsel kan bydra. (3)
2.2.4 Verduidelik hoe die struktuur genommer 6 gebruik kan word in die
vervaardiging van insulien vir diabete? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
2.3 Beantwoord die onderstaande vrae oor diere-diversiteit.
2.3.1 Noem ʼn filum by diere wat aselomaat is en ʼn triploblastiese
liggaamsplan het. (1)
2.3.2 Deur gebruik te maak van voorbeelde, bespreek kortliks TWEE
maniere waarop ongewerweldes ʼn rol in landbou speel. (2 × 3) (6)
2.4 Die diagram hieronder toon die struktuur van ʼn blom. Beantwoord die
onderstaande vrae met behulp van die diagram en jou eie kennis.
2.4.1 Identifiseer die struktuur wat A op die diagram gemerk is. (1)
2.4.2 Plante moet baie energie gebruik om blomme te produseer.
Verduidelik waarom dit steeds ʼn evolusionêre voordeel is om blomme
by plante te produseer. (5)
2.5 Die diagram hieronder toon ʼn kladogram van diere-filums. Bestudeer dit en
beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.5.1 Wat is ʼn kladogram? (1)
2.5.2 Noem die eienskap gemerk C wat gemeenskaplik is vir die diere-
filums gemerk 3 en 4 asook die Arthropoda en Chordata. (1)
2.5.3 Gee byskrifte vir die diere filums genommer 1, 2 en 3. (3)
2.5.4 Noem EEN nadeel van ʼn eksoskelet by die Arthropoda en verduidelik
hoe hulle die nadeel oorkom. (1 × 2) (2)
[40]
VRAAG 3
3.1 Die grafiek hieronder toon ʼn vergelyking van die persentasie van die water
wat gestoor word in damme in elke provinsie in Suid-Afrika tussen
Oktober 2014 en Oktober 2015. Beantwoord die onderstaande vrae wat
gebaseer is op die data in die grafiek en vanaf jou eie kennis.
Sleutel: GP – Gauteng LP – Limpopo MP – Mpumalanga
NW – Noordwes VS – Vrystaat KZN – KwaZulu-Natal
OK – Oos-Kaap WK – Wes-Kaap NK – Noord-Kaap
3.1.1 Lewer kommentaar op die vergelyking van water wat gestoor word in
damme in die land tussen Oktober 2014 en Oktober 2015 in die
algemeen. (2)
3.1.2 Watter provinsie ervaar die skerpste daling in waterberging oor die
jaartydperk? (1)
3.1.3 Gee ʼn verduideliking vir hierdie noemenswaardige afname in die
storing van water in die provinsie genoem in VRAAG 3.1.2. (2)
3.1.4 Bespreek kortliks TWEE maniere waarop die konstruksie van damme
nadelig kan wees. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
3.2 Bestudeer die onderstaande diagram oor indringerplante in Suid-Afrika. Na
beraming dek hulle 10 miljoen hektaar (ha) in Suid-Afrika. Elke jaar gebruik
hulle ongeveer 3,3 miljard kubieke meter (m3) water meer as die hoeveelheid
water wat deur die inheemse plante gebruik word.
In Suid-Afrika
INDRINGERPLANTE
bedek
en gebruik
water
[BRON: http://www.capenature.co.za/conserving-water-factories-western-cape/]
3.2.1 Onderskei tussen indringerplante en inheemse plante. (2)
3.2.2 Beskryf die impak op watergehalte as indringerplante so ʼn groot
gebied van Suid-Afrika dek, soos in die foto hierbo getoon. (5)
3.2.3 Definieer en onderskei tussen biologiese beheer en chemiese beheer
van indringerplante. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.3 Die grafiek hieronder toon Suid-Afrikaanse Renosterstropery-statistieke met
behulp van data wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van
Omgewingsake (2016) gepubliseer is. Bestudeer die grafiek en beantwoord
dan die vrae wat daarop volg.
Aantal renosters gestroop
3.3.1 Definieer die term stropery. (1)
3.3.2 Gee DRIE redes waarom diere soos die renoster gestroop word. (3)
3.3.3 Bereken die persentasie-toename in die aantal renosters wat tussen
2013 en 2015 gestroop is. Toon al jou berekeninge. (3)
3.3.4 Stel DRIE maniere voor waardeur die stropery van renosters
verminder kan word. (3)
3.4 SA staar ʼn ernstige voedselkrisis, en hoë stapelvoedselpryse teen
September in die gesig
Die Famine Early Warning System Network (FEWSNET) het gewaarsku teen
ʼn ernstige voedselonsekerheid in die hele streek van Suider-Afrika in 2016-
2017 ná twee aaneenlopende jare van droogte wat gewasproduksie beperk
het.
FEWSNET skat dat byna vier miljoen mense in die hele streek tans ʼn krisis
(IPC Fase 3) of erger in die gesig staar. Hierdie totaal sluit byna ʼn miljoen
mense in Malawi en 500,000 mense elk in Zimbabwe, Mosambiek en
Madagaskar in, het die waarskuwing gesê.
[Bron: http://www.sabc.co.za/news]
3.4.1 Onderskei tussen voedselsekuriteit en voedselonsekerheid. (2)
3.4.2 Wat het, volgens die bostaande artikel, gelei tot die
voedselonsekerheid in Suider-Afrikaanse streke? (1)
3.4.3 In watter streek word die meeste mense deur voedselonsekerheid
geraak? (1)
3.4.4 Beskryf kortliks DRIE maniere waarop plaagbeheer voedselsekuriteit
kan bedreig. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING C
VRAAG 4
Klimaatsverandering is 'n wêreldwye-probleem, met Suid-Afrika ingedeel onder die
twintig ergste kweekhuisgas uitlaters in die wêreld. As gevolg van die toename in die
vrystelling van kweekhuisgasse het ons te make met die probleem van
aardverwarming.
Skryf ʼn opstel waarin jy die oorsake en gevolge van aardverwarming bespreek en
verduidelik wat gedoen kan word om die probleem van aardverwarming te beheer.
Inhoud (17)
Sintese (3)
[20]
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of
diagramme toegeken word nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum