Skip to content

Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2018 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201825 pages

Grade 12 Accounting question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2018 10710 REKENINGKUNDE TYD: 3 uur PUNTE: 300 25 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 10710 / 18 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2018 REKENINGKUNDE TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou / swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Waar van toepassing, moet berekeninge tot EEN desimale punt getoon word. 7. Skryf netjies en leesbaar . b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 10710 / 18 8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn gids wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE. VRAAG 1: 35 punte; 20 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde Bank en Krediteure Rekonsiliasie Versoening Bestuurshulpbronne Interne kontrole prosesse Etiek VRAAG 2: 40 punte; 25 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Vervaardiging Konsepte Produksiekostestaat Gelykbreekpunt VRAAG 3: 80 punte; 40 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde Konsepte Inkomstestaat Maatskappy Finansiële State Bestuur van hulpbronne en Ouditverslag Tasbare bates Bestuur van hulpbronne Ouditverslae VRAAG 4: 65 punte; 45 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde Konsepte Kontantvloeistaat en Kontantvloeistaat Vertolking van inligting Ontleding en vertolking van finansieringsaktiwiteite Bestuur van hulpbronne Interne Kontrole VRAAG 5: 40 punte; 25 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuur van Hulpbronne Voorraadwaardasie Voorraadwaardasie Interne Kontrole VRAAG 6: 40 punte; 25 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde BTW Bestuursrekeningkunde BTW en Begrotings Kontantbegroting Berekeninge Bestuur van Hulpbronne Internebeheer-prosesse en Etiek b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 10710 / 18 VRAAG 1 VERSOENING (35 punte; 20 minute) 1.1 Die volgende inligting het betrekking op SA- Handelaars. OPDRAG: 1.1.1 Bereken: • Die korrekte totale van die Kontantontvangste- (KOJ) en die Kontantbetalingsjoernale (KBJ) vir Julie 2018 • Die saldo van die bankrekening in die Algemene Grootboek op 31 Julie 2018 (15) 1.1.2 Voltooi die bankversoeningstaat op 31 Julie 2018. (6) 1.1.3 Interne kontrole van kontant in SA-Handelaars is nie na wense nie. Identifiseer TWEE probleme en gee toepaslike advies om interne kontrole te verbeter. (4) INLIGTING: A. Die volgende inligting verskyn op die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2018: Ongunstige saldo op bankstaat 17 828 93 140 Uitstaande deposito (1 Maart 2018) 70 000 Uitstaande deposito (25 Junie 2018) 23 140 Uitstaande tjeks en EFO: 13 350 Nr. 215 (12 Januarie 2018) 1 210 Nr. 670 (25 Junie 2018) 5 200 Nr. 671 (2 September 2018) 1 760 EFO betaling aan Zimbali Verskaffers 5 180 Saldo volgens Bankrekening in die Algemene Grootboek ? B. Die volgende voorlopige totale het in die Kontantjoernale vir 31 Julie 2018 verskyn, voordat die Bankstaat vir Julie 2018 ontvang is: • KOJ, R42 620 • KBJ, R20 921 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 10710 / 18 C. Die Bankstaat vir Julie 2018 toon die volgende inskrywings wat nie in die Kontantjoernale vir Julie 2018 voorkom nie: BESONDERHEDE BEDRAG Deposito 23 140 Tjek Nr. 670 2 500 Debietorder Verseker (Bpk.) vir versekering 1 080 Debietorder Verseker (Bpk.) vir versekering 1 080 EFO (Zimbali Verskaffers) 5 180 Rente op oortrekking 172 Bankkoste 273 V/T tjek – N.Trollip ter vereffening van sy rekening van R 1 400 1 316 V/T tjek – G.Smith (vooruitgedateerde tjek) – sien D 4 200 Direkte deposito deur huurder, D.Mahlangu 8 000 Let wel: • Tjek nr. 670 – Die bedrag volgens die Bankstaat is korrek. • Die debietorder t.o.v. versekering is twee keer deur die bank verreken aangesien daar laas maand onvoldoende fondse beskikbaar was. Die oortrokke fasiliteit was oorskry. • ʼn Ondersoek toon dat die deposito van R70 000, gedateer 1 Maart 2018, nooit gedeponeer is nie. Die vorige boekhouer Malcolm, kan nie opgespoor word nie en daar word besluit om die bedrag af te skryf. D. Die volgende item het in Julie 2018 se Kontantontvangstejoernaal voorgekom: ʼn Vooruitgedateerde tjek ontvang van G. Smith (ʼn debiteur) vir R4 200, is foutiewelik in die bankrekening gedeponeer. (Sien C) Die volgende inskrywings het in Julie 2018 se Kontantjoernale voorgekom, maar verskyn nie in die Bankstaat op 31 Julie 2018 nie: • EFO – R3 380 (deur SA-Handelaars verwerk, maar steeds uitstaande op die Bankstaat) • Deposito – R11 800 (gedateer 31 Julie 2018) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 10710 / 18 1.2 KREDITEUREVERSOENING VENUS HANDELAARS Die Krediteurekontrolerekening en die krediteurelys vir Julie 2018 is deur ʼn onervare boekhouer opgestel. OPDRAG: Gebruik die antwoordblad voorsien om die regstellings en inskrywings in beide die krediteurekontrolerekening en die krediteurelys aan te teken. Verskaf syfers en dui ʼn plus (+) of ʼn minus (–) teken vir elke regstelling aan. (10) INLIGTING: A. KREDITEUREKONTROLEREKENING KREDITEURELYS Saldo / Totaal R40 130 R39 490 B. Transaksies: (i) ʼn Faktuur ontvang van Universal Verskaffers, ten bedrae van R792, is per abuis as R972 aangeteken en so oorgeboek. (ii) ʼn Tjek uitgereik ten gunste van Mars Winkels, R8 400, is korrek aangeteken in die betrokke hulpjoernaal. Dit is egter na die krediteuregrootboek oorgeboek as R8 800. (iii) ʼn Kredietnota ontvang van Saturn Bpk. vir R120, is in die Krediteurejoernaal aangeteken. Die transaksie is egter korrek in die krediteuregrootboek van Saturn Bpk. aangeteken. (iv) J.Jupitor se kredietsaldo van R2 100 in die Debiteuregrootboek van Venus-Handelaars moet oorgedra word na sy rekening in die Krediteuregrootboek. 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 10710 / 18 VRAAG 2 VERVAARDIGING (40 punte; 25 minute) 2.1 Die volgende inligting A – C het betrekking op ABC Vervaardigers, ʼn tekstielfabriek wat skooluniforms vervaardig. OPDRAG: Voltooi die volgende vir die jaar geëindig 30 Junie 2018: 2.1.1 Fabrieksbokoste nota (12) 2.1.2 Produksiekostestaat (toon berekeninge in hakies) (18) INLIGTING: A. Voorraad saldo’s 30 Junie 2018 1 Julie 2017 (eindsaldo’s) (beginsaldo’s) Grondstofvoorraad R 55 200 R 63 660 Werk-in-prosesvoorraad 200 000 ? Klaarproduktevoorraad 119 500 219 500 B. Uittreksel van transaksies vir die finansiële jaar geeïndig 30 Junie 2018, voordat die aansuiwerings in inligting C in ag geneem is. Grondstofvoorraad aangekoop R 1 720 000 Afleweringskoste vir grondstofvoorraad 42 300 Indirekte materiaalkoste (fabriek) 74 450 Fabrieks diverse uitgawes 67 000 Huuruitgawe 225 000 Water en Elektrisiteit ( Verkoopsafdeling ) 38 800 Versekering (Verkoopsafdeling) 24 000 Direkte arbeid (Inligting C(v)) ? Fabrieksvoorman se salaris ( Bydraes ingesluit) 171 900 Indirekte arbeid ( Bydraes ingesluit) 29 250 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 10710 / 18 C. Aansuiwerings en addisionele inligting (i) Alle indirekte materiaal is in die fabriek gebruik. (ii) Huuruitgawe word volgens vloeroppervlakte tussen die onderskeie departemente, soos volg verdeel: Fabriek: 600 vierkante meter Administratiewe kantoor: 250 vierkante meter Verkoops- en verspreidingsdepartement: 150 vierkante meter (iii) 40% van water en elektrisiteit moet gelykop tussen die administratiewe kantoor en die verkoopsafdeling verdeel word. Die oorblywende gedeelte moet aan die fabriek toegedeel word. (iv) Versekering moet onderskeidelik in die verhouding 5:2:1 tussen die fabriek, verkoopsafdeling en die kantoor verdeel word. Die verdeling is foutiewelik in die verhouding 5:3:1 gedoen. (v) Produksie Lone Gewone Tyd Oortyd vir die jaar Werknemers betaal Ure Gewerk Tarief 2 000 uur per jaar 6 R60 R67 500 per werknemer • Werkgewersbydrae word bereken op lone vir gewone tyd, vir pensioenfonds teen 9% en teen 1% vir die werkloosheidsverskeringsfonds. (vi) Koste van Verkope vir die jaar beloop R3 400 000. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 10710 / 18 2.2 Die volgende inligting is verkry uit die boeke van Marizburg Drukkers. Die onderneming spesialiseer in die druk van lessenaarkalenders op bestelling. Die volgende syfers is deur die boekhouer bereken: OPDRAG: 2.2.1 Toon ʼn berekening om die gelykbreekpunt vir Julie 2018 te bevestig. (3) 2.2.2 Behoort Maritzburg Drukkers tevrede te wees met die gelykbreekpunt vir 2018? Gee EEN rede met syfers om u antwoord te staaf. (3) 2.2.3 Die eienaar is onseker waarom die gelykbreekpunt laer is as laas jaar terwyl daar geen noemenswaardige verandering in die totale koste van produksie was nie. Hy verlang ʼn verduideliking. Verduidelik TWEE punte. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf. (4) INLIGTING: 2018 2017 Totaal Per Eenheid Per Eenheid Direkte Materiaal 801 908 12.40 10.50 Direkte Arbeid 546 462 8.45 8.95 Fabrieksbokoste 500 545 7.74 9.12 Totale produksiekoste 1 848 916 28.59 28.57 Administratiewe koste 312 355 4.83 4.72 Verkoops- en verspreidingskoste 175 902 2.72 4.92 Vastekoste 812 900 12.57 13.84 Veranderlikekoste 1 524 272 23.57 24.37 Verkope 3 272 302 50.60 46.55 33 633 Gelykbreekpunt 30 074 eenhede eenhede Aantal eenhede vervaardig en 53 900 64 670 eenhede verkoop eenhede 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 10710 / 18 VRAAG 3 STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN OUDITVERSLAG (70 punte; 40 minute) 3.1 KONSEPTE Kies die korrekte term om die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die antwoord teenoor die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDBOEK. Inkomstestaat; Bedryfsbate; Nie-bedryfsbate; Likiditeit; Balansstaat; Solvabiliteit; Kontantvloeistaat 3.1.1 ʼn Staat wat die finansiële posisie van die maatskappy toon, is die … 3.1.2 Verbruiksgoedere voorhande is ʼn … 3.1.3 ʼn Berekening om die vermoë van die besigheid om totale laste / verpligtinge na te kom te bepaal, staan bekend as … 3.1.4. ʼn Staat wat die finansiële resultaat van die maatskappy toon, is die … (4) 3.2 RAND WERKE BEPERK Die volgende inligting is verkry uit die boeke van Rand Werke Beperk. Die maatskappy is geregistreer met ʼn gemagtigde aandelekapitaal van 1 500 000 gewone aandele. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. OPDRAG: 3.2.1 Verwys na inligting I: Bereken die uitstaande bedrae (aangedui deur a tot e) in die Tasbare Bate / Vaste Bate nota vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018. (12) 3.2.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geeïndig 28 Februarie 2018. (44) 3.2.3 Voltooi die volgende nota’s tot die finansiële state: • Gewone Aandelekapitaal (7) • Behoue Inkomste (Verwys na inligting K en L.) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 11 10710 / 18 INLIGTING: VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS VAN RAND WERKE BEPERK OP 28 FEBRUARIE 2018 Balansstaat rekeninge-afdeling Debiet Krediet Gewone Aandelekapitaal 3 760 000 Behoue Inkomste 468 000 Lening: WP Bank 124 800 Grond en geboue 3 300 000 Voertuie 513 000 Toerusting (1 Maart 2017) 235 600 Opgelope waardevermindering: voertuie (1 Maart 2017) 178 600 Opgelope waardevermindering: toerusting (1 Maart 2017) 73 940 Handelsvoorraad 962 600 Debiteurekontrole 161 000 Voorsiening vir oninbare skulde 2 140 Bank 259 600 Kleinkas 2 400 Vaste deposito: XYZ Bank 850 000 SAID (inkomstebelasting) 413 500 Krediteurekontrole 650 000 Krediteure vir salarisse 13 500 Nominale rekeninge-afdeling Verkope 1 1791 200 Koste van verkope 8 310 660 Debiteureafslag 130 940 Oninbare skulde 8 640 Rente op vaste deposito ? Oninbare skulde ingevorder 870 Verpakkingsmateriaal 24 000 Advertensies 345 800 Huurinkomste 176 880 Diverse uitgawes 47 430 Bateverkope 3 100 Rente op lopende inkomste ? Lone en salarisse 950 000 Direkteursfooie 432 000 Ouditeursfooie 81 000 Gewone aandeledividende 240 000 17 268 170 17 268 170 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 12 10710 / 18 Aansuiwerings en addisionele inligting: A Die volgende kredietnota is uitgereik aan ʼn kliënt. Dit is per abuis uit die hulpjoernaal weggelaat. Die winspersentasie is 50% op kosprys. Rand Werke Bpk. No. 84 KREDIETNOTA Aan: 24 Februarie 2018 AB Soloman Posbus 3367 Johannesburg Hoeveel- Besonderhede Prys per Totaal heid eenheid 1 Gietyster kandelaar 1 260 1 260, 00 Verkeerde grootte E & O.E. TOTAAL R1 260,00 B ʼn Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2018 toon die volgende: • Handelsvoorraad voorhande, R962 800 • Verpakkingsmateriaal verbruik gedurende die finansiële jaar beloop R23 070. C ʼn Debiteur, M Spark word insolvent verklaar. Sy boedel betaal 40c in die rand. R450 is reeds ontvang en is behoorlik geboekstaaf. Skryf die balans van sy skuld af as oninbaar. D Op 24 Februarie 2018 is R2 400 ontvang van C.Quinn wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is. Die bedrag is in die Debiteurekontrolekolom van die KOJ aangeteken. E Verminder die voorsiening vir oninbare skulde met R230. F Die huurder het huur tot 31 Maart 2018 betaal. Die huur is vanaf 1 Desember 2018 met 10% per jaar verhoog. G Die volgende leningstaat is van WP Bank ontvang: WP BANK LENINGSTAAT OP 28 FEBRUARIE 2018 Saldo aan die begin van die finansiële jaar R210 000 Terugbetalings gedurende die jaar, insluitend rente 85 200 Rente gehef (gekapitaliseer) ? Saldo aan die einde van die jaar 150 000 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 13 10710 / 18 H ʼn Werknemer, H.Abbot het op 1 Februarie 2018 diens aanvaar. Sy bruto salaris van R13 500 is verwerk sonder om die aftrekkings en werkgewersbydraes in ag te neem. • Aftrekkings R3 405 • Werkgewersbydraes R1 755 NOTA: Alle bydraes word as deel van lone en salarisse aangeteken. I Vaste / Tasbare Bate Nota VOERTUIE TOERUSTING Drawaarde aan die begin van die finansiële jaar (b) 161 660 Kosprys (a) 235 600 Opgelope waardevermindering (178 600) (73 940) Bewegings Byvoegings 133 000 - Bateverkope teen drawaarde - (d) Waardevermindering (c) (35 040) Drawaarde aan die einde van die finansiële jaar 123 920 Kosprys 513 000 (e) Opgelope waardevermindering ADDISIONELE INLIGTING: • Waardevermindering op voertuie word bereken teen 30% per jaar op die verminderdesaldo-metode. Neem in ag dat ʼn nuwe voertuig op 1 November 2017 aangekoop is. • Die Vooraansuiweringsproefbalans toon ʼn syfer van R3 100 “Bateverkope”. Dit verwys na ʼn rekenaar wat verkoop is op 31 Oktober 2017 vir R3 100 kontant. Die kosprys van die rekenaar was R6 000 en die opgelope waardevermindering tot op datum van verkope was R3 300. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 14 10710 / 18 J Finansiële Aanwyser • Die bedryfswins op omset: 13% K Inkomstebelasting Inkomstebelasting word bereken teen 30% van die netto inkomste vir die jaar. Netto wins na belasting is korrek bereken op R1 060 927. L Aandelekapitaal en dividende 200 000 Uitgereikte aandele aan die begin van die huidige finansiële jaar. 800 000 Addisionele aandele is uitgereik op 31 Oktober 2017 teen R4,20 per aandeel. 50 000 Op 28 Februarie 2018, is aandele teruggekoop van ʼn oorlede aandeelhouer vir R238 000. Hierdie transaksie is nog nie aangeteken nie. • ʼn Interim dividend van R60 000 is op 31 Augustus 2017 betaal. • ʼn Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 28 Februarie 2018 verklaar en moet nog in berekening gebring word. Die boedel van die oorlede aandeelhouer kwalifiseer vir finale dividende op 28 Februarie 2018. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 15 10710 / 18 3.3 OUDITVERSLAG Die volgende uittreksel hieronder het betrekking op Parfum Bpk. vir die jaar geëindig 31 Desember 2017. Lees beide uittreksels voordat u die vrae beantwoord. OPDRAG: 3.3.1 Parfum Bpk. het ʼn ongekwalifiseerde ouditverslag ontvang. Dui aan of dit geregverdig kan word. (2) 3.3.2 Lewer kommentaar op die optrede van die direkteure. (2) 3.3.3 Lewer kommentaar op die verklaring wat die voorsitter by die media vrystelling gemaak het. (2) INLIGTING A UITTREKSEL VAN ONAFHANKLIKE OUDITEURSVERSLAG MENING Volgens ons mening is die jaarlikse finansiële state ʼn redelike weergawe, in alle wesenlike aspekte van die finansiële posisie van Parfum Bpk. op 31 Desember 2017 en die kontantvloei vir die jaar geëindig, in ooreenstemming met die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) en soos vereis deur die Maatskappywet van Suid- Afrika. Arnst & Doung Geïnk. Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure Geoktrooieerde Rekenmeesters (GR - SA) 15 Januarie 2018 B UITTREKSEL UIT ’N INTERNETARTIKEL 21 Augustus 2018 “R7.2 miljoen in direkteursfooie is aan die direkteure van Parfum Bpk. uitbetaal sonder die nodige goedkeuring van die aandeelhouers in die 2017 finansiële jaar en dieselfde bedrag is betaalbaar vir die huidige finansiële jaar. Die nuwe voorsitter van Parfum Bpk. wat verlede maand aangestel is, Brat Zucker, het tydens ʼn persverklaring beweer dat alhoewel so iets nie behoort te gebeur nie, dit tog somtyds voorkom. Volgens sy mening is dit nie ʼn aanduiding van swak korporatiewe bestuur aan die kant van Parfum Bpk. nie.” 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 16 10710 / 18 VRAAG 4 KONSEPTE , KONTANTVLOEISTAAT EN ONTLEDING EN VERTOLKING (65 punte; 45 minute) 4.1 KONSEPTE Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by die konsep in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.3) in die ANTWOORDBOEK. Kolom A Kolom B 4.1.1 Winsgewendheid A Mening oor die maatskappy se finansiële state uitspreek. 4.1.2 Bedryfsverhouding B Bedryfseffektiwiteit van die besigheid. 4.1.3 Onafhanklike ouditeur C Bedryfsbates minus Bedryfslaste D Die betroubaarheid van die daaglikse rekeningkundige stelsels kontroleer. (3) 4.2 ZUKA BEPERK Jy word voorsien van die finansiële state van Zuka Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018. OPDRAG: 4.2.1 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geeïndig 28 Februarie 2018. (18) 4.2.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers: • Netto batewaarde per aandeel (3) • Vuurproefverhouding (4) • Skuld / Aandeelhouersbelang-verhouding (3) • Opbrengs op (gemiddelde) totale kapitaal aangewend (5) 4.2.3 Verduidelik of die terugkoopprys van R9,00 per aandeel op 31 Maart 2017 billik was. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (4) 4.2.4 Beantwoord die volgende twee vrae en haal finansiële aanwysers aan in jou antwoord: • Is daar ʼn verbetering in die maatskappy se vermoë om sy korttermyn verpligtinge (skuld) te betaal? Verduidelik. (3) • Stel TWEE strategieë voor wat die maatskappy kan gebruik om die kontantvloei te verbeter, behalwe om kapitaal of lenings te verhoog. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 17 10710 / 18 4.2.5 Verduidelik hoe die uitreik van die nuwe aandele die finansiële verhouding en risiko van die maatskappy beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (5) 4.2.6 Sekere aandeelhouers is nie tevrede met die dividende wat hulle ontvang nie: • Bereken die persentasie dividende wat jaarliks aan hulle uitbetaal is. (4) • Gee TWEE redes (met syfers) om die direkteure se besluit hierbo te regverdig. (4) 4.2.7 D. Pont, ʼn aandeelhouer het 330 000 aandele besit voor die uitreiking van nuwe aandele. Hy het besluit om eerder in ʼn ander maatskappy te belê. Verduidelik hoe dit sy aandeelhouding in Zuka Bpk beïnvloed het. Gebruik berekeninge in u antwoord. (5) INLIGTING: A Uittreksel van die Inkomstestaat op 28 Februarie 2018. Waardevermindering R 701 760 Rente-uitgawe 272 000 Netto wins voor belasting 2 500 000 Inkomstebelasting 750 000 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 18 10710 / 18 B Uittreksel uit die Balansstaat: 28 Feb 2018 28 Feb 2017 Vaste / Tasbare bates 8 798 080 6 580 000 Finansiële Bates 800 000 1 100 000 Voorraad 340 920 1 140 000 Handels- en ander debiteure 452 000 680 000 Handelsdebiteure 406 000 680 000 SAID: Inkomstebelasting 46 000 - Kontant en kontantekwivalente 9 000 8 520 Aandeelhouersbelang 7 019 320 5 216 320 Gewone Aandeelhouersbelang 5 240 000 4 200 000 Behoue-Inkomste 1 779 320 1 016 320 Nie-Bedryfslaste 2 000 000 3 000 000 Bedryfslaste 1 380 680 1 292 200 Handelskrediteure 841 680 340 000 SAID: Inkomstebelasting - 120 000 Aandeelhouers vir dividende 539 000 268 000 Oortrokke bank 0 564 200 C AANDELEKAPITAAL • 700 000 aandele is uitgereik op 1 Maart 2017. • Op 31 Maart 2017, word 60 000 aandele teruggekoop van ʼn boedel van ʼn oorlede aandeelhouer teen R9,00 elk. • Op 1 Augustus 2017, is 200 000 aandele uitgereik teen R7,00 elk. D VASTE BATES • ʼn Voertuig is verkoop teen drawaarde van R110 160, aan die einde van die jaar. • Die onderneming het gedurende die jaar nuwe ʼn gebou aangekoop. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 19 10710 / 18 E FINANSIËLE AANWYSERS 28 Feb 2018 28 Feb 2017 Bruto wins % op verkope 79,6% 58.3% Netto wins % na belasting 24,9% 23,8% Bedryfskapitaalverhouding 0,6:1 1,4:1 Vuurproefverhouding ? 0,5:1 Getal dae se voorraad voorhande 73 dae 91 dae Voorraadomsetsnelheid 5 keer 4 keer Debiteure invorderingstermyn 47,2 dae 30,8 dae Verdienste per aandeel (VPA) 208 sent 214 sent Dividend per aandeel (DPA) 96 sent 52 sent Opbrengs op aandeelhouersbelang ? 21% Opbrengs op Totale Kapitaal Aangewend ? 24,3% Skuld / Ekwiteitsverhouding ? 0,6:1 Netto Batewaarde per aandeel (NBA) ? 745 sent Markprys van aandele op die JEB 950 sent 850 sent Rente op lening (koers) 15% 15% 65 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 20 10710 / 18 VRAAG 5 VOORRAADSTELSELS EN WAARDASIE (40 punte; 25 minute) Die inligting verskaf is verkry uit die rekeningkundige rekords van Camp Out Bpk. Die maatskappy verkoop koelhouers en tente. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. Die onderneming gebruik die volgende voorraadopname stelsels: • Die periodieke- en geweegde gemiddelde voorraadopname stelsels vir die koelhouers EN • Die spesifieke identifikasie voorraadopnamestelsel vir tente OPDRAG: 5.1 Verduidelik die verskil tussen die spesifieke identifikasiestelsel en die geweegde gemiddelde voorraadstelsel. (4) KOELHOUERS: 5.2 Verskaf ʼn berekening om die aantal koelhouers wat vermis word te bepaal. (4) 5.3 Bereken die volgende ten opsigte van koelhouers op 28 Februarie 2018: • Die waarde van die slotvoorraad (4) • Koste van verkope van koelhouers (5) • Bruto wins van koelhouers (3) 5.4 Die bestuurder voel dat die besigheid voorraad meer effektief bestuur. 5.4.1 Bereken die getal dae se voorraad voorhande vir koelhouers vir 2018. Gebruik slotvoorraad in jou berekening. (4) 5.4.2 Lewer kommentaar op die bestuurder se mening op grond van jou bevindinge. (3) TENTE: 5.5 Bereken die waarde van die slotvoorraad van tente. (7) 5.6 Indien die winspersentasie 25% op kosprys is, bereken die totale verkope van tente vir die finansiële tydperk. (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 21 10710 / 18 INLIGTING: KOELHOUERS A Waarde van voorraad voorhande Datum Hoeveelheid Prys per eenheid Totaal (R) 01 Maart 2017 520 R60 31 200 28 Februarie 2018 850 ? ? B Aankope van koelhouers AANKOPE Datum Hoeveelheid Prys per Totaal (R) eenheid Augustus 2017 1 600 R64 102 400 Februarie 2018 2 700 R70 189 000 TOTAAL 4 300 291 400 C VERKOPE VAN KOELHOUERS: 3 900 eenhede is verkoop vir R387 000. D TERUGSENDINGS: 20 Beskadigde koelhouers met ʼn kosprys van R60 elk is aan die verskaffer teruggestuur. Die verskaffer het egter ooreengekom om slegs R1 000 afslag toe te staan, as gevolg van laat kennisgewing. E Finansiële Aanwysers 2018 2017 Getal dae se voorraad voorhande ? 125 dae Omsetsnelheid van voorraad 5.7 keer 2.9 keer INLIGTING: TENTE VOORRAAD AANTAL TENTE AANKOPE PRYS PER VOORHANDE VERKOOP TENTE REEKS GEDURENDE TENT 1 MAART GEDURENDE DIE JAAR 2017 DIE JAAR 1. Nag apie 14 - R1 260 14 2. Luiperd 10 32 R1 400 28 3. Goggatjie 7 28 R1 680 28 4. Buffel 8 34 R1 540 35 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 22 10710 / 18 VRAAG 6 KONTANTBEGROTING, OUDERDOMSONTLEDING EN BTW (40 punte; 25 minute) 6.1 KONTANTBEGROTING Jy word voorsien van ʼn onvolledige kontantbegroting en addisionele inligting van Fashion Expression Bpk. Die finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie. OPDRAG: 6.1.1 Bereken die Debiteure-invordering vir Junie 2018. (4) 6.1.2 Bereken die syfer soos wat dit in die kontantbegroting ten opsigte van Lone en Salarisse, vir Mei 2018 sal voorkom. (5) 6.1.3 Die aankoop betalingsbeleid behoort aangepas te word. • Verduidelik waarom die beleid sal moet verander. (3) • Verskaf TWEE veranderinge wat die onderneming sal bevoordeel. (2) 6.1.4 Die direkteure is bekommerd oor die kontantsaldo’s in die Kontantbegroting. Noem TWEE strategieë wat gebruik is om die kontantsaldo’s te verbeter. Verduidelik waarom jy saamstem of nie saamstem met hierdie strategieë nie. (6) INLIGTING: FASHION EXPRESSION LTD Uittreksel van die Kontantbegroting vir die tydperk 1 April 2018 tot 30 Junie 2018 ONTVANGSTES April Mei Junie Kommissie-inkomste 60 000 65 000 * Verkope van Grond en Geboue 0 380 000 0 Opbrengs met uitreiking van 50 000 239 000 0 0 aandele TOTALE ONTVANGSTES 443 000 * 195 000 BETALINGS – uittreksel Lone en salarisse 48 000 * * TOTALE BETALINGS 204 500 * 340 700 Surplus (Oorskot) 238 500 110 000 (145 700) Banksaldo aan die begin van die (60 000) 178 500 288 500 maand Banksaldo aan die einde van die 178 500 288 500 142 800 maand b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 23 10710 / 18 6.2 OUDERDOMSONTLEDING Die Ouderdomsontleding van Multiplex Bpk is voorberei op 30 Junie 2018: OPDRAG: 6.2.1 Die interne ouditeur is bekommerd dat die kredietkontroleur nie die debiteure effektief bestuur nie. • Voorsien twee voorbeelde uit die Ouderdomsontleding en haal syfers aan om jou antwoord te bewys. (4) • Gee TWEE voorstelle om die probleme wat geïdentifiseer is op te los. (4) 6.2.2 Indien H. Jacob R1 310 gedurende Julie 2018 betaal, wat sal sy uitstaande saldo op 31 Julie 2018 wees? (2) INLIGTING: A. DEBITEURE OUDERDOMSONTLEDING Totaal Agter- Debiteur Limiet 60 dae + 30 dae + Huidig verskuldig stallig H. Jacob R 10 000 R 15 310 R 9 800 R 1 200 R 1 000 R 3 310 W. Grey R 15 000 R 15 000 R 12 000 R 3 000 L. Conrad R 8 000 R 4 254 R 3 000 R 1 254 Totaal R 34 564 R 21 800 R 4 200 R 4 000 R 4 564 100% 63% 12% 12% 13% Kredietterme: Streng 30 dae vanaf datum op staat b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 24 10710 / 18 B ADDISIONELE INLIGTING: (i) Debiteure en verkope: • Daar word verwag dat debiteure hulle rekeninge soos volg sal vereffen: - 25% van debiteure sal hul rekeninge in die maand waarin die transaksie voorkom vereffen, ten einde ʼn 5% korting te ontvang. - 68% van alle debiteure sal hul rekeninge in die maand na die kredietverkope vereffen. (ii) Aankope van voorraad en winspersentasie: • Verkoopte voorraad word maandeliks vervang om sodoende ʼn vaste voorrraadvlak te handhaaf. • Goedere word soos volg aangekoop: 25% vir kontant en 75% op krediet. • Alle skuld ten opsigte van kredietaankope word in die daaropvolgende maand vereffen. (iii) Lone en Salarisse: • Die bestuurder sal ʼn 30% verhoging op sy huidige salaris, van R6 000 per maand, vanaf 1 Mei 2018 ontvang. • Die tien winkelassistente, wat elk dieselfde salaris verdien, sal vanaf 1 Mei 2018 elkeen ʼn R300 verhoging in hul maandelikse salaris verdien. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 25 10710 / 18 6.3 BTW 6.3.1 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer in jou ANTWOORDBOEK. (i) BTW is ʼn (direkte / indirekte) belasting. (ii) BTW op aankope van R35 400 sal die bedrag betaalbaar aan die SAID (vermeerder / verminder). (iii) BTW terugbetaalbaar deur die SAID is ʼn (bate / las). (3) 6.3.2 Die boekhouer van Cooper Bpk het die bedrag betaalbaar aan die SAID op R112 539 bereken. Die interne ouditeur het foute in die berekening gevind. OPDRAG: Bereken die korrekte bedrag betaalbaar aan die SAID. BTW word teen 15% gehef. INLIGTING: (i) BTW ten opsigte van huur betaal vir die perseel is nie in berekening gebring nie. Die bedrag vir huur beloop R15 525, BTW ingesluit. (ii) ʼn Bedrag van R22 500 BTW is betaal op ʼn voertuig aangekoop deur die maatskappy. Dit is per abuis as UITSET-BTW aangeteken. (iii) BTW ten bedrae van R7 500 is foutiewelik teen ʼn verkope van R50 000 aangeteken. Die verkope van R50 000 was onderhewig aan handelskorting van 8%. (7) 40 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all