Skip to content

Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP

Question paperLife SciencesGrade 11201715 pages

Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *ILFSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag. 6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. 12. Rond alle berekenings af tot twee desimale na die komma. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Plante gebruik suurstof ... A voortdurend. B slegs gedurende die dag. C slegs gedurende die nag. D slegs tydens fotosintese. 1.1.2 Watter van die volgende stowwe kan direk deur die bloed sonder verdere vertering geabsorbeer word? A Proteïene B Stysel C Glukose D Vette 1.1.3 Watter van die volgende vind tydens inaseming by die mens plaas? A Druk in die borsholte verminder B Die longe val plat C Die diafragma ontspan D Druk in die buikholte verminder 1.1.4 Die tempo van asemhaling word gereguleer deur die medulla oblongata, hoofsaaklik ... A onder willekeurige beheer. B na gelang van die suurstofvlakke van die bloed. C na gelang van die bloeddruk. D na gelang van die koolstofdioksiedvlakke van die bloed. 1.1.5 Watter van die volgende is die korrekte volgorde van aktiwiteite wat tydens nierfunksionering plaasvind? A drukfiltrasie  uitskeiding  herabsorpsie B herabsorpsie  drukfiltrasie  uitskeiding C uitskeiding  drukfiltrasie  herabsorpsie D drukfiltrasie  herabsorpsie  uitskeiding 1.1.6 Watter van die volgende is deel van die menslike bloedsomloopstelsel? A Glomerulus B Kronkelbuise C Henlé-boog D Kapsel van Bowman Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.7 Watter van die volgende is ʼn digtheidsafhanklike faktor? A Droogte B Temperatuur C Predasie D Vuur 1.1.8 Die siekte wat ontstaan as gevolg van ʼn onvoldoende inname van energiekosse: A Kwasjiorkor B Marasmus C Arterosklerose D Bulimie 1.1.9 Watter EEN van die volgende stellings is WAAR ten opsigte van die verwantskap tussen ʼn predator en sy prooi? A Daar is interspesifieke kompetisie. B Die grootte van die predator-populasie is digtheidsafhanklik en word beheer deur die grootte van die prooibevolking. C ʼn Toename in die aantal predatore lei tot ʼn groter aantal prooi. D ʼn Vermindering in die aantal roofdiere lei tot ʼn afname in die aantal prooi. 1.1.10 Proefbuise A en B hieronder is in helder lig geplaas. slakke waterplant water A B Watter van die volgende is korrek met betrekking tot die proefbuise? A Die hoeveelheid CO2 in proefbuis A sal afneem B Die hoeveelheid CO2 in proefbuis B sal toeneem C Die hoeveelheid O2 in proefbuis B sal toeneem D Die hoeveelheid O2 in proefbuis A sal toeneem (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 5 1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die groen, ligsensitiewe pigment wat in plantblare voorkom en ʼn rol tydens fotosintese speel 1.2.2 Die splitsing van watermolekules in waterstof en suurstof in die teenwoordigheid van lig 1.2.3 Die setel van reaksies wat tydens die donkerfase van fotosintese in die chloroplast plaasvind 1.2.4 Die klein vingeragtige uitsteeksels in die dundermwand 1.2.5 Die verteringsprodukte word deel van die protoplasma van die liggaamselle 1.2.6 ʼn Gebreksiekte by kinders wat deur ʼn hoë koolhidraatinhoud, maar onvoldoende proteïene, in die dieet veroorsaak word 1.2.7 Die dood van alle lede van ʼn bepaalde spesie 1.2.8 Die algemene term wat die plantspesies beskryf wat heel eerste ʼn omgewing bewoon (8 x 1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 SLEGS B. KOLOM І KOLOM ІІ 1.3.1 Buis wat urien van die nier na die blaas A: ureter vervoer B: uretra 1.3.2 Die hormoon(e) wat deur die byniere A: ADH afgeskei word om die soutkonsentrasie van die bloed te reguleer B: aldosteroon 1.3.3 Kenmerkende eienskap(pe) van ʼn dalende A: hoë sterftesyfer bevolking B: lae geboortesyfer (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.4 Die grafiek hieronder toon die groeipatroon van ʼn konynbevolking in ʼn spesifieke habitat oor 20 jaar. A B C D BEVOLKINGSGROOOTTE TYD (JARE) 1.4.1 Identifiseer die groeipatroon wat in die bostaande grafiek geïllustreer word. (1) 1.4.2 Noem die fases A–D. (4) 1.4.3 Gedurende watter fase: (a) Is nataliteit gelyk aan mortaliteit? (1) (b) Is die bevolkingsgroei die vinnigste? (1) (c) Oorskry nataliteit mortaliteit in die grootste mate? (1) (d) Kom omgewingsweerstand in werking? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 7 1.5 Bestudeer die bevolkingspiramide hieronder. ouderdom Mans (%) Vroue (%) 1.5.1 Stel die piramide ʼn ontwikkelde of ontwikkelende land voor? (1) 1.5.2 Watter geslag lewe die langste, soos deur hierdie piramide getoon? (1) 1.6 Bestudeer die diagram en beantwoord dan die vrae: Blaar B met geperforeerde tinfoelie Blaar A Kaliumhidroksied / Natriumhidroksiedoplossing 1.6.1 Hoekom is die plant vir 48 uur lank in ʼn donker plek gehou voordat dit in sonlig geplaas is? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.6.2 Deur te kyk na die diagramme wat getoon word, watter blaar (A of B) sal gebruik word: (a) Om te wys dat CO2 vir fotosintese nodig is (1) (b) Om te wys dat lig vir fotosintese nodig is (1) 1.6.3 Wat is die rol van die kaliumhidroksied/natriumhidroksied in hierdie eksperiment? (1) 1.6.4 Watter chemikalie sal jy gebruik om te toets of fotosintese wel plaasvind? (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 9 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Wanneer lig op die waterplant, Elodea sp, skyn word gasborrels vrygestel. Die tempo waarteen die gasborrels geproduseer word, kan gebruik word om die tempo van fotosintese te meet. ʼn Ondersoek is uitgevoer om die effek wat verskillende kleure lig op die tempo van fotosintese in Elodea het, te bestudeer. Die apparaat is opgestel soos in die diagram hieronder getoon.  Die waterplant is blootgestel aan een kleur lig en is vir 5 minute gelos voordat metings geneem is.  Na elke 20 borrels wat vrygelaat is, is die tyd aangeteken  Die prosedure is herhaal telkens met verskillende kleure lig maar met dieselfde intensiteit.  Die resultate word in die tabel hieronder getoon. Kleur van die lig Tyd (in sekondes) vir elke 20 borrels wat vorm Violet 80 Groen 40 Blou 160 Rooi 140 Geel 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.1.1 Watter kleur lig is die beste vir fotosintese? (1) 2.1.2 Noem die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) (c) Twee vaste veranderlikes (2) 2.1.3 Bereken die gemiddelde tyd wat dit neem om 20 borrels, vir al die kleure saam, vry te stel. Toon al jou berekeninge. (2) 2.1.4 Teken ʼn staafgrafiek van die resultate wat in die tabel getoon word. (6) 2.2 Bestudeer die onderstaande diagramme met enkele dele van die menslike asemhalingstelsel. Beantwoord die vrae wat volg. A B Proses 1 C D E Proses 2 Dele van die menslike asemhalingstelsel 2.2.1 Identifiseer dele A, B en C. (3) 2.2.2 Watter proses in die bostaande diagramme illustreer inaseming (Proses 1 of Proses 2)? (1) 2.2.3 Gee TWEE redes vanuit die diagramme om jou antwoord op VRAAG 2.2.2 te ondersteun. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 2.2.4 Gee die LETTERS en die NAME van die spiere, wat in die diagram getoon word, wat by inaseming betrokke is. (4) 2.2.5 Teken en benoem ʼn diagram wat gaswisseling oor ʼn alveolus toon. Gebruik pyltjies om die rigting waarin die gasse beweeg te wys. (5) 2.2.6 Wanneer ʼn mens ʼn verwarmer gebruik om ʼn kamer te verwarm, word daar aanbeveel om ʼn bakkie water langs die verwarmer te plaas. Verduidelik die doel van hierdie praktyk. (4) 2.2.7 ʼn Persoon se torakale wand word tydens ʼn motorongeluk aangetas. Verduidelik hoe hierdie besering die asemhalingsproses sal beïnvloed. (2) 2.3 Bestudeer die voorstelling van ʼn Malpighi-liggaampie in die nefron. 2.3.1 Identifiseer die voorstelling van ʼn gedeelte van die nefron wat getoon word. (1) 2.3.2 Noem die gedeeltes wat A en B gemerk is. (2) 2.3.3 Verduidelik waarom die bostaande diagram nie een van die strukturele aanpassings vir die proses wat daarin plaasvind, akkuraat verteenwoordig nie. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3 3.1 Bestudeer die volgende tabel wat die vloeitempo en konsentrasie van sekere stowwe in gebiede A, B, C en D van die nefron in die menslike nier toon. Deel Vloei- Opgeloste konsentrasie (g/100cm3) van tempo nefron (cm3/min) Proteïene Glukose Natrium- Ammonium- Ureum ione ione A 4 0 0,0 0,60 0,04 1,80 B 200 0 0,1 0,72 0 0,05 C 40 0 0,0 0,30 0 0,15 D 2000 7 0,1 0,72 0 0,05 3.1.1 Noem, met ʼn rede, watter van die dele (A, B, C of D) van die nefron die volgende voorstel: (a) Afferente arteriool (2) (b) Kapsel van Bowman (Kapsulêre ruimte) (2) (c) Henlé-boog (2) (d) Buis van Bellini/Versamelbuis (2) 3.2 In ʼn ondersoek om die grootte van die slakbevolking in ʼn tuin te bepaal, is slakke willekeurig versamel. Elkeen is met ʼn X gemerk en dan in die tuin teruggeplaas. Ná een week is ʼn tweede monster slakke versamel. Die diagram toon die slakke wat tydens die tweede monster gevang is. X X X X X 3.2.1 Noem die tegniek wat gebruik is om die grootte van die slakbevolking in hierdie ondersoek te bepaal. (1) 3.2.2 Sou hierdie metode as ʼn direkte of indirekte metode beskou? (1) 3.2.3 Hoekom moet jy ʼn waterbestande merker gebruik? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 13 3.2.4 Waarom was daar ʼn interval van slegs een week tussen die twee monsters en nie ʼn maand of meer nie? Gee TWEE redes. (2) 3.2.5 Met behulp van ʼn formule is bepaal dat daar 60 slakke in die bevolking is. Hoeveel slakke was daar in die eerste steekproef/ monster? (4) 3.2.6 Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van hierdie metode verbeter kan word. (2) 3.3 Definieer die volgende terme: (a) Dravermoë van ʼn habitat (2) (b) Ekologiese suksessie (2) 3.4 Die onderstaande diagram toon die apparaat wat gebruik is om te demonstreer dat CO2 tydens selrespirasie vrygestel word. Die apparaat is opgestel soos in die diagram getoon en vir ʼn paar uur in ʼn donker kas geplaas. ʼn Suigpomp is gekoppel by die uitlaat wat X gemerk is om ʼn bestendige vloei van lug deur die apparaat te verseker. Natronkalk X Inkomende Uit- lug gaande Y lug Natrium Kalk- Kalk- hidroksied water water oplossing A B C D 3.4.1 Wat is die funksie van die natronkalk? (1) 3.4.2 Hoekom is die apparaat in die donker geplaas? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.4.3 Hoekom is die glasbuis wat Y gemerk is bo die oppervlak van die oplossing geplaas? (2) 3.4.4 Watter waarneming sou jy, na ʼn paar uur, in bottel B en D verwag? Verduidelik jou waarnemings. (5) 3.5 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Baie voedsel- en drankbedrywe is heeltemal afhanklik van die fermentasieproses om hul produkte te vervaardig. Sommige van die vervaardigde produkte word plaaslik versprei en verkoop, terwyl die ander na die buiteland uitgevoer word. 3.5.1 Noem EEN voedsel- en drankproduk wat van die fermentasieproses tydens die vervaardigingproses gebruik maak. (1) 3.5.2 Verduidelik TWEE maniere waarop die produksie van voedsel en drank, deur fermentasie, die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel. (2 x 2) (4) 3.5.3 Watter voordeel hou die fermentasieproses vir die gisselle in? (2) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 15 AFDELING C VRAAG 4 4.1 Beskryf die vertering en absorpsie van voedsel wat slegs koolhidrate bevat. Beskryf ook die vervoer van die produkte van koolhidraatvertering, nadat absorpsie plaasgevind het. Inhoud: (17) Sintese: (3) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Life Sciences

View all