Skip to content

Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paperTechnical SciencesGrade 12202023 pages

Grade 12 Technical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 TEGNIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 11102 TYD: 3 uur PUNTE: 150 20 bladsye + 3 inligtingsblaaie b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 2 (Vraestel 2) 11102/20 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam in die spasie op die ANTWOORDBOEK.. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Skryf netjies en leesbaar. 7. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 8. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 9. Jy word aangeraai om die aangehegte inligtingsblaaie te gebruik. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale 11. plekke af. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 12. b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 3 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1 Tot watter funksionele groep behoort metieletanoaat? A Esters B Alkohole C Aldehiede D Karbolsielsure (2) 1.2 Watter van die vier organiese verbindings hieronder behoort tot ʼn karbonielgroep? A Pentaan B Pentanol C Pentanoon D Pentanoësuur (2) 1.3 Watter van die onderstaande, lys die intermoluklere kragte wat oorkom moet word, van laagste na hoogste kookpunt? A Van der Waals, dipool-dipool, enkel waterstof, dubbel waterstof B Dubbel waterstof, enkel waterstof, dipool-dipool, Van der Waals C Enkel waterstof, dubbel waterstof, dipool-dipool, Van der Waals D Dipool-dipool, Van der Waals, enkel waterstof, dubbel waterstof (2) b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 4 (Vraestel 2) 11102/20 1.4 Die struktuurformule vir P, in die onderstaande vloeidiagram is … A B C D (2) b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 5 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 1.5 tot 1.7 verwys na die onderstaande diagram vir die suiwering van koper. Onsuiwerhede 1.5 Die korrekte stelling aangaande die sel hierbo voorgestel is: A Dit is ʼn elektrolitiese sel en elektrode B is die katode. B Dit is ʼn elektrolitiese sel en elektrode A is die anode. C Dit is ʼn galvaniese sel en elektrode A is die katode. D Dit is ʼn galvaniese sel en elektrode B is die anode. (2) 1.6 Watter van die volgende stellings is korrek vir hierdie proses? A Cu is geoksideer na koperione by B. B Cu is gereduseer na koperione by B. C Cu2+ ione is gereduseer na koper by B. D Cu2+ ione is geoksideer na koper by A. (2) 1.7 Die mees gepaste elektroliet om in hierdie reaksie te gebruik is … A Sinksulfaat. B Kopersulfaat. C Magnesiumsulfaat. D Aluminiumsulfaat. (2) b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 6 (Vraestel 2) 11102/20 1.8 Watter van die volgende is WAAR wanneer ligstrale vanaf ʼn oppervlakte weerkaats word? I. By plat oppervlaktes is die invalshoek gelyk aan die hoek van weerkaatsing. II. Die hoek gemeet tussen die oppervlakte en die straal is dieselfde grootte as die weerkaatsingshoek. III. Die invalshoek word bepaal deur die hoek met die oppervlakte af te trek van die hoek tussen die oppervlakte en die normaal. A I en II B I en III C II slegs D I slegs (2) 1.9 Wanneer ʼn straal wit lig op ʼn driehoekige glasprisma geskyn word, sprei dit die uit in sewe kleure van die spektrum. Watter kleur van die sigbare spektrum het die kleinste brekingshoek? A Rooi B Groen C Violet D Oranje (2) 1.10 Watter van die volgende alternatiewe energiebronne word die meeste in Suid- Afrika gebruik? A Biodiesel B Hidro-energie C Kernenergie D Fotovoltaïse sel (2) [20] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 7 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die letters A tot F in die tabel hieronder stel ses organiese verbindings voor. Gebruik hierdie verbindings om die volgende vrae te beantwoord. A B C D Metanaal E F b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 8 (Vraestel 2) 11102/20 2.1 Definieer die term funksionele groep. (2) 2.2 Skryf die letter(s) neer wat organiese molekule voorstel wat ʼn …..is. 2.2.1 alkene (1) 2.2.2 aldehiede (1) 2.3 Skryf die IUPAC name van organiese molekule neer wat voorgestel word deur die volgende letters: 2.3.1 B (2) 2.3.2 C (2) 2.3.3 E (2) 2.4 Skryf neer die: 2.4.1 Struktuurformule vir verbinding D. (2) 2.4.2 Algemene formule vir verbinding A. (2) 2.5 Tot watter homoloë reeks behoort die volgende organiese molekule? 2.5.1 B (1) 2.5.2 F (1) 2.6 Baie van die plastiek wat in die alledaagse lewe asook in die industrie gebruik word, bestaan uit lang kettings van monomere. Definieer ʼn monomeer. (2) [18] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 9 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Wanneer ʼn vloeistof verdamp, veroorsaak die dampe op die oppervlak van die vloeistof ʼn dampdruk. Dampdruk wissel met vloeistof temperature. ʼn Vloeistof se kookpunt sal verander as atmosferiese druk verander. Die grafiek hieronder illustreer die verwantskap tussen dampdruk en temperatuur vir TWEE organiese verbindings wat tot die alkane behoort. Kookpunt 36.1 °C Kookpunt 68.7 °C Dampdruk/mmHg Pentaan (C5H12) Heksaan (C6H14) Temperatuur (°C) 3.1 Definieer die term dampdruk. (2) 3.2 Skryf neer die tipe intermolekulêre kragte tussen die organiese molekule genoem in die bostaande grafiek. (1) 3.3 Verduidelik die neiging/tendens in kookpunte van die twee organiese molekule op die grafiek aangetoon. (3) 3.4 Verduidelik die verwantskap tussen dampdruk en kookpunt in die bostaande grafiek. (2) b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 10 (Vraestel 2) 11102/20 3.5 Die foto hieronder illustreer dat dit makliker is om water in ʼn houer te gooi as stroop. 3.5.1 Watter eienskap van die twee vloeistowwe is verantwoordelik vir die wyse waarop dit in die houer vloei? (1) 3.5.2 Verduidelik die verskil tussen die vloei van water en van stroop in die houers. (3) [12] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 11 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 4.1 Etyn is die gas wat in oksiasetileen blaasvlamme gebruik word tydens die sny en sweis van metale. Skryf die gebalanseerde vergelyking vir die bogenoemde reaksie in voldoende suurstof neer. (3) 4.2 Verbinding 1 is ʼn alkeen, en kan addisiereaksies ondergaan wat oral in die industrie gebruik word. Die vloeidiagram hieronder toon die verskillende addisie reaksies van VERBINDING 1. Primêre Alkohol Compound 3 Reaksie A Reaksie B Compound 1 Reaksie D Reaksie C 1,2-dibromopropaan Verbinding 4 Skryf die IUPAC name neer vir organiese molekule wat voorgestel word deur: 4.2.1 Verbinding 3 (2) 4.2.2 Verbinding 4 (2) b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 12 (Vraestel 2) 11102/20 4.3 Skryf die NAME neer van addisie reaksies voorgestel deur … 4.3.1 Reaksie A. (1) 4.3.2 Reaksie B. (1) 4.3.3 Reaksie C. (1) 4.3.4 Reaksie D. (1) 4.4 Gebruik struktuurformules om voor te stel: 4.4.1 Reaksie B vorm die primêre alkohol. (3) 4.4.2 Reaksie C vorm 1,2-dibromopropaan. (3) [17] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 13 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die diagram hieronder illustreer hoe ʼn waterstofbrandstofsel elektriese energie deur ʼn chemiese reaksie genereer, soortgelyk aan ʼn galvaniese sel. Waterstof is geoksideer tot protone by die anode en suurstof is gereduseer, en reageer om water te vorm. Soliede Elektroliet Oormaat uit en hitte uit Katalisator Katalisator 5.1 Watter energie omskakeling vind plaas in die brandstofsel in die diagram hierbo? (2) 5.2 By watter elektrode, A of B vind oksidasie plaas? (1) 5.3 Watter stof in die sel in die bostaande diagram is die reduseermiddel? (2) 5.4 Skryf die volgende reaksies vir die sel in die bostaande diagram neer. 5.4.1 Reduksie halfreaksie (2) 5.4.2 Totale netto selreaksie (3) 5.4.3 Bereken die Emk van die sel in bostaande diagram. (4) 5.5 Noem DRIE standaard toestande vir ʼn galvaniese sel. (3) [17] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 14 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Vir goudplatering word ʼn elektrolitiese sel gebruik. ʼn Metaalvoorwerp word met ʼn dun lagie goud bedek. ʼn Groep tegniese wetenskaplikes koop ʼn basiese eksperimentstel om ʼn metaallepel te elektroplateer, wat die volgende items bevat. Verbindings drade ʼn Goud elektroliet ʼn Goud elektrode ʼn Metaallepel ʼn Elektriese kragbron ʼn Skakelaar 6.1 Definieer die term elektrolitiese sel. (2) 6.2 Die sukses van die eksperiment word bepaal deur die korrekte koppeling van die goud elektrode en die metaallepel. 6.2.1 Teken ʼn volledig-benoemde skets om ʼn elektrolitiese sel op te stel sodat goudplatering op ʼn metaallepel gedoen kan word. Toon ook die positiewe en negatiewe terminale van die kragbron aan. (6) 6.2.2 Is goudplatering ʼn spontane of nie-spontane reaksie? (1) 6.2.3 Verduidelik die antwoord in VRAAG 6.2.2. (2) 6.2.4 Watter elektrode is die anode? Skryf slegs METAALLEPEL/GOUD ELEKTRODE. (1) 6.2.5 Verduidelik kortliks hoe die goud op die metaallepel geëlektroplateer word. (2) 6.2.6 Gee TWEE redes waarom goudplatering vir juwele produksie aanbeveel word. (2) b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 15 (Vraestel 2) 11102/20 6.3 As gevolg van uitdagings in die ekonomie asook hoë petrol- en dieselpryse, is die produksie van motors met ʼn brandstofsel as kragbron ʼn moontlike alternatiewe uitweg. ʼn Voorbeeld van so ʼn motor word in die foto hieronder getoon. In brandstofselle is water en elektrisiteit die enigste twee produkte wat gebruik word. Noem ten minste TWEE voordele vir die gebruik van ʼn brandstofsel motor, soos hierbo aangetoon. (2) [18] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 16 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Twee ligstrale vanaf ʼn plat spieël weerkaats na ʼn waarnemer se oog, soos in die diagram hieronder. Die geweerkaatste strale gehoorsaam die wet van weerkaatsing. Plat spieël 7.1 Gee die wet van weerkaatsing. (2) 7.2 Skryf DRIE eienskappe van die beeld neer. (3) 7.3 Is die beeld werklik of virtueel? (1) 7.4 Lig kan ook totale interne weerkaatsing ondergaan. 7.4.1 Skryf TWEE voorwaardes neer vir totale interne weerkaatsing. (2) 7.4.2 Noem TWEE optiese instrumente waar totale interne weerkaatsing gebruik word. (2) 7.4.3 Teken ʼn benoemde diagram wat totale interne weerkaatsing voorstel. (5) [15] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 17 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 8.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 8.1.1 Watter verskynsel verklaar die verskil in die beeld van die potlood wat waargeneem word in die water. (1) 8.1.2 Verduidelik waarom die beeld wat in glas A waargeneem word verskil van die beeld in glas B waargeneem. (4) 8.2 Wanneer ʼn ligstraal deur ʼn driehoekige glasprisma beweeg, sprei die lig in sewe (7) kleure uit. 8.2.1 Skryf die naam van die verskynsel neer wanneer wit lig opbreek in die sewe samestellende kleure. (1) 8.2.2 Definieer die verskynsel in 8.2.1. (2) 8.2.3 Skryf die sewe samestellende kleure in volgorde van toenemende frekwensie neer. (7) [15] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 18 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Na die ouderdom van 40 vind die meeste mense dit moeilik om naby voorwerpe te sien. Om dit reg te stel, beveel dokters ʼn bril aan met lense wat naby voorwerpe kan waarneem. 9.1 Skryf die name van TWEE tipes lense neer. (2) 9.2 Skryf die NAAM van die oogkondisie neer wanneer ʼn persoon nie naby voorwerpe kan sien nie. (1) 9.3 Watter tipe lens kan gebruik word om die kondisie genoem in VRAAG 9.2 reg te stel? (1) 9.4 Skryf die NAAM van die oogkondisie neer wat die teenoorgestelde is as die wat genoem is in VRAAG 9.2. (1) 9.5 Watter tipe lens kan gebruik word om die kondisie genoem in VRAAG 9.4 reg te stel? (1) [6] b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 19 (Vraestel 2) 11102/20 VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 10.1 Definieer elektromagnetiese golwe. (2) 10.2 Identifiseer die TIPES elektromagnetiese golwe geassosieer met die gebruike in die tabel hieronder. (3) A Vroeë opsporing van kanker en dementia B Identifisering van vals banknote b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE 20 (Vraestel 2) 11102/20 C Opsporing van gebreekte bene 10.3 Die vergelyking E = hf word gebruik om energie van ʼn foton te bereken. 10.3.1 Definieer die term foton. (2) 10.3.2 Bereken die energie van lig met ʼn golflengte van 4,06 x 10-11 m. (5) [12] TOTAAL: 150 EINDE
TEGNIESE WETENSKAPPE 21 (Vraestel 2) 11102/20 DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 TABLE 1 / TABEL 1: PHYSICAL CONSTANTS / FISIESE KONSTANTES PHYSICAL CONSTANTS / FISIESE KONSTANTES CONSTANT / KONSTANTE SYMBOL / SIMBOOL VALUE / WAARDE Standard pressure Standaarddruk pƟ 1,01 x 10 Pa 5 Standard temperature Standaard temperatuur TƟ 298 K/25 0C Speed of light Spoed van lig c 3 x 108 m.s-1 Planck's constant Planck se konstante h 6,63 x 10-34 J.s TABLE 2 / TABEL 2: WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG 1 𝑣 = 𝑓𝜆 T= 𝑓 𝑐 E = hf or / of E = h 𝜆 TABLE 3 / TABEL 3: ELECTROCHEMISTRY / ELEKTROCHEMIE Emf / Emk Eθcell = Eθcathode − Eθanode / Eθsel = Ekatode θ − Eθanode or / of Eθcell = Ereduction θ − Eθoxidation / Eθsel = Ereduksie θ − Eθoksidasie or / of Eθcell = Eθoxidisingagent − Ereducing θ agent / Esel = Eoksideermiddel − Ereduseermiddel θ θ θ
TEGNIESE WETENSKAPPE 22 (Vraestel 2) 11102/20 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V) − ⇌ − + 2,87 F2(g) + 2e 2F Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 H2O2 + 2H+ +2e− ⇌ 2H2O +1,77 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 − − Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 2+ − ⇌ Pt + 1,20 Pt + 2e Br2(ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07 NO 3− + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 Increasing oxidising ability / Toenemende oksiderende vermoë Ag+ + e− ⇌ Increasing reducing ability / Toenemende reduserende vermoë Ag + 0,80 − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 Na+ + e− ⇌ Na − 2,71 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92 K+ + e− ⇌ K − 2,93 Li+ + e− ⇌ Li − 3,05
TEGNIESE WETENSKAPPE 23 (Vraestel 2) 11102/20 TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE Eθ (V) Half-reactions/Halfreaksies Li+ + e− ⇌ Li − 3,05 K+ + e− ⇌ K − 2,93 Cs+ + e− ⇌ Cs − 2,92 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Sr2+ + 2e− − 2,89 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë ⇌ Sr Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Na+ + e− ⇌ Na − 2,71 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45 Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 NO 3− + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80 Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 − NO 3 + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 − − Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07 Pt2+ + 2 e− ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 − − Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 H2O2 + 2H+ +2 e− ⇌ 2H2O +1,77 Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87

Study this subject

More from Grade 12 Technical Sciences

View all