Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 1220259 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V1 JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 2 NW/Junie 2025 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe-tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirek tipe vrae 2 40 KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 6 40 30 Beantwoord enige EEN. TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord van ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 3 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Cosmetic Bpk. het aan die … voldoen toe hulle die vakbondverteenwoordiger toegelaat het om redelike betaalde tyd af te neem om aan vakbondsake aandag te gee. A Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) D Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en - siektes (WVBBS), 1997 (Wet 61 van 1997) 1.1.2 Hierdie Wet het ten doel om ongelykheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie aan te spreek deur te verseker dat rykdom wyer oor alle bevolkingsgroepe versprei word: A Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) B Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) C Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) D Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) 1.1.3 Zoop Pendel Dienste het … integrasie toegepas toe hulle saamgesmelt het met CC Connect, wat hul kliënte van Wi-Fi voorsien terwyl hulle reis. A voorwaarts vertikale B terugwaarts vertikale C horisontale D vervreemding 1.1.4 Die menslike hulpbron aktiwiteit waar vakatures in ‘n besigheid geïdentifiseer en beskryf word om geskikte kandidate te lok en dit te vul: A Induksie B Keuring C Plasing D Werwing Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 4 NW/Junie 2025 Graad 12 1.1.5 TML Bakstene het die probleem geïdentifiseer om voorsiening te maak vir verbeterings. TML Bakstene het hierdie stap in die BDKH-model toegepas: A Beplan B Doen C Kontroleer D Handel (5 x 2) (10) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. geleentheid; stukwerk; Menslike hulpbron; kraam; gehalte; Nasionale vaardigheids; sterkpunt; totale gehaltebestuur; vaderskap; tydsverwante 1.2.1 Die … ontwikkelingstrategie maak beter gebruik van werkplek- gebaseerde vaardigheidsontwikkeling. 1.2.2 Bobo Tea is naby 'n nuwe luukse woonstelgebou geleë. Dit word geklassifiseer as 'n … in die SSGB-analise. 1.2.3 Joe die finansiële bestuurder is geregtig op tien opeenvolgende dae … verlof na die geboorte van sy kind. 1.2.4 Moja Klere het die … salarisbepalingsmetode gebruik toe hulle Oscar op grond van 'n salarisskaal aan die einde van die maand betaal het. 1.2.5 Besighede gebruik ... om voortdurend prosesse en stelsels te verbeter om sodoende die behoeftes van verbruikers bo hulle verwagtinge te bevredig. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 5 NW/Junie 2025 Graad 12 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Bestuursbeheer A verantwoordelik vir die lewering van dienste aan die publiek 1.3.2 Tersiêre sektor B verseker dat daar geen onderbreking in produksie as gevolg van voorraadtekorte is nie 1.3.3 Likwidasie C nie-verpligte voordeel wat aan werknemers betaal word 1.3.4 Werkloosheids- D stel swart mense in senior uitvoerende versekeringsfonds posisies aan E verantwoordelik vir die ontginning van 1.3.5 Aankoopfunksie grondstowwe F verkoop sommige bates wat nie meer winsgewend is nie G verseker dat produkte teen die laagste moontlike koste vervaardig word H verkoop alle bates met die doel om die besigheid te sluit I stel swart mense in vennootskappe aan J verpligte voordeel wat aan werknemers betaal word (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 6 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem enige TWEE tipes intensiewe strategieë. (2) 2.2 Beskryf kortliks die strategiese bestuursproses. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AQUA TENKS (AT) Aqua Tenks spesialiseer in vervaardiging van watertenks wat op spesifikasie vervaardig word om aan spesifieke behoeftes en kapasiteit van huishoudings te voldoen. AT is 'n nuutgestigte onderneming wat aansoek moet doen vir ‘n handelslisensie en inligting oor wetlike vereistes moet bekom. AT moes stewige regskostes betaal het om ’n lisensie te bekom. 2.3.1 Identifiseer die PESTWO-faktor wat 'n uitdaging vir AT inhou in die scenario hierbo. (2) 2.3.2 Beveel maniere aan waarop AT die uitdagings, gestel deur die PESTWO-faktor wat in VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer, is kan hanteer. (4) 2.4 Verduidelik hoe SOOO’s befonds word. (4) 2.5 Bespreek die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998). (6) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BETON INSPEKTEER (BI) Beton Inspekteer is verantwoordelik vir die inspeksie van beton bouterreine. Die bestuur van BI moet die impak van strategie-implementering op die interne en eksterne omgewing oorweeg, as deel van hul inspeksieprogram. Hulle implementeer ook regstellende aksies wanneer afwykings voorkom. BI het 'n aksieplan saamgestel om kundige tegnikuste bekend te stel. 2.6.1 Haal TWEE stappe in strategie-evaluering aan wat deur BI uit die scenario hierbo geïmplementeer is. (2) 2.6.2 Verduidelik enige ander stappe in strategie-evaluering. (6) 2.7 Gee besighede raad oor hoe hulle die volgende kragte van die Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in die markomgewing te analiseer: 2.7.1 Mag van kopers (4) 2.7.2 Bedreiging/Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 7 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige TWEE bronne van eksterne werwing. (2) 3.2 Beskryf kortliks die redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUNNY SONPANELE (SSP) Sunny Sonpanele is opsoek na 'n ervare sonkraginstalleerder om 'n vakante pos te vul. SSP het die aansoekvorms volgens die assesseringskriteria gesorteer. Tydens die prosedure is gekortlyste kandidate aan verskeie vaardigheidstoetse onderwerp. Die gekose kandidaat is in 'n posisie geplaas om waarde tot die besigheid te voeg. 3.3.1 Haal TWEE stappe van die keuringsprosedure uit die scenario hierbo aan. (2) 3.3.2 Verduidelik ander stappe in die keuringsprosedure. (4) 3.4 Bespreek die positiewe impak van byvoordele op besighede. (6) 3.5 Beskryf kortliks DRIE gehalteaanwysers van die bemarkingsfunksie. (6) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOET KOFFIE BROUERY (SKB) Soet Koffie Brouery spesialiseer in die uitvoer van koffiebone en toerusting. SKB het in verskeie geografiese gebiede uitgebrei; dus het hulle genoeg fondse om kundiges in handelsmerkbestuur in diens te neem. Die bestuur van SKB verseker dat kliënte klagtes binne 24 uur hanteer word. 3.6.1 Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat deur SKB geïmplementeer word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te beantwoord. TGB ELEMENTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.6.2 Verduidelik die impak van enige EEN van die TGB-elemente, (4) geïdentifiseer in VRAAG 3.6.1, op SKB as 'n groot besigheid. 3.7 Gee besighede raad oor die belangrikheid van gehaltesirkels. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 8 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige TWEE tipes besigheidsomgewings en noem die mate van beheer wat besighede oor ELKE omgewing het. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.1 te beantwoord BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER 1. 2. (4) 4.2 Identifiseer die diversifikasiestrategie van toepassing op Senne- Vervaardigers in ELKE stelling hieronder: 4.2.1 Senne Vervaardigers het die produkte verder uitgebrei as die mark waarin dit tans bedrywig is. (2) 4.2.2 Hulle het nuwe produkte bygevoeg wat nie verwant is aan bestaande produkte nie, wat by 'n nuwe groep kliënte aanklank vind. (2) 4.3 Verduidelik die reg op regverdige en billike handelspraktyke as ‘n vebruikersreg soos uiteengesit in die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), (6) 2008 (Wet 68 van 2008). 4.4 Gee besighede raad oor die strafmaatreëls met betrekking tot nie-nakoming van WVBBS (COIDA). (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem enige TWEE aspekte wat in 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (2) 4.6 Verduidelik die plasingsprosedure as 'n menslike hulpbronaktiwiteit. (4) 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ATLAS SELLULÊR (AS) Atlas Sellulêr spesialiseer in die verkoop van 'n verskeidenheid van selfone. Die bestuur van AS verseker dat elke proses daarop gemik is om die produk die eerste keer reg te kry en voorkom dat foute plaasvind. AS het ten doel om te verseker dat die gehalte van goedere en dienste konsekwent is. Identifiseer TWEE gehalte konsepte wat op AS van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord. GEHALTE KONSEPTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 4.8 Bespreek die impak van TGB as dit swak deur besighede geïmplementeer word. (6) 4.9 Gee besighede raad oor maniere waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan verlaag. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 9 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) verskaf 'n raamwerk om die kredietmark te reguleer. Dit beskerm die regte van verbruikers en verskaf riglyne oor hoe besighede hierdie Wet moet nakom. Besighede kan strafmaatreëls in die gesig staar indien hulle nie die Nasionale Kredietwet nakom nie. Skryf 'n opstel oor die Nasionale Kredietwet waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale Kredietwet.  Verduidelik maniere waarop besighede die NKW kan nakom.  Bespreek die impak van die NKW op besighede.  Gee besighede raad oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig kan staar indien hulle nie die Wet nakom nie. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE) Suksesvolle besighede moet 'n deeglike begrip hê van wat posbeskrywing en posspesifikasie behels. Geskikte kandidate kan deur interne werwing aangestel word om poste te vul. Die onderhoudvoerders moet vertroud wees met hulle rol voor die onderhoud om ‘n positiewe uitkoms te verseker. Besighede geniet ook die voordele van die induksie van die nuut aangestelde werknemers. Skryf 'n opstel oor die menslike hulpbronfunksie waarby jy die volgende menslike hulpbronaspekte insluit:  Beskryf kortliks die verskil tussen posbeskrywing en posspesifikasie.  Verduidelik die impak van interne werwing op 'n besigheid.  Bespreek die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud.  Gee besighede raad oor die voordele van induksie. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all
Business Studies Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr) | Hlayiso