Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
LEWENSWETENSKAPPE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 








View all





LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_.pdf
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Pages
- 17
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ̓n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
die vraagnommers (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.10 D.
1.1.1 Die hergroei van plante en diere in ʼn gebied nadat ʼn brand alle
plantegroei vernietig het:
A Primêre suksessie
B Sekondêre suksessie
C Kompeterende uitsluiting
D Simbiose
1.1.2 Watter van die volgende produseer teenliggaampies?
A Bloedplasma
B Limfosiete
C Makrofage
D Rooibloedselle
1.1.3 Die kortstondige tipe immuniteit wat moeders aan hul babas
oordra, word … genoem.
A moederlike immuniteit
B aktiewe immuniteit
C passiewe immuniteit
D aangebore immuniteit
1.1.4 Elke van die volgende verhoog intraspesifieke kompetisie,
behalwe:
A Te veel kos
B Gebrek aan water
C Te min spasie
D Te min maats
1.1.5 ʼn Saad en ʼn spoor verskil omdat:
A Spore diploïed is, terwyl sade haploïed is
B Spore dehidrasie kan weerstaan, terwyl sade nie kan nie
C Spore gamete is, terwyl sade nuwe plante laat ontstaan
D Spore gewoonlik eensellig is, terwyl sade meersellig is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 ʼn Bioloog het ʼn nuwe lewende sel met ʼn duidelike selwand, maar
sonder enige kern ontdek.
Die sel is waarskynlik diѐ van ʼn ...
A dier.
B bakterie.
C virus.
D plant.
1.1.7 ʼn Ondersoek is gedoen om die doeltreffendheid van vier
teenswambehandelings, om die groei van gis te voorkom, te toets.
Die resultate word in die onderstaande diagram getoon.
SLEUTEL
Mycoban Gisgroei
Fungisan Geen gisgroei
Fungiclear
Teenswambehandeling
Mycocide
Watter EEN van die volgende gevolgtrekkings kan uit die resultate
gemaak word?
A Al die teenswambehandelings is ewe effektief.
B Al die teenswambehandelings is ondoeltreffend.
C Mycocide is die doeltreffendste en Fungisan die minste
effektief.
D Fungisan is die doeltreffendste en Mycocide die minste
effektief.
1.1.8 Beskou die volgende wat die waterweë in Suid-Afrika beïnvloed.
(i) Termiese besoedeling
(ii) Rioolstortings
(iii) Suurmynafvoer
(iv) Oorgebruik van anorganiese kunsmisstowwe
Watter van die bogenoemde verminder die suurstofinhoud van ʼn
rivier?
A Slegs (ii) en (iv)
B Slegs (i)
C Slegs (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Beskou die onderstaande blokke.
3 cm 2 cm 1 cm
OA: 54 cm2 OA: 24 cm2 OA: 6 cm2
Volume: 24 cm3 Volume: 8 cm3 Volume: 1 cm3
Blok A Blok B Blok C
Volgens die bostaande diagramme is die blokke met die hoogste
oppervlak-tot-volume verhouding:
A Blok A
B Blok B
C Blok C
D Almal is dieselfde
(9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Simbiotiese verwantskap tussen E. coli-bakterieë wat in die
ingewande voorkom van die mens
1.2.2 Die mikro-organisme wat gebruik word tydens die vervaardiging
van bier en brood
1.2.3 ʼn Diagram wat die evolusionêre verwantskappe tussen
verskillende organismes toon
1.2.4 Voortplantingstruktuur waarin die gamete in gimnosperme
aangetref word
1.2.5 ʼn Proses wat deur oormatige voedingstowwe in water veroorsaak
word wat tot algebloei lei en waterkwaliteit verminder
1.2.6 Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn bepaalde habitat
1.2.7 Die uitskakeling van een spesie in ʼn habitat as gevolg van die
mededinging van ʼn soortgelyke spesie wat dieselfde ekologiese
nis beset
1.2.8 Gas wat op stortingsterreine geproduseer word en wat moontlik
as biobrandstof gebruik kan word (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, Beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Blom van ʼn monokotiel A: Kelk
(eensaadlobbige) B: Kroon
1.3.2 Fungi A: Saprofities
B: Prokarioties
1.3.3 Verminderde beskikbaarheid A: Geneties gemodifiseerde
van water gewasse
B: Vernietiging van vleilande
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Bestudeer die onderstaande diagramme.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 DIAGRAM 3
C
A
D
B
E
1.4.1 Noem die koninkryk waaraan die bogenoemde organismes behoort. (1)
1.4.2 Noem die Afdeling/Filum waaraan die organisme in DIAGRAM 1
behoort. (1)
1.4.3 Gee die LETTERS wat die gametofietgenerasie voorstel. (2)
1.4.4 Gee die DIAGRAMNOMMER van die groep wat NIE op water vir
voortplanting staatmaak NIE. (2)
1.4.5 Gee die DIAGRAMNOMMER van die groepe wat as
sadeproduseerders beskou word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 Bestudeer die onderstaande twee bevolkingsgroeikurwes.
GRAFIEK 1 GRAFIEK 2
F
Bevolkingsgrootte Bevolkingsgrootte
D
C
E
Population size Population size
B
A
Tyd Tyd
1.5 1.5.1 Verskaf byskrifte vir fases:
(a) B (1)
(b) C (1)
(c) E (1)
1.5.2 Noem die tipe groeivorm wat deur GRAFIEK 1 voorgestel word. (1)
1.5.3 Watter groeikurwe sal die groei van ʼn bakteriekolonie voorstel? (1)
1.5.4 Gee die LETTER van die fase waar:
(a) Die geboortesyfer gelyk aan die sterftesyfer is (1)
(b) Die geboortesyfer die sterftesyfer verreweg oorskry (1)
1.5.5 Wat stel die pyle in GRAFIEK 1 voor? (1)
1.5.6 Gee TWEE redes waarom die beginfase, A, stadig begin. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die nuwe coronavirus met die naam COVID-19 het tydens 2020 tot
pandemievlak gestyg. Wetenskaplikes regoor die wêreld het meegeding om ʼn
entstof te vervaardig om die virus te beveg. Dit sou egter maande duur voordat
ʼn entstof vrygestel kon word nadat dit ontdek is.
Hieronder is die virus wat ons wêreld verander het.
A
B
2.1.1 Verskaf byskrifte vir die virale dele wat onderskeidelik, A en B,
gemerk is. (2)
2.1.2 Waarom word antibiotika nie voorgeskryf om die virus te beveg nie? (2)
2.1.3 Verduidelik hoe ʼn entstof werk om ons teen ʼn siekte te beskerm. (3)
2.1.4 Waarom sal dit so lank duur voordat ʼn entstof vrygestel kan word? (2)
2.2 Malaria veroorsaak jaarliks wêreldwyd meer as 400 000 sterftes.
2.2.1 Noem die protosoön wat malaria veroorsaak. (1)
2.2.2 Wat is die vektor wat malaria versprei? (1)
2.2.3 Gee TWEE algemeen simptome wat by malariapasiënte voorkom. (2)
2.2.4 Hoe kan malaria voorkom word as daar geen medikasie of entstof
beskikbaar is nie? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Aartappels is ʼn stapelvoedsel in baie lande, insluitend Peru. Die Internasionale
Aartappelsentrum in Lima, Peru, is ʼn saadbank wat 4 500 verskillende soorte
aartappelsade variëteite berg. Baie van hierdie variëteite word nie gebruik nie,
aangesien boere verkies om slegs enkele variëteite wat goed groei te gebruik.
Die meeste boere beoefen monokultuur en verbou slegs een variëteit/soort
aartappel.
Om die aartappelsaad te versamel, word die vrugte of aartappelbessies gepluk
en rypgemaak. Die sade kan vir baie jare lewensvatbaar bly.
Die onderstaande diagramme toon die aartappelbessie (Diagram A), die
aartappelsaad in die bessie (Diagram B) en die aartappelblom (Diagram C).
DIAGRAM A DIAGRAM B
DIAGRAM C
U
P S
Q T
R
V
2.3.1 Noem die plantafdeling waaraan aartappels behoort. (1)
2.3.2 Verskaf byskrifte vir die blomkranse gemerk U en V in Diagram C. (2)
2.3.3 Gee die LETTER en NAAM van die deel in Diagram C:
(a) Wat na bevrugting in die aartappelbessie sal ontwikkel (2)
(b) Waar die manlike gamete geproduseer word (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.3.4 Die aartappelblomme is helder pers met ʼn klein hoeveelheid nektar.
Stel voor hoe hierdie blomme bestuif kan word. (1)
2.3.5 Gee EEN:
(a) Voordeel van monokultuur (1)
(b) Nadeel van monokultuur (1)
2.3.6 Verduidelik TWEE redes waarom saadbanke belangkrik is. (4)
Boere gebruik egter nie sade om hul aartappelplante te kweek nie, maar hulle
plant eerder die aartappelknol wat begin het om wortels te ontwikkel soos in
die onderstaande prentjie getoon.
2.3.7 Is hierdie metode om aartappels te verbou ʼn voorbeeld van
ongeslagtelike- of geslagtelike voortplanting? (1)
2.3.8 Verduidelik EEN voordeel om aartappels op hierdie manier te verbou. (2)
2.4 Die onderstaande diagramme toon diere wat aan dieselfde filum behoort.
2.4.1 Noem die filum waaraan bogenoemde organismes behoort. (1)
2.4.2 Watter tipe simmetrie word deur lede van die bogenoemde filum
getoon? (1)
2.4.3 Teken ʼn eenvoudige, benoemde diagram van ʼn dwarssnit deur die
liggaamswand om die aantal weefsellae wat by hierdie filum
voorkom, aan te toon. (4)
2.4.4 Verduidelik hoe die liggaamsplan van hierdie diere-filum geskik is vir
hul sittende/sessiele lewenswyse. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.5 Bestudeer die onderstaande diagram van die erdwurm. Erdwurms behoort
tot die filum Annelida, wat selomatiese organismes is.
Derm
Anus
Clitellum
Dorsale bloedvat
Aorta-boë
Brein
Slukderm
Ventrale bloedvat
Ventrale senuweekoord
Mond Farinks
2.5.1 Toon hierdie organisme kefalisasie? (1)
2.5.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord wat in die bostaande diagram
sigbaar is. (1)
2.5.3 Op watter wyse is ʼn seloom voordelig vir die erdwurm? (2)
2.5.4 Waarom benodig lede van die Annelida ʼn bloedstelsel? (2)
2.5.5 Beskryf op watter wyse erdwurms vir boere ekonomies belangrik
is. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 3
3.1 Lees die onderstaande uittreksel en bestudeer die grafiek wat die aantal
sebras en leeus in Parkwoodwildreservaat oor ̓n tydperk van 65 jaar
toon.
Die belangrikste rede waarom leeus genoeg kos kan kry, is omdat hulle
gewoonlik koöperatief (in ʼn groep) jag. Gewoonlik omsingel verskeie leeus
die trop waarop hulle jag maak en dryf hul prooi stadig in die rigting van die
leeuwyfies wat in die lang gras wegkruip. Hierdie leeuwyfies val hul prooi,
van die kante of van agter af, aan. Leeus is nie vinnige roofdiere nie. Deur
in groepe te werk, kan hulle op hul prooi jagmaak wat andersins te vinnig
vir hulle sou wees. Leeus word verder bevoordeel deur in ʼn groep te jag,
as hulle ʼn dier doodmaak wat te groot vir ʼn individu is om aan te val.
Sebras is een van die vernaamste prooisoorte van leeus.
Die onderstaande grafiek toon die aantal sebras en leeus in
Parkwoodwildreservaat oor ʼn tydperk van 65 jaar.
Grafiek wat die sebra- en leeubevolking in Parkwood-
wildereservaat van 1950–2015
400
350
300 B
Aantal diere
250
200
150 A
100
50
1950 1955 1960 1965 1970 1975 1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015
0
Jaar
3.1.1 Gee TWEE redes, genoem in die uittreksel, waarom die
sosiale struktuur (jag in groepe) van leeutroppe sulke
suksesvolle jagters maak. (2)
3.1.2 Watter tipe verwantskap word tussen leeus en sebras in die
bostaande grafiek getoon? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.1.3 Watter lyn (A of B) stel die leeubevolking voor? (1)
3.1.4 Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.3. (2)
3.1.5 In 1995 was daar ʼn groot afname in die aantal sebras in die
reservaat. Gee EEN omgewingsfaktor wat hierdie afname kon
veroorsaak het. (1)
3.1.6 Sebras woon in kuddes. Verduidelik EEN rede waarom die
lewe in kuddes voordelig is. (2)
3.1.7 Verduidelik waarom die moontlikheid dat die sebra- en
leeubevolkings dravermoë kan bereik, beperk word. (3)
3.2 3.2.1 Definieer die volgende:
(a) Aardverwarming (1)
(b) Voedselsekerheid (3)
3.2.2 Noem die vernaamste gas wat deur mense geproduseer word wat
vir aardverwarming verantwoordelik is. (1)
3.2.3 Verduidelik hoe aardverwarming ʼn negatiewe uitwerking op
voedselsekerheid het. (5)
3.3 Die verspreiding van Uitheemse Indringerplante (‘IAP’ ‘Invasive Alien
Plants’) in die wateropvanggebiede van Suid-Afrika is kommerwekkend. In ʼn
land wat water reeds skaars is, beteken dit dat minder water vir landbou- en
huishoudelike gebruik beskikbaar is. In ʼn onlangse studie van die
opvangsgebied van die Olifantsrivier is gekyk na die waterverbruik van
sommige van die mees indringende spesies (in m 3 per hektaar gemeet) en
die gebied wat hulle binnedring (in hektaar gemeet).
Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.
Uitheemse Waterverbruik Gebied binnegedring
Indringerspesies (m3 / hektaar) deur plante (hektaar)
Arundo donax 1155 5406
Eucalyptus sp. 1250 116
Pinus sp. 2550 752
Populus sp. 645 358
Salix babylonica 830 358
3.3.1 Gee die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlikes (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.3.2 Watter metode kan gebruik word om die oppervlakte wat deur
uitheemse plante binnegedring is, te bereken? (1)
3.3.3 Hoeveel water het Pinus sp. in die opvangsgebied van die Olifants-
rivier verbruik? Toon ALLE berekeninge. (3)
3.3.4 Teken ʼn geskikte grafiek om die waterverbruik van die
verskillende uitheemse indringerspesies in die opvangsgebied van
die Olifantsrivier aan te toon. (6)
3.3.5 Gee DRIE maniere wat gebruik kan word om van uitheemse
indringerplante ontslae te raak. (3)
3.3.6 Gee EEN manier waarop jy as individu die aantal uitheemse
indringerspesies in Suid-Afrika kan verminder. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4 Die onderstaande bevolkingspiramides toon die verandering in die Suid-
Afrikaanse bevolking van 1990 tot 2019. Ons kan sien dat Suid-Afrika in 1990 van
ʼn ontwikkelende land na ʼn meer ontwikkelde land beweeg het. Die data is deur
middel van ʼn sensus versamel.
100+
Suid-Afrika 1990
95-99
Bevolking: 36 800 506
90-94
85-89
80-84
75-79
70-74
65-69
60-64
55-59
50-54
45-49
40-44
35-39
30-34
25-29
20-24
15-19
10-14
5-9
10% 8% 6% 4% 2% 0% 2% 4% 6% 8%
10% Persentasie Mans Persentasie Vroue
100+
95-99 Suid-Afrika
South Africa2019
2019
90-94 Bevolking:
Population: 58
58 558
558 267
267
85-89
80-84
75-79
70-74
65-69
60-64
55-59
50-54
45-49
40-44
35-39
30-34
25-29
20-24
15-19
10-14
5-9
0-4
10% 8% 6% 4% 2% 0% 2% 4% 6% 8%
10%
Persentasie Mans Persentasie Vroue
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 17
3.4.1 Definieer die konsep sensus. (1)
3.4.2 Watter groep, mans of vroue, het ʼn hoër lewensverwagting? (1)
3.4.3 Watter piramide (1990 of 2019) toon:
(a) ʼn Vinnig toenemende bevolking, (1)
(b) Lae lewensverwagting? (1)
3.4.4 Verduidelik TWEE redes vir die verandering in die vorm van
die piramide van 1990 tot 2019. (4)
3.4.5 Waarom is dit belangrik dat regerings die inligting in ʼn
bevolkingspiramide toon? (3)
TOTAAL AFDELING B 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 QP NOV2025_Afrikaans 2_watermark.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Life-Sciences-Grade-11-SEPT-2022-P1-only.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020ENG D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023-24.pdf

Memorandum
LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025_Afrikaans_watermark.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-11-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
EC-Life-Sciences-Grade-11-June-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-11-June-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
