Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 









View all





LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs
vraagnommer (1.1.1−1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Agense wat siektes veroorsaak, word ... genoem.
A antibiotika
B entstowwe
C teenliggaampies
D patogene
1.1.2 Sponse is ʼn diere-filum wat formeel as ... bekend staan.
A Cnidaria
B Porifera
C Platyhelminthes
D Arthropoda
1.1.3 Kefalisasie word algemeen geassosieer met elkeen van die
volgende, behalwe:
A bilaterale simmetrie
B konsentrasie van sensoriese strukture aan die voorpunt
C ʼn brein
D ʼn sessiele bestaan
1.1.4 Watter struktuur in die diagram hieronder verteenwoordig virale
RNA?
E A
B
D
C
A Struktuur B
B Struktuur C
C Struktuur D
D Struktuur E
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.5 Sampioene is ʼn soort swam. Watter kenmerk van swamme
maak hulle verskillend van plante?
A Swamselle is eukarioties
B Swamme is meersellig
C Swamme is heterotrofe
D Swamme het selwande
1.1.6 Die diagram hieronder illustreer aktiwiteite wat in ʼn menslike
liggaam plaasvind.
Op grond van die diagram, stimuleer inentings gewoonlik die
liggaam om meer van …
Teenliggampies
C
A B
Witbloedselle Antigeen
A slegs struktuur A te produseer.
B slegs struktuur B te produseer.
C slegs stuktuur A en C te produseer.
D struktuur A, B, en C te produseer.
1.1.7 Watter kenmerk word deur Cnidaria en Platyhelminthes gedeel?
A Dorsiventraal-afgeplatte liggame
B Radiale simmetrie
C ʼn Spysverteringstelsel met ʼn enkele opening
D ʼn Definitiewe kop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.8 Watter ry in die tabel hieronder verbind ʼn menslike aktiwiteit met sy
impak op die omgewing, korrek?
Menslike aktiwiteit Impak
A Afname in die gebruik van erosie van rots in grond
plaagdoders
B Toename in verbetering in luggehalte
behuisingsontwikkelings
C Toename in menslike vermindering in waterverbruik
bevolking
D Afname in herwinning vermindering in hoeveelheid
beskikbare hulpbronne
VRAE 1.1.9 EN 1.1.10 VERWYS NA DIE GRAFIEK EN TABEL HIERONDER:
°
Totale suurstofvereistes van verskillende organismes in ʼn rivier.
Dier Gestreepte Elf Geel Mossels Blou Gevlekte Wurms
Baars Baars krap vis
Minimum
suurstofvereistes
(mg/ℓ) 6 5 5 4 3 2 1
1.1.9 Termiese besoedeling veroorsaak dat die vlak van opgeloste
suurstof in water ...
A afneem.
B toeneem dan afneem.
C onveranderd bly.
D verhoog.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.10 As gevolg van die vrystelling van water uit ʼn fabriek, is die
temperatuur van water in ʼn stroom 30 °C.
Twee organismes wat waarskynlik in die stroom woon, is ...
A gestreepte baars en blou krap.
B wurms en mossels.
C wurms en gevlekte vis.
D geel baars en gevlekte vis.
(10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die som van die totale hoeveelheid koolstofdioksiedvrystellings
van ʼn individu per jaar
1.2.2 Die ophoping van voedingstowwe in damme, as gevolg van die
oormatige gebruik van kunsmis op landerye, wat die oormatige
groei van alge stimuleer
1.2.3 Toegang tot genoegsame voedsel, op ʼn daaglikse basis, om ʼn
gesonde lewe te verseker
1.2.4 Die aanplant van bome vir kommersiële doeleindes
1.2.5 ʼn Enkele gewasspesie wat vir ʼn aantal opeenvolgende jare op
dieselfde stuk grond aangeplant word
1.2.6 Die manlike deel van ʼn blom
1.2.7 Diere wat verbonde bly aan die substraat vir hul hele lewensiklus
1.2.8 Die weefsellaag wat oorsprong gee aan die buitenste
beskermende laag van die dier
1.2.9 Soort simmetrie waar ʼn dier in enige vertikale vlak deur die
middellyn gesny kan word om twee spieëlbeelde te vorm
1.2.10 Die ontslae raak van die eksoskelet, in geleedpotiges, om groei
moontlik te maak
(10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
Slegs A, Slegs B, Beide A en B of geen langs die vraagnommer
(1.3.1−1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Verminder kweekhuisgasse in die A: Stortingsterreine
atmosfeer
B: Ontbossing
1.3.2 Verminder biodiversiteit A: Uitheemse plant-
indringing
B: Verstedeliking
1.3.3 Triploblastiese diere met ʼn A: Platyhelminthes
blindeindigende derm
B: Annelida
(3 x 2) (6)
1.4 Die onderstaande diagram is ʼn kladogram van plantevolusie.
Blomplante
Keëldraende
plante D
Varings en hul C
familie
X
Mosse en hul
familie B
A Sade
W
Groen alge
voorouer
1.4.1 Identifiseer die plantgroepe (divisies) gemerk A, B, C en D. (4)
1.4.2 Noem die evolusionêre eienskappe by W en X, onderskeidelik, wat
die volgende van mekaar onderskei:
(a) Mosse en varings (1)
(b) Keëldraende plante en blomplante (1)
1.4.3 Beide keëldraende plante en blomplante is saaddraende plante.
Wat is die versamelnaam vir saaddraende plante? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.5 Chloorfluoorkoolstowwe (CFK’s) het ongelukkig aansienlike skade aan die
osoonlaag veroorsaak, wat tot die vorming van groot ‘gate’ gelei het. Die
onderstaande grafiek toon die omvang van die skade in die Antarktika-
osoonlaag.
1.5.1 Gedurende watter jaar was die ‘gat’ in die Antarktiese gebied die:
(a) Kleinste? (1)
(b) Grootste? (1)
1.5.2 Wat was die area (oppervlak) van die ʽgat’ (miljoen km2) in die jaar:
(a) 2000 en (1)
(b) 2005? (1)
1.5.3 Stel DRIE oplossings vir osoonuitputting voor. (3)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande diagram is dié van ʼn bakteriële sel (bakterium).
1
2
3
4
Plasmied 5
6
7
2.1.1 Identifiseer dele gemerk 5 en 7. (2)
2.1.2 Noem die funksie van die deel gemerk 1. (1)
2.1.3 Mikroörganismes kan gebruik word in die produksie van medisyne
soos insulien en antibiotika.
Beskryf hoe die bakterie E. coli in die produksie van insulien, vir die
behandeling van diabetes, gebruik word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.2 Die tabel hieronder toon die wêreldwye koolstofdioksiedvrystellings
(emissies) van die verbranding van fossielbrandstowwe en ʼn paar
industriële prosesse in 2014.
LAND KOOLSTOFDIOKSIED-EMISSIE
(%)
China 30
Europese Unie 9
VSA 15
Indië en Russiese Federasie 12
Japan 4
Ander 30
2.2.1 Watter enkele land het die meeste koolstofdioksied in die omgewing
ingestuur? (1)
2.2.2 Verduidelik die impak van die verhoogde koolstofdioksied-
vrystellings op die omgewing. (3)
2.2.3 Elke land was ʼn mandaat gegee om sy koolstofdioksied-emissies te
verminder om ʼn sekere teiken te bereik. Dit word jaarliks hersien deur
die Konferensie van Partye (COP), ʼn organisasie van die Verenigde
Nasies bestaande uit 195 lande wat vergader om die vordering in die
hantering van klimaatsverandering te evalueer.
Verduidelik TWEE redes waarom sommige lande teen die
vermindering van die koolstofdioksied-emissies, deur hul
nywerhede, is. (4)
2.3 Ten spyte van ʼn groot toename in die vraag na voedsel, word slegs 70%
meer grond gebruik vir boerdery. Een van die redes hiervoor is verhoogde
produktiwiteit, dit is ʼn hoër opbrengs per hektaar, as gevolg van GMO's,
asook die gebruik van plaagdoders en kunsmis/misstowwe.
In die afgelope 30 jaar het mense meer bewus geword van die gebruik van
chemikalieë in boerdery. Sommige mense is bekommerd oor die effek
hiervan op hul gesondheid en kies om organies gekweekte produkte te koop.
Boere wat organiese metodes gebruik om voedsel te produseer, gebruik nie
chemikalieë op hul gewasse nie.
2.3.1 Gee EEN rede vir die toename in die vraag na voedsel oor die jare. (1)
2.3.2 Noem EEN manier waarop die gebruik van elk van die volgende help
om produktiwiteit te verhoog:
(a) Plaagdoders (1)
(b) Kunsmis (1)
2.3.3 Verduidelik hoe die gebruik van plaagdoders voedselkettings kan
vernietig. (2)
2.3.4 Verduidelik hoe GMO’s ʼn bedreiging vir voedselsekuriteit kan
inhou. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.4 ʼn Mikorisa is ʼn mutualistiese verhouding tussen swamhifes en die wortels
van ware plante. Die hifes verhoog die absorpsie-oppervlak van die plant-
wortels deur te help met die opname van water, fosfor en ander minerale-
ione vanuit die grond tot in die wortels van plante. Die plant is fotosinteties
en voorsien die swam van koolhidrate.
Wetenskaplikes het ʼn ondersoek gedoen om die effek van mikorisa-
verwantskappe op die groei van plante te bepaal. Die eksperiment is soos
volg uitgevoer:
Twee groepe plante was gekweek.
Een groep is geplant in grond wat gesteriliseer was.
Die ander groep is in dieselfde soort grond geplant, maar die grond is nie
gesteriliseer nie.
Alle ander faktore rakende die twee groepe het dieselfde gebly.
Die plante was toegelaat om vir 8 weke te groei.
Elke week was die lengte (in sentimeter) van elke plant gemeet.
Die tabel hieronder toon die groei van die plante oor die 8-weke tydperk.
Week Lengte van plante gekweek Lengte van plante gekweek in
in gesteriliseerde grond (cm) nie-gesteriliseerde grond (cm)
1 0,8 2,0
2 1,5 5,5
3 2,0 8,7
4 2,3 10,0
5 2,4 12,0
6 3,8 16,2
7 5,0 19,1
8 6,0 25,0
2.4.1 Definieer mutualisme. (1)
2.4.2 Beskryf die mutualistiese verhouding tussen die swam en die
plante. (2)
2.4.3 Identifiseer die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.4.4 Beskryf EEN manier waarop die wetenskaplikes verseker het dat die
resultate van hierdie ondersoek geldig is. (1)
2.4.5 Gebruik die data in die tabel hierbo en teken twee lyngrafieke op
dieselfde assestelsels. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.4.6 Verduidelik hoekom die plante wat in gesteriliseerde grond gegroei
het, baie stadiger gegroei het as plante wat in nie-gesteriliseerde
grond gegroei het. (3)
2.4.7 Watter gevolgtrekking kan uit die resultate van hierdie eksperiment
gemaak word? (2)
[40]
VRAAG 3
3.1 Die rangskikking van liggaamsweefsel word toenemend kompleks namate
diere meer ontwikkel/evolueer. Dit het diere in staat gestel om verskillende
voedingstrategieë te ontwikkel. Die onderstaande diagramme toon die
weefsellae in diere.
Diagram B
Diagram A
Endoderm
Spys
verterings
Y
kanaal
Ektoderm
Nie-lewende
laag
X
3.1.1 Gebruik die letters A en B om die diagramme in hul korrekte
evolusionêre volgorde te plaas. (1)
3.1.2 Noem TWEE dier-filums wat deur diagram B voorgestel word. (2)
3.1.3 Voorsien byskrifte vir X en Y. (2)
3.1.4 Beskryf TWEE voordele van struktuur X. (2)
3.1.5 Watter een van die twee organismes, A of B, is radiaal
simmetries? (1)
3.1.6 Verduidelik EEN voordeel om radiaal simmetries te wees. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.2 Lees die uittreksel hieronder.
Inwoners wat langs die Vaalrivier woon, het veranderinge in die rivierwater,
wat voor hul eiendomme verbyvloei, opgemerk. Die kleur van die water het
na rooi-bruin verander en het soos vrot eiers geruik. Daar was ook dooie
visse wat op die wateroppervlak gedryf het. Die inwoners het by die
munisipaliteit gekla, wat ʼn waterkwaliteitsbeampte uitgestuur het om
ondersoek in te stel. Die beampte het watermonsters van punt A en punt B
geneem. Sy het die watermonsters na ʼn laboratorium vir ontleding gestuur.
Die tabel hieronder toon die resultate van die analise.
Watergehalte veranderlike Monster A Monster B
pH (suur en alkalië) 7,5 5,2
Fekale koliforme (bakterieë 100 mℓ) 500 150 000
Nitrate (mg/ℓ) 0,45 4,6
Fosfate (mg/ℓ) 0,18 0,75
Sulfate (mg/ℓ) 60 460
Natrium (mg/ℓ) 29 130
Chloriede (mg/ℓ) 34 140
3.2.1 Gee TWEE aanwysers (indikators) van besoedeling waaroor die
inwoners gekla het. (2)
3.2.2 Bevestig die watergehalte-data dat waterbesoedeling plaasgevind
het? (1)
3.2.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.2 deur na een voorbeeld
in die tabel hierbo te verwys. (2)
3.2.4 Watter van die veranderinge in watergehalte, tussen monsterpunt A
en monsterpunt B, kan veroorsaak word deur besoedeling deur:
(a) Die myn? (1)
(b) Industrie? (1)
(c) Afvalwatersuiweringsaanleg? (1)
3.2.5 Watter uitwerking kan die waterbesoedeling hê op:
(a) Die boere wat mielies en groente op die landbougrond kweek? (2)
(b) Mense wat in die informele nedersettings woon wat die
rivierwater gebruik om te drink en te was? (2)
3.2.6 Stel TWEE maniere voor waarop die afvalwatersuiweringsaanleg
die hoeveelheid besoedelende stowwe wat hulle in die rivier
vrystel, kan verminder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
3.3 Lees die uittreksel hieronder.
JAG EN STAPTOERE − DIE GROOTSTE BEDREIGING VIR
BESKERMDE GEBIEDE
ʼn Nuwe studie in Kuala Lumpur het getoon dat die jag van wilde diere vir
voedsel en ontspanningssportsoorte soos staptoere en bergfietsry die twee
grootste bedreigings vir die wêreld se beskermde gebiede is.
Tien navorsers het data bestudeer wat die afgelope dekades versamel is
deur bestuurders op ongeveer 2000 beskermde gebiede, insluitend
ongerepte woude en nasionale parke of reservate.
Hulle het gevind dat jag die grootste bedreiging in ontwikkelende lande inhou,
terwyl ontspanningsaktiwiteite soos vierwiel-fietsry, ski, bergfietsry, staptogte
en selfs om met honde te gaan stap, die meeste skade berokken het aan
beskermde gebiede in meer welgestelde nasies.
Die studie het getoon dat die jag van ‘wildsvleis’ soos voëls, insekte, ape en
slange in 61% van alle gebiede voorgekom het. Die diere word dikwels
verkoop om aan die eise vir voedsel of medisyne in stedelike gebiede te
voldoen. Die toename in die aantal wilde diere wat gejag word, is deels as
gevolg van ʼn toename in stedelike aanvraag − groot stede en dorpe groei en
die aanvraag na ‘wild’ om te eet groei.
Nog ʼn faktor is dat die padnetwerke in bosgebiede uitbrei, wat hulle meer
toeganklik maak.
[Aangepas uit ʼn artikel ‘Van jag na stap: grootste bedreigings vir beskermde gebiede
geïdentifiseer’, Reuters, 2018]
3.3.1 Wat word die onwettige jag en doodmaak van diere genoem? (1)
3.3.2 Gee TWEE redes vir die toename in die aantal wilde diere wat gejag
word. (2)
3.3.3 Verduidelik hoe die toename in die doodmaak van wilde diere die
omgewing sal beïnvloed. (3)
3.3.4 Stel TWEE moontlike oplossings voor vir elk van die volgende
bedreigings:
(a) Oormatige jag (2)
(b) Ontspanningsaktiwiteite (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.4 Menslike aktiwiteite het op baie maniere ʼn impak op die omgewing.
3.4.1 Behalwe vir herwinning, noem TWEE ander maniere waarop ons
vaste afval kan bestuur. (2)
3.4.2 Uitheemse plante is spesies wat in ʼn gebied ingevoer word en
wat meeding met die natuurlike plante in die omgewing.
Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel vir die gebruik van
biologiese-beheer om populasies van indringerplante te reguleer. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
VRAAG 4
Bespreek die aanpassings van blomme vir bestuiwing deur wind en insekte.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 QP NOV2025_Afrikaans 2_watermark.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Life-Sciences-Grade-11-SEPT-2022-P1-only.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023-24.pdf

Memorandum
LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025_Afrikaans_watermark.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-11-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
EC-Life-Sciences-Grade-11-June-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-11-June-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum