Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)


View all



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)

Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 450.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1.1Agricultural marketing20 marks
- Question 1.2Basic agricultural genetics10 marks
- Question 1.3Basic agricultural genetics10 marks
- Question 1.4Basic agricultural genetics5 marks
- Question 2.1Agricultural marketing6 marks
- Question 2.2Agricultural marketing5 marks
Show all 27 questions
- Question 2.3Agricultural marketing6 marks
- Question 2.4Agricultural entrepreneurship5 marks
- Question 2.5Agricultural marketing6 marks
- Question 2.6Agricultural marketing2 marks
- Question 2.7Agricultural entrepreneurship5 marks
- Question 3.1Agricultural production factors3 marks
- Question 3.2Agricultural production factors3 marks
- Question 3.3Agricultural production factors5 marks
- Question 3.4Agricultural production factors4 marks
- Question 3.5Agricultural production factors6 marks
- Question 3.6Agricultural production factors7 marks
- Question 3.7Agricultural production factors2 marks
- Question 3.8Agricultural production factors6 marks
- Question 4.1Basic agricultural genetics5 marks
- Question 4.2Basic agricultural genetics2 marks
- Question 4.3Basic agricultural genetics3 marks
- Question 4.4Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.5Basic agricultural genetics6 marks
- Question 4.6Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.7Basic agricultural genetics3 marks
- Question 4.8Basic agricultural genetics6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B. NV
1.1.1 Die bemarkingsproses behels die …
A bepaling van die produk wat die verbruiker wil hê.
B bepaling van die produk van belang vir die verskaffer.
C bestuur van verkoopsvolume.
D beplanning gebaseer op huidige produkte.
1.1.2 EEN van die volgende stellings is NIE KORREK oor faktore wat die
bemarking van landbouprodukte belemmer NIE:
A Swak infrastruktuur
B Bederfbaarheid van die produk
C Hoë waarde in vergelyking met volume
D Wye verspreiding van die produk
1.1.3 'n Kanaal waar produkte aan 'n globale verbruiker geadverteer
word en vooruit daarvoor betaal moet word, is …-bemarking.
A kontrak
B plaashek
C veeveiling
D internet
1.1.4 Die kurwe wat afwaarts na regs in 'n mark neig, impliseer dat:
(i) Soos die prys van 'n produk styg, daal die hoeveelheid
gevra.
(ii) Wanneer die prys van 'n produk styg, bly die aanbod
konstant.
(iii) Daar is 'n omgekeerde verhouding tussen prys en
hoeveelheid gevra.
(iv) Die hoeveelheid gevra is hoog want die prys van 'n produk
is laag.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (ii), (iii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.5 EEN van die volgende is NIE 'n metode om die produktiwiteit van
grond te verhoog NIE:
A Tussenverbouing
B Verbetering van grondvrugbaarheid
C Monoverbouing
D Herstel van grondpotensiaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.6 EEN van die volgende is NIE 'n bron van kapitaal NIE:
A Risikofaktor
B Trustmaatskappy
C Besigheidsvennoot
D Landbank
1.1.7 'n Boer kan die maatreëls hieronder toepas om die produktiwiteit
van arbeid op die plaas te verhoog:
(i) Om die korrekte tipe en aantal werkers te hê
(ii) Stel duidelike onbereikbare doelwitte vir werkers
(iii)Gee werkers die geleentheid om by besluitneming betrokke
te wees
(iv) Verseker die welsyn van werkers
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.8 Die eksterne krag wat 'n boerderyonderneming kan beïnvloed:
A Kwaliteit en koste van 'n produk
B Beskikbare toerusting en masjinerie
C Hoeveelheid skuld wat 'n boer by 'n bank het
D Beleide oor die arbeidsmag
1.1.9 Indien 'n homosigotiese lang plant (TT) met 'n homosigotiese
resessiewe plant (tt) gekruis word, sal die genotipiese en
fenotipiese persentasies van lang plante in die F1-generasie …
wees.
A 50%
B 100%
C 75%
D 25%
1.1.10 Die illustrasie hieronder toon 'n voorbeeld van … in
chromosoommutasies.
Tetraploïed Heksaploïed
A haploïedie
B pentaploïedie
C poliploïedie
D diploïedie (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Bemarkingstrategie wat die A berging
hele mark met 'n enkele aanbod
teiken B XX en XY
1.2.2 Hou goedere totdat dit vir C beide die boer en die
toekomstige gebruik benodig plaaswerker dra by
word en voedselsekerheid
waarborg D depresiasie
1.2.3 Werkloosheidversekerings- E multigesegmenteerde
fonds bemarking
1.2.4 Die waarde van bates verhoog F X-gekoppelde en Y-gekoppelde
met tyd eienskappe
1.2.5 Geslagschromosome G appresiasie
H waardetoevoeging
I slegs die boer dra by
J massabemarking
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Langtermynplan wat die bestuurder in staat stel om die risiko om
produksie as gevolg van droogte te verloor, te minimaliseer
1.3.2 'n Maatstaf van uitset per eenheid inset
1.3.3 'n Situasie waar een ouer meer homosigoties dominante allele vir
sekere eienskappe het wat aan die nageslag oorgedra word as die
ander ouer
1.3.4 Die gebruik van statistiek om biologiese data te analiseer
1.3.5 Onkruiddoderbestande hibriede plante wat die produkte van 'n
kruising tussen wilde plante en geneties gemodifiseerde gewasse
is (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Bemarkingsmengsel is die gevolg van die interaksie tussen die
vraag en aanbod van goedere en dienste.
1.4.2 Koste is die geld betaalbaar bo en behalwe die bedrag geleen.
1.4.3 'n Dominante alleel word nie in die fenotipe van 'n heterosigotiese
organisme uitgedruk nie.
1.4.4 Die paring van 'n suiwer geteelde bul met minderwaardige koeie,
generasie ná generasie, verwys na inteling.
1.4.5 Teelwaarde is 'n vorm van tegnologie wat hoogs gevorderde
wetenskaplike tegnieke behels om gene in te voeg om verlangde
eienskappe te verkry. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die illustrasies hieronder verteenwoordig vraag en aanbod in 'n mark.
ILLUSTRASIE A
PRYS PRODUKBESKIKBAARHEID
ILLUSTRASIE B
PRYS PRODUK GEKOOP
2.1.1 Identifiseer die illustrasie wat ELK van die volgende
verteenwoordig:
(a) Vraag (1)
(b) Aanbod (1)
2.1.2 Verduidelik die wet van toepassing op ILLUSTRASIE B. (2)
2.1.3 Noem TWEE faktore wat die illustrasie by A beïnvloed, behalwe
die een wat aangedui is. (2)
2.2 Die grafiek hieronder toon die reaksie op die verandering in die hoeveelheid
gevra in verhouding tot prys in 'n mark.
GRAFIEK A GRAFIEK B
Prys Prys
P2
P2
P1 P1
H1 H2 H1 H2
2.2.1 Dui die tipe elastisiteit geïllustreer in die volgende aan:
(a) (a) Grafiek A (1)
(b) Grafiek B (1)
2.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1(a). (1)
2.2.3 Noem TWEE faktore wat kon gelei het tot die situasie wat in
GRAFIEK A geïllustreer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.3 Die prent hieronder toon 'n stelsel wat vir die bemarking van landbouprodukte
gebruik word.
VERBIND BOERE MET KLANTE
ONMIDDELLIKE BETALING
BOER KOPER
GEEN MIDDELMAN
0% KOMMISSIE
2.3.1 Identifiseer die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo voorgestel
word. (1)
2.3.2 Uit die prent hierbo, lei TWEE voordele af van die bemarkingstelsel
wat in VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is, vir die verkoper. (2)
2.3.3 Gee die ekonomiese term wat verwys na die verskynsel waar
produsente pryse kunsmatig onderhandel eerder as om vry mee te
ding. (1)
2.3.4 Noem TWEE beginsels van landboukoöperasies. (2)
2.4 'n Boer wat een hektaar grond besit, het 'n geleentheid gesien om 'n klein
besigheid te begin deur eiers te produseer en aan die gemeenskap te
verkoop. Ten spyte van twee inbrake en 'n waterskaarste, het die boer met die
besigheid voortgegaan. Toegewydheid, veerkragtigheid en passie het die boer
aan die gang gehou.
2.4.1 Die boer in die gevallestudie hierbo is 'n entrepreneur. Regverdig
hierdie stelling deur 'n rede uit die gevallestudie te gee. (1)
2.4.2 Identifiseer TWEE entrepreneursuksesfaktore van die boer in die
gevallestudie hierbo. (2)
2.4.3 Gee EEN voorbeeld uit die gevallestudie van ELK van die
volgende:
(a) Sterk punt van die onderneming (1)
(b) Bedreiging vir die onderneming (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.5 Die diagramme hieronder verteenwoordig 'n landboubemarkingsketting.
DIAGRAM A
Bemarking
Bemarking Verkope Kliënte-
diens
DIAGRAM B
Aankoop Produksie
Produksie Verspreiding
van insette
Bemarking kope
2.5.1 Dui die tipe landboubemarkingsketting aan verteenwoordig deur:
(a) DIAGRAM A (1)
(b) DIAGRAM B (1)
2.5.2 Identifiseer die landboubemarkingsketting (DIAGRAM A of
DIAGRAM B) wat deur elk van die volgende stellings beskryf word:
(a) Fokus op doeltreffendheid, korttermyn-georiënteerd,
beplanning en beheer (1)
(b) Fokus op doeltreffendheid, langtermyn-georiënteerd, vraag,
bestuur en aanbod (1)
2.5.3 Dui TWEE maniere aan wat boere kan gebruik om die
landboubesigheidsketting vaartbelyn te maak en te verbeter. (2)
2.6 Noem TWEE rolle van wetgewing in die doeltreffende bemarking van
landbouprodukte. (2)
2.7 Voordat 'n boerderyonderneming begin word, moet 'n dokument wat die
besigheid en die doelstellings en doelwitte beskryf, ontwikkel word.
2.7.1 Identifiseer die dokument in die stelling hierbo. (1)
2.7.2 Gee TWEE redes vir die ontwikkeling van die dokument wat in
VRAAG 2.7.1 geïdentifiseer is. (2)
2.7.3 Noem TWEE probleme wat 'n boer kan ondervind wanneer die
dokument wat in VRAAG 2.7.1 geïdentifiseer is, opgestel word. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Al die produksiefaktore is belangrik en moet goed bestuur word om produksie
te maksimaliseer.
3.1.1 Noem 'n produksiefaktor wat duursaam is en in 'n spesifieke
omgewing aangetref word. (1)
3.1.2 Noem TWEE ekonomiese funksies van die produksiefaktor in
VRAAG 3.1.1 genoem. (2)
3.2 Die tabel hieronder illustreer die hoeveelheid kunsmis toegedien en
mielieproduksie.
KUNSMIS (kg) MIELIEPRODUKSIE (kg)
1 8
5 20
10 35
15 38
20 39
25 39
3.2.1 Identifiseer die ekonomiese eienskap van grond in die tabel hierbo
geïllustreer. (1)
3.2.2 Vergelyk die reaksie van die mielieproduksie op die verhoogde
kunsmistoediening vanaf:
(a) 1 kg tot 10 kg (1)
(b) 15 kg tot 20 kg (1)
3.3 Die tabel hieronder toon pligte wat deur twee verskillende werkers op die
plaas uitgevoer word.
WERKER 1 WERKER 2
Bou 'n dam Skeer skape
Rig 'n heining op Pluk avokadopere
Verf plaasgeboue Oes druiwe
3.3.1 Identifiseer die tipe tydelike werker wat deur ELK van die volgende
verteenwoordig word:
(a) WERKER 1 (1)
(b) WERKER 2 (1)
3.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.3.1(b). (1)
3.3.3 Noem TWEE maniere om arbeidsproduktiwiteit in landbou te
verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.4 'n Uittreksel uit 'n indiensnemingskontrak tussen 'n boer en 'n plaaswerker
word hieronder getoon.
INDIENSNEMINGSKONTRAK
1.Postitel: Bestuurder (Drywer)
2.Tydsduur van kontrak: 1 Februarie 2021 tot aftrede
3.Metode van betaling: Betaling in bankrekening (maandeliks)
4.Vergoeding: Minimum loon ten opsigte van die spesifieke area
5.Voorwaardes van indiensneming:
5.1 Werksure: 08:00 tot 17:00
5.2 Verlof: Soos deur wetgewing voorgeskryf
6. Beskermende drag: Geen
Handtekening: ………………………………. Datum: …………………………
(Werknemer – Plaaswerker)
Handtekening: …………………………….… Datum: …………………………
(Werkgewer –Boer)
3.4.1 Kies 'n item uit die indiensnemingskontrak hierbo wat op elk van die
volgende arbeidswette betrekking het:
(a) Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) (1)
(b) Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
1993) (1)
3.4.2 Noem TWEE maniere waarop migrasie van arbeid vanaf plase na
ander industrieë produksie van 'n boerderyonderneming sal verlaag. (2)
3.5 Die skematiese voorstelling hieronder toon tipes kapitaal met voorbeelde.
Kapitaal
Tipes Produksie
kapitaal
Voorbeelde van Voerstoorsilo's Trekker
kapitaal
3.5.1 Identifiseer die tipes kapitaal wat deur A en B in die skematiese
voorstelling hierbo verteenwoordig word. (2)
3.5.2 Gee EEN voorbeeld van 'n kapitaalitem wat deur C verteenwoordig
word. (1)
3.5.3 Stel die tipe krediet voor wat by 'n finansiële instansie bekom kan
word om die volgende tipes kapitaal te verkry:
(a) A (1)
(b) C (1)
3.5.4 Noem EEN metode om kapitaal te skep. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.6 Die grafiek hieronder toon die inkomste en uitgawes vir verskillende boerdery-
ondernemings vir die 2023/24 finansiële jaar.
Totale inkomste
Total income andenexpenditure
uitgawes van
for verskillende ondernemings
different enterprises
Inkomste/Uitgawes (R)
70000
Total
TotaleIncome
Inkomste
60000
Total
TotaleExpenses
Uitgawes
Income/expenditure (R)
50000
40000
30000
20000
10000
9R 0 0
A B C
Ondernemings
Enterprises
3.6.1 Identifiseer die onderneming in die grafiek hierbo met die:
(a) Hoogste inkomste (1)
(b) Laagste uitgawes (1)
3.6.2 Noem die finansiële rekord wat die inligting in die data hierbo toon. (1)
3.6.3 Bereken die wins of verlies vir onderneming A. Toon ALLE
berekeninge, die formule ingesluit. (3)
3.7 Noem die probleem geassosieer met kapitaal wat op ELK van die volgende
stellings van toepassing is:
3.7.1 Die boer het nie genoeg kapitaal om toerusting aan te koop om die
boerderyonderneming te bedryf nie. (1)
3.7.2 Te veel kapitaal is in die onderneming belê in verhouding tot die
beskikbare grond en arbeid. (1)
3.8 Die boer het die geleentheid om 'n boord te bekom, gebruik en het 'n
onderneming begin deur konfyt en droë- en geblikte vrugte te maak.
Die onderneming het gegroei totdat die toerusting gebreek het, wat tot 'n
afname in verkope gelei het. Die boer het toe 'n vark-, pluimvee- en
skaapboerdery begin en mis aan ander boere en gemeenskapslede verkoop.
3.8.1 Identifiseer TWEE risikobronne in die scenario hierbo. (2)
3.8.2 Regverdig ELKE risikobron wat in VRAAG 3.8.1 geïdentifiseer is,
gebaseer op die scenario. (2)
3.8.3 Identifiseer die risikobestuurstrategie wat die boer gebruik het om
die risiko's te hanteer wat in VRAAG 3.8.1 geïdentifiseer is. (1)
3.8.4 Noem EEN toepaslike bestuursbeginsel wat die boer sal help om
die risiko's te bestuur. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 By ertjieplante is sferiese saad (S) dominant oor ingeduikte saad (s). Twee
heterosigotiese plante vir saadvorm is gekruis, soos in die Punnett-vierkant
hieronder getoon.
GAMETE S s
S SS Ss
s Ss ss
4.1.1 Dui die breuk van die nageslag aan wat ingeduikte saad sal hê. (1)
4.1.2 Bereken die persentasie heterosigotiese sferiese saad. (2)
4.1.3 Bepaal die fenotipiese verhouding van die F1-generasie. (1)
4.1.4 Gee die getal nageslag wat dieselfde as die ouers sal lyk. (1)
4.2 Die illustrasies hieronder toon die kruising van verskillende blomme.
ILLUSTRASIE A ILLUSTRASIE B
RR WW R W
R
RW
4.2.1 Identifiseer die patroon van oorerwing verteenwoordig deur ELK
van die volgende:
(a) ILLUSTRASIE B (1)
(b) ILLUSTRASIE A (1)
4.2.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 4.2.1(b). (1)
4.2.3 Dui die genotipe van die nageslag in ILLUSTRASIE B aan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.3 Kwantitatiewe eienskappe word deur baie genepare beheer en het meer
vorms sonder grense, terwyl kwalitatiewe eienskappe deur een geen beheer
word en net 'n paar duidelike grense toon.
Dui aan of die eienskappe hieronder kwalitatiewe of kwantitatiewe eienskappe
is:
4.3.1 Hoogte (1)
4.3.2 Horingkonformasie (1)
4.3.3 Melkproduksie (1)
4.4 Die prent hieronder toon 'n ooi met haar drieling.
4.4.1 Identifiseer die verskynsel sigbaar ten opsigte van die kleur van elk
van die drieling. (1)
4.4.2 Noem of die verskynsel in die prent hierbo van die omgewing of
geneties is. (1)
4.4.3 Dui EEN oorsaak aan wat tot die verskynsel by die drieling hierbo
kon gelei het. (1)
4.4.4 Noem die belangrikheid van die verskynsel wat in VRAAG 4.4.1
geïdentifiseer is, in 'n teelprogram. (1)
4.5 'n Boer het twee kultivars, KULTIVAR A (PPLL) en KULTIVAR B (ppll),
gekruis om die eienskappe van KULTIVAR B te verbeter. Neem aan dat P vir
pers saad, p vir geel saad, L vir lang blare en l vir kort blare is.
4.5.1 Identifiseer EEN eienskap wat die boer moet verbeter. (1)
4.5.2 Gebruik 'n Punnett-vierkant om die F1-generasie van die twee
kultivars in die uittreksel hierbo te toon. (4)
4.5.3 Dui die wet aan wat gedurende gameetvorming in VRAAG 4.5.2
van toepassing is voordat kruising gedoen word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.6 Die skematiese voorstelling hieronder is 'n voorbeeld van verskillende
teelstelsels by beeste.
Bul
Koei
4.6.1 Identifiseer, in die skematiese voorstelling hierbo, die teelstelsel
wat deur ELK van die volgende geïllustreer word:
(a) As dier 1 'n Hereford is en paar met dier 2 wat 'n Korthoring is (1)
(b) As dier 3 met dier 4 paar en beide rasegte Holsteins is wat
nie verwant is nie (1)
4.6.2 Noem EEN voordeel wat diere 12, 13 en 14 bo hulle ouers sal hê. (1)
4.6.3 Noem EEN seleksiemetode wat vir die diereteelstelsels wat in
VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, gebruik kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.7 Die vloeidiagram hieronder illustreer 'n tegniek wat in plantteling gebruik word.
4.7.1 Identifiseer die planttelingstegniek hierbo geïllustreer. (1)
4.7.2 Noem TWEE potensiële omgewingsvoordele van GG-gewasse. (2)
4.8 Die tabel hieronder verteenwoordig data van geneties gemodifiseerde (GG)
mielies en nie-GG mielies ten opsigte van opbrengs in verskillende
provinsies.
PROVINSIE NIE-GG MIELIE- GG MIELIE-
OPBRENGS (kg/ha) OPBRENGS (kg/ha)
A 3 500 4 500
B 5 500 8 000
C 8 000 9 500
D 8 500 10 000
E 4 500 6 000
Teken 'n lyngrafiek wat die opbrengste van geneties gemodifiseerde (GG )
mielies en nie-GG mielies in die verskillende provinsies op dieselfde
assestelsel voorstel. (6)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 QP (Sesotho)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum