Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201615 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *CATNA* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit: AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE. 6. Laat ʼn reël na elke subvraag oop. 7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2-puntvraag TWEE feite vereis, ensovoorts. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: PAS-ITEMS Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–P) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 Q. KOLOM A KOLOM B 1.1 Rekenaarsagteware of rekenaarhardeware wat verkeer oor ʼn A CMYK netwerk kan onderskep of aanmeld 1.2 Parallelpoorte wat oor die algemeen gebruik word om die B IF persoonlike rekenaar aan die drukker te koppel 1.3 Die taal wat gebruik word om dokumente op die WWW te skep C Input mask 1.4 Sagteware wat optree as ʼn toevoeging tot ʼn webblad sodat dit D Packet meer gespesialiseerde inhoud soos video en animasie kan vertoon sniffer 1.5 ʼn Term wat geassosieer word met die kleur vermoë van ʼn drukker E CMOS 1.6 ʼn Rekenaarwurm wat inligting van gebruikers steel op Facebook en F Validerings- dan die gebruiker se profiel gebruik om video’s te versprei wat reël virusse bevat 1.7 ʼn Funksie in ʼn sigblad wat ʼn waarde aan ʼn sel toeken, afhangende G Plug-in van die uitkoms van die voorwaardes wat gespesifiseer is 1.8 ʼn Kwaadwillige program wat ʼn aanvaller in staat stel om volle H BIOS beheer van jou rekenaar vanaf ʼn afgeleë plek te neem 1.9 ʼn Tipe skyfie wat nie inligting verloor wanneer die rekenaar I LPT afgeskakel word nie 1.10 Dit vereenvoudig data inskrywings in ʼn databasis deur die J Cookie spesifieke formaat waarin data ingesleutel moet word, af te dwing K HTML L GUI M COUNTIF N Koobface O HTTP P Rootkit (10 x 1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 E. 2.1 Die volgende is ʼn opsie in ʼn e-pos wat jou toelaat om ʼn boodskap te stuur aan verskeie ontvangers sonder dat die ontvanger se naam sigbaar is aan die ander ontvangers van dieselfde e-pos boodskap: A To B Bcc C Forward D CC (1) 2.2 Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings kan nie geassosieer word met ʼn saamgeperste lêer nie? A mpeg B zip C jpeg D rtf (1) 2.3 ʼn Bloudruk kan gebruik word om ander soortgelyke dokumente mee te skep: A Templaat B Brief C Verslag D Werkblad (1) 2.4 Hierdie is ʼn webblad om video’s te deel: A Yahoo B YouTube C Telkom D Google (1) 2.5 Die belangrikste netwerkprotokol wat gebruik word vir die oplaai en aflaai van lêers: A VoIP B RSS C HTML D FTP (1) 2.6 Hierdie funksie verseker dat die paragraaf saam met die volgende paragraaf op dieselfde bladsy gehou word: A 6 pt voor en na B Widow control C Keep with next D Keep lines together (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 2.7 Watter EEN van die volgende stellings is ʼn groot voordeel van die stuur van ʼn e-pos? A Dit is vinniger as slakkepos. B Jy kan geld oordra. C Dit kan nie deur ʼn virus besmet word nie. D Dit maak die rekenaar vinniger. (1) 2.8 Hierdie tipe rekenaars word algemeen in groot hospitale en in groot ondernemings gebruik omdat hulle groot hoeveelhede data kan verwerk: A Mini rekenaars B Persoonlike rekenaars C Super rekenaars D Hoofraamrekenaars (1) 2.9 Die naam wat gegee word vir beserings as gevolg van vinnige, herhalende aksies: A Ergonomika B RSI C Karpale Tonnelsindroom D Epikondilitis (1) 2.10 Watter EEN van die volgende is ʼn HTML tag wat gebruik kan word om ʼn prentjie in te voeg? A <applet> B <img alt> C <img src> D <image> (1) [10] VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Al die volgende stellings is ONWAAR. Verander SLEGS die onderstreepte woord om dit WAAR te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om jou stelling te verander nie.) 3.1 Die SVE is die groot stroombaanbord binne die rekenaar wat gleuwe en konnektors het vir al die komponente van ʼn rekenaar. (1) 3.2 OMR is ʼn tegnologie wat maak dat ʼn masjien karakters soos rekeningnommers op ʼn tjek kan lees. (1) 3.3 Gumtree is die grootste Internet veiling webwerf in Suid-Afrika. (1) 3.4 Phishing herlei die gebruiker outomaties na ʼn ander vals webtuiste. (1) 3.5 ʼn Boekmerk is ʼn genommerde etiket wat jy kan byvoeg by ʼn tabel, prentjie of ʼn item. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 Fotoplakwerk (scrapbooking) is jou ma se stokperdjie. Sy wil van jou matriekafskeid foto’s redigeer deur dele van hulle af te sny en te verklein. Sy wil nie baie tyd en geld hieraan spandeer nie. Sommige van jou vriende het aanbeveel dat sy sommer Paint gebruik terwyl ander gesê het dat sy eerder Photshop moet gebruik. 4.1.1 Watter EEN van die twee programme dink jy, moet onder die omstandighede genoem, deur jou ma gebruik word? (1) 4.1.2 Noem TWEE redes om jou keuse te motiveer. (2) 4.2 Sy gebruik haar lessenaarrekenaar om uitlegte vir haar fotoplakboek te ontwerp. Al die grafiese lêers wat sy skep, neem ʼn groot deel van die hardeskyf spasie op. 4.2.1 Noem TWEE maniere hoe sy vrye spasie op die hardeskyf kan skep. (2) 4.2.2 Jy stel voor dat sy ʼn eksterne hardeskyf aankoop. Noem TWEE voordele van eksterne hardeskywe. (2) 4.2.3 Noem TWEE redes hoekom dit belangrik is dat sy haar lêers op ʼn gereelde basis rugsteun. (2) 4.3 Sy kom agter dat haar rekenaar vries wanneer sy in Microsoft Word 2013 werk en dat sy dan nie Word kan verlaat nie. Om Word te verlaat, moet sy die Taakbestuurder oopmaak. 4.3.1 Watter sleutels op die sleutelbord moet sy gebruik om toegang tot die Taakbestuurder (Task manager) te verkry? (1) 4.3.2 Verduidelik die stappe wat sy moet volg nadat sy die Taakbestuurder (Task manager) oopgemaak het om die gevriesde program te sluit. (2) 4.4 Jou ma wil ʼn nuwe drukker koop. 4.4.1 Watter drukker sal geskik wees om hoë kwaliteit foto’s te druk? (1) 4.4.2 Die drukker het gestop nadat dit tien bladsye gedruk het. Noem TWEE moontlike redes hiervoor. (21) 4.5 Terwyl jou ma besig was om etikette te ontwerp vir haar fotoplakboek, het sy musiek geluister. Ewe skielik het die musiek gestop. Noem EEN moontlike rede hiervoor. (Nota: Die klankkaart is nie die rede nie.) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 4.6 Sodra jou ma aan die Internet koppel om foto’s af te laai, installeer die bedryfstelsel outomaties ‘patches’ en opdaterings vir die sagteware sowel as vir die bedryfstelsel op haar rekenaar. 4.6.1 Hoe kan sy voorkom dat opdaterings nie vanaf die Internet op haar rekenaar afgelaai en geïnstalleer word nie? (1) 4.6.2 Noem TWEE redes hoekom jy nie outomatiese opdaterings sou skeduleer om af te laai en te installeer op jou ma se rekenaar nie. (2) 4.7 Jou ma en haar vriendin ruil dikwels foto’s uit via e-pos. Jou ma se e-pos adres is as volg: jjsenekal@yahoo.com. 4.7.1 Is dit ʼn webgebaseerde of rekenaar gebaseerde e-pos program? Motiveer jou antwoord. (2) 4.7.2 Noem EEN nadeel van hierdie tipe e-posprogrammatuur. (1) 4.8 Hoekom is dit nie wenslik dat jou ma digitale foto’s teen die maksimum resolusie wat haar digitale kamera kan neem, fotografeer nie? (1) 4.9 Jou ma spandeer meeste van haar tyd voor die rekenaar en voer daarom verskeie muis aksies uit deur die muis rond te beweeg. 4.9.1 Hoekom sal jy ʼn ergonomiese sleutelbord vir jou ma aanbeveel? (1) 4.9.2 Noem EEN rede hoekom jy ʼn koordlose muis bo ʼn gekabelde muis sal verkies. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Jou ma gebruik die Internet daagliks om te kommunikeer, om sake te doen en om aanlyn-inkopies vir haar fotoplakwerk (scrapbooking) stokperdjie te doen. 5.1.1 Wanneer jou ma ʼn Internet konneksie moet kies, verkies sy ʼn breëbandkonneksie. Noem EEN rede vir haar keuse. (1) 5.1.2 Een van die breëbandpakkette wat jou ma ondersoek het, word as “unshaped” geadverteer. Verduidelik kortliks wat “unshaped” in hierdie konteks beteken. (1) 5.1.3 Waarom sal die aflaai van flieks en musiek lêers die limiet (cap) affekteer en nie die aflaai van data lêers nie? (1) 5.1.4 Verduidelik aan jou ma waarom sommige ADSL-pakkette twee verskillende spoedspesifikasies aandui. (1) 5.2 Die Internet stel ons in staat om met een of meer mense te kommunikeer deur die gebruik van Intydse boodskapdienste (Real-time messaging) wat jou toelaat om met teks, klank of video te kommunikeer. 5.2.1 Wat is die belangrikste verskil tussen Intydse boodskapdienste en e-pos kommunikasie? (2) 5.2.2 Lys TWEE voordele van die gebruik van VoIP-programmatuur. (2) 5.3 Jy het vir jou ma vertel om deel te word van ʼn ‘extranet’-netwerk. 5.3.1 Wat is ʼn ‘extranet’-netwerk? (1) 5.3.2 Hoe kan sy by so ʼn netwerk baat vind? (1) 5.4 Jou ma verklaar dat haar rekenaar gewoonlik outomaties na Google gegaan het wanneer sy haar webblaaier oopgemaak het. Nou gaan dit egter na vreemde webtuistes wat allerhande soorte produkte adverteer. 5.4.1 Wat is die waarskynlikste oorsaak hiervan? (1) 5.4.2 Noem TWEE maniere hoe jou ma kan vasstel dat sy op ʼn veilige webtuiste is wanneer sy sake op die Internet doen. (2) 5.5 Jou ma wil ʼn e-posboodskap van ʼn sekere persoon lees. Hoe kan sy dié boodskap vinnig in die hande kry? (1) 5.6 Waarom wil jou ma e-posboodskappe in stoorareas soos Folders of Labels stoor? (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR 6.1 Jou ma het die sleutelwoord fotoplakwerk (scrapbooking) in die soekblokkie in Google ingetik en meer as ʼn honderd ‘hits’ of trefslae gekry. 6.1.1 Verduidelik wat die term ‘hit’ in hierdie konteks beteken deur te verduidelik hoe ʼn soekenjin werk. (1) 6.1.2 Noem TWEE maniere waarop die soektog verminder, en meer verfyn kan word. (2) 6.2 Verduidelik aan jou ma wat die term inligtingsoorlading beteken. (1) 6.3 Noem TWEE aanduidings wat jou ma kan gebruik om die moontlike akkuraatheid en betroubaarheid van inligting op ʼn webtuiste te evalueer. (2) 6.4 Verduidelik kortliks hoe fotoplakkers (scrappers) voordeel kan trek uit die bemarking van hulle fotoplakwerk benodigdhede op die Internet. (2) 6.5 Jou ma het ʼn lêer genaamd Fotoplakwerk.docx van haar vriendin via e-pos ontvang. Sy het probeer om die lêer in Word 2003 oop te maak maar het probleme ondervind. 6.5.1 Verduidelik kortliks aan haar wat die probleem is. (1) 6.5.2 Verduidelik EEN manier hoe om die probleem op te los sodat sy wel die lêer in Word 2003 kan oopmaak. (1) [10] VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Jou ma maak gebruik van ʼn webtuiste op die Internet om ʼn fotoplakboek te koop. 7.1.1 Noem EEN voordeel en EEN nadeel van aanlyn-aankope. (2) 7.1.2 Noem TWEE maniere om jouself te beskerm wanneer jy aanlyn-inkopies doen. (2) 7.2 Verduidelik aan jou ma hoe die volgende rekenaarmisdade gepleeg word: 7.2.1 Intellektuele eiendom (1) 7.2.2 Uitvissingsbedrog (phishing) (1) 7.3 Jou ma het ontdek dat baie mense nie ʼn e-posadres het nie en in plaas daarvan webtuistes soos Facebook en MySpace gebruik. 7.3.1 Wat is die algemene of generiese naam wat gebruik word om webtuistes soos Facebook en MySpace te beskryf? (1) 7.3.2 Noem TWEE eienskappe, behalwe die pos van teksboodskappe, wat ʼn webtuiste soos Facebook het. (2) 7.4 Verduidelik wat die term ‘crippleware’ beteken. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING 8.1 Jou ma het ʼn databasis met al die kontak besonderhede van die nabygeleë fotoplakwerk winkels opgestel. Sy het ʼn verslag in die databasis saamgestel en sommige van die inligting word hieronder vertoon. NAAM VAN WINKEL ADRES TELEFOON Scrapbook Nook 152 Main Road ############ I-Scrap 244 Cape Road ############ Atmosphere Crafts 15 Chelmsford Road ############ Arts and Crafts 150 Main Road ############ Creative Arts 123 Lincoln Road ########### Totaal 8.1.1 Sy wil ʼn funksie byvoeg om die aantal inskrywings in die verslag bymekaar te tel sodat dit outomaties aan die einde van die verslag vertoon word. Noem die funksie wat sy sal gebruik om dit te doen en verduidelik presies waar in die verslag sy hierdie funksie moet plaas. (2) 8.1.2 Verduidelik aan jou ma wat die rede is vir die klomp hutstekens (########) wat in die telefoon veld verskyn en hoe die probleem opgelos kan word. (2) 8.1.3 Watter eienskap van ʼn databasis kan gebruik word om te verseker dat elke selfoonnommer uit 10 syfers bestaan? (1) 8.2 Jou ma wonder of dit nie beter sal wees om eerder ʼn sigblad as ʼn databasis te gebruik vir die vaslegging van inligting oor die verskillende winkels nie. 8.2.1 Noem TWEE voordele hoekom databasisse beter is met die hantering van groot hoeveelhede data in plaas van sigblaaie. (2) 8.2.2 Indien jou ma besluit om eerder ʼn sigblad te gebruik, het sy nodig om al die inligting weer oor te tik in die sigblad? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 8.3 Jou ma het die volgende formule in ʼn sigblad gebruik: =14%*$B$3 8.3.1 Watter term word gebruik om die seladressering te beskryf waar ʼn gedeelte van die seladres of die hele seladres dollartekens insluit, byvoorbeeld $B$3? (1) 8.3.2 Waarom word die tipe adressering, waarna in VRAAG 8.3.1 verwys word, in ʼn sigblad benodig of gebruik? (1) 8.4 Jou ma wil die laaste twee bladsye van ʼn 300-bladsye dokument druk. Terwyl die drukstuk besig is om te ‘spool’, besef jou ma dat sy die hele dokument na die drukker gestuur het!. Hoe kan sy probeer keer dat die hele 300-bladsye dokument gedruk word? (1) 8.5 Jy het jou ma en haar vriende gevra om jou PAT-taak deur te lees en om veranderings en voorstelle aan te bring. 8.5.1 Verduidelik TWEE fasiliteite van Word wat hulle sal toelaat om dieselfde dokument elektronies te deel en veranderinge aan te bring sonder dat die een die ander se werk sal verwyder. (2) 8.5.2 Verduidelik wat jy verstaan onder die term: toeganklikheid van ʼn dokument. (1) [15] TOTAAL AFDELING B: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING C Lees die volgende scenario aandagtig deur aangesien al die vrae in AFDELING C wat volg, daarop gebaseer is. SCENARIO Die Beheerliggaam van jou skool wil die rekenaardepartement uitbrei deur ʼn sentrum vir lees en navorsing by te voeg. Hulle benodig die tegniese kennis en hulp van die RTT-leerders. Die skool stel belang om nuwe rekenaars vir hierdie sentrum aan te koop en moet die regte besluite neem deur te kies tussen die onderstaande rekenaars. VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO Bestudeer die volgende advertensies van ʼn lessenaarrekenaar en ʼn skootrekenaar en beantwoord dan die vrae wat volg. REKENAAR A REKENAAR B All in one desktop Lenova Laptop Intel Pentium dual core J2900 AMD E1-6010 processor 2.4 GHz CPU 2GB DDR 3 RAM 4 GB RAM Webcam, card reader 500 GB HDD Wireless LAN, HDMI, Bluetooth 4.0 Numeric keypad, DVD Writer, Windows 8 15.6” HD LCD screen, Bluetooth 12 Month on-site warranty 500 GB HDD, Windows 8.1 1 year warranty on selected parts 9.1 Die Beheerliggaam van jou skool moet besluit tussen die lessenaarrekenaar (Rekenaar A) en die skootrekenaar (Rekenaar B). Help hulle deur die volgende vrae te beantwoord. 9.1.1 Watter maatskappy het die SVE (CPU) in Rekenaar A, vervaardig? (1) 9.1.2 Wat is die kapasiteit van die hardeskyf in Rekenaar A? (1) 9.1.3 Watter bedryfstelsel is in Rekenaar A geïnstalleer? (1) 9.1.4 Verduidelik die doel van die geadverteerde kaartleser in Rekenaar B. (2) 9.1.5 Verduidelik die doel van DDR RAM in Rekenaar B aan die kliënt. (2) 9.1.6 Noem TWEE funksies van ʼn bedryfstelsel. (2) 9.1.7 Verduidelik aan die Beheerliggaam die betekenis van ʼn warm uitruiling (hot swapping). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 9.2 Indien die Beheerliggaam besluit om Rekenaar B te koop, gaan hulle van ʼn koordlose breëband Internetkonneksie gebruik maak. 9.2.1 Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van ʼn koordlose Internetkonneksie. (2) 9.2.2 Noem TWEE kenmerke wat in onlangse weergawes van Windows ingebou is en wat help om rekenaarsekuriteit te verhoog. (2) 9.3 Baie van die leerders sal gebruik maak van ʼn aantal maklik-om-te-gebruik aanlyn stoornutsprogramme soos Google Drive om lêers aanlyn te stoor en met ander gebruikers te deel en om lêers te sinkroniseer. 9.3.1 Noem TWEE ander voorbeelde van soortgelyke webtuistes of dienste. (2) 9.3.2 Hoe kan die leerders ʼn lêer met ander gebruikers deel deur hierdie fasiliteite te gebruik? (2) 9.3.3 Verduidelik aan die leerders wat dit beteken om lêers te sinkroniseer en hoe hierdie tipe stelsels dit doen. (2) 9.4 Die leerders is gewaarsku om versigtig te wees om nie plagiaat te pleeg nie en om die akkuraatheid van inligting op wiki-webtuistes en blogs na te gaan wanneer hulle navorsing doen. 9.4.1 Verduidelik die term: plagiaat. (2) 9.4.2 Verduidelik aan die leerders hoekom die inligting wat vanaf ʼn ‘blog’ verkry word nie noodwendig akkuraat is nie. (1) 9.4.3 Noem TWEE redes hoekom ouers en leerders sal verkies om die hoof se boodskap rakende die lees en navorsing sentrum eerder as ʼn ‘podcast’ te ontvang in plaas van ʼn gewone nuusbrief. (2) 9.4.4 Noem TWEE ander tipiese toepassings van wiki’s, behalwe om as naslaanwebtuistes (ensiklopedieë soos Wikipedia) gebruik te word. (2) 9.4.5 Een van die leerders het genoem dat die hoof “Word gebruik om te blog”. Hoe is dit moontlik? (2) 9.4.6 Verduidelik hoe maak mense ʼn bestaan as ‘bloggers’ ‘blogs’ kan maak, indien dit oor algemeen gratis besoek kan word. (1) 9.5 Die skool wil VoIP gebruik om met ʼn skool in Australië te kommunikeer. 9.5.1 Watter VoIP-program word oor die algemeen gebruik? (1) 9.5.2 Noem enige EEN VoIP-verskaffer wat deur die skool gebruik kan word. (1) 9.5.3 Die Beheerliggame van die twee skole beplan ʼn videokonferensie. Watter TWEE hardeware toestelle moet verbind word aan die skoolhoof se rekenaar om hierdie diens te fasiliteer? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 9.6 Die skool wil met skole in agtergeblewe gebiede kommunikeer. Deel van die navorsing in die laboratorium sal wees om maniere te vind om die digitale kloof (digital divide) tussen jou skool en die skole in die agtergeblewe gebiede te verminder. 9.6.1 Wat is die TWEE beste maniere om die digitale kloof te verklein? (2) 9.6.2 Digitale kommunikasie is maklik om te gebruik en kan geld spaar. Noem TWEE redes waarom jy dink mense in Suid-Afrika nie gereeld gebruik maak van digitale kommunikasie nie. (2) 9.7 Op watter TWEE maniere kan die skool ʼn bydrae tot ʼn groener omgewing lewer? (2) 9.8 Die Beheerliggaam is besig om twee dokumente vir die hoof voor te berei rakende die keuse van rekenaars vir die sentrum. Hulle het egter ʼn paar vrae en probleme ondervind. Help hulle deur die volgende sigblad en woordverwerkings vrae te beantwoord. 9.8.1 Die dokument wat hulle geskep het, is baie lank. Noem EEN fasiliteit van ʼn woordverwerkingsprogram wat hulle kan gebruik om vinnig en maklik na ʼn spesifieke plek in die dokument te navigeer. (1) 9.8.2 Die Beheerliggaam kon nie ʼn inhoudsopgawe skep nie. Noem die stappe wat hulle moet volg voordat hulle ʼn outomatiese inhoudsopgawe kan skep. (2) 9.8.3 Verduidelik die verskil tussen die verdeling van ʼn venster en die vries van ʼn venster in Excel. (2) 9.9 Baie gehoorgestremde gebruikers maak staat op IKT vir beter kommunikasie. 9.9.1 Noem die tipe toepassing wat ʼn gehoorgestremde leerder in staat stel om ʼn lesing of gesprek te volg. (1) 9.9.2 Hoe kan video’s op YouTube toeganklik gemaak word vir dowe gebruikers? (1) 9.9.3 Verduidelik hoe ʼn toepassing soos Google Voice Search ʼn gesiggestremde gebruiker kan help. (2) TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all