Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape November 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
11. Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) van jou keuse langs
die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Koolstofdioksied word hoofsaaklik in die bloed as ... vervoer.
A karbaminohemoglobien
B koolsuur in die eritrosiete
C bikarbonaatione in die rooibloedselle
D gasborrels in die bloedplasma
1.1.2 Die bloed wat die lewer verlaat, bevat ... in vergelyking met die bloed
wat die lewer binnekom.
A minder glukose
B meer suurstof
C meer glukose
D minder ureum
1.1.3 Die grafieke hieronder (A, B, C en D) verteenwoordig die verwantskap
tussen die tempo van fotosintese en temperatuur.
A B C D
Tempo van fotosintese Tempo van fotosintese Tempo van fotosintese
Tempo van fotosintese
20 40 60 20 40 60 20 40 60 20 40 60
0
Temperatuur (°C) Temperatuur (°C) Temperatuur (°C) Temperatuur (°C)
Watter EEN van die grafieke (A, B, C of D) verteenwoordig die korrekte
verhouding tussen die temperatuur en die tempo van fotosintese?
A D
B A
C B
D C
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.4 Die volgende komponente is betrokke by selrespirasie:
(i) Energie
(ii) Koolhidrate
(iii) Koolstofdioksied
(iv) Water
(v) Suurstof
Watter EEN van die volgende kombinasies toon die korrekte manier
waarop die komponente betrokke is?
A (ii) + (iii) (i) + (iv) + (v)
B (ii) + (iv) (i) + (iii) + (v)
C (i) + (ii) (iii) + (iv) + (v)
D (ii) + (v) (i) + (iii) + (iv)
1.1.5 E. coli bakterieë wat in die kolon van die menslike spysverteringstelsel
leef, is ʼn voorbeeld van ...
A parasitisme.
B mutualisme.
C kompetisie.
D kommensalisme.
1.1.6 Prikkelbare derm-sindroom (PDS) is ʼn mediese term wat ʼn siekte van
die spysverteringstelsel beskryf. Simptome kom gewoonlik voor nadat
sekere kosse of drankies ingeneem is. Dit kan skielike en ernstige
diarree veroorsaak.
Watter gevolg kan dit vir ʼn persoon hê?
A Te veel water en voedingstowwe sal in die spysverteringskanaal
geabsorbeer word
B Te min water sal geabsorbeer word, maar die voedingstowwe sal
geabsorbeer word
C Te min voedingstowwe sal geabsorbeer word, maar water sal
geabsorbeer word
D Te min water en voedingstowwe sal geabsorbeer word
1.1.7 Die volgorde van plant-suksessie op ʼn kaal stuk grond word hieronder
beskryf:
(i) Bome begin groei
(ii) Mosse en ligene (korsmosse) groei en vorm grond wanneer hulle
doodgaan
(iii) Grondlaag raak dikker en klein struike begin groei
(iv) Grond ontwikkel waarin grasse en klein plantjies groei
Watter volgorde, wat hieronder gelys word, sal aanleiding gee tot die
vestiging van ʼn stabiele klimaksgemeenskap?
A (i)(ii) (iv)(iii)
B (ii) (i) (iv)(i)
C (ii)(iv)(iii)(i)
D (ii)(iii)(iv)(i)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 ʼn Eksperiment is opgestel om te bepaal (ondersoek) of suurstof tydens
fotosintese vrygestel word. Die resultaat van die eksperiment word in die
volgende diagram voorgestel.
Klokglas A Klokglas B
Na ʼn kort tydjie het Die kers bly vir ʼn langer
die kers doodgegaan tydperk brand
Die volgende afleidings is gemaak voordat jy tot die finale gevolgtrekking
gekom het.
(i) Fotosintese verminder die hoeveelheid CO2 in klokglas B
(ii) Die suurstof in klokglas A is heeltemal opgebruik en die
verbranding is nie onderhou nie
(iii) Fotosintese verhoog die hoeveelheid suurstof in klokglas B
(iv) Die waterdamp, wat tydens verbranding in klokglas A geproduseer
is, het die brandende kers uitgedoof (geblus)
Watter EEN van die volgende stel afleidings is korrek?
A Slegs (i) en (iv)
B Slegs (i), (ii) en (iii)
C Slegs (i), (iii) en (iv)
D Slegs (iii) en (iv)
1.1.9 Watter EEN van die volgende verteenwoordig ʼn voorbeeld van die
afwesigheid van sosiale organisasie, waar die kanse op oorlewing
verminder word?
A Verdeling van arbeid in ʼn byekorf
B ʼn Skool visse beweeg in verskillende formasies
C ʼn Roofdier jag alleen
D ʼn Alfa-mannetjie in ʼn leeutrop is die enigste een wat met die wyfies
paar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.10 ʼn Kind word na die hospitaal geneem en met ʼn vorm van wanvoeding
gediagnoseer. Tydens ʼn verdere ondersoek het dokters ontdek dat
die kind slegs mieliemeel as voedsel gebruik het. Aan watter tipe
wanvoeding gaan hierdie kind hoofsaaklik ly?
A Anoreksie
B Kwasjiorkor
C Marasmus
D Bulimie (10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Soort wanvoeding waartydens die persoon groot hoeveelhede hoë-
energie kos verbruik
1.2.2 Die vorm waarin oortollige glukose in ʼn plant geberg word
1.2.3 Verskillende bevolkings wat in ʼn bepaalde gebied voorkom
1.2.4 Die eenrigting beweging van organismes uit ʼn bevolking na ʼn nuwe
gebied
1.2.5 Die anaërobiese respirasie wat in gisselle voorkom
1.2.6 Die tipe energie wat deur chlorofil geabsorbeer word
1.2.7 Die tipe verhouding tussen twee organismes waar die een die ander
heeltemal uitkompeteer
1.2.8 Die tipe kompetisie tussen lede van verskillende spesies
1.2.9 Die posisie wat ʼn organisme in ʼn ekosisteem beklee (9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs
A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM І KOLOM ІІ
1.3.1 Stowwe wat verteer moet A: Aminosure
word voor opname B: Glukose
1.3.2 Grondstowwe wat A: Suurstof
noodsaaklik is vir fotosintese B: Koolstofdioksied
1.3.3 Voorbeelde van mutualisme A: Stikstofbindende bakterieë op
die wortels van peulgewasse
B: Suigmossels op walvisse
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.4 Die volgende diagramme verteenwoordig ondersoeke wat betrokke is by ʼn
proses wat in groen plante plaasvind. Die plante/blare wat deur A en C
voorgestel word was aan sonlig vir 4–5 ure blootgestel.
wit area
B
groen area
Aluminium
foelie-papier
A
C
1.4.1 Watter ondersoek (A, B of C) is opgestel om te toets vir die volgende?
(a) Chlorofil is nodig vir fotosintese (1)
(b) Lig word vir fotosintese benodig (1)
(c) Suurstof word tydens fotosintese geproduseer (1)
1.4.2 Gee die LETTER van die ondersoek wat nie ʼn kontrole toon nie. (1)
1.4.3 Watter ondersoek(e) benodig ʼn chemikalie om te toets of fotosintese
plaasgevind het? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.5 Die diagram hieronder toon ʼn diagrammatiese voorstelling van die
spysverteringstelsel.
Mond
X
Maag
P Dunderm Q
Dikderm
1.5.1 Noem die deel van die spysverteringskanaal wat deur X voorgestel
word. (1)
1.5.2 Deur watter proses beweeg voedsel deur struktuur X? (1)
1.5.3 Noem die kliere P en Q wat hul afskeidings in die dunderm vrystel. (2)
1.5.4 Noem die deel van die spysverteringskanaal waar die vertering van
proteïene begin. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
1.6 Die onderstaande diagram verteenwoordig die struktuur van ʼn chloroplast.
A
B
C
D
1.6.1 Identifiseer:
(a) Deel C (1)
(b) Struktuur D (1)
1.6.2 Gee die funksie van die deel gemerk A. (1)
1.6.3 Noem die deel wat slegs in die lig aktief sal wees. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande tabel toon ʼn vergelyking tussen die vrugbaarheidsyfers van
mense in ontwikkelde en ontwikkelende lande vanaf 1950 tot 2010.
Jaar Ontwikkelde lande Ontwikkelende lande
1950 2,8 6,1
1960 2,7 6,1
1970 2,2 5,4
1980 2,0 4,1
1990 2,0 3,4
2000 2,0 3,0
2010 2,1 2,7
2.1.1 Definieer die term vrugbaarheidskoers. (2)
2.1.2 Beskryf die tendens/neiging in die vrugbaarheidskoerse van beide
ontwikkelde en ontwikkelende lande. (3)
2.1.3 Gee enige TWEE moontlike redes vir die tendens/neiging in die
vrugbaarheidskoerse in VRAAG 2.1.2 genoem. (2)
2.1.4 As die tendens in ontwikkelde lande voortduur, verduidelik die
moontlike uitwerking op hul ekonomieë oor die volgende 60 jaar. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.2 Die onderstaande diagram toon die struktuur van die menslike urienstelsel.
C
D
B
A
E
2.2.1 Gee byskrifte vir die volgende dele:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) E (1)
2.2.2 Gee EEN verskil tussen die samestelling van bloed in C en D. (2)
2.2.3 Die deel gemerk B bestaan uit miljoene mikrobuisies wat nefrone
genoem word waar bloed gefiltreer en gesuiwer word. ʼn Deel van die
nefron is die Malpighi-liggaampie.
Teken 'n diagram met byskrifte van ʼn Malpighi-liggaampie. (4)
2.2.4 Die vloei van urien in die urienblaas kan in die deel gemerk A
geblokkeer word. Die blokkasie veroorsaak ernstige pyn en moontlike
infeksie.
(a) Wat is die moontlike oorsaak van die blokkasie van urien in die
deel gemerk A? (1)
(b) Gee ʼn moontlike voorkomende maatreël om sulke blokkasies
in die urienstelsel te vermy. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.3 ʼn Ondersoek is uitgevoer om die aantal sprinkane in ʼn mielieveld te bereken.
Vyftig sprinkane is in klein hokke gevang, met klein kolletjies gemerk en toe
weer vrygelaat. Twee weke later is 96 sprinkane gevang en 8 van hulle het
kolletjies op hulle gehad.
2.3.1 Watter metode is gebruik om die bevolkingsgrootte te bepaal? (1)
2.3.2 Bereken die geskatte aantal sprinkane in die mielieveld deur die
onderstaande formule te gebruik. Toon alle berekeninge.
MxC
P= (3)
R
2.3.3 Noem TWEE maniere waarop die akkuraatheid van hierdie ondersoek
verbeter kan word. (2)
2.4 Die onderstaande diagram toon ʼn struktuur wat met die spysverteringstelsel
geassosieer word.
A
B
D
C
2.4.1 Identifiseer die struktuur wat in die diagram getoon word. (1)
2.4.2 Noem die volgende dele:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.4.3 In watter deel van die spysverteringskanaal word hierdie struktuur
aangetref? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
2.4.4 Verduidelik TWEE strukturele aanpassings van die deel genoem in
VRAAG 2.4.3 wat dit in staat stel om sy funksies te verrig. (4)
2.4.5 In watter deel (C of D) sal jy verwag om meer voedingstowwe te kry? (1)
2.4.6 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.4.5. (2)
2.4.7 Ingewandsiekte/Seliaksiekte (‘Coeliac disease’) is ʼn siekte wat die
menslike liggaam laat reageer op gluten (ʼn proteïen wat in koring, rog,
gars en grane voorkom). Die reaksie van die immuunstelsel beskadig
uiteindelik die strukture wat in die diagram hierbo geïllustreer word.
Verduidelik die uitwerking van hierdie siekte op die menslike liggaam. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande grafiek verteenwoordig ʼn interaksie tussen twee
organismes in 'n ekosisteem.
Bevolkingsgrootte (aantal organismes)
Dravermoë
120
Aantal liewen-
heersbesies
Number of lady
100 birds
Aantal
Number of
A groenvlieë
green flies
80
60
40
20
0
Jan-98 Feb-98 Mar-98 Apr-98 May-98 Jun-98 Jul-98 Aug-98 Sep-98 Oct-98 Nov-98 Dec-98 Jan-99 Feb-99 Mar-99 Apr-99 May-99 Jun-99 Jul-99 Aug-99 Sep-99 Oct-99
Tyd (maande)
3.1.1 Gee ʼn gepaste opskrif vir die grafiek. (2)
3.1.2 Watter groeifase word deur A voorgestel? (1)
3.1.3 Identifiseer die prooi-bevolking in die bostaande grafiek. (1)
3.1.4 Verduidelik waarom die kanse beperk is vir liewenheersbesies en
groenvlieë om die dravermoë te bereik. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
3.2 ʼn Uittreksel oor nierversaking en die behandeling daarvan word hieronder
gegee. (Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn dialise-masjien wat
gebruik word om pasiënte te behandel wat aan nierversaking ly.)
dialise vloeistof dialise vloeistof
na pasiënt A
se
bloedvate
vanaf
pasiënt se B Pomp
bloedvate
Dialisemembraan
(Dialisebuis)
Niere kan so beskadig word dat hulle nie meer behoorlik funksioneer nie, en
ons sê dat die persoon nierversaking het. Mense met ernstige nierversaking
kan deur dialise, met behulp van ʼn dialise-masjien, behandel word om die
bloed te suiwer. Dialise is die skeiding van molekules volgens grootte, die
kleiner molekules diffundeer deur ʼn dialise-buis (selektief-deurlatende
membraan). Die proses duur tussen drie en ses uur en moet twee of drie keer
per week gedoen word.
3.2.1 Beskryf wat nierversaking is. (2)
3.2.2 Watter proses word in die bostaande diagram geïllustreer? (1)
3.2.3 By watter punt in die diagram (A of B) sal jy die hoogste konsentrasie
ureum verwag? (1)
3.2.4 Beskryf hoe die suiwering van bloed in die dialise-masjien plaasvind. (3)
3.2.5 Verduidelik waarom ʼn dialise-membraan selektief-deurlatend moet
wees. (2)
3.2.6 Nierversaking beïnvloed die osmoregulatoriese funksie van die nier,
sodat dit nie meer doeltreffend water uitskei nie. Verduidelik die effek
van nierversaking op die pasiënt se bloeddruk. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
3.3 Die onderstaande apparaat is gebruik om ʼn ondersoek na aërobiese
respirasie uit te voer.
Die eksperiment is soos volg opgestel:
17 sade van dieselfde soort is gebruik.
Die sade en die apparaat is voor die ondersoek gesteriliseer.
Sodra die apparaat opgestel is, is die apparaat in ʼn donker kas by 35 °C
geplaas.
Daar is ook ʼn kontrole opgestel.
watteprop
ontkiemende
sade
watteprop
helder kalkwater
3.3.1 Formuleer ʼn hipotese vir hierdie ondersoek. (2)
3.3.2 Wat is die belangrikheid van die sterilisasie van die sade voordat
hulle gebruik word? (1)
3.3.3 Noem TWEE gekontroleerde veranderlikes tydens hierdie
ondersoek. (2)
3.3.4 Verduidelik hoe ʼn kontrole vir hierdie ondersoek opgestel sal word. (3)
3.3.5 Verduidelik waarom ontkiemende sade in hierdie ondersoek gebruik
is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 17
3.4 ʼn Eksperiment is uitgevoer om die tempo van fotosintese in ʼn groep plante
teen verskillende konsentrasies koolstofdioksied te bereken. Dit is by twee
verskillende ligintensiteite herhaal. Die resultate word hieronder gegee:
Tempo van fotosintese (Arbitrêre eenhede)
CO2 konsentrasie (%)
Lae ligintensiteit Hoë ligintensiteit
0,00 0 0
0,02 20 20
0,04 29 35
0,06 35 47
0,08 39 68
0,10 42 84
0,12 45 89
0,14 46 90
0,16 46 90
0,18 46 90
3.4.1 Identifiseer die afhanklike faktor in die bostaande grafiek. (1)
3.4.2 Tot en met watter waardes tree CO2-konsentrasie as ʼn beperkende
faktor op by hoë ligintensiteite? (1)
3.4.3 Noem TWEE beperkende faktore van fotosintese behalwe dié in
VRAAG 3.4.2 genoem. (2)
3.4.4 Teken ʼn lyngrafiek om die tempo van fotosintese voor te stel onder
verskillende konsentrasies CO2 by lae ligintensiteit. (7)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
VRAAG 4
James oefen vir ʼn wedloop deur elke dag 20 km te hardloop. Beskryf hoe suurstof in
sy liggaam opgeneem word en hoe dit tot in sy bloedstroom beweeg. Beskryf ook
hoe die koolstofdioksied, wat tydens oefening in sy liggaam geproduseer word,
beheer word om normale vlakke te handhaaf.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van ʼn
vloeidiagram of diagram nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo

Question paper and memo