VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
11102
TEGNIESE WETENSKAPPE
(VRAESTEL 2)
TYD: 1,5 uur
PUNTE: 75
10 bladsy en 4 inligtingsblaaie
b.o.
Skip to contentAll 2025 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d52384-7857-495c-a182-6450e3423ff0/v1-f3b3669a3c7bc5124aac/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5990a000-e97b-4403-abaf-73b0a269a563/v1-500df9f82898af943ad8/card.webp)
%202025%20Possible%20Answers--c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2/v1-62e3199d42cbe4f24854/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--615b9e69-8efb-48b4-a357-d0f6b46a469f/v1-1c6f1946c1187ea6f983/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a/v1-a2c3a007cd129d3dfa4d/card.webp)

View all




%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)
Grade 12 Technical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Technical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng Mock Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
TEGNIESE WETENSKAPPE
2
(VRAESTEL 2) 11102/25
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam en graad op die ANTWOORDBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy word aangeraai om die aangehegte INLIGTINGSBLAAIE te gebruik.
8. Toon ALLE formules en invervanging by AL die berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
3
(VRAESTEL 2) 11102/25
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.6 D.
1.1 Watter van die volgende verbindings het funksionele isomere?
(2)
1.2 Bestudeer die volgende struktuurformule van die verbinding hieronder en
identifiseer die tipe intermolekulêre kragte tussen die molekules.
A Slegs waterstofbindings
B Londen kragte en dipool-dipool kragte
C Londen kragte en waterstofbindings
D Slegs dipool-dipool kragte (2)
1.3 Tydens die polimerisasie proses word sagte en harde plastieke geskep.
Watter faktor beïnvloed NIE die sagtheid en hardheid van hierdie plastieke
NIE?
A Temperatuur
B Kettinglengte van die polimeer
C Druk
D Konsentrasie (2)
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
4
(VRAESTEL 2) 11102/25
1.4 'n Reduseermiddel is:
A 'n Stof wat elektrone kry en reduksie ondergaan
B 'n Stof wat elektrone verloor en oksidasie ondergaan
C 'n Stof wat elektrone kry en oksidasie ondergaan
D 'n Stof wat elektrone verloor en reduksie ondergaan (2)
1.5 Identifiseer die korrekte manier om die selnotasie van 'n Mg-Fe galvaniese sel
te skryf.
A Mg(s) / Mg2+ (101,3 kPa) // Fe2+(1 mol.dm–3) / Fe(s)
B Fe(s) / Fe2+ (1 mol.dm–3) // Mg2+(1 mol.dm–3) / Mg(s)
C Fe(s) / Fe2+ (1 mol.dm–3) // Mg2+(101,3 kPa) / Mg(s)
D Mg(s) / Mg2+ (1 mol.dm–3) // Fe2+(1 mol.dm–3) / Fe(s) (2)
[10]
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Bestudeer die organiese verbindings wat deur die letters A tot F hieronder voorgestel
word en beantwoord die vrae wat volg.
A But-1-een B
C D
E Butanoësuur F 𝐶𝐻 𝐶𝐻𝐶𝐻𝐶𝐻
2.1 Definieer die term funksionele groep. (2)
2.2 Skryf die:
2.2.1 Letter van die verbinding wat sterk waterstofbindings het (1)
2.2.2 HOMOLOË REEKS waaraan verbinding D behoort (1)
2.2.3 NAAM van die FUNKSIONELE GROEP van verbinding C (1)
2.2.4 IUPAC-NAAM van verbinding B (2)
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
5
(VRAESTEL 2) 11102/25
2.3 Bestudeer verbindings C, D en F.
2.3.1 Teken die struktuurformule van verbinding F. (2)
2.3.2 Skryf die gekondenseerde formule van verbinding D neer. (1)
2.3.3 Skryf die molekulêre formule van verbinding C neer. (1)
2.4 Definieer die term strukturele isomeer. (2)
2.5 Identifiseer die spesifieke TIPE strukturele isomeer wat deur die volgende
verbindings geïllustreer word:
2.5.1 A en F (1)
2.5.2 B en E (1)
[15]
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
ʼn Leerder het monsters van propaan en propan-2-ol in ʼn laboratorium voorberei.
Gedurende die proses is die etikette van die twee monsters verloor. Albei oplossings is
kleurloos. Die leerder het toe besluit om die monsters te identifiseer deur die tyd te neem
wat dit vir elke monster vat om te begin kook. Die resultate is in die volgende tabel
getabuleer:
Monster Tyd wat dit geneem het om te kook (s)
A 67
B 21
3.1 Definieer die term kookpunt. (2)
3.2 Skryf die naam neer van die instrument wat deur die leerder gebruik word om die
tyd te meet wat dit geneem het vir die monsters om te begin kook. (1)
3.3 Watter monster, A of B, is propan-2-ol? (1)
3.4 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3 deur te verwys na die TIPE
INTERMOLEKULÊRE KRAGTE, STERKTE VAN DIE INTERMOLEKULÊRE
KRAGTE en die ENERGIE. (3)
3.5 Toe die leerder die eksperiment uitgevoer het om te kyk hoe lank dit neem vir elke
monster om te kook, is daar gevind dat dit langer geneem het om druppels propan-
2-ol met die gegradueerde pipet in ʼn proefbuis te gooi as om druppels propaan in
te gooi. Verduidelik hierdie bevinding deur na VISKOSITEIT te verwys. (3)
[10]
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
6
(VRAESTEL 2) 11102/25
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder wys hoe ETEEN in ander organiese verbindings omgeskakel kan
word. Die letters A, B, C, D en E verteenwoordig verskillende organiese reaksies.
Verbinding Y Polimeer Z
Alkaan
4.1 Bestudeer reaksie D. Skryf neer die:
4.1.1 TIPE reaksie (1)
4.1.2 MOLEKULÊRE FORMULE van die ander REAKTANT wat benodig word (1)
4.1.3 Gebalanseerde vergelyking met behulp van MOLEKULÊRE
FORMULES, wanneer die PRODUK volledige verbranding ondergaan (3)
4.2 Vir reaksie B, skryf neer:
4.2.1 Die IUPAC-naam van die produk wat gevorm het (2)
4.2.2 'n Reaksietoestand vir die reaksie (1)
4.3 Vir reaksie C, skryf die:
4.3.1 NAAM van die ander REAKTANT wat benodig word (1)
4.3.2 NAAM van die spesifieke tipe reaksie (1)
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
7
(VRAESTEL 2) 11102/25
4.4 Reaksie A vorm 'n polimeer as 'n produk.
4.4.1 Definieer die term polimerisasie. (2)
4.4.2 Identifiseer of die monomeer wat nodig is vir reaksie A om plaas te vind,
VERSADIG of ONVERSADIG is. (1)
4.4.3 Gee EEN alledaagse toepassing vir die PRODUK (plastiek) wat tydens
hierdie reaksie gevorm word. (1)
4.5 Die volgende diagram toon 'n diode (p-n voegvlak) wat aan 'n eksterne kragbron
gekoppel is.
4.5.1 Vervang die p-n voegvlak deur SLEGS die KORREKTE SIMBOOL vir
die diode te teken. (1)
4.5.2 Watter TIPE spanning word geskep wanneer die eksterne kragbron
gekoppel word soos in die diagram getoon? Skryf slegs MEEVOOR of
TEENVOOR. (1)
4.5.3 Gee EEN rede waarom diodes belangrik is in ons daaglikse lewe? (1)
[17]
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
8
(VRAESTEL 2) 11102/25
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder verteenwoordig 'n ELEKTROLITIESE SEL vir die ontbinding van
koper(II)chloried. Simbool X verteenwoordig 'n komponent van die elektrolitiese sel.
Wanneer die sel in werking is, word katione (positiewe ione) na elektrode A aangetrek.
Elektrode A Elektrode B
5.1 Definieer die term oksidasie. (2)
5.2 Bestudeer elektrode B.
5.2.1 Watter WAARNEMING sal by hierdie elektrode gemaak word? (1)
5.2.2 Skryf die halfreaksie neer wat by hierdie elektrode plaasvind. (2)
5.3 Bestudeer elektrode A.
5.3.1 Identifiseer of hierdie elektrode aan die positiewe of negatiewe
terminaal van komponent X gekoppel is. Skryf slegs POSITIEF of
NEGATIEF. (1)
5.3.2 Gee EEN alledaagse toepassing van die PRODUK wat op hierdie
elektrode gevorm word. (1)
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
9
(VRAESTEL 2) 11102/25
Die graad 12-leerders het 'n eksperiment gedoen waar hulle probeer het om 'n sleutel
met koper te bedek. Hulle het die eksperiment opgestel soos in die diagram hieronder
getoon.
skakelaar
𝐶𝑢 elektrode
sleutel
Oplossing wat 𝐶𝑢 bevat
5.4 Verduidelik, deur OOK na die diagram te verwys, waarom die sleutel NIE met
koper bedek sal word NIE. (3)
Die skakelaar is nou TOE in die stroombaan.
5.5 Skryf die NAAM van die proses wanneer die sleutel met koper bedek word. (1)
5.6 Identifiseer of die sleutel tydens hierdie reaksie as die ANODE of KATODE sal
optree. (1)
5.7 Gee 'n rede waarom die leerders die sleutel met koper wil bedek. (1)
[13]
b.o.
TEGNIESE WETENSKAPPE
10
(VRAESTEL 2) 11102/25
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Standaard elektrochemiese sel word opgestel met behulp van 'n standaard koper-
halfsel en 'n standaard 𝑋/𝑋 halfsel soos hieronder getoon. 'n Voltmeter wat oor die sel
gekoppel is, het 2,7 V geregistreer.
Katode Anode
6.1 Definieer die term galvaniese sel. (2)
6.2 Skryf die NAAM van die komponent gemerk Q. (1)
6.3 Identifiseer vir die elektrochemiese sel hierbo, EEN standaardtoestand vir hierdie
sel BEHALWE vir die konsentrasie. (1)
6.4 Bepaal, deur die gebruik van BEREKENINGE, waaruit element elektrode X gemaak
is. (5)
6.5 Identifiseer die rigting waarin die ELEKTRONE sal vloei. Skryf slegs LINKS NA
REGS of REGS NA LINKS. (1)
[10]
TOTAAL: 75
EINDE
TEGNIESE WETENSKAPPE
1
(VRAESTEL 2) 11102/25
TEGNIESE WETENSKAPPE
2
(VRAESTEL 2) 11102/25
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atomic number/
KEY/SLEUTEL Atoomgetal
1 2
2,1 H He
1 29 4
Electro negativity/ Symbol/
3 4 1,9 Cu 5 6 7 8 9 10
Li Be Elektronegatiwiteit Simbool B C N O F Ne
1,0 1,5 63,5 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
Na Mg
Approximate relative atomic mass/ Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9 1,2 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn
0,7 0,9 1,6 1,8 1,8 1,9 2,0 2,5
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac
226
58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
TEGNIESE WETENSKAPPE 3
(VRAESTEL 2) 11102/25
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies E θ (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
+ 1,36
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
Pt + 1,20
Pt + 2e
2+ ⇌
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
NO 3 + 4H+ + 3e NO(g) + 2H2O + 0,96
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
⇌
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92
K+ + e ⇌ K 2,93
Li+ + e ⇌ Li 3,05
TEGNIESE WETENSKAPPE 4
(VRAESTEL 2) 11102/25
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies E θ (V)
Li+ + e ⇌ Li 3,05
K+ + e ⇌ K 2,93
Cs+ + e ⇌ Cs 2,92
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3 + 2H+ + e
⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3 + 4H+ + 3e
⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
+ 1,36
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O +1,77
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d52384-7857-495c-a182-6450e3423ff0/v1-f3b3669a3c7bc5124aac/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5990a000-e97b-4403-abaf-73b0a269a563/v1-500df9f82898af943ad8/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%202025%20Possible%20Answers--c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2/v1-62e3199d42cbe4f24854/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afr)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--615b9e69-8efb-48b4-a357-d0f6b46a469f/v1-1c6f1946c1187ea6f983/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a/v1-a2c3a007cd129d3dfa4d/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP
More from Grade 12 Technical Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Errata
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Errata

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Memorandum