NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 Memo (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 510.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING A
VRAAG 1: PAS-ITEMS VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1 D (1) 2.1 B (1)
1.2 I (1) 2.2 D (1)
1.3 K (1) 2.3 A (1)
1.4 G (1) 2.4 B (1)
1.5 A (1) 2.5 D (1)
1.6 N (1) 2.6 C (1)
1.7 B (1) 2.7 A (1)
1.8 P (1) 2.8 D (1)
1.9 E (1) 2.9 B (1)
1.10 C (1) 2.10 C (1)
[10] [10]
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
3.1 Die MOEDERBORD is die groot stroombaanbord binne die rekenaar wat gleuwe en
konnektors het vir al die komponente van ʼn rekenaar. (1)
3.2 MICR is ʼn tegnologie wat maak dat ʼn masjien karakters soos rekeningnommers op ʼn
tjek kan lees. (1)
3.3 BID OR BUY is die grootste Internetveilingwebwerf in Suid-Afrika. (1)
3.4 PHARMING herlei die gebruiker outomaties na ʼn ander vals webtuiste sonder sy
medewete. (1)
3.5 ʼn BYSKRIF is ʼn genommerde etiket wat jy kan byvoeg by ʼn tabel, prentjie of ʼn
item. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 4.1.1 Paint (1)
4.1.2 Haar behoeftes is redelik eenvoudig en kan verrig word deur van Paint
gebruik te maak, aangesien dit ʼn gratis program is wat saam met die
Windowsbedryfstelsel geïnstalleer is.
Photoshop is relatief duurder en moet aangekoop en geïnstalleer word
voordat dit gebruik kan word. Dit is dus nie geskik vir haar behoeftes nie. (2)
4.2 4.2.1 Disk Cleanup:
o Verwyder tydelike lêers wat vanaf die Internet afgelaai is.
o Verwyder tydelike lêers wat deur Windows geskep is.
o Maak die ‘Recycle Bin’ leeg.
Dit kan ook geïnstalleerde programme wat jy nooit of selde gebruik,
verwyder.
Saampers van lêers. (Enige 2) (2)
4.2.2 Groot kapasiteit
Draagbaarheid
Maklike gebruik
Hoë spoed
Betroubaarheid (Enige 2) (2)
4.2.3 Lêers kan per ongeluk oorgeskryf of verwyder word.
Apparatuur kan onklaar raak, soos wanneer ʼn skyfaandrywer faal.
Toestelle kan gesteel word.
Rampe soos brande, aardbewings en vloede kan apparatuur vernietig.
Lêers kan korrup word as gevolg van fluktuasies in elektriese
kragtoevoer.
Lêers kan verwyder of korrup gemaak word deur virusse, ens.
(Enige 2) (2)
4.3 4.3.1 Ctrl + Alt + Delete (1)
4.3.2 Regsklik op die program.
Klik op ‘end program’ of op die ‘end task button’. (2)
4.4 4.4.1 Inkspuitdrukker (2)
4.4.2 Geen papier in drukker.
Kabels nie behoorlik gekonnekteer nie.
Datum- en tydinstellings.
Apparatuurinstellings.
Min ink of ink vlakke is te laag. (Enige 2) (1)
4.5 Beskadigde luidspreker.
Swak konneksie. (Enige 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
4.6 4.6.1 Start, Control panel en skakel outomatiese opdaterings af. (1)
4.6.2 Opdaterings neem spasie op.
Kan versoenbaarheidsprobleme veroorsaak.
Gevaar om stelsel te restabiliseer.
Kan steurend wees wanneer jy konsentreer.
Dit gebruik baie data – kan jou limiet oorskry. (Enige 2) (2)
4.7 4.7.1 Webgebaseerde
Yahoo in die e-pos adres verwys na ʼn webblaaier. (2)
4.7.2 Jy kan die toepassings net gebruik as jy aan die Internet gekoppel is.
Die toepassings het dalk nie al die eienskappe of funksies van die
toepassings wat op rekenaars geïnstalleer word nie.
Webgebaseerde toepassings kan stadig laai.
Die gebruiker sal dit nie kan gebruik indien die bediener foutief is en nie wil
werk nie. (Enige 1) (1)
4.8 Hoe hoër die kwaliteit van die beeld, hoe groter is die lêer waarin die beeld gestoor
word. (1)
4.9 4.9.1 Ergonomiese sleutelborde plaas die sleutels so dat ʼn mens se hande in ʼn
meer natuurlike posisie gehou word.
Dit verminder die moontlikheid van Karpale tonnelsindroom. (Enige 1) (1)
4.9.2 Verminder die warboel op die lessenaar of werkoppervlak.
Draagbaarheid. (Enige 1) (1)
[25]
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 5.1.1 Dit is ʼn hoëspoed-, hoëbandwydte-konneksie.
Sy wil graag na video’s kyk en wil oor die algemeen net gekonnekteer
wees. (Enige 1) (1)
5.1.2 ‘Unshaped’ beteken dat alle Internetdienste dieselfde voorkeur geniet. (1)
5.1.3 Flieks en musiek lêers is gewoonlik groot en databondel pakkette bied
verskillende opsies vir die hoeveelheid data wat in ʼn maand afgelaai en
opgelaai kan word.
Die beperkte hoeveelheid data wat afgelaai kan word, kan uitgeput raak.
(Enige 1) (1)
5.1.4 Maksimum aflaaispoed en maksimum oplaaispoed. (1)
5.2 5.2.1 Intydse boodskapdienste is ʼn kommuniksasie-fasiliteit wat deur mense
gebruik kan word sonder enige uitstel terwyl e-pos kommunikasie soms
nie die ontvanger onmiddellik bereik nie. (2)
5.2.2 VoIP oproepe is goedkoper as normale telefoonoproepe.
Die programmatuur is normaalweg gratis.
VoIP laat jou toe om lêers oor te dra en videokonferensie-oproepe te maak.
(Enige 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
5.3 5.3.1 ʼn Extranet verskil van ʼn intranet deurdat dit toeganklik is vir eksterne vennote
soos belangrike kliënte, verskaffers en besigheidsvennote om inligting uit te
ruil, om besighede te integreer en om data en toepassings te deel. (1)
5.3.2 Verbeterde samewerking tussen ondernemings en kliënte.
Sekuriteit – jy het beheer oor wie toegang het tot jou tuiste. (Enige 1) (1)
5.4 5.4.1 Spyware het haar tuisblad se instellings verander en haar herlei na
verskillende ander bladsye. (1)
5.4.2 ʼn Veilige webtuiste se URL begin met https.
ʼn Klein slotjie sal langs die URL verskyn wat aandui dat die webtuiste veilig
is. (2)
5.5 Sy kan e-pos boodskappe sorteer of filter. (1)
5.6 Gebruik ʼn lêergidsstelsel, soortgelyk aan die in Windows Explorer, om die
boodskappe wat jy wil hou te bestuur. (1)
[15]
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 6.1.1 ʼn Soekenjin is ʼn program wat na dokumente op die Internet soek, deur van
sleutelwoorde of frases wat deur die gebruiker ingetik word, gebruik te maak.
Hierdie treffers word gewoonlik in die volgorde waarop dit op die navraag
betrekking het, vertoon en word treffers (hits) genoem. (1)
6.1.2 Gebruik spesifieke sleutelwoorde of sinonieme.
Sluit sekere woorde uit deur van Boolese waardes gebruik te maak.
Gebruik die soekenjin se waardes om jou soektog te verfyn.
Spesifiseer datum reekse en lêer tipes, ens..
Gebruik aanhalingstekens.
Gebruik meer as1 woord, maar nie meer as 10 woorde in ʼn frase nie.
(Enige 2) (2)
6.2 Inligtingsoorlading is wat gebeur wanneer mense nie die hoeveelheid inligting
waaraan hulle daagliks blootgestel word, kan hanteer nie. (1)
6.3 Let op gesaghebbendheid, objektiwiteit en affiliasie van skrywer/die organisasie
waarmee die bron hom verbind/wat die publikasies verskaf.
Wat is die rede/motivering agter die webblad?
Is daar ʼn verwysingslys beskikbaar?
Het die bron ʼn datum wat aandui wanneer dit gepubliseer of opgedateer is?
Is die webblad permanent of is dit deel van ʼn permanente organisasie?
Is die feite korrek?
Is daar enige kruisverwysing na ander betroubare bronne?
Dekking – gee dit wye dekking oor die onderwerp?
Bestudeer die algehele voorstelling van die webblad, bv. spelfoute. (Enige 2) (2)
6.4 Dit is moontlik om ʼn wyer teikengehoor te bereik/meer kliënte/globale markte.
Makliker om te kommunikeer met kliënte en om terugvoering te kry.
Bou goeie sakeverhoudinge tussen onderneming en sy kliënte deur sosiale
media te gebruik.
Bemarkingskoste is relatief laer as drukmedia. (Enige 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
6.5 6.5.1 Sy kan nie ʼn Word-dokument wat in ʼn nuwer weergawe geskep is, soos bv.
2007 in ʼn ouer weergawe soos Word 2003 oopmaak nie. (1)
6.5.2 Installeer ʼn program wat ʼn lêer in ʼn ander formaat kan omskakel. Installeer
ʼn versoenbaarheidspakket.
Haar vriendin moet dit as ʼn Word 2003 lêer stoor. (Enige 1) (1)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 7.1.1 VOORDEEL
Jy kan 24/7, uit die gerief van jou huis, goedere aankoop of besprekings
doen.
Jy kan pryse makliker vergelyk.
Pryse is soms goedkoper.
ʼn Besigheid kan sy oorhoofse kostes verminder wat lone en winkelhuur
aanbetref en kan wêreldwyd handel dryf.
Die besigheid hoef nie groot hoeveelhede voorraad aan te hou nie.
Enige iets van boeke tot DVD’s tot motors kan aanlyn gekoop word.
Geen druk vanaf verkoopspersoneel word ervaar nie. (Enige 1)
NADEEL
Dit is beter om eerder self te gaan kyk na die goed wat jy wil koop.
Goedere kan tydens aflewering gesteel word.
Afleweringskoste en invoerbelasting is ter sprake as die artikel van oorsee
af kom.
Aanlyn gevare - virusse en uitvissingsbedrog, ens.
Onpersoonlike verkope.
Dit is moeilik om goedere terug te stuur veral as die artikel van oorsee af
kom. (Enige 1) (2)
7.1.2 Maak seker dat jy die organisasie se kontakbesonderhede het asook die
URL
Maak seker dat die webtuiste veilig is.
Kyk vir waarborge oor veiligheid en terugstuurbeleid.
Wees bewus van die terme en voorwaardes.
Maak seker van betalings- en afleweringsbesonderhede.
Hou volledig boek van wat jy bestel of reserveer.
Wees bewus van die feit dat jy dalk invoerbelasting sal moet betaal as jy
items van buite Suid-Afrika af aankoop.
Gee slegs jou kredietkaartbesonderhede en moet nooit jou PIN of ander
bankbesonderhede verskaf nie. (Enige 2) (2)
7.2 7.2.1 Data kan op baie maniere gesteel word: dit kan fisies gesteel word deur dit
na draagbare stoormedia te kopieer, dit kan tydens data-oordrag op ʼn
netwerk onderskep word, dit kan deur sosiale manipulasie verkry word. (1)
7.2.2 Dit verwys na pogings om die gebruiker om die bos te lei om vertroulike
inligting soos PIN nommers en wagwoorde bekend te maak, gewoonlik deur
e-pos. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
7.3 7.3.1 Sosiale netwerkdienste (1)
7.3.2 Stigting van gebruikersgroepe.
Pos van multimedia foto’s en video’s.
Verskeie toevoegings kenmerke soos bv. speletjies.
Fasiliteite om ou vriende en kennisse op te spoor.
Status opdaterings, ens. (Enige 2) (2)
7.4 Crippleware is ʼn tipe vryware programmatuur wat gratis versprei word aan die
gebruiker. Belangrike funksies van die program soos om te druk of die vermoë om
lêers te stoor is nie beskikbaar totdat die gebruiker die programmatuur registreer nie.
Verbruikers word toegelaat om die programmatuur te besigtig voordat hulle dit koop,
maar hulle word nie toegelaat om al die beskikbare funksies te gebruik nie. (1)
[10]
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 8.1.1 Aanvaar enige antwoord wat verwys na die Count-funksie.
Moet in die ‘report footer’ geplaas word. (2)
8.1.2 Die veld is nie groot genoeg om die nommer te vertoon nie.
Trek die telefoon veld groter in die ‘Details section’ in die ‘Design View’ van
die verslag. (2)
8.1.3 Input mask (1)
8.2 8.2.1 Beter verslagdoening.
Vinnige manier om data te onttrek deur navrae.
Makliker/meer funksies vir datavalidering. (Enige 2) (2)
8.2.2 Nee.
Die data kan na ʼn sigblad uitgevoer word. (2)
8.3 8.3.1 Absolute selverwysing (1)
8.3.2 Om te verhoed dat ʼn seladres verander sodra dit van een sel na
aangrensende selle gekopieer word. (1)
8.4 Verkry toegang tot die drukkerstou deur te dubbel klik op die regte drukker en die
relevante drukkerstake te verwyder. (1)
8.5 8.5.1 Veranderingspoor funksie.
Kommentaar.
Gebruik die opsie om dokumente langs mekaar te vergelyk.
Gebruik verskeie weergawe opsies soos voorsien deur sommige
woordverwerkingsprogramme.
Gebruik kleur om veranderinge en kommentaar aan te dui. (Enige 2) (2)
8.5.2 Die leesbaarheid van die dokument met ander woorde hoe die persoon wat
die dokument lees, dit ervaar, (is dit leesbaar en verstaanbaar) en of dit
toeganklik is vir swaksiendes. (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING C
9.1 9.1.1 Intel (1)
9.1.2 500 GB (1)
9.1.3 Windows 8 (1)
9.1.4 ʼn Kaartleser laat verskillende draagbare stoortoestelle en geheue kaarte toe
om aan jou rekenaar te koppel en kan gelees en na geskryf word. (2)
9.1.5 Dit kan dubbel soveel data ontvang as voorheen en daarom kan dit dubbel
so vinnig prosesseer. (2)
9.1.6 Voorsiening van die gebruikerskoppelvlak
Bestuur van programme
Bestuur van apparatuur
Voorsiening van basiese sekuriteit (Enige 2) (2)
9.1.7 ʼn Warm uitruiling is die vervanging van ʼn hardeskyf, CD-ROM skyf,
kragbron of enige ander toestel met ʼn soortgelyke toestel terwyl die
rekenaarsisteem wat dit tans gebruik, in volle werking is.
Dit beteken dat die rekenaar nie afgeskakel hoef te word terwyl die
eksterne toestelle bygevoeg/ingeprop word nie.
Warm uitruiling staan ook bekend as warm inprop. (Enige 2) (2)
9.2 9.2.1 Dit is vinniger.
Mobiele toegang tot die Internet, 24/7 vanaf enige plek in die wêreld.
Jy kan jou slimfoon of tablet gebruik om toegang tot die Internet te kry – jy
het nie ʼn rekenaar nodig nie.
Jy gebruik nie kabels vir Internetkoppeling nie. (Enige 2) (2)
9.2.2 Toegangskontrole.
Firewall
Sekuriteitsentrum – waarsku jou teen instellings wat jou stelsel onveilig kan
maak. (Enige 2) (2)
9.3 9.3.1 Dropbox
SkyDrive
DropitTOme
Google drive (Enige 2) (2)
9.3.2 Sodra jy die gratis programmatuur op jou rekenaar geïnstalleer en
geregistreer het, kan jy jou lêers oplaai op die webtuiste.
Jy kan daarna ʼn skakel en wagwoord vir die oopmaak van die betrokke
lêergids na die ontvanger stuur.
Hierdie skakel kan dan deur die ontvanger gebruik word om die lêer af te
laai. (Enige 2) (2)
9.3.3 Sinkronisering beteken dat as jy ʼn bygewerkte weergawe van ʼn lêer in ʼn
lêergids op die stelsel plaas, dit outomaties ander kopieë van die lêer op
ander rekenaars en ander toestelle sal bywerk wat geskakel is aan die
sisteem (bv. Dropbox). (2)
9.4 9.4.1 Jy is skuldig aan plagiaat wanneer jy iemand anders se werk as jou eie
werk aanbied sonder hulle toestemming.
Jy is ook skuldig aan plagiaat as jy nie die bron van die inligting vermeld
nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
9.4.2 Die inhoud is nie noodwendig akkuraat nie aangesien dit dikwels slegs die
opinies van individue verteenwoordig. (1)
9.4.3 Spaar papier (en daarom geld).
Ouers sal verkies om die boodskap af te laai en daarna te luister wanneer
dit hulle pas, bv. oppad werk toe.
Dit is ʼn voordeel vir ouers wat siggestremd is, ens. (Enige 2) (2)
9.4.4 Om maatskappy-intranette te skep.
Om gemeenskapswebtuistes te skep.
Om kontrolelyste en doen-lysies saam te stel in die geval van groter
projekte waaraan ʼn hele aantal mense werk.
Om opvoedkundige bronne soos gespesialiseerde vakwoordelyste,
studienotas, aantekeninge en FAQ-gidse saam te stel, ens. (Enige 2) (2)
9.4.5 Indien jy ʼn rekening geskep het met ʼn blog-voorsiener wat Word
ondersteun, kan jy jou blog as ʼn Word-dokument na die blog-tuiste stuur.
Die eerste keer wanneer jy iets op jou blog wil pos, sal jy die blog-rekening
moet registreer om ʼn koppeling tussen Word en die blog-voorsiener te
maak. (2)
9.4.6 Mense wat ʼn inkomste as ‘bloggers’ verdien, kry dit deur advertensies of
borge. (1)
9.5 9.5.1 Skype (1)
9.5.2 ICall
Internet Solutions
MWEB Broadband Talk
Verizon
Telkom
Voiplus global connections
VX Telecom (Enige 1) (1)
9.5.3 Webkamera
Mikrofoon
Luidsprekers (Enige 2) (2)
9.6 9.6.1 Voorsien goedkoper, meer bekostigbare Internet toegang.
Gebruik skole met IKT fasiliteite as gemeenskapsentrums na ure.
Bemark en brei IKT tipe vakke op skool uit en verskaf rekenaaropleiding
aan mense.
Gemeenskappe kan ondersteun word, deur rekenaars aan hulle te
voorsien.
Herwin geskikte apparatuur deur dit aan gemeenskappe te skenk.
Maak gebruik van oopbronprogrammatuur/vryware/deelware. (Enige 2) (2)
9.6.2 Digitale kommunikasie hang af van bekostigbare Internet toegang.
Duur toerusting (slimfone teenoor normale telefone) is ʼn voorvereiste.
Verbeterde vaardighede word benodig. (Enige 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
9.7 Verkoop gebruikte papier.
Gebruik energiebesparende skerms.
Moenie onnodig druk nie.
Verleng die lewensduur van rekenaars deur behoorlike instandhouding.
Papiervrye kantore.
Moenie drukkers weggooi nie, stuur dit eerder vir die vervaardiger terug.
Hervul drukkers se ink- en drukstofhouers.
Proeflees dokumente op die skerm voordat jy dit druk.
Skakel rekenaars wat nie gebruik word nie, af. (Enige 2) (2)
9.8 9.8.1 Boekmerke (1)
9.8.2 Voeg paragraaf opskrifte by.
Alle opskrifte in die dokument moet met behulp van style geformateer
wees. (2)
9.8.3 Verdeling van vensters in Excel stel jou in staat om verskeie dele in
dieselfde werkblad te besigtig. Dit is handig wanneer ʼn sigblad baie
inligting bevat.
Wanneer jy vensters of rye vries, bly sekere inligting sigbaar as jy op-en-af
of heen-en-weer in die werkblad beweeg. Rye en kolomme se opskrifte bly
sigbaar terwyl jy heen-en-weer beweeg. (2)
9.9 9.9.1 Spraak-na-teks program (1)
9.9.2 Byvoeging van onderskrifte/sub-titels (1)
9.9.3 Google Voice Search laat mense toe om te soek deur gebruik te maak van
Google deur te praat met ʼn slimfoon of ʼn rekenaar. (2)
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 Memo (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper