Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12202510 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V2 JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 2 NW/Junie 2025 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is nie. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirek-tipe vrae 2 40 KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 3 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Simon het die … leierskapsteorie gebruik gedurende 'n tydperk toe sy besigheid radikale veranderinge ervaar het. A transaksionele B outokraties C leiers en volgelinge D transformasie 1.1.2 Die hoofsom groei met die byvoeging van rente daarby. Dit verwys na … A saamgestelde rente. B enkelvoudige rente. C skuldbriewe. D kapitaalwins. 1.1.3 Meester Loodgieters het hul gebou vir R750 000 verseker. Die markwaarde van die gebou is R900 000. Brandskade het R300 000 beloop. Die vergoeding vir herstelwerk volgens die aweryklousule sal … wees. A R375 000 B R360 000 C R250 000 D R300 000 1.1.4 Een van die stappe wat 'n besigheid kan oorweeg wanneer konflik in die werkplek hanteer word. A Implementeer dissiplinêre verhore. B Nooi werknemers om hul standpunte afsonderlik te stel. C Verskaf ontspanningsgeriewe. D Verskaf byvoordele. 1.1.5 Die proses wat die bestuurder gebruik om die beste oplossing te kies, staan as ... bekend. A dinkskrum. B breinkaarte. C probleemoplossing. D besluitneming. (5 × 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 4 NW/Junie 2025 Graad 12 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. nie-verpligte; kragveldtegniek; onetiese; verpligte; stigter; samewerking; bonus; onprofessionele; nominale groeptegniek; kommunikasie 1.2.1 Onbillike advertensies van goedere word beskou as ‘n tipe … sakepraktyk. 1.2.2 Diefstal-, inbraak- en brandversekering is voorbeelde van … versekering. 1.2.3 'n Duidelike stel prosedures vir spanwerk verseker dat elke spanlid sy/haar rol verstaan. 1.2.4 … aandele word aan die inkorporeerders van die maatskappy uitgereik nadat alle ander aandeelhouers betaal is. 1.2.5 Die bestuur van Creative Designs het die voor- en nadele van hul besluit om na Johannesburg te verhuis, geïdentifiseer. (5 × 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 5 NW/Junie 2025 Graad 12 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. bv 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Skuldbriewe A African Beperk se werknemers maak persoonlike oproepe gedurende 1.3.2 Ongemagtigde werksure gebruik van werkplekfondse en B ’n Strategie is om ferm en -hulpbronne selfgeldend te wees 1.3.3 Padongelukkefonds C Befonds deur 'n heffing op die verkoop van brandstof 1.3.4 Klaer D Idees wat oorspronklik en nuut is 1.3.5 Kreatiewe denke E Word uitgereik om eie kapitaal van die publiek in te samel F Befonds deur bydraes van besigheid, werknemers dra nie by nie G ’n Strategie is om na die klagtes te luister, maar nie om dit te erken nie H African Beperk se werknemers laai musiek en flieks af met behulp van die besighede se fasiliteite I Word uitgereik om geleende kapitaal van die publiek in te samel J Idees wat verbeeldingloos en herhalend is (5 × 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 6 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Gee VIER voorbeelde van nie-versekerbare risiko's. (4) 2.2 Beskryf kortliks die verskille tussen versekering en assuransie. (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPEEDY KOERIERS (SK) John, die voertuigbestuurder van Speedy Koeriers, was met die maatskappy se voertuig in 'n ongeluk. Speedy Koeriers moes R7 500 betaal toe hul eis by AutoSure ingedien is. In plaas daarvan om SK te vergoed, het Autosure die skade aan die voertuig herstel. SK verstaan die belangrikheid van versekering vir hul besigheid. 2.3.1 Identifiseer TWEE versekeringskonsepte van toepassing op SK. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3.1 te beantwoord. VERSEKERINGSKONSEPTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 2.3.2 Bespreek die belangrikheid van versekering vir besighede. (4) 2.4 Verduidelik die funksies van die JSE. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 7 NW/Junie 2025 Graad 12 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOET BEDERF BAKERY (SBB) Die eienaar van Soet Bederf Bakery verstaan dat die belegging van surplusfondse 'n belangrike manier is om rykdom vir die besighede op te bou. Hy het surplusfondse en het besluit om die vereiste minimum bedrag van R500 as die aanvanklike belegging te belê. Hy is bewus daarvan dat daar boetes gehef sal word vir vroeë onttrekkings. 2.5.1 Identifiseer die beleggingsvorm van toepassing op die scenario hierbo. (2) 2.5.2 Adviseer die eienaar van SBB oor die voordele van die bellegingsvorm wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is. (4) 2.6 Onderskei tussen bestuur en leierskap. (4) 2.7 Beveel situasies aan waar die transaksionele leierskapstyl toegepas kan word in die werkplek. (6) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige DRIE oorsake van konflik in die werkplek. (3) 3.2 Beskryf kortliks die kenmerke van suksesvolle spanprestasie. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUPER HANDELAARS (SH) Michael is die spanleier vir Super Handelaars, wat bestaan uit hoogs bekwame spanlede. Simon het altyd die ander lede se menings bevraagteken aangesien hy die spanleier wou wees. Die spanlede weet ook dat alle take afgehandel moet word voordat die span finaal ontbind. Identifiseer TWEE stadiums van spanontwikkeling wat deur SH ervaar is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ‘n GIDS om VRAAG 3.3 te beantwoord. STADIUMS VAN MOTIVERINGS SPANONTWIKKELING 1. 2. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 8 NW/Junie 2025 Graad 12 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ECHO PRODUKSIES (EP) Echo Produksies pas die King-kode beginsels toe wat as 'n raamwerk dien vir hoe die besigheid moet optree. EP het remediërende programme ontwikkel om lug- en waterbesoedeling te verminder waardeur die omgewing beskerm sal word. 3.4.1 Noem die King-kode beginsel wat deur EP in die scenario hierbo toegepas word. (2) 3.4.2 Verduidelik enige EEN ander King-kode-beginsel vir goeie korporatiewe bestuur wat EP kan toepas. (3) 3.5 Stel maniere voor waarop besighede misbruik van werktyd, as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk, kan hanteer. (4) 3.6 Bespreek hoe besighede die Delphi-tegniek kan toepas om komplekse besigheidsprobleme op te los. (6) 3.7 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werksplek. (6) 3.8 Beveel maniere aan waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke bevorder. (4) [40] VRAAG 4 – DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Noem enige TWEE faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (2) 4.2 Beskryf kortliks die regte van gewone-aandeelhouers. (4) 4.3 Verduidelik die voordele van vaste deposito's as 'n bellegingsvorm. (4) 4.4 Identifiseer die beginsels van versekering wat deur Fantastic Sure Versekering toegepas word in ELKE stelling hieronder: 4.4.1 Fantastic Sure Versekering raai die versekerde aan om alles bekend te maak wat die omvang van die risiko kan beïnvloed. (2) 4.4.2 Fantastic Sure Versekering verseker dat die versekerde 'n regsverhouding met die versekerde item in die kontrak het. (2) 4.5 Adviseer besighede oor die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as 'n soort van verpligte versekering. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 9 NW/Junie 2025 Graad 12 BESIGHEIDSROLLE 4.6 Noem enige VIER stappe in probleemoplossing. (4) 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PETE SE FABRIEK (PF) Pete se Fabriek spesialiseer in die vervaardiging van ingemaakte vrugte en groente. PF wil meer produkte by hul huidige produkreeks voeg. Die bestuur van PF het alle werknemers versoek om spontaan voorstelle te maak sonder om ander se idees te kritiseer. 4.7.1 Noem die probleemoplossingstegniek van toepassing op die scenario hierbo. (2) 4.7.2 Bespreek die impak van die probleemoplossingstegniek wat in VRAAG 4.7.1 geïdentifiseer is. (4) 4.8 Onderskei tussen griewe en konflik. (4) 4.9 Adviseer besighede oor die belangrikheid van spandinamikateorieë in die verbetering van spanprestasie. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 10 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy, of VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP) Effektiewe leiers weet dat daar verskillende leierskapstyle is om van te kies om hulle te help om die besigheidsdoelwitte te bereik. Die gebruik van die Laissez faire-leierskapstyl kan die sakebedrywighede aansienlik beïnvloed. Baie leiers volg die situasionele leierskapteorie as 'n riglyn om hul werknemers effektief te lei. Goeie leiers sal saamstem dat die rol van persoonlike houding belangrik is vir suksesvolle leierskap. ● Beskryf kortliks die verskille tussen demokratiese en outokratiese leierskapstyle. ● Bespreek die impak van Laissez faire/vrye-teuels leierskapstyl op besighede. ● Verduidelik die situasionele leierskapsteorie. ● Adviseer besighede oor die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME) Professionele gedrag vorm ‘n belangrike deel van doeltreffende sakepraktyk, en dien as ‘n riglyn werknemers se optrede in die werkplek. Baie besighede stem saam dat onetiese sakepraktyke 'n negatiewe impak op hul bedrywighede het. Suksesvolle besighede ontwikkel strategieë om onetiese sakepraktyke te hanteer. Hulle moet ook weet hoe professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besighede bedryf moet word. ● Beskryf kortliks die verskille tussen etiese en professionele gedrag. ● Verduidelik hoe die volgende tipes onetiese sakepraktyke uitdagings vir besighede inhou: o Pryse van goedere in landelike gebiede o Belastingontduiking ● Bespreek maniere waarop besighede die bogenoemde tipes onetiese sakepraktyke kan hanteer. ● Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyk uitgevoer behoort te word. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all