PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 4 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3/v1-c8add7667fd054150e1b/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)

View all





Physical Sciences Grade 12 North West June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
North West June Exam 2024
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · Eng
- Paper 2Question paper · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Fisiese Wetenskappe/V2 2 NW/Junie 2024
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 3 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv.1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende verbindings behoort tot dieselfde homoloë
reeks as 'n ester?
A CH3COCH3
B CH3CH2CH2OH
C CH3COOCH3
D CH3CH2CHO (2)
1.2 Molekules met dieselfde molekulêre formules, maar verskillende soorte
kettings word ... genoem.
A posisionele isomere
B ketting isomere
C strukturele isomere
D funksionele isomere (2)
1.3 Oorweeg die reaksie wat hieronder voorgestel word.
CH3CH2CHBrCH3 + H2O CH3CH2CHOHCH3 + HBr
Watter EEN van die volgende gee die KORREKTE tipe reaksie wat
plaasvind en die reaksietoestande daarvan?
TIPE REAKSIE REAKSIE TOESTANDE
A Addisie Oormaat H2O + suur as katalisator
B Addisie Pt, Pd of Ni as katalisator
C Substitusie Verdunde sterk basis + matige hitte
D Substitusie Oortollige H2O + matige hitte (2)
1.4 Die aktiveringsenergie vir 'n sekere reaksie is 70 kJ.mol -1. Energie word
vrygestel wanneer hierdie reaksie plaasvind.
Watter EEN van die volgende is korrek vir die terugwaartse reaksie?
AKTIVERINGSENERGIE (EA) HITTE VAN REAKSIE (H)
A EA < 70 kJ.mol-1 H > 0
B EA < 70 kJ.mol-1 H < 0
C EA > 70 kJ.mol-1 H < 0
D EA > 70 kJ.mol-1 H > 0 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 4 NW/Junie 2024
Graad 12
1.5 Die volgende reaksie het ewewig bereik in 'n geslote houer by 'n temperatuur
van 359 K:
4NH3(g) + 5O2(g) ⇋ 4NO(g) + 6H2O(g) + energie
Watter EEN van die volgende sal die ewewigskonsentrasie van NH 3
verhoog?
A Voeg 'n katalisator by
B Verwyder NO(g) uit die houer
C Verhoog die volume van die houer
D Die temperatuur word verhoog tot 400 K (2)
1.6 Watter EEN van die volgende grafieke toon die massa van 'n katalisator
teenoor tyd vir die einde van ‘n chemiese reaksie aan?
A B
Massa (g) Massa (g)
Tyd (s) Tyd (s)
C D
Massa (g) Massa (g)
Tyd (s) Tyd (s) (2)
1.7 By 'n temperatuur van 150 °C word stowwe A(g) en B(s) in 'n geslote houer
geplaas. Die konsentrasie van A(g) is 0,0002 mol,dm-3 by ewewig.
Gelyke hoeveelhede P(g) en Q(g) word gevorm.
Die Kc - waarde = 0,123
Die ewewigskonsentrasies van P en Q sal wees ...
A 1,57 x 10 -2 mol.dm-3.
B 2,46 x 10 -4 mol.dm-3.
C 1,23 x 10 -4 mol.dm-3.
D 4,92 x 10 -4 mol.dm-3. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 5 NW/Junie 2024
Graad 12
1.8 Watter EEN van die volgende is 'n gekonjugeerde suur-basispaar in die
volgende reaksie?
CH3COOH + NH3 CH3COO- + NH4+
SUUR GEKONJUGEERDE BASIS
A NH3 NH4+
B CH3COO- NH4+
C CH3COOH NH3
D CH3COOH CH3COO- (2)
1.9 'n Swak suur HA dissosieer in ‘n waterige oplossing soos hieronder
getoon.
HA (aq) ⇋ H+(aq) + A-(aq) H = + 20 kJmol-1
Watter EEN van die volgende veranderinge sal lei tot 'n toename in die
[H+] van die oplossing?
A Byvoeging van 'n bietjie waterige natriumhidroksiedoplossing
B Verhoog die temperatuur van die oplossing
C Los 'n bietjie natriumsout, NaA, op in die oplossing
D Voeg 'n katalisator by die oplossing (2)
1.10 Watter EEN van die volgende oplossings het die HOOGSTE
pH - waarde?
A 0,1 mol·dm-3 Mg(OH)2
B 0,1 mol·dm-3 NH3
C 0,1 mol·dm-3 HCl
D 0,1 mol·dm-3 H2SO4 (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 6 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy)
Bestudeer die volgende organiese verbindings, voorgestel deur die letters
A tot I in die tabel hieronder:
A 2-metielpropaan
F
B Butaan
G
C C2H3Br H HC CH
H H O
D Butan-1-ol H C C O C H
I
H H
E Butan-2-ol
2.1 Skryf die letter(s) neer wat die volgende verteenwoordig:
2.1.1 Twee verbindings wat KETTING ISOMERE is (1)
2.1.2 'n PRIMÊRE alkohol (1)
2.1.3 'n Swak MONOPROTIESE SUUR (1)
2.2 Verbinding G is ‘n koolwaterstof.
2.2.1 Definieer die term koolwaterstof (2)
2.2.2 Is verbinding G VERSADIG of ONVERSADIG?
Gee ‘n rede vir jou antwoord. (3)
2.2.3 Skryf die IUPAC-naam van verbinding G neer (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 7 NW/Junie 2024
Graad 12
2.3 Skryf die NAAM neer van die homoloë reeks waaraan verbinding C
behoort. (2)
2.4 Verbinding I is die produk van 'n esterifikasie reaksie.
Skryf die volgende neer:
2.4.1 IUPAC-naam vir verbinding I (2)
2.4.2 STRUKTUUR FORMULE van die alkohol benodig vir die
produksie van verbinding I (2)
2.4.3 IUPAC-naam van die karboksielsuur benodig vir die produksie
van verbinding I (2)
2.5 Die tabel bevat verbindings wat funksionele isomere is.
2.5.1 Definieer die term funksionele isomere. (2)
2.5.2 Skryf die LETTERS neer van die twee verbindings wat
funksionele isomere is. (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 8 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Leerder voer 'n eksperiment uit om die kookpunte van organiese verbindings
wat tot verskillende homoloë reekse behoort, te vergelyk.
Butan-1-ol, butanoësuur en butanaal word gebruik.
Hy het die resultate in die tabel hieronder aangeteken:
Naam Kookpunt (0 C)
Verbinding A 76
Verbinding B 118
Verbinding C 164
3.1 Definieer die term dampdruk (2)
3.2 Vir hierdie eksperiment gee die:
3.2.1 Onafhanklike veranderlike (1)
3.2.2 Afhanklike veranderlike (1)
3.3 Sal die kookpunt van butan-1-ol HOËR of LAER wees as die kookpunt
van propan-1-ol? Verduidelik die antwoord deur na die
INTERMOLEKULÊRE KRAGTE te verwys. (3)
3.4 Skryf die STRUKTUUR FORMULE vir die FUNKSIONELE GROEP van:
3.4.1 Verbinding A (2)
3.4.2 Verbinding C (2)
3.5 Sal die dampdruk van butanaal LAER of HOËR wees as die dampdruk
van butan-1-ol? Verduidelik jou antwoord deur na die tipe
INTERMOLEKULÊRE KRAGTE en ENERGIE te verwys (4)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 9 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 4 (Begin op ‘n nuwe bladsy)
Beskou die volgende organiese reaksies I tot IV, wat die organiese verbindings
A tot E insluit.
UV lig
I A + Br2 B + HBr
II B + gekonsentreerde alkoholiese KOH → C + KBr + H2O
III
600 (0C)
Katalisator
IV
A C4H10 + E
4.1 Identifiseer die tipe reaksie wat plaasvind by:
4.1.1 Reaksie I (1)
4.1.2 Reaksie III (1)
4.1.3 Reaksie IV (1)
4.2 Skryf neer die IUPAC-naam vir verbinding D. (2)
4.3 Skryf die molekulêre formule vir elkeen van die volgende:
4.3.1 Verbinding A (2)
4.3.2 Verbinding E (2)
4.4 Gee die STRUKTUURFORMULE vir verbinding B (2)
4.5 Skryf die gebalanseerde chemiese vergelyking vir die volledige
verbranding van C4H10 deur MOLEKULÊRE FORMULES te gebruik. (3)
4.6 Vir reaksie II
4.6.1 Gee die STRUKTUUR FORMULE vir verbinding C (2)
4.6.2 Stel TWEE reaksie kondisies (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 10 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 5 (Begin op ‘n nuwe bladsy)
5.1 ‘n Groep leerders beskou die reaksie tussen waterstofchloried en
magnesium lint, om die faktore wat reaksietempo beïnvloed, te
ondersoek.
Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie word gegee:
Mg(s) + 2HCℓ (ag) MgCℓ2(ag) + H2(g)
Die waterstofchloried is in OORMAAT en dieselfde massa magnesium
word in ALLE eksperimente gebruik.
REAKSIE KONDISIES
EKSPERIMENT Toestand van
Konsentrasie Temperatuur verdeeldheid van
-3
HCℓ(ag)(mol.dm ) (0C) 0,24g
Magnesium
Voor Na
1 2 35 57 Poeier
2 2 30 48 Lint
3 2 20 33 Lint
4 1,5 30 45 Lint
5.1.1 Definieer die term tempo van reaksie. (2)
5.1.2 In watter eksperiment is die reaksie tempo die HOOGSTE?
Verduidelik jou antwoord. (3)
5.2 Die reaksie in Eksperiment 2 word vergelyk met die reaksie in
Eksperiment 4.
5.2.1 Skryf EEN kontrole veranderlike vir hierdie vergelyking. (1)
5.2.2 Hoe vergelyk die hoeveelheid waterstof gas geproduseer in
Eksperiment 2 met die hoeveelheid geproduseer in
Eksperiment 4, as dieselfde volume van suur gebruik word in
albei eksperimente?
Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of DIESELFDE neer.
Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
5.3 Gee ‘n rede hoekom dit as ‘n onregverdige toets beskou word om
Eksperiment 1 met Eksperiment 3 te vergelyk. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 11 NW/Junie 2024
Graad 12
5.4 Bereken die massa waterstofchloried wat in die fles oorbly nadat
Eksperiment 1 voltooiing bereik het, as die oorspronklike volume van die
waterstofchloried 80 cm3 was. (7)
5.5 Die Maxwell - Boltzman versspreidingskurwes genommer P, Q en R vir
die reaksies in eksperimente 1,2 en 3 word lukraak hieronder getoon:
5.5.1 Skryf die naam van die benoeming Y, op die verikale as. (1)
5.5.2 Watter kurwe (Q, P of R) verteenwoordig die resultate van
Eksperiment 3? (1)
5.5.3 Verduidelik die effek van TEMERATUUR op reaksietempo deur
die botsingsteorie te gebruik. (4)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 12 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 6 (Begin op ‘n nuwe bladsy)
Beskou die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking:
CH4(g) + 2O2(g) ⇌ CO2(g) + 2H2O(ℓ) Δ H = - 216,7 kJ·moℓ-1
Die grafiek hieronder toon die potensiëleenergie teenoor verloop van reaksie:
6.1 Definieer die term aktiveringsenergie. (2)
6.2 Is die reaksie Endotermies of Eksotermies? Gee ‘n rede vir die antwoord. (3)
6.3 Wat stel die volgende dele op die grafiek voor?
6.3.1 RP (1)
6.3.2 QP (1)
6.4 Bepaal deur BEREKENING die waarde van X. (3)
6.5 Watter uitwerking sal die byvoeging van ‘n geskikte katalisator tot die
reaksie op reaksietempo hê?
Kies uit VERHOOG, VERLAAG of GEEN . (1)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 13 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Oorweeg die reaksie wat deur die gebalanseerde vergelyking hieronder
voorgestel word.
4HCl(g) + O2(g) 2H2O(g) + 2Cl2(g) ∆H < 0
Aanvanklik is 1,5 mol HCl(g) en 2 mol O2(g) gemeng in 'n verseëlde 5 dm3 houer
met 18g H2O(g). Die reaksie het ewewig bereik ná 20 minute by 600 °C en
0,6 mol Cl2(g) was in die houer teenwoordig.
7.1 Definieer die term chemiese ewewig. (2)
7.2 Hoe vergelyk die tempo van voorwaartse reaksie met die tempo van die
terugwaartse reaksie na 10 minute?
Kies uit HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN. (1)
7.3 Bereken die waarde van Kc by 600 °C. (8)
7.4 Stel Le Chatelier se beginsel. (2)
7.5 Die volume van die houer word nou verminder tot 2,5 dm 3 terwyl die
temperatuur konstant gehou word.
Hoe sal elkeen van die volgende geraak word? Kies uit VERHOOG,
VERLAAG of BLY DIESELFDE.
7.5.1 Die waarde van Kc. (1)
7.5.2 Die massa Cl2(g) in die houer. (1)
7.6 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 7.5.2 deur na Le Chatelier se
beginsel te verwys. (2)
7.7 Die temperatuur van die houer word nou verhoog en ewewig word weer
vasgestel.
7.7.1 Hoe vergelyk die nuwe waarde van Kc by hierdie temperatuur
met die een wat by 600 °C verkry is? Kies uit HOËR AS,
LAER AS of GELYK AAN. (1)
7.7.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.7.1 deur na Le Chatelier
se beginsel te verwys. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 14 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Groep leerders gebruik 35 cm3 standaardoplossing van 0,1 mol.dm-3
natriumhidroksied-oplossing om 'n oksaalsuur-oplossing met volume 40 cm3 te
standaardiseer. By die eindpunt bly 12 cm3 van die natriumhidroksied
ongereageer.
8.1 Definieer 'n standaardoplossing. (2)
Die netto ioniese vergelyking word hieronder gegee:
C2H2O4 + 2OH- ⇌ C2O42- + 2H2O
8.2 Identifiseer die gekonjugeerde suur-basispare. (4)
8.3 Is oksaalsuur 'n swak of 'n sterk suur? Verduidelik die antwoord. (3)
8.4 H2CO3 ondergaan ionisering in TWEE stappe soos hieronder getoon:
I H2CO3 + H2O ⇌ HCO3- +H3O+
II HCO3- + H2O ⇌ X + H3O+
8.4.1 Identifiseer die verbinding wat as die amfoliet optree. (2)
8.4.2 Skryf die formule neer van die verbinding(s) wat deur X in reaksie
II voorgestel word. (2)
8.5 ‘n Swaelsuur oplossing word voorberei deur 5,25 g H2SO4 op te los in
250 cm3 water.
Bereken die volgende:
8.5.1 Die aantal mol swaelsuur in die oorspronklike standard oplossing (4)
8.5.2 pH van die oplossing (5)
[22]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2 1 NW/Junie 2024
Graad 12
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Standard pressure
Standaarddruk
p 1,013 x 105 Pa
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
Standaardtemperatuur T 273 K
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op electron
Avogadro's constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m N
n n
M NA
n m V
c or/of c n
V MV Vm
c a v a na
pH = -log[H3O+]
c b v b nb
Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K
Eθcell Eθcathode Eθanode / Eθsel Ekatode
θ
Eθanode
or/of
Eθcell Ereduction
θ
Eθoxidation / Eθsel Ereduksie
θ
Eθoksidasie
or/of
E θcell E θoxidising agent Ereducing
θ
agent / Esel Eoksideermi ddel Ereduseermi ddel
θ θ θ
𝑄 𝑄
n=𝑒 n=𝑞
𝑒
q = I∆t
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 2 NW/Junie 2024
Graad 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 3 NW/Junie 2024
Graad 12
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn + 4H2O
2+
+ 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
Increasing strength of reducing agents/Toenemende sterkte van reduseermiddels
Increasing strength of oxidising agents/Toenemende sterkte van oksideermiddels
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
2+
Fe3+ + e ⇌ Fe + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + e ⇌ Cu +
+ 0,16
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
oksiderende vermoë
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92
K+ + e ⇌ K 2,93
Li+ + e ⇌ Li 3,05
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 4 NW/Junie 2024
Graad 12
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies
Eθ (V)
Li+ + e ⇌ Li 3,05
K+ + e ⇌ K 2,93
Cs+ + e ⇌ Cs 2,92
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Increasing strength of oxidising agents/Toenemende sterkte van oksideermiddels Increasing strength of reducing agents/Toenemende sterkte van reduseermiddels
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
+ ⇌ Ag + 0,80
Ag + e
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2+
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn + 4H2O + 1,51
H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O +1,77
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3/v1-c8add7667fd054150e1b/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper