You're offline
Skip to content
Question paper

LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: Life SciencesGrade 11201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *ILFSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag. 6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Generasiewisseling word by … aangetref. A Briofiete B Pteridofiete C Spermatofiete D alle plante 1.1.2 Die gebeurtenis by generasiewisseling waar die haploïede fase oorsprong gee aan die diploïede fase: A Ontkieming B Bevrugting C Meiose D Mitose 1.1.3 In gimnosperme word bestuiwing uitsluitlik veroorsaak deur ... A diere. B water. C wind. D insekte. 1.1.4 Dicrocoelium dendriticum is ʼn platwurmparasiet wat voorkom by grasvretende werweldiere soos skape en beeste. Watter kombinasie in die tabel toon die filums waaraan die parasiet en gasheerspesies behoort? Dicrocoelium Beeste/Skape A Annelida Chordata B Platyhelminthes Arthropoda C Annelida Arthropoda D Platyhelminthes Chordata Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.5 Watter van die volgende kan tot habitatvernietiging lei? I. Mynbou II. Swak landbou-praktyke III. Herbebossing IV. Verstedeliking A I, II en IV B II, III en IV C III D I, II en III 1.1.6 Landplante is waarskynlik afstammelinge van watter van hierdie groepe? A Groen alge B Rooi alge C Bruin alge D Angiosperme 1.1.7 Die deel van die blom wat aan die vrug oorsprong gee is die … A kroonblare. B vrugbeginsel. C saadknop. D helmknop. 1.1.8 Watter van die volgende is NIE ʼn bedreiging vir voedselsekuriteit NIE? A Klimaatsverandering B Menslike eksponensiële bevolkingsgroei C Geboortebeperking D Vermorsing VRAAG 1.1.9 IS GEBASEER OP DIE INLIGTING WAT HIERONDER GEGEE WORD: Die virulensie of vermoë van ʼn aansteeklike organisme om siektes te veroorsaak, word gedefinieer as die gevalle-doodsrisiko (CFR – case fatality risk). CFR kan voorgestel word as die persentasie infeksies wat tot die dood lei. Die tabel hieronder toon die aantal mense wat deur die ‘voëlgriep’-virus (H5N1) besmet is en die aantal mense wat oor ʼn tydperk van vyf jaar daaraan gesterf het. Jaar 2004 2005 2006 2007 2008 Totale infeksies van H5N1 46 98 115 88 44 Getal sterftes a.g.v. H1N5-infeksie(s) 32 43 79 59 33 1.9 In watter jaar was H5N1 die meeste virulent? A 2004 B 2006 C 2007 D 2008 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.1.10 Die diagram toon die struktuur van ʼn blom. Waar vind bestuiwing en bevrugting plaas? Bestuiwing Bevrugting 1 X Y 2 Y X 3 X Z 4 Z Y A 1 B 2 C 3 D 4 (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die afsny van bome en die verwydering van plantegroei vanaf ʼn land 1.2.2 Voortplanting wat die nie-reproduktiewe dele van ʼn plant gebruik om nuwe plante te produseer 1.2.3 ʼn Maatstaf van die totale kweekhuisgasvrystellings deur ʼn individu, maatskappy of land per jaar 1.2.4 ʼn Groep sporangia wat aan die onderkant van varingblare aangetref word 1.2.5 Die toename in konsentrasie van giftige chemiese stowwe vanaf een trofiese vlak na ʼn volgende 1.2.6 Plante sonder ware wortels, stingels en blare 1.2.7 Die laag wat die aarde teen die skadelike uitwerking (effek) van die son beskerm (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Naakte sade A Gimnosperme B Angiosperme 1.3.2 Terrein wat opgerig is om van soliede afval A Reservoir ontslae te raak B Stortingsterrein 1.3.3 Gametofiet is dominant A Varings B Mosse (3 x 2) (6) 1.4 Bestudeer die temperatuurkaart hieronder van ʼn pasiënt wat aan ʼn siekte wat deur ʼn virus veroorsaak word, ly. Normale liggaamstemperatuur is ongeveer 37 °C. Dag Liggaamstemperatuur (°C) 0 37 2 37 4 37 6 40,5 8 39,5 10 38 12 39,5 14 38,8 16 37,5 18 37 20 37 22 37 1.4.1 Wat was die maksimum TOENAME in liggaamstemperatuur bo normaal? (2) 1.4.2 Hoe lank het die: (a) Inkubasie-tydperk (tyd wat die virus geneem het om te vermenigvuldig/vermeerder) geduur? (1) (b) Koors geduur? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 1.5 Tom het ʼn stukkie brood in ʼn plastieksak in die kombuis gelos voordat hy vir 2 weke op toer gegaan het. Toe hy na 2 weke by die huis kom, het hy ʼn paar swart kolle op die brood gekry. Swart kolle Brood 1.5.1 Tom se ma het hom vertel dat die swart kolle ʼn soort mikroörganisme is. Watter tipe mikroörganisme is die swart kolle op die brood? (1) 1.5.2 Noem DRIE toestande wat nodig is vir die mikroörganismes om op die brood te groei. (3) 1.5.3 Wat kan Tom met die stukkie brood doen om te voorkom dat mikroörganismes op die brood groei? (1) 1.5.4 Waarom werk die metode genoem in VRAAG 1.5.3? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.6 Bestudeer die onderstaande diagram wat die struktuur van ʼn blom aantoon. 1 2 3 6 4 5 1.6.1 Watter tipe bestuiwing kan aan hierdie blom gekoppel word? (1) 1.6.2 Identifiseer die dele genommer 1 en 2. (2) 1.6.3 Wat noem ons 5 en 6 gesamentlik? (1) 1.6.4 Deur slegs die NOMMER te gebruik, identifiseer die volgende: (a) Deel wat stuifmeel ontvang (1) (b) Struktuur waar ʼn saad kan vorm (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Figure A, B en C hieronder verteenwoordig verskillende diere-filums. A B C 2.1.1 Identifiseer die filums wat onderskeidelik deur figure A, B en C voorgestel word. Skryf die letter met die korrekte filum neer. (3) 2.1.2 Watter tipe simmetrie het figuur A? (1) 2.1.3 Gee EEN voordeel van die tipe simmetrie genoem in VRAAG 2.1.2. (1) 2.1.4 Watter figuur/figure het die volgende eienskappe? Skryf slegs die letters A, B of C byvoorbeeld 2.1.4(e) D (a) Triploblasties (b) Dorsi-ventraal afgeplat (c) Kefalisasie (d) Selomaat (6) 2.1.5 Noem EEN voordeel van ʼn hoë oppervlak tot volume verhouding vir diere. (1) 2.1.6 Teken ʼn diagram van ʼn dwarssnit van die liggaamsplan van ʼn triploblastiese dier, gee byskrifte vir elke weefsellaag en dui dan aan waaraan elke weefsellaag oorsprong gee. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 2.2 Knoffel is bekend daarvoor dat dit die vermoë het om bakterieë en virusse te beveg. Dit is bekend daarvoor dat dit effektief is teen ʼn wye verskeidenheid bakterieë en die vermoë het om verkoue te bestry. Die anti-mikrobiese stof in knoffel word allisien genoem. Om die anti-bakteriese eienskappe van knoffel te behou, moet die knoffel verteer of as rou knoffel aangewend word omdat kook die allisien sal vernietig. Wetenskaplikes wou die doeltreffendheid van knoffel, om bakterieë dood te maak, ondersoek. Hulle het die eksperiment soos volg uitgevoer:  Hulle het drie petri-bakkies met bloed-agar voorberei en in ʼn yskas gestoor.  Voor die aanvang van die eksperiment het hulle die petri-bakkies uit die yskas verwyder sodat hulle kamertemperatuur kon bereik.  Hulle het drie toetsmonsters voorberei en dit gemerk soos hieronder beskryf: o Die drie proefbuise is A, B en C gemerk. o Die inhoud van die proefbuise is gemeet en gemeng soos in die tabel hieronder getoon: Inhoud van die proefbuise Proefbuis 5 mℓ E.coli Knoffel- 100 mℓ melk bakterie aftreksel A  x x B   x C     Die petri-bakkies is A, B en C gemerk.  Hulle het die deksel van petri-bakkie A verwyder en ʼn spuit gebruik om 10 mℓ van die monster uit proefbuis A te trek en dit in die middel van petri- bakkie A gespuit  Op dieselfde manier is ʼn 10 mℓ-monster met behulp van ʼn nuwe spuit onttrek uit proefbuis B en in petri-bakkie B geplaas en die prosedure is herhaal vir petri-bakkie C.  Die deksels van die petri-bakkies is vervang en die petri-bakkies is in ʼn koel en skaduryke plek gestoor. o Die deursnee van die E.coli-kolonie is elke dag vir 5 dae gemeet en in die tabel hieronder aangeteken: Petri- Deursnee van bakterie-kolonie (mm) bakkie Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4 Dag 5 A 0 1,7 3,0 4,6 7,1 B 0 4,2 8,4 15,1 36,5 C 0 0 0 0 0 2.2.1 Noem: (a) Die onafhanklike veranderlike (1) (b) Die afhanklike veranderlike (1) (c) Twee konstante veranderlikes (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 2.2.2 Gebruik die inligting in die tabel om DRIE lyngrafieke te teken wat die resultate van petri-bakkies A, B en C toon. (6) 2.2.3 Verduidelik waarom die petri-bakkies voor die aanvang van die eksperiment in die yskas gehou is. (2) 2.2.4 Beskryf en verduidelik die resultate wat in petri-bakkie C verkry is. (3) 2.3 Die onderstaande diagramme toon plante uit verskillende afdelings van die planteryk. C B A I II III IV 2.3.1 Identifiseer plantafdeling I en II onderskeidelik. (2) 2.3.2 Noem TWEE verskille tussen plant I en IV met betrekking tot voortplanting. (4) 2.3.3 Noem slegs die NOMMER van die plantgroep wat geen vaatweefsel het nie. (1) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram illustreer die Kweekhuiseffek. Son 1 Ruimte 2 3 4 Atmosfeer Aarde se oppervlak DIE KWEEKHUISEFFEK 3.1.1 Verduidelik hoe die kweekhuiseffek plaasvind deur nommers 1–4 op die diagram te gebruik. (4) 3.1.2 Wat is die voordeel van die natuurlike kweekhuiseffek vir lewe op aarde? (1) 3.1.3 Watter menslike aktiwiteit lewer die grootste bydra tot die vrystelling van koolstofdioksied? (1) 3.1.4 ʼn Groot toename in die kweekhuiseffek kan lei tot die verhoogde kweekhuiseffek, wat aardverwarming veroorsaak. Verduidelik hoe aardverwarming tot woestynvorming kan lei. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 3.2 ʼn Wetenskaplike het ʼn ondersoek gedoen om te wys hoe die hoeveelheid organiese materiaal wat in water voorkom, die hoeveelheid suurstof in die water beïnvloed. Die wetenskaplike het water van 6 verskillende plekke langs ʼn rivier ingesamel. Die tabel hieronder toon die resultate wat hy verkry het: Organiese inhoud Suurstof-konsentrasie Afstand vanaf bron (arbitrêre eenhede) (arbitrêre eenhede) Gebied A - bron 10 300 Gebied B - 1 km 80 80 Gebied C - 2 km 300 50 Gebied D - 3 km 150 80 Gebied E - 4 km 50 100 Gebied F - 5 km 30 200 3.2.1 Daar is ʼn stuk kommersiële landbougrond (plaas) langs die loop van die rivier. Stel voor waar hierdie plaasgrond geleë is en verduidelik jou antwoord kortliks. (5) 3.2.2 Verduidelik die verband tussen die organiese inhoud van die water en die suurstofkonsentrasie van die water. (4) 3.3 Die onderstaande grafiek toon spesie-diversiteit in die Noord-Kaap. ʼn Omgewingsimpakstudie is gedoen voor en nadat die grond vir landbou gebruik is. 30 25 Aantal spesies 20 15 SLEUTEL: Voor landbou 10 Na landbou 5 0 voëls insekte plante klein soogdiere Spesies 3.3.1 Beskryf die verskil in die aantal spesies voor en na die landbou. (2) 3.3.2 Verduidelik waarom die aantal spesies in landbou-gebiede afneem. (4) 3.3.3 Watter groep organismes is die meeste deur die verandering beïnvloed? (1) 3.3.4 Wat is ʼn omgewingsimpakstudie en waarom is dit nodig dat omgewingsimpakstudies gedoen word? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 3.4 Die onderstaande sirkelgrafiek verteenwoordig die verskillende bronne van energie in Suid-Afrika en hul bydrae tot die totale primêre energievoorsiening. Totale primêre energievoorsiening in Suid- Afrika in 2012 Ander 2% Bio- brandstof X Natuurlike gas 3% Steenkool Ru-olie Ru-olie Natuurlike gas 15% Steenkool Ander 69% Biobrandstof [Aangepas uit: https://en.m.wikipedia.org/wiki/Energy_in_South_Africa] 3.4.1 Bepaal die waarde van X. Toon ALLE berekeninge. (3) 3.4.2 Noem die vlambare natuurlike gas wat in stortingsterreine geproduseer word. (1) 3.4.3 Gee TWEE maniere waarop die gas wat in VRAAG 3.4.2 genoem word, nuttig is vir die mens. (2) 3.4.4 Noem TWEE alternatiewe energiebronne wat die 2% van ‘ander’ bronne uitmaak. (2) 3.4.5 Beskryf hoe die ontginning van steenkool ʼn impak op biodiversiteit in Suid-Afrika het. (3) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 15 AFDELING C VRAAG 4 Skryf ʼn opstel waarin jy beskryf hoe uitheemse indringerplante die kwaliteit van water beïnvloed en bespreek die verskillende maniere om uitheemse indringerplante te beheer, insluitend hul voordele en/of nadele. Inhoud: (17) Sintese: (3) NOTA: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van diagramme of vloeidiagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Life Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 11 · Life Sciences · 2017 · Eastern Cape November · Question paper · Paper 2 · Afrikaans | Hlayiso | Hlayiso