Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2025
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all

--2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9/v1-648e27bb1168ded7c346/card.webp)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)


Hospitality Studies Nov 2025 Afr
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 19
- File size
- 3.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. AFDELING A: VRAAG 1: Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël oop te los, soos hieronder getoon.
Korrek:
1.1.1
1.1.2
Verkeerd:
1.1.1
1.1.2
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: KORTVRAE 2025
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B lemoene.
C vleis.
D brood.
ANTWOORD:
1.1.11 B
1.1.1 'n Papierdun deeg wat vir die bereiding van baklava en spanakopita
gebruik word:
A Skilferkors
B Pur
C Fillo
D Choux (1)
1.1.2 Kies die KORREKTE volgorde waarin die geregte hieronder op 'n
viergang-aandete-spyskaart geskryf sal word:
Panna Cotta Pampoensop Souttertjies Bief Wellington
1 2 3 4
A 3, 2, 4, 1
B 2, 3, 4, 1
C 1, 3, 2, 4
D 1, 2, 3, 4 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.3 'n Produk wat as beide 'n bolaag en 'n vulsel in nageregte gebruik
kan word:
A Crème brûlée
B Crème caramel
C Crème Chantilly
D Crème fraîche (1)
1.1.4 'n Geleentheid waar gaste gesellig met mekaar verkeer terwyl hulle
vingerhappies en 'n verskeidenheid koue alkoholiese en nie-
alkoholiese drankies geniet:
A Skemerkelkgeselligheid
B Formele aandete
C Informele middagete
D Banketmiddagete (1)
1.1.5 Kelners in 'n formele restaurant moet vuil borde soos volg van die
tafels verwyder:
A Stapel al die borde en eetgerei bo-op mekaar.
B Laat die borde op die tafel tot aan die einde van bediening.
C Vra gaste om hulle borde om die tafel aan te gee.
D Verwyder borde sodra al die gaste klaar geëet het. (1)
1.1.6 Die geskikste voorgereg vir 'n gas met diabetes:
A Crudités met hummus
B Spek-en-mieliepoffertjies
C Ham-en-kaas-palmiers
D Bloukaassoufflés (1)
1.1.7 Die toerusting wat gebruik word om voedsel vir kamerdiens te
bedek:
A Sopkom
B Cloche
C Warmskinkbord
D Konfoor (1)
1.1.8 Die proteolitiese ensieme teenwoordig in … sal die stolling van 'n
gelatiengereg verhoed.
A suurlemoene en piesangs
B bloubessies en suurlemoene
C papaja en pynappel
D aarbeie en piesangs (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
Bestudeer die bestanddelelys van die tamatiesous hieronder om VRAAG 1.1.9
en 1.1.10 te beantwoord.
TAMATIESOUS
Bestanddele
2 g swartpeper
250 g water
100 g witsuiker
1,5 g natriumbensoaat
12,5 g gejodeerde sout
1 kg tamaties
1.1.9 Die bestanddele op die tamatiesousetiket moet in hierdie volgorde
genoem word:
A Natriumbensoaat, swartpeper, gejodeerde sout, witsuiker,
water, tamaties
B Tamaties, water, witsuiker, gejodeerde sout, swartpeper,
natriumbensoaat
C Water, witsuiker, swartpeper, natriumbensoaat, gejodeerde
sout, tamaties
D Tamaties, water, gejodeerde sout, witsuiker, natriumbensoaat,
swartpeper (1)
1.1.10 Die chemiese preserveermiddel wat in die tamatiesous gebruik is:
A Witsuiker
B Gejodeerde sout
C Swartpeper
D Natriumbensoaat (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 PASITEMS
Kies die soort bemarkingsinstrument in KOLOM B wat by die prentjie in
KOLOM A en die beskrywing in KOLOM C pas. Skryf slegs die letter (A–E) en
die Romeinse syfer (i–v) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.4 F (vi).
KOLOM A KOLOM B KOLOM C
PRENTJIE SOORT BEMARKINGS- BESKRYWING
INSTRUMENT
1.2.1 A oudiovisueel (i) sluit inligting in wat
die produk
B produkmonster verduidelik deur
slegs sig te
C visueel stimuleer
D handelsmerkgewing (ii) die produk word
1.2.2 meer effektief
E oudio bemark deur slegs
die gehoorsintuig te
stimuleer
(iii) vertoon die
terugvoering oor
die produkte wat
verkoop is
(iv) inligting oor die
1.2.3 produk word met
behulp van
QR-kodes beskryf
(v) kan duur wees,
stimuleer gehoor
en sig en bereik 'n
groter gehoor
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 EENWOORDITEMS
Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Souterige jellie gemaak van 'n helder vleisaftreksel wat as
bedekking dien vir voedsel wat op 'n buffet vertoon word
1.3.2 'n Soort dranklisensie wat klante toelaat om drank te koop en dit op
'n ander plek te drink
1.3.3 Die hoofrysmiddel in chouxpasta
1.3.4 Die bestanddeel wat aan die einde van die gaarmaakproses
bygevoeg moet word om die verharding van droë bone te verhoed
1.3.5 'n Hotelpersoneellid verantwoordelik vir die verwelkoming van die
gaste by hulle voertuie en wat hulle bagasie dra
1.3.6 'n Gisbasisplaatkoekie wat saam met suurroom en kaviaar bedien
word
1.3.7 'n Soort afval waar die membrane voor gaarmaak verwyder word
1.3.8 'n Sous/Smeer ('Relish') gemaak van wortels, uie, rissies en
speserye
1.3.9 'n Gesentraliseerde stelsel wat die doeltreffendheid van die neem
van voedsel- en drankbestellings in 'n restaurant verbeter
1.3.10 Die siekte wat deur ryswateragtige stoelgange en vinnige
dehidrering gekenmerk word (10)
1.4 KEUSE
Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf slegs
die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.4 E.
A B C D
1.4.1 EEN area wat slegs nie-inkomsteskeppend is (1)
1.4.2 TWEE areas wat slegs inkomsteskeppend is (2)
1.4.3 EEN area wat beide inkomste- en nie-inkomsteskeppend is (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.5 VOLGORDE
Herrangskik die VYF stappe om 'n crème anglaise in die doeltreffendste
volgorde te berei. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer (1.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
A Klits die eiergele en suiker in 'n mengbak tot liggeel en dik.
B Verhit die eiergeel-en-melkmengsel totdat die mengsel dik genoeg is om
die agterkant van 'n lepel te bedek.
C Skei die eiergele van die eierwitte.
D Gooi die mengsel terug in die dubbelkoker.
E Gooi verhitte melk geleidelik by die eiergeelmengsel terwyl dit met 'n
ballonklitser geklits word. (5)
1.6 KEUSE
Kies VYF korrekte prosedures van die silwerbediening van brood uit die lys
hieronder. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Broodmandjie word op die palm van die regterhand gehou.
B Bedien ná die hoofgereg.
C Bedien in 'n antikloksgewyse volgorde.
D Vind vanaf die linkerkant van die gas plaas.
E Plaas die mandjie in die middel van die tafel.
F Die botterpotjie moet in die linkerhand gedra word.
G Bedien die gasheer eerste.
H Gaste kan hulleself help.
I Gebruik 'n lepel en 'n vurk om die brood oor te dra.
J Bedien dames voor mans. (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sam, 'n ervare sjef, is dikwels siek wat sy werk negatief beïnvloed. Hy is met
MIV gediagnoseer en omdat hy vir die stigma bang is, besluit hy om sy status
geheim te hou. Sy afwesigheid van die werk by tye plaas druk op sy kollegas.
2.1.1 Bespreek hoe Sam se afwesigheid van die werk
personeelproduktiwiteit en die besigheidsbedrywighede van die
hotel beïnvloed. (3)
2.1.2 Regverdig waarom Sam nie as gevolg van sy MIV-status verhoed
mag word om te werk nie. (2)
2.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. Smith en sy gesin het 'n bespreking by die Earthland Hotel gemaak deur
die aanlyn besprekingstelsel te gebruik.
2.2.1 Verduidelik die voordele van die gebruik van die aanlyn
besprekingstelsel vir die Smith-gesin. (4)
2.2.2 Beskryf hoe rekenaars die proses om by aankoms in te teken,
fasiliteer. (3)
2.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Levile het na musiek op sy selfoon geluister terwyl hy by die Maples Restaurant
geëet het. Nadat hy die restaurant verlaat het, het hy besef dat hy sy oorfone
verloor het. Jacob, die kelner wat vir sy tafel verantwoordelik was, het die
oorfone gevind en besluit om dit te hou. Levile het na die restaurant
teruggekeer om daarna te soek. Jacob het ontken dat hy iets gesien het. Hy
was ongeskik en onwillig om te help.
2.3.1 Kritiseer Jacob se professionele werksetiek. (4)
2.3.2 Lewer kommentaar op Jacob se gedrag en die impak wat dit op die
winsgewendheid van die restaurant sal hê. (4)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Gasvryheidstudies-leerders van SPYSKAART
Hoërskool Berlin moet 'n korporatiewe
skemerkelkgeselligheid vir gaste in die Gerookte Salm-canapés
skool se restaurant beplan en aanbied. Mini-bieftoebroodjies
Die geselligheid sal van 18:00 tot 20:00 Spekgevulde Sampioene
duur. Die leerders sal vir spyskaart- Mini-vrugtestokkies
beplanning en voorbereiding van die Sjokoladetruffels
lokaal verantwoordelik wees.
KOSTE
Koste van geregte: Oorhoofse koste: R150,00
• Gerookte Salm-canapés: R500,00
• Mini-bieftoebroodjies: R640,00 Arbeid: R100,00 per uur vir
• Spekgevulde Sampioene: R500,00 twee skoonmakers
• Mini-vrugtestokkies: R360,00
• Sjokoladetruffels: R450,00
3.1.1 Bepaal wanneer die skemerkelkhappies vir bediening gereed moet
wees. (1)
3.1.2 Regverdig waarom die happies in die spyskaart vir bediening by 'n
skemerkelkgeselligheid geskik is. (3)
3.1.3 Evalueer die keuse van ELK van die skemerkelkhappies vir 'n
Hindoe-gas. (5)
3.1.4 Beskryf hoe die leerders die restaurant vir die
skemerkelkgeselligheid moet voorberei. (4)
3.2 3.2.1 Bereken die voedselkoste van die skemerkelkgeselligheid. Toon
ALLE berekeninge. (2)
3.2.2 Bereken die verkoopprys van die skemerkelkgeselligheid deur 'n
voedselkostepersentasie van 40% te gebruik. Toon ALLE formules
en berekeninge. (3)
3.2.3 Bereken die netto wins. Toon ALLE formules en berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Thandeka koop een liter-sakkies vars melk by 'n supermark.
3.3.1 Beskryf die preserveermetode wat vir die melk in die sakkies gebruik
word. (2)
3.3.2 Stel TWEE ander metodes voor wat gebruik kan word om melk vir
'n maand of langer te preserveer. Onderskei tussen die twee
metodes. Tabuleer jou antwoord soos volg:
A B
Preserveermetodes (1) (1)
Onderskei (2) (2) (6)
3.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In baie lande is daar 'n toename van mense wat 'n veganistiese dieet volg.
Die belangrikste gesondheidsbekommernis vir veganiste is egter hoe om
voldoende nutriënte by hulle diëte in te sluit. Die oplossing is om 'n
verskeidenheid plantgebaseerde produkte soos grane, neute, sade en droë
peulgroente by hulle diëte in te sluit.
3.4.1 Stel TWEE peulgroentes voor wat by 'n veganistiese dieet ingesluit
kan word. (2)
3.4.2 Motiveer waarom die gewildheid van veganisme in baie lande
toeneem. (4)
3.4.3 Regverdig waarom die insluiting van neute en sade by die
veganistiese dieet voedingsvoordele inhou. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HERTZOGGIES
'n Sjef berei Suid-Afrikaanse konfytgevulde tertjies met 'n klapper-meringue-
bolaag.
4.1.1 Identifiseer die soort pasteideeg wat in die bereiding van die
Hertzoggies gebruik is. (1)
4.1.2 Noem die meel-tot-botter-verhouding vir die pasteideeg wat in
VRAAG 4.1.1 geïdentifiseer is. (1)
4.1.3 Motiveer waarom die toepassing van die volgende tegnieke 'n
suksesvolle produk sal verseker:
(a) Sny botter met 'n deegsnyer in (2)
(b) Laat deeg in yskas rus voordat dit uitgerol word (2)
(c) Prik deeg voordat dit gebak word (1)
4.2 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Aarbeijellie
Crème Pâtissière
Vanieljesponskoek
KOEKSTRUIFLAE MET STYL ('TRIFLE')
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.2.1 Klassifiseer die nagereg. (1)
4.2.2 Bespreek TWEE korrekte metodes om die gelatien te dispergeer wat
in die bereiding van die aarbeijellie gebruik is. (2)
4.2.3 Regverdig waarom die sjef die aarbeijellie moet los om tot die
konsistensie van eierwit te verdik voordat die aarbeie bygevoeg
word. (1)
4.2.4 Beveel bergingsriglyne vir die koekstruif aan indien dit nie op die dag
wat dit berei word, bedien word nie. (4)
4.2.5 Motiveer waarom die crème pâtissière toegelaat moet word om te
kook tydens gaarmaak. (2)
4.2.6 Redeneer of melksjokolade 'n goeie keuse vir die maak van
sjokoladeversierings vir die koekstruif is. (3)
4.3 Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FRANSE KRULLERS
Lewer: 15
Bestanddele
250 mℓ warm water
115 g botter
24 g suiker
250 mℓ meel
1 mℓ sout
4 eiers
Metode
1. Voeg die botter en suiker by die warm water en verhit totdat die botter
gesmelt het.
2. Sodra die water begin kook, voeg dadelik die meel en sout by.
3. Roer met 'n houtlepel totdat die mengsel 'n pasta vorm en wegtrek van die
kante van die kastrol.
4. Laat die mengsel afkoel. Voeg eiers een vir een by, klop goed ná elke
byvoeging.
5. Spuit sirkels op individuele stukkies waspapier.
6. Verhit olie in 'n kastrol en laat die krullers in die olie ingly.
7. Braai tot goudbruin en dreineer op absorbeerpapier.
4.3.1 Voorspel die uitkoms van die Franse krullers indien die water
gedurende Stap 2 vir 5 minute kook. (2)
4.3.2 Verduidelik waarom ekstra meel NIE by die pasta in Stap 3 gevoeg
moet word NIE. (2)
4.3.3 Lewer kommentaar op die voordele daarvan om die aksies in Stap 4
te volg. (2)
4.3.4 Motiveer waarom die rou Franse kruller-sirkels NIE tydens die
braaiproses in koue olie geplaas moet word NIE. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.4 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
T-BEENBIEFSTUK KOEDOEFILET
(AAA-rolmerk) (Geen rolmerk nie)
4.4.1 Noem die vleissnit waaruit die T-beenbiefstuk verkry word. (1)
4.4.2 Onderskei tussen 'n T-beenbiefstuk en 'n Porterhouse-biefstuk. (2)
4.4.3 Beveel die geskikste gaarmaakmetode vir die T-beenbiefstuk aan.
Motiveer jou antwoord. (2)
4.4.4 Vergelyk die eienskappe van die koedoefilet met dié van die
T-beenbiefstuk onder die volgende opskrifte. Tabuleer jou antwoord
soos volg:
T-BEENBIEFSTUK KOEDOEFILET
Marmering
Vet
Been (6)
4.4.5 Stel TWEE bereidingstegnieke voor wat op die koedoefilet toegepas
kan word om te verseker dat dit sappig en geurig is. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MANDY EN PHUMI SE SOET- EN SOUTPEUSELGENOTJIES
Mandy en Phumi het hulle klein
besigheid met 'n voedselstalletjie
by 'n kosmark begin, met
300 peuselkoppies wat elke Saterdag
uitverkoop. Hulle het tans drie
personeellede in diens wat uit twee
sjefs en een kassier bestaan. Die
aanvraag na soet- en southappies
neem toe. Die dames beplan om in
2026 hulle besigheid uit te brei deur na
hulle eie perseel te verhuis en meer
personeel in diens te neem.
Hulle projekteer dat hulle minstens
1 100 peuselkoppies per maand moet
verkoop om hulle besigheid uit te brei.
Tans is die inkomste R90 000 per
maand waarvan R60 000 vir die
uitgawes van die besigheid toegeken
word.
Help Mandy en Phumi om die inligting wat in 'n basiese besigheidsplan vereis
word, te voltooi. Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers
(5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Naam van besigheid: 5.1.1 (1)
Besigheidskorttermyndoelwitte:
5.1.2 (2)
Posbeskrywings:
5.1.3 (2)
Kontantvloei-analise:
5.1.4 (2)
(7)
5.1.5 Gebaseer op die gelykbreek-analise, voorspel of Mandy en Phumi
se besigheid genoeg wins sal maak om hulle besigheid uit te brei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.2 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BREW AND LIVE CAFÉ
Spesiale aanbieding: Koop 1 cappuccino, kry 1 GRATIS.
Beskikbaar elke Maandag en Woensdag van
08:00 tot 11:00.
Elfin Glen-weg 2, Nahoonvalleipark
Volg ons op Instagram @Brew & Live Cafe
5.2.1 Bepaal die teikenmark van die Brew and Live Café. (1)
5.2.2 Identifiseer en beskryf die 4 P's van die bemarkingsmengsel wat
deur Brew and Live Café toegepas word. (4 x 2) (8)
5.2.3 Bespreek hoe Brew and Live Café, as 'n klein besigheid, tot die
ekonomie van die land sal bydra. (4)
5.3 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WERKSGELEENTHEID
DOEN NOU
AANSOEK!! SLUIT
BY ONS DINAMIESE AYA
SPAN AAN HOTEL
SLUITINGS-
DATUM
25/11/2025
Aya Hotel is op soek na 'n rekenmeester om dadelik te begin.
Stuur 'n 2 bladsy-CV na Ayahotel@123456.com
Kontakbesonderhede: 077 246 8101
Onderhoudstipe: Virtueel
5.3.1 Noem die afdeling by die Aya Hotel waarvoor die vakante pos
geadverteer word. (1)
5.3.2 Maak 'n lys van DRIE pligte wat die suksesvolle kandidaat sal
uitvoer. (3)
5.3.3 Bespreek die onderlinge verhouding tussen die menslike-
hulpbronafdeling en die afdeling wat in VRAAG 5.3.1 genoem is. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die wynetikette hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BHUBHU WYN
Sedert 2019
PREMIUM WINE
MIA'S PEAK SHIRAZ
2022 1998
ROBERTSON
CHENIN BLANC BESTANDDELE PLAASLIK VERKRY
SWARTLAND
SUID-AFRIKA
WYN A WYN B
6.1.1 Onderskei tussen die twee soorte wyn. Tabuleer jou antwoord soos
volg:
WYN A WYN B
Oesjaar
Kultivar
Bedieningstemperatuur (6)
6.1.2 Bespreek die prosedure wat die kelner moet volg nadat Wyn A in die
gaste se glase geskink is. (1)
6.2 Beskryf die stappe wat gevolg moet word wanneer eetgerei vir
restaurantbediening skoongemaak word. (3)
6.3 Verduidelik die prosedure wat die kelner moet volg wanneer daar tydens 'n
formele viergang-ete afgekrummel moet word. (4)
6.4 Bespreek die KORREKTE manier waarop 'n kelner 'n gas moet hanteer wat
flirterende opmerkings maak. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 18 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.5 Bespreek die funksie van die diendoek in die prentjie hieronder.
(2)
6.6 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.6.1 Identifiseer die toerusting. (1)
6.6.2 Beoordeel of die toerusting in die geval van 'n kragonderbreking
geskik sal wees om crêpes Suzette te maak. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 19 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.7 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'ELDERFLOWER'-KOGGELKELKIE
('MOCKTAIL')
6.7.1 Identifiseer die tegniek wat gebruik is om die 'Elderflower'-
koggelkelkie ('mocktail') voor te berei. (1)
6.7.2 Beskryf die algemene reëls vir die bereiding van die koggelkelkie. (4)
6.7.3 Evalueer die geskiktheid van die bediening van die 'Elderflower'-
koggelkelkie by 'n 'Sweet 16'-verjaarsdagpartytjie. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Hospitality Studies Nov 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies Nov 2023 Eng hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies Nov 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies Nov 2022 Afr hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies Nov 2022 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies Nov 2022 MG Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies May June 2025 MG Eng
--2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9/v1-648e27bb1168ded7c346/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies May June 2024 Afr (1)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies May June 2024 Eng (1)

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum





