Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1120128 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ʼn addendum van 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae gebaseer op die voorgeskrewe inhoud soos vervat in die riglyn-dokument: VRAAG 1: UITDAGINGS VIR KAPITALISME VRAAG 2: DIE KRISIS VAN KAPITALISME VRAAG 3: KOMPETERENDE NASIONALISMES EN IDENTITEITE IN AFRIKA 2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte toegeken word vir die bron- gebaseerde vraag en 30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag. 3. Kandidate moet TWEE vrae te beantwoord. 4. By die beantwoording van vrae behoort die kandidate hulle kennis, vaardighede en insig gebruik. 5. ʼn Blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 6. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 3 VRAAG 1 HOE HET DIE VYFJAARPLANNE RUSLAND IN ʼn MAGTIGE STAAT OMSKEP? Bestudeer bronne 1A, 1B, en 1C om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Bestudeer Bron 1A: 1.1.1 Wat, volgens die bron, was die redes vir Stalin se kollektivisering van die landbou? (2x1) (2) 1.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende begrippe te definieer: (a) Kollektivisering (1x2) (2) (b) Meganisering (1x2) (2) 1.1.3 Was die Russiese kleinboere ten gunste van hierdie kollektiviseringsproses? Haal TWEE stukke bewyse aan vanuit die bron om jou antwoord te staaf. (2x1) (2) 1.2 Verwys na Bron 1B: 1.2.1 Hoe sal ʼn geskiedenis-onderwyser hierdie bron gebruik om die doelwitte van Stalin se Vyfjaarplanne te verduidelik? (1x2) (2) 1.2.2 Wat word bedoel met die term “Koelak”? (1x2) (2) 1.2.3 Gebruik jou eie kennis en verduidelik die reaksie van die Koelakke teenoor die beleid van kollektivisering. (2x1) (2) 1.2.4 Gebruik jou eie kennis om die impak van die Koelakke se reaksie op die Russiese ekonomie te beskryf. (2x2) (4) 1.2.5 Wat was Stalin se reaksie op die Koelakke? (2x1) (2) 1.2.6 Hoe bruikbaar is die bron vir ʼn historikus wat die kollektivisering van die Russiese landbou tydens die Eerste Vyfjaarplan bestudeer? (1x3) (3)
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (NOVEMBER 2012) 1.3 Gebruik Bron 1C: 1.3.1 Hoe, volgens die bron, het kollektivisering bygedra tot die industriële ontwikkeling van Rusland tydens die Vyfjaarplanne? (2x1) (2) 1.3.2 Wat vertel die woord “vreesbevange” jou van Stalin se houding teenoor kleinboere? (1x2) (2) 1.3.3 Hoe ondersteun Bron 1A vir Bron 1C met betrekking tot die doelwitte van Stalin se Vyfjaarplanne? (1x2) (2) 1.3.4 Verduidelik die tekortkominge van hierdie bron vir geskiedenis- studente. (2x2) (4) 1.4 Verwys na Bron1D: 1.4.1 Waaraan sal jy die lae ekonomiese syfers van 1927 toeskryf? (1x2) (2) 1.4.2 Waarom was die pas van ekonomiese ontwikkeling tussen die jare 1927 tot 1933 so stadig met vergelyking tot die tydperk 1933 tot 1937? (1x2) (2) 1.4.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die Derde Vyfjaar Plan nooit geïmplementeer was nie. (1x2) (2) 1.5 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die implementering van die Vyfjaarplanne die menseregte van die Russiese kleinboere geskend het. (6) 1.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.6.1 OF 1.6.2. 1.6.1 “Die kollektivisering van die landbou was veronderstel om die vinnige industrialisasie van Rusland in die jare 1928 – 41 aan te moedig”. Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord. (30) OF 1.6.2 Beskryf hoe Stalin Rusland vanaf ʼn agtergeblewe land tot ʼn supermoondheid omskep het teen die jaar 1945. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2 WATTER FAKTORE HET BYGEDRA TOT DIE TYDPERK VAN EKONOMIESE WELVAART IN DIE V.S.A. IN DIE 1920’s? Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Verwys na Bron 2A: 2.1.1 Wat, volgens die bron, was die hoofdoel van die Fordney-McCumber-tarief? (1x2) (2) 2.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe hierdie tarief Amerikaanse besighede beskerm het. (2x2) (4) 2.1.3 Hoekom het die landbou nie voordeel uit hierdie tarief getrek nie? (2x2) (4) 2.1.4 Was die tarief suksesvol in die skepping van welvaart in die Amerikaanse ekonomie? Haal aan vanuit die bron om jou antwoord te staaf. (1x3) (3) 2.1.5 Waarom dink jy het die VSA ʼn tydperk van welvaart beleef as gevolg van die na-oorlogse toestande in die buiteland? (2x2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B: 2.2.1 Hoe, volgens die bron, kon gewone mense bekostig het om verbruikersgoedere te koop? (1x1) (1) 2.2.2 Watter finansiële instellings het krediet aan mense gegee? (1x1) (1) 2.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe finansiële instellings geld gemaak het deur krediet aan verbruikers te bied. (1x2) (2) 2.2.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe “kredietaankope" bygedra het tot die tydperk van welvaart in die 1920’s. (2x2) (4) 2.2.5 Hoe ondersteun hierdie bron die “Amerikaanse Droom”? (1x2) (2)
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (NOVEMBER 2012) 2.3 Bestudeer Bron 2C: 2.3.1 Hoe, volgens die bron, kon gewone mense hulself verryk? (1x1) (1) 2.3.2 Verduidelik hoe mense geld maak deur in aandele te belê. (2x1) (2) 2.4 Verwys na Bron 2D: 2.4.1 Noem enige TWEE bedrywe wat deur die motorbedryf gestimuleer was. (2x1) (2) 2.4.2 Met verwysing na die bron, watter motor was in 1926 in die VSA geproduseer? (1x1) (1) 2.4.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die motorbedryf ekonomiese groei gestimuleer het. (2x1) (2) 2.4.4 Hoe verskil Bron 2D van Bron 2A met betrekking tot die ontstaan en impak van die “Boom”. (2x2) (4) 2.5 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) waarin jy die nuttigheid (bruikbaarheid) van die bronne verduidelik aan ʼn historikus wat die ekonomiese welvaart van mense in die VSA in die 1920’s bestudeer. (6) 2.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.6.1 OF 2.6.2. 2.6.1 Bespreek die faktore wat bygedra het tot die tydperk van welvaart in die VSA gedurende die 1920’s. (30) OF 2.6.2 "Welvaart in die VSA in die 1920’s is hoofsaaklik geskep deur die Republikeinse beleid". Bespreek die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die faktore wat gelei het tot die ekonomiese oplewing van die 1920’s. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3 WAT WAS OORSAKE EN AARD VAN KLEURLING- EN INDIESE NASIONALISME? Verwys na bronne 3A, 3B, en 3C om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Verwys na Bron 3A: 3.1.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende terme te verduidelik: (a) Kleurlinge (1x2) (2) (b) Apartheid (1x2) (2) 3.1.2 Hoe, volgens die bron, het die Nasionale Party die Kleurling- kwessie benader? (2x1) (2) 3.1.3 Wat was die impak van die Wet op Afsonderlike Verteenwoordiging van 1951 op Kleurlinge? (2x2) (4) 3.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Kleurlinge teen die Nasionale Party gekant was. (2x2) (4) 3.1.5 Waarom, dink jy, het Kleurlinge by die Versetveldtog aangesluit? (2x2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B: 3.2.1 Waarom, dink jy, het die Nasionale Party Kleurlinge uit Distrik Ses verwyder? (1x2) (2) 3.2.2 Noem TWEE plekke waar Kleurlinge hervestig was as gevolg van hierdie gedwonge verskuiwings. (2x1) (2) 3.2.3 Kan die gedwonge verskuiwing van Kleurlinge geregverdig word? Verduidelik jou antwoord. (2x2) (4) 3.2.4 Hoe ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met betrekking tot die lewensomstandighede van die Kleurlinge? (1x2) (2) 3.2.5 Watter sosiale euwels is gebore uit hierdie gedwonge verskuiwings wat Kleurlinge vandag nog steeds benadeel? (2x2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (NOVEMBER 2012) 3.3 Raadpleeg Bron 3C: 3.3.1 Watter wet het Indiërs verhoed om meer grond in Natal te verkry na 1943? (1x1) (1) 3.3.2 “... was verwerp deur die Indiese leiers” Wat kan ons hieruit leer oor die houding van Indiërs teenoor die Apartheidsregering? (1x2) (2) 3.3.3 Bepaal die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die Indiese bydrae in die bevrydingstryd van Suid-Afrika navors. (2x2) (4) 3.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis om ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) te skryf waarin jy verduidelik waarom Kleurlinge en Indiërs hulle met die Swart verset-beweging geïdentifiseer het. (6) 3.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.5.1 OF 3.5.2. 3.5.1 Verduidelik waarom Kleurlinge en Indiërs besluit het om kragte saam te snoer met die Swart bevrydingsbeweging in Suid-Afrika. (30) OF 3.5.2 “Minderheidsgroepe het geen ander opsie gehad as om saam met die ANC te werk nie”. Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik jou antwoord deur te verwys na die rol van Kleurlinge en Indiërs in die bevrydingstryd van Suid-Afrika. (30) [75] TOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 11 History

View all