Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
FISIESE WETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*PHSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitende 3 datablaaie.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 677.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDEBOEK.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Jy mag ʼn nie-programeerbare sakrekenaar gebruik.
4. Jy mag toepaslike wiskundige apparaat gebruik.
5. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6. Jy word aangeraai om die aangehegde GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
7. Toon ALLE formules en substitusie in ALLE berekeninge.
8. Gee kort verduidelikings, motiverings, ens. waar nodig.
9. Rond jou finale numeriese antwoord af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
10. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
11. Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike keuses word by die volgende vrae voorsien. Elke vraag het slegs
EEN korrekte antwoord. Kies die beste en skryf SLEGS die letter A, B, C of D langs
die vraagnommer (1.1 tot 1.10) in jou ANTWOORDEBOEK.
1.1 ʼn Seun gooi ʼn tennisbal vertikaal opwaarts van die grond af. By sy maksimum
hoogte bokant die grond is sy versnelling …
A opwaarts.
B gelyk aan die snelheid by die punt.
C afwaarts.
D zero. (2)
1.2 ʼn KONSTANTE KRAG F wat op ʼn krat toegepas word veroorsaak dat die krat
teen ʼn KONSTANTE SNELHEID oor ʼn rowwe horisontale oppervlak beweeg.
F Krat
Die vryeliggaam-diagram toon al die kragte wat op die krat inwerk. DIE
DIAGRAM IS NIE VOLGENS SKAAL GETEKEN NIE.
Watter EEN van die volgende verwantskappe is korrek?
A F<f
B F>f
C F=w
D F=f (2)
1.3 ʼn Lugsak kan ʼn bestuurder teen ernstige beserings tydens ʼn botsing beskerm.
Watter EEN van die volgende verduidelik waarom dit moontlik is?
IMPAKTYD NETTO KRAG
A Neem toe Neem toe
B Neem af Neem af
C Neem toe Neem af
D Bly dieselfde Neem af (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.4 Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen maksimum kinetiese
energie (Kmaks) van die foto-elektrone en die frekwensie van invallende fotone
tydens ʼn eksperiment oor die fotoëlektriese effek.
Die punt gemerk P op die grafiek verteenwoordig die ... van ʼn foton.
A maksimum snelheid
B maksimum frekwensie
C werksfunksie
D drumpelfrekwensie (2)
1.5 ʼn Waarnemer hardloop na ʼn stilstaande klankbron. Soos die waarnemer die
bron nader, wil dit voorkom of die toonhoogte toeneem want die ...
A hardheid van die klank neem skynbaar toe.
B frekwensie van die klank neem skynbaar toe.
C frekwensie van die klank neem skynbaar af.
D golflengte van die klank neem skynbaar toe. (2)
1.6 Twee gloeilampe word oor ʼn battery met ʼn emk ԑ en ʼn onbeduidende interne
weerstand geskakel soos in die diagram hieronder getoon.
Die battery lewer maksimum potensiaalverskil. Indien die drywing van R 1 groter
is as die drywing van R2, watter stelling is KORREK?
A Die weerstand van R1 is hoër as die weerstand van R2.
B Die weerstand van R2 is hoër as die weerstand van R1.
C Die weerstand van R1 is gelyk aan die weerstand van R2.
D Die weerstand van R1 is gelyk aan 0 Ω. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 5
1.7 ʼn Lynemissie-spektrum word gevorm indien ʼn elektron in ʼn opgewekte atoom
beweeg van …
A hoër na laer energie-vlakke en gee ligenergie af.
B hoër na laer energie-vlakke en absorbeer ligenergie.
C laer na hoër energie-vlakke en gee ligenergie af.
D laer na hoër energie-vlakke en absorbeer ligenergie. (2)
1.8 Die diagram verteenwoordig ʼn wisselstroom (WS) generator wat kloksgewys
gedraai word soos hieronder getoon.
B C
A D
Die rigting van die geïnduseerde stroom in die spoel is van ...
A B na A.
B C na B.
C A na B.
D D na C. (2)
1.9 Twee klein, identiese positief-gelaaide sfere P en Q word op geïsoleerde
staanders ʼn afstand d van mekaar geplaas soos hieronder getoon. Die grootte
van die krag wat Q op P uitoefen is F.
Indien die afstand nou verander word na ½ d, is die nuwe krag tussen die
sfere ...
A ¼ F.
B ½ F.
C 2 F.
D 4 F. (2)
1.10 Die fotoëlektriese effek is bewys wat toon dat …
A metale elektrone besit.
B lig deeltjie-eienskappe het.
C lig golf-eienskappe het.
D metale ʼn positiewe lading het. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 2 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
ʼn 4 kg-blok, B, rus op ʼn plat, rowwe horisontale tafel en is verbind met ʼn
onelastiese tou aan ʼn 6 kg blok A. Die tou gaan oor ʼn ligte, wrywinglose katrol op
so ʼn manier dat blok A vertikaal afwaarts hang soos in die diagram hieronder
getoon.
2.1 Skryf Newton se Tweede Bewegingswet in woorde neer. (2)
2.2 Teken ʼn vryliggaam-diagram van al die kragte wat op blok B inwerk. (4)
2.3 Die kinetiese wrywingskrag wat deur blok B ondervind word, is 32,53 N na
links. Bereken die grootte van die versnelling. (6)
2.4 Bereken die koëffisiënt van kinetiese wrywing tussen die oppervlak van die
tafel en blok B. (3)
2.5 Hoe sal die wrywingskrag op die blok beïnvloed word indien die 4 kg blok
teen ʼn hoek van 30° tot die horisontaal getrek word?
Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.
Verduidelik jou antwoord. (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 7
VRAAG 3 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
ʼn Bal word opwaarts geprojekteer vanaf die grond met ʼn snelheid van 18 m•s -1. Dit
beweeg verby die dak van ʼn 5 m hoë gebou en bereik ʼn maksimum hoogte by
punt B. Terwyl dit afbeweeg, tref die bal die dak van die gebou by punt A soos in die
diagram hieronder getoon. Ignoreer die effek van lugwrywing.
(maks. hoogte)
3.1 Skryf die grootte van die snelheid wanneer die bal by punt B sy maksimum
hoogte bokant die grond neer. (1)
3.2 Skryf neer die grootte en rigting van die bal se versnelling by punt B. (2)
3.3 Bereken die volgende rakende die bal:
3.3.1 Die tyd wat dit neem om punt B bokant die grond te bereik (3)
3.3.2 Die snelheid die oomblik dat dit die dak by punt A tref (3)
3.3.3 Die totale tyd wat dit sal neem vanaf die oomblik dat dit geprojekteer
was totdat dit die dak by punt A tref (4)
3.4 Teken ʼn snelheid-tyd grafiek vir die hele beweging van die bal vanaf die grond
totdat dit die dak van die gebou tref.
Dui die volgende op jou grafiek aan:
i) begin snelheid
ii) tyd by punt B (die maksimum hoogte)
iii) eindsnelheid (4)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 4 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
ʼn Krat word in rus gehou by punt A, die bopunt van ʼn vlak ABC wat ʼn hoek met die
horisontaal vorm. Die gedeelte AB van die vlak is wrywingloos terwyl BC grof is.
4.1 Stel die beginsel vir die behoud van meganiese energie in woorde. (2)
4.2 Bereken die snelheid van die krat by posisie B. (4)
4.3 Die krat ondervind ʼn kinetiese wrywingskrag van 14,7 N soos dit teen ʼn
konstante snelheid van B na C teen die vlak afbeweeg.
4.3.1 Stel die Arbeid-Energie-stelling in woorde. (2)
4.3.2 Teken ʼn vryeliggaam-diagram en dui aan AL die kragte aan wat op
die krat uitgeoefen word by B. (3)
4.3.3 Gebruik die arbeid-energie beginsel en bereken die grootte van die
verplasing d tussen B en C indien die massa van die krat 3 kg is. (5)
4.4 Die hoek tussen die skuinsvlak en die horisontaal word verminder.
Hoe sal hierdie vermindering die koëffisiënt van kinetiese wrywing op die
krat beïnvloed?
Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 9
VRAAG 5 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
ʼn Man en ʼn vrou is albei op rolskaatse en staan voor mekaar op ʼn plat, wrywinglose
horisontale oppervlak. Die man stoot die vrou en sy beweeg na regs teen 4 m•s-1.
5.1 Stel die beginsel vir die behoud van lineêre momentum in woorde. (2)
5.2 Die massas van die man en vrou is 80 kg en 50 kg onderskeidelik.
Hoe vergelyk die impuls op die vrou met dié op die man?
Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN. (1)
5.3 Bereken die man se snelheid onmiddellik nadat hy die vrou van hom af
weggestoot het. (4)
5.4 Bereken die impuls op die vrou. (3)
[10]
VRAAG 6 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
ʼn Polisiemotor beweeg op ʼn pad teen ʼn konstante spoed EN SY SIRENE STEL
KLANKGOLWE MET frekwensie 346 Hz vr. ʼn Vrou sit langs die pad. Die vrou wat
langs die pad sit neem die klankgolwe waar teen ʼn frekwensie wat 50 Hz meer is as
die frekwensie wat deur die sirene se klankgolwe vrygestel word soos die polisie-
voertuig nader aan haar beweeg.
6.1 Stel die Doppler-effek in woorde. (2)
6.2 Verduidelik, in terme van golfbeweging, waarom die frekwensie wat die vrou
hoor hoër is as die frekwensie van die bron. (2)
Aanvaar dat die spoed van klank in lug 340 m•s-1 is.
6.3 Bereken die spoed van die polisiemotor. (5)
6.4 Stel EEN mediese gebruik van die Doppler-vloeimeter. (1)
6.5 ʼn Lyn in ʼn waterstof-spektrum het ʼn frekwensie van 7,55 × 1014 Hz wanneer
dit in ʼn laboratorium gemeet word. Dieselfde lyn in die spektrum van ʼn
verafgeleë ster het ʼn frekwensie van 17,23 × 1011 Hz.
Meld of die verafgeleë ster NADER of WEG vanaf die aarde beweeg. Gee ʼn
rede vir jou antwoord. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 7 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Twee metaalsfere, M en N, op geïnsuleerde staanders, dra ladings van +QM en -6 nC
onderskeidelik. Die afstand tussen die twee ladings is 20 mm en P is ʼn punt 10 mm
vanaf sfeer N, soos hieronder getoon. Die NETTO ELEKTRIESE VELD by punt P as
gevolg van die teenwoordigheid van M en N is 5,2 x105 N∙C-1 weswaarts.
7.1 Definieer die term ELEKTRIESE VELD by ʼn punt. (2)
7.2 Bereken die grootte van die lading QM op sfeer M.S (7)
7.3 Die twee sfere word toegelaat om kontak te maak en word dan na hulle
oorspronklike posisies terug beweeg.
7.3.1 Teken die elektriese veldpatroon as gevolg van die twee ladings. (3)
7.3.2 Bereken die ...
(a) aantal elektrone wat oorgedra is van een sfeer na die ander
sfeer nadat hulle van mekaar verwyder is. (4)
(b) grootte en die rigting van die krag wat sfeer M op sfeer N
uitoefen na die kontak. (3)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 11
VRAAG 8 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Die vereenvoudigde skets hieronder verteenwoordig ʼn elektriese motor.
8.1 Benoem die tipe elektriese motor soos hierbo getoon. (1)
8.2 Watter energie omskakeling vind in bostaande elektriese motor plaas? (2)
8.3 Die draai-effek van die motor kan verhoog word deur die aantal windings van
die spoel te vermeerder of om die magneetveld sterker te maak.
8.3.1 Skryf neer een ander manier om hierdie draai-effek te verhoog. (1)
Daar word beoog om die maksimum potensiaalverskil in die elektriese motor te
produseer wanneer ʼn konstante stroom verskaf word.
8.3.2 In watter posisie moet die spoel relatief tot die magneetveld geplaas
word om maksimum potensiaalverskil op te wek.
Skryf slegs PARALLEL of LOODREG. (1)
8.4 Die grafiek hieronder toon die uitset van ʼn generator.
8.4.1 Is die lesing aangedui as 330 V op die grafiek hierbo die wortel
gemiddelde kwadraat spanning (Vwgk) of ʼn maksimum spanning (Vmaks)? (1)
8.4.2 Die generator produseer die wortel gemiddelde kwadraat stroom (Iwgk)
van 12 A. Bereken die tempo waarteen die generator energie sal
oordra. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 9 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
In die stroombaan hieronder het die battery ʼn emk van 12 V en interne weerstand r.
Die drie weerstande en die gloeilampie word gekoppel soos in die diagram hieronder
getoon. Die weerstand van die gloeilampie is 2 Ω. A1 is ʼn ammeter en S1 en S2 is oop
skakelaars. Aanvaar dat al die geleidingsdrade en ʼn ammeter A weglaatbare
weerstande het.
9.1 Wanneer slegs skakelaar S1 gesluit is, daal die lesing op die voltmeter na
10,8 V. Bereken die ...
9.1.1 lesing op ammeter A. (4)
9.1.2 interne weerstand r, van die battery. (3)
9.2 Albei skakelaars, S1 en S2, word gesluit en nou registreer ammeter 1,5 A.
9.2.1 Bereken die arbeid verrig deur die gloeilamp. (7)
9.2.2 Watter effek sal die sluiting van beide gloeilampies op die “verlore volt”
het?
Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
Verduidelik jou antwoord volledig. (3)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 13
VRAAG 10 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Lig met verskillende frekwensies word op die oppervlak van ʼn metaal geskyn. Die
grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die kinetiese energie van die foto-
elektrone en die frekwensie van die invallende lig.
10.1 Verwys na die grafiek en skryf die waarde van die drumpelfrekwensie van die
metaal neer. (1)
10.2 Gee ʼn rede waarom foto-elektrone nie vrygestel word wanneer lig met ʼn
frekwensie van 45 × 10-19 Hz op die metaal geskyn word nie. (2)
10.3 Bereken die spoed van die vrygestelde elektrone wanneer lig met ʼn
frekwensie van 110 × 10-19 Hz op die metaal geskyn word. (5)
10.4 Watter effek sal ʼn toename in die intensiteit van die bestraling hê op die
snelheid van die elektrone wat vrygestel word?
Skryf TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
Verduidelik jou antwoord. (2)
[10]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling g 9,8 m•s-2
Universal gravitational constant
Universelegravitasiekonstant G 6,67 × 10-11 N•m2•kg-2
Speed of light in a vacuum
Spoed van lig in 'n vakuum c 3,0 × 108 m•s-1
Planck's constant
Planck se konstante
h 6,63 × 10-34 J•s
Coulomb's constant
Coulomb se konstante
k 9,0 × 109 N•m2•C-2
Charge on electron
Lading op elektron
e -1,6 × 10-19 C
Electron mass
Elektronmassa
me 9,11 × 10-31 kg
Mass of earth
Massa op aarde
M 5,98 × 1024 kg
Radius of earth
Radius van aarde RE 6,38 × 103 km
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) FISIESE WETENSKAPPE V1 15
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f vi a t Δx v i Δt 21 at 2 or/of Δy v i Δt 21 at 2
v vf v vf
v f v i 2ax or/of v f v i 2ay
2 2 2 2
Δx i Δt or/of Δy i Δt
2 2
FORCE/KRAG
p mv
Fnet ma
fk = µkN
fsmax = µsN
Fnett p
w mg
p mv f mv i
Gm 1 m2 M
F 2 g = G d2
d
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W Fx cos U mgh or/of EP mgh
Wnet K or/of Wnet Ek
1 1
K mv 2 or/of E k mv 2
2 2 K K f Ki or/of Ek Ekf Eki
W
Wnc K U or/of Wnc Ek Ep P
t
Pav Fv
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
vf T
f
v vL v vL c
fL fs fL fb E hf or/of E h
v vs v vb
E Wo E k where/waar
1 1
E hf and/en W0 hf0 and/en E k mv 2 K max mv max
2
2 or/ of 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F E
r2 r2
V F
E E
d q
W Q
V n=
q qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
V emf ( ε ) = I(R + r)
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
R s R1 R 2 ...
1 1 1 q I t
...
R p R1 R 2
W = Vq W
P
Δt
W = VI t
P = VI
W= I2R t
P = I2R
V Δt 2
V2
W= P
R R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Paverage Vrms I rms / Pgemiddeld Vwgk I wgk
I max I
I rms / I wgk maks
2 2
Paverage I rms
2
R / Pgemiddeld I 2wgkR
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk V2
2
Vwgk
2 2 Paverage rms / Pgemiddeld
R R
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 EC June 2016 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga June 2025 QP

Memorandum