Skip to content

Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201316 pages

Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 EKONOMIE PUNTE: 300 TYD: 3 uur *ECONA* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord SES vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND. AFDELING B: Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae. AFDELING C: Beantwoord enige TWEE vrae van die vier vrae. 2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag neer. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Lees die vrae deeglik en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 3 AFDELING A: (Verpligtend) VRAAG 1 (LU1 – LU4) 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 – 1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die geldmark in Suid-Afrika is ʼn mark vir ... besparings en lenings. A korttermyn B medium termyn C langtermyn (2) 1.1.2 Die begin van ʼn opswaai word die ...-fase genoem. A voorspoed B resessie C herstel (2) 1.1.3 Die gehalte van finansiële bestuur, ongemagtigde en bedrieglike besteding in die openbare sektor word aan die parlement deur die … gerapporteer. A Statistiese-Generaal B Ouditeur-Generaal C Goewerneur van die SARB (2) 1.1.4 Onder toestande van volmaakte mededinging, sal die markvraagkurwe ... A opwaarts hel van links na regs. B afwaarts hel van links na regs. C ʼn horisontale lyn wees. (2) 1.1.5 Goedere en dienste wat hoogs begeerlik is vir die algemene welvaart van die mense word …-goedere genoem. A gemeenskaps B meriete C openbare (2) 1.1.6 Dit is ʼn voorbeeld van ʼn oligopolie mark in Suid-Afrika. A Eskom B Johannesburg Sekuriteitsbeurs C Selfoon-industrie (2)
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) 1.1.7 Hierdie wet verskaf die wetlike grondslag vir die transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie. A Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging B Wet op Gelyke Indiensneming C Wet op Minimum Lone (2) 1.1.8 In Suid-Afrika is dit doelgeboude nywerheidslandgoed wat fisies omhein is en aan ʼn internasionale lughawe of hawe verbind is. A NOS’e B ROI’e C UPS’e (2) 1.1.9 Vanaf 1995 is die Algemene Handelsooreenkoms op Tariewe en Handel (GATT) vervang deur die ... A Suider Afrikaanse Doeane-unie. B Vryhandelsgebied. C Wêreldhandelsorganisasie. (2) 1.1.10 Dit verteenwoordig die koste van die ‘mandjie’ goedere en dienste van ʼn gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding. A VPI B VPIX C PPI (2) 1.1.11 Boesmantekeninge is ʼn voorbeeld van ʼn … A moderne kunsvorm. B algemene kunsvorm. C inheemse erfenis. (2) 1.1.12 Dit verlang ʼn kreatiewe kontinuïteit van die omgewing en verseker dat veranderings simpatiek is tot die kwaliteit van die huidige en toekomstige geslagte. A Beskerming B Bewaring C Eksternaliteit (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 5 1.2 Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die term/begrip langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1.2.1 Internasionale transaksies in portfolio investering word in die … rekening aangeteken. (2) 1.2.2 Afskaffing van wette en ander vorme van regeringsbeheer staan bekend as … (2) 1.2.3 ...-toelae word aangewend om die lewensomstandighede van armes te verbeter. (2) 1.2.4 Die gesag wat inflasie in Suid-Afrika beheer is die … (2) 1.2.5 ʼn Industrie wat deur ʼn klein aantal groot ondernemings gedomineer word, staan bekend as … (2) 1.3 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A tot J) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Laffer kurwe A Hierdie word oorverbruik in ʼn vrye mark ekonomie 1.3.2 Direkte B Om die misbruik van ekonomiese mag te investering voorkom bv. monopolie 1.3.3 Mededingings- C Buitelandse toeriste wat in Suid-Afrika beleid aankom 1.3.4 Nie-meriete D Teruggee grond aan diegene wat dit as goedere gevolg van diskriminerende wette verloor het 1.3.5 Grond restitusie E Om betekenisvolle aandeel of beheer in ʼn besigheid te verkry 1.3.6 Fisiese F Binnelandse toeriste wat die RSA verlaat. infrastruktuur 1.3.7 Vraag-trek G Subsidies wat gegee word om grond te inflasie bekom 1.3.8 Inkomende H Toon die verhouding tussen toeriste belastingkoers en belasting inkome I Sluit lug-, pad-, spoor- en seevervoer in J Totale vraag oorskry totale aanbod (8 x 2) (16) TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) AFDELING B: (Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling.) VRAAG 2 (LU1 AS1 − AS4) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 2.1 Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (2.1.1 – 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. 2.1.1 ʼn Land wat met ander lande handeldryf het ʼn (geslote/oop) ekonomie. (2) 2.1.2 As die regering beheer oorneem oor bates in privaatbesit word dit (privatisering/nasionalisering) genoem. (2) 2.1.3 Medium Termyn Bestedingsraamwerk staan ook bekend as die (aanvullende/hoof)-begroting. (2) 2.1.4 As die waarde van ʼn geldeenheid daal as gevolg van markkragte, staan dit bekend as (appresiasie/depresiasie). (2) 2.2 Noem enige DRIE soorte siklusse. (3 x 2) (6) 2.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. R/$ V A R9 E A1 Prys van dollars R6 E1 V R3 A A1 0 20 40 60 80 Hoeveelheid dollars
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 7 2.3.1 Definieer die begrip ‘wisselkoers’. (2) 2.3.2 Wat gebeur met die Suid-Afrikaanse rand, as die aanbod van VS dollar toeneem? (2) 2.3.3 Noem die TWEE soorte inmenging wat monetêre owerhede kan toepas by vaste wisselkoerse. (4) 2.3.4 Noem die monetêre gesag wat die wisselkoers beïnvloed deur die aanbod van beskikbare buitelandse valuta te verander. (2) 2.4 DATA RESPONS Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Parastatale nie-winsgewend: opname Vyf uit nege SBOs het winste aangeteken in die 2009/10 finansiële jaar, soos deur die SA Instituut van Rasseverhoudinge bekend gemaak. Transnet was die mees winsgewende parastataal terwyl Eskom die grootste verlies in 2009/10 aangeteken het, aldus die laaste Suid-Afrikaanse Opname. Die Korrelbed Reaktor Module, SA Lugdiens, SA Express, en die SA Bosbou Maatskappy het almal ʼn wins in 2009/10 getoon. “Die parastataal wat die minste wins in die 2009/10 finansiële jaar getoon het, was Eskom met ʼn verlies van meer as R9,7 miljard, alhoewel hulle geluk intussen gedraai het en hulle ʼn wins van R13 miljard vir 2010/11 getoon het.” “Die grootste bekommernis met hierdie uitslae is dat die regering die instansies wat verliese ly, sal moet ondersteun op ‘belastingbetalers’ se onkoste,” aldus ʼn navorser by die instituut. [Vryelik vertaal en aangepas uit die City Press 2012-01-17] 2.4.1 Watter parastataal het die grootste verlies in 2009/10 aangeteken? (2) 2.4.2 Definieer die begrip ‘herstrukturering’ van ʼn besigheid. (2) 2.4.3 Noem enige TWEE redes vir privatisering. (4) 2.4.4 Wat is die grootste bekommernis vir die regering indien die parastatale verliese ly? (2) 2.5 Bespreek die rol van die ‘sakesektor’ in die ekonomiese kringloop. (8) 2.6 Verduidelik ‘gemeenskapsgoedere’ kortliks. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) VRAAG 3 (LU2 AS1 – AS3) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 3.1 Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. 3.1.1 As ʼn besigheid se totale koste sy totale inkome oorskry, realiseer dit ʼn ekonomiese (wins/verlies). (2) 3.1.2 Produkdifferensiasie en (prys/advertensies) speel ʼn belangrike rol in nie-prys mededinging. (2) 3.1.3 Vaste kostes staan ook bekend as (direkte/indirekte)-koste. (2) 3.1.4 Openbare parke en swembaddens is voorbeelde van (nie- meriete/kollektiewe) goedere. (2) 3.2 Noem enige DRIE eienskappe van ‘openbare goedere’. (3 x 2) (6) 3.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. KMK KGK Koste P TI Koste GI 0 Q Hoeveelheid 3.3.1 Wat stel die bostaande grafiek voor? (2) 3.3.2 Wat gebeur as die minimum punt van die KGK laer is as die markprys ‘P’? (2) 3.3.3 By watter punt sal die onderneming sy wins kan maksimaliseer? (2) 3.3.4 Verduidelik ‘eksplisiete koste’ kortliks. (4)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 9 3.4 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Sipho bedryf ʼn vervaardigingsonderneming en verskeie neweprodukte word gedurende die produksieproses geproduseer. Hy moet nou reëlings tref om ontslae te raak van die afvalprodukte. Dit beteken om dit te verbrand, by ʼn afvalterrein of in die see te stort. Maar mense in die omliggende omgewing sal ly as gevolg van die besoedeling voortspruitend uit sy metodes van afvalverwydering. 3.4.1 Definieer die begrip ‘eksternaliteite’. (2) 3.4.2 Verduidelik ‘sosiale koste’ kortliks. (4) 3.4.3 Onderskei tussen ‘private koste’ en ‘private voordele’. (4) 3.5 Verduidelik ‘samespanning’ tussen oligopolieë kortliks. (8) 3.6 Bespreek ‘allokatiewe ondoeltreffendheid’ as ʼn gevolg van markmislukking. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) VRAAG 4 (LU3 AS1 – AS4) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 4.1 Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. 4.1.1 Monetêre beleid bestaan uit besluite deur die (SARB/Minister van Finansies) om die rentekoers en geldvoorraad te beïnvloed. (2) 4.1.2 Mense in die (suidelike/noordelike)-verdeel geniet ʼn hoër lewenstandaard. (2) 4.1.3 Die minimum verdienste wat vereis word om te voorkom dat die entrepreneur die mark verlaat, is die (ekonomiese/normale) wins. (2) 4.1.4 ʼn Ekonomiese aanwyser wat verband hou met produksie is die (BBP/EAB). (2) 4.2 Noem enige DRIE ‘aansporings’ wat die DHN bied aan kleinsake ontwikkeling. (3 x 2) (6) 4.3 DATA RESPONS Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. HOP, GEAR en dit als: oorskou tien jaar later Aangesien dit slegs ʼn paar weke is alvorens dit 10 jaar is sedert die publikasie van die GEAR beleid, maak dit vir my sin om vanaand terug te keer na ‘HOP, GEAR en dit als’ en ʼn oorskou te doen op die lesse wat geleer is, in ag genome die perspektief van vervlietende tyd. Ek was een van die ‘tegniese span’ wat die GEAR dokument saamgestel het, eerder as die ‘argitek’ van GEAR soos wat ek na verwys word. Ek was in werklikheid meer ʼn ‘steenlêer’ en ʼn ‘algemene arbeider’. [Verkort en aangepas uit ʼn lesing deur: Stephen Gelb] 4.3.1 Noem enige TWEE ekonomiese beleide van die Suid-Afrikaanse owerheid. (4) 4.3.2 Noem enige TWEE faktore wat ontwikkelingstrategieë kan beïnvloed. (4) 4.3.3 Waarvoor staan die akroniem ‘GEAR’? (wenk – onthou dis Engels, jy mag dit in Afrikaans vertaal sou jy verkies) (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 11 4.4 DATA RESPONS Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika Daar is miljoene mense regoor Suid-Afrika wat wil en nodig het om nuwe vaardighede aan te leer. Sommiges is leerders wat nog op skool of kollege is. Ander is reeds werksaam, maar moet vaardighede waaroor hulle beskik verbeter en nuwes aanleer. Daar is ʼn beraamde 4,3 miljoen mense wat werkloos is, waarvan die meeste oor min opleiding en vaardighede beskik. Meer as die helfte van die graad 12 leerders wat jaarliks skool verlaat beskik nie oor genoegsame basiese vaardighede om werk in enige ekonomiese sektor te kry nie. Te enige tyd is daar soveel as 7 000 gegradueerdes met universiteitsgrade wat ook werkloos is. Al hierdie syfers kan selfs hoër wees. So dit is duidelik dat vaardigheidsontwikkeling, tesame met onderwys en opleiding kern elemente vir die mense van Suid-Afrika is en ook vir die ekonomiese groei van die land. [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.vocational.co.za] 4.4.1 Watter organisasie is verantwoordelik vir vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika? (2) 4.4.2 Wat, volgens die uittreksel, is die hoofrede vir werkloosheid? (2) 4.4.3 Noem enige TWEE inset sektore wat besighede benodig om mee te ding, te oorleef en voorspoed te beleef. (4) 4.4.4 Noem EEN belangrike element vir ekonomiese groei, waarna in die uittreksel verwys word. (2) 4.5 Bespreek TWEE metodes van ‘uitvoerbevordering’. (8) 4.6 Bespreek ‘onderwys’ as ʼn sosiale aanwyser, kortliks. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) VRAAG 5 (LU4 AS1 − 3) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 5.1 Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. 5.1.1 Toerisme is ʼn (arbeids/kapitaal)-intensiewe bedryf. (2) 5.1.2 Vraag na hoër lone sal lei toe (vraag-trek/koste-druk) inflasie. (2) 5.1.3 Die genot van ongerepte natuur word na verwys as (ekotoerisme/avontuurtoerisme). (2) 5.1.4 Son-energie is ʼn (hernieubare/nie-hernieubare) bron van energie. (2) 5.2 Noem enige DRIE toestande wat as toerisme/ʼn toeris beskou kan word. (3x2) (6) 5.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit die SARB’s Kwartaallikse Bulletin September 2012]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 13 5.3.1 Definieer die begrip ‘kern inflasie’. (2) 5.3.2 Noem die soort verbruiksgoedere met ʼn opwaartse inflasie neiging in 2012. (2) 5.3.3 Verduidelik ‘geadministreerde prys inflasie’ kortliks. (4) 5.3.4 Definieer die begrip ‘nie-duursame goedere’. (2) 5.4 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande spotprent en uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Baie olie het uit die Golf van Mexiko se Deepwater Horizon gelek. Ongeveer 800 dooie voëls, seeskilpaaie, dolfyne en ander diere is aan die kus van die Golf gevind. [Vryelik vertaal en aangepas uit die National Geographic, June 8, 2010] 5.4.1 Verduidelik die begrip ‘waterbesoedeling’ kortliks. (4) 5.4.2 Wat, na aanleiding van bostaande spotprent, was die hoofoorsaak van hierdie besoedeling? (2) 5.4.3 Onderskei tussen ‘Beskerming’ en ‘Bewaring’. (4) 5.5 Verduidelik kortliks die uitwerking van toerisme op die plattelandse bevolking. (8) 5.6 Bespreek enige TWEE redes vir markmislukking met betrekking tot omgewingsvolhoubaarheid. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) VRAAG 6 (LU1 EN LU2) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 6.1 Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (6.1.1 – 6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. 6.1.1 Koste wat met die vlak van uitsette wissel, word (vaste/veranderlike) koste genoem. (2) 6.1.2 Ekonomiese aktiwiteite is op die laagste wanneer die sakesiklus die (trog/piek) bereik. (2) 6.1.3 In ʼn monopolie mark, word verkopers na verwys as prys (-makers/-nemers). (2) 6.1.4 Die waarde van die vermenigvuldiger neem toe wanneer die marginale geneigdheid tot (verbruik/besparing) toeneem. (2) 6.2 Noem die DRIE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese kringloop. (3x2) (6) 6.3 DATA RESPONS Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. LOPENDE REKENING In die eerste kwartaal van 2012 het ekonomiese groei van ʼn aantal Suid- Afrikaanse sleutel handelsvennote afgeneem, veral die Euro gebied, Verenigde Koninkryk en China. Hierdie wêreldwye verwikkelinge val saam met binnelandse aanbodbeperkings en ʼn appresiasie in die eksterne waarde van die rand, wat lei tot ʼn inkrimping in uitvoerverdienste oor hierdie periode. In teenstelling, neig die waarde van goedere invoer hoër in die eerste kwartaal van 2012. Gevolglik het die tekort op die handelsrekening van die betalingsbalans redelik gerek. [Vryelik vertaal en aangepas vanuit SARB Bulletin, 2012] 6.3.1 Noem TWEE redes, volgens die uittreksel, vir die toename in die tekort op die handelsrekening van die betalingsbalans. (4) 6.3.2 Noem enige EEN sleutel handelsvennoot van Suid-Afrika, volgens die uittreksel. (2) 6.3.3 Noem enige TWEE komponente/items in die lopende rekening. (4)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) EKONOMIE 15 6.4 DATA RESPONS Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg. B A M N V/GI Prys \ Koste P O MI 0 H Hoeveelheid 6.4.1 Wat stel bostaande grafiek voor? (2) 6.4.2 Wat stel die area ‘MNOP’ voor? (2) 6.4.3 Benoem die kurwes A en B in bostaande grafiek. (4) 6.4.4 Definieer die begrip ‘Marginale Inkomste’. (2) 6.5 Bespreek ‘ondoeltreffendheid’ as een van die probleme van openbare sektor voorsiening. (8) 6.6 Verduidelik kortliks ‘normale wins’ in ʼn volmaak mededingende mark. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 150
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE (SEPTEMBER 2013) AFDELING C: (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling) PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE VRAE STRUKTUUR VAN OPSTEL Puntetoekenning Inleiding Maks 3 Inhoud • Hoofdeel: Byvoorbeeld bespreek/verduidelik/ Maks 30 gedetailleerde opstel/ontleed/evalueer • Addisionele gedeelte: Byvoorbeeld teken ʼn grafiek of Maks 10 diagram/verwys/dui aan Slot Maks 2 Interpretasie Maks 5 TOTAAL 50 VRAAG 7 (LU1 AS1) OPSTELTIPE Bespreek die volgende sakesiklus-aanwysers wat in vooruitskatting gebruik kan word, ten volle – Leidende, Sloerende, Samevallende, Lengte en Amplitude. As toevoeging, teken ʼn volledige ‘sakesiklus’ met byskrifte. [50] VRAAG 8 (LU2 AS1) OPSTELTIPE Skryf ʼn gedetailleerde opstel oor die eienskappe van volmaakte mededinging. Maak gebruik van ʼn PMK (grafiek) om die volgende punte daarop aan te dui. Ondoeltreffende produktiwiteit (A) Doeltreffende produktiwiteit (B) Onmoontlike produktiwiteit (C) [50] VRAAG 9 (LU3 AS3) OPSTELTIPE Skryf ʼn gedetailleerde opstel oor die metodes van invoervervanging. Verwys ook na die argumente ten gunste van vryhandel. [50] VRAAG 10 (LU4 AS1) OPSTELTIPE Ontleed die oorsake van koste-druk inflasie. As toevoeging verwys ook na enige VYF gevolge van inflasie. [50] TOTAAL AFDELING C: 100 GROOTTOTAAL: 300

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all