Skip to content

Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Question paperLife SciencesGrade 11202216 pages

Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Watter van die onderstaande chemiese vergelykings hieronder verteenwoordig die proses van fotosintese? A Glukose + Water + Ligenergie → Stysel + Koolstofdioksied B Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Stysel + Suurstof C Suurstof + Koolstofdioksied + Ligenergie → Glukose + Suurstof D Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Glikogeen + Suurstof 1.1.2 Die chemiese stof wat gebruik word om chlorofil uit blare te onttrek, is ... A verdunde jodiumoplossing. B helder kalkwater. C alkohol. D soutsuur. 1.1.3 Watter EEN van die volgende grondstowwe, wat vir fotosintese benodig word, word deur die huidmondjies beheer? A Koolstofdioksied B Water C Minerale soute D Suurstof 1.1.4 Die belangrikste funksie van chlorofil is om ... A plante ʼn groen kleur te gee. B plante teen gevaarlike kosmiese strale te beskerm. C al die ensieme, wat nodig is vir die chemiese reaksie, te vervaardig. D ligenergie te absorbeer. 1.1.5 Watter EEN van die volgende stadiums van fotosintese stel suurstofgas vry? A Glukolise B Lig-onafhanklike fase C Lig-afhanklike fase D Oksidatiewe fosforilering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1.1.6 Watter van die volgende spysverteringsappe bevat geen ensieme nie? A Pankreassap B Maagsuur C Gal D Speeksel 1.1.7 Bestudeer die lys van prosesse wat met die menslike spysverteringstelsel verband hou: (i) Detoksifisering (ii) Deaminering (iii) Emulsifisering (iv) Peristalse Watter EEN van die volgende kombinasies beskryf die spysverteringsfunksies van ʼn menslike lewer? A (i), (ii), (iii) en (iv) B (i) en (ii) C (i), (ii) en (iii) D (i), (iii) en (iv) 1.1.8 Die epiglottis voorkom die beweging (vloei) van ... A kos en water na die tragea. B suurstof na die longe. C koolstofdioksied uit die tragea. D virusse en bakterieë na die longe. 1.1.9 Tydens inaseming van lug in die longe ... A neem die volume van die borsholte toe en die druk neem af. B neem die volume van die borsholte af en die druk neem toe. C bly die volume en die druk binne die borsholte dieselfde. D bly die druk in die borsholte konstant, ongeag die verandering in volume. 1.1.10 Watter van die volgende buise vervoer urien vanaf die nier na die urienblaas? A Ureter B Uretra C Proksimale kronkelbuis D Distale kronkelbuis (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 5 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die deel van die chloroplast waarin die lig-onafhanklike reaksies van fotosintese plaasvind 1.2.2 Die selorganel waarin ATP-molekules tydens selrespirasie vervaardig word 1.2.3 Die fase van selrespirasie waartydens twee pirodruiwesuurmolekules vervaardig word 1.2.4 ʼn Eensellige fungus (swam) wat tydens die bak van brood gebruik word 1.2.5 Die twee hoofvertakkings van die tragea 1.2.6 Die streek in die nier waar nierpiramides aangetref word 1.2.7 Die verwydering van metaboliese afvalprodukte uit lewende organismes 1.2.8 Die strukturele en funksionele eenheid van die menslike nier (8 x 1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Mesofilweefsel A: Palissadeweefsel B: Sponsagtige weefsel 1.3.2 Die fase van selrespirasie A: Glikolise waartydens koolstofdioksied B: Krebs-siklus vrygestel word 1.3.3 Die dubbele membraan wat die A: Plasmamembraan longe omring B: Pleurale membraan (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1.4 Die diagram hieronder stel die struktuur (bou) van ʼn alveolus voor. A B Bloedvloei Bloedvloei Vog C E D 1.4.1 Identifiseer die: (a) Gas verteenwoordig deur C (1) (b) Proses by E (1) 1.4.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat: (a) Gedeoksigineerde (suurstofarme) bloed vervoer (2) (b) Hemoglobien bevat (2) (c) By die longaar aansluit (2) 1.4.3 Noem die weefsel wat die … uitvoer: (a) Alveolus (1) (b) Bloedkapillêre (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 7 1.5 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn deel van die menslike spysverteringstelsel. 1.5.1 Identifiseer dele: (a) A (1) (b) B (1) (c) C (1) 1.5.2 Gee die funksie van die deel gemerk C. (1) 1.5.3 Noem die: (a) Spysverteringskliere wat op die slymvlieslaag (mukosa) van deel B aangetref word (1) (b) Suur wat deur die kliere wat in VRAAG 1.5.3(a) genoem word, afgeskei word (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram stel ʼn deel van die menslike nier voor. Bloedvloei B A Bloedvloei C D 2.1.1 Noem die: (a) Deel wat in die diagram getoon word (1) (b) Proses wat plaasvind in die deel wat deur die diagram voorgestel word (1) 2.1.2 Identifiseer: (a) Deel A (1) (b) Deel C (1) (c) Proses D (1) 2.1.3 Verduidelik waarom groot hoeveelhede proteïen (albumien) in die urien ʼn aanduiding van nierskade is. (3) 2.1.4 Noem die noodsaaklike voedingstof wat nie by diabetespasiënte uit die inhoud van D geherabsorbeer sal word nie. (1) 2.1.5 Verduidelik DRIE maniere waarop die deel in die diagram struktureel aangepas is om sy funksie te verrig. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 9 2.2 ʼn Eksperiment is uitgevoer om die effek (uitwerking) van ligintensiteit op die tempo van fotosintese te bepaal. Die prosedure was soos volg: • Waterplante van die Elodea-spesie is onder ʼn glastregter in ʼn beker met water geplaas. • ʼn Proefbuis met water, sonder lugborrels, is oor die glastregter geplaas, soos in die diagram getoon. • Twee knippies koeksoda is by die water voor die aanvang van die eksperiment gevoeg. • Nadat al die ligte afgeskakel is, is ʼn aangeskakelde tafellamp 1 meter van die beker geplaas. • ʼn Meterskaal is tussen die tafellamp en die beker geplaas. • Die aantal lugborrels wat die plante in ʼn periode van 1 minuut vrygestel het, is getel en in ʼn tabel aangeteken. • Die bogenoemde stappe is by verskillende ligintensiteite herhaal deur die lamp na verskillende afstande te skuif. • ʼn Toets is uitgevoer om die gas wat in die proefbuis versamel is, te identifiseer. Elektriese lamp Proefbuis Gasborrels Staander Meterskaal Elodea (Waterplant) Tregter 2.2.1 Formuleer ʼn hipotese vir hierdie eksperiment. (2) 2.2.2 Identifiseer die onafhanklike veranderlike in die eksperiment. (1) 2.2.3 Hoe is die afhanklike veranderlike in hierdie eksperiment gemeet? (2) 2.2.4 Noem die gas wat as borrels vrygestel word. (1) 2.2.5 Gee TWEE veranderlikes wat tydens hierdie eksperiment konstant gehou moes word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 2.2.6 Waarom is ʼn knippie koeksoda aan die begin van die eksperiment by die beker gevoeg? (1) 2.2.7 Beskryf die toets wat uitgevoer is om die gas genoem in VRAAG 2.2.4, te identifiseer. (2) 2.2.8 Die onderstaande tabel toon die aantal borrels wat die Elodea-plante vrygestel het toe die ligbron op verskillende afstande was. AFSTAND TUSSEN DIE AANTAL BORRELS WAT BINNE FONTEINKRUID EN DIE 1 MINUUT AFGEGEE WORD LIGBRON (METERS) 1,0 8 0,5 28 0,25 105 0,125 105 (a) Bereken die persentasie toename in die aantal borrels as die ligbron van 1,0 m na 0,5 m verskuif word. Toon AL jou berekeninge. (3) (b) Verduidelik hoe die resultaat wat in hierdie eksperiment verkry is, voordelig vir die kweekhuisverbouing van gewasse is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 2.3 Die onderstaande diagram verteenwoordig een van vele soortgelyke strukture wat in die menslike spysverteringskanaal voorkom. 2.3.1 Identifiseer die struktuur wat in die diagram getoon word. (1) 2.3.2 In watter orgaan word die struktuur in VRAAG 2.3.1 genoem, aangetref? (1) 2.3.3 Gee die funksie van hierdie struktuur. (1) 2.3.4 Definieer die proses waardeur stowwe in hierdie struktuur kan inbeweeg. (2) 2.3.5 Verduidelik hoe die struktuur in die diagram struktureel aangepas is om sy funksie effektief te verrig. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 2.4 Die diagram hieronder stel ʼn eksperiment voor wat deur ʼn groep leerders opgestel is. Al drie buise is vir 3 ure aan lig blootgestel. Waterstofkarbonaat is gebruik as ʼn aanduiding om die verskillende vlakke van koolstofdioksied in die proefbuise te toets. Waterstofkarbonaat aanwyser word: • Pers in die teenwoordigheid van ʼn klein hoeveelheid koolstofdioksied • Geel in die teenwoordigheid van ʼn groot hoeveelheid koolstofdioksied • Oranje in die teenwoordigheid van ʼn matige hoeveelheid koolstofdioksied Rubberprop Sak lewende wurms Groen blare Waterstof= karbonaat Waterstof– aanwyser karbonaat aanwyser A B C Die resultaat van die eksperiment word in die onderstaande tabel getoon: Proefbuis A Proefbuis B Proefbuis C Kleur van aanwyser aan die Oranje Oranje Oranje begin van die eksperiment Kleur van die aanwyser na 3 Pers Geel Oranje uur 2.4.1 Gee ʼn rede waarom elke proefbuis met ʼn rubberprop toegemaak word. (1) 2.4.2 Verduidelik waarom die aanwyser in proefbuis B na 3 uur geel geword het. (2) 2.4.3 Wat is die doel van proefbuis C in die ondersoek? (1) 2.4.4 Verduidelik waarom die kleur van die aanwyser na oranje/geel sou verander, as proefbuis A die hele dag in ʼn donker kas geplaas word. (3) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 13 VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagramme stel die proses van asemhaling by mense voor. A B C Longe D DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 3.1.1 Noem die asemhalingspiere: (a) Deur D verteenwoordig (1) (b) Wat tussen C aangetref word (1) 3.1.2 Watter diagram (1 of 2), toon uitaseming? (1) 3.1.3 Gee TWEE waarneembare kenmerke om jou antwoord in VRAAG 3.1.2 te ondersteun. (2) 3.1.4 Identifiseer die LETTERS wat die lugweg voorstel waar koronavirusse sal versamel en vermeerder, voordat dit die longe binnegaan. (2) 3.1.5 As die koronavirus die dun binnevoering van die alveoli besmet, word groot hoeveelhede slym en vloeistof as ʼn reaksie afgeskei. Dit verlaag die doeltreffendheid van gaswisseling aansienlik. Hierdie toestand staan as longontsteking bekend. (a) Verduidelik waarom daar ʼn aansienlike toename in asemhaling en hartklop is by pasiënte wat aan longontsteking ly. (4) (b) Verduidelik waarom die pasiënte ʼn ventilator benodig om aan die lewe te bly. (ʼn Ventilator is ʼn masjien wat aktief hoogs gekonsentreerde suurstof direk in die longe van die pasiënt pomp deur ʼn aangehegte buis wat in die deel gemerk B geplaas word.) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 3.2 Die onderstaande grafiek stel die melksuurvlakke in die bloed van ʼn langafstand atleet voor. Grafiek wat die melksuurkonsentrasie in die bloed van langafstandloper toon 100 Konsentrasie van melksuur in bloed 90 80 70 60 50 (Arbitrêre eenhede) 40 30 20 10 0 0 510 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 Tyd (minute) Begin van wedloop Einde van wedloop 3.2.1 Noem die: (a) Soort respirasie wat plaasvind in die selle van ʼn langafstandatleet 15 minute nadat die wedloop begin het (1) (b) Plek waar melksuur tydens hierdie proses ophoop (1) 3.2.2 Volgens die grafiek, wat is die aanvaarbare vlak van melksuur in die bloed? (1) 3.2.3 Hoe lank het die melksuurkonsentrasie na die einde van die wedloop bly toeneem? (1) 3.2.4 Verduidelik waarom die melksuurkonsentrasie in die bloed toeneem. (4) 3.2.5 Verduidelik waarom ʼn langafstandatleet wat aan ernstige spierkrampe ly, aangeraai word om onmiddellik te rus. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 15 3.3 Lees die uittreksel hieronder. Hipernatremie is die mediese term wat gebruik word om te veel natrium in die bloed te beskryf. Natrium is ʼn belangrike voedingstof vir die behoorlike funksionering van die liggaam. Die meeste natrium in die liggaam word in die bloed aangetref. Hipernatremie kan voorkom as daar oormatige waterverlies of oormatige natriuminname in die liggaam voorkom. Die gevolg is te min liggaamswater vir die hoeveelheid natrium in die liggaam. 3.3.1 Wat is hipernatremie? (1) 3.3.2 Met verwysing na die uittreksel, gee TWEE moontlike redes vir hipernatremie. (2) 3.3.3 Verduidelik waarom natriumione aktief by sekere dele van die boog van Henle in die medulla-gebied van die nier uitgepomp word. (3) 3.3.4 Beskryf hoe ʼn konstante natriumkonsentrasie in die bloed van ʼn gesonde mens gehandhaaf word, as die natriumkonsentrasie onder die normale vlak daal. (4) 3.3.5 Verduidelik waarom die vlakke van antidiuretiese hormoon (ADH) hoog bly by ʼn pasiënt wat ernstig ontwater is as gevolg van diarree en braking. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 3.4 Die onderstaande grafiek toon die veranderinge in die bloedglukosevlakke van ʼn gesonde persoon na ʼn insulieninspuiting. Grafiek wat die veranderinge in die bloedglukosevlak van ʼn gesonde persoon na ʼn insulieninspuiting toon 0,8 insulien ingespuit Bloedglukosekonsentrasie (mg/cm3) 0,7 0,6 0,5 0,4 0,3 0,2 0,1 0 0 20 40 60 80 100 120 Tyd (minute) 3.4.1 Gee die hoeveelheid glukose wat in die persoon se bloed voorkom: (a) Ten tyde van die inspuiting (1) (b) 10 minute na die insulieninspuiting (1) 3.4.2 Verduidelik die drastiese daling in die bloedglukosevlak van die normale gesonde persoon na die inspuiting. (3) 3.4.3 Verduidelik hoe die normale bloedglukosevlak twee uur na die inspuiting herstel word. (4) 3.4.4 Sommige diabeet pasiënte stort ineen weens ʼn skielike daling in die bloedglukosevlak. Om die bloedglukosevlak te verhoog, kry hulle ʼn gekonsentreerde glukose-oplossing, eerder as voedsel wat stysel bevat. Verduidelik die rede vir hierdie behandeling. (2) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Life Sciences

View all