Skip to content

Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

Question paperDesignGrade 12201218 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE 12 SEPTEMBER 2012 ONTWERP V1 (TEORIE) PUNTE: 150 TYD: 3 uur *DSGNDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Daar is SEWE vrae in hierdie vraestel. 2. Daar is keusevrae. Lees dus die instruksies by elke vraag noukeurig deur. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid [80 punte] – VRAE 1 – 4 AFDELING B: Ontwerp in ʼn sosiale- of omgewingskonteks [40 punte] – VRAE 5 en 6 AFDELING C: Ontwerp in ʼn besigheidskonteks [30 punte] – VRAAG 7 4. Lees die vereistes van elke vraag noukeurig deur. 5. Beantwoord in volsinne – moenie bloot feite opnoem nie. 7. Gebruik die puntetoekenning om die tyd wat aan elke vraag spandeer moet word, te bepaal. 8. Moenie inligting en voorbeelde in verskillende vrae herhaal nie. 9. Skryf netjies en leesbaar. WOORDELYS Gebruik hierdie woordelys om seker te maak jy verstaan die vrae wat gevra word Analiseer: ʼn Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat, ensovoorts) en komposisie van die werk. Vergelyk: Dui verskille en ooreenkomste aan in ʼn geordende wyse binne dieselfde argument. Bespreek: Gee jou standpunt en gee redes vir die stellings wat jy maak (motiveer). Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stellings (motiveer). Interpreteer: Gee ʼn ingeligte mening, ondersteun deur voorbeelde. Sê: Sê direk wat jy dink – gee jou opinie asook ʼn verduideliking.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 3 AFDELING A: ONTWERPSGELETTERDHEID VRAAG 1 ‘ONGESIENE ONTWERPE’ – TOETS ONTWERPSGELETTERDHEID 1.1 FIGUUR A Toile du Jozi afdruk deur „FabricNation‟, Kaapstad, Suid-Afrika. 1.1.1 Identifiseer en bespreek TWEE maniere waarop die ontwerper van die bostaande tekstielontwerp (FIGUUR A) eenheid in die ontwerp bewerkstellig het. (2) 1.1.2 Noem en bespreek die volgende VIER ontwerpselemente en - beginsels wat in die ontwerp gebruik is: Toonwaarde (2) Perspektief (2) Skaal en proporsie (2) Ritme (2)
Downloaded from hlayiso.com 4 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) 1.2 FIGUUR A FIGUUR B Vlieër-stoel deur Karim Rashid, Uit die “Knot” Versameling deur Atelier Nederland, 2004 Blink, België, 2009 Vergelyk die bostaande twee stoelontwerpe (FIGUUR A en FIGUUR B), deur te verwys na die volgende terme: Innoverendheid en oorspronklikheid (2) Funksionaliteit (2) Tekstuur (2) Moontlike inspirasie (2) Geskikte/gepaste omgewing/konteks (2) [20] VRAAG 2 2.1 FIGUUR A FIGUUR B ʼn Philips-skeermes vir mans ʼn Philips-skeermes vir vrouens 2.1.1 Wys TWEE moontlike geslag-stereotiperings uit wat in die twee skeermes-ontwerpe sigbaar is. (4) 2.1.2 Met verwysing na die voorbeelde hierbo (FIGUUR A en FIGUUR B), verduidelik kortliks watter negatiewe effekte geslag-stereotipering op die samelewing kan hê. (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 5 2.2 Bestudeer die onderstaande ontwerp en beantwoord die vrae wat volg: FIGUUR C 2.2.1 FIGUUR C hierbo verwys na ʼn reeks karakters wat in oorlogsvideo- speletjies gebruik word. Verduidelik hoekom die karakters gesien kan word as uitbeeldings van etniese stereotipering en wys die gevare daarvan uit. Regverdig jou antwoord met verwysing na ten minste EEN van die karakters. (2)
Downloaded from hlayiso.com 6 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) 2.3 FIGUUR D „South African Soul‟, voetbalsool het die Internasionale kompetisie „Wêreld aan jou Voete‟ gewen. Die ontwerp is deur die Suid-Afrikaner, Jorg Anjulo, en is geborg deur Umbro, die Engelse voetbaltoerusting-verskaffer. 2.3.1 Wat het Jorg Anjulo gebruik om Suid-Afrika in die bostaande ontwerp te simboliseer? (2) [10]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 7 VRAAG 3 3.1 FIGUUR A Kalbas-lamp (Poland) Die een aan die regterkant wys die refleksies wat die patrone op die muur maak as dit aangeskakel is. FIGUUR B „Vuvuzela‟-lamp (Suid-Afrika) 3.1.1 Beeld een OF beide van die bostaande lampe (FIGUUR A en FIGUUR B) ʼn duidelike nasionale identiteit uit? Verduidelik. (2) 3.1.2 Dink jy dit is belangrik om produkte te maak met ʼn opmerkbare kulturele of nasionale identiteit? Gee duidelike redes. (2) 3.1.3 Vergelyk die ooreenkomste en verskille van die bostaande twee ontwerpe (FIGUUR A en FIGUUR B) onder die volgende opskrifte: Vorm en Fatsoen (2) Tekstuur (2) Eenheid en Verskeidenheid (2)
Downloaded from hlayiso.com 8 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) 3.2 Skryf ʼn artikel vir die „Art Times‟, (Suid-Afrika se enigste Nasionale Kunstydskrif) oor EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper of ontwerpgroep wie se werk ons kultuur op een of ander wyse reflekteer. Om te verseker dat die artikel duidelik en logies is, struktureer dit onder die volgende opskrifte: Naam van ontwerper of ontwerpgroep (1) Plaaslike/Globale invloede en inspirasie (2) Algemene karaktereienskappe (4) Naam en kort analise van ten minste EEN ontwerp (3) [20]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 9 VRAAG 4 4.1 FIGUUR A Die bostaande beelde verteenwoordig sommige van die ontwerpbewegings wat jy bestudeer het. Bestudeer dit noukeurig en beantwoord dan die vrae wat volg:
Downloaded from hlayiso.com 10 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) 4.1.1 Die definitiewe style in die ontwerpgeskiedenis het ontwikkel as ʼn reaksie op, of deur die invloede van vorige style. Met bogenoemde stelling in gedagte, kies TWEE style uit die onderstaande lys: Die Kuns-en Kunsvlytbeweging (1850 – 1900) Art Nouveau (1890 – 1905) Verbruikersmark en Styl – Modernisme, „Die Era van Vaartbelyndheid‟ (1935 – 1955) Pop/Nuwe-Era („Modernisme word Pop-die Era van Oorvloed‟) (1955 – 1975) Die „Postmoderne‟-era („Hedendaagse styl – Less is a Bore‟) (1965 – tot die hede) DAN Skryf die name van die TWEE bewegings wat jy gekies het EN bespreek dan elk ten volle onder die volgende opskrifte: Doelstellings (2) Invloede op die styl (2) Karaktereienskappe van die styl (3) Die naam van EEN ontwerper wat met die beweging geassosieer word en die analise van EEN van sy/haar ontwerpe (3) (2x10) (20)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 11 4.2 FIGUUR A FIGUUR B Suid-Afrikaanse Modernistiese Suid-Afrikaanse Art Deco geïnspireerde gebou, Johannesburg geïnspireerde gebou, Durban 4.2.1 Vergelyk FIGUUR A hierbo met FIGUUR B om die VERSKILLE en OOREENKOMSTE tussen die twee bewegings aan te wys wat hierdie werke geïnspireer het. Maak seker dat jou vergelyking duidelik verwys na die invloede en stylistiese karaktereienskappe van elke beweging. (Skryf in paragraaf vorm, moenie tabelle gebruik nie.) (8) 4.2.2 Noem EEN ontwerper van enige van die twee bewegings hierbo en die titel van EEN ontwerp deur daardie persoon. (2) [30] TOTAAL AFDELING A: 80
Downloaded from hlayiso.com 12 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) AFDELING B: ONTWERP IN ʼn SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS VRAAG 5 5.1 5.1.1 Baie SUID-AFRIKAANSE ontwerpers/ontwerpgroepe gebruik ontwerp om sosiale kwessies soos armoede, werkloosheid, misdaad en vooroordeel op een of ander wyse aan te spreek. Bespreek die werk van EEN so plaaslike ontwerper/ontwerpgroep deur na die volgende te verwys: Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep ʼn Kort verduideliking van die ontwerper/ontwerpgroep se doelwitte en ontwerp prosedures Wys uit hoe hul werk sosiale kwessies of bekommernisse aanspreek. (7) 5.2 Bestudeer die volgende plakkaat noukeurig en beantwoord dan die vrae wat volg: FIGUUR A 5.2.1 Verduidelik wat die sosiale boodskap van die plakkaat is. (1) 5.2.2 Verduidelik hoe die ontwerper se keuse en manipulasie van beelde help om die boodskap oor te dra. (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 13 5.3 Bestudeer die onderstaande plakkaat en beantwoord die vrae wat volg: FIGUUR B 5.3.1 Dink jy die sosiale boodskap wat die plakkaat oordra is effektief? Gee redes vir jou antwoord deur na die relevante ontwerp aspekte soos die gebruik van beelde, kleur, toonwaarde, skrif en uitleg te verwys. (4) 5.3.2 Beskryf die werk van EEN INTERNASIONALE ontwerper wie se werk as sosiaal verantwoordelik gesien kan word. Verwys na die volgende: Doelwitte Die naam en ʼn kort beskrywing van EEN werk wat sosiale kwessies aanspreek (6)
Downloaded from hlayiso.com 14 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) VRAAG 6 DAAR IS 3 VRAE (6.1, 6.2 EN 6.3). BEANTWOORD ENIGE TWEE. (10 punte elk x 2 = 20). MOENIE INLIGTING IN ENIGE VAN DIE VRAE HERHAAL NIE. 6.1 FIGUUR A FIGUUR B „Sonstraal‟-(Sunburst)spieël deur Handsak ontwerp en gemaak deur Kunye. Hanan, geproduseer deur Wola Gemaak van plastiekstukkies. Nani in Khayelitsha. Gemaak van draad en opgerolde tydskrifbladsye. 6.1.1 Gee ʼn definisie van volhoubare ontwerp en sê dan of FIGUUR A en/of FIGUUR B hierbo in die kategorie van volhoubare ontwerp val. Gee redes. (2) 6.1.2 Skryf oor EEN Suid-Afrikaanse ontwerper wie se ontwerp omgewingskwessies aanspreek. Gebruik die onderstaande opskrifte: Die naam van die ontwerper (1) Sy/haar doelwitte (1) Die invloede op sy/haar werk (2) Die naam en ʼn kort analise van EEN van sy/haar produkontwerpe, insluitend spesifieke verwysing na die manier waarop die ontwerpe omgewingskwessies aanspreek (4) [10]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 15 6.2 FIGUUR A Tennisbal-stoel, deur Hugh Hayden. Hierdie prettige ontwerp is gemaak van tennisballe en was die wenner van die „BRKLYN Designs‟ toekennings vir die „Die mees innoverende gebruik van materiale.‟ (2009). 6.2.1 Verduidelik die volgende: Die verskil tussen die terme, „Herdoel‟ (nuwe doel gee) en „Herwinning‟ (2) Watter van die bostaande twee terme kan gebruik word om FIGUUR A hierbo te beskryf? Gee redes. (1) 6.2.2 Beskryf die werk van EEN INTERNASIONALE ontwerper wat op ʼn omgewingsvriendelike wyse op omgewingskwessies fokus deur die herstel of herwinning van die innerlike/uiterlike omgewing van die wêreld om hulle. Jou bespreking moet ten minste EEN voorbeeld van die ontwerper se werk insluit. (7) EN/OF
Downloaded from hlayiso.com 16 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) 6.3 FIGUUR C Die inleidingsblad van die “Treehugger”-webblog om hul „Best of Green‟ toekennings van 2010 bekend te stel. 6.3.1 Kontemporêre ontwerpers word al hoe meer bewus van die belangrikheid „groen ontwerp‟ soos in FIGUUR C hierbo. Bespreek die werk van EEN PLAASLIKE OF EEN INTERNASIONALE ontwerper wie se werk as „groen‟ beskou kan word, deur na ten minste EEN ontwerp van die ontwerper te verwys om jou stelling te staaf. (MOENIE INLIGTING WAT JY DALK IN 6.1 OF 6.2 GEBRUIK HET, HERHAAL NIE). (10) (2x10) (20) TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) ONTWERP V1 17 AFDELING C: ONTWERP IN ʼn BESIGHEIDSKONTEKS VRAAG 7 Beantwoord AL die vrae wat volg: 7.1 FIGUUR A „Stereotipe‟, Daizi Zheng, Londen Die beelde in FIGUUR A hierbo verwys na ongewone verpakkings vir gesonde produkte, Wortelstokkies is in ʼn sigaretboksie verpak, ʼn skyfie-pakkie vol seldery in en ʼn pilhouer vol gedroogte bloubessies (blueberries). 7.1.1 Beskryf ʼn moontlike teikenmark vir die reeks produkte wat in FIGUUR A hierbo geïllustreer is. Gee redes vir jou antwoord. (2) 7.1.2 Gee die volgende inligting: EEN moontlike doel van die verpakking in FIGUUR A hierbo (1) VYF karaktereienskappe van goeie verpakking (5) 7.2 7.2.1 Noem die ontwerpdissipline wat jy bestudeer, bv. tekstiel, keramiek of grafiese-ontwerp en gee dan die volgende inligting: Die naam van TWEE tersiêre instansies waar jy moontlik sal kan gaan studeer in jou spesifieke dissipline (2) Die naam van die diploma/graad wat jy sal kry wanneer jou studies voltooi is, sowel as die aantal jare wat jou studies sal duur (2) VIER moontlike beroepskeuse wat daar vir jou beskikbaar sal wees nadat jy studeer het (4)
Downloaded from hlayiso.com 18 ONTWERP V1 (SEPTEMBER 2012) 7.3 FIGUUR A Opvou-fiets 7.3.1 Verbeel jou dat jy jou eie besigheid wil begin wat soortgelyke fietse, soos die in FIGUUR A, vir die Suid-Afrikaanse mark ontwerp en vervaardig. Pas die SWOT-analise op die bostaande ontwerp toe en besluit of dit ʼn goeie idee is of nie. Gee redes vir elkeen. (8) 7.3.2 As deel van ʼn besigheidsplan vir die bostaande maatskappy, verduidelik die volgende: Die tipe maatskappy wat die mees geskik sal wees vir die produksie van ʼn fiets Die TWEE belangrikste punte wat jy ingedagte moet hou wanneer die koste en prys van die produk uitgewerk word. Gee voorbeelde by elk. TWEE vrae wat jy sal moet vra wanneer jy die moontlike teikenmark navors (6) TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all