Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Human impact on the environment18 marks
- Question 1.2Biodiversity in plants and reproduction8 marks
- Question 1.3Population ecology6 marks
- Question 1.4Biodiversity in plants and reproduction8 marks
- Question 1.5Population ecology10 marks
- Question 2.1Biodiversity in plants and reproduction11 marks
Show all 13 questions
- Question 2.2Biodiversity and classification of micro-organisms13 marks
- Question 2.3Biodiversity and classification of micro-organisms9 marks
- Question 2.4Biodiversity in animals17 marks
- Question 3.1Human impact on the environment12 marks
- Question 3.2Population ecology16 marks
- Question 3.3Population ecology11 marks
- Question 3.4Human impact on the environment14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.
11. Rond alle berekeninge tot TWEE desimale plekke af.
12. Skryf netjies en leesbaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.
1.1.1 Die koninkryk waaraan prokariotiese organismes behoort:
A Protista
B Fungi (Swamme)
C Virus
D Monera
1.1.2 Watter van die volgende is ʼn kenmerkende eienskap van ʼn virus?
A Selmembraan
B Proteïenkapsel
C Nukleus/selkern
D Chromosome
1.1.3 Watter van die stellings hieronder verteenwoordig ʼn ooreenkoms
tussen Briofiete en Pteridofiete?
A Beide afdelings het vaatweefsel
B Beide afdelings plant deur middel van spore voort
C Beide afdelings het ʼn dominante sporofietgenerasie
D Albei afdelings is tallusplante
1.1.4 Bestudeer die lys hieronder:
(i) Nageslag is geneties identies aan die ouer
(ii) Nageslag verskil geneties van mekaar
(iii) Slegs een individu word vir voortplanting benodig
(iv) Verhoog kanse op oorlewing
Watter van die bogenoemde stellings verteenwoordig ʼn voordeel van
geslagtelike voortplanting?
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (ii), (iii) en (iv)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.1.5 Bestudeer die onderstaande prentjie wat die voedingsgewoontes van
ses voëls toon wat almal op dieselfde modderige meeroewer woon.
Watter van die volgende gemeenskapsinteraksies word die beste deur
hierdie prentjie verteenwoordig?
A Parasitisme
B Mutualisme
C Hulpbronafskorting
D Kommensalisme
1.1.6 Sade wat nie in ʼn vrug omsluit word nie.
A Neute
B Spore
C Naakte sade
D Keëls
1.1.7 Watter van die volgende sal waterkwaliteit die meeste beïnvloed?
A Bou van ʼn dam in ʼn wateropvangsgebied
B Die bou van ʼn gholflandgoed op ʼn vleilandgebied
C Uitheemse indringerplante wat rondom ʼn dam groei
D Wanneer water, in myne, vanuit pirietrots sypel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
Die volgende grafiek verwys na VRAAG 1.1.8 en 1.1.9.
Termiese besoedeling beïnvloed die hoeveelheid opgeloste suurstof wat in
water teenwoordig is.
Die grafiek hieronder toon hoe die suurstofinhoud van water in ʼn rivier met ʼn
toename in temperatuur verander.
Suurstofinhoud (mg/L)
Temperatuur (°C)
1.1.8 Die volgende gevolgtrekking kan vanaf die grafiek gemaak word:
A Soos die temperatuur van die water toeneem, neem die
suurstofinhoud toe
B By 24 °C sou die suurstofinhoud van die water gehalveer het
C Soos die temperatuur van die water toeneem, neem die
suurstofinhoud af
D ʼn Verdere toename in temperatuur sal suurstofvlakke in die water
verhoog
1.1.9 ʼn Sekere spesie vis kan in water met ʼn minimum suurstofinhoud van
8 mg/L oorleef. By watter temperatuur sou jy verwag om hierdie vis in
die rivier aan te tref?
A 40 °C
B 35 °C
C 32 °C
D 24 °C (9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Simmetrie wat in Porifera aangetref word
1.2.2 Dominante generasie in die lewensiklus van varings
1.2.3 Noem die vektor wat vir die oordrag van malaria verantwoordelik is
1.2.4 Die manlike krans van ʼn blom
1.2.5 Die gebruik van ʼn organisme se natuurlike predator om hul getalle
te beheer
1.2.6 Die noue verwantskap tussen twee organismes waar beide
organismes bevoordeel word
1.2.7 Onwettige jag of verwydering van organismes
1.2.8 Kweek slegs een soort gewas oor ʼn gegewe area/gebied (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, Beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Voordeel/Nut van fungi A Wyn
(swamme) B Joghurt
1.3.2 Wortelagtige strukture in mosse A Talus
B Hifes
1.3.3 Eutrofikasie A Hoë voedingstofinhoud
B Algebloei
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Bestudeer die onderstaande diagramme hieronder.
Charofiete Pterofiete Gimnosperme Angiosperme
Briofiete
0 Senosoï-
kum
B
Mesosoïkum
Miljoene jare gelede (MJG)
100
A
200
300
Paleosoïkum
C
400
D
500 E
600
Alge
1.4.1 Noem die koninkryk waaraan bogenoemde organismes behoort. (1)
1.4.2 Noem die plantafdelings wat tydens die Paleosoïkum-era op aarde
aangetref is. (2)
1.4.3 Hoeveel miljoen jaar gelede het saadplante op aarde ontstaan? (1)
1.4.4 Gee die wetenskaplike naam vir die afdeling waaraan lewermosse,
horingmosse en mosse behoort. (1)
1.4.5 Watter LETTERS verteenwoordig die volgende kenmerke?
(a) Vaatweefsel (1)
(b) Vrugte (1)
1.4.6 Wat word as die voorouer van alle landplante beskou? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.5 Die data in die onderstaande grafiek verteenwoordig die aantal springbokke en
jagluiperds in die Namaqua-wildreservaat oor 65 jaar. Die springbokke is die
natuurlike prooi van jagluiperds.
Die natuurlike drakrag (drakapasiteit) vir springbokke in hierdie reservaat is
325. Nadat hierdie getal oorskry is, het die bestuur van die reservaat besluit
om ʼn uitdunningprogram in te stel.
1.5.1 Noem die verwantskap tussen jagluiperds en springbokke. (1)
1.5.2 Verskaf definisies vir die volgende woorde:
(a) Dravermoë (drakapasiteit) (2)
(b) Uitdunning (2)
1.5.3 Watter lyn (A of B), verteenwoordig die jagluiperdbevolking? (1)
1.5.4 Tussen watter jare het die springbokbevolking die dravermoë
(drakapasiteit) oorskry? (2)
1.5.5 In watter jaar is die uitdunprogram vir springbokke, volgens die grafiek,
ingestel? (1)
1.5.6 Noem EEN ander digtheidsafhanklike faktor, behalwe predasie, wat die
springbokbevolking natuurlik kan verminder. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande diagramme van twee blomme.
B
C
F
D
A
E
G
Blom 1 Blom 2
2.1.1 Noem die afdeling/takson waaraan blomplante behoort. (1)
2.1.2 Verskaf byskrifte vir:
(a) Struktuur A
(b) Krans B
(c) Struktuur C (3)
2.1.3 Gee die LETTERS van die dele van Blom 2 wat sal afval kort nadat
bevrugting plaasgevind het. (2)
2.1.4 Watter blom (1 of 2) hierbo, word deur die wind bestuif? (1)
2.1.5 Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord in VRAAG 2.1.4. (2)
2.1.6 Noem TWEE unieke kenmerke van blomplante wat hulle in staat gestel
het om die dominante plantspesies op Aarde te word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.2 Bestudeer die diagram en lees die gedeelte hieronder.
A
C B
SUID-AFRIKAANSE PERSPEKTIEF: TUBERKULOSE
Tuberkulose (TB) word veroorsaak deur die bakterieë Mycobacterium
tuberculosis en is ʼn ernstige openbare gesondheidskwessie in Suid-Afrika.
Ongeveer 450 000 mense ontwikkel die siekte elke jaar, en 270 000 van hulle
leef ook met MIV. TB is Suid-Afrika se grootste oorsaak van sterftes.
Sowat 89 000 mense sterf jaarliks daaraan; dit is tien mense elke uur. MIV-
infeksie is ʼn sleutelfaktor in die TB-epidemie. MIV-lyers het ʼn groter risiko om
TB op te doen en ʼn groter kans om te sterf aangesien hulle ʼn swakker
immuniteitstelsel het.
ʼn Entstof, genaamd die BCG (bacille Calmette-Guerin) word gebruik om TB te
voorkom. Dit is meer doeltreffend by kinders en die doeltreffendheid daarvan
by volwassenes is inkonsekwent (wisselvallig).
[Aangepas uit https://www.copenhagenconsensus.com-South Africa Perspective:
Tuberculosis]
2.2.1 Noem die genus waaraan bakterieë, wat TB veroorsaak, behoort. (1)
2.2.2 Hoekom word bakterieë as prokarioties beskou? (1)
2.2.3 Benoem strukture: (3)
(a) A
(b) B
(c) C
2.2.4 Verduidelik hoe die BCG immuniteit sal gee. (3)
2.2.5 Tabuleer EEN verskil tussen ʼn virus en ʼn bakterie. (3)
2.2.6 Verduidelik waarom MIV-pasiënte ʼn groter risiko het om TB op te doen
en te sterf. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.3 Amahle het ʼn ondersoek gedoen om vas te stel hoe verskillende behandelings
die hoeveelheid swamme wat op brood groei, beïnvloed.
• Sy het vyf snye brood geneem en elkeen op ʼn verskillende manier, soos
volg, behandel:
Sny 1: is droog gelaat
Sny 2: 20 mℓ kraanwater bygevoeg
Sny 3: 20 mℓ suurlemoensap bygevoeg
Sny 4: 20 mℓ suikerwater bygevoeg
Sny 5: 20 mℓ bleikmiddel (Jik) bygevoeg
• ʼn Spuitbottel is gebruik om die behandeling toe te pas om seker te maak
dat dit eweredig oor die brood versprei is.
• Elke sny is in ʼn ritssluitsak geplaas en vir een week in ʼn kas gehou.
• Na een week is die brood uit die ritssluitsakke gehaal en sy het die groei
van die swamme (fungi) waargeneem.
• Sy het die persentasie oppervlakte van die brood wat deur swamme bedek
is, bereken.
• Die resultate word in die onderstaande grafiek getoon.
90
Persentasie oppervlakte bedek deur fungi (%)
80
70
60
50
40
30
20
10
0
Suurlemoen-
bread
dry brood
Bleikmiddel
tap water Suikerwater
sugar
bleach
Droë Kraanwater
lemon juice
sap (Jik)
Behandeling op brood
2.3.1 Hoekom het Amahle die sakke in die kas gesit? (2)
2.3.2 Noem die onafhanklike veranderlike. (1)
2.3.3 Verduidelik waarom die droë brood by die eksperiment ingesluit is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.3.4 Noem EEN manier waarop Amahle die betroubaarheid van haar
ondersoek kan verbeter. (2)
2.3.5 Verduidelik hoekom swamme die beste groei op brood wat met
suikerwater besprinkel is. (1)
2.3.6 Gee TWEE maniere waarop Amahle verseker het dat die resultate van
hierdie ondersoek geldig is. (2)
2.4 Die onderstaande diagramme toon diere wat aan twee verskillende filums
behoort.
ORGANISME X ORGANISME Y
A
B
2.4.1 Noem die koninkryk waaraan beide organismes behoort. (1)
2.4.2 Noem die filum waaraan ORGANISME X behoort. (1)
2.4.3 Watter tipe simmetrie word deur ORGANISME Y getoon? (1)
2.4.4 Verskaf byskrifte vir weefsellae:
(a) A
(b) B (2)
2.4.5 Beskryf die rol wat ORGANISME Y speel in die handhawing van
‘gesonde’(vrugbare) grond vir plante om in te groei. (4)
2.4.6 Verduidelik, deur middel van ʼn vergelyking, hoe die liggaamsplanne,
van die twee organismes hierbo, by hul onderskeie wyses van
voortbeweging aangepas is. (4 x 2) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande tabel toon die gemiddelde atmosferiese koolstofdioksied-
vlak oor 60 jaar.
DIAGRAM 1:
Kweekhuiseffek
Jaar CO2 Konsentrasie 1962
(dele per miljoen)
1962 318,46
1967 322,13
1972 327,52
1977 333,88 AARDE
1982 341,09 DIAGRAM 2:
1987 348,99 Verhoogde
1992 356,36 Kweekhuiseffek
1997 363,84 2017
2002 373,08
2007 383,79
2012 393,85
2017 406,55
AARDE
3.1.1 Waarom is dit noodsaaklik dat die natuurlike kweekhuiseffek
gehandhaaf moet word? (2)
3.1.2 Noem TWEE menslike aktiwiteite wat ʼn verhoogde kweekhuiseffek
veroorsaak. (2)
3.1.3 DIAGRAM 1 toon die natuurlike kweekhuiseffek in 1962, terwyl
DIAGRAM 2 die verhoogde kweekhuiseffek in 2017 toon. Gebruik die
data in die tabel om die verandering in die diagramme te verduidelik. (3)
3.1.4 Verduidelik hoe ʼn toename in klimaatsverandering, voedselsekerheid
beïnvloed. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.2 Konyne is in 2006 na ʼn Oos-Kaapse plaas gebring. Sedertdien het die
konynbevolking baie vinnig toegeneem. Die onderstaande grafiek toon hoe
hulle toegeneem het.
E
D
C
Bevolkingsgrootte
B
A
2006 2008 2010 2012 2014 2016 2018 2020
Jaar
3.2.1 Verskaf byskrifte vir fases:
(a) B (1)
(b) C (1)
3.2.2 Noem die tipe groeivorm wat in die bostaande grafiek getoon word. (1)
3.2.3 Gee die letter van die fase waar:
(a) Die geboortesyfer gelyk aan die sterftesyfer is (1)
(b) Nataliteit mortaliteit ver oorskry (1)
3.2.4 Verduidelik waarom die bevolkingsgrootte van die konyne nie
permanent na punt E toegeneem het nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
Daar is besluit om in 2020 die grootte van die haasbevolking op ʼn plaas te
bepaal. Veertig hase is lukraak (ewekansig) versamel. Elkeen is met ʼn plaatjie
op sy oor gemerk en toe teruggeneem plaas toe. Na een week is ʼn tweede
steekproef van die hase lukraak uitgevoer. Die onderstaande diagram toon die
hase wat tydens die tweede steekproef gevang is.
3.2.5 Noem die tegniek wat gebruik is om die bevolkingsgrootte van die hase
te bepaal. (1)
3.2.6 Deur die formule hieronder te gebruik, bepaal die aantal hase op die
plaas in 2020.
Aantal oorspronklik gemerk x Aantal in 2de steekproef
Bevolking =
Aantal gemerk in tweede steekproef (3)
3.2.7 Gee EEN rede waarom die beraamde grootte van die bevolking van
die werklike bevolkingsgrootte kan verskil. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.3 Die onderstaande bevolkingspiramides toon die bevolkingspersentasies van Suid-
Afrika en Nigerië in 2020.
100+
95-99 Suid Afrika 2020
90-94 Bevolking: 59 308 689
85-89
80-84
75-79
70-74
65-69
60-64
55-59
50-54
45-49
40-44
35-39
30-34
25-29
20-24
15-19
10-14
5-9
0-4
10% 8% 6% 4% 2% 0% 2% 4% 6% 8% 10%
Persentasie Mans Persentasie Vroue
100+
95-99
90-94 Nigerië 2020
85-89 Bevolking: 206 139 587
80-84
75-79
70-74
65-69
60-64
55-59
50-54
45-49
40-44
35-39
30-34
25-29
20-24
15-19
10-14
5-9
0-4
10% 8% 6% 4% 2% 0% 2% 4% 6% 8% 10%
Persentasie Mans Persentasie Vroue
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 17
3.3.1 Definieer die term bevolking. (2)
3.3.2 Watter persentasie van die manlike bevolking in Suid-Afrika is tussen
15 en 19 jaar oud? (1)
3.3.3 Watter ouderdomsgroep maak die grootste persentasie van die
bevolking in Suid-Afrika uit? (1)
3.3.4 Watter groep, mans of vrouens, het ʼn hoër lewensverwagting in beide
lande? (1)
3.3.5 Watter piramide verteenwoordig dié van ʼn ontwikkelende land (Suid-
Afrika of Nigerië)? (1)
3.3.6 Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.3.5. (2)
3.3.7 Noem EEN digtheidsafhanklike faktor wat normaalweg keer dat
bevolkings in diere groei. (1)
3.3.8 Verduidelik waarom die faktor genoem in VRAAG 3.3.7 nie daarin
geslaag het om menslike bevolkings te beheer nie. (2)
3.4 Lees die artikel hieronder.
SUID-AFRIKA VERDRINK IN SY EIE AFVAL
Suid-Afrikaners produseer elke dag genoeg vaste afval om ʼn hele sokkerveld
10 meter diep te vul. Hierdie afval word by stortingsterreine gestort.
Suid-Afrikaners genereer ongeveer 54 200 000 ton algemene afval per jaar.
Slegs 10% word herwin terwyl ten minste 90% in stortingsterrreinge of gestort
word. Dit sluit 48 miljoen ton gevaarlike produkte soos kwik en
asbesbevattende produkte, pekelwater, vliegas, afvalolies en riool in.
Daar was ʼn ernstige afname in die standaard van stortingsterreinbedryf en -
bestuur regdeur Suid-Afrika, veral op munisipale vlak. Die meerderheid
munisipaliteite voldoen nie aan regulasies vir die bedryf van 'n stortingsterrein
nie. Daar is ʼn winsgewende oplossing vir die Suid-Afrikaanse probleem. Die
gebruik van afval in die opwekking van hernubare energie en die vermindering
van die druk op ESKOM.
Suid-Afrika is in ʼn AFVALKRISIS wat onmiddellike aandag en optrede verg. ʼn
Werklike bekommernis is dat ons nie eens sal kan betaal vir die probleem om
weg te gaan nie.
[Aangepas uit http://award.org.za/index.php/2019/02/01/south-africa-is-drowning-in-its-own-
waste-are-our-regulators-taking-this-crisis-seriously/]
3.4.1 Noem TWEE voorbeelde van gevaarlike soorte afval wat in Suid-
Afrikaanse stortingsterreine aangetref word. (2)
3.4.2 Noem die gas wat, deur stortingsterreine vrygestel word, wat gebruik
kan word in die opwekking van hernubare energie. (1)
3.4.3 Bereken die hoeveelheid afval (in ton) wat jaarliks in Suid-Afrika
herwin word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.4.4 Noem TWEE probleme wat die stortingsterreine veroorsaak vir
gemeenskappe wat in die onmiddellike omgewing woon. (2)
3.4.5 Beskryf EEN manier waarop ʼn stortingsterrein gerehabiliteer kan word
wanneer dit vol is. (2)
3.4.6 Verduidelik TWEE afvalbestuurstrategieë wat jy vir Suid-Afrikaanse
munisipale stortingsterreine sal aanbeveel. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo

Question paper and memo