Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 1220259 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2025 10722 BESIGHEIDSTUDIES (VRAESTEL 2) TYD: 2 uur PUNTE: 150 9 bladsye b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 2 (VRAESTEL 2) 10722/25 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 Beantwoord enige EEN 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 3 (VRAESTEL 2) 10722/25 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Die aandeelhouers van ... -aandele ontvang slegs dividende wanneer ’n wins gemaak word. A voorkeur B gewone C stigters D bonus 1.1.2 Smart Versekeraars het 'n versekeringseis van Muhammad Klere vir … verwerp aangesien dit as 'n nie-versekerbare risiko geklassifiseer word. A diefstal B brand C geld in transito D fluktuasie in mode 1.1.3 Aanbieders moet ... in ag neem met die ontwerp van multimedia-aanbiedings. A inligting wat vorige en huidige feite B ʼn groot hoeveelheid inligting C die gebruik van helder kleure om sigbaarheid te verhoog D die behou van oogkontak met die gehoor 1.1.4 'n King Kode-beginsel wat vereis dat besighede gereelde oudits moet doen om die doeltreffendheid van die besigheid te bepaal, staan bekend as ... A deursigtigheid. B verantwoordelikheid. C aanspreeklikheid. D volhoubaarheid. 1.1.5 Dinaledi Konstruksie het die ... toegepas toe hulle 'n paneel deskundiges versoek het om hul komplekse besigheidsprobleme op te los. A kragveld-ontleding B dinkskrum tegniek C nominale groeptegniek D Delphi-tegniek (5 x 2) (10) b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 4 (VRAESTEL 2) 10722/25 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer. planeet; prestasie; wins; nie-winsgewende maatskappye; kundige; plakkate; koöperasies; klaer; normering; uitdeelstukke 1.2.1 Die doel van ... is om wedersydse voordeel vir die lede te skep. 1.2.2 Bright Oplossings bied ... as 'n visuele hulpmiddel vir die gehoor aan die einde van 'n aanbieding. 1.2.3 Bonga Vervaardigers het gefokus op ... as 'n drievoudige sleutelaspek deur ou plastiekbottels te gebruik om vullisdromme vir die munisipaliteit te vervaardig. 1.2.4 Tlaki, ’n toesighouer, is ferm en selfgeldend wanneer hy ’n ... as ’n soort moeilike persoonlikheid, hanteer 1.2.5 Spanlede kom tot ’n ooreenkoms en bereik ’n konsensus tydens die … stadium van spanontwikkeling. (5 x 2) (10) b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 5 (VRAESTEL 2) 10722/25 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Skadeloosstelling A voorsien beskermende klere aan alle werkers 1.3.2 Skuldbriewe B ontwikkel 'n morele kompas vir besluitneming 1.3.3 Onbeperkte C eienaars verloor slegs hulle belegde kapitaal aanspreeklikheid om vir die skuld van die onderneming te betaal 1.3.4 Gesondheids- en D beskerm die versekerde teen die veiligheidsverteen- gespesifiseerde gebeurtenis wat mag woordigers plaasvind 1.3.5 Professionele gedrag E eienaars se persoonlike bates kan beslag gelê word om vir die skuld van die besigheid te betaal F uitgereik deur 'n belegger om 'n sakeonderneming te begin G pas 'n gedragskode van 'n besigheid toe H uitgereik aan die publiek om geleende kapitaal in te samel I identifiseer potensiële gevare in die werkplek J bied finansiële sekuriteit aan die versekerde by aftrede (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 6 (VRAESTEL 2) 10722/25 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (4) 2.2 Beskryf kortliks faktore wat ’n aanbieder tydens die aanbieding in ag moet neem. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUMMIT HANDELAARS (SH) Summit Handelaars werk met ’n groot arbeidsmag wat oor verskeie plekke versprei is. SH verseker dat werknemers wat hul werk verloor, by die Departement van Arbeid geregistreer word om finansiële bystand te verkry. 2.3.1 Identifiseer die soort verpligte versekering wat van toepassing is op SH. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.3.2 Verduidelik EEN ander soort verpligte versekering. (3) 2.4 Bespreek die impak van die liassez-faire/vrye-teuels leierskapstyl. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CLIVE BELEGGINGS (CB) Clive Beleggings het R5 000 in 'n vaste deposito by Shakes Bank belê. CB sal rente verdien op grond van die oorspronklike bedrag wat belê is, sowel as rente wat in die vorige tydperk verdien is. 2.5.1 Noem die tipe rente wat deur CB ontvang sal word. (2) 2.5.2 Bespreek die voordele van vaste deposito's as ’n vorm van belegging. (4) 2.6 Verduidelik die kenmerke van ’n privaat maatskappy. (6) 2.7 Gee besighede raad oor die impak van interaktiewe witborde as ’n visuele hulpmiddel. (6) [40] b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 7 (VRAESTEL 2) 10722/25 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Lys enige VIER komponente van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV). (4) 3.2 Beskryf kortliks die verskil tussen probleemoplossing en besluitneming. (4) 3.3 Identifiseer die tipe onetiese sakepraktyk wat 'n uitdaging vir Candy Handelaars inhou in ELKE stelling hieronder. 3.3.1 Candy Handelaars gebruik misleidende verklarings wanneer hulle hul produkte bemark. (2) 3.3.2 Hulle het verkeerde opgawes by SAID ingedien, wat tot boetes gelei het. (2) 3.3.3 Candy Handelaars vra hoë pryse vir minderwaardige produkte wat hulle in dorpe verkoop. (2) 3.4 Verduidelik hoe besighede die nominale groeptegniek kan toepas om komplekse sakeprobleme op te los. (4) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUCCESS TECH OPLOSSINGS (STO) Success Tech Oplossings laat buigsame werksure toe om produktiwiteit te verhoog. Die bestuur het aangebied om nuwe besigheidseienaars te mentor. Hulle bied finansiële bystand aan werknemers wat swaarkry weens onverwagte mediese uitgawes. 3.5.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop STO tyd en moeite bydra om die welstand van werknemers te bevorder. (2) 3.5.2 Beskryf ander maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van werknemers te bevorder. (4) 3.6 Verduidelik die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid op besighede. (6) 3.7 Bespreek die belangrikheid van spandinamikateorieë in die verbetering van spanprestasie. (4) 3.8 Beveel maniere aan waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer. (6) [40] b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 8 (VRAESTEL 2) 10722/25 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Noem enige VIER voorbeelde van nieverbale aanbiedinge. (4) 4.2 Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede. (6) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DRUKOPLOSSINGS BEPERK (DB) Drukoplossings Beperk het ’n groot hoeveelheid kapitaal nodig gehad om hul markaandeel te vergroot. DB het ’n prospektus uitgereik om die publiek uit te nooi om hul aandele te koop. 4.3.1 Noem die ondernemingsvorm van toepassing op die scenario hierbo. (2) 4.3.2 Bespreek hoe kapitaal as ’n kriterium kan bydra tot die sukses en/of mislukking van die ondernemingsvorm genoem in VRAAG 4.3.1. (4) 4.4 Beveel maniere aan hoe ’n aanbieder terugvoer op ’n nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer. (4) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Noem enige VIER stappe van probleemoplossing. (4) 4.6 Beskryf kortliks die korrekte prosedures om griewe te hanteer in die werkplek. (6) 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ECONET BELEGGINGS (EB) Econet Beleggings werk in ’n omgewing wat baie sosiale uitdagings het. EB belê in infrastruktuur en behuisingsprogramme in die plaaslike gebiede. Werknemers kry tyd af om gemeenskapsgeleenthede by te woon. EB ondersteun ook armoedeverligtingsprogramme wat deur die regering aangebied word. 4.7.1 Haal TWEE strategieë uit die scenario hierbo aan waarop EB armoede hanteer. (2) 4.7.2 Verduidelik ander strategieë om armoede te hanteer as ’n sosio- ekonomiese kwessie. (4) 4.8 Beveel maniere aan waarop besighede kulturele regte in die werkplek kan bevorder. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 9 (VRAESTEL 2) 10722/25 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die gekose vraag duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ’n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ’n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP) Besighede erken dat effektiewe bestuur en leierskap noodsaaklik is om hul doelwitte te bereik. Hulle ken ook die rol van persoonlike houdings in suksesvolle leierskap. Sommige volg die situasionele en transformasionele leierskapteorieë as 'n fondasie vir die bestuur en leiding van hul werknemers. Ander verkies om die demokratiese leierskapstyl in die werkplek toe te pas. Skryf 'n opstel oor bestuur en leierskap waarin jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die verskille tussen bestuur en leierskap.  Verduidelik die rol van persoonlike houdings in suksesvolle leierskap.  Bespreek die volgende teorieë van bestuur en leierskap: o Situasionele leierskap o Transformasionele leierskap  Beveel situasies aan waarin die demokratiese leierskapstyl toegepas kan word in die werkplek. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES) Werknemers is verantwoordelik om hul eie gesondheid en veiligheid in die werkplek te handhaaf. Baie besighede respekteer die menseregte van hul werknemers en geniet die voordele van ’n diverse werksmag. Alle besighede moet strategieë ontwikkel om die omgewing en menslike gesondheid te beskerm. Skryf ’n opstel oor menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies waarin jy die volgende aspekte aanspreek:  Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werkers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.  Verduidelik maniere hoe besighede die volgende menseregte in die werkplek kan hanteer: o Privaatheid o Veiligheid, sekuriteit en die beskerming van lewe o Inligting  Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.  Stel strategieë voor wat besighede kan gebruik om die omgewing en menslike gesondheid te beskerm. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr) | Hlayiso