Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2019
10710
REKENINGKUNDE
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
22 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 396.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
10710 / 19
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die onderstaande instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig na.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
word.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou / swart ink gebruik om jou vrae te beantwoord.
6. Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale punt (tensy anders
vermeld).
7. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
10710 / 19
8. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids om die vraestel te
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk nie.
VRAAG 1: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Konsepte
Bankrekonsiliasie
Rekonsiliasie
Krediteurerekonsiliasie
Bestuur van hulpbronne
Interne kontrolemaatreëls en Etiek
VRAAG 2: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Vervaardiging
Gelykbreekpunt-analise
Bestuur van hulpbronne
Interne kontrolemaatreëls
VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Konsepte
Balansstaat en Ouditverslag Balansstaat en notas
Bestuursrekeningkunde
Ouditprosesse
VRAAG 4: 70 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloeistaat
Vaste Bates, Kontantvloeistaat Interpretasie van finansiële inligting
en Interpretasie Bestuur van hulpbronne
Vaste Bates
Interne kontrole
VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
BTW berekeninge
Voorraadwaardasie en BTW Bestuur van hulpbronne
EIEU en geweegdegemiddeldemetodes
Interne kontrole
VRAAG 6: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Interpretasie van begrotingsinligting
Begrotings
Bestuur van hulpbronne
Interne kontrolemaatreëls en Etiek
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
10710 / 19
VRAAG 1: REKONSILIASIE (40 punte; 25 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.1.1 ʼn Kredietsaldo op die staat weerspieël ʼn ongunstige saldo in die bank. (1)
1.1.2 ʼn Bankrekonsiliasie moet aan die einde van elke finansiële jaar
voorberei word. (1)
1.1.3 ʼn Direkte deposito deur ʼn huurder sal aangeteken word in die
Kontantontvangstejoernaal. (1)
1.2 BANKREKONSILIASIE
Die inligting het betrekking op Dendo Biza Handelaars vir Augustus 2019.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die volgende op 31 Augustus 2019:
Korrekte totale vir die KOJ en KBJ (Gebruik die tabel soos voorsien.)
Bankrekeningsaldo (15)
1.2.2 Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2019 op. (7)
1.2.3 Verduidelik EEN voordeel van die gebruikmaking van ʼn elektroniese-
fondsoorplasingstelsel (EFO) eerder as ʼn stelsel van tjeks vir direkte
betalings aan verskaffers. (2)
1.2.4 Die interne ouditeur is bekommerd oor die bestuur van kontant.
(a) Identifiseer EEN probleem om sy bekommernis te staaf. Haal
syfers aan. (2)
(b) Gee EEN punt van advies aan die bestuur oor hoe die probleem in
die toekoms vermy kan word. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
10710 / 19
INLIGTING
A Inligting met betrekking tot die Bankrekonsiliasiestaat aan die einde van die
vorige maand:
Kredietsaldo soos per Bankstaat R 3 500
Uitstaande deposito’s vir kontantverkope:
Gedateer 15 Julie 2019 12 000
Gedateer 29 Julie 2019 19 970
Uitstaande tjeks:
510 (gedateer 19 Februarie 2019) 3 700
670 (gedateer 16 Junie 2019) 18 610
672 (gedateer 28 Augustus 2019) 4 100
675 (gedateer 20 September 2019) 14 360
Kredietsaldo soos per bankrekening 5 300
Die deposito’s van R12 000 en R19 970 verskyn op die Bankstaat van FDC
Bank op 1 Augustus 2019.
Tjek nr. 670 verskyn op die Bankstaat van Augustus as R16 810. Die
bankstaat is korrek.
Kanselleer tjek nr. 672 vir R4 100, die tjek het verlore geraak in transito.
Die besigheid het besluit om ʼn EFO betaling te maak, te same met ʼn
addisionele betaling van R600 ter vereffening van die bedrag verskuldig aan
die krediteur, Motloung Winkels. Die EFO betaling sal slegs op
1 September 2019 deur die bank goedgekeur word.
B Voorlopige totale in die Kontantjoernale vir Augustus 2019, alvorens
rekonsiliasie met die bankstaat, is soos volg:
KOJ – R90 140
KBJ – R100 280
C Die volgende items verskyn slegs in die Bankstaat vir Augustus 2019:
ʼn Stoporder vir advertensies, R234
Bankkostes, R380
Rente vir R200, gedebiteer op die bankstaat
ʼn Geweierde tjek vir R7 560. Dit is oorspronklik ontvang van P Padi ter
vereffening van sy skuld van R8 000.
ʼn Direkte deposito vir R9 600 vir huur van P Malebe. Dit sluit R6 400 in vir
September en Oktober 2019.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
10710 / 19
D Die volgende verskyn in die Kontantjoernale en nie op die Bankstaat vir Augustus
2019 nie:
Tjek nr. 720 uitgereik aan Tok Verskaffers ter vereffening van ons skuld van
R12 500. Korting van R1 500 is ontvang vir stiptelike betaling.
Kontant- en tjekdeposito’s op 31 Augustus, R12 070
E Die saldo verskyn nie op die Bankstaat op 31 Augustus 2019 nie.
1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE
Die inligting het betrekking tot Kirsten Handelaars vir Augustus 2019. Kirsten
Handelaars koop goedere op krediet van Amla Voorsieners.
GEVRA:
Gebruik die tabel wat voorsien is om die veranderinge wat gedoen moet word, aan te
dui:
In die Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Kirtsen Handelaars
In die Krediteurerekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2019 (9)
INLIGTING:
Na ʼn vergelyking van die rekening in die Krediteure Grootboek met die rekeningstaat
soos ontvang van Amla Voorsieners, is die volgende verskille waargeneem:
A ʼn Faktuur vir R14 800 is verkeerdelik geboekstaaf as R1 480 op die rekeningstaat
soos ontvang van die krediteur.
B Die boekhouer van Kirsten Handelaars het ʼn faktuur vir R1 350 as ʼn kredietnota
geboekstaaf.
C Korting van R850 is foutiewelik met R350 te veel geboekstaaf in die Krediteure
Grootboek.
D ʼn Tjek vir R7 200 uitgereik deur Kirsten Handelaars verskyn nie op die
rekeningstaat nie, omdat die rekeningstaat vroeër uitgereik is.
E Goedere vir R2 700 teruggestuur deur Kirsten Handelaars is nie aangeteken nie.
40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
10710 / 19
VRAAG 2: VERVAARDIGING (35 punte; 20 minute)
2.1 KLEMISH VERVAARDIGERS
Die besigheid vervaardig studeertafels.
GEVRA:
Stel die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2019, op:
2.1.1 Produksiekostestaat (13)
2.1.2 Verkorte Inkomstestaat (11)
INLIGTING:
A Voorraad voorhande:
28 Februarie 2019 28 Februarie 2018
Goedere-in-bewerking ? R500 800
Voltooide voorraad R18 000 R672 000
B 10 800 tafels is vervaardig teen ʼn eenheidskoste van R495 elk.
Verkope van 16 000 tafels beloop R8 160 000.
C Primêrekoste: R4 600 000 (na aansuiwerings)
D Die boekhouer het volgende kostes bereken voordat die onderstaande
aansuiwerings in ag geneem is:
Administrasie R296 800
Fabrieksbokoste R974 400
Direkte materiaal R3 100 000
Direkte arbeid ?
Verkoop en verspreiding R844 000
ʼn Bedrag van R204 000 vir grondstowwe op krediet aangekoop is, is
nie in ag geneem nie.
Skryfbehoeftes ter waarde van R1 000, aangekoop vir die
Administratiewe-departement, is verkeerdelik toegewys aan die
Verkoop- en verspreidingsdepartement.
Huuruitgawe, R252 000, is verdeel tussen die Fabriek en die Verkoop-
en Verspreidingsdepartemente in die verhouding 2:1.
85% moes egter aan die Fabriek toegedeel gewees het. Herstel die
fout.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
10710 / 19
2.2 DAMARA SE JUWELE
Damara besit die juweliersbesigheid.
GEVRA:
2.2.1 Gelykbreekpunt:
(a) Bereken die gelykbreekpunt vir Februarie 2019. (4)
(b) Damara is tevrede met die resultate. Verduidelik EEN rede met
syfers, om Damara se tevredenheid te staaf. (3)
2.2.2 Verwys na die eenheidskoste.
(a) Verduidelik waarom die vaste koste per eenheid verminder het. (2)
(b) Gee EEN moontlike rede vir die verandering in direkte
materiaalkoste. (2)
INLIGTING:
Februarie 2019 Februarie 2018
Totale aantal eenhede vervaardig en
18 000 eenhede 15 000 eenhede
verkoop
Gelykbreekpunt in eenhede ? 13 500 eenhede
Verkoopprys per eenheid R407,00 R330,00
TOTALE VERANDERLIKE KOSTE R4 410 000 R3 510 000
VERANDERLIKE KOSTE PER
R245,00 R234,00
EENHEID
Direkte materiaalkoste per eenheid R128,00 R135,00
Direkte arbeidskoste per eenheid R80,00 R62,00
Verkoop- en Verspreidingskoste per
R37,00 R37,00
eenheid
TOTALE VASTE KOSTES R1 296 000 R1 296 000
VASTE KOSTE PER EENHEID R72,00 R86,40
Fabrieksbokoste per eenheid R52,00 R62,40
Administratiewekoste per eenheid R20,00 R24,00
35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
10710 / 19
VRAAG 3: KONSEPTE, BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG
(65 punte; 40 minute)
3.1 KONSEPTE
Kies ʼn verduideliking uit KOLOM B wat by die konsep in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A – D) teenoor die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Finansieringskoste A Ongebruikte verbruiksvoorraad aan die einde
van die finansiële jaar
3.1.2 Dividende
B Rente op oortrokke bankrekening in die
3.1.3 Voorraad Inkomstestaat
3.1.4 Bedryfslaste C ʼn Finansiële aanwyser wat likiditeit weerspieël
D Winsverdeling aan die aandeelhouers in
verhouding tot die aantal aandele in hul besit
E Skuld wat oor ʼn kort tydperk terugbetaal word
(4)
3.2 PHAMBILI BEPERK
Die onderstaande inligting het betrekking tot Phambili Bpk. Die finansiële jaar
eindig op 28 Februarie 2019.
GEVRA:
3.2.1 Stel die volgende notas vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2019,
op.
(a) Gewone aandelekapitaal (11)
(b) Behoue inkomste (11)
3.2.2 Voltooi die Balansstaat (Staat van die Finansiële Posisie) op
28 Februarie 2019. Waar notas nie verlang word nie, toon ALLE
bewerkings. (29)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
10710 / 19
INLIGTING:
A ʼn Uittreksel van saldo’s uit die rekeningkundige rekords op 28 Februarie 2019
(tensy anders vermeld).
R
Gewone aandelekapitaal (1 Maart 2018) 1 220 000
Behoue inkomste (1 Maart 2018) 355 500
Lening van VDS Bank 1 376 000
Vaste Bates teen drawaarde 1 499 500
Vaste Deposito: Sandton Bank ?
Handelsvoorraad 480 000
Krediteurekontrole 177 500
Debiteurekontrole 400 000
Verpakkingsmateriaal voorhande 16 000
Opgelope uitgawes (uitgawes betaalbaar) 10 000
Vooruitontvange inkomste 11 500
Bank (Gunstig) 1 010 100
Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2018) 6 200
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting betalings) 1 180 000
Dividende op gewone aandele 350 000
B Aandelekapitaal:
Phambili Bpk. is gemagtig om 6 000 000 gewone aandele te verkoop.
500 000 aandele is reeds uitgereik op 1 Maart 2018.
900 000 nuwe aandele is uitgereik op 1 Augustus 2018 teen R3.00 per aandeel. Dit
is behoorlik geboekstaaf.
150 000 aandele is op 10 Januarie 2019 van ʼn ontevrede aandeelhouer teen
75 sent meer as die gemiddelde aandeleprys teruggekoop. Die transkasie is nie
geboekstaaf nie. Hierdie aandeelhouer kwalifiseer nie vir finale dividende nie.
C Dividende:
Die direkteure verklaar ʼn finale dividend van 50 sent per aandeel op
28 Februarie 2019.
D Voorsiening vir oninbare skulde:
Die voorsiening vir oninbare skulde moet verminder word tot R5 400.
E Lening:
Die lening is aangegaan op 1 September 2016.
Die lening is terugbetaalbaar oor 6 jaar in gelyke maandelikse paaiemente met
ingang 1 Oktober 2016. Alle betalings is gemaak.
Rente is nie gekapitaliseer nie en is ten volle betaal.
F Belasting:
Nadat al die relevante inligting in ag geneem is, is die belasting vir die jaar teen ʼn koers
van 28%, akkuraat bereken as R1 148 000.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
10710 / 19
3.3 OUDIT
Jy word voorsien van ʼn uittreksel uit die verslag van die onafhanklike ouditeure.
Oudit Mening – Aan die aandeelhouers:
Ons het die finansiële state wat op bladsye 23 tot 89 uiteengesit is, ondersoek. Na
ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ʼn redelike voorstelling
van die finansiële stand van die maatskappy soos op 28 Februarie 2019 en die
resultate van hul bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig,
ooreenkomstig met die Internasionale Finansiële Rapportering Standaarde (IFRS),
en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika.
Mxo en Frank
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)
Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure
Midrand, 31 Maart 2019
GEVRA:
3.3.1 Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede sal wees met die verslag. (2)
3.3.2 Tello Motloung, die besturende direkteur, het die ouditeure in kennis gestel
dat hy van plan is om die onuitgereikte aandele self te koop sonder om die
ander aandeelhouers in te lig. Watter advies moet die ouditeure aan Tello
gee? Verduidelik. (2)
3.3.3 Verduidelik waarom die ouditeure dit nodig vind om die bladsynommers in
hulle verslag te stipuleer. (2)
3.3.4 Verduidelik TWEE belangrike gevolge vir Mxo en Frank indien hulle nalatig is
in die uitvoering van hul pligte. (4)
65
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
10710 / 19
VRAAG 4: VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT EN INTERPRETASIE
(70 punte; 45 minute)
Die gegewe inligting het betrekking op Hadley Bpk. Die maatskappy het ʼn gemagtigde
aandelekapitaal van 900 000 gewone aandele. Die finansiële jaar eindig op
28 Februarie 2019.
GEVRA:
4.1 Verwys na Inligting A, B en C.
Bereken die ontbrekende bedrae soos aangedui deur (a) – (e) op die Vaste Bate
Nota. (17)
4.2 Stel die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019, op. (Waar van
toepassing moet alle berekeninge / syfers in hakies getoon word ten einde
deelpunte te verdien). (30)
4.3 Bereken die Skuld-Eienaarsbelangverhouding vir 2019.
(Rond af tot TWEE desimale punte.) (3)
4.4 Die direkteure het besluit om die lening gedurende die huidige finansiële jaar te
verhoog. Verduidelik TWEE finansiële aanwysers om aan te toon hoekom dit ʼn
goeie besluit was. Haal syfers aan. (8)
4.5 Die raad van direkteure is van mening dat die aandeelhouers gelukkig moet
wees met hulle persentasie opbrengs en met die markprys van aandele. Haal
aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers met syfers om hulle mening te
staaf. (6)
4.6 Die Kontantvloeistaat toon ʼn paar belangrike besluite wat deur die direkteure
geneem is.
Behalwe vir lenings, identifiseer TWEE goeie besluite. Verduidelik die invloed
van die besluite op die maatskappy. Haal syfers aan. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 13
10710 / 19
INLIGTING:
A Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019
R
Waardevermindering ?
Rente uitgawe 208 800
Netto wins voor belasting ?
Inkomstebelasting 713 250
Netto wins na belasting ?
B Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie
2019 2018
Grond en geboue 5 800 000 6 800 000
Voertuie 2 700 000 ?
Toerusting ? 850 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 960 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 180 000
Finansiële Bates (Vaste Deposito) 2 000 000 2 000 000
Handels en ander ontvangbares 405 750 168 300
Handelsdebiteure 378 675 144 600
Opgelope inkomste 27 075 0
SAID (Inkomstebelasting) 0 23 700
Voorraad 360 750 436 185
Kontant en kontantekwivalente 2 841 250 1 429 465
Aandeelhouersbelang 11 000 250 10 200 000
Gewone aandelekapitaal 10 260 000 9 000 000
Behoue inkomste 740 250 1 200 000
Verbandlening: SS Bank 2 100 000 1 380 000
Handels en ander betaalbares ? 763 950
Handelskrediteure 55 200 72 450
Vooruitontvange inkomste 19 350 15 000
SAID (Inkomstebelasting) 31 950 0
Aandeelhouers vir dividende ? 676 500
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 14
10710 / 19
C Vaste Bate Nota
Grond en
Voertuie Toerusting
Geboue
Drawaarde op 28 Feb 2018 6 800 000 840 000 (c)
Kosprys 6 800 000 (b) 850 000
Opgehoopte waardevermindering 0 (960 000) (180 000)
Bewegings
Byvoegings teen kosprys 900 000 400 000
Bateverkope (a) 0 (d)
Waardevermindering (171 000) (e)
Drawaarde op 28 Feb 2019 5 800 000
Kosprys 5 800 000 2 700 000
Opgehoopte waardevermindering
Grond en Geboue
ʼn Gedeelte van die Grond en Geboue is gedurende die finansiële jaar teen
drawaarde verkoop.
Voertuie
ʼn Nuwe afleweringsvoertuig is aangekoop op 1 November 2018.
Geen voertuie is gedurende die finansiële jaar verkoop nie.
Toerusting
ʼn Drukker wat op 1 Maart 2016 vir R150 000 gekoop is, is teen drawaarde op
31 Augustus 2018 verkoop.
ʼn Nuwe drukker is op 31 Augustus 2018 aangekoop.
Waardevermindering op toerusting word afgeskryf teen 10% p.j. op die
kosprys.
D Die volgende is ʼn uittreksel uit Nota 1 tot die Kontantvloeistaat:
Rekonsiliasie tussen die netto wins voor belasting en kontant verkry uit
bedrywighede
R
Bedryfswins voor veranderinge in bedryfskapitaal 2 854 800
Kontantgevolge deur veranderinge in bedryfskapitaal (198 615)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 15
10710 / 19
E Aandelekapitaal en Dividende
Gemagtigde aandele: 900 000.
Op 1 Maart 2018 is 600 000 aandele uitgereik.
Op 31 Augustus 2018 is ʼn interim dividend van 243 sent per aandeel betaal.
Op 1 November 2018 is 40% van die onuitgereikte aandele uitgereik vir
R1 800 000.
Op 28 Februarie 2019 is 5% van die uitgereikte aandele teruggekoop teen
R16 elk.
ʼn Finale dividend van 90 sent per aandeel is aanbeveel. Alle aandele,
insluitend die teruggekoopte aandele, kwalifiseer vir ʼn finale dividend.
F Inkomstebelasting
Inkomstebelasting is 30% van die netto wins.
G Finansiële aanwysers op 28 Februarie:
2019 2018
Verdienste per aandeel 252 sent 110 sent
% opbrengs op gemiddelde
15,7% 12,3%
aandeelhouersbelang (OOAHB)
% opbrengs op gemiddelde kapitaal
20,9% 21,3%
aangewend (OOTKA)
Netto bate waarde per aandeel 1 608 sent 1 700 sent
Skuld-eienaarsbelangverhouding ? 0,13:1
Die markprys van aandele op die JSB /
1 680 sent 1 560 sent
JEB
Rente op alternatiewe beleggings 7,5% 6,5%
Rente op lenings 12,0% 10,5%
70
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 16
10710 / 19
VRAAG 5: VOORRAADWAARDASIE EN BTW (45 punte; 25 minute)
5.1 Kies die korrekte woord(e) vanuit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
5.1.1 In die (deurlopende / periodieke) voorraadstelsel, moet koste van
verkope aan die einde van jaar bereken word.
5.1.2 Die (spesifieke identifikasie / geweegde gemiddelde) voorraadwaardasie-
metode is die geskikste metode vir unieke produkte van hoë-waarde.
5.1.3 In die deurlopende voorraadstelsel word voorraad aankope aangeteken
as ʼn (bate / uitgawe) vir die besigheid.
5.1.4 Die (eerste-in-eerste-uit / geweegdegemiddelde)
voorraadwaardasiemetode is meer geskik vir produkte wat dieselfde
aankoopwaarde het en in groot hoeveelhede aangekoop word. (4)
5.2 KROOKED SKAATSPLANK HANDELAARS
Jy word voorsien van inligting wat betrekking het op Krooked Skaatsplank
Handelaars. G Gonzales is die eienaar. Die besigheid verkoop een tipe
skaatsplank wat ingevoer word vanaf Kalifornië. Die finansiële jaar eindig op
28 Februarie 2019. Die besigheid maak gebruik van die geweegde gemiddelde
metode om hulle voorraad te waardeer en gebruik die periodieke voorraadstelsel.
GEVRA:
5.2.1 Bereken die volgende op 28 Februarie 2019:
(a) Waarde van die eindvoorraad volgens die geweegde
gemiddeldemetode (9)
(b) Koste van verkope (4)
(c) Bruto Wins (3)
5.2.2 G Gonzales wil tussen die geweegde gemiddelde metode en die EIEU-
metode wissel, afhangende van die resultaat wat ʼn hoër koste van
verkope tot gevolg sal hê.
(a) Volgens jou mening, waarom dink jy wil G Gonzales die waarde
van koste van verkope in die finansiële state wil vermeerder? (2)
(b) Gee EEN rede waarom die boekhouer sê dat die wisseling tussen
twee voorraadwaardasiemetodes nie aan die vereistes van die
AARP voldoen nie. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 17
10710 / 19
INLIGTING:
A Voorraadrekords van skaatsplanke
Aantal Totale
Datum
eenhede waarde
01 Maart 2018 860 R238 600
28 Februarie 2019 420 ?
B Aankope van skaatsplanke
Aankope:
VRAGGELD TOTALE TOTALE
AANTAL PRYS PER TOTALE
DATUM OP VRAGGELD AANKOOP-
EENHEDE EENHEID AANKOPE
AANKOPE OP AANKOPE KOSTE
R R R R R
31/05/18 1 200 280 336 000 20 24 000 360 000
01/07/18 1 600 300 480 000 20 32 000 512 000
12/09/18 1 000 290 290 000 24 24 000 314 000
15/01/19 600 320 192 000 24 14 400 206 400
Totale 4 400 1 298 000 94 400 1 392 400
C Terugsendings van skaatsplanke
Veertig (40) skaatsplanke van Julie se aankope is aan die verskaffer teruggestuur
weens swak kwaliteit. Hulle het die besigheid se rekening gekrediteer met die
totale koste, vraggeld op aankope ingesluit.
D Verkope
4 800 eenhede teen R350 elk: R1 680 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 18
10710 / 19
5.3 PROTEK HANDELAARS
Patrick Ace is eienaar van PROTEK Handelaars. Hy verkoop veiligheidsvalhelms.
Hy het drie verskillende winkels wat bestuur word deur Lucas, Pitso en Pepe. Hy
is bekommerd dat die winkels nie effektief bestuur word nie en voorsien jou van
die volgende inligting vir Februarie 2019 om te analiseer.
GEVRA:
Dui ʼn verskillende probleem in elke winkel aan. Haal syfers aan om elke
probleem wat geïdentifiseer is, te staaf en gee vir Patrick Ace advies oor hoe om
elke probleem op te los. (9)
Winkel 1 Winkel 2 Winkel 3
Lucas Pitso Pepe
Verkope R280 000 R340 000 R300 000
Terugsendings deur klante vir die maand R4 000 R28 000 R3 000
Terugsendingsbeleid 7 dae 21 dae 7 dae
Diefstal van voorraad gedurende die maand 0 eenhede 4 eenhede 50 eenhede
Advertensies R30 000 R10 000 R24 000
Aantal werknemers 6 4 6
5.4 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
Mandla Handelaars is ʼn geregistreerde BTW onderneming. Alle items is
onderhewig aan BTW @ 15%.
5.4.1 Bereken die bedrag BTW ontvangbaar van of betaalbaar aan die SAID
op 30 Junie 2019. Dui aan of die bedrag ontvangbaar of betaalbaar is. (10)
5.4.2 Die eienaar wil die BTW bedrag op oninbare skulde verander van R900
tot R6 000. Gee EEN rede waarom jy nie met hom saamstem nie. (2)
INLIGTING:
Die volgende transaksies het betrekking op Mandla Handelaars vir die periode
geëindig 30 Junie 2019.
R
A Verskuldig deur die SAID op 1 Junie 2019 33 600
B Aankope van handelsvoorraad (BTW eksklusief) 1 625 000
C Kontant en kredietverkope (BTW ingesluit) 2 415 000
D BTW op korting ontvang vanaf verskaffers 1 200
E BTW op oninbare skulde afgeskryf 900
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 19
10710 / 19
VRAAG 6: BEGROTINGS (45 punte; 25 minute)
6.1 SEAGATE HANDELAARS
Inligting met betrekking op Seagate Handelaars.
GEVRA:
Voltooi die tabel in die ANTWOORDBOEK deur slegs die bedrae vir Julie 2019 in
te vul.
VOORBEELD: Kommissie word ontvang op die verkope van promosie-items,
R3 300.
Bedrag in die Bedrag in die Geprojekteerde
Kontantbegroting vir Inkomstestaat vir
Nr.
Julie 2019 Julie 2019
ONTVANGSTE BETALING INKOMSTE UITGAWE
Voorbeeld R3 300 R3 300
Transaksies vir Julie 2019:
6.1.1 Verwagte kontantverkope beloop R49 500 (koste van verkope, R23 300).
6.1.2 Na verwagting sal R19 800 se betalings aan krediteure gemaak word.
Korting van R990 sal geëis word.
6.1.3 Oninbare skulde van R1 320 sal afgeskryf word.
6.1.4 Waardevermindering vir die 2019 finansiële jaar beloop R36 960.
6.1.5 Direkteursfooie betaal, R55 000
6.1.6 Interim dividende betaalbaar aan aandeelhouers, R27 500
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 20
10710 / 19
6.2 BRITE HANDELAARS
Jy word voorsien van ʼn onvoltooide Kontantbegroting van Brite Handelaars vir die
periode 1 Augustus 2019 tot 30 September 2019. Cleve Brite is die eienaar.
6.2.1 Bereken die kredietverkope vir Augustus 2019 en voltooi dan die
Debiteure-invorderingskedule vir September 2019. (7)
6.2.2 Bereken die ontbrekende bedrae soos aangedui deur (a) – (e) op die
Kontantbegroting. (12)
6.2.3 Verwys na inligting F
(a) Die eienaar, Cleve, het besluit op spesiale kortings aan kliënte
gedurende Augustus aan te bied. Kliënte sal weekliks telefonies of
per sms herinner word van hierdie aanbieding.
Jy is van mening dat dit NIE tot die besigheid se voordeel is nie.
Gee TWEE redes om jou opinie te ondersteun. Haal syfers aan. (4)
(b) Verduidelik wat jy aan Cleve sal sê oor die beheer van die
volgende kostes. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf en gee
EEN punt van advies in ELKE geval.
Afleweringskoste
Advertensies (6)
6.2.4 Verwys na inligting G en H.
(a) Bereken die aankoopprys van die nuwe voertuig. (4)
(b) Behalwe vir die deposito en die maandelikse paaiement van
R6 875 op die nuwe voertuig, verduidelik hoe die volgende maand
se Kontantbegroting beïnvloed sal word. Noem TWEE punte. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 21
10710 / 19
INLIGTING:
A Verkope, koste van verkope en debiteure-invordering
Werklike en begrote verkope en koste van verkope:
TOTALE
VERKOPE (R) KOSTE VAN VERKOPE (R)
BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
Junie 115 500 85 800 77 000 57 200
Julie 135 000 98 010 90 000 65 340
Augustus 118 800 79 200
September 92 400 ?
60% van totale verkope is kontant.
Kredietverkope word soos volg gevorder:
o 20% in die maand van verkope
o 70% in die eerste maand na verkope
o 8% in die tweede maand na verkope
o Die saldo word afgeskryf in die derde maand wat volg op die maand
van verkope.
B Voorraadvlakke en betalings aan krediteure
Brite Handelaars gebruik ʼn winsgrens van 50% op die kosprys.
ʼn Vastevoorraadvlak word gehandhaaf en voorraad word op ʼn maandelikse
basis vervang.
75% van totale aankope is op krediet.
Krediteure word betaal in die maand wat volg na die maand van aankope om
voordeel te trek uit die 5% korting.
C Afleweringskoste
Alle verkoopte goedere word gratis by kliënte afgelewer.
Dell-Aflewerings is gekontrakteer om hierdie diens te lewer.
Die afleweringskoste word teen 10% op verkope begroot.
D Salarisse
Werkers sal ʼn verhoging van 6% op 1 September 2019 ontvang.
E Versekering
Die versekeringspremie is betaalbaar aan die einde van elke maand.
Die maandelikse premie sal verhoog met 10% op 1 September 2019.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 22
10710 / 19
F Na ʼn vergelyking van begrote en werklike bedrae, is die volgende gevind:
AUGUSTUS 2019
BEGROOT WERKLIK
Verkope R 118 800 R 89 400
Koste van verkope 79 200 66 000
Bruto wins 39 600 26 400
Afleweringskostes 11 880 13 860
Telefoonkostes 5 500 8 250
Advertensies 19 800 21 400
G Besonderhede met betrekking tot afleweringskoste en die nuwe voertuig
Cleve oorweeg die volgende ten einde die kontantvloei te verbeter:
Die aankoop van afleweringsvoertuig in Oktober 2019
Betaling van ʼn 10% deposito
Die verkryging van ʼn rentevrye lening van sy oom vir die oorblywende saldo
Terugbetalings oor 36 maande sal R6 875 per maand beloop
Stop die dienste van Dell-Aflewerings
H Uittreksel uit die Kontantbegroting vir twee maande geëindig
30 September 2019
Ontvangstes Augustus September
Kontantverkope van goedere 71 280 55 440
Invorderings van debiteure 51 000
Huurinkomste 8 250 9 075
Addisionele kapitaalbydraes 110 000
Totale ontvangstes
Betalings
Kontantaankope van handelsvoorraad 19 800 (a)
Betalings aan krediteure (b) 56 430
Salaris: Vyf werkers 35 200 (c)
Telefoon 5 500 6 600
Advertensies 19 800 13 200
Versekering (d) 5 808
Afleweringskoste (betaalbaar aan Dell-Aflewerings) 11 880 9 240
Ander bedryfsuitgawes
Onttrekkings 16 500 16 500
Totale betalings
Kontantsurplus / tekort (24 860)
Banksaldo aan die begin van die maand (11 220) (e)
Banksaldo aan die einde van die maand
45
TOTAAL: 300
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2018 Addendum (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 NW Prelim 2019 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum