Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
EKURHULENI-NOORD DISTRIK
LEWENSORIëNTERING
GRAAD 11
FINALE EKSAMEN
2017
PUNTE: 80 TYD: 1½ URE
INSTRUKSIES:
1. Lees al die instruksies noukeurig en beantwoord die vrae.
2. Beantwoord die vrae soos volg:
Afdeling A (20 punte) en B (30 punte) is VERPLIGTEND.
Afdeling C (30 punte) bestaan uit DRIE vrae – beantwoord slegs TWEE vrae
van die afdeling.
3. Skryf netjies en leesbaar.
4. Nommer jou antwoorde korrek.
5. Gebruik jou tyd effektief.
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye (ingesluit die voorblad).
1
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all
GRAAD 11 LO NOV 2017 VRAESTEL hlayiso.com
Life Orientation · Grade 11 · November Exam · 2018. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- November Exam
- Pages
- 7
- File size
- 461.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
AFDELING A: (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in die afdeling.
VRAAG 1: MULTI-KEUSE VRAE
1.1 Kies die korrekte antwoord van die vier moontlike opsies wat
gegee word. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer neer,
b.v 1.1.11 A
1.1.1 Gevegte met iemand om meer mag te kry of om jou mag te
behou word …. genoem.
A. Magsbalans
B. Magsworstelinge
C. Magsongelykheid
D. Geslagsongelykheid (1)
1.1.2 Watter Suid-Afrikaanse demokratiese strukture maak
aanbevelings oor diensteverskaffing?
A. Nasionale regering
B. Provinsiale regering
C. Plaaslike regering
D. Tradisionele leiers (1)
1.1.3 Hoe lank neem dit vir glas om te verweer?
A. 20 jaar
B. 2 000 jaar
C. 10 000 jaar
D. 1 miljoen jaar (1)
1.1.4 Die ‘SMART’- metode wat gebruik word wanneer jy jou
doelwitte stel, beteken dit is …
A. Simpel, Meetbaar, Aantasbaar (Bereikbaar), Realisties,
Tydgebonde
B. Simpel, Meetbaar, Aantasbaar (Bereikbaar), Realiteit,
Tydgebonde
C. Spesifiek, Meetbaar, Aantasbaar (Bereikbaar), Realisties,
Tydgebonde
D. Spesifiek, Meetbaar, Verkrygbaar, Realiteit, Tydgebonde (1)
1.1.5 As jy meer linkerbrein-georienteerd is …
A. eindig jy wat jy begin het.
B. plaas jy inligting onder opskrifte.
C. beantwoord jy eerste die feitlike vrae in jou vraestelle.
D. maak jy opsommings om jou te help om te fokus. (1)
2
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
1.1.6 ‘n Baccalaureusgraad …
A. fokus op beginsels, teorie en navorsing.
B. fokus hoe om die kennis toe te pas in die werksplek.
C. voorsien jou van uitgebreide en spesialiskennis.
D. stel jou instaat om te werk in ‘n spesifieke bedryf. (1)
1.1.7 Geld wat ‘n besigheid of ‘n organisasie aan jou toeken, omdat
jy goed doen in jou studies of sport, word ‘n … genoem.
A. studiebeurs
B. internskap
C. studielening
D. leerlingskap (1)
1.1.8 Doeltreffende tegnieke en planne om te studeer, word …
genoem.
A. studievaardighede
B. studiestyle
C. studiestrategieë
D. studiemetodes (1)
1.1.9 Vryheid van geloof, oortuiging en opinie beteken …
A. jy kan saam met ander mense bymekaarkom, ‘n
demostrasie hou en ‘n petisie lewer.
B. jy het die reg om gelyk behandel te word en te werk in ‘n
gesonde omgewing.
C. jy kan nie gearresteer, verhoor of gevonnis word sonder ‘n
goeie rede nie.
D. jy kan jou eie opinies en oortuigings hê; jy kan nie geforseer (1)
word om in iets te glo nie.
1.1.10 Opwarmingsoefeninge is belangrik voordat jy aan ‘n fisiese
aktiwiteit deelneem want …
A. dit help om jou polslag en asemhaling terug te kry tot
rusvlak.
B. dit berei jou liggaam voor vir ‘n spesifieke aktiwiteit wat jy
gaan doen.
C. dit verminder styfheid wat jy die volgende dag mag voel.
D. dit verwyder die afvalprodukte van jou spiere. (1)
[10]
3
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
1.2 Bespreek kortliks die volgende konsepte:
1.2.1 Infrastuktuur (2)
1.2.2 Klimaatsverandering (2)
1.3 Gee die korrekte woord(e) vir die volgende beskrywings.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer neer.
1.3.1 Die daad of praktyk om iemand dood te maak, wat baie siek of
beseer is, om enige verdere lyding te voorkom. (2)
1.3.2 Sterk oortuigings wat waardevol, belangrik of aanvaarbaar is. (2)
1.3.3 Die verhouding van vet, spiere en been in die liggaam. (2)
[10]
TOTAAL VIR DIE AFDELING: [20]
AFDELING B (VERPLIGTEND)
Beantwoord al die vrae in die afdeling.
VRAAG 2
2. Beantwoord die volgende vrae in volsinne.
2.1 Onderskei tussen ‘stemmewerwing’ (‘lobbying’) en (4)
‘voorspraak’.
2.2 Deursigtigheid beteken die regering moet oop wees vir die
publiek.
Verskaf DRIE redes waarom deursigtigheid belangrik of
noodsaaklik is. (3)
2.3 Verduidelik wat ‘n ‘geskiktheidsoudit’ is en waarom dit belangrik (4)
is.
2.4 Noem VIER nadelige gevolge van oorbevissing op die
omgewing en op mense. (4)
[15]
4
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
VRAAG 3
Beantwoord die volgende vrae in volsinne.
3. Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Kaapstad het die eerste stad in Afrika geword wat offisieel, een vleis-vrye dag in
die week ondersteun. Die stad se Gesondheidsportefeulje het die ‘veldtog vir
medelye’ in wêreldboerdery ondersteun.
Die massiewe moderne stelsel van fabriekboerdery beskadig die diere, mense en
die planeet. In fabriekboerdery, is die welstand van die diere nie belangrik nie.
Diere word dikwels in beknopte hokke, kratte of skure aangehou, wat nie gesond is
vir die diere nie. Die diere in die onmenslike boerderye produseer kweekhuisgasse
wat lei tot klimaatsveranderinge.
3.1 Defineer ‘fabriekboerdery’. (2)
3.2 Verduidelik hoe die welvaart van diere kan verbeter indien
minder vleis geeet word. (4)
3.3 Lys TWEE maniere hoe die fabriekboerdery kan lei tot swak
gesondheid in mense. (2)
3.4 Evalueer krities op watter maniere die massiewe skaal van
fabriekboerdery die planeet beskadig. (4)
3.5 Verskaf DRIE voorbeelde van kweekhuisgasse. (3)
[15]
TOTAAL VIR DIE AFDELING: [30]
5
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
AFDELING C [OPSTELTIPE VRAE]
Beantwoord enige TWEE vrae in die afdeling.
VRAAG 4
Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
Sokkergeweld ‘die ergste in jare’.
Polisie het gesê die geweld tussen twee mededigende groepe sokkerboewe, was
die ergste wat hulle in jare gesien het. Meer as 150 offisiere was uitgestuur deur
die polisie in die sokkerwedstryd tussen Shefield College en Cardiff College.
Maar moeilikheid het opgevlam tussen ondersteuners voor en gedurende die
wedstryd, wat gelei het tot ses mans wat beseer is en ‘n verdere ses wat
gearresteer is.
[Aangepas uit: http://www.dailymail.co.uk/newsarticle]
Bespreek negatiewe of swak sportgedrag onder die volgende opskrifte:
Wat veroorsaak toeskoueraggressie? (6)
Hoe kan wedstryde veilig gehou word? (5)
In die skole konteks, hoe kan die sporterekode van goeie
sportmanskap bydrae tot goeie sportgedrag? (4)
[15]
VRAAG 5
Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
‘n Gebalanseerde lewenstyl beteken daar is balans, harmonie of gelykheid tussen
die vyf aspekte van jou lewe. Hierdie aspekte van welsyn is verbind. As jy een
aspek verwaarloos, sal die ander aspekte ook benadeel word.’
Na aanleiding van die bostaande uittreksel bespreek die vyf
aspekte van jou lewe. [15]
VRAAG 6
Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
Padongelukke
‘In Desember 2016, het Mark van Cornwall, in sy kar gesit en gewag om regs te
draai. Skielik was sy kar getref deur ‘n ander kar wat veroorsaak het dat Mark se
6
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering Graad 11 November 2017
kar se buffer afgeruk is en die kar vorentoe gestoot is.
Mark het op daardie oomblik gely aan ‘n bestaande rugbesering en die ongeluk het
sy pyn en ongemak verhoog.’
Verduidelik padongelukke onder die volgende opskrifte:
Verduidelik hoe padongelukke ‘n negatiewe impak op jou
lewensstylkeuses kan hê. (5)
In kort bespreek die impak van onveilige praktyke op jouself en
ander met spesifieke verwysing na aggressiewe padgebruik.
(5)
Suggereer vyf maniere waarop ons die aantal padongelukke wat
elke feesseisoen plaasvind, kan verminder.
(5)
[15]
TOTAAL VIR DIE AFDELING: [30]
GROOTTOTAAL: [80]
7
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Life Orientation GR 11 MEMO hlayiso.com

Question paper and memo
Life Orientation Grade 11 November 2022 QP and Memo hlayiso.com

Memorandum
GR 11 LO MEMO hlayiso.com

Memorandum
MEMO Grade 11 LO Exam Final Term 4 2019 hlayiso.com

Study guide
Gr12 EG hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 11 LO ATP 2023 24
More from Grade 11 Life Orientation
Explore more published documents in this catalogue.






