Skip to content

Afrikaans FAL Grade 7 June 2021 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 720216 pages

Grade 7 Afrikaans FAL question paper from the June Exam 2021, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

June Exam 2021

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Bedfordview Primary School Graad 7 Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kwartaal 2 Toets Naam: Graad 7: A B C D Taak: 5 Eksaminator: Mej. M. Kirkby Datum: 24 Junie 2021 Moderator: Mev. S. Reyneke Tyd: 90 min 1 2 3 4 5 6 7 % 0 – 29% 30 – 39% 40 – 49% 50 – 59% 60 – 69% 70 – 79% 80 – 100% 60 INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae en 6 bladsye: Vraag 1: BEGRIPSLEES (20) Vraag 2: OPSOMMING (10) Vraag 3: VISUELE GELETTERDHEID (10) Vraag 4: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20) 2. Lees al jou instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord al die vrae. 4. Begin elke vraag op ‘n nuwe bladsy. 5. Nommer jou vrae korrek soos op die vraestel. 6. Nommer aan die kant van die bladsy. 7. Let op na spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Ekstra 10 minute leestyd sal gegee word. 10. Beantwoord op die papier wat voorsien is. 11. Dink voor jy ink. ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ Vraag 1: BEGRIPSLEES (20) Lees die volgende teks deur en beantwoorde die vrae wat volg. Wat kry ons op die Maan? Die ruimtetuig beweeg stadig af na die Maan se oppervlak, en blaas 'n groot stofwolk op. Daar is geen lug op die Maan nie, en dus val die stof vinnig terug na die maanoppervlak. Ons trek ons ruimtepakke aan. Ons dra lugtenks sodat ons kan asemhaal, radios om met mekaar te kommunikeer en spesiale glashelms om ons oë teen die Son te beskerm. 'n Ruimtevaarder loop in sy ruimtepak op die Maan.Die grond onder ons voete bestaan uit grys sand, stof en klein klippe. Die kraters wat ons sien is groot gate in die oppervlak van die Maan. Rotse wat baie vinnig deur die Ruimte beweeg tref partymaal die Maan. Waar hierdie rotse met die Maan bots, maak hulle groot gate omring deur 'n kring sand en rots. Die lug is swart, nie blou nie. Ons kan die sterre en die Son gelyk sien. Die Son is baie helder, baie helderder as op Aarde, en ons is bly dat ons beskermende glas in ons helms het. 1 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT
Soos ons op die maan rondloop, is die grondtemperatuur warmer as kookwater, maar as ons in die skaduwee van 'n groot rots of die ruimtetuig staan, is die temperatuur baie kouer as ys. Die temperatuur is so veranderlik omdat die Maan geen lug het nie. Op Aarde verhoed lug dat die aardoppervlak te warm of koud raak. Bron:www.thunderboltkids.co.za Lees die volgende teks deur en beantwoord die vrae wat volg. Neil Armstrong (1930-2012) – Eerste mens op de maan Neil Armstrong, die ruimtevaarder wat in 1969 die eerste mens was wat ooit op die maan gesit het, is Saterdag in die ouderdom van 82 oorlede. Amerikaanse media het dit aangekondig. Die Amerikaanse president Obama het in reaksie daarop die ruimtevaarder een van die grootste helde van die land ooit genoem. Niel Alden Armstrong was Augustus in Wapakoneta, ‘n stad in Ohio, VSA gebore. Hierdie stad huis van vandag af die Armstrong Air and Space Museum. In 1949 word Armstrong ‘n vegvlieënier in die vloot. Hy het onder meer in die Koreaanse oorlog gedien. Die eerste voetspoor op die maan na die oorlog het hy lugvaarttegnologie gaan studeer by NACA, later NASA, en in 1962 die eerste burgerlike ruimtevaarder geword. Vier jaar later was hy bevelvoerder van die Tweeling 8. Tydens hierdie sending is die eerste skakel tussen twee ruimtetuie gemaak. Bron:www.historiek.net Wat kry ons op die Maan? Beantwoord die volgende vrae: 1.1. Vul die spasies in: Die grond van die maan se temperatuur word vergelyk met _______ maar wanneer jy in die skaduwee staan is die so koud soos ________. (2) 1.2. Waarom val die stof vinnig terug na die maan se oppervlakte? (1) 1.3. Verduidelik hoe die Son lyk van die maan af. (1) 1.4. Wat is die kleur van die lug wanneer jy op die maan staan? (1) 1.5. Sê of die stelling waar of onwaar is. Jy kan die Son en sterre dieselfde tyd sien as jy op die maan staan. (1) 1.6. Wat trek die mense aan as hulle in die ruimte is? (1) 1.7. Hoe haal die mense asem as hulle in die ruimte is? (1) 1.8. Hoe kommunikeer die mense as hulle in die ruimte is? (1) 1.9. Waaruit bestaan die grond van die Maan? Benoem drie. (3) 1.10. Daar is kraters op die maan. Hoe ontstaan hierdie kraters? (1) 2 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT
Neil Armstrong (1930-2012) – Eerste mens op de maan Beantwoord die volgende vrae: 1.11. Wie was die eerste man op die Maan? (1) 1.12. Deur wie het Niel Armstrong lugvaarttegnologie studeer? (1) 1.13. Wanneer (jaar) het Niel Armstrong op die Maan geland? (1) 1.14. Waar is Niel Armstrong gebore? (1) 1.15. Die stad waar Niel Armstrong gebore is het hulle ‘n museum aan hom toegeweid. Wat is die naam van hierdie museum? (1) 1.16. Sou jy graag eendag Maan toe wou gaan? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) Totaal: 20 Vraag 2: OPSOMMING (10) Lees die volgende teks: Dorre Maan, waterryke Aarde… 1. Ons maan, met sy deursnee van 3476km, is so groot in vergelyking met die Aarde dat ‘n mens die Aarde-Maan-Kompleks eintlik as ‘n dubbele planet kan beskou maar waar die Aarde lewend en vrugbaar is, is die Maan vir alle praktiese doeleindes ‘n luglose verlatendheid, woes en leeg. 2. Die lewelose oppervlak lê besaai met klippe en rotse, wat deur ongekende hoeveelheid botsing met meteoriete veroorsaak is. Die maan se digtheid is 3.34 gram per kubieke sentimeter. 3. Die oppervlak-swaartekrag op die Maan is maar ‘n sesde van die van die Aarde, met die gevolg dat ‘n mens daar hoër sal kan spring as hier! 4. Die maan wentel een keer om sy eie as in 27 van ons dae, 7 uur en 43 minute en voltooi een omwenteling om die Aarde in presies dieselfde tyd. 5. Weens die interaskies van die swaartekragte van die twee hemelliggame word die Aarde gerem en draai hy elke eeu sowat 1.5 millisekonde stadiger, terwyl die Maan se wentelbaan elke jaar mer 3.8 cm gelig word. 6. Die gemiddelde afstand vanaf die Aarde is 384 403 km. 7. Die Maan se snelheid waarmee hy om die Aarde wentel, is sowat 3 700km/h. 8. Die oppervlaktemperatuur is 127 °C met die Son op sy hoogste in die hemelruim, afgewissel met ’n vrieskoue -173 °C snags (by die ekwatoriale ''seë''). Bron:www.mieliestronk.com Instruksies 1. Lees die INSTRUKSIES baie goed deur.  Dit moet puntsgewys in volsinne ondermekaar wees.  As die instruksies nie gevolg word nie, kry jy nul  Skryf die eerste 7 feite op wat voorkom. 2. Lees die LEESSTUK baie goed deur en maak seker jy verstaan wat in die teks staan. 3. Skryf nou hierdie hoofsinne / hoofgedagtes ondermekaar neer: 3 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT
 Gebruik volsinne. Telegramstyl word nie toegelaat nie.  Skryf die hoofsinne oor in jou eie woorde. As jy die sin net so uit die leesstuk oorskryf, verloor jy punte.  Maak seker jy herhaal nêrens inligting nie. 4. Tel die getal woorde wat jy gebruik het:  Moenie meer woorde gebruik as waarvoor jy gevra word nie. (40-50 Woorde) 7 punte vir 7 feite 3 punte vir taal Sien rubriek vir taal wat volg. Taal: SWAK TAALGEBRUIK EN GEMIDDELDE TAALGEBRUIK UITSTEKENDE TAALGEBRUIK SINSKONSTRUKSIE EN SINSKONSTRUKSIE EN SINSKONSTRUKSIE 1 2 3 Leerder kan nie homself/haarself Leerder kan homself/haarself op Leerder druk homself/haarself uitdruk nie. Sukkel om ‘n goeie ‘n verstaanbare manier uitdruk. baie goed uit. Die leerder is sin aanmekaar te sit. Kort en eenvoudige sinne word kreatief. geskryf. Totaal:10 Vraag 3: VISUELE GELETTERDHEID (10) Advertensie Bestudeer die volgende advertiense en beantwoord die vrae wat volg. 3.1. Waar sal jy ‘n advertensie kan lees? (1) 4 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT
3.2. Wat word in die advertensie geadverteer? (1) 3.3. Wie is die teikengroep van die advertensie? (1) 3.4. Hoe trek die advertensie die teikengroep se aandag? (1) 3.5. Wat is die doel van die advertensie? (1) 3.6. Wanneer is die aanbeiding? (1) 3.7. Hoeveel kos (prys) die aanbieding? (1) 3.8. Waar vind die aanbieding plaas? (1) 3.9. Hoe kan jy die Ruimtemanne kontak? (1) 3.10. Sou jy belangstel in die advertensie? (1) Totaal:10 Vraag 4: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20) Beantwoord die volgende vrae: 4.1. Haal ‘n voorbeeld van ‘n eienaam uit die volgende sin: Niel Armstrong was die eerste man op die Maan. (1) 4.2. Skryf die volgende sin in die verlede tyd. (2) Niel Armstrong studeer lugvaarttegnologie by NASA. 4.3. Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd. (2) Die Amerikaanse president Obama het Niel Armstrong verklaar as ‘n held. 4.4. Vul die uitstaande lees en skryftekens in. (1) Die grond op die Maan bestaan uit grys sand stof en klein klippe. 4.5. Vul die uitstaande Trappe van Vergelyking in: (2) Stellende Trap Vergrotende Trap Oortreffende Trap a. dood b. 4.6. Omkring die infinitiewe werkwoord in die volgende sin. (1) Ruimtevaarders hou daarvan om in die ruimte te wees. 4.7. Gee die sinoniem van die volgende woord. (1) a) maats 4.8. Lees die volgende enkelvoudige sin: (2) Niel Armstrong was die eerste man op die maan. Identifiseer die: a) Onderwerp : b) Gesegde: 4.9. Sê of die volgende Lidwoorde bepaald of onbepaald is. (2) 5 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT
Die ruimtetuig beweeg stadig af na die Maan se oppervlak, en blaas ‘n groot stofwolk op. 4.10. Vorm ‘n samestelling met die volgende woord. Identifiseer die kern en die bepaler. (2) a) maan+ oppervlak 4.11. Identifiseer die hulpwerkwoord in die volgende sin. (1) Niel Armstrong het op die maan geland. 4.12. Benoem die tipe sin wat volg. (1) Die lug is swart en nie blou nie. 4.13. Gee die verboë vorm van die woord wat in vet gedruk is. (1) Die temperatuur in die skaduwee op die Maan is koud. 4.14. Gee die manlike geslag van die volgende vroulike geslag. (1) a) skoonsuster Totaal:20 6 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

Study this subject

More from Grade 7 Afrikaans FAL

View all