Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12202416 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN LANDBOUWETENSKAPPE V2 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B. 1.1.1 Verkope verskil van bemarking aangesien dit … A winsgeoriënteerd is. B verbruikerbehoeftes bevredig. C produkgeoriënteerd is. D op toekomstige groei gebaseer is. 1.1.2 EEN van die stellings hieronder is op eko-etikettering van toepassing: A Dit hanteer nie omgewingskwessies nie B Produksie bevorder omgee vir die omgewing C Slegs oor verbruikers besorg D Slegs gerig op belange van produsente 1.1.3 Die belangrikste dokument wat 'n entrepreneur benodig om finansiering vir 'n nuwe besigheidsonderneming te bekom: A SSGB('SWOT')-ontleding B Balansstaat C Bemarkingsketting D Besigheidsplan 1.1.4 Die volgende vind in 'n mark plaas indien die aanbod van appels die vraag oorskry: (i) Meer appels is beskikbaar en die prys sal styg (ii) Prys van appels sal daal en meer mense sal appels koop (iii) Daar sal te veel appels wees en die prys sal daal (iv) Prys van appels is bo die ekwilibriumprys Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (iii), en (iv) B (i), (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.5 Die volgende is NIE 'n ekonomiese eienskap van grond NIE: A Dit verskil nie in produksiepotensiaal nie B Kan nie self produseer nie C Kan nie totaal vernietig word nie D Het 'n vaste ligging/plek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.1.6 Die tipe plaaswerker wat in diens geneem word om die dak van die melkstal te verf: A Permanente werker B Los werker C Voltydse werker D Seisoenale werker 1.1.7 'n Tipe krediet met 'n terugbetaalperiode van 5 tot 10 jaar wat gebruik word om roerende bates aan te koop: A Lang termyn B Medium termyn C Kort termyn D Lopende termyn 1.1.8 Die verlies aan lewende hawe en vernietiging van oeste veroorsaak deur hewige hael- en donderstorms, is 'n voorbeeld van … risiko. A finansiële B mark- C tegniese D prys- 1.1.9 Die volgende is die hooftipes geenmutasies: (i) Invoeging (ii) Verdubbeling (iii) Inversie (iv) Skrapping Kies die KORREKTE kombinasie: A (ii), (iii) en (iv) B (i), (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) 1.1.10 Die oorlewing van lammers in koue toestande weens hul digte pels: A Natuurlike seleksie B Kunsmatige seleksie C Teelwaarde D Verwante seleksie (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ongunstige klimaatstoestande A vraag veroorsaak 'n tekort aan produkte B lipofeksie 1.2.2 'n Bemarkingstelsel waar die staat die pryse van landbouprodukte C koöperatiewe bemarking reguleer D aanbod 1.2.3 'n Waarborg aan 'n lener gebied as waarborg vir die terugbetaal van 'n E sekuriteit lening F biolistiek 1.2.4 'n Geskrewe wettige bindende dokument tussen 'n boer en 'n G ooreenkoms plaaswerker H beheerde bemarking 1.2.5 Klein borreltjies vet wat as draers vir geselekteerde DNA gebruik word I leningonsekerheid J kontrak (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die verwantskap tussen die verandering in prys en die verandering in vraag 1.3.2 'n Opsomming van al die inkomste en uitgawes wat toon hoe die inkomste uit produkverkope en dienste na netto wins omgeskakel word 1.3.3 Die nageslag geproduseer deur 'n dominante suiwer ras en homosigotiese resessiewe ouers 1.3.4 Die eienskappe wat deur 'n groot aantal gene bepaal word 1.3.5 Die vermoë van 'n ouer om hulle eienskappe aan hulle nageslag oor te dra (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Fasilitering is die proses van assessering en sortering van landbouprodukte volgens grootte en kwaliteit. 1.4.2 Vaste koste verander met die vlak van produksie. 1.4.3 'n Verskynsel waar 'n genepaar die uitkoms van 'n ander genepaar in 'n indiwidu beheer, is atavisme. 1.4.4 Die tipe mutageniese middel wat deur X-straalbestraling veroorsaak word, is 'n biologiese mutageen. 1.4.5 Die afname in prestasie met elke generasie veroorsaak deur die kruising van twee organismes wat na aan mekaar verwant is, is heterose. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die vloeidiagram hieronder illustreer die bemarkingsfunksies. BEMARKINGS- FUNKSIES A. B. C. D. Vervoer Produkte in Melk verander goedere van yskaste gehou vir in joghurt en plek na plek latere gebruik suurmelk E. F. Handelsnaam Produkte pas goed in en gesorteer ʼn houer om beska- volgens grootte ding te voorkom prevent damage 2.1.1 Identifiseer die bemarkingsfunksies deur A, B en C verteenwoordig. (3) 2.1.2 Dui die riglyn van bemarkingsfunksie C aan, verteenwoordig deur E en F. (2) 2.1.3 Noem TWEE voordele van bemarkingsfunksie D. (2) 2.2 Die tabel hieronder toon die hoeveelheid aartappels verskaf en aangevra teen verskillende pryse. PRYS AARTAPPELS AARTAPPELS (R) AANGEBIED (Sakke) AANGEVRA (Sakke) 5 500 2 500 10 1 000 2 000 15 1 500 1 500 20 2 000 1 000 25 2 500 500 2.2.1 Teken 'n lyngrafiek met gebruik van die inligting in die tabel hierbo. (6) 2.2.2 Lei die wet van aanbod uit die tabel hierbo af. (2) 2.2.3 Noem die toestand in 'n mark wanneer die prys van aartappels R15 per sak is. (1) 2.2.4 Noem TWEE faktore, behalwe prys, wat die vraag na aartappels kon beïnvloed het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.3 Die benaderings hieronder word deur boere gebruik tydens die bemarking van hulle produkte. massabemarking; nisbemarking; multisegment-bemarking; groenbemarking Pas elk van die stellings hieronder by 'n bemarkingsbenadering hierbo: A Verdeel potensiële verbruikers in groepe gebaseer op gemeenskaplike eienskappe en ontwikkel 'n strategie wat hulle pas (1) B Bemarkingsprodukte wat in herwinbare materiaal verpak is (1) C Gee aandag aan die behoefte aan 'n produk deur 'n klein segment van die mark waaraan hoofstroomverskaffers nie voldoen nie (1) 2.4 Die illustrasie hieronder toon 'n kanaal wat in 'n vrye bemarkingstelsel gebruik word. Boer verkoop Bestelling word Betaling deur die produkte deur 'n vanaf 'n rekenaar verbruiker met 'n rekenaar te gebruik geplaas kredietkaart Goedere wat bestel is, word na die verbruiker vervoer Karweier tel die bestelling by die Bestelvorm word voltooi en na die pakhuis op pakhuis versend 2.4.1 Identifiseer die bemarkingkanaal in die illustrasie hierbo. (1) 2.4.2 Noem TWEE voordele van die bemarkingkanaal, geïdentifiseer in VRAAG 2.4.1 hierbo, vir die boer. (2) 2.4.3 Noem TWEE ander bemarkingskanale wat nie in die illustrasie hierbo getoon word nie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.5 Dui die probleem aan wat die bemarking van landbouprodukte in ELK van die stellings hieronder belemmer: 2.5.1 Landbouprodukte het 'n lae waarde in verhouding tot volume. (1) 2.5.2 Boere gebruik agente om ander funksies in die bemarkingsketting te verrig. (1) 2.5.3 Landbouprodukte het 'n beperkte lewensduur op die mark. (1) 2.5.4 Ongelukke wat tydens die bemarkingsketting plaasvind. (1) 2.5.5 Landbouprodukte is volop gedurende sekere tye van die jaar en skaars in ander tye (1) 2.6 Die illustrasie hieronder toon die suksesfaktore van entrepreneurskap. Leierskap Neem van risiko's Suksesfaktore van entrepreneurskap Innoverend Uithouvermoë Pas elk van die beskrywings hieronder by die suksesfaktore van entrepreneurskap in die illustrasie hierbo. Skryf SLEGS die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) neer. 2.6.1 Belê in nuut ontwerpte landboutoerusting met die hoop dat dit produksie sal verhoog (1) 2.6.2 Wanneer die entrepreneur aanhou probeer, selfs as tye moeilik is (1) 2.6.3 Die vermoë om nuwe besigheidsidees te ontwikkel, uitdagings te oorkom en voordeel uit geleenthede te trek (1) 2.6.4 Die vermoë om ander mense in jou besigheidsidee te laat glo en om saam met jou te werk om dit te realiseer (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Die illustrasie hieronder dui die funksies en ekonomiese eienskappe van toepassing op grond as 'n produksiefaktor aan. A B JAAR 1 Area vir behuising Bevolking: 4 miljoen skole, fabrieke, Grond: 100 000 ha JAAR 2 parke en Bevolking: 6 miljoen ontspannings- Grond: 80 000 ha fasiliteite GROND C D Area vir die Waarde per ha produksie van mielies, koring en 1980: R2 500 sorghum 2020: R10 500 3.1.1 Identifiseer die letter (A–D) wat die volgende funksies van grond verteenwoordig: (a) Voorsiening van voedsel (1) (b) Voorsiening van ruimte vir infrastruktuur (1) 3.1.2 Noem die ekonomiese eienskap van grond wat deur A en D verteenwoordig word. (2) 3.1.3 Noem TWEE maniere waarop die produktiwiteit van grond verbeter kan word. (2) 3.1.4 Verduidelik die konsep grond is onderhewig aan die wet van dalende meeropbrengste. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.2 Die volgende is maatreëls wat deur 'n boer gebruik word om arbeids- produktiwiteit op die plaas te verhoog:  Opvoeding/Onderwys  Meganisasie  Kommunikasie  Erkenning  Motivering Pas die maatreëls hierbo by ELK van die stellings hieronder. 3.2.1 Daar is 'n bonusstelsel vir plaaswerkers wanneer hulle sekere teikens bereik. (1) 3.2.2 Trekkeroperateurs woon 'n werkswinkel en kort kursus oor basiese werking en bestuur van trekkers en toerusting by. (1) 3.2.3 Die plaaswerkers ontvang sertifikate van uitnemendheid vir prestasie gelewer bo en behalwe hulle normale pligte by die jaarlikse toekenningseremonie. (1) 3.2.4 Personeelvergaderings met plaaswerkers word elke oggend gehou om die skedule vir die dag uiteen te sit. (1) 3.3 Die tabel hieronder toon die uitslae van twee kandidate wat vir poste op 'n plaas op die kortlys geplaas is. VAARDIGHEDE KANDIDAAT 1 KANDIDAAT 2 Tegnies 80% 70% Interpersoonlik 60% 80% Bestuur 62% 82% 3.3.1 Dui die kandidaat (1 of 2) aan wat die geskikste vir elk van die volgende poste sal wees: (a) Om die besigheid optimaal te bestuur (1) (b) 'n Tegniese adviseur (1) 3.3.2 Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 3.3.1(a) deur na die tabel hierbo te verwys. (2) 3.3.3 Gee die arbeidswetgewing wat ELK van die volgende reguleer: (a) 'n Veilige werksomgewing vir die kandidate in VRAAG 3.3.1 (1) (b) Deelname van die werkerverteenwoordigers in die besluitnemingsproses op die plaas (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.4 Die prent hieronder toon 'n plaas met verskillende tipes kapitaal. A B C 3.4.1 Identifiseer die letter (A–C) in die prent hierbo wat die tipe kapitaal hieronder genoem, verteenwoordig: (a) Werkskapitaal (1) (b) Roerende kapitaal (1) (c) Vaste kapitaal (1) 3.4.2 Dui EEN bron van kapitaal vir boere aan. (1) 3.5 Die inligting hieronder toon bates en laste van 'n boerderyonderneming vanaf Februarie 2023:  Lening vir die aankoop van plaastoerusting: R1 965 000  Kontant op hande: R1 500 000  Bankoortrekkingsfasiliteit: R245 000  Waarde van 'n plaas: R2 500 000 BATE WAARDE (R) LASTE WAARDE Kontant op hande Lening (a) (b) TOTAAL WAARDE (c) TOTAAL WAARDE (d) VAN BATES VAN LASTE 3.5.1 Identifiseer die finansiële staat hierbo aangedui. (1) 3.5.2 Identifiseer die ontbrekende inligting vir (a), (b), (c) en (d) in die tabel deur die inligting te gebruik. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.6 Die grafiek hieronder toon die inkomste en uitgawes van drie verskillende boere. Totale inkomste en uitgawes vir verskillende boere Inkomste Uitgawes inkomste/Uitgawes (R) Boer A Boer B Boer C 3.6.1 Identifiseer, in die grafiek hierbo, die boer wat die hoogste inkomste genereer. (1) 3.6.2 Bereken die wins of verlies van boer A. Toon ALLE berekeninge. (3) 3.7 Bestuur is baie belangrik in die gladde verloop van die boerderyonderneming. 3.7.1 Hieronder is DRIE bestuursbeginsels wat boere moet ondersoek wanneer die onderneming bestuur word. implementering; beplanning; beheer Kies die bestuursbeginsel hierbo wat by ELK van die stellings hieronder pas: (a) Moniteer resultate en vergelyk dit met prestasiestandaarde (1) (b) Die proses om planne in werking stel (1) 3.7.2 Noem TWEE eksterne kragte wat 'n boerderyonderneming affekteer. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 'n Pienk (b) blomplant word met 'n heterosigotiese blou (B) blomplant gekruis. 4.1.1 Teken 'n Punnett-vierkant om die genotipe van die F1-generasie te bepaal. (4) 4.1.2 Bereken die persentasie pienk blomme in die F1-generasie. (2) 4.1.3 Bereken die aantal heterosigotiese nageslag as 350 nageslagte uit die kruising in VRAAG 4.1.2 geproduseer is. (2) 4.2 Die illustrasie hieronder dui twee plantkultivar-teelpare op 'n plaas aan. Gamete van ouers SLEUTEL: Ouer 1-eienskappe: Paar 1-gamete R - Rooi blom B - Blou blom Paar 2-gamete Ouer 2-eienskappe: A - Ronde vrugte a - Ovaal vrugte 4.2.1 Verwys na die illustrasie hierbo en identifiseer die patroon van oorerwing wat deur Paar 1 getoon word. (1) 4.2.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 4.2.1 hierbo. (1) 4.2.3 Bepaal die fenotipe van Paar 2-nageslag. (1) 4.2.4 Dui die genotipiese verhouding van die Paar 2-nageslag aan. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.3 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die kruising van 'n donker (DD) manlike en 'n wit (dd) vroulike plaasdier. Manlik Vroulik (1) X (2) Meiose Meiose (3) (4) (5) (6) (7) F1-generasie 4.3.1 Dui Mendel se wet aan wat op die kruising hierbo van toepassing is. (1) 4.3.2 Identifiseer die proses wat tussen (3) en (5) plaasgevind het en aanleiding tot (7) gegee het. (1) 4.3.3 Dui die volgende uit die skematiese voorstelling hierbo aan: (a) Die fenotipe vir (2) en (7) (2) (b) Die genotipe vir (1) en (6) (2) 4.4 Hieronder is die prente van twee manlike bokke waaruit 'n boer kan kies. Die bokke het dieselfde voer gekry en het onder dieselfde toestande grootgeword, maar is uit verskillende ouers op dieselfde dag gebore. 4.4.1 Gee 'n genetiese term wat na die verskille in die bokke hierbo verwys. (1) 4.4.2 Stel TWEE interne faktore, behalwe meiose, voor wat grootliks tot die verskil in die bokke hierbo kon bygedra het. (2) 4.4.3 Noem TWEE metodes wat boere gebruik wanneer plaasdiere geselekteer word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 16 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.5 'n Holstein-melkboer het uier- en beenprobleme in die kudde ondervind. Nadat die koeie met 'n Suiwel Switser-bul gepaar is, is daar 'n onmiddellike verbetering waargeneem. Die boer het ook 'n verbetering in die groeitempo van die kalwers en beter aanpasbaarheid by warm toestande gedurende die somermaande gesien. 4.5.1 Identifiseer die teelstelsel wat op die gevallestudie hierbo van toepassing is. (1) 4.5.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.5.1. (1) 4.5.3 Dui TWEE voordele aan van die teelstelsel geïdentifiseer in VRAAG 4.5.1 volgens die gevallestudie hierbo. (2) 4.5.4 Onderskei tussen inteling en lynteling. (2) 4.5.5 Gee EEN voorbeeld van ELK van die teelstelsels in VRAAG 4.5.4. (2) 4.6 Geneties gemodifiseerde organismes word geskep met gebruik van biotegnologie wat die genetiese samestelling verander. 4.6.1 Noem TWEE potensiële risiko's van geneties gemodifiseerde gewasse vir die omgewing. (2) 4.6.2 Dui TWEE voordele van geneties gemodifiseerde gewasse aan. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all